drank | rooi rose
Vier ‘n smaak van Japan hierdie Nasionale Gin & Tonic Dag met Roku Japanese Gin
Die Japanese Gin & Tonic word bedien met ys en gemmerskywe om die verfrissende sitrus-topnote van yuzu aan te vul.
ROKU SE IKONIESE GIN EN TONIC
• Roku Gin 30ml
• Tonikum 120ml
• Gemmerstokkies
Metode
Stap 1: Meng al die bestanddele en gooi oor ys.
Stap 2: Versier met gemmerstokkies.
Roku Japanese Gin is uniek gebottel in ‘n seskantige glashouer met goue, swart en rooi kleurtone, en is ‘n kenmerkende gees van Japan se gerespekteerde Suntory-handelsmerk; een van die lande se mees bekroonde spiritualieëprodusente, wat die vaardigheid bemeester het om jenewer te maak sedert 1936. As een van die eerste Japannese jenewer wat die Suid-Afrikaanse kus getref het, bied Roku Japanese gin ’n inheemse voorsprong in die land se industrie met ’n seldsame geurbasis wat geïnspireer is deur sy asemrowende huis.
Roku, wat ‘ses’ in Japannees beteken, bevat ses tradisionele, seisoenale plantaardige produkte wat help om die komplekse geurprofiel te vorm, wat toegedien, gedistilleer en gemeng word om geur te maksimeer en sy Japannese identiteit te vorm, wat die gees van ander jenewer onderskei.
Dit gesê, waarom nie die bestanddele vir Roku’s Signature Gin and Tonic gebruik om die verfrissende smaak van hierdie drankie te geniet nie?
Roku Japanese Gin is nasionaal beskikbaar teen ‘n aanbevole prys van R380 by Makro, Pick n Pay, Checkers, en uitgesoekte TOPS by Spar-winkels. Jy kan dit ook aanlyn bestel deur Takealot, Norman Goodfellows, ens.
Vir meer inligting, besoek gerus http://www.suntory.co.jp/wnb/rokugin/
The post Vier ‘n smaak van Japan hierdie Nasionale Gin & Tonic Dag met Roku Japanese Gin appeared first on rooi rose.
Depressie: die verkeerdste maniere om dit te hanteer
Die verkeerdste maniere om depressie te hanteer
1 Drank en sigarette
Albei laat jou tydelik beter voel omdat hulle op die sentrale senuweestelsel inwerk, maar albei is verslawend en veroorsaak op hul eie depressie.
2 Eet te veel of te min
Stysel stoot jou serotonien en energievlakke tydelik op, maar lei tot oorgewig, wat opsigself ’n oorsaak van depressie is.
3 Slaap te veel of te min
Dit is jou liggaam se manier om jou kans se gee om emosioneel aan te pas. Maar dit moenie handuit ruk nie.
4 Ontkenning: Jy kan depressie lank ontken – lewenslank, as jy wil. Maar dit kortwiek jou lewensgehalte en gaan jou baie kos in terme van geluk, sukses, energie, vriendskappe, gesinsverhoudings, stres en gesondheid.
5 Medikasie sonder terapie
Hoewel depressie meestal ’n breinsiekte is, is lyers dikwels juis weens hul depressie in negatiewe gedrags- en gedagtepatrone vasgevang. ’n Kundige terapeut sal jou help om nuwe perspektiewe vas te lê.
6 Moenie medikasie te gou staak nie
Baie mense het net tydelik ’n antidepressant nodig maar jy moet minstens ’n jaar aanhou voordat jy staak. Staak baie geleidelik.
As jy bekommerd is dat ’n geliefde selfdoodgedagtes het, of as jy self selfdoodgedagtes het, kontak Pharma Dynamics se tolvrye hulplyn by 0800 205 026, wat deur opgeleide beraders beman word wat sewe dae per week van 08:00 tot 20:00 beskikbaar is.
The post Depressie: die verkeerdste maniere om dit te hanteer appeared first on rooi rose.
My storie: die daggahel in die klas
Die polisievrou neem my hardhandig aan die elmboog en stoot my by die traliedeur in. My lyf begin ruk en ek gaan sit op die sementbankie in die koue vertrek.
Dit voel of my lewe die afgelope 24 uur ’n verskriklike nagmerrie was waaruit ek hopelik netnou gaan wakker word.
Gisteroggend was ek nog ’n gewone onderwyseres. Toe gebeur ’n verskriklike ding in my klas …
Die periodes ná tweede pouse was by die spesifieke skool altyd ’n nagmerrie. Dan kom ’n paar kinders “hoog” gerook klas toe en is daar nie sprake van orde nie.
As nuweling by die skool het ek aanvanklik gedink ek kan nie die kinders beheer nie, maar ná maande het ek besef die kern van die probleem kom ná pouse saam met die soet reuk van dagga by my klas in.
Die skoolhoof was bewus van die daaglikse daggarokery en ek het gevoel ’n gebrek aan terreindiens en beheer oor die dwelmprobleem maak my magteloos om my werk te doen.
Die hoof het my probeer oortuig as onervare onderwyseres is die swak dissipline in my klasse eerder aan my onderrigmetodes te wyte. Ek was glo te kwaai en het die kinders te hard laat werk. Daarom, het hy gemeen, rebelleer leerders teen my klasse.
Ervare onderwysers het graag vir ons nuwelinge vertel: “Julle weet net nie hoe om ons skool se kinders te hanteer nie.” Stories van vorige onderwysers “wat dit nie kon vat nie” is in die personeelkamer vertel.
Nes ek, het ander nuwe onderwysers ook gou besef hierdie is nie die nirvana van die onderwysdepartement nie. Trane het dikwels gevloei en een het ná drie maande bedank.
’n Onderwyseres vars uit die universiteit het ná een vakansie by die skool aangesluit. Sy het die vakansie haar klaskamer kom mooi maak vir haar nuwe loopbaan. Arme mens, het ek gedink. Binne weke het ek haar rukkend en histeries in die personeelkamer gekry. Verneder en ontnugter. Radeloos geteister deur wrede leerders.
“Hulle probeer maar die intimidasie op al julle nuwes,” moes ek dikwels hoor.
Maar ervare onderwysers het oor dieselfde probleemkinders in die personeelkamer gekla. Die verskil was hulle het lankal nie meer teen die prikkels geskop nie, of was al gewoond daaraan om die moeilike kinders te hanteer.
Baie van die skool se leerders kom uit ellendige agtergronde waar armoede, werkloosheid, drank- en dwelmmisbruik en geweld seëvier. Die voedingskema by die skool is vir baie ook die enigste kos vir die dag.
Ek wou so graag help om die kinders se lewe te verbeter, soos om groentetuine aan te plant. Maar maande se ongenadige teistering in die klas en swak steun van die hoof het my vlam geblus.
Daar was aanvanklik ’n dissiplineboek wat die kinders laat skrik het, maar die laaste ses maande van die jaar is dit nooit geteken nie. Die kinders het blitsvinnig agtergekom daar is geen detensie of straf meer nie.
’n Kind wat in my klas ’n daggazol aan ’n ander leerder oorhandig het, is nie eens aangespreek nie. Een wat ’n vraestel vol dagga- en satanistiese slagspreuke bekrap het en onbeantwoord vir my teruggegee het, is nie juis gedissiplineer nie, al was hy ’n berugte moeilikheidmaker. ’n Erkende daggaroker het gedreig hy gaan my nog *&% en baie het my elke dag gevloek.
Ek het verskeie kere probleemkinders kantoor toe geneem. In een geval het ek ’n seun se oorfone afgeneem en hy het dit hardhandig by my teruggegryp. Hy was al digby twintig en ’n fors jong man. Hy het my aan die voorarms gegryp en rondgeruk. Hy was ná ’n paar dae terug in die klas en ek het weke met blou kolle rondgeloop.
Van die kinders is te oud vir hul graad en ek het in sekere klasse van 14- tot 20-jariges gehad. My een leerling was al 22.
’n Seun het een dag heeltyd die klas ontwrig en ek het hom ’n paar keer probeer uitjaag. Ná ’n gesukkel het hy vermakerig vorentoe gestap, sy gulp oopgerits en die orgaan uitgehaal. Ek het hom aan sy dik arm gegryp en kantoor toe gesleep. Daar het die skoolhoof gevind die “orgaan” is ’n opgerolde bruin sykous.
“Die seuns maak hulle skoene daarmee skoon,” het die hoof verduidelik asof ek oorreageer het. Hy het wel die seun se pa ingeroep, maar ná ’n paar dae was die seun terug in my klas en het hy elke dag daarop aangedring om my met die hand te kom groet.
Ek is ’n paar keer “per ongeluk” raakgestamp of geskop. Een keer het ek ’n paar meters oor my klaskamer se vloer geskuif nadat ek gepootjie is.
Klasse het elke dag, elke periode, so verloop: Die leerders drentel laat die klas binne, jy sukkel vyf minute om hulle stil te kry, nog vyf om die boeke uit te kry en dan begin die magspel. Gewoonlik laat een ’n harde wind aan die een kant van die klas, dit word begroet met een aan die ander kant. Almal jil dan asof dit die eerste wind is wat hulle hoor. As jy hulle uiteindelik met moeite stil kry, begin die geluide. ’n Sagte ge-mmmmmm wat jy nie kan vaspen nie. Eers dié kant van die klas, dan agter, dan voor. Kougom word binnensmonds geklap of sagte fluite en dieregeluide word soos golwe deur die klas gestuur.
Hulle kyk presies hoe ver hulle jou kan dryf voor jy jou humeur verloor. En as jy ingee, wen hulle en is daar vir die res van die periode nie klas nie. Ek het selfs die ervare onderwysers hul humeure sien verloor. Een het die kinders in sy klas toegesluit en hulle het uit protes deur die vensters geürineer. Enkele van die ervarenes het lyfstraf toegedien, en ek het gesien hoe die skoolhoof seuns aan die tepel beetkry en dit draai.
Ek het ’n paar kere erge oproerigheid in my klas gehad. Gevegte waarin bloed geloop of pruike gewaai het. Een pouse het ek uit desperaatheid die klasdeur gesluit en geweier dat hulle uitgaan voor hulle nie bedaar nie. Dit was ’n groot fout. Hulle het die banke en stoele omgegooi en opruiende liedjies begin dreunsing en my teen die deur vasgedruk en selfoonfoto’s van my hulpeloosheid geneem.
Hulle het die geveg gewen.
Toe breek die noodlottige dag aan. Ek moes op ’n spesifieke tyd ’n oproep na ’n professor maak om my kind se voornemende universiteitsloopbaan te bespreek. Dit het in klastyd geval en ek kon nie die klas alleen los nie, want matrieks het in die aangrensende klasse toetse geskryf.
Dit klink nou naïef, maar ek was desperaat en het die klas mooi gevra om “net vir hierdie een dag” vyf minute lank stil te wees. Die oomblik toe die professor my oproep beantwoord, het hel losgebars en het die kinders my openlik en gillend gekoggel. Ek het desperaat beduie hulle moet stil wees. Die pandemonium het erger geraak. Ek het die oproep onderbreek en was amptelik ver verby my perke gedryf.
Toe neem ek my leë koffiebeker en mik vir die kennisgewingbord. Dit sal hulle hopelik tot bedaring bring, het ek gemeen.
Ek sal die res van my lewe in stadige aksie sien hoe die seun op sy knieë sak en hoe dik, slymerige bloed uit die gat in sy kop stroom.
Ek onthou flitse van hoe ek sy kop onder ’n kraan probeer afwas. Hoe ek gil dat iemand vir my lappe moet bring. Die oproerige beskuldigings van kinders dring steeds tot my deur. Daardie onmenslikheid waarmee almal staan en toekyk hoe ek sukkel.
Ek onthou hoe ek bebloed in die personeelkamer sit en huil het; hoe die kind se pa my verseker hy verstaan die situasie en dat vier steke nie so erg is nie.
My dokter moes my ’n kalmeerinspuiting gee en ’n bloedtoets doen omdat ek die bloeiende kind sonder chirurgiese handskoene gehelp het. Ek is met ’n pak antiretrovirale middels huis toe.
Toe kom die ma se oproep: “Jy sal betaal vir wat jy gedoen het.”
Die skoolhoof het by my huis opgedaag met die raad: “Jy moet liewers bedank, want jy het nie ’n kans om hierdie saak te wen nie.” (Later het ek gewonder of hy nie net bang was ek praat uit nie.)
’n Onderwysvakbondraadgewer het vir my gesê die onderwyswet faal die onderwyser. As ’n kind jou tot die uiterste dryf, mag jy nie ’n vinger lig nie.
Ek hoor die dreungeluid van singende gevangenes ’n ent weg. Die son skyn deur die tralievenster hoog teen die muur. In die ander hoek sit ’n vrou my nuuskierig en aankyk. Ná ’n ruk kom haar prokureur. Sy is deel van ’n bende wat 17 gewapende rooftogte gepleeg het. ’n Paar selle verder kap haar bendemaats teen hul seldeur en skree vir haar boodskappe.
Ná ’n genadige stilte vra sy my skielik: “Sal jy vir my bid?”
Ek kyk na die skrefie son deur die tralies. God maak seker ’n grap?
Sy kom sit langs my op die sementbankie. Haar oë is skielik baie naby aan myne. “Asseblief … ek wil nie teruggaan tronk toe nie.”
In die smeking in haar blik sien ek Ernest, ’n 22-jarige “seun” by die skool wat ek onder my vlerk geneem het. Hy was al in die tronk omdat hy iemand met ’n mes gesteek het. Hy is in die tronk verkrag en daar is ’n hartjie op sy hand wat sy verkragters getatoeëer het sodat hulle hom kan uitken as hy weer kom. “Ek wil nooit weer teruggaan nie. Ek sal verander,” het hy belowe.
Hy het elke dag voor in my klas gesit. Sy lang lyf eintlik te groot vir die skoolbank.
Tot die dagga hom teruggewen het.
Die vrou op die sementbankie vertel my hoe sy uit armoede begin steel het, swanger geraak, en in die bendelewe verval het.
God, ek is nie lus om hierdie vrou se probleme aan te hoor nie. Ek wil nou net fokus op my eie ellende, kla ek in die koers van die sonkol. Tog voel ek my arms om haar vou en my lippe bid woorde wat ek nie ken nie.
Met my volgende hofverskynings op die klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, het ek elke keer gewonder wat van haar geword het.
Die mediese en regskoste het my bankrekening en senuwees al dunner geskaaf. My dokter het my vir ’n maand afgeboek en vol antidepressante en kalmeerpille gepomp.
Die skoolhoof het my een middag gebel en gevra wat my plan is. Hy het my laat voel ek het iets gelykstaande aan ’n halsmisdaad gepleeg.
Ek gaan nie bedank nie, het ek hom stilgemaak. Ek gaan terugbaklei. Hy het ysig stil geword toe ek hom aan die kern van die dissiplinekwessie, die dwelmprobleem, herinner. Ek het hom deeglik laat verstaan ek weet van sy tepelknypery en ander onderwysers se handigheid met die lat.
Toe ek teruggaan skool toe was hy afsydig. Kollegas het oor die ervaring grappies gemaak. Kinders het my openlik verbaal aangeval oor die “verskriklike daad teen ’n onskuldige kind”.
Ná al die trauma het die kind se ma die saak teen my teruggetrek. Maar ek was uitgemergel en het bedank en die onderwys verlaat.
Onlangs het ek die laaste pakke boeke weggegooi. Ek was eens so trots daarop, want dit was bewyse dat ek ’n groep leer- en milieu-gestremde kinders met die minimum druipgevalle deur ’n nasionale eksamen gehelp het. My toewyding is nooit geprys nie. Ek het trouens gevoel ek is vir die wolwe gegooi.
Al wat uiteindelik saak gemaak het, was die beker wat ek gegooi het.
*Ná my bedanking het die skool ’n program saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Dwelmverslawing aangepak waarin die dwelmprobleem by die skool streng beheer word.
The post My storie: die daggahel in die klas appeared first on rooi rose.
Drankkoma: hoekom jou tiener die simptome moet ken PLUS wat as hy ‘n maat moet red
Mens kan na te veel drankies in ‘n koma gaan omdat te veel alkohol die liggaam letterlik vergiftig, net soos strignien of rotgif. As jy onder groepdruk is en daar dalk te veel gedrink gaan word, is dit goed om vooraf te weet wat die simptome van alkoholvergiftiging is. Dit klink versrrkiklik maar dit is net veiliger vir almal as ons elkeen weet hoe iemand lyk wat soveel gedrink het dat hy of sy kan sterf.  En daarmee saam is dit ook goed om vooraf te weet hoe om iemand met alkoholvergifting te help. As jy ‘n man van tieners is: weet hulle ook? Dit is altyd beter om die gesprek aan die gang te kry. Brandewyn, whisky, tequila, vodka en selfs koelers is nie koeldrank nie.
Waarskynlik weet jou tiener glad nie wat om te doen as ‘n maat te veel gedrink het nie, sê Tertius Cronjé, Direkteur van Maatskappydienste by SANCA. “Veral tieners is naïef oor drank. Hulle misreken hulself maklik met die hoeveelheid drank wat hulle gebruik het. Hulle besef ook nie hoe erg dit hulle aantas nie – veral nie wanneer hulle reeds ‘n glas of twee gedrink het. Daarom oorval alkoholvergiftiging hulle heeltemal onverwags. Dit kom meisies selfs makliker oor.
“Mens verstaan dit, want hulle is onervare en gee maklik toe aan groepsdruk. Maar as tieners wil drink behoort hulle ook verantwoordelikheid te neem. Hulle moet eerstens weet hoeveel genoeg is, en daarby hou.
“Ons weet egter baie tieners eksperimenteer. Party gaan ten minste een keer nie binne hierdie grens bly nie. Maar dan moet hulle selfs meer verantwoordelik wees en ten minste weet wat die tekens van alkoholvergiftiging is. Dit sal veral help as die meerderheid tieners die algemene simptome ken, sodat daar ten minste een is wat betyds hulp kan kry.”
Hoe lyk iemand wat besig is om in ‘n koma weens drank te gaan?
“Hulle is pap en/of slaperig. Hul maats sien dat hulle ‘uitgepass’ of omgeval het of slap is. Hulle dink dit is ‘normaal’ aangesien die maat te veel gedrink het.
“Alkohol het in werklikheid sy spiere verlam. Ons dink net die spiere in sy arms, bene en tong funksioneer nie maar ál sy spiere is ewe erg aangetas – sy asemhalingspiere en sy hartspier ook. Dit is waar die gevaar inkom, aangesien hy al swakker asem haal en sy hart al flouer klop. Sy asemhaling en hart kan selfs heeltemal stop. Sonder ’n hartklop en suurstof gaan hy binne minute sterf. Die gelukkiges – of ongelukkiges – kan van ligte tot matige breinskade oorhou.
“Die ergste is dat hy of sy daar reg tussen hulle sterf omdat hulle nie weet nie wat die tekens van vergiftiging is nie en hom of haar net uitgelos het.”
Simptome van koma weens te veel drank
Hy sal slap wees en nie self kan loop of selfs regop sit nie. Hy sal ook onbewus wees en nie regaeer as jy met hom praat nie. Kyk ook na sy vel en luister na sy asemhaling. Hier is vyf tekens van alkoholvergifting wat jy self kan raaksien:
Sy vel voel klam en sweterig.
Sy vel voel koud.
Sy vel is bleek, of selfs blouerig.
Hy haal baie vlak asem. Sy asemhaling is onegalig. Hy haal tot tien sekondes lank glad nie asem nie. Hy haal minder as agt keer per minuut asem.
Sy pols is baie stadig en swak.
Lees ook: Is dit tyd vir ’n detoks-dieet?
Hulp as iemand in ‘n koma is na wyn
Moenie die persoon ignoreer of aan sy eie lot oorlaat nie. Doen onmiddellik die volgende tien dinge. Jy kan sy lewe red.
Heeleerste: hoe kan jy  hom die gouste by die hospitaal kry? Moenie bestuur as jy self te veel gedrink het nie. Kan iemand julle help? Sy ouers? Die bure? Die bestuurder van die kuierplek?
Moenie wag vir ’n ambulans nie. Ambulansdienste is selde vinnig genoeg beskikbaar.
Moenie tyd mors om hom te probeer bykry nie.
Moenie hom iets ingee soos koffie nie.
Tel hom in die motor en laat hom op sy sy lê. Dit keer dat hy verstik, in geval hy naar raak.
Maak hom warm toe.
Laat iemand langs hom sit om sy asemhaling dop te hou. As hy ophou asem haal, moet julle mond-tot-mond asemhaling toepas; as hy opgooi moet julle seker maak hy verstik of versmoor nie daarin nie.
Besluit waarheen julle hom gaan neem: julle behoort na die naaste hospitaal se noodeenheid te gaan. Kyk of hy sy mediese fondskaart by hom het. Privaathospitale neem nie noodwendig mense op wat nie kan bewys dat hulle kan betaal nie maar hulle sal hom wel stabiliseer en so gou as wat hulle kan oorplaas na die naaste staatshospitaal.
Kontak sy familie, en lig hulle in waar julle is.
Sorg dat die personeel weet waarom julle hom inbring en bly by hom tot hy op ‘n hospitaalbed en in die saal opgeneem is. Moenie hom net by die noodeenheid los nie, aangesien die personeel waarskynlik te besig is om hom dop te hou.
Moet jy sy ma en pa inlig?
Beslis. Hy sal moontlik oornag en selfs langer in die hospitaal bly. Boonop is daar koste aan verbonde. As dit herhaaldelik gebeur, is verdere optrede nodig.
The post Drankkoma: hoekom jou tiener die simptome moet ken PLUS wat as hy ‘n maat moet red appeared first on rooi rose.