elizma theron | rooi rose

Elizma Theron: 8 vrae oor Moedersdag
Elizma Theron: 8 vrae oor Moedersdag deur Mariette Snyman. Foto’s Albert Bredenhann

1. Hoe wil jy graag Moedersdag vier as die mamma van Eli-zé (5) en NJ (3)?

Ek gee nie om wat ons die dag doen nie. Ek is seker my man sal soos altyd iets spesiaal beplan, maar ek wil net graag die dag vier met my kinders en my man by my – maak nie saak hoe of waar nie. Ek wil my selfoon afsit en elke oomblik inneem.

Dit is so ’n voorreg om ’n mamma te wees en ek wil dit met dankbaarheid vier. Ek wil ekstra baie drukkies hê, ekstra kere ‘mamma’ hoor, ek wil hê hulle moet ekstra hard lag en ek wil ekstra present wees om al die geluide, reuke en lewe in hulle ogies in te neem. Mens is veronderstel om dit elke dag te doen … en dit is so hartseer dat die pas van die lewe soms ons aandag aftrek.

Dit is hoekom ons baie keer sê ons het ons oë geknip, en nou is hulle groot. Ek wil oor die algemeen my oë minder knip …. maar op moedersdag glad nie!

Lees ook: Die heerlikste Moedersdag-spyskaart

2. Waarvoor gaan jy dankbaar wees op Moedersdag?

Ek ken so baie mense wat sukkel om swanger te raak, en weet van soveel mense wat kinders het wat siek is of ’n kind aan die dood afgestaan het. Dit breek my soms net om my te probeer indink waardeur party ouers gaan – dit kon net sowel ek gewees het.

Ek is altyd dankbaar vir die voorreg om twee pragtige, gesonde kinders te hê. Want dis wat dit is: ’n voorreg, dié grootste geskenk denkbaar.

3. Wat is vir jou besonders omtrent elk van jou kinders?

Hulle vul mekaar so goed aan …

Eli-zé is my saggeaarde, versigtige, gehoorsame moederhen wat altyd wil help of troos en wat nooit iemand se hartjie wil seermaak nie. Sy is ’n dromer en ek geniet haar verbeeldingswêreld soms meer as sy. Sy is van liefde gemaak en ek wil haar soms net in watte toedraai en beskerm teen die wêreld.

Sy is so goed met haar boetie en vul baie dae sy kwota drukkies – dan bly daar niks vir mamma en pappa oor nie, want sy het vir boetie al opgedruk!

NJ is weer ’n regte ou seuntjie, hy toets die grense en is ’n bietjie van ’n waaghals (wat nie goed is vir mamma se hart nie!) Hy is my lagbekkie en het ’n ongelooflike sin vir humor vir sy ouderdom. Daar is niemand wat my kan laat lag soos hy nie. Sy gesiggie speel saam met alles wat hy doen en sê. Hy is baie lief vir soentjies uitdeel, maar hy is soms rof en besef nie hy maak seer nie; dit is waar sy sussie se invloed help. Sy leer hom om met tye sagter en kalmer te wees, en hy leer haar weer om nie te oorversigtig en sensitief te wees nie.

Hulle verskil só baie en tog is daar ’n paar punte waar hulle persoonlikhede kruis.  Dis ’n avontuur om te sien hoe hulle, groei en ontwikkel en leer. Elkeen van hulle maak my elke dag so trots.

4. Wat is vir jou besonders omtrent Nico, jou man?

Nico is die pa wat elke kind verdien. Hy is my beste vriend, ek kon nie vir ’n beter spanmaat gevra het om saam met my deur die lewe te gaan nie. Hy is ’n groot, sterk man met ’n hart vir mense. As hy jou vriend is, het jy die jackpot geslaan, want daar is niks wat hy nie sal doen vir die mense vir wie hy lief is nie. Sy hande staan vir niks verkeerd nie.

Hy bid saam met die kinders, troos hulle, gee hulle liefde, en kan enigiets  waaraan jy kan dink, regmaak. Eli-zé het een keer ’n glas gebreek en vir my kom jammer sê, en sommer in dieselfde asem: “Toemaar mamma, pappa sal hom kan regmaak.” Nou, ’n gebreekte glas is basies al wat hy nie sal kan regmaak nie!

Nico is my held, my vertroueling, my steunpilaar, my liefde.

5. Wat was vir jou die grootste verrassing van moederskap?

Die kapasiteit van liefde wat my hart kan hou. Almal het dit altyd gesê, maar dis iets wat ek nooit kon begryp nie tot ek vir Eli-zé gehad het en toe nog met NJ ook – dit het gevoel of ek nog ’n hart gegroei het. Die vrees wat saam met daardie tipe liefde gepaardgaan, het my basies versmoor. En net daar het ek besef dat die Here dit dalk so bestem het dat niemand daardie liefde mag ken voor die tyd kom nie: die diepte daarvan en die vrees om dit te verloor, mag dalk net veroorsaak het dat niemand kinders kry nie.

Lees ook: Hanna Grobler oor ma-wees

6. Wat is vir jou die grootste uitdagings van moederskap?

Om die vrees en kommer eenkant toe te skuif, om te fokus op die hier en nou van daardie liefde. Om te aanvaar dat jou oë nie altyd op hulle kan wees nie, maar te weet dat die Vader se oë wel altyd op hulle is … en hulle dan daar te los met vrede in jou wese dat HY sal sorg.

7. Wat het ma-wees jou geleer?

Dat dit lekker is om kind te wees, al is jy groot. Om weer erkenning te gee aan daai klein goedjies wat groot goed was toe ons kinders was. Om op te hou jaag en jou longe vol lug te trek as dit reën. Om jou te herinner dat dit lekker is om soms simpel te wees en gesigte te trek. Om wegkruipertjie te speel …

Om ’n grootmens te wees is nie vir sissies nie, ons het almal verpligtinge, maar ons het daai kindwees in ons so diep begrawe onder die stres en druk van die samelewing dat dit soms ’n kind vat om dit op te grawe sodat jy weer daardie spontane lag en laf wees kan ontdek. Ma-wees het my geleer om te ontspan, om nie te hard op myself te wees nie en om die lewe nie deur my kinders se oë nie, maar deur die kind ín my se oë te geniet.

8. Wat is jou wens vir jou kinders?

Geluk.

Dat hulle geluk sal vind by die regte vriende

Geluk sal vind in liefde by die man en vrou wat die Here vir hulle gekies het

Geluk sal vind in ’n passie wat hulle loopbaan sal word

Geluk sal vind in hulself deur hulle waarde te ken in Jesus

Geluk sal vind selfs in donker tye deur positief te bly.

Ek wil hê hulle moet voluit lewe en nooit ’n dag mors nie … ek wil net hê hulle moet gelukkig wees.

The post Elizma Theron: 8 vrae oor Moedersdag appeared first on rooi rose.

Nuwe Country-album vir Elizma Theron
Vertel ons oor jou nuwe album, Boeregirlmet ’n Countryheart.

Net soos Afrikaanse musiek is Country deel van my. Dis ’n genre wat met my hart praat. Country-musiek het my al in goeie tye en in swaarkry tye gedra; dit is eerlik in elke storie wat dit vertel. Maak nie saak waardeur jy gaan nie, die kanse is goed dat daar Country-liedjies is wat spesifiek vir jou situasie geskryf is.

Waarom die album se naam?

Ek is ’n plaasmeisie in murg en been, maar het verlief geraak op die Country-kultuur: cowgirl boots, fringe-baadjies, die musiek … selfs rodeo’s! Toe ek in Amerika was, was dit ononderhandelbaar; ek móés ’n rodeo gaan sien. So die naam is baie gepas en het homself so half gekies.

Twee jaar het verloop sedert jou vorige album, Stilte en Storms, vrygestel is. Hoe voel dit om weer ’n nuwe album op die rakke te hê?

Dit is altyd opwindend as jy aan ’n nuwe album werk. Dit is soos om swanger te wees; jy wag en sien uit en daar is ook senuwees betrokke en wanneer hy vrygestel word, kan jy nie wag om hom vir die wêreld te wys en dit met hulle te deel nie. Ek droom al baie jare van ’n Country album, dis vanselfsprekend anders as my voriges, maar ek is só dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om ook hierdie deel van my hart en passie met mense te deel.

Wat is jou gunstelingsnit op die album?

Dit is só moeilik om een uit te sonder, want elkeen is daar vir ’n ander rede. Van die snitte laat jou dans, ander laat jou dink en ander wakker die nostalgie in jou aan. Ek is lief vir elkeen vir verskillende redes.

Hoe het Nico jou ondersteun terwyl jy aan dié album gewerk het?

Hy was net so opgewonde, indien nie meer as ek nie. Hy is self baie lief vir Country en het nie geskroom om sy voorstelle vir die album te maak nie. Ons het met ’n kortlys van amper 70 liedjies gesit. Hy ondersteun my nog altyd met oorgawe en gaan na elke vertoning saam met my. Ek is baie dankbaar dat ek ’n man gekry het wat my bedryf aanvaar en verstaan en my aanmoedig om nooit op my drome te keer nie.

Wat was vir jou die lekkerste ervaring terwyl jy aan die album gewerk het?

Net om volkome te kon in-“tap” op daardie gedeelte van my hart en passie in die studio. En om weer saam met Sean Butler te kon werk en te lag en skaaf. Hy het ook ’n passie vir ou, tradisionele Country so ek kon nie vir ’n beter producer op die album vra nie.

Wat, hoop jy, sal jou aanhangers van dié album af wegneem?

Ek hoop dat hulle goed voel nadat hulle die album geluister het en dat diegene wat die liedjies ken, met heimwee aan die goeie ou dae sal terugdink. Ek hoop ook dat die jonger generasie wat dit vir die eerste keer hoor, op goeie Country verlief sal raak. Ek hoop dat dié album ’n lang pad kort sal maak en dat my aanhangers vir die Honky Tonk deel van my lief sal raak.

Wie is jou gunsteling country-sanger?

Die Koningin van Country sal altyd my idol bly: Dolly Parton. As ek dink aan my kennismaking met Country as klein dogtertjie, hoor ek haar stem in my ore. Haar stories, stem en humor het ’n liefde vir dié genre by my gekweek.

Gaan jy met die album toer?

Verseker! En ek kan nie wag om dit na elke stad en kleindogter dorpie toe te bring nie.

Terwyl jy aan hierdie album gewerk het, het jy ook ’n draaiboek geskryf en was jy ook vir jou gesin ’n ma en vrou! Hoe het jy te werk gegaan om te ontspan en tyd vir jouself te maak?

Eenvoudig … ek het nie! Ek is baie gelukkig in die sin dat ek gek is oor wat ek doen. My werk voel nie soos werk nie. Die album was een groot fees om aan te werk.

Die draaiboek vir TOE-VAL-LIG was ’n nuwe droom wat kop uit gesteek het, so dit was só lekker om te skryf en myself weer op ’n ander platform uit te daag. Ons begin in April 2017 skiet en Sean Else behartig die regie waaroor ek kinderlik opgewonde is.

Dan, vrou wees en ma wees is my gunstelingtitel en “werk”. Ja dit is  soms hard en uitputtend, maar daar is niks lekkerder as om net by my man en kinders te wees nie. Hulle hou my koppie elke dag vol.

Is daar toekomstige projekte waaraan jy tans werk?

Die draaiboek vir TOE-VAL-LIG is klaar geskryf en ons is besig met voorbereiding vir die verfilming. Ek is reeds besig met nog ’n draaiboek, maar dis nog baie in die beginstadium. Só hou alles die dag vol …

The post Nuwe Country-album vir Elizma Theron appeared first on rooi rose.

Mamma Elizma se jongste pragfoto’s
Elizma het dié foto’s, wat deur Albert Bredenhann van Pixel Pro geneem is, op haar Facebook-blad gedeel. Met die pragtige natuur-agtergrond lyk die gesin koel en kalm terwyl hulle op die strand stap.

Ons dink dit is die perfekte manier om die dae af te tel voor kleinboet oor ‘n paar weke sy verskyning maak!

The post Mamma Elizma se jongste pragfoto’s appeared first on rooi rose.