durbanville | rooi rose

Diemersdal stel unieke wyn uit glashouers bekend
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

Diemersdal wynlandgoed in die Durbanville wynvallei is bekend vir hul uitstaande Sauvignon blanc én vir sesde geslag wynmaker en eienaar, Thys Louw, se pionierswerk met style en tegnieke. Nou gebruik hy glashouers, of WineGlobes, van 220 liter elk, om ‘n unieke Sauvignon Blanc-wyn te maak. Die wyn gis daarin en lê dan vir ’n jaar daarin op die moer, voor dit gebottel word en vir nog ‘n jaar in die bottel rus.

Die eerste oesjaar van dié wyn, The Globe 2023, is onlangs op ‘n spoggerige middagete by Thys en Ladine se historiese huis op die plaas aan gaste bedien. The Globe 2023 se etiket verklap: “The Globe Sauvignon Blanc vergestalt die voorwaartsgedrewe denke van Diemersdal landgoed, en is die toonbeeld van die innoverende nalatenskap van die Louw-familie en laat ‘n mylpaal as die eerste Suid-Afrikaanse wyn wat in die glashouer gegis en verouder is.

“Hierdie neutrale houer behou die suiwer-essensie van die terroir en verseker ongeewenaarde kultivar-uitdrukking. Wonderlike wyn is tydloos en dit weerspieel die Louw-familie se toewyding tot die volhouding van Diemersdal se vertroude erfenis met visionêre vermoëns.”

Diemersdal se Louws is geen vreemdelinge as dit by pionierswerk kom nie. Thys het nie net agt verskillende Sauvingon blanc style op die mark nie, hy was ook in Nieu-Seeland en het daar saam met Ben Glover van Glover Family Vineyards ‘n Sauvignon Blanc gemaak.

Hy het die Diemersdal Noble Late Harvest Sauvignon Blanc (die druiwe word op die wingerd gelos om amper rosyntjiesoet te word), Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve (die hoogste blok op die plaas, klein volumes wat met die hand geoes word), Diemersdal Winter Ferment (gevriesde sap wat vir vyf maande benede -20grade gehou word en dan in die hartjie van die winter gemaak word), Diemersdal Eight Rows (Thys se eerste wyn nadat hy by sy pa aangesluit het en wat net uit agt wingerdrye kom), Wild Horseshoe Sauvignon Blanc (wat hulde bring aan die perde wat die wingerdgrond geploeg het), The Journal Sauvignon Blanc (plek-spesifieke vlagskip-wyn), Diemersdal The Globe en die Durvanville Wine Valley Sauvignon Blanc (tien wynmakers uit die vallei het druiwe vir hierdie wyn geskenk).

Die plaas is nie net bekend vir sy bekroonde witwyne nie, die premium rooiwyne het ook vir jare ‘n lojale gevolg.

Die plaas het met drie Wineglobe’s begin en toe later nog twee bygekry en werk nou met die vyf. Daar is geen inmenging met die wyn nie, wat beteken wyngeure word so suiwer en kultivar- en terroirspesifiek as moontlik gehou, het Juandre Bruwer, senior wynmaker, in die kelder vertel.

Wynmakers se soeke om die geure van elke druifkultivar in hul wyne te behou, het deur die jare vir eksperimente met houers uit uiteenlopende materiaal gesorg.

Wat die WineGlobe natuurlik bo enige ander houer in ’n kelder laat uitstaan, is dat dit die wynmaker in staat stel om te sien wat aangaan tydens die proses van gis tot veroudering. Glas is ook ’n 100% neutrale houer wat geen lug in die wyn toelaat nie, met geen verder invloed op die wyn in terme van tekstuur en ander geure nie.

Thys het vertel hy het die WineGlobe by die kelder van Didier Dagueneau in Pouilly-Fumé in Frankryk gesien, en die voorreg gehad om die Sauvignon Blanc te proe, wat in die glashouers gegis en verouder is.

“Ek was nog altyd gaande oor Dagueneau se wyne en het gedink as dit deur so ’n vooraanstaande produsent gebruik word, moet daar ’n rede wees. En dit is bevestig toe ek die wyne proe: dis ongelooflik vars en suiwer. Jy kon behoorlik die essensie van Sauvignon Blanc uit daardie streek op jou neus en tong ervaar.”

Die houers was ook vir hom baie mooi. Hy het aan gaste vertel: “Soos wat ek in sport doen; ek koop die beste klere en toerusting, dan lyk ek spoggerig. So, die houers was spoggerig en niemand anders in die land het daarvan gehad nie, wat die uitdaging soveel groter gemaak het.”

Thys sê: “Na aanleiding van wat ek by Dagueneau geproe het – en wat ek kon oplees oor WineGlobe – is die gebruik van glashouers nog grootliks ’n werk-in-wording,” sê hy. “Ek is opgewonde oor hierdie unieke wyn en hoop wynliefhebbers is ook.

“Wat jy in die wyn uit die glashouers proe, is suiwer terroir en hierdie wyn kom uit die 1992-blok agter die pekanneutboom – as jy van die huis se stoep af kyk. Dis ons lelikste blok, maar ek het geleer jou lelikste blok gee die beste druiwe.”

Die wyn is nou te koop teen R750 elk en daar is net 1000 bottels beskikbaar.

Juandre het in die kelder vertel dat die gladde kante van die houer ook voordelig is want niks kan daarnaan kleef nie.

Later, toe gaste die wyn kon proe, het hy vertel:

“Die Wine Globe het hierdie wyn ‘n ongeëwenaarde liniêre fokus gegee, ‘n dawerende helderheid in die uitdrukking van Diemersdal se koel-klimaat terroir. Die Sauvignon Blanc open met lewendige sitrusnote, aangevul deur ryp steenvrugte, verskerp deur ‘n mineraliteit en ‘n sweempie seesout. Aromas van vars lelie voeg ‘n subtiele soetheid by die neus. Op die tong lewer dit ‘n delikate dog intense profiel, met geure van soet lemoenskil en ‘n talmende, mineraal-sout-afwerking. ’n Sauvignon Blanc wat pragtig kompleks is.”

Gaste het toe by een lang tafel met outydse linne, pragtige borde met Kaap-Hollandse skilderwerk en groot deelborde seekos aangesit. Verskeie wyne is geproe, ook van die wyne at Thys se pa, Tienie, destyds vir KWV gemaak het.

Durbanville vier vanjaar sy 200ste verjaardag en elke wynplaas in die Durbanville Wynvallei bied op 10 en 11 April aan besoekers iets lekker. By Diemersdal kan jy op 10 April tussen 17:00 en 21:00 kuier met ‘n glas Diemersdal Cap Classique met aankoms, ‘n Wagyuburger en ‘n glas Diemersdal wit of rooi, met lewendige musiek deur Gerry Liberty. Daar kan ook spesiale wyne geproe word. Kaartjies kos R200 elk en kan bespreek word op Diemersdal se webtuiste. Die volledige program vir die vieringe is hier beskikbaar.

Lees ook: WEN wyn van De Krans se Klassieke Kultivar-reeks!

The post Diemersdal stel unieke wyn uit glashouers bekend appeared first on rooi rose.

Twee eeue van erfenis gevier
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

Hier word sedert die laat 17de eeu wyn gemaak en baie plase is al vir baie geslagte in dieselfde familie.

Elkeen van die ses Erfenisproeë vind op ‘n ander, historiese plek plaas en word deur ‘n wynmaker of wingerdboukundige aangebied. Die ervaring is ‘n geleentheid om insig te kry in die verlede, maar ook die opwindende wynmaaktoekoms van hierdie bekroonde wynstreek van die Kaap.

Ons is bevoorreg om ook genooi te word na die derde geleentheid by De Grendel en bespreek sommer verblyf by die geskiedkundige Meerendal-opstal wat dateer uit 1702. Die eerste twee etes is by Meerendal en Bloemendal gehou.

Meerendal se herehuis is ‘n klein boetiekhotel en voor die kaggel met ‘n glasie rooiwyn kon ons bevrore voete ontdooi, voor ons De Grendel toe ry vir die spesiale aandete aan huis van die vierde baronet en eienaar van die plaas, Sir De Villiers Graaff en sy vrou, Lady Gaedry, saam met keldermeester Charles Hopkins en sy vrou, Annaline.

Keldermeester Charles Hopkins en sy vrou, Anneline en Lady Gaedry en Sir De Villiers Graaff, met een van hul vierbeenkinders, Fynn Graaff.

Die Herehuis dateer uit 1898 en is gebou wat toe nog die platteland was en vandag deel van die groter Kaapstad en Durbanville is. Die Victoriaanse herehuis is in die styl van argitek Herbert Baker se unieke benadering tot die Kaaps-Hollandse gewelstyl. Baker, wat die Uniegebou en ander bekende en grootse Suid-Afrikaanse geboue ontwerp het, het die De Grendel se herehuis ontwerp op ‘n manier wat die grootsheid en ryk geskiedenis van die Graaffs weerspieël, vertel sir De Villiers ons voor die kaggel met glasies De Grendel Gaedry Blanc de Blanc 2020 en Namibiese oesters met yusu, soja en sjalot. Teen die mure hang historiese ou kunswerke en hy vertel voorts: “Die eerste baronet, sir David Graaff, my oupagrootjie, het pas die plaas gekoop waar hy sy gewaardeerde Arabiese perde en Friesland-beeste gevestig het. In die vroeë dae is Graaff se koetse vir sy perde op die heuwel van De Grendel se herehuis in die Koetshuis aangehou. Dit was oorspronklik ‘n rusplek vir reisigers voordat hulle die Tygerberg oorgesteek het op pad na die binneland, en vandag dra ons Sauvignon Blanc die naam  Koetshuis.”

Ons hoor dat hy kort ná sy bedanking as kabinetslid in 1913,  die huis vergroot het. ’n Derde gewel is asimmetries by die imposante dubbelverdieping-opstal met sy agt slaapkamers gevoeg. Ten tyde van Graaff se uitbreidings van die herehuis het hy ‘n klein kerkie laat bou vir die gebruik van die mense in die buurt. ’n Vooraanstaande Kaapse argitektefirma, Parker & Forsyth, het die planne opgestel. En die klein klipkerk die Tygerbergkerk genoem. In die begraafplaas langs die kerkie rus al die oorlede Graaff-baronette en lede van hul gesinne.

Ons stap deur na die eetkamer en doen eers ‘n wynproe. Die wyne wat Charles voorsit, is die 2017 en 2023 Koetshuis Sauvignon Blanc; die Op Die Berg Chardonnay 2023 en Op Die Berg Syrah 2021; die 2010 and 2019 Rubaiyat 2010 en 2019 – die vlagskip van die plaas.

Dan geniet ons die kos van sjef Ian Bergh en junior sous-sjef Leo Ferreira. Die voorgereg is langoustine tortelini met kammossels, aspersies en romerige konjak bisque. Dit word saam met die De Grendel Winifred 2023 geniet. Die wyn se eerste oesjaar is by die kelder se opening in 2003 bekend gestel. Hoofgereg is die lamsrak, ertjies, aartappel fondant, babawortels en biertiemiesous. Dis met die Sir David Graaff 1st Baronet of Cape Town 2015 bedien.

Nagereg met die De Grendel Sauvignon Blanc Noble Late Harvest 2015 was mille-feuille, karamelmousse, aarbei en braam meringue.

Tussen vertellings van Sir David deur, hoor ons De Grendel is bekend op twee belangrike fronte. Dit produseer van Suid-Afrika se bekoonde wyne, maar dit is ook die tuiste van die merkwaardige nalatenskap van die baanbreker Graaff-familie.

De Grendel se stigter, sir David, was ‘n sentrale figuur en dikwels hoofaanstigter in onder meer die bou van die Tafelberg-lugkabelbaan en baie van die reservoirs wat Kaapstad van sy water voorsien; rewolusie in die land se koelberging; en, die bekendstelling van elektrisiteit aan die stad. Dit was vir sy politieke en sakebydraes dat die Britse Kroon se erflike Graaff Baronetskap in 1911 gestig en toegeken is.

Charles het in 2002 die eerste De Grendel-wyne gemaak wat van die bekendstes van die Kaap geword het. Vrugte kom van die hange van die Tygerberg af, wat die gesig van die ondergaande son en koel bries van die koue Antarktiese Benguela-stroom net 7 km verder ontmoet; en, op die Ceres-plato van die Witzenberge, waar die Graaffs vir baie geslagte geboer het.

Wat ‘n voorreg om dié aand te kon meemaak en deel te word van ons land se wyn-erfenis.

Die uitsig van die stoep af na die stad se kant toe.

Die volgende Erfenisproe is Groot Phesantekraal, dan Durbanville Hills, gevolg deur Klein Roosboom en Maastricht en Nitida wat saamspan en dan Diemersdal in November.

Die Durbanville-wynvallei is bekend vir sy koeler klimaatwyne en het tans tien wynplase wat ‘n wye verskeidenheid style en kultivars bied. Hulle is: Bloemendal, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Maastricht, Meerendal en Nitida. Diemersdal het ook pas die Genl. Smuts-trofee by die SA Jongwynskou – die oudste jongwynskou in die suidelike halfrond en een van die oudste wynskoue in die wêreld – gewen vir hul gehoute Cabernet Sauvignon en is ook aangewys as die beste gehoute Cabernet Sauvignon by die kompetisie.

Besoek degrendel.co.za/ vir meer oor dié historiese plaas en sy eienaars en besoek durbanvillewine.co.za/ vir alles wat jy in die vallei kan doen om te deel in die ryk erfenis.

Lees ook: SA se beste Shirazwyne net voor nasionale Shirazdag vereer

The post Twee eeue van erfenis gevier appeared first on rooi rose.

Nuutste oesjaar van Durbanville Sauvignon blanc pas vrygestel
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

Die wyn het verlede jaar met sy eerste oesjaar, 10 000 bottels in minder as ses maande verkoop en is ’n reuse oorwinning waarin elkeen van die streek se 13 produsente deel.

Die wyn is onlangs by Bloemendal se bekende restaurant, 360, hoog op die koppie bekend gestel. Gaste kon met ’n uitsig oor Tafelberg eers ’n voorsmakie kry van waartoe die streek se produsente in staat is, met ’n safari wynproe en -peuselhappies, voor die middagete met die nuwe oesjaar geniet is.

Janine Fourie het die lewendige musiek vir die middag verskaf, terwyl Tafelberg in die verte wink.

Morgan Steyn, wynmaker van De Grendel, het vanjaar die versnyding gedoen en aan gaste vertel: “Sauvignon Blanc is so veelsydig. Elkeen van die 13 produsente, moes een blok op hul plaas kies, wat Durbanville die beste vertoon. Hierdie wyn is ’n ware uitdrukking van die Durbanville terroir en getuig nie net van die terroir nie, maar ook van spanwerk.”

Die streek het nou al naam gemaak as voorste Sauvignon blanc-produsent – grotendeels te danke aan die koel klimaat. Morgan het hierop juis gesê dis makliker om ’n Bordeaux-versnit daar te maak, as in Bordeaux. Hulle is 2,3 grade koeler as hul Franse broers en Durbanville is klaar ’n koelklimaat-streek. Die koeler klimaat weens die nabyheid aan die see, verseker stadige rypwording en optimale geur-ontwikkeling in die druiwe.

’n Bestendige stroom toekennings het Durbanville-produsente onlangs in die hart van vanjaar se geskiedkundige Concours Mondial du Sauvignon geplaas. Die kompetisie is in Maart in Suid-Afrika aangebied – die eerste keer in die geskiedenis dat die Sauvignon Blanc-gefokusde kampioenskap buite Europa gehou is. Durbanville was nie net een van die min wynstreke wat beoordelaars tydens die beoordeling besoek het nie, maar sy produsente was ook van die meeste bekroonde by die skou.

“Dit was baie dekades se deurlopende erkenning, wat die wynprojek geïnspireer het. Ons wou ons storie vertel en die bekendstelling van Durbanville Sauvignon Blanc was die beste manier om dit te doen,” verduidelik Natasha de Villiers, Durbanville Wynvallei-bestuurder. “Die idee was om ’n Super Sauvignon te skep, wat Durbanville Wynvallei se wêreldklasgehalte én die gedeelde visie van ons produsente verteenwoordig.”

Al 13 produsente, Altydgedacht, Bloemendal, Canto, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Maastricht, Meerendal, Nitida en Signal Gun, het wyn gelewer, voor Morgan die finale versnyding behartig het.

Die 2023 versnit is ’n sterk aromatiese wyn, met prominente suurstruktuur en balans. Deur die kenmerke van die seisoen se vroeë en later-geoesde vrugte in te span, is dit ’n goeie balans van  tropiese vrugte en sweempies vars gesnyde gras, wat op die tong talm.

Dis nie net die wyn wat pure Durbanville is nie, maar ook die etiket en verpakking. Die etiket lig die verskillende aspekte waarvoor die streek bekend is, uit, waaronder die wyndruiwe en wingerde, die protea, Suid-Afrika se nasionale blom, maar ook simbool van volhoubare wingerdboupraktyke.

Die streek se noue verbintenis aan sy Nederlandse erfenis word duidelik uitgebeeld met die Delftblou agtergrond, waarop Tafelberg trots pryk. Wingerde floreer hier sedert sedert 1698.

Gaste het saam met elke wynmaker uit die vallei wyne geproe wat met happies deur Martin de Kok, sjef en eienaar van The Farm Eatery by Diemersdal, gepasmaat is.

Die Durbanville Sauvignon Blanc 2023 is aanlyn beskikbaar by www.durbanvillewine.co.za teen R120 per bottel.

Lees ook: Nuwe era en nuwe voorkoms vir Morgenster

The post Nuutste oesjaar van Durbanville Sauvignon blanc pas vrygestel appeared first on rooi rose.

Laat die kurke klap vir Klein Roosboom se vlagskip borrels
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Klein Roosboom

Die wynmaker, Piti Coetzee het hom uistekend van sy taak gekwyt en die nuwe vlagskip My Way Brut Nature 2019 en My Way Brut Rosé 2019 het reeds voor hul vrystelling die hoogste lof ontvang: die Platter-wyngids het vier sterre aan die My Way Brut Rosè toegeken, en vier en ’n half sterre aan die My Way Brut Nature. Albei wyne het goud ontvang by die 2022 Michelangelo International Wine & Spirits-toekennings en die Rosé, Goud by die Rosé Wine and Spirits Challenge.

Wynmaak by Klein Roosboom het in 2007 begin met matriarg Karin de Villiers, wat een doel voor oë gehad het – om haar eie vonkelwyn te maak. Nou, 16 jaar later, het die familie die My Way vonkelwyne by hul breër wynportefeulje gevoeg wat reeds die Marné Brut Cap Classique insluit.

Die wyne is ’n viering van die De Villiers-familie se herkoms en passie en die plaas se nabyheid aan die see. Die familie het Klein Roosboom van ’n nederige begin laat groei tot ’n groot gunsteling op die Durbanville Wynvallei-roete. Hul omskepte sementkuipe met elkeen ’n ander tema, is gewilde kuierplekke om wyn te proe.

“Dit is ’n baie spesiale geleentheid vir ons,” het Karin by die funksie vertel. “Ons wyne is tradisioneel na familielede vernoem. Die My Way-reeks bring egter hulde aan my pa, wat mal was oor die My Way-liedjie wat deur Frank Sinatra bekend gemaak is.

“Die besluit om twee borrels te maak wat waardig is om die My Way-etiket te dra, het in 2019 begin. Ons wou baie spesiale verpakking en etikette hê, so ’n spesiale bottel is ingevoer, en die bekende ontwerper en illustreerder, Hannes Koegelenberg het die ontwerp hanteer.

Hannes het antieke illustrasies met klassieke elemente en lettertipes gekombineer om ’n elegante en tydlose ontwerp te skep. Verskeie subtiele insluitings weerspieël die Klein Roosboom-verhaal. “Die gebruik van engeltjies, wat met wynvate en blomme baljaar, gee ’n speelse perspektief,” sê hy.

“Saam weerspieël die ontwerp die ouwêreldse sjarme en kontemporêre passie, wat werklik opsom waaroor Klein Roosboom gaan.”

Slegs 2 890 bottels van die 2019 My Way Brut Nature en 1 350 bottels van die 2019 My Way Brut Rosé is vervaardig. Gaste kon met hul aankoms op die plaas ’n klok lui en dan het ’n gehandskoende hand yskoue vonkelwyn deur ’n gat in die muur aangegee.

Heerlike happies wat die vonkelwyn komplementeer het, is deur sjef Lorianne Heyns en haar span voorberei.

Ander wyne van die My Way-reeks sluit in ’n Sauvignon Blanc van 35 jaar oue boswingerde, ’n vat-seleksie rooi versnit en ’n Petit Verdot.

Lees ook: Spier herehuis herleef met kuns, kos en wyn

The post Laat die kurke klap vir Klein Roosboom se vlagskip borrels appeared first on rooi rose.

Samewerking sorg vir uitsonderlike sauvignon blanc
Samewerking sorg vir uitsonderlike sauvignon blanc. Deur Maryke Roberts.

Al 13 kelders het druiwe vir die wyn verskaf. Alhoewel samewerking van hierdie skaal skaars is, is dit die streek se reputasie vir baanbreker- en bekroonde sauvignon blanc wat dit ’n uitstaande bydrae tot Suid-Afrikaanse wyn maak.

Die koeler Durbanville-wynvallei is ideaal vir die stadige en geurige ontwikkeling van wyndruiwe, veral sauvignon blanc. ’n Diemersdal-wyn het onlangs die trofee as algehele wenner in sy kategorie by die 2022 Concours Mondial du Sauvignon ontvang, terwyl sauvignon blanc van Durbanville Hills onder die min goue wenners by die VK-gebaseerde Global Masters-wynkompetisie was. Gaste kon albei hierdie wyne, asook die Bloemendal Suider Terras 2016, om die diverse sauvignon blanc-styl te illustreer, by die bekendstelling proe.

Albei eersgenoemde wynkelders was bydraers tot dié samewerkingswyn, genaamd Durbanville Sauvignon Blanc, saam met Altydgedacht, Bloemendal, Canto, D’Aria, De Grendel, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Maastricht, Meerendal, Nitida en Signal Gun. Die finale produksie is aan die veteraan-wynmaker Charles Hopkins en Morgan Steyn van De Grendel toevertrou.

Die wyn bestaan uit druiwe van al 13 kelders in die vallei. Die wynmakers by die bekendstelling is voor van links Andri Hanekom (Bloemendal), Etienne Louw (Nitida), Thys Louw (Diemersdal), Charles Hopkins (De Grendel), Thys Smit (Meerendal), Kobus Gerber (Durbanville Hills), MJ de Wit (Signal Gun), Thys Louw (Maastricht). Agter staan Piti Coetzee (Klein Roosboom), Richard Schroeder (Groot Phesantekraal), Morgan Steyn (De Grendel), Lutske Doubell (D’Aria), Jenna Higgins (Durbanville Hills), Estani de Wit (Signal Gun) en Johan de Villiers (Klein Roosboom).

Dit volg op die hakke van die streek se samewerking verlede jaar in die maak van die nou-uitverkoopte Master’s Vineyards Cabernet Sauvignon.

Lees ook: Farro groet die stad en skop nes op die platteland

In kommentaar op die jongste toevoeging, noem Charles: “Van die begin af het almal die betekenis daarvan begryp om die gehalte en beeld van Durbanville Sauvignon Blanc ten toon te stel.”

Met ’n glasie Durbanville Sauvignon Blanc 2022, kuier Charles Hopkins (De Grendel), Thys Louw (Diemersdal) en Bennie Howard (Kaapse wynmeester).

Die indrukwekkende etiket is deur Bravo Design ontwerp. Brenden Schwartz van Bravo Design het vertel die etiket benaddruk die vele fasette van Durbanville, met die wingerde en wyndruiwe as middelpunt saam met proteas – Suid-Afrika se nasionale blom – sowel as ’n aanduiding van natuur-georiënteerde wingerdbou.

Brenden Schwartz van Bravo Design het vertel die etiket beklemtoon die vele fasette van Durbanville, met die wingerde en wyndruiwe as middelpunt, saam met proteas — Suid-Afrika se nasionale blom — sowel as ’n aanduiding van natuur-georiënteerde wingerdbou.

Die streek se Nederlandse erfenis word weerspieël in beelde van die historiese NG Kerk, 1840 Onze Molen-windpomp en Kaaps-Hollandse opstal, asook die blou Delft- weergawe. Die nabyheid en skakeling met die Kaap word uitgebeeld deur die uitsig op Tafelberg, maar ook kanonne wat tradisioneel gebruik is om plaaslike boere te sein dat handelskepe by Tafelbaai aangekom het.

Met die uitsig oor Tafelberg, is gaste by De Grendel vir die bekendstelling van die eerste Durbanville Sauvignon Blanc 2022 verwelkom.

Die assosiasie met landbou kom ook na vore in die trekker, druiwe-oes en pampoene, met laasgenoemde ’n verwysing na die streek se oorspronklike naam, Pampoenkraal.

Die 2022 Durbanville Sauvignon Blanc toon tipiese karakter van ’n jong, ongehoute Durbanville Sauvignon Blanc, wat kenmerkende aromas en geure bewaar het. Die wynmaker se notas beskryf dit as besonder vol in die mond en stel die wyn voor as ’n wonderlike aperitief of pasmaat vir seekos, slaai, pasta, en selfs ligte vleisgeregte.

Gaste is met oesters en vonkelwyn verwelkom.

Die voorgereg en hoofgereg is met die Durbanville Sauvignon Blanc 2022 bedien.

Sauvignon blanc is Suid-Afrika se topverkoperwitwyn en in Brittanje word daar twee maal meer sauvignon blanc as die tweede plekhouer, pinot grigio, verkoop.

Gaste by die bekendstelling kon dit met geroosterde seekat, kersietamaties en aspersies vir voorgereg; en kruiekors-lam, aartappels en geroosterde preie en eiervrug vir die hoofgereg, geniet. Nagereg van vyepoeding met witsjokolade, heuningkors en kaneelroom, is met die De Grendel Sauvignon Blanc Noble Late Harvest bedien. Die maaltyd is deur De Grendel se hoofsjef, Ian Bergh, berei.

Die wynmaker se notas beskryf die Durbanville Sauvignon Blanc 2022 as besonder vol in die mond en stel die wyn voor as ’n wonderlike aperitief of pasmaat vir seekos, slaai, pasta, en selfs ligte vleisgeregte.

Die eerste 2022 Durbanville Sauvignon Blanc is by die proelokale van die Durbanville-wynvallei beskikbaar. Dit kan ook aanlyn by durbanvillewine.co.za gekoop word. Die wyn verkoop vir sowat

R 110 per bottel.

Foto’s: Clifford Roberts en Liesl Engelbrecht

Lees ook: Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

The post Samewerking sorg vir uitsonderlike sauvignon blanc appeared first on rooi rose.