Emily Gray | rooi rose

Paralimpiese spele vir Emily Gray, Lucas Sithole
*Hierdie artikel het in die November 2014-uitgawe van rooi rose verskyn.

Emily Gray: Paralimpiese swemmer

Emily Gray is prentjiemooi en op 23 in die fleur van haar lewe. Eers wanneer sy beweeg, sien jy sy loop met ’n kruk en dat haar een been styf is. Nie vanweë ’n besering nie, maar weens ’n amputasie in haar heup.

Sy was maar elf toe die spesialis vir haar ouers die nuus gee dat die osteosarkoma (’n soort kanker) in haar bobeen nie op die vier maande lange chemoterapie reageer nie.

“Die keuse was óf ’n heupvervanging en nuwe chemo – wat dalk ook nie sou werk nie – óf ’n amputasie wat waarskynlik die kanker sou verwyder en moontlike verspreiding keer. Ek was so siek en swak dat ’n amputasie my die beste kans op oorlewing gegee het.

“Die tydperk ná die amputasie is vir my ’n bietjie in ’n waas. Ek het dag vir dag geleef sonder om vorentoe of terug te kyk. My ouers en drie ouer susters was geweldig ondersteunend en sterk en dit het my gedwing om ook sterk te wees.

“Daar was maar baie trane agter geslote deure,” vertel Lucinda Boddy, haar suster wat die maatskappy besit wat Emily se bemarking behartig. En my ma sê sy het oornag grys geword!”

Tog was haar gesin se ondersteuning haar behoud.

“My pa het al die hare op sy lyf afgeskeer toe myne weens die chemo uitgeval het en hy is ook die dryfkrag agter my sportloopbaan. (Hy is ook nou haar bestuurder.) Kort ná ek uit die hospitaal gekom het, het hy my na die Mandeville-sportsentrum vir gestremdes in Bezuidenhoutvallei geneem waar ek verskeie sportsoorte probeer het. Mandeville het my ook geleer om dankbaar te wees vir wat ek het.

“Swem het my die beste gepas, want in die water het ek vry gevoel en van my gestremdheid vergeet. Nou laat swem my op ’n gelyke vlak met nie-gestremdes voel. Sommige dae swem ek

selfs vinniger as my normale spanmaats. Dis vir my ’n groot motivering.”

Op 16 was Emily die jongste deelnemer in die gestremde span wat in Beijing deelgeneem het, en sy het ook aan die Spele in Londen deelgeneem.

Wat kry haar elke oggend uit die bed vir haar swemsessie van twee uur saam met Tuks se swemspan?

“Ek weet hoe vinnig die tyd omgaan en die Olimpiese Spele in Rio in 2016 is my groot mikpunt. Ons hoor eers twee maande voor die tyd wie in die span is en daarom oefen jy asof jy gekies is.”

Sy swem 16 uur per week, en doen ook drie uur pilates en twee uur gimwerk.

Maar swem is nie haar enigste droom nie. Sy studeer sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, maar wil graag medies studeer en ook probeer roei.

“Ná Rio sal ek weer my lewe beplan.”

Emily sê haar gestremdheid frustreer haar soms.

“Ek kan maklik val op trappe en dan is dit nie so maklik om weer op te kom nie. Maar ek besef ook dat elke mens sy eie stryd het. Sommige mense is dalk negatief en dit het geestelike grense. My beperking is net sigbaar.

“Jy kan dalk nie dadelik verstaan hoekom iets gebeur nie, maar wanneer jy veel later terugkyk, sien jy die goeie wat daaruit gekom het. My amputasie is as ’t ware ’n blessing in disguise.

“Die grootste beperking van ’n gestremdheid lê in jou kop. As jý dit groot maak, sal dit groot wees. Ek onthou hoe ek op die Olimpiese Spele in Londen na ’n Chinese deelnemer gekyk het wat nie arms het nie, maar met sy voete eet. Dit laat jou nederig voel en besef hoeveel jy het om voor dankbaar te wees.”

Lees ook meer oor Emily Gray se inspirerende verhaal hier.

Lucas Sithole: rolstoeltennis-kampioen

Lucas Sithole het as kind baie van sport gehou, maar op twaalf het hy onder ’n bewegende trein beland en albei sy bene en die helfte van sy regterarm verloor.

Maar Lucas sit nie oor die lewe en tob nie.

“Ek het nooit tyd gehad om vir myself jammer te wees nie. Dit is my lewe dié en ek moet dit voluit leef. Ek dink ek was van kleins af positief, en ek het baie gou besef niks gaan verander nie en dat ek ’n manier moet kry om met my lewe aan te gaan. Gelukkig het my ma deur die gemeenskap van Dannhauser, waar ons gebly het, hulp gekry en ek is na ’n spesiale skool vir gestremdes gestuur – eers Bumbisiswe Skool op Newcastle en toe die Sekondêre Skool Filadelfia in Soshanguve.

“Dit was die beste besluit, want toe was ek tussen ander kinders met liggaamlike gestremdhede. My gebrek het my nie meer ‘anders’ laat voel nie.

“Daar was baie geleenthede op sportgebied en ek het rolstoelkorfbal en rolstoelrugby op nasionale vlak gespeel. Mense besef nie altyd hoe belangrik sport vir gestremdes is nie. Eerstens is dit nodig om jou spiere te versterk om jou met postuur te help en as my liggaam sterk is, voel my gees ook sterk.”

Uiteindelik het rolstoeltennis sy hart gewen.

“Ek hou van tennis, want dis ’n individuele sport. Omdat ek so jonk uit die huis is, moes ek baie gou leer om alleen reg te kom. Ek is gemaklik met alleenheid.

“Rolstoeltennis bied baie uitdagings, maar as jy baie van iets hou, hou jy aan tot dit vir jou werk. Ek het ook nie gewag dat die afrigter opdaag nie. Ek het lang ure alleen geoefen.”

En dit het toewyding, geduld en harde werk geverg om goed te wees.

“Ek het in 2005 begin speel en was in 2006 die SA kampioen en het aan my eerste internasionale toernooi in Amsterdam deelgeneem. Toe ek terugkom, het ek besluit om op tennis te fokus en in 2008 het ek professioneel begin speel.

Suid-Afrika is ’n wêreldleier in rolstoeltennis en het tans 65 spelers wat by die Internasionale Tennisfederasie geregistreer is – die tweede meeste ter wêreld. “Ons het baie goeie juniors en ons seniors mentor en rig die jonges af.”

In sy vrye tyd is Lucas ’n musikant wat saam met vier van sy nefies en jonger broer die groep, Amathalente Amahle (beautiful talents), begin het. “Ons maak tradisionele Zoeloemusiek en het verlede jaar ’n CD, Ngidla Usizi, uitgegee.”

Dink hy ooit terug en wonder hoe sy lewe sou wees as hy nie onder die trein beland het nie?

“Ek kyk nooit terug nie. Dít is wie ek is. Rolstoeltennis het my soveel geleenthede gebied om die wêreld te sien en te reis. Ek voel gelukkig.”

Lucas het die Amerikaanse Ope in 2013 gewen en het by die 2014-toernooi in September derde geëindig. “My doelwit is om nommer een te wees. Maar as ek verloor, is dit ’n geleentheid om te leer, my spel te ontleed en te sien waar ek kan verbeter. ’n Nederlaag motiveer my om beter te wees.”

En dis hierdie honger om die beste te wees wat hom daagliks dryf.

The post Paralimpiese spele vir Emily Gray, Lucas Sithole appeared first on rooi rose.

Emily Gray inspireer ons
Dapperheid is nie net vir superhelde beskore nie. Daar is dikwels dapper mense om ons wat ons daagliks inspireer. Mense soos Emily Gray.

Sy was maar elf jaar oud toe sy ’n uitdaging moes aanpak wat die res van haar lewe sou definieer.

Emily het ’n normale gesonde kinderlewe gehad, omring deur ’n liefdevolle, ondersteunende familie. Sy het uitgeblink in sport en haar passie in middel-afstand wedlope uitgeleef.

Maar haar liefde vir atletiek het tot ’n einde gekom toe dokters haar en haar ouers ingelig het dat sy osteosarkoom, ’n gevaarlike vorm van kanker, in haar femur het.

Emily moes self die besluit neem of haar been geamputeer moet word om haar lewe te red. Sy was maar elf jaar oud. ’n Baie dapper besluit vir ’n jong kind.

Maar dit was ’n wyse besluit. Twaalf jaar later is sy ’n Springbok-swemmer en sy het al twee keer die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span verteenwoordig.

Sy glo dat die swaarkry wat sy ervaar het toe sy jonger was, deel was van ’n groter plan vir haar. Sy is die toonbeeld van dapperheid en is iemand wat nie stuit om ’n moeilike situasie te oorkom nie. Sy doen dit boonop met ’n positiewe uitkyk op die lewe.

Sy het ’n lewensfilosofie wat haar help om uitdagings te bowe te kom.

Volharding is vir haar ononderhandelbaar.

“Ek dink dis een van die moeilikste dinge om te doen, want opgee is makliker as om deur te druk,” sê Emily.

Sy is gemotiveerd om vir haarself te veg al is die uitdaging moeilik.

“Mens moet in jouself glo. Jy moet oortuig wees jy kan iets doen. Dit is ’n bewustheid waaraan jy voortdurend moet werk.”

Sy het geleer om te aanvaar dat daar dinge is waaraan mens nie kan verander nie en sy kweek begrip by haarself om situasies te verstaan.

Emily verduidelik die sleutel tot dapperheid is die uitdaging wat jou die geleentheid gee om dit te bowe te kom en om die situasie te aanvaar.

“Deur situasies te bevraagteken en te analiseer, kan dit jou afskrik om dit te aanvaar en te hanteer. Verstaan dat daar ’n rede is hoekom jy met die uitdaging gekonfronteer word en dat dit deel is van ’n groter prentjie.”

Mens moenie skaam wees om vir hulp te vra nie, glo sy.

Dit gebeur dikwels dat mense wat deur moeilike tye gaan te skaam is om vir hulp te vra en die taak op hul eie probeer aanpak.

“Hoewel jy sterk genoeg is om jou omstandighede die hoof te bied sonder die hulp van ander, hoef jy nie altyd alles alleen aan te pak nie,” verduidelik Emily.

“Ek was baie bevoorreg en geseënd om die ondersteuning van my familie te hê. Hul liefde was geweldig belangrik en ’n integrale deel om my te laat besef dat dit nie ’n geveg is wat ek alleen hoef te veg nie.”

Hoewel dit moeilik is om te aanvaar of te verstaan is die proses om die stryd aan te pak deel van jou reis, verduidelik Emily.

“As ek terugkyk, sou ek nie verander wat ek deurgemaak het nie. Dit was moeilik, maar dit het my die persoon gemaak wat ek vandag is en ek het absoluut geen berou nie. As ek nie deur my beproewing moes gaan nie, sou ek waarskynlik nie die mens gewees wat ek vandag is nie en ek sou waarskynlik nie bereik het wat ek tot nou toe bereik het nie. Ek is dankbaar want dit het my gedwing om baie ander struikelblokke in te oorkom.”

Sy meen die beste raad wat sy aan ander kan gee, is om vooruit te beweeg en na die toekoms te kyk.

“Moenie opgee en jouself bejammer nie. Aanvaar wat gebeur het en streef daarna om dit te oorwin. Moet nooit vergeet dat daar mense is met wie dit slegter gaan nie. Elkeen stry sy eie stryd. Soms is dit inspirerend om te sien hoe ander moeilike situasies oorwin en inspireer dit jou om omstandighede aan te pak wat sal aanspoor om dapper te wees,” sê sy.

The post Emily Gray inspireer ons appeared first on rooi rose.