entrepreneurs | rooi rose

Suid-Afrikaanse vroue-entrepreneurs
Inligting verskaf deur Idea-Engineers vir Mastercard. Verwerk deur Catherine Schenck. Foto Pexels

Alhoewel Suid-Afrika vordering toon deur geslagsbevoordeling teen vroue te verminder in vroeë-vlak entrepreneurskapsaktiwiteite, bly die aantal vroulike besigheidseienaars steeds beperk deur ’n tekort aan entrepreneuriële voorneme, waarneembare besigheidsgeleenthede, asook ’n tekort aan ondersteuning en hulpbronne soos kapitaal en opleiding. Hierdie is stellings wat op bevindinge van die tweede Mastercard-indeks vir Vroulike Entrepreneurs (MIWE) gebaseer is.

Suid-Afrika skuif een plek op van verlede jaar, van nommer 23 tot 22 op die ranglys (met ’n telling van 64.2) op die WIME-Indeks, wat vroulike entrepreneurs se vermoë meet om te kapitaliseer op geleenthede wat geskep word deur verskeie ondersteunende toestande in ons plaaslike omgewings. Hierdie indeks word saamgestel deur 12 aanduidings en 25 sub-aanduidings en dit kyk hoe 57 ekonomië van regoor die wêreld verskil in terme van vrouebevorderingsuitkomste, kennisbates, finansiële toegang en ondersteunende entrepreneuriële faktore.

Ten spyte van ’n gesonde MIWE-telling, tel vroue slegs vir 18.8% van besigheidseienaars in Suid-Afrika (42ste op die ranglys), wat wys dat hierdie vordering teleurstellend laag is in vergelyking met ander lande wat in dieselfde studie gemeet is. Ghana (46.4%) is heel bo aan die wêreldranglys met die grootste aantal vroulike besigheidseienaars, gevolg deur Rusland (34.6%), Uganda (33.8%), Nieu-Seeland (33%) en Australië (32.1%).

In die vrouebevorderingsuitkomstekomponent van die indeks het Suid-Afrika ses plekke opbeweeg op die ranglys, van 30ste plek in 2017 tot 24ste in 2018. Hierdie komponent meet vroue se vordering en graad van marginalisering as besigheidsleiers, professionele persone, entrepreneurs en werksmagdeelnemers. Dit was aangespoor deur ’n toename in die vroulike entrepreneursaktiwiteite RATE-aanwyser in 2018, wat gesien het hoe die gender-gelykheidsgaping kleiner geword het met 5.9% van werkende vroue wat in die werksmag betrokke in ’n vroeë-vlak entrepreneursaktwiwiteite in vergelyking met 8.4% vir mans. Die eintlike persentasie is egter die hoeveelheid vroue betrokke in vroeë-vlak entrepreneursaktiwiteite en het jaar-op-jaar verminder met 15.7%, waar dit by mans met ’n merkbare 27.6% gedaal het.

Suid-Afrika blink wel uit in die kennisbates- en finansiële bates-komponent (telling 84.3, of 6de op die ranglys) wat vroue se vordering en graad van marginalisering as finansiële kliënte meet, asook akademies in terme van tersiêre registrasie. Vroue is dus nie net so goed opgelei soos hul manlike eweknieë in tersiêre opvoedingsvlak nie, maar hulle het byna gelyke toegang (99%) tot finansiële dienste as mans. Aan die teenkant hiervan was vroue baie meer geraak deur die afkeur van ondersteuning in klein- en middelgrootte-ondernemings, insluitend die beskikbaarheid van finansies, opleiding en ontwikkelingsprogramme vir vroue.

Suid-Afrika het twee posisies laer gedaal vanaf die 31ste plek (met ’n telling van 62.4) in 2017 na 33ste in 2018 (met ’n telling van 60.6) in die ondersteunende entrepreneurstoestande-komponent van die indeks.

Die Mastercard-indeks vir vroulike entrepreneurs:

Nieu-Seeland – 74.2%

Swede – 71.3%

Kanada – 70.9%

VSA – 70.8%

Singapoer – 69.2%

Portugal – 69.1%

Australië – 68.9%

België – 68.7%

Philippyne – 68.0%

Verenigde Koninkryk – 67.9%

Vroulike besigheidseienaars as ’n persentasie van alle besigheidseienaars: Top-10 markte

Ghana – 46.4%

Rusland – 34.6%

Uganda – 33.8%

Nieu-Seeland – 33.0%

Australië – 32.1%

Vietnam – 31.3%

Pole – 30.3%

Spanje – 29.4%

Romenië -28.9%

Portugal – 28.7%

The post Suid-Afrikaanse vroue-entrepreneurs appeared first on rooi rose.

Introvert? Hier’s netwerkraad
Of jy ’n entrepreneur is, of vir ’n groot maatskappy werk, jou sakenetwerk is die lewensaar wat jou onderneming laat groei en jou reputasie laat gedy.

’n Goeie netwerk kan jare neem om op te bou, sê Helen Nicholson van The Networking Company. Maar vir introverte is dit harde werk om te sosialiseer en dit kan tot nadeel van hul onderneming wees as hulle van hierdie belangrike element wegskram.

“Tog is introverte soms beter netwerkbouers as ekstroverte, want introverte weet hoe om te luister. Ekstroverte kan so besig wees om oor hul self te praat dat hulle nie altyd genoeg ruimte laat om te hoor wat die ander persoon bied nie.”

In Susan Cain se boek Quiet: The power of introverts in a world that can’t stop talking verduidelik sy hoe introverte en ekstroverte sosiale interaksie verskillend ervaar, maar dat elkeen se bydrae ewe waardevol is.

“Mense maak ’n fout as hulle dink netwerke word net by luide skemerkelkiepartytjies gebou. Jou kanse is veel groter om goeie kontakte te maak in omstandighede waar jy rustiger kan gesels en op een persoon fokus,” sê Helen. Introverte moet hulle daarop toespits om hul netwerk op hierdie meer persoonlike manier op te bou.

Doeltreffende opvolgwerk ná ontmoetings is die sleutel tot ’n netwerk, en introverte volg oor die algemeen beter op. Ekstroverte raak opgewonde oor die nuwe mense wat hulle ontmoet en genereer ’n groot klomp energie in die gesprek, maar volg nie altyd so pligsgetrou op nie. As jy nie binne 48 uur opvolg nie, het jy die kontak verloor.

As jy nie binne 48 uur opvolg nie, het jy die kontak verloor

Gebruik sosiale media doeltreffend

Sosiale media is ’n kragtige manier om by die regte mense uit te kom, maar dis nie die wenstreep nie. Jou volgende stap is altyd om iemand van aangesig tot aangesig te ontmoet en die kommunikasie persoonlik te maak.

“LinkedIn word gesien as die lelike stiefsuster op die sosiale media-podium, maar as jy dit doeltreffend gebruik, kan dit een van jou beste wapens wees. Dit moet eerder ’n verlenging van jou persoonlike handelsmerk wees as ’n passiewe podium. Gebruik dit om twee tot drie keer per week ’n skakel vir ’n relevante artikel wat jy gelees het op te sit. Maak ook seker dat jou profiel maklik lees en dat jou versoek om kontak te maak ’n persoonlike een eerder as die standaard een is,” sê Helen.

Hoe volg jy op?

As jy ’n baie spesifieke gesprek met iemand gehad het, kan jy die persoon die volgende dag bel, maar vir meer vae kontakte is ’n e-pos beter. Hou dit kort en bondig. Verduidelik wie jy is, en sê dat julle mekaar ontmoet het. Verduidelik dan hoe jou onderneming haar/sy probleem kan oplos. As die persoon belang stel, kan dit later opgevolg word met ’n oproep en vorder tot ’n ontmoeting. Netwerkvorming berus op gedeelde vertroue en dis belangrik dat jy eers hierdie basis lê voor jy verder kan gaan.

Netwerkvorming berus op gedeelde vertroue en dis belangrik dat jy eers hierdie basis lê voor jy verder kan gaan

Wees strategies met die kontakte wat jy opvolg en verder voer. Jy kan drie tot vier koffie- en ontbytgeleenthede per week doen, maar dit beteken niks as jy nie vooraf vasstel of hierdie mense werklik waardevol gaan wees nie. Anders mors jy hulle en jou tyd. Wees eerder realisties – nie almal gaan goeie kontakte wees nie. Die geheim lê daarin dat jy voor die tyd navorsing doen en net die kandidate met goeie moontlikhede verder voer.

Dis ook goed om te onderskei tussen kort- en langtermynkontakte. Helen glo daarin dat jy “boer” eerder as “jag” as jy ’n netwerk bou. Dus: sien jou kontakte as ’n belegging wat dalk nie dadelik vrugte afwerp nie. Entrepreneurs weet nie noodwendig wie die “influencers” is nie en dis belangrik om na mense te luister sodat jy ’n goeie idee kan kry van wat en wie hulle is.

Hoe gaan jy te werk by gesellighede?

Onthou, dis ’n geleentheid waar mense reg is om kontak te maak en hulle verwag dat vreemdes met mekaar gesels.

• Die beste kontakte word aan die begin en aan die einde van ’n geleentheid gemaak omdat daar dan minder mense is en jy beter met hulle kan gesels. Probeer vroeg opdaag sodat jy nie oorweldig voel nie. Dan het jy die voordeel dat jy na die naamkaartjies op die tafel kan kyk van mense wat nog moet opdaag en sien watter maatskappye hulle verteenwoordig. Maak ’n lysie van mense wat jy graag sou wou ontmoet.

• Wees kieskeurig oor watter gesellighede jy bywoon. Bel jou naaste sakeskool en vra hoe jy op hul adreslys kom. Hul gesellighede is gewoonlik gerig op netwerkvorming en daar is altyd interessante mense.

• Eet by die huis. Dis bitter moeilik om sinvol te kommunikeer as jy ’n drankie en ’n bordjie in die een hand balanseer en wonder hoeveel van die samoesa tussen jou tande vassit.

• Gaan alleen. As jy ’n kollega of vriend saamneem, is daar ’n kans dat jy die hele aand met hulle gaan gesels. Onthou, dis werk, nie pret nie.

• Nader groepies van drie mense. As jy groepies van twee nader, is jy ’n “indringer”. Luister tot jy ’n groepie kry wat oor dinge gesels waarin jy belang stel en staan daar nader terwyl jy die spreker met jou oë volg en glimlag. Gebruik jou lyftaal om te wys dat jy luister en lewer dan kommentaar as die geleentheid hom voordoen en stel jouself voor.

• Besigheidskaartjies is steeds waardevol. Plaas jou foto daarop sodat mense jou agterna kan onthou en gebruik albei kante van die kaartjie deur jou dienste te lys.

• Oefen vooraf jou “hysbakpraatjie”: ’n toesprakie van 30 sekondes waarin jy vertel wie en wat jy is, wat jy doen en hoekom jou diens waardevol is. Net lank genoeg voor ’n hysbak

se deur weer oopmaak en mense uitloop.

• As jy vreeslik angstig raak, haal diep asem en fake it till you make it. Troos jou daaraan dat jy nie die enigste angstige een is nie, en dat die sosiale vlinders wat dit so maklik laat lyk, nie noodwendig blywende en waardevolle kontakte maak nie.

• Al maak jy net een of twee betekenisvolle verbintenisse met mense by ’n geselligheid, het jy uitstekend gevaar.

• Drie wenke om ’n gesprek te begin:

• Neem waar, vra, ontbloot.

• Jy kan by voorbeeld opmerk dat jy die enigste vrou by die beleggingsgeleentheid is, vra die ander persoon of hy ’n belegger is, vertel iets van jouself soos dat jy ’n groentjie in die veld is. Dit skep die regte geleentheid vir die ander persoon om iets oor hom/haarself te sê. Dus maak julle meer persoonlike kontak.

• Mense hou daarvan om oor hulself te praat. Vra “hoekom is jy hier?”

Wees voorbereid en fokus op jou sterk punte

Dis ’n mite dat introverte nie welsprekend is nie, sê Tamryn Sherriffs van Eloquent Introverts. “Introverte is goeie luisteraars en hulle is ook nuuskierig. Mense verwar skaamheid – waar mense bang is om geoordeel te word – en introversie – hoe mense op sosiale stimulasie reageer. Introverte voel oorweldig tussen groot groepe mense en sosiale interaksie is vir hulle uitputtend. Hulle dink hulle is nie goed met sosialisering nie en raak dan angstig. As dit jou uitput, gaan net vir ’n uur of so na ’n geselligheid en beloon jou agterna met ’n ontspantydjie. Introverte hou nie daarvan om weerloos te voel nie. Maak seker jy is goed voorbereid, en sorg dat jý die vrae vra eerder as dat iemand jou in die kollig plaas. Herinner jou daaraan dat die doel van netwerkvorming nie vir die pret is nie. Dis ’n manier om jou produk te adverteer, nuwe klante te kry … As jy weet hoekom jy dit doen, sal dit jou motiveer.

Kontak Tamryn by ts@tamrynsherriffs.com en besoek Facebook vir aanlynkursusse.

Wenke verskaf deur Helen Nicholson van The Networking Company • Haar boek Networking for Introverts verskyn later vanjaar.

The post Introvert? Hier’s netwerkraad appeared first on rooi rose.

Die wêreld van eiendom nou binne jou bereik
Alhoewel eiendom my altyd geïnteresseer het en ek self eiendomme besit, het ek nooit daarop gefokus as ’n geleentheid nie, meestal omdat die groei van my besigheid my hoofprioriteit was, maar ek dink ook dat ek, soos baie ander mense, nie eintlik vertroue in myself gehad het wat belegging in eiendom betref nie.

Ek het sowat ’n jaar gelede by die beheerraad van ’n internasionale eiendomsmaatskappy aangesluit. ’n Tipiese maatskappy met ’n sterk fokus om mans in bestuursposisies te hê, in plaas van vroue. Ek het onmiddellik besluit om die geleentheid aan te gryp om die ‘stem van vroue’ te verteenwoordig, met die droom om in die toekoms geleenthede vir vroue te kan skep.

Ek geniet dit vreeslik om te leer hoe mans hulle beleggingbesluite neem en wat die fundamentele aspekte is as jy na eiendombelegging kyk. Dis reeds moeilik om in ons eie land besluite te neem in terme van eiendomsbeleggings, wat nog te sê in 3 kontintente.

Ek is nie seker of ek op my eie braaf genoeg sou gewees het om in ander lande in eiendom te belê nie, maar wat ek wel weet en geleer het, is dat soos met enigiets in die lewe, jy jou kennis moet opbou en jouself moet skaar met die beste in die bedryf.

Ons vrouens is nie net bang om in hulle eie land te belê nie. Die gedagte om eiendomme in ’n ander (vreemde) land te koop, is so ’n uitheemse konsep vir baie dat hulle dit nie vir hulself sal oorweeg nie. As jy in vandag se ekonomie enige spaargeld in buitlandse beleggings sit, neem jy een van die beste besluite wat jy kan om jou geld teen die dalende Rand te beskerm. Ons wisselkoers raak nie beter nie en deur goeie en sterk eiendombeleggings te maak, kan jy nie net geld maak deur profyte in die eiendom nie, maar trek jy ook voordeel soos wat die Rand verswak. Deur ’n internasionale portefeulje op te bou, besit jy in harde geldeenheid ekonomie in stabiele ekonomieë.

Die groot geleentheid vir almal, veral vir vroue, is groepbelegging (crowdfunding). Dit is groot in die VSA en begin ook goeie momentum kry in Suid-Afrika. Dit is ’n uitstekende manier om in groot kommersiële geboue of ontwikkelings te belê saam met ander wat die risiko verminder. Jy het nie die hoofpyn om na die eiendom om te sien nie en jy deel in die kwartaalikse winste.

As jy die paadjie na finansiële vryheid wil stap, is die feit dat jy aksie neem belangrik. Vind meer uit, vra vrae, bestudeer die feite en leer jouself om die geleenthede beter te verstaan. Wanneer jy die vertroue het, investeer en bou jou portefeulje oor tyd. Hoe vinniger jy begin, hoe vinniger sal jy die vrugte pluk.

“Hilda is ’n entrepreneur en een van die min vrouen wat haar besigheid in minder as 10 jaar opgebou het tot 9-syfer omset per jaar voor sy die internasionale besigeidswêreld betree het. Vandag het sy belange in verskeie besighede maar is veral passievol as spreker vir vroue, sukses en is veral opgewonde oor die geleenthede wat die wêreld se eiendomsmark bied veral vir vroue om eiendoms porteulje op internasionale vlak, te kan opbou. Hilda is ’n toegewyde ma van twee jong kinders, skrywer en filantroop.”

The post Die wêreld van eiendom nou binne jou bereik appeared first on rooi rose.