emosioneel | rooi rose

Boeliegedrag: die rol van stories
“’n Lae selfbeeld, onsekerheid, en kulturele, sosiale of gesinsverwante knelkwessies vind op verskeie manier uiting,” sê Brian Helsby, die hoof van Youth Mobilisation by die sosiale nieregeringsorganisasie Heartlines. “Boeliegedrag is een daarvan.”

Heartlines het onlangs ’n nasionale inisiatief met die naam What’s Your Story geloods.  “Ons leef in ’n wêreld van stereotipes, en tot ons mekaar se stories hoor en verstaan sal ons mekaar volgens blote opinies en aannames hanteer. What’s Your Story wil die onderliggende kwessies wat op negatiewe gedrag soos rassisme en boelie uitloop deur die vertel van persoonlike stories aanspreek.”

“Stories vorm die manier hoe ons na die lewe kyk. Dis deel van ons gemeenskap, en daarom die perfekte platform om verdraagsaamheid, empatie en begrip te bevorder. ’n Eenvoudige manier om boeliegedrag en wedersydse onverdraagsaamheid by skole of in jeuggroepe aan te spreek, is om jongmense na mekaar se stories te laat luister.” Wanneer jy iets van iemand se agtergrond verstaan, agterkom dat sy drome met joune ooreenstem, en na sy vrese luister, gaan ‘n ander  wêreld vir jou oop. Jy kan nie weer met dieselfde gesindheid na hom (of haar) kyk nie.

Heartline se doelwit is om uiteindelik meer as tien miljoen mense dwarsoor die land deur die deel van persoonlike verhale te bereik.

Kyk, en deel self

Gaan kyk self! Op www.whatsyourstory.online kan jy die stories lees, luister en sien wat reeds daar gedeel is. Kry meer insig in die lewens van mense wat armoede, siekte, gestremdheid in die gesin of ander uitdagings ervaar het. Dalk is dit heeltemal anders as jou storie; dalk is daar ooreenkomste.  Jy kan ook jou bydrae lewer!

Hulpmiddels

By Brian@heartlines.org.za is daar die volgende hulpmiddels (in Engels) vir jeuggroepe van hoërskoolouderdom beskikbaar:

’n DVD met:

• vier Lewensoriëntasie-lesse om begrip, vertroue en rekonsiliasie in die klaskamer te bevorder

• hoe om die vertel van persoonlike stories verder as die klaskamer te neem

• ’n Heartlines-film, The Miners, wat tot besprekings oor diversiteit en kulturele bewustheid kan lei

• ’n Ware verhaal van twee hoërskoolvriende wat mekaar se wereld betree en begrip bevorder.

“Stories kan vrees oorkom, weet jy … Hulle maak die hart groter.” Ben Okri

The post Boeliegedrag: die rol van stories appeared first on rooi rose.

Karate-kampioene, strokiesprente en boelieweek
Twee broers van Stellenbosch, Timeon (10) en Reuben (13) Jansen van Rensburg, het pas elk die Suid-Afrikaanse Goju Ryu Karatekampioenskappe in hul ouderdomsgroepe gewen. Al is hulle gedugte karateka, het albei in die verlede onder boelies deurgeloop.

Selfverdediging, sê hulle, is egter nie die oplossing vir ’n boelie nie. Die antwoord is empatie. Kinders (of grootmense) wat begrip en ’n aanvoeling vir ander het, sal ander nie afknou nie.

Reuben en Timeon het sowat twee jaar terug interaktiewe strokiesprente ontwikkel wat kinders help om empatie te ontwikkel: Die Avonture van Boelie en Boo. Die modules is wêreldwyd aanlyn beskikbaar in vyf tale, naamlik Afrikaans, Engels, Xhosa, Spaans en Frans. Dit skets voorvalle waar afknouery plaasvind en open dan ’n gesprek oor die karakters se gedrag, die impak daarvan en hoe dit hanteer kan word. Dit lei kinders na ’n dieper begrip van hul eie gevoelens en sensitiwiteit vir die gevoelens van ander, alles op ’n ouderdomsgepaste manier. Ouerleiding is ideaal en onderwysers kan ook die modules as ’n les aanbied; daar is opleiding beskikbaar.

Die beginsels

Die strokiesprente is op die beginsels van empatie geskoei. Empatie is die begrip dat ander mense gevoelens het en dat daardie gevoelens tel. Daar is nie ’n geen vir empatie nie; dis ’n aangeleerde eienskap. “Die aanleer daarvan begin al in die babadae,” sê Carolyn Zahn-Waxler, navorsingswetenskaplike in sielkunde en psigiatrie aan die Universiteit van Wisconsin.

Hoekom is empatie so belangrik vir lewens- en loopbaansukses?

Empatie kweek moed

’n Onlangse studie van sowat 900 kinders tussen elf en 13 jaar het gewys dat dié met ’n hoër vlak van empatie makliker opgestaan het teen ’n boelie namens iemand buite hulle ouderdomsgroep. Dit word “assertive bystander behaviour” genoem. Wanneer die slagoffer van afknouery sosiale isolasie en uitsluiting beleef, lei dit dikwels tot angs en depressie. Die moed van iemand wat vir ’n slagoffer intree, kan dit voorkom.

Empatie voed emosionele welsyn

Skole plaas empatie in die boonste drie beste uitkomste vir hulle leerlinge, en werkgewers plaas empatie in die top vyf belangrikste werkvaardighede. Empatie bevorder ’n “sense of self” asook veelvoudige perspektiewe van ander, en help kinders om die verskille tussen hulle makliker te akkommodeer.

Empatie dryf bedagsame probleemoplossing

Empatiese probleemoplossers kan hulle in ander se posisie stel.  Dit stel hulle in staat om groter, hardnekkige probleme doeltreffender op te los, wat aansienlik minder konfrontasie tot gevolg het.

Empatie is ’n sleutelbestanddeel van konflikresolusie

Empatiese kinders kan konflik sien kom en dit ondervang of afweer voor dit ontplof. Hulle voorkom dus dat konflik eskaleer.

Empatie verryk verhoudings

Dit verhoog altruïstiese optrede en verminder rassisme. Empatie verlaag die voorkoms van aggressie en boeliegedrag by kinders. Empatie en die sorg en verbintenis waartoe dit lei is essensieel vir die algemene welsyn van mense, gemeenskappe en die samelewing as geheel. Dit onderlê alles wat die samelewing laat werk – vertroue, samewerking, liefdadigheid en liefde.

Hoe word empatie oorgedra?

As ons ’n boek saam met ’n kind lees, deel ons ons stem en verbeelding met die kind. Hy of sy leer om die wêreld deur iemand ander se oë te sien. Die liggaamstaal en gesigsuitdrukkings van die karakters help ’n kind om hul emosies te identifiseer. Deur te praat oor hoe die karakter voel, hoe die leser voel, en wat die situasie beter kan maak, word empatie ook aangewakker.

Bekwame persone wat graag met kinders werk, kan as Ambassadeurs van die projek registreer en dit wêreldwyd by kleuterskole, skole en ander instansies aanbied. Meer hieroor hier of bel 071 475 1167.

Kry tussen 14 en 18 November gratis toegang tot die stokiesprente deur die registrasievorm in te vul. Klik hier vir meer besonderhede.

The post Karate-kampioene, strokiesprente en boelieweek appeared first on rooi rose.