Een keer om die son | rooi rose
‘Een keer om die son’ se klankbaan kom verhoog toe
Deur Maryke Roberts. Foto’s: kykNET en verskaf
Een keer om die son het in 2024 kykers voor die kassie vasgenael gehou. Die storie van die Van Wyk-gesin wie hul ma tragies verloor het en die effek wat dit op almal gehad het, het by soveel mense aanklank gevind, dat niemand eintlik wou hê die reeks moet ten einde loop nie.
Gelukkig het die tweede seisoen in Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) begin en gryp weereens kykers se harte aan.
Jacques Bessenger is dr. Ruan van Wyk, ’n neuroloog wat sy werk dikwels voor ander prioriteite plaas. Sy vrou, Lani, word deur Jana Kruger vertolk. Sy is in die eerste seisoen oorlede en haar dood het baie onbeantwoorde vrae gelaat. Ruan en Lani se kinders is Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), en in dié nuwe seisoen het elkeen ’n uitdaging wat oor hul pad kom. Amé (Donnalee Roberts) is ’n ambisieuse finansiële bestuurder in haar dertigerjare. Sy is Ruan se jonger suster, en haar huwelik het in die eerste seisoen op die rotse beland. In seisoen 2 vind sy haar voete as onafhanklike en ambisieuse vrou, maar sal sy weer liefde vind?
Albert Maritz speel die rol van Sebastian, die afgetrede professor en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimers gediagnoseer is. ’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt, ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is. Die rol word deur Cindy Swanepoel vertolk. Verskeie ander bekende gesigte keer ook terug.
By vanjaar se 30ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn, is daar twee spesiale aanbiedinge oor hierdie trefferreeks by die fees: ‘n musiekteaterproduksie en boekgesprek.
In die musiekproduksie, Een keer om die son: Die klankbaan met Almero Welgemoed en orkes, Ivan Botha en Donnalee Roberts op 31 Maart en 1 April om 14:30 en 1 April in die Absa Burgersentrum, word die klankbaan van die gewilde kykNET-drama na die verhoog gebring. Daar is vir elke episode ‘n oorspronklike liedjie geskryf. Ervaar die musiek van albei seisoene, sowel as die stories wat hierdie reeks en musiek geïnspireer het. Ivan Botha en Donnalee Roberts vertel tussen die musiek deur waar hierdie verhaal gebore is en watter impak dié storie op hul eie lewens gehad het. Kaartjies kos tussen R195 en R240.
Onder die gespreksreekse, getiteld “Boekstories” gesels François Bloemhof (skrywer) en Riaan Grobler (gespreksleier) op 31 Maart om 12:00 in die ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books. Dit word aangebied deur Queillerie en toegang is gratis.
Almero, die man agter Een keer om die son se treffende klankbaan, vertel meer:
Een keer om die son het baie kykers diep geraak. Hoekom dink julle het die storie van die Van Wyk-gesin soveel mense se harte aangegryp?
Ek dink die temas van die reeks is baie universeel en alhoewel almal nie altyd daaroor praat nie, is dit gebeure en temas wat ons almal mee te doen kry.
Hoe benader ’n mens die skryf van ’n klankbaan wat die emosionele reis van ’n familieverhaal so sterk moet ondersteun?
Ek dink die storie is die perfekte verhaal om musiek voor te skryf. Verhoudings is so groot fondasie van ons lewe en inspirasie vir ons kuns. Die verhaal van hierdie familie is ‘n eindelose put van inspirasie, daar is soveel temas en oomblikke in hierdie verhaal wat ingewikkelde emosies ontlok, en dis vir my baie lekker om dit in my musiek vas te vang. Die tekste was ten alle tye my handleiding vir die musiek. As ek gewonder het oor iets, is dit die tekste waarna toe ek teruggekeer het. Dis soos ‘n kompas wat jou heeltyd wys waar die regte besluit lê: naamlik, die storie en karakters.
Daar is 13 oorspronklike liedjies vir die episodes geskryf. Wat was die grootste uitdaging om elke liedjie uniek te maak, maar steeds deel van dieselfde musikale wêreld?
Ek dink die grootste uitdaging was tyd. Die proses was so lekker en natuurlik, en ek sal heel moontlik nóg 12 liedjies kan skryf vir elke seisoen, maar die na-produksie skedule was ongelooflik beperk. Ons het ongeveer ‘n week per episode gekry vir musiek. Aan die een kant is dit baie moeilik om so vinnig te moet werk, maar aan die ander kant dwing dit jou ook om nie te veel te oordink nie. As iets werk, werk dit en jy beweeg aan.
Die storie is ook so briljant geskryf dat daar met elke episode iets nuuts ontvou – en so ook ‘n nuwe emosie wat ‘n liedjie kan inspireer. Dit hou alles vars en help dat niks eentonig voel of klink nie.
Die produksie Een keer om die son: Die klankbaan bring nou die musiek van die reeks na die verhoog. Hoe verskil die ervaring daarvan om die musiek lewendig vir ’n gehoor op te voer, teenoor hoe dit in die televisie-reeks ervaar word?
Dis lekker om meer te kan gesels oor die musiek en skryfproses, en ek dink lewendige musiek is maar net meer gevoelvol. Mens kan meer emosie in die musiek insit en daardie konneksie met die gehoor speel ‘n groot rol. Tydens ons vorige Klankbaan-vertonings van die eerste seisoen, was die gehoor elke aand in trane. Musiek wat jy so lewendig met die gehoor kan deel, roer mense.
Hoe het die karakters en hul emosionele uitdagings jou musikale styl of keuses beïnvloed toe jy die klankbaan geskep het?
Dit beïnvloed alles. Van keuses oor instrumente tot hoe jy dit behandel in die klankvermenging-proses. As ‘n karakter iets wegsteek, moet die musiek ‘n leidraad gee. As ‘n karakter oorweldig is, moet die musiek soms op so manier behandel word dat dit onnatuurlik of “distorted” klink.
Die styl aan die ander kant, het ons voor die tyd op besluit en ek het daarby gehou deur die hele reeks. Dis gevoelvolle musiek, meestal ballades, wat emosie belaaide lirieke het. Ivan wou van die begin af daardie styl hê, en dit is ook die styl waarin ek die gemaklikste is.
Die reeks het temas soos verlies, familie en nuwe beginpunte aangespreek. Hoe het die werk aan hierdie projek jou persoonlik geraak of verander?
Tydens die eerste seisoen se na-produksie was my vrou swanger met ons dogtertjie en sy is gebore die dag ná ek die laaste episode ingehandig het. Dit was ‘n tydperk van baie onsekerheid weens swangerskapkomplikasies en die projek het vir my soveel maniere gegee om daardie moeilike emosies te verwerk.
Tydens seisoen 2 het ek die wonderlike wêreld van ouerskap ingetree en weereens kon ek baie van my eie ervarings in die musiek insit. Dis lekker as jou werk jou soveel geleenthede bied om jou eie emosies te verwerk.
Ek dink ook die absolute genot wat ek uit hierdie projek uit gekry het, het my kom genees van die idee dat werk “sleg” of “moeilik” moet wees. Dit was net ‘n voorreg en lekkerte om saam met Ivan-hulle te werk, met ‘n span wat so mooi na mekaar kyk.
Wat kan gehore by die KKNK verwag van die produksie – gaan dit net oor die musiek, of kry hulle ook nuwe insigte in die storie agter die reeks?
Die produksie is baie gefokus op die inspirasie agter die storie. So tussen die musiek deur gesels ons almal oor die inspirasie van die verhaal en waar dit vir Ivan en Donnalee ontstaan het, sowel as hoe dit hulle lewens beïnvloed het. Dis ‘n lekker kykie agter die verhaal en proses.
Met die sukses van die reeks en nou ook die verhoogproduksie, wat hoop julle neem mense saam huis toe nadat hulle die vertoning beleef het?
Gevoel! Kom voel saam en vat daardie vrymoedigheid om jou emosies te ervaar saam met jou huis toe. Ek dink dis wat die reeks vir soveel mense ook beteken. Dit gee hulle toestemming om te voel. Ons hou daarvan om ons emosies te vermy en weg te bêre, maar hierdie produksie gaan jou veilig laat voel om saam te voel.
Lees ook: kykNET kraai koning by die Saftas
The post ‘Een keer om die son’ se klankbaan kom verhoog toe appeared first on rooi rose.
‘Hou die TV aan’: Liam Bosman oor sy donker rol én ’n nuwe kusdrama
Deur Karlien Meiring. Foto’s: Verskaf.
Liam Bosman bou al van 11-jarige ouderdom af aan sy loopbaan wat reeds titels soos Diepe Waters, Spoorloos, Niggies en die opspraakwekkende Showmax-komedie Khaki Fever insluit. Maar dit is sy rol as Markus in Een keer om die son wat tans aanklank by Afrikaanse kykers vind.
In die tweede seisoen sien kykers hoe Markus met sy geestesgesondheid en pynpilverslawing worstel. Hy hou byna alles vir homself, iets wat Liam persoonlik nie beleef nie.
“Ek is ’n oop boek vir die mense naaste aan my. Ek het die Lotto gewen as dit kom by die mense in my lewe, en my familie en vriende is altyd bereid om te luister en hulle weet ook dit is ’n tweerigtingstraat.”
Volgens hom lê Markus se onvermoë om hulp te vra nie in trots nie, maar in druk.
“Markus het grootgeword in ’n huis met ’n baie suksesvolle pa met hoë standaarde en ’n suster met ’n ‘kom self daaroor’-houding. As die oudste broer en die volgende ‘man van die huis’, glo ek dit veroorsaak druk om net altyd oukei te wees. Dit gaan nie oor trots nie, dit gaan oor ’n vrees van aanvaarding dat hy ’n mens mag wees.”
In ‘Een keer om die son’ se tweede seisoen sien kykers hoe Markus met sy geestesgesondheid en pynpilverslawing worstel. (Foto: Verskaf)
Die afwesigheid van Markus se ma, Lani, speel ook ’n bepalende rol in sy besluite hierdie seisoen.
“Markus se anker is weg,” sê Liam. “Die pynpille het Lani se plek in Markus se lewe oorgeneem.” Dit is juis hier waar die reeks se hantering van verslawing ’n ongemaklike, maar noodsaaklike realiteit blootlê.
Vir Liam lê die waarde van Markus se storie daarin dat kykers hulself of iemand na aan hulle daarin kan herken. “Almal ken iemand wat Markus se pad tot ’n mate stap,” meen hy. “As mense daardie persoon in hul eie lewe kan identifiseer, kan daar ’n ruimte vir gesprek geskep word.” Hy beklemtoon egter dat verandering by die individu self begin. “Niemand kan jou red nie. Jy moet self besluit om gesond te wil raak. Maar dit neem ook ondersteuning.”
Liam is al van 11-jarige ouderdom deel van die vermaaklikheidsbedryf (Foto: Blyde Smit)
Op stel vertel Liam dat hy veral baie by Jacques Bessenger wat Markus se pa, Ruan, vertolk, geleer het:
“Jacques is effortless en ’n pro. Dit was altyd bietjie makliker om in tonele saam met hom te speel, want hy is so gemaklik met homself as ’n mens en akteur.”
Met jare in die bedryf agter die blad, erken die 23-jarige akteur iets onverwags.
“Ek voel ek het meer geweet toe ek jonger was. Daar was ’n naïwiteit wat my toegelaat het om enigiets te doen sonder om aan die gevolge te dink, ’n blinde selfvertroue. Ek dink hoe ouer ’n mens word, hoe meer berekend en strategies leef jy. Dit is eintlik jammer.”
Liam ‘n oud-leerling van Curro Aurora in Randburg, Johannesburg. (Foto: Daniel Lasker)
Liam vertel hy het onlangs van Gauteng na Kaapstad verhuis en saam met die onafhanklike kunstenaar Jaakie die enkelsnit Bietjie langer bly uitgereik.
“Dit was ’n groot jol. Ek is baie lief vir musiek en ek doen dit as ’n stokperdjie. Ek hanteer my loopbaan as akteur baie ernstiger as my ‘musiekloopbaan’, want in my kop is dit net vir die lekker. Ek sal nou en dan ’n liedjie uitgooi net om te sien wat gebeur.”
Wat die toekoms betref, is Liam ook deel van die sterbelaaide rolverdeling van Die oord, die nuwe kusdrama wat op 14 April op kykNET afskop. Die reeks speel in ’n oënskynlik idilliese vakansiedorp af waar families al geslagte lank by dieselfde karavaanpark uitspan, tot ’n lyk een oggend op die strand uitspoel en die gemeenskap se geheime begin oopkrap. Interessant genoeg vertolk Jana Kruger weer sy ma, net soos in Een keer om die son, maar hierdie keer is sy ook die kriminoloog Martie Pretorius, met Liam as haar universiteitstudentseun. Sy word teen haar sin in die ondersoek ingetrek terwyl sy probeer om ’n verpletterende geheim vir haar seun, Paul, weg te steek.
Soos Liam sê: “Hou die TV aan!”
In die nuwe dramareeks, ‘Die oord’, vertolk Jana Kruger weer die rol van Liam se ma. (Foto: Verskaf)
KYK | Jaakie & Liam Bosman – Bietjie Langer
Lees ook: NUWE REEKS | Spannende kusdorpdrama Die oord op pad!
The post ‘Hou die TV aan’: Liam Bosman oor sy donker rol én ’n nuwe kusdrama appeared first on rooi rose.
Wat ‘Een keer om die son’ ons oor pynpilverslawing leer
In die tweede seisoen van Een keer om die son, word dit vinnig duidelik dat Markus (Liam Bosman) verslaaf is aan pynpille. Hy sal enigiets doen om aan sy dansloopbaan te bou, maar met ’n enkel wat net nie wil saamspeel nie, voel hy pille is die enigste oplossing. Dis egter nie net die enkel nie. Markus sukkel met angsaanvalle net soos sy ma, Lani (Jana Kruger), wat ook daarmee geworstel het.
Wanneer dit by verslawing kom, is Markus beslis nie die enigste een wat met hierdie probleem sukkel nie. Verslawing aan voorskrif-pynstillers is wêreldwyd ’n krisis en die dwelmprobleem wat die vinnigste in Amerika groei. Volgens die Suid-Afrikaanse Raad van Psigiaters sukkel een uit vyf volwassenes met chroniese pyn en is sowat sewe persent van persone wat in rehabilitasiesentrums opgeneem word daar omdat hulle aan voorskrifmedisyne verslaaf is.
“Ons wou ’n storielyn van verslawing vir Markus skep veral binne sy karakter wat ook met angs en depressie sukkel,” sê Ivan Botha, regisseur en mede-skrywer van Een keer om die son. “Ons wou ’n verslawing vind wat nie algemeen is soos byvoorbeeld harde dwelms of drank is nie, maar iets wat alledaags is; ’n verslawing wat as’t maklik kan gebeur. Daar is verskeie mense waarvan ons weet wat amper onskuldig aan pille soos pynpille of slaappille verslaaf geraak het. Markus se storielyn was ook ’n manier om sy pa, Ruan (Jacques Bessenger), te betrek om hulle verhouding te verdiep.”
“Die relevansie van verslawing vandag is in die klein gewoontetjies wat mense nie besef ’n probleem kan raak nie,” sê Donnalee Roberts, wat nie net die rol van Amé speel nie, maar ook mede-regisseur en -skrywer is. “Selfs sosiale media en die impak wat skermtyd op mense se lewens het, is verslawings wat amper ongesiens ’n probleem kan word.”
“As skrywers voel ons sterk dat dramareekse kwessies soos hierdie moet aanspreek,” sê Ivan. “Dinge soos angs, depressie, selfood, verslawing soos in hierdie geval, die sonde van die vaders oftewel hoe die verlede ’n invloed op jou lewe kan hê. Mens kan swaar kwessies aanspreek en daar sal altyd kykers wees wat daarby aanklank gaan vind. Ons wil nie lessies leer nie en het nie al die antwoorde nie, ons hou net ’n spieël op vir die kykers om in te kyk en begin daarmee gesprekke. Een keer om die son kry dit so mooi reg om die lig en donker van die lewe vas te vat en dit was nog altyd ons doel. Dis nie net swaar nie. Dis die vloei tussen die mooi en die seer van die lewe wat ons probeer uitbeeld.”
“Ons voel baie passievol daaroor dat karakters en storielyne, soos hierdie een met Markus, oor die vermoë beskik om gesprekke oop te breek en genesing te bring,” sê Donnalee. “Mense moet weet hulle is nie alleen nie.”
Hoe maklik kan jy verslaaf raak?
Dit gebeur nie oornag nie, sê David Bayever, Drugwise-konsultant vir die SA Farmaseutiese Vereniging. “Diegene wat verslaaf raak, gebruik pynpille lank aaneen – hulle is byvoorbeeld ná ’n operasie vir langer as drie weke op pynpille, wat lank genoeg is om die brein ’n voorkeur vir kodeïen te laat ontwikkel.
“Die probleem kom wanneer hulle ophou sodra die operasiepyn weg is. Pyn is toevallig een van die onttrekkingsimptome wat jy gaan ervaar as jy ophou om kodeïen te gebruik. Jou brein sê dus vir jou: jy het pyn, drink ’n pynpil. En drink jy die pynpil, sê jou brein: sjoe, dit werk goed. Kyk hoe lekker voel jy nou. En so begin die bose kringloop.”
Daar is nog ’n kwessie: jou gene. Sowat tien jaar gelede is vasgestel dat mense met baie CYP2D6-aktiwiteit kodeïen supervinnig verwerk en in reuse-hoeveelhede morﬁen omskakel. Vermoedelik raak hierdie mense makliker as ander aan kodeïen verslaaf. Tot 15% van Afrikane is supervinnige metaboliseerders, teenoor slegs 1% Chinese.
Is afhanklikheid van pynpille ’n regte verslawing?
Beslis, sê David. “Al verskil is dat jy kodeïen wettig by enige apteek kan koop.”
Dit is waar, sê Tertius Cronjé van SANCA (SA Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels). “Die WGO sê sowat 36 miljoen mense wêreldwyd is verslaaf aan kodeïenpynpille. In Suid-Afrika is een uit elke vyf mense op ons staat se dwelmrehabilitasieprogramme aan kodeïen verslaaf, meestal saam met ’n ander dwelm soos drank of heroïen.
Dit is skokkend om te dink dat gewone mense soos ek en jy ons breine ontvankliker vir heroïen maak deur doodeenvoudig ’n paar pynpille vir iets soos spanningshoofpyn te drink. En so onskuldig en onbepland dwelmslawe kan raak.
Wat as jy reeds verslaaf is?
Gestel jy klou reeds sterk vas aan jou pynpille? Dan is dit tyd om te stop, sê Tertius.
Jy kan geleidelik stop of doodstop. Hoe langer en hoe groter die hoeveelhede wat jy gebruik het, hoe intenser is die onttrekkingsimptome. Jy kan ook jou dokter vra om iets voor te skryf om jou oor die ergste onttrekkingsimptome te help.
“Die onttrekking is nie lekker nie. Jy kan enige van die volgende verwag: bewerigheid, sweterigheid, diarree, maagkrampe, naarheid, spierpyn, gapery, ’n loopneus, ’n toe neus, kwyling, vinnige asemhaling en/of hoendervleis. Die angs, geïrriteerdheid, algemene verwardheid en ’n smagting na jou gewone pynpilverligting vang die meeste mense die ergste.
“Hou net uit. Dit gáán verby. En as jy regtig vasbrand, help ons by SANCA graag,” sê hy.
Toets jouself
Gebruik jy nou meer pille as drie jaar gelede?
Jy het nie ’n spesifieke pyn of ’n spesifieke rede soos ’n operasie wat jou pyn verklaar nie.
Jy het eerder algemene pyn soos spierpyn of ’n dowwe hoofpyn. Jy het al gewonder of jy chroniese moegheidsindroom (jappiegriep) of fibromialgie het.
Jou pyn raak nie, soos ander mense s’n, al ligter na ’n tyd nie. Dit is konstant deel van jou lewe.
Sodra die pynpil uitwerk, is die pyn terug.
As jou pynpil uitgewerk is, kry jy enige van die volgende: maag- en spierkrampe, jy is naar, jou neus loop, jy sweet skielik meer, en jy slaap verskriklik sleg.
Pynpille werk baie doeltreffend vir jou pyn.
Pynpille laat jou dadelik ‘normaal’, gemaklik en ontspanne voel. Jy kan aangaan met jou lewe.
As jy sukkel om te slaap, werk ’n pynpilletjie of drie uitstekend.
Jy het ’n gunstelingpynpil. Die ander werk nie.
Jy het altyd daarvan in voorraad – in jou handsak, tuis, by die werk, in die motor …
Jy vra jou dokter altyd vir ’n voorskrif vir pynpille, selfs al is jy daar vir ’n oogtoets.
Jy het al jou pynpille gelos maar dan het jy soveel meer pyn. Jy is iemand met ’n lae pyndrempel.
Jy bly stil oor hoeveel pynpille jy gebruik; dit is jou privaatheid.
Jy koop pynpille by ’n aantal verskillende plekke.
Jy is besonder hardlywig.
Kry hulp
Dink jy jy is reeds vasgedraai in verslawing? Bel SANCA by 011 892 3829 of stuur ‘n WhatsApp na 076 535 1701.
Lees ook: Talle teaterlegendes deel van Suidoosterfees 2026 se NATi Teaterfees-program
The post Wat ‘Een keer om die son’ ons oor pynpilverslawing leer appeared first on rooi rose.
Klara van Zyl groei saam met ‘Een keer om die son’ se ‘sassy’ Sophia
Deur Karlien Meiring. Foto’s: Verskaf.
Ná die eerste paar episodes van Een keer om die son se tweede seisoen is dit duidelik dat hierdie omwenteling kykers net so diep soos die eerste raak. Te midde van spanningsvolle oomblikke, komplekse familiedinamika en moeilike keuses, is dit veral die jongste Van Wyk, Sophia, wat stil-stil ’n blywende indruk maak. Die rol word deur die 12-jarige Klara van Zyl vertolk.
Vir Klara was dit ’n besonderse oomblik toe sy hoor sy keer terug vir die tweede seisoen. “Ek was verskriklik opgewonde om weer die kans te kry om met hierdie fantastiese akteurspan te kan speel en by hulle te kan leer,” vertel sy.
Klara is tans ’n graad 7-leerder aan Laerskool Eversdal in Durbanville, en dit maak haar ervaring op stel nóg meer spesiaal dat van haar skoolmaats ook as ekstras in die reeks te sien is.
Sedert die eerste seisoen het sy merkbaar as jong aktrise gegroei. “Ek het geleer dat goeie beplanning en voorbereiding baie belangrik is,” sê sy oor een van die grootste lesse wat sy uit die eerste seisoen saamgeneem het.
“Ek was so gelukkig om verskriklik baie by die hele akteurspan te kon leer,” vertel sy.
Klara se toneelspelreis het begin toe sy tydens ’n laerskoolmonoloogkompetisie die oog van die gesoute aktrise Vinette Ebrahim gevang het. Vinette was ’n beoordelaar en het Klara en haar ouers aangemoedig om so gou as moontlik vir haar ’n agent te kry. Sedertdien was Klara ook in die Showmax-reeks Trompoppie te sien.
Wanneer sy oor die ooreenkomste tussen haar en Sophia praat, is familie ’n groot raakpunt. “Ek is nes Sophia ook baie lief vir my familie, en ons albei hou daarvan om kreatief te wees,” sê sy. Tog verskil hulle ook. “Ek is nie so ’n ywerige entrepreneur soos Sophia nie!”
In die tweede seisoen kry Sophia ’n meer uitgesproke, selfs bietjie sassy kant, iets wat Klara besonders geniet het om te speel. “Dit was vir my so lekker om bietjie sassy te kan wees sonder om in die moeilikheid te kom!” sê sy.
Klein Sophia bly steeds vasbeslote om haar ma, Lani, se nagedagtenis lewendig te hou, en kykers wonder of sy gereed sal wees om iemand nuut in haar pa se lewe te aanvaar. As Klara haar karakter raad vir die res van die seisoen kon gee, sou dit eenvoudig wees: “Ek sou vir Sophia sê dat alles oukei gaan wees en dat sy die grootmensprobleme vir die grootmense kan los.”
Tussen die emosionele tonele was daar ook ligter oomblikke op stel. Een van haar gunstelingherinneringe was toe haar TV-broer (vertolk deur Liam Bosman) sleeptong in die Valentynsdag-episode moes praat, ’n toneel wat groot vermaak op stel veroorsaak het.
Buite verfilming en skool is Klara ’n tipiese 12-jarige met kreatiewe stokperdjies. Sy is mal oor lees, speel klavier en geniet dit om rolskaats te ry. En hoewel sy soms by die skool of in die publiek as Sophia herken word, ervaar sy dit net positief. “Dis so lekker as mense opgewonde is oor Sophia en ek is baie trots om deel te wees van hierdie reeks waaraan almal so hard gewerk het.”
Een keer om die son wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.
Lees ook: Jong talent van Bonnievale nou deel van Een keer om die son
The post Klara van Zyl groei saam met ‘Een keer om die son’ se ‘sassy’ Sophia appeared first on rooi rose.
Jong talent van Bonnievale nou deel van ‘Een keer om die son’
Hy is ’n plaaskind en slimkop wat eens ’n mediese loopbaan oorweeg het, maar toe die toneelgogga eers gebyt het, het Heinrich Wentzel besef dit is waar hy wil wees.
Wat het jou laat besluit om drama te studeer?
Ek het in ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, Bonnievale, grootgeword en by Hoërskool Bonnievale skoolgegaan waar drama nie as ’n vak aangebied is nie. Ek het wel altyd aan die skool se toneelstukke deelgeneem wat ons vir die dorp opgevoer het. Alhoewel ek dit baie geniet het, het ek nooit gedink dat dit realisties sou wees om ’n loopbaan daarvan te maak nie.
Maar toe het ek in my hoërskooljare goeie flieks gekyk en produksies op die KKNK se planke gesien wat my laat besef het dit is wat ek eendag wil doen: om films en teater te skep en ’n verskeidenheid karakters aan te pak – uiteenlopende karakters wat óf heeltemal van my realiteit verwyder is óf waarby ek aanklank kan vind. Ek het in 2025 my graad in Drama en Teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi.
Wat beteken Bonnievale vir jou?
Sjoe, ek sien dit  as ’n massiewe voorreg om in so ’n klein en hegte gemeenskap groot te kon word. Ek het op ’n plaas buite die dorp opgegroei, en dit was vir my die droom. Ek kon as kind op die plaas rondhol en elke dag iets nuuts ontdek om te bestudeer of op te klouter. Ek kon myself vir ure lank besig hou. Dit klink dalk simpel, maar ek dink regtig dis die mense wat Bonnievale laat uitstaan. Dis ’n gemeenskap wat opwinding en mooi in die klein goed kan raaksien en wat enige projek saam kan aanpak.
Verhoog of die kamera: Het jy ’n gunsteling?
Eish, dis moeilik. Alhoewel teater gerepeteer word om tempo-, klem- en energie-spesifiek te wees, weet mens nooit presies hoe die vertoning gaan verloop nie. Die energie wat dit vat om in ’n teaterstuk op te tree, bring soveel adrenalien en lewe na die ervaring. Met film en TV voel dit weer asof jy in die oomblik ander tipe risiko’s kan neem, met die regisseur wat jou toneel vir toneel lei. Die intimiteit van voor die kamera werk, bring ’n ander tipe fokus en opwinding na toneelspel. Ek hou ewe veel van albei.
As dit by Suid-Afrikaanse akteurs kom, wie is vir jou ’n inspirasie?
Daar is baie. Ek kan vir ure lank na Albert Pretorius se werk kyk. ’n Mens glo elke woord wat hy sê, maak nie saak watter karakter hy speel nie, en hy maak sulke interessante en brawe keuses in sy spel, sonder dat hy ooit nie 100 persent teenwoordig is nie. Dan ook Frank Opperman, Rolanda Marais, Nicole Holm, wat een van my dosente was, Jarrid Geduld en De Klerk Oelofse, om maar net ’n paar te noem.
Watter internasionale akteurs se loopbane volg jy?
Ek kyk enige dag na Paul Mescal, Woody Harrelson, Ayo Edebiri, Olivia Colman, Harris Dickinson, Frances McDormand en Andrew Scott se werk.
Hoe het jy voorberei vir die rol van Elijah?
Ek is maar nog baie nuut in die bedryf. So, my voorbereidingsproses vir elke geleentheid lyk anders. Ek begin altyd by die volle teks om te sien hoe die karakter optree en om die gevoel te kry van sy verhouding met ander karakters. Van daar af skep ek ’n agtergrond vir die karakter om te weet hoe hy in verskillende situasies sal reageer.
Ek fokus ook in my voorbereiding op wat die karakter se doelwit in elke toneel is. Dis iets wat Cintaine Schutte en Carel Nel my prakties geleer het. Die regisseur van Een keer om die son, Ivan Botha, het ’n baie spesifieke visie vir die reeks en my karakter gehad. So, hy was in staat om my toneel vir toneel te lei.
Elijah het akute nierversaking, en ek moes voorberei om kop te hou met sy gesondheidstoestand en hoe hy daarop reageer. Die karakter het ’n realistiese en effens siniese uitkyk op die lewe, maar probeer altyd ander laat lag. Hy steek sy swaarkry weg met humor, wat ook vir my belangrik was om in gedagte te hou: om sy vreesaanjaende realiteit te balanseer met humor.
Hoe lyk jou dagboek vir die res van die jaar?
Ek vryskut tans. So, ek kan nog nie met sekerheid sê wat vir my voorlê nie. Daar is twee studenteproduksies van verlede jaar waarmee ons hierdie jaar bietjie toer. Die KKNK is gewoonlik een van die hoogtepunte van my jaar, en ek sien baie uit om vanjaar daar te gaan optree met die kinderproduksie Kaskenades! en die tragikomedie Akrasia. Later in Februarie gaan ek aan ’n kortfilm werk. Ek het onlangs met stemwerk vir die oorklanking van buitelandse reekse begin, en ek sien uit om meer daarvan te doen.
Wat doen jy in jou vrye tyd?
Ek maak kos, met ’n verskeidenheid musiek kliphard op my oorfone, totdat vriende my bel om te gaan stap, see toe te gaan of ’n fliek by die bioskoop te gaan kyk. Ek geniet eintlik enige oomblik wat ek saam met lekker mense spandeer – my familie en vriende is wat die lewe lekker maak. En kamp! Ek hou baie van kamp.
Jy het ook skryftalent en is op skool ’n paar keer daarvoor vereer. Is daar iets op jou rekenaar wat jy hoop meer gaan word?
Ek het al gepoog om te skryf, maar ek kan dit nog nie ’n talent noem nie. Ek wil graag dié jaar bietjie eksperimenteer en kyk of ek kan skryf, maar ek los dit gewoonlik vir dié wat wel die gawe het.
Jy het die begroting wat jy nodig het. Watter produksie (teater, TV of film) sal jy graag deel van wil wees? Wie is die regisseur, medespelers en waar speel dit af?
As ek nou kan droom, kom The White Lotus in my kop op. Dalk sommer weer ’n seisoen wat teen die Mediterreense kus afspeel soos in seisoen twee. Ek sal ook ’n been gee om in ’n Yorgos Lanthimos-fliek te speel. My medeakteurs sal ek uitkies sodra ek die teks sien. Om in ’n produksie van Marthinus Basson en Nico Scheepers te speel is ook ’n Afrikaanse droom van my.
Een keer om die son wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.
Lees ook: Een keer om die son: Alma van Heerden vertel meer oor haar eie reis om die son
The post Jong talent van Bonnievale nou deel van ‘Een keer om die son’ appeared first on rooi rose.
‘Een keer om die son’: Alma van Heerden vertel meer oor haar eie reis om die son
Deur Karlien Meiring. Foto’s: kykNET/Verskaf
Met die tweede seisoen van Een keer om die son wat reeds kykers se harte aangryp, is dit veral Leandri van Wyk se storielyn wat diep tref. Die slim, pligsgetroue tiener, vertolk deur die talentvolle jong aktrise Alma van Heerden, staan voor groot uitdagings, en dit lyk of haar gesondheid ’n ernstige rol gaan speel.
Wat baie kykers dalk nie weet nie, is dat Alma self as tiener haar eie siektestryd moes deurmaak toe sy in 2018 met leukemie gediagnoseer is en gevolglik haar graad 10-jaar moes laat wag om chemoterapie te ontvang.
Sy erken dat haar eie pad met siekte haar gehelp het om Leandri beter te verstaan. “Ek dink my diagnose het dit makliker gemaak om in Leandri se headspace te kom,” vertel Alma. “Hoewel ek nie doelbewus uit my eie trauma geput het vir die emosionele tonele nie – elke keer wat ek dit probeer het, het ek vir myself begin lag – het ek wél Leandri se manier om die diagnose weg te stoot baie goed verstaan. Daardie amperse ontkenning van die realiteit. Ek het self geweier om heeltemal te erken dat ek siek was, want ek was bang mense begin my sien as ’n siekte in plaas van ’n mens.”
Daardie ervaring het ook haar lewensuitkyk permanent verander. “Mens vat nie sommer die lewe as vanselfsprekend ná so ’n storie nie.”
Hoewel Leandri se emosionele tonele intens is, was dit ironies genoeg iets heel anders wat Alma die meeste op stel laat sweet het. “Leandri is mos ’n vreeslike slimkoppie, so sy gooi sommer mediese begrippe rond asof dit niks is nie! Daar was een toneel waartydens ek niks woorde kon onthou nie, en as ek dit onthou het, het ek dit nog verkeerd uitgespreek ook!” lag sy.
Wanneer sy oor die ooreenkomste tussen haarself en Leandri praat, meen sy. “Ons is vir seker baie dieselfde as dit by hardkoppigheid kom. Ek sal daarvan hou om te dink ek’s so slim soos sy, maar sekere tonele het my lelik aarde toe gebring!” Sy voeg by dat sy in haar eie lewe baie energieker is as haar karakter. “Ek is ’n verskriklike fiksheid-freak, ek love ’n draffie en ’n gim-sessie. Ek is oortuig Leandri sal dit glad nie as ’n bederf sien nie!”
Alma vertel Leandri se reis hierdie seisoen het baie te doen met aanvaarding. “Daar is só baie verandering in haar lewe, en sy moet dinge aanvaar al breek dit haar hart nóg verder.”
Te midde van al die drama hoop Alma dat kykers iets kosbaars uit die Van Wyks se storie sal saamneem. Volgens haar lê die kern van familie juis in saamstaan, selfs wanneer woorde ontbreek. “Wees daar vir mekaar. Al is dit te moeilik om te praat, jou teenwoordigheid is genoeg.”
Alma vertel dat om weer saam met die rolverdeling te kon werk, was vir haar ’n “amazing” ervaring en een wat gebou het op wat sy reeds in die eerste seisoen geleer het. “Ek het in seisoen een geleer om myself en Ivan Botha (die reeks se regisseur) se keuse om my vir die rol te kies, te vertrou. Ek was soms hard op myself, maar Ivan en die span het my nooit laat twyfel dat ek verdien om daar te wees nie.”
Aanlyn ken haar volgelinge haar as @almathedinosaur, en die storie agter die naam is ewe eg en menslik. Ná haar diagnose moes sy ’n skooljaar herhaal en is sy in ’n graad onder haar oorspronklike groep geplaas. “Ek het soos ’n frieken dinosaur gevoel in daai tyd,” vertel sy. “Een aand kon ek nie slaap nie en verander toe my naam. Die volgende dag het ek heeltemal daarvan vergeet, maar toe is dit nou maar so. My universiteitsvriende het my later ‘Alma the dino’ gedoop, so nou los ek dit maar!”
Intussen het sy ook ’n groot mylpaal verlede jaar bereik deur haar dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch te voltooi, al het dit gemengde emosies gebring. “My studentejare was ongelooflik, so toe ek daai toga moes aantrek, was ek sommer heeltemal depressief. As ek my sin kon kry, was ek nog ’n student vir die res van my lewe en act net so tussenin!”
View this post on Instagram
A post shared by Alma van Heerden (@almathedinosaur)
Ná lang dae vol emosionele tonele bestee Alma, ’n Amanzimtoti-boorling, graag tyd saam die mense wat haar voete op die aarde hou. “Ek eet en gesels met my gesin en my kêrel. Hulle was elke dag ná stel reg om my te laat lag en ’n bietjie nonsens te gesels. Dis daai goed wat mens plat op die aarde hou.”
Hoewel daar nog nie nuwe rolle voor die kamera wag nie, beteken dit nie sy sit stil nie. Sy het onlangs ’n nuwe kreatiewe rigting begin verken. “Ek het ’n videokamera opgetel! So mense kan my dalk ’n bietjie agter die skerms sien hierdie Varsity Cup-seisoen. Ek het by Maties Rugby betrokke geraak om my kamera- en redigeringvaardigehede te oefen.”
Lees ook: Margaret uit Hollywood: Jessie Buckley betower in Hamnet en ’n Oscar wink
The post ‘Een keer om die son’: Alma van Heerden vertel meer oor haar eie reis om die son appeared first on rooi rose.
5 redes om die tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ te kyk!
Dit was ’n reusetreffer in 2024, en die tweede seisoen beloof nog meer emosie en intrige, ’n skeut komedie en ’n drama eie aan ons land en sy mense. Die hoofrolspelers is almal terug in hulle rolle. Jacques Bessenger is dr. Ruan van Wyk, en die kinders word gespeel deur Liam Bosman (Markus), Alma van Heerden (Leandri) en Klara van Zyl (Sophia). Jana Kruger (Lani), wie se dood nog steeds nie deur Ruan en die kinders verwerk is nie, is weer te sien in terugflitse. Amé (Donnalee Roberts) is Ruan se jonger suster wie se huwelik in die eerste seisoen in die skeihof beland het. Albert Maritz is te sien as Sebastian, die afgetrede professor in insektekunde, en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is.
In die tweede seisoen het elkeen van die karakters hul eie uitdagings – nie net op die eerste dag van die jaar waar die seisoen afskop nie, maar ook in die res van die reeks van dertien episodes. Onder die uitdagings tel aanvaarding vind, tweede kanse aangryp, verslawing, lewensveranderende mediese probleme en elkeen se soeke na hulle plek in die familiekring.
’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt, ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is. Die rol word deur Cindy Swanepoel vertolk. Reeds in die eerste episode van die nuwe seisoen kruis haar paaie met Ruan s’n. Is daar liefde in die lug?
Die wenspan agter Een keer om die son is Ivan Botha, Donnalee Roberts en die vervaardiger Danie Bester wat saam ook vir treffers soos Pad na jou hart, Vir altyd en Blindelings verantwoordelik was. Die reeks is deur Ivan, Donnalee, Liani Jansen van Rensburg, Maritsa van Eeden en Almero Welgemoed geskryf.
Die byspelers is ’n gedugte span. Karakters wat terugkeer, is Sebastian en Elma se goeie vriende Salie en Jan Wessels (Susanne Beyers en Pierre van Pletzen), Markus se dansmaat en meisie, Charlie (Simone Neethling), Leandri se kêrel, Xavier (Alex van Dyk), Lani se pa, Trevor de Kock (Deon Lotz), die verpleegsuster Karen (Isadora Verwey) en Sophia se maatjie Dougie (Johannes Jordaan). Charl Boshoff (Ivan Botha), Amé se kollega, speel ’n groter rol in die tweede seisoen. Die jong akteur Heinrich Wentzel, bekend vir sy rolle in Niggies en Die nuusmakers, speel Elijah Smith met wie Leandri se pad op ’n ongewone manier kruis. In die eerste episode van die tweede seisoen is Mandri Sutherland te sien as Niggie, ’n vrou op soek na liefde.
KYK | Amptelike voorskou van Een keer om die son Seisoen 2
Die tweede seisoen van Een keer om die son begin op Dinsdag 20 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Tien lesse wat Ivan en Donnalee in tien jaar geleer het!
The post 5 redes om die tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ te kyk! appeared first on rooi rose.
FOTO’S | Ivan Botha vier 40ste verjaardag in die Waterberge: ‘My gesin is my rede vir alles’
Ná die verfilming van die kykNET-dramareeks Een keer om die son se tweede seisoen het Ivan Botha tyd gemaak om ’n besonderse mylpaal te vier: sy 40ste verjaarsdag!
Hoewel hy en vroulief, Donnalee Roberts as een van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf se talentvolste en mees produktiewe glanspare bekend is, het hierdie viering weinig oor werk gegaan. Vir Ivan het dit eerder gegaan oor dit wat werklik vir hom saak maak: dankbaarheid vir sy gesin en die vasvang van betekenisvolle oomblikke.
Ivan, wat 13 Desember verjaar, se wens vir sy 40ste was eenvoudig.
“Donnalee vra my al die laaste paar jaar wat ek vir my 40ste verjaarsdag wil doen, en my antwoord is nog elke keer dat ek saam met my gesin en ons ouers na my hartsplek in die Waterberge wil gaan,” vertel hy. Mhondoro Safari Lodge & Villa het oor die jare vir hom ’n besondere betekenis gekry en is ’n plek waar hy, soos hy dit stel, “op ’n dieper manier rus”.
Donnalee het seker gemaak dat dié droom ’n werklikheid word. Die gesin, saam met hul kinders Cameron (5) en Luca (2), hul ousus Amélie (16), asook albei stelle grootouers, het drie dae lank by die luukse safarilodge, geleë in die Welgevonden-wildreservaat in die Waterberg-distrik van Limpopo, uitgespan.
“Van die oomblik wat jy daar aankom, is alles net ’n viering. Die diens en mense is ongelooflik, hulle dra jou op hulle hande en maak elke oomblik spesiaal.”
Die dae was gevul met wildritte en bederf, maar die besonderse oomblik wat vir Ivan uitstaan, is ’n sonsak-sjampanje-ervaring in die middel van die bos op sy verjaarsdag.
“Donnalee het gereël dat ons by Fig Tree Plains stop. Saam met die Mhondoro-span het sy vir ’n ongelooflike ervaring gesorg waar ons tussen sebras, rooibokke en renosters die sonsak kon bewonder terwyl ons sjampanje geniet het en vir ’n oomblik kon stil raak.”
Dit was ook hier waar emosies hoog geloop het. Ivan se familie het hom verras met toesprake en gelukwense wat, soos hy erken, “vir ’n traan of twee” gesorg het. Die aand is afgesluit met ’n vyfster-fynproewersete, verjaarsdagkoek en die villa se personeel wat vir hom gesing het.
Vir Ivan bring 40 ’n nuwe bewustheid. “Dit is ’n voorreg om ouer te kan word. Veertig is ’n mylpaal wat my laat stil raak van dankbaarheid,” sê hy. “Dit is vir my ’n tyd van refleksie, oor wat my gesin vir my beteken, en hoe dankbaar ek vir hulle is. My kinders en my ongelooflike vrou is my rede vir alles.”
Natuurlik bring so ’n mylpaal ook nuwe drome, maar vir Ivan bly die kern eenvoudig: “My grootste wens is om alles wat nog kom saam met my gesin te doen en te bereik.”
Sy wens vir die volgende 40 jaar? “Meer oomblikke saam te ervaar, meer te reis, meer te lag, meer stories te vertel en meer in dankbaarheid te leef.”
Intussen is daar ook baie om na uit te sien op die skerm danksy dié kreatiewe egpaar. Een keer om die son, wat in 2024 ’n reusetreffer was, keer op 20 Januarie terug vir ’n tweede seisoen op kykNET. Ivan en  Donnalee het saam met Liani Jansen van Rensburg, Marista van Eeden en Almero Welgemoed die reeks geskryf. Ivan, Donnalee en Danie Bester is die vervaardigers, en Ivan is die regisseur.
‘n Paar van Ivan se gunsteling-oomblikke deur die jare by Mhondoro:
Lees ook: DIE WAG IS VERBY! | Een keer om die son terug vir ’n tweede omwenteling
The post FOTO’S | Ivan Botha vier 40ste verjaardag in die Waterberge: ‘My gesin is my rede vir alles’ appeared first on rooi rose.
DIE WAG IS VERBY! | ‘Een keer om die son’ terug vir ’n tweede omwenteling
Die dramareeks Een keer om die son was in 2024 ’n reusetreffer. Die goeie nuus is dat die Van Wyks ons vir nog ’n omwenteling gaan neem wanneer die nuwe seisoen op 20 Januarie op kykNET begin.
Een keer om die son se tweede seisoen skop op Nuwejaar af, maar hierdie keer is die Van Wyks nie almal saam om dit te vier nie. Die lewe het sy pad geloop, en elkeen het hul eie uitdagings – nie net op die eerste dag van die jaar nie, maar ook in die twaalf maande daarna. Onder die uitdagings tel aanvaarding vind, tweede kanse aangryp, verslawing, lewensveranderende mediese probleme en elkeen se soeke na hulle plek in die familiekring.
Jacques Bessenger is weer te sien as dr. Ruan van Wyk, ’n neuroloog wat sy werk soms voor ander prioriteite plaas. Jana Kruger is Lani van Wyk, wat in die eerste seisoen oorlede is en wie se dood meer vrae as antwoorde gelos het. Lani is in terugblikke weer deel van seisoen 2.
Ruan en Lani se kinders is Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), en in seisoen 2 het elkeen ’n uitdaging wat in hulle pad staan.
Albert Maritz is te sien as Sebastian, die afgetrede professor in insektekunde, en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is.
Amé (Donnalee Roberts), Ruan se jonger suster, se huwelik het in die eerste seisoen op die rotse beland. In seisoen 2 vind sy haar voete as onafhanklike en ambisieuse vrou, maar sal sy weer liefde vind?
’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt, ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is. Die rol word deur Cindy Swanepoel vertolk.
Ander karakters wat terugkeer, is Sebastian en Elma se goeie vriende Salie en Jan Wessels (Susanne Beyers en Pierre van Pletzen), Markus se dansmaat, Charlie (Simone Neethling), Leandri se kêrel, Xavier (Alex van Dyk), Lani se pa, Trevor de Kock (Deon Lotz), die verpleegsuster Karen (Isadora Verwey) en Charl Boshoff (Ivan Botha), Amé se kollega. Die jong akteur Heinrich Wentzel, bekend vir sy rolle in Niggies en Die nuusmakers, is te sien as Elijah Smith, met wie Leandri se pad op ’n ongewone manier kruis.
Die reeks is deur Ivan Botha, Donnalee Roberts, Liani Jansen van Rensburg, Marista van Eeden en Almero Welgemoed geskryf. Ivan, Donnalee en Danie Bester is die vervaardigers, en Ivan is die regisseur. Hyuandai is ’n trotse borg van Een keer om die son.
“ ’n Belangrike beginpunt vir ons was beslis wat die hart van die tweede seisoen moet wees; wat daardie boodskap en gevoel is waarmee ons kykers ná elke episode en ná afloop van die reeks wil laat,” sê Donnalee oor hoe hulle die legkaart vir die tweede seisoen gebou het. “Dit het elke keer teruggekom na een woord: hoop. Mense moet besef dat in hierdie lewe – maak nie saak hoeveel keer jy struikel nie – daar altyd hoop is: hoop vir opstaan, hoop vir vernuwing, hoop op ’n tweede kans. Maak nie saak hoe donker tye voel nie, die son gaan altyd weer skyn.”
“Dit is altyd ’n uitdaging om ’n tweede seisoen aan te pak, veral as die eerste seisoen ’n sukses was,” sê Ivan. “Ons is uiteraard dankbaar vir die sukses en dat dit so geliefd was, maar ons het ook geweet dat die storie nog nie klaar vertel is nie. Dit was ’n fees om die karakters weer af te stof en as ’t ware weer ou wonde oop te krap. As jy gehou het van seisoen 1, gaan jy mal wees oor seisoen 2.”
Hy sê daar is iets vir almal en storielyne vir alle generasies.
“Daar is ook ’n lekker spanningslyn wat deur hierdie seisoen loop,” sê Ivan.
“Ja, kykers kan alles verwag – spanning, liefde, hartseer, humor. Die balans van seisoen 2 is voller as die eerste seisoen,” sê Donnalee. “Daar word verskeie temas aangeraak: angs en depressie, om jou eie sterflikheid in die oë te kyk, wat ná die dood gebeur, verslawing en hoe maklik dit kan gebeur, generasies wat weer saam onder een dak moet woon en ja, tweede kanse. In die hart en kern kom ons egter terug na die feit dat familie die middelpunt van jou sonnestelsel moet wees.”
Sy sê families is geneig om dinge onder die mat te vee. “Soos die Van Wyks ook geneig is om te doen, maar hierdie keer werk hulle baie hard om die mat op te rol.”
Vir Ivan was dit belangrik om vernuwing na die tweede seisoen te bring. “Ons het ’n groot storiewêreld met verskeie plekke waar ons verfilm het. Dan is daar natuurlik ons ongelooflike akteurs en tegniese span wat net so hard gewerk het om self meer na die tweede seisoen toe te bring. Ná die partytjie op die laaste dag van ons verfilming, het ek ’n boodskap van een van die produksielede gekry wat gesê het dit het vir haar gevoel of sy weer lig sien. Ek hoop kykers sien daardie lig ook.
“Ons hoop hierdie seisoen gee vir mense die moed om gesprekke met hulle eie families oop te breek – om nie bang te wees hulle familie verstaan hulle nie of bang te wees vir oordeel nie. Ons moet begrip vir mekaar hê en besef ons is eintlik net hier om mekaar huis toe te loop.”
Vir Donnalee was dit ’n voorreg om weer saam met Ivan as regisseur te werk. “Hy is op dag een dieselfde as wat hy op dag 65 van verfilming is. As regisseur en produksieleier het hy ’n ongelooflike vermoë om vir almal hulle spasie te gun. En omdat hy so hard werk, inspireer hy ander om ewe hard te werk en net so diep te delf.”
KYK | Een keer om die son | Seisoen 2 se voorskou
Die tweede seisoen van Een keer om die son begin op Dinsdag 20 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Suidooster se Jenna gesels oor haar groot TV-deurbraak en waar alles begin het
The post DIE WAG IS VERBY! | ‘Een keer om die son’ terug vir ’n tweede omwenteling appeared first on rooi rose.
Tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ amptelik in die pyplyn
Reeds van die eerste episode van die dramareeks Een keer om die son, het kykers laat weet: hierdie is ’n wenner! Die reeks, met Ivan Botha en Donnalee Roberts aan stuur van sake, het vir twaalf episodes die lief en leed van die Van Wyk-familie gevolg. Daar was vreugde en trane, woede en struweling, geheime en eerlikheid. In kort was dit ’n realistiese blik op die lewe van ’n familie wat reeds in die eerste episode traumatiese hartseer beleef.
Ronél van der Merwe het op kykNET se Facebook-blad geskryf: “Elke episode is net beter as die vorige een.” Atoofah Fredericks stem saam. “Sjoe, maar dis ’n mooi storie. Goeie akteurs en aktrises. Welgedaan aan die skrywers. Julle verdien ’n Oscar!” Anna Havenga sê sy is sonder woorde. “Soveel hartseer, lag, ware lewensdrama. Die trane het weer geloop. Die beste reeks. Welgedaan aan die skrywers en elke speler. Puik reeks!”
“Ek dink dit is ’n kombinasie van dinge wat bymekaar gekom het, maar ek dink nie ons het besef hoe honger kykers was vir die tema’s – angs, depressie, selfdood, familie, lief, leed – wat gesprekke oopmaak nie,” sê Ivan oor hoekom die reeks so met mense gepraat het. “Ons is dankbaar dat ons instrumente in hierdie proses was.”
“Mense kan hulself in hierdie situasies sien,” sê Donnalee. “Almal van ons het al iemand verloor en deur pyn en verlies gegaan. In Suid-Afrika word sekere dinge net onder die mat gevee en toe ons begin skryf het, was dit vir ons belangrik om dit aan te spreek. Jou familie is die plek waar jy veronderstel is om die veiligste te voel, maar soms is dit juis die plek waar jy nie veilig voel nie omdat hulle nie die mense naaste aan hulle wil teleurstel nie. Een van my gunsteling-terugvoerings wat ons gehad het, was iemand wat gesê het Een keer om die son gee haar die reg om een keer ’n week te huil. Dan huil sy sommer oor alles! Dit het dus soveel heling vir mense gebring.”
Wat was die reaksie van kykers wat julle die meeste waardeer het?
“Ons staan in totale dankbaarheid dat mense nie net gekyk het nie, maar saam gevoel het,” sê Donnalee. “Honderde boodskappe van oral. Ek was selfs in ’n ry in Woolworths waar ’n vrou met my begin praat het en toe ek weer sien praat die hele ry saam oor waarmee hulle kon vereenselwig en waaroor hulle gelag en gehuil het. Die reeks het werklik gesprekke oopgemaak.”
Hoewel Ivan en Donnalee reuse-sukses behaal het met speelfilms soos Pad na jou hart en Vir altyd, was hierdie die eerste TV-reeks wat hulle aangepak het.
“Ek dink ons het ’n uur nodig om te sê wat ons alles geleer het,” sê Ivan en lag. “Maar ek sal met ’n volgende reeks die drie maande van verfilming meer geniet. Dit gaan so vinnig verby.”
Donnalee is vol lof vir Ivan as regisseur. “Ek sê dit nie omdat hy my man, my beste vriend en my venoot is nie, maar hy is ’n ongelooflike regisseur. Hy het almal op stel so gewaardeerd laat voel en dit reggekry om onder soveel druk almal kreatiewe vryheid te gee.”
Wat kan kykers van die tweede seisoen verwag?
“Ek is selfs meer opgewonde oor die tweede seisoen as die eerste,” sê Ivan. “Ek dink daar is soveel lewenservarings waardeur jy die karakters kan laat gaan. By my kom die woorde tweede kanse op, maar ook ou wonde en ou gewoontes waarin mense verval. Daar is ’n paar nuwe karakters, maar natuurlik ook die karakters wat kykers in die eerste seisoen leer ken het. Ons werk hard as ’n span om weer vir kykers alles te gee wat hulle uit die eerste seisoen gekry het.”
Die beoogde uitsaaidatum van die tweede seisoen van Een keer om die son is in 2026. Hou kykNET dop vir meer inligting.
Lees ook:EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!
The post Tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ amptelik in die pyplyn appeared first on rooi rose.
‘Een keer om die son’: Die byspelers wat die prentjie help inkleur
Isadora Verwey speel die rol van Suster Karen
Isadora het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en is die dogter van die akteur Louw Verwey.  Sy het haar TV-debuut in 1993 as Wesselina van Eeden in Die Manakwalanners gemaak. Sy was deur die jare ook te sien in Suidooster, 7de Laan, Villa Rosa, Getroud met rugby en Erfsondes en was in verhoogproduksies, onder meer Equus, Mooi Maria en Die koning sterf te sien. Isadora met haar eiesoortige stem is ook ’n talentvolle stemkunstenaar.
Angelo Bergh is Gert Smith
Gert, die boelie wat saam met Markus in die rugbyspan is, word vertolk deur Angelo Bergh. Angelo kom van Riversdal en het op skool aan toneelkompetisies deelgeneem en het só ’n rol in Suidooster losgeslaan. Hy het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en sy loopbaan skitter voor die kamera en op die verhoog. Hy is vanjaar onder meer vir twee Kanna-toekennings benoem, een as beste manlike byspeler vir Su’walla Kassam en een as beste opkomende kunstenaar.
Antoinette Louw is Juffrou Marianne
Antoinette, wat drama aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het, het naam gemaak as Inge in 7de Laan en was daarna te sien in verskeie reekse onder meer Die Byl, Swartwater en Fraksie. Van haar verhoogwerk sluit in Amper, Vrystaat waarin sy saam met Milan Murray en Cintaine Schutte onder leiding van Nico Scheepers gespeel het. Vir haar rol in die speelfilm Die laaste tango het sy die SAFTA-toekenning as beste aktrise gewen en vanjaar is sy te sien in Die dekonstruksie van Retta Blom wat by die Silwerskermfees debuteer.
Adriaan Havenga is Dr. Jean Petersen
Adriaan het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en is nie net ’n talentvolle akteur en stemkunstenaar nie, maar ook ’n skrywer. By die Fiëstas in 2023 het hy twee toekennings gewen, een as beste opkomende kunstenaar en een vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks vir In die grys. Adriaan is te sien in Som van twee, die speelfilm wat vanjaar by die Silwerskermfees debuteer. Ook in die rolverdeling is Louw Venter, James Borthwick en Greteli de Swardt. Die regisseur en draaiboekskrywer is die aktrise Simoné Pretorius.
Lee-Ann van Rooi is Dr. Beth Hendricks
Lee-Ann het drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer en is sonder twyfel een van die talentvolste aktrises van haar generasie. Net die toekennings wat sy deur die jare gewen het bevestig dit: van Fiësta-toekennings vir The Woman Who Fed the Dogs, Kinnes, Rondomskrik en Bidsprinkaan tot ’n Fleur du Cap (ook vir Rondomskrik). Lee-Ann het begin naam maak in die sitkom Fishy Fêshuns en het deur die jare gewys dat sy ewe gemaklik is in komedie en drama, op die verhoog en voor die kamera en as vervaardiger en regisseur. Sy is die afgelope tyd te sien in Skemergrond op kykNET&kie asook Mince jou hare en Spinners op Showmax en die speelfilms Frankie & Felipé en Die tragiese saak van Pamiena Vermaak.
Vanaand op Een keer om die son
Ruan bid vir ‘n wonderwerk langs Leandri se hospitaalbed. Amé tree in en Markus maak vir die eerste keer oop oor sy kwaad en seer. Elma en Sebastian ontvang skokkende nuus. Sophia beplan ‘n begrafnis en almal kry ‘n taak.
Een keer om die son wys Dinsdagaande om 20:0 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.
The post ‘Een keer om die son’: Die byspelers wat die prentjie help inkleur appeared first on rooi rose.
Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse
Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste akteur in ’n TV-drama (vir Koek) by die Silwerskerm-toekennings benoem.
Dis geen wonder nie, want in kykNET se oornag-sensasiedramareeks Een keer om die son bewys hy weereens hoekom hy een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde akteurs is, en lewer ’n vertoning as Ruan van Wyk by wie gehore diep aanklank vind.
Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts se eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films vervaardig het. Bekend vir trefferflieks, soos Pad na jou hart, Stroomop, en Blindelings, het hulle hierdie keer die medium van televisie aangepak om die komplekse verhaal van die Van Wyk-gesin te vertel. Die storie ontvou oor 12 episodes, wat elkeen ’n maand in die lewe van die Van Wyk-gesin verteenwoordig, wat hul bittersoet reis deur liefde, verlies en innerlike stryd vasvang.
Die kern van die verhaal is die skielike dood van Lani van Wyk, wat haar man, Ruan en hul drie kinders laat worstel met hul hartseer en die vraag of Lani se dood selfdood was. Bessenger, wat die afgelope paar jare in geliefde reekse soos Dwaalster, Hartklop, Donkerbos en Koek te sien was, bring diepte na Ruan, ’n neurochirurg, wat sukkel om sy veeleisende loopbaan met die emosionele behoeftes van sy gesin te balanseer.
Soos die storie ontvou, kom Ruan se soeke na antwoorde oor Lani se verlede en sy beherende kant na vore, veral in sy verhouding met sy twee ouer kinders. Sy eie tekortkominge as man en pa neem dan die middelpunt, wat Een keer om die son ’n moet-kyk vir aanhangers van aangrypende, opregte drama maak.
Karlien Meiring het meer by Jacques oor sy reis om die son as Ruan gaan uitvind:
Wat was die uitdagendste aspek om Ruan te speel, en wat hoop jy neem die gehoor weg van sy storie?
Dat hy met sy vrou se dood moet deal en ter wille van sy familie, homself bymekaar moet hou. Dit was uitdagend om vir drie maande met daardie aspek van sy storie se emosies te sit en seker te maak dat dit eg en toeganklik vir die gehoor is. Ek hoop kykers (en in die besonder, mans) sien dat dit oukei is om ongemaklike gesprekke oor mense se emosionele welstand te hê.  Veral in jou gesin moet julle vir mekaar kan sê: “Ek is nie oukei nie en dit is hoekom.”
Een keer om die son was ’n oornagsensasie. Hoekom dink jy vind kykers aanklank by die storie en karakters?
Ek’s so bly mense vind aanklank by hierdie storie, dit kon maklik kykers vervreem het. Miskien is ons nou as ’n gemeenskap op ’n plek waar ons oor ongemaklike onderwerpe kan praat. Om ’n geliefde te verloor, is ’n bitter moeilike en dikwels eensame proses. Mense kan vereenselwig met hoe Lani se dood die karakters se lewens omvergooi en hoe hulle daarna probeer om met hul lewe aan te gaan. Ek dink die reeks maak ’n groot indruk op kykers omdat dit nie doekies omdraai nie en die situasie wys soos wat dit regtig is – die reeks hou ’n groot spieël vir die gemeenskap op. Ek glo mense wil so na hulself kyk, hulself beter verstaan en seker maak dat hulle en hul gesinne sterk genoeg is om die lewe aan te pak.
Hoe was dit om saam met so ’n talentvolle rolverdeling te werk, veral in sulke emosionele tonele?
Wat ons doen, is ’n spansport, jy kan dit nie op jou eie doen nie. As jy ’n goeie teks het en saam met ’n sterk groep akteurs werk, is jou kop deur. Dit was so maklik om saam met almal te werk omdat die hele span soveel na die tafel toe gebring het en heeltemal oop vir die proses was. Dit het met tye heeltemal onwerklik gevoel dat Joanie Combrink en Albert Maritz my ouers speel, hulle het soveel gravitas. Dit was ook ’n groot voorreg om weer saam Jana Kruger, wat my vrou gespeel het, te werk. Ek ken haar al van universiteitsdae af en het baie respek vir wat sy doen.  Die jonger klomp was net so talentvol en wonderlik, hulle het heeltemal ingekoop!
Ruan het baie spesifieke verwagtinge vir sy kinders se toekoms. Het jou ouers sterk opinies oor jou loopbaankeuse gehad?
Ek is baie dankbaar dat my ouers my loopbaankeuse ten volle ondersteun het, want daarsonder sou ek nie hierdie pad kon stap nie. Dis al wat ek wou doen vandat ek in graad 3 was en die meeste mense om my het dit beaam, so hulle is grootliks to blame vir my werk! Gelukkig het my ma-hulle vroeg gesien ek’s passievol oor toneelspel en dat ek ’n natuurlike aanvoeling daarvoor het.
Die reeks bevat swaar temas, soos verlies en geestesgesondheid.  Wat het jou rol as Ruan jou as akteur en as mens geleer?
As akteur, was dit om meer vreesloos te wees, veral wanneer ek moeilike tonele moet aanpak. Wanneer jy ’n moeilike en ingewikkelde emosie moet ervaar, dan moet jy inspring en dit net doen!
As mens het hy my geleer dat jy met al jou tekortkominge moet vrede maak en meer geduld met jouself en ander moet hê. Op die ou einde van die dag is mense al wat jy het. As jou mense-verhoudinge nie in plek is nie, gaan jy wankel.
Een keer om die son is Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani
The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse appeared first on rooi rose.
‘Een keer om die son’: Weet pa’s altyd beter?
In Een keer om die son is daar struweling tussen Ruan (Jacques Bessenger) en Markus (Liam Bosman) met Ruan wat wil hê sy seun moet op die rugbyveld uitblink en Markus wat daarvan droom om te dans. Weet pa’s altyd beter en wat gemaak as jy teen jou pa se droom vir jou gaan?
Lees ook: ‘Een keer om die son’: Hoe help jy ’n kind wat ’n ouer verloor het?
‘n Paar bekendes deel hul ervarings:
My pa wou dat ek ’n hout- en steenkoolhandelaar nes hy word, maar in plaas daarvan was ek ’n operasanger vir baie jare. – Philip de Vos
Het kuns oorweeg op Maties, maar Pa het dit verwerp. Toe menslike bewegingskunde en sielkunde gedoen. – Lochner de Kock
Jip, ek moes my eerstejaar BSc deurkom voordat ek na BDrama kon oorslaan. – Corine Broomberg
My ouers wou nie graag gehad ons moes in die vermaaklikheidsbedryf werk nie omdat hulle daarin werk en geweet het hoe hard dit is, maar ek en my broer is albei vandag in die bedryf. – Llewellyn Du Plessis
My pa wou gehad het dat ek baie tale moes kon praat. Ingeskryf vir BA, maar in die ry om te registreer hoor ek ’n gesprek:
‘Wat gaan jy swot?’
‘Regte.’
‘O, dan is jy baie slim!’
En ek wou ook slim wees. Toe my beurt aanbreek, kondig ek ewe kordaat aan: ‘BJuris’.
My pa het net gesug toe ek hom later van die tiekieboks af bel. En nou staar aftrede my in die gesig. Amper vier dekades later, steeds in die regsberoep. – Anschen Conradie
Ek moes onderwys of verpleging gaan studeer, maar wou drama gedoen het. Ek swot toe onderwys en beweeg aan na drama wat nou my loopbaan is. Ek was nog nooit spyt oor die onderwys nie. – Marinda Engelbrecht
Ek was ingeskryf vir kommunikasiekunde en Coenie de Villiers was die lektor. Toe raas hy met my en vra my om stil te bly in sy klas. Toe gaan swot ek drama. – Erla Diedericks
Ekself is ’n totale “misfit”. Regte studeer en in arbeidsverhoudinge en organisasieontwikkeling gaan werk, toe verkope en bemarking, en vandag het ek ’n glasveselbesigheid. In my dae was mens verseker van ’n werk as jy gegradueer is. Vandag is dit heel anders. Gaan studeer liewer in ’n rigting waar mens meer verseker is van ’n werk na die tyd, in ag genome dat werke wat vandag bestaan dalk oor vyf jaar nie meer bestaan nie. Ek glo as jy met jou hande kan werk, sal daar altyd geleenthede vir jou wees. Die wêreld benodig oral ambagslui. – Deon Bosman
Toe ek in die filmbedryf wou gaan studeer het my pa gesê: “Nee, my kind, ons gaan soek vir jou iets ordentlik om te doen”. Ek word toe ’n geoktrooieerde rekenmeester, maar 28 jaar later maak ek my eerste fliek en vandag doen ek dit voltyds. – Cobus van den Berg
Ek wou graag kuns gaan studeer, maar toe sê my pa ek moet liewer musiek gaan studeer, dan sal ek nooit sonder werk sit nie. En ja, hy was reg, maar ek beoefen my kuns as stokperdjie. Dit was die beste besluit. – Marijke Bosman
Ek het in die ry gestaan om kuns op Maties te swot, op nommer 99 vul ek toe eerder filosofie en Engels in as hoofvakke. Na drie jaar het ek my eerste rande as kitaarslaner gemaak met die Valiant Swart Band. Vyftien jaar later vra my pa: “So is jy gelukkig met die lewe van seks, drugs en rock & roll?”
Ek: “Sal dit vir niks en niemand verruil nie.”
Hy: “Solank jy gelukkig is.” – Anton L’Amour
My pa was ’n apteker. Hy het al sewe sy kinders probeer oortuig om sy beroep te volg en aptekerswese te studeer. Nie een van ons het nie, maar hy het dit aanvaar. Ek kon aan niks erger dink as ses jaar se onderrig net om ’n winkel oop te maak nie. Ek was in elk geval te dom met chemie en wiskunde. – Gerhard van Niekerk
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani
Vanaand op Een keer om die son
Die Van Wyks op breekpunt. Leandri weier om terug te gaan huis toe. Sebastian is op pad Peru toe. Amé vind die moed om ‘n prokureur te sien en Ruan vind meer uit oor Lani se verlede en seer.
Een keer om die son is Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: ‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is
The post ‘Een keer om die son’: Weet pa’s altyd beter? appeared first on rooi rose.
‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is
In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani se pa wat in die tronk is en Leandri ontdek ’n geheim in haar ma se tuinhuis. Amé sukkel om Joshua se ontrouheid te verwerk ná ’n hoogswanger Sage opdaag terwyl hulle hul troubeloftes probeer hernu het.
Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan
As daar ontrouheid in ’n verhouding was, het die storie gewoonlik twee kante. Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak
Tekens dat jou maat dalk ontrou is:
Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis.
Die foon is dikwels af, of daar is ’n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe nie.
Hulle is nie ’n oomblik sonder die foon nie en neem dit selfs saam toilet of badkamer toe; of daar is toegangskodes vir die  foon of rekenaar nodig wat jy nie het nie.
Bankstate word weggesteek.
Hul gedrag verander. Hulle kan afwesig, koud, afsydig, rusteloos, moeg, geïrriteerd of skielik vol selfvertroue wees.
Seksuele patrone of gedrag verander. Hulle verloor belangstelling in seks, of wil vreemde dinge doen.
Hulle gee skielik meer aandag aan hul voorkoms: oefen meer, verloor gewig, kry ’n nuwe haarstyl en klere.
Jul verhouding verander. Hy/sy is meer krities op wat jy doen en lok makliker gevegte uit.
Jou sesde sintuig waarsku jou dat iets verkeerd is en as jy in dié rigting praat, is die ander een verdedigend en selfsaggressief. Dan is jy foutvinderig en verbeel jou.
Daar is mense wat een keer ontrou is, werklik berou daaroor het en dit nooit weer doen nie. Maar aan die ander kant is daar mense wat in die een na die ander buite-egtelike verhouding betrokke raak. Net so is ontrouheid vir baie mense die einde van die verhouding. Hulle stap uit. Ander bly vasgevang in verhoudings waarin hulle keer op keer verkul word.
Ontrouheid in ’n verhouding is ’n simptoom dat daar iewers iets fout is: óf in die verhouding, óf in een of albei mense se lewe. Daar is iets wat moet verander om die verhouding te red, of om dit vir een of albei mense moontlik te maak om in die toekoms sinvolle verhoudings te hê wat kan en sal hou. Eerlike introspeksie, oop, eerlike kommunikasie en veranderde gedragspatrone is ’n voorvereiste om persoonlike en verhoudingsgroei moontlik te maak.
Om enige sinvolle verhouding te laat slaag, is vertroue, eerlikheid, kommunikasie en sagte omgee nodig. As dit nie daar is nie, of geskaad is, moet dit ontwikkel of herstel word, anders is ’n betekenisvolle verhouding op lang termyn nie moontlik nie. Ontrouheid is dikwels juis die stimulus wat ’n verhouding kan red, verbeter en die ontwikkeling en groei kan teweegbring. Maar dan moet albei partye bereid wees om eerlik introspeksie te doen, te kommunikeer en te verander. Solank die ander persoon daarvoor verkwalik word, blokkeer dit die groei en ’n liefdevolle, gekoesterde toekoms saam.
Blaam is die dominante speletjie
Jy en jou optrede word die hoofrede vir die ontrouheid. Jy was liefdeloos, of emosioneel of seksueel afwesig, of jou voorkoms of gedrag pla. Of sy beskryf hoe sy jare lank al ongelukkig in die verhouding was; hoe swaar sy gekry en gely het.
Soms is daar nooit gepraat oor die dinge waarvan mense skielik beskuldig word nie. Of daar is wel oor gepraat, maar dit het op dowe ore geval. Ná enige vorm van ontrouheid is vertroue seker die grootste probleem. Daar is soveel emosies betrokke: skok, woede, teleurstelling, pyn, verwerping en onsekerheid. Hoe kan ek my maat ná al die leuens ooit weer vertrou?
Melanie vertel dat Janco al afsydiger geword het. “Ek kon net niks meer reg doen nie. Die kos was nie reg nie, ook nie hoe ek die kinders hanteer nie. Hy het al hoe later gewerk en was rusteloos en geïrriteerd wanneer hy by die huis was. Hy was aan sy selfoon vasgeplak. Selfs op vakansie het hy gedurig buite gaan staan en op die foon gepraat en gerook. Ons het gedurig baklei. Hy het skoor gesoek en as ek kwaad word, was ek skuldig. Ek kritiseer hom. Alles was my skuld. As hy iets vergeet het, was dit omdat ek hom nie herinner het nie. Ek ontken nie my perfeksionisme en vinnige humeur nie. Of dat ek nie altyd vir seks lus was nie. Jy weet, ek werk ook heeldag en moet vir die kinders sorg. Maar dit was nie altyd so nie.
“En toe bars die bom toe ek sy selfoonstaat in die hande kry en die nommer bel wat hy so dikwels skakel en ’n vrou antwoord. My lewe het in duie gestort. Ek weet nie hoe ek myself hieruit gaan lig nie. Jy weet, hy is nie daardie soort ou nie. En nou is hy kwaad vir my en kry ek die skuld vir alles. Ek is so deurmekaar, ek het geen idee wat nou nie.”
Andrew Marshall sê in sy boek How Can I Ever Trust You Again dat maats verskeie soorte ontroue speletjies speel. En die soort ontrouheid bepaal die erns van die probleem, en die kans om die verhouding en vertroue te herstel.
Onskuldige pret, ’n ongeluk of ’n speletjie
Die affair is ’n speletjie waarin die reëls vaag geraak het en nooit moes gebeur het nie. Dikwels beskou die ontroues dit bloot as onskuldige flankering, wat albei se ego’s gestreel het. Dié soort ontrouheid begin dikwels onskuldig by die werk, of tussen bestaande vriende as ondersteuning vir iemand met ’n probleem. Die aanvanklike onskuldige koffiedrinkery steek die lyn van onskuldige ondersteuning oor. Hulle raak emosioneel betrokke.
Die soort verhouding hou gewoonlik nie lank nie en is nie noodwendig seksueel van aard nie. Dit behels flirterende e-posse en boodskappe en geheime ontmoetings. Maar die risiko, gevolge en skuldgevoelens wat dit vir hul verhouding met hul lewensmaat kan inhou, oorweldig gewoonlik die plesier wat die persoon uit die verhouding kan kry.
Dis ’n noodkreet om hulp
Dit vind gewoonlik plaas as daar ’n ruk lank al ongelukkigheid en onvervulde behoeftes in die verhouding was wat op dowe ore geval het. Die verhoudingsprobleme is geïgnoreer. Dikwels verberg een of albei hulle in hul werk en ander verantwoordelikhede. Maar een party voel uitgesluit, alleen en sonder hoop, wat die persoon baie weerloos vir die aandag en liefde van ander maak. Dikwels begin sulke verhoudings op die internet. Die ontroue maat doen gewoonlik nie te veel moeite om die spore van ontrouheid te verdoesel nie. As die verhouding op die lappe kom, voel die maat skaam, skuldig en het berou. Daar is gewoonlik nog baie emosionele energie in die verhouding en ’n bereidwilligheid om aan die verhouding te werk en die probleme op te los.
Ek neem wraak!
Hierdie mense dink hulle het die reg op ’n affair omdat hul maat hulle so seergemaak het. Dit gebeur meestal juis om ’n maat terug te kry vir ontrouheid. Hulle het dikwels passief-aggressiewe gedrag, omdat dit vir hulle moeilik is om uiting aan hul onderdrukte woede teenoor hul maat te gee. Dan probeer hulle hul maat seermaak met ’n affair om beter oor hulself te voel, te voel hulle kry beheer en om weer geliefd, begeerlik en sexy te voel. Dit skep die illusie van ons maak die speelveld gelyk. Hierdie verhoudings is gewoonlik van korte duur.
Ek het dit nodig vir selfmedikasie
Dit gebeur dikwels in die middeljare wanneer ’n verhouding ’n geruime tyd al sonder vonkel en intimiteit is. Al wat oorgebly het, is gewoonte, gedeelde verantwoordelikhede en moeilikhede, die kinders en ’n vergete huweliksbelofte. Andersins lewe hulle afsonderlike lewens, dikwels in verskillende slaapkamers – wat ’n ideale teelaarde vir ’n affair is. Sulke mense het soms maande of jare laas seks gehad.
Op die oppervlak leef albei op sy eie manier met die situasie saam. Dis sleg, maar nie so sleg dat hulle kans sien vir die onaangenaamheid van ’n egskeiding nie. Die ontroues glo dan hulle het ’n affair nodig om hul miserabele bestaan leefbaar te maak; om te voel daar is nog iemand wat hulle begeer en hul selfbeeld ’n hupstoot gee. So ’n affair hou gewoonlik ses maande of langer, en kan ’n verslawing word, wat herstel van die verhouding bemoeilik.
Lees ook: ‘Een keer om die son’: Hoe help jy ’n kind wat ’n ouer verloor het?
Die Don Juan-speletjies
Don Juan is die legendariese verleier en vrouejagter. Hy bemin vurig, oorrompel vroue met aandag, geskenke, mooi woorde en beloftes en laat hulle spesiaal en begeerlik voel. En daarmee haal hy hulle vinnig tot ’n seksuele verhouding oor. Maar agter hom lê ’n bloedspoor van stukkende harte, verbreekte verhoudings, opgebreekte gesinne en woedende familielede. En hy of sy doen dit keer op keer, erken selde die ontrouheid en verdwyn sodra daar konflik kom. Maar kom terug en kan dan met oorgawe om vergifnis vra, vurig liefde maak en die mooiste dinge belowe.
Hul lewensmaats voel hulle kan nie met of sonder hulle lewe nie. Jy kan hulle nie vertrou nie, maar as hulle daar is, is hulle passievol, liefdevol en op jou ingestel en laat jou so goed voel. Op die oppervlak is hulle gaaf en vol selfvertroue, maar daaronder skuil ’n onseker self en swak selfbeeld, wat ander se bewondering nodig het. Hulle het dikwels meer as een affair gelyk. Hulle hou nie van konflik nie en sal selde ’n verhouding beëindig. Hul ontnugterde, moeë lewensmaats wat nie meer vir die leuens en wantroue kans sien nie, verbreek gewoonlik die verhouding.
Die driehoek
In hierdie verhouding sal die bedrieër dit stel dat sy lewensmaat én die minnaar baie vir hom beteken en dat hy nie kan kies nie. Dié soort verhoudings duur dikwels lank, selfs jare. Die ontrouheid het van ’n hanteringsmeganisme na ’n lewenswyse verander. As daar probleme in die een verhouding is, beweeg hy na die ander een se arms. Wanneer so ’n verhouding op die lappe kom, kan die ontroue dán by die minnaar en dán weer by die lewensmaat bly en sukkel om te kies. Dikwels sluit lewensmaats hul oë vir die buite-egtelike verhouding. Wanneer hulle wel hul lewensmaat kies, raak hulle dikwels weer in sulke verhoudings, of selfs by die vorige minnaar betrokke. So ’n verhouding het slegs hoop as daar werklik eerlikheid en toewyding is om aan die verhouding te werk, anders is dit nutteloos om te probeer.
Ek het behoefte aan meer
Dié soort verhoudings kom dikwels in mense se middeljare voor wanneer hul lewe by ’n kruispad kom en hulle ontnugter voel met wat hulle bereik het; of hulle vergelyk hul lewe met ander se lewenstyl, besittings en ervarings. Dan bevraagteken hulle hul lewenskeuses en voel daar moet meer in die lewe wees. Die verhoudings wat nou aangeknoop word, duur meestal nie lank nie en is seksueel van aard. Hulle was meestal tevrede met hul lewensmaat, maar wonder hoe dinge of seks met iemand anders sou wees. Hulle het behoefte aan verandering, opwinding en nuwe dinge. Hulle wil hulself en wat hulle in die lewe wil hê, kry. Hulle ontdek dikwels (en soms te laat) dat die gras nie noodwendig groener anderkant die draad is nie. Dit is dikwels ’n mors van energie om hulle van hul onrealisme te probeer oortuig – tot hulle dit self ontdek.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani
My liefde vir jou is dood – ek gaan jou verlaat
In so ’n verhouding stuur die persoon ’n duidelike boodskap: Ons verhouding is verby. Ek het iemand anders lief. Ons verhouding en kommunikasie het onherstelbaar verbrokkel. Dan is daar soveel negatiewe emosies en gedragspatrone dat daar nie meer salf aan die verhouding te smeer is nie. Hulle lewe afsonderlike lewens, deel min emosionele dinge, en kommunikasie is dikwels koud, bitter, verwytend en afbrekend. erstel van vertroue ná ontrouheid is meestal ’n lang en ’n moeilike, maar ’n moontlike proses. Dit gaan oor baie meer as om maar net jou maat te vergewe.
Om maar net te vergewe is dikwels ’n poging tot ’n kitsoplossing wat selde standhoudend is. Daar is selde hoop as die bedrieër reekse vorige affairs gehad het. Maar as dit jou maat se eerste ontrouheid was, is die prognose beter. Die beste prognose is wanneer jou maat die verhouding bely het sonder dat sy of hy betrap is en werklik berou toon. Maar dis belangrik om ná ontrouheid met omsigtigheid en realisme die moontlike herstel van die verhouding te oorweeg.
Wat is die kans op ’n herhaling van die ontrouheid? Het albei die emosionele kapasiteit en wil om dit te maak werk?
’n Ontroue maat verkul nie net sy of haar maat nie, maar beroof hom/haarself van geluk en ’n betekenisvolle verhouding en gesinslewe. Dinge tussen julle sal moeilik weer presies dieselfde as voorheen wees, maar dit kan weer goed en selfs beter as voor die ontrouheid wees. Maar dan moet julle weer gedeelde belange en intimiteit vind om jul liefde met vonkel te laat herleef én mekaar op elke moontlike manier hierin ondersteun.
Hier is ’n paar aanhalings oor affairs, ontrouheid en vergifnis.
“As jy met ’n man trou wat sy vrou verkul het, sal jy getroud wees met ’n man wat sy vrou verkul.” – Ask Ann Landers, ’n Amerikaanse rubriek wat van 1943 tot 2002 verskyn het
“Om iemand te verkul is nie altyd soene, aanraking en om te flirt nie. As jy teksboodskappe van jou foon uitwis sodat jou ander helfte dit nie sien nie, is jy reeds daar.” – Onbekend
“Dit is hoe oneerlikheid en verraad begin; nie met groot leuens nie, maar met klein geheime.” – Die Amerikaanse skrywer Amy Tan
“Affairs begin nie in die slaapkamer nie. Hulle begin met gesprekke.” – Onbekend
“Die swakkes kan nooit vergewe nie. Om te vergewe is ’n eienskap van die magtige.” – Mahatma Gandhi
“Vergifnis is nie iets wat jy elke nou en dan doen nie; dit is ’n konstante instelling.” – Marin Luther King Jr.
“Luister. Skuif die gewig van jou skouers en beweeg vorentoe. Jy is bang dat jy dalk mag vergeet, maar jy sal nooit nie. Jy sal vergewe en onthou.” – Die Amerikaanse skrywer Barbara Kingsolver
“Toe ek deur die deure van die tronk gestap het na die hek wat my vryheid sou beteken, het ek geweet as ek nie die bitterheid en die haat agterlaat nie, sal ek steeds in die tronk wees.” – Nelson Mandela
“Die wond is die plek waar die Lig jou binnekom.” – Die Persiese digter en filosoof Rumi
“Moet nooit die vermoë van ’n man wat jou laat skuldig voel oor sy foute onderskat nie.” – Die sangeres Rihanna
“Moenie iemand verkul as jy nie verkul wil word nie. ’n Verhouding het twee kante. Dit is die goue reël.” – Die skrywer en lewensafrigter Israelmore Ayivor
“Hoe meer jy ’n leuen verdedig, hoe kwater gaan jy word.” – Die Amerikaanse skrywer Mitch Albom
“Verkullers dink nie dit is verkeerd nie tot iemand hulle verkul.” – Sonya Parker, skrywer van selfhelp-boeke
“Om te verkul is ’n keuse. Einde van die storie.” – Die verhoudingskenner en skrywer Charles J. Orlando
Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.
Lees ook: Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word
The post ‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is appeared first on rooi rose.