drankprobleem | rooi rose

Wanneer is nog een glasie wyn te veel?
Ek het nog altyd baie gedrink

“Ek drink al baie van my studentedae af,” vertel Madelein*, nou 58. Ek en my kamermaat het selfs een keer my dikwielfiets verkoop om geld vir bier te kry! Ek is op 17 uit die huis om te gaan swot en was nie aan die matelose vryheid gewoond nie. My pa het ’n drankprobleem gehad en die familiegeskiedenis was daar.

“Ek het nooit in die week gedrink nie. Net naweke. Maar dan het ek goed ingehaal. Ek onthou hoe ons Saterdagoggende voor die Devonshire-hotel in Braamfontein sit en wag het vir die deure om elfuur oop te maak. En wanneer ek gedrink het, het ek ook gerook. Die een het die ander gesneller. Dus het ek net naweke gerook, maar dan het ek daardie Camels krom gesuig. Hoe meer ek gerook het, hoe meer het ek gedrink.

“In my twintigerjare het ek bier gedrink, in my dertigs brandewyn en Coke en later whisky en soda. Ek het baie emosionele en geestelike probleme gehad; dinge waarmee ek maar nie vrede kon maak nie. Drank was my ontvlugting.

“Ek was ook mal oor die opwinding wat drank my gebied het. Ek was die grapjas en het almal vermaak met my spitsvondigheid, gedans en gesing. Ek het van die aandag gehou en nie beheer verloor sodat ek ’n verleentheid was nie.

“En ek kon baie drink. Ek kon enige man onder die tafel in drink sonder dat ek slinger, my tong sleep of ek naar word. Die volgende dag het ek natuurlik vir my oordaad betaal.

“In my veertigerjare het ek in die week begin drink, maar net saans. Nooit by die werk nie. Ek het in die mediabedryf gewerk en my skofwerkery het dit makliker gemaak om die babelas weg te steek, want ek het tot laataand gewerk en dan weer ’n dag af gehad waarin ek kon herstel.

“Ek het ná werk omtrent huis toe gejaag om te drink. Drank word jou beste pel. Jy het niemand anders nodig nie. In die somer het ek op my stoep gesit, jazz of swaar klassieke musiek geluister en gerook en gedrink. Die drank het my baie emosioneel gemaak en ek het soms die hele aand omgehuil.

“Ek het twee tot drie bottels whisky per week uitgedrink en stapels sigarette gerook. ’n Groot deel van my salaris het hierin verdwyn. Dit het my ook oordadig laat eet en ’n ander weelde was die pak kolwyntjies wat ek daagliks gekoop het.

“So twee jaar gelede het die keerpunt gekom. My gestel was gedurig af en ek het chroniese brongitis van die rook gehad en met skeelhoofpyne gesukkel. My ma het baie siek geword en ek was in ’n verhouding wat skeefgeloop het. By die werk was ek baie vergeetagtig. Ek het besef ek kan nie langer in ontkenning leef nie.

“Ek was te skaam om rehabilitasie te oorweeg en het eerder my huisdokter gaan spreek. Ná x-strale van my borskas het sy baie mooi met my gepraat en my gewys wat die rook en drank aan my lewer en longe gedoen het.

“Ek het myself gehaat vir wat ek geword het en het besluit om geloof my anker te maak. In my geval is dit gebed wat my gered het. Dit was ’n wilsbesluit om op te hou rook en drink en ek moet gedurig daarteen baklei. Tog voel ek nie meer dat ek drank nodig het nie.

“Ek voel nou lig en helder en ’n ander mens. Ek voel emosie, maar nie onnodige emosie nie. Voorheen was die kombinasie van antidepressante en drank fataal en het dit my in ’n afwaartse spiraal getrek. Ek het gedrink om die leegheid in my lewe te oorkom, maar drank het dit leër gemaak en my van my vriende en familie vervreem.

Ná jare is dit vir my weer lekker by die werk en ek voel in beheer. Tog moet ek gedurig bedag daarop wees. Jare se gewoontes trap diep spore … ”

Lees ook: Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet

My man kan nie op-hou as hy begin nie

“As jy twintig is en dronk word op partytjies is dit dalk snaaks. In jou vyftigerjare is dit bloot pateties.”

So gesels Lizanne* (52) oor haar man, Dewald*. Hy is ’n susksesvolle sakeman in ’n baie mededingende beroep. Hulle drink dikwels drankies ná werk en soveel keer het dinge al handuit geruk.

“Ek kan jou nie sê hoeveel keer ek tot laatnag gesit en naels kou het en wag dat hy huis toe kom nie. Dit was voor die dae van selfone en ek het nooit geweet of hy in ’n ongeluk was, of saam met sy drinkebroers sit en fuif nie.

“Sy gedrink het deur die jare vir soveel onmin in ons huwelik gesorg. Hy voel sy probleem is nie groot genoeg dat hy hulp nodig het nie, en dat rehabilitasie hom as ’n alkoholis sal uitsonder.

“Dis nie dat hy ’n alkoholis is wat enige tyd van die dag móét drink, of by elke geleentheid alkohol moet gebruik nie. Tog het hy ’n ongesonde verhouding met drank en weet nie wanneer om op te hou nie.

“Ongelukkig kan hy ook nie sy drank hanteer nie. Vriende maak grappe omdat hy sleeptong praat en dit het al by werksgesellighede gebeur dat van sy kollegas, wat ek beswaarlik ken, vir my kom sê hulle is so jammer oor my man se gedrag. Ek kon sterf van verleentheid. Van ons vriende kan net soveel drink, maar lyk nie dronk nie.

“Hoe later, hoe kwater. Wat my veral ontstel, is dat hy later baie beledigend word, my uitsonder en my die vreeslikste goed toesnou. Agterna kan hy niks onthou nie, en besef nie hoe seergemaak ek voel nie. Hy het al soveel spesiale geleenthede vir my bederf.

“Ek het dit altyd vir die kinders probeer wegsteek, maar noudat hulle volwasse is, verstaan hulle vir die eerste keer hoe ek voel. Hy het met sy drinkery ook al spesiale aande vir hulle bederf, of afsprake nie nagekom nie.

“Ek skram nou weg van alle sosiale geleenthede, want die blote gedagte daaraan maak my angstig. As ons iewers heen gaan, of selfs mense oornooi, is ek heelaand so gespanne dat ek nie goeie geselskap is nie, en almal dink ek oorreageer as ek sê hy moet stadig. Hy kan nie stadig drink nie. Hy sluk ’n glas wyn in ’n paar groot teue weg. Soos koeldrank.

“Boonop het ons vriende wat ’n drinkery aanmoedig. Sy glas is nog half, dan sal die vriend sê: ‘Toe jong, drink klaar dat ek kan vol maak.’ Ek dink nou al vooraf verskonings uit as ek vermoed hulle gaan ons nooi.

“Dit bring mee dat ek nooit iets drink nie, want ek weet ek is elke keer die een wat huis toe moet bestuur.

“Maar wat my veral bekommer van sy drinkery ná werk, is dat hy onder die invloed huis toe bestuur. Hy het ’n jaar gelede ’n ander voertuig gestamp toe hy nie betyds by ’n verkeerslig stilgehou het nie, en die ongeluk het ons meer as R100 000 gekos. Ons kon nie van die versekering eis vir die herstel van die motors nie, want omstanders het gesê hulle kon sien hy is nie nugter nie.

“Ek het hom nou oorreed om lid te word van ’n ‘terugry-skema’ waar iemand jou ná ’n partytjie in jou eie voertuig huis toe neem.

“Ongelukkig is daar ’n sterk familiegeskiedenis van drankverslawing. Twee van sy sibbe het dieselfde probleem en ek het nou breekpunt bereik. Sonder die drankprobleem is hy ’n wonderlike metgesel en het ons baie pret saam, maar dit het nou ’n punt bereik waar ek weet as hy nie instem om heeltemal op te hou drink nie, ons huwelik verby is.”

Lees ook: Altyd moeg? Dís dalk hoekom

My bejaarde ouers drink te veel

“Ek voel skaam om dit te sê, maar sedert my ouers afgetree het, drink hulle te veel,” vertel Karien (47). “So lank as wat ek kan onthou, het my ouers ’n kroeg in die huis gehad en saans drankies gedrink. Dit was alles gesofistikeerd en hulle sou nooit meer as twee drankies drink nie. Naweke het hulle oor middagete ook iets gedrink, maar dit was nooit oordadig nie. Hulle het altyd een stel drinkreëls vir die week en een vir die naweek gehad.

“Noudat albei afgetree het – hulle is in hul vroeë sewentigerjare – is dit asof hulle permanent op vakansie is. Nou drink hulle ook saam met middagete en oor naweke rek die middagdrankies aand toe. Die probleem is dat hulle minder aktief is en ook minder eet. Dus voel dit vir my of die alkohol ’n groter uitwerking het.

“Ek kry die indruk dat Sondag die ‘drinkdag’ is en dat daar dan geen reëls geld nie. Ons het ’n reëling dat ek Sondagmiddag so vyfuur bel, maar ek ys nou al vir die oproepe, want ná heeldag se drankies praat my ma sleeptong en kan die volgende dag nie onthou waaroor ons gepraat het nie. Alkohol maak hulle ook baie liggeraak en bewaar jou siel as jy in ’n argument betrokke raak. Ek kan niks bevraagteken nie, of ek is in die moeilikheid.

“Hulle is gelukkig baie verantwoordelik en bly Sondae by die huis as hulle gedrink het. Die probleem is as hulle nie by die huis is nie en dieselfde drinkgewoontes volg.

“Hulle het oor Kersfees by my broer en sy gesin met twee jong kinders gekuier en dit was vir my broer ’n verleentheid toe my pa slinger, ’n stoel omstamp en op die vloer val. Die twee kinders het gekraai van die lag en my broer was verleë voor sy vriende.

“As hulle by ons kuier, veral vakansietye, is ek en my man bedag op die drinkery. Ons maak net een bottel wyn oop vir ons vier oor middagete sodat ons laatmiddag steeds drankies kan drink en weer met ete ’n glas wyn. Anders ruk dit handuit omdat dit elke dag se ding is.

“Ek lees dikwels dat alkohol die sneller vir verskeie kankers is en dit pla my baie. My ouers is op heelwat chroniese medikasie en ek is nie altyd so seker hoe versoenbaar die twee is nie. Aan die een kant voel ek soos ’n preutse pretbederwer om gedurig daarop te hamer, maar ek is bekommerd oor hul gesondheid en dis ook ’n verleentheid.”

Lees ook: Watter kosse veroorsaak jig?

The post Wanneer is nog een glasie wyn te veel? appeared first on rooi rose.

Partytjiedier of drankprobleem?
Op hoeveel antwoord jy ‘ja’?

1. Het jy al ooit vir ’n week probeer ophou drink, maar kon net ’n paar dae volhou?

2. Wens jy mense wil ophou om jou oor jou drinkery voor te skryf?

3. Skep jou drinkery probleme by die huis?

4. Drink jy soms voor jy na ’n partytjie gaan om seker te maak dat jy genoeg drank kan kry?

5. Vertel jy vir jouself dat jy enige tyd kan ophou drink, hoewel jy gedurig dronk word?

6. Het jy al ooit gevoel dat jou lewe beter sou wees as jy nie gedrink het nie?

7. Maak jou drinkery jou soms laat vir werk of skool?

8. Is jou familie en vriende bekommerd oor jou drinkery?

9. Drink jy ooit ná jy vir jouself gesê het jy gaan nie drink nie?

10. Was jy al ooit in die moeilikheid weens jou drinkery?

11. Is jou drinkery besig om jou reputasie te skaad?

12. Voel jy bemagtig en meer in beheer as jy drink?

13. Dink jy jy het ’n drankprobleem?

*Wees eerlik, want as jy op van hierdie vrae “ja” antwoord, kan jou drinkery besig wees om jou lewe oor te neem.

Hoekom drink vroue al meer?

Stres

Volgens ’n meningspeiling onder 5 000 Britse vroue, voel vroue ontnugter en tot bree­k­punt gestres weens ons moderne lewenstyl. Vroue voel hulle het misluk as hulle nie ’n onverbeterlike huwelikslewe, voorbeeldige en talent­volle kinders en ’n suksesvolle beroep het nie. Maar in die proses om “alles te hê”, moet hulle nou “alles doen”. Boonop beoordeel die hedendaagse samelewing vroue net soveel op hul beroepsukses as hul betrokkenheid by hul kinders se opvoeding.

Onvervuld

Dit lyk asof vroue hul visier on­realisties hoog stel, en teleurgesteld en on­ver­vuld voel as hulle misluk. Om nie te praat van die perfekte voorkoms en figuur wat in die media voorgehou word as die maatstaf vir geluk nie. Volgens die meningspeiling wend ses uit tien vroue hulle tot alkohol om van spanning ontslae te raak.

Ontspan

Drank is sosiaal aanvaarbaar en hierin kry baie vroue ’n manier om aan hul span­nings­volle lewe te ontsnap. Vroeër het net “los” meisies in kroeë sit en drink en was baie drink­plekke net vir mans. Nou is dit nie vreemd om ’n klomp vroue in ’n kroeg te sien kuier nie. Vroue trou later, kry later kinders en maak ge­noeg geld om onafhanklik te sosialiseer.

Ernstige trauma

Hormone en vroue se meer emosionele geaardheid kan hulle vatbaar-der maak om alkohol (of medikasie) as ’n kruk te gebruik ná ’n trauma, verduidelik ’n berader. “Iemand stop jou ’n drankie en ’n kalmeerpil in die hand om die begrafnis deur te sien. Sodra jy weer dink jy kan nie voortgaan nie, onthou jy hoe lig en onbetrokke dit jou laat voel het.”

Om aanvaar te word

Vroue en veral jong meisies is baie krities teenoor hulself wat weer tot ’n swak selfbeeld lei. “Is ek mooi genoeg, maer genoeg, suksesvol genoeg?” Ná ’n paar drankies maak dit nie meer soveel saak nie.

Ontwerpersdrankies en die glanswêreld van advertensies

Drankadvertensies het die nuwe sigaret­adver­tensies geword wat pret, geld en ’n glins­ter­lewe voorstel.

Die adverteerders fokus veral op jonger mense en spesifiek meisies, omdat dit tot dus­ver ’n onontginde mark was. Skoolseuns het nog altyd op bier dronk geword, maar daar was nooit veel op die mark om jong meisies te trek nie. Nuwe ontwerpersdrankies kom in verleidelike botteltjies en smaak nie veel anders as koeldrank nie. Dis verfrissend en kan byna net so vinnig soos ’n koeldrank gedrink word. Boonop lyk dit gesofistikeerd.

Shooters se primêre doel is om jou vinnig in ’n partytjiebui te kry. Klubs en uithangplekke maak van verkooptruuks gebruik om hul kliënte vinnig aan die drink te kry. Mooi jong meisies met min klere loop rond met skinkborde gratis shooters. Hierdie afskopdrankie kry mense gou in ’n partytjiebui en hierna bestel almal vinniger.

Is jy ’n martelaar?

Sheryl Rahme, bestuurder van The Asiboni Mbala Drug and Recovery Centre in Rivonia, sê sy het self amper in die alkoholstrik verstrengel ge­raak. “Ek was mal oor die mag wat alkohol my gegee het. En ek het selfvertroue gehad. Alko­­hol het my persoonlikheid gedefinieer; ek het koket­terig en uitgesproke geraak. Ek was die een wat almal wou ken,” sê Sheryl van die tyd toe alkohol haar soos ’n mot om ’n kers laat draai het.

Hoewel sy nooit die punt be­reik het waar sy die onsigbare lyn tussen kwaai drink en alkoholisme oorgesteek het nie, weet sy hoe na sy daaraan was.

“My broer en suster was verslaafdes en ná my mansvriend selfmoord gepleeg het, het ek besef dat as ek weer een drankie drink, dit my manier gaan word om die trauma te hanteer.” Sy het summier op die waterkar geklim.

“Vroue begin soms drink om ’n krisis te hanteer en kan dan nie ophou nie. Ons hormone en emo­sies maak ons vatbaarder om alko­­hol as ’n verskoning te gebruik.”

By die rehabilitasiesentrum word eers aandag gegee aan verslaafdes se chemiese afhanklikheid en daarna word na die emosio­nele oorsake vir die verslawing gekyk. “Dit ís so dat vroue baie onder druk is weens die eise wat die samelewing aan ons stel, maar vroue is ook gebore martelaars. Hulle wil te veel doen en weet nie wanneer om hokaai te roep nie. Ons is mal daaroor om die slagoffer te wees.”

Sheryl wil hê vroue moet leer om nee te sê vir onredelike eise by die werk en huis en ook leer om maniere te kry om hul emosies beter te verwoord. “Vroue gee nie altyd aandag aan die ware kwessies in hul lewe nie en drink liewer ’n drankie of twee om die frustrasie of skuld­gevoelens te verdoof.”

Wees eerlik met jouself

Hoewel ’n paar drankies by ’n partytjie prettig is en goeie wyn saam met kos onverbeterlik, wil dit lyk of die moderne lewenstyl en druk op vroue ons maklik kwetsbaar kan maak vir ’n veel groter drankprobleem.

Hoewel “dronk-op-die-straathoek” aan die ander punt van die skaal is, vertel beraders van suksesvolle sake­v­roue in ontwerperklere en duur motors wat kom hulp soek omdat drank soos ’n stil virus besig is om hul lewe oor te neem.

Wees ’n slag eerlik met jouself en maak seker dat jý die een is wat in beheer van jou lewe is.

Kry maniere om sonder alkohol van spanning en frustrasies ontslae te raak. Anali­seer die tye wanneer jy te veel drink en pro­beer uit­werk hoekom jy juis dán te veel drink. Beplan vooraf wat jy gaan doen as dit weer gebeur.

The post Partytjiedier of drankprobleem? appeared first on rooi rose.