Elroy Christians | rooi rose

‘Tweespalt’: ’n Dokkie waar rugby-geesdriftiges koppe stamp
Verskaf deur kykNET en DStv

kykNET se nuwe dokumentêre reeks werp die kollig op die vrae wat rugbygeesdriftiges al dekades lank teister – en dis veral nou relevant, met die Greatest Rivalry-reeks.

Tweespalt is onlangs tydens kykNET se 14de Silwerskermfees aan gehore bekendgestel. Hierdie dokumentêr, wat oor twee episodes strek, ondersoek die passie, geskiedenis en verdeeldheid agter een van rugby se grootste wedywerings – die Springbokke teen die All Blacks.

Ja, daardie bykans oeroue liefde-haat-gevoel tussen plaaslike ondersteuners oor wie nou eintlik die beste span in die wêreld is: die All Blacks of die Bokke? En hoe kan Suid-Afrikaners die All Blacks ondersteun ten koste van hul eie?

Suid-Afrikaners hou daarvan om van mekaar te verskil. Nes die manne wat met ietsie koud in die hand gesels oor watter Duitse motorvervaardiger die beste is. Jy’s óf ’n BMW-ou óf daardie bekende teken van Mercedes pronk in jou motorhuis.

Die tweespalt se geskiedenis

Die tweespalt tussen die ondersteuners van die manne met die silwer varing op hul bors en die manne met die trotse springbok op die groen trui kom reeds van 1921 af.

Hierdie “veld van verdeeldheid” het nie net tot verdeeldheid in die stadion gelei nie – selfs families was al behoorlik die hoenders in vir mekaar omdat tweespalt oor die twee spanne ook daar nes geskop het. En dis soms baie erger as die stryd oor familiename of byderwetse name vir die volgende geslag …

Jonathan Mokuena, ’n voormalige seweskaptein vir die Springbokke en rugbykommentator, sê rugby was die één aspek wat die land ná apartheid bymekaar gebring het.

“Dis ons siel, dis ons hart.”

En Ollie le Roux, die veteraan met 54 toetse agter sy naam waarvan tien teen die All Blacks was, sê onbeskroomd: “Dis deel van wie en wat ons is – en ons is blêrrie goed daarin.”

“Rugby is ’n kopspel, en dis ’n hardkoppige spel,” het Marco Botha laat hoor. Hierdie stelling het ook aanklank gevind by rocker Francois van Coke wat heeltemal begeesterd is met rugby en sy seuntjie baie sterk aanmoedig om vaardig met daardie ovaal bal te raak.

Sy raad? “Beproef alles en behou die rugby.”

Tweespalt gaan oor die Suid-Afrikaanse belewenis van die wedywering tussen ondersteuners van die Springbokke en die All Blacks. Foto: Verskaf

Die deurslaggewende oomblikke

Vir Winston Williams van Somerset-Wes is daar die wonderlike herinneringe aan soggens vieruur se opstaan om die All Blacks te kyk. Sy ma het ál die kinders in die straat bymekaar gemaak en almal het kom rugby kyk. Maar Winston was nooit toegelaat om die Bokke te ondersteun nie …

Breyton Paulse, wat 14 keer teen die All Blacks uitgedraf het, onthou ook daardie dae toe daar min TV-stelle in die omgewing was. Sy oupa Ben het hom altyd kom oplaai om die Bokke teen die All Blacks te gaan kyk, min wetend dat sy toekoms eendag in rugby sou lê.

Dan is daar die Cape Crusaders, die passievolle All Black-ondersteuners van Kaapstad met ’n ondersteunersklub in Somerset-Wes. En wie het nog nie gehoor van die Manenberg Maori’s nie?

Word dit deur die politiek gemotiveer of is dit bloot voorkeur? Hoe swaar weeg die geskiedkundige politieke agtergrond wanneer daar vandag, meer as 30 jaar later, steeds Suid-Afrikaners is wat oënskynlik verkies om aan die verlede vas te klou? Of berus dit aan die einde van die dag op persoonlike keuses?

Hoekom moet jy Tweespalt kyk?

Hier word fassinerende feite, geskiedkundige datums en politieke onrus onder die loep gebring. Meer lig word gewerp op SACOS, ’n nie-rassige beheerliggaam vir sport in die land, en hoe die Suid-Afrikaanse Rugby-unie in 1992 tot stand gekom het.

Vind ook meer uit oor Errol Tobias wat die eerste bruin Springbok was wat in 1981 op die toer na Nieu-Seeland ingesluit was. Dit was ten spyte van enorme druk vanuit eie geledere om dit nie te doen nie, en om eerder standpunt in te neem vir die bevordering van bruin en swart spelers in nasionale sportspanne.

Dit was juis tydens die Bokke se derde toetswedstryd in daardie jaar teen die All Blacks op 12 September by Eden Park in Auckland waar chaos uitgebreek het toe twee manne vanuit ’n gehuurde ligte vliegtuig meelbomme op die spelers vrygelaat het …

En was daar werklik ’n Suzie wat die All Blacks tydens die Wêrreldbekertoernooi in Suid-Afrika (1995) so ’n bietjie “aangehelp” het?

@kyknett#Tweespalt ondersoek die passie, geskiedenis en verdeeldheid agter een van rugby se grootste wedywerings – die Springbokke teen die All Blacks. Skakel in om 20:00 vanaf Woensdag, 9 September net op #kykNET DStv kanaal 144 of stroom op #DStvStream.♬ original sound – kykNET

Deelnemers aan die gesprekke

Voormalige en huidige Springbokspelers

Wynand Claassen

Jonathan Mokuena

Jannie du Plessis

Victor Matfield

Ollie le Roux

Breyton Paulse

Richard Bands

Renaldo “Naledi” Young

Gesoute All Black-ondersteuners

Benna October (voormalige WP- en Leeus-speler)

Winston Williams (All Black-ondersteuner)

Elroy Christians (All Black-ondersteuner)

“Hulle weet nie wat ons weet nie” – Springbok-ondersteuners

Marco Botha (rugbykommentator en skrywer)

Francois van Coke (sanger en rugbyfanatikus)

Heindrich Wyngaard (TV-persoonlikheid en skrywer)

John van Rensburg (SuperSport-rugbykommentator – en fanatiese versamelaar met byna 2 000 rugbytruie!)

Walter Stander (‘Bokbefok’ in sy eie woorde) en sy ewe begeesterde seuntjie, Hanro (11)

Tweespalt word Woensdag 9 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Breyton Paulse se ‘Boerbokke’-rugbyreeks is reg vir afskop

The post ‘Tweespalt’: ’n Dokkie waar rugby-geesdriftiges koppe stamp appeared first on rooi rose.