erdwurms | rooi rose

Kostuin, deel 4
Ek het dit gedink dit sal makliker wees om die produk wat erdwurms vervaardig humus te noem, maar dit is egter nie heeltemal korrek nie. Sien, dit werk so: ’n Baie groot deel van die organiese materiaal wat in die grond beland, word deur mikro-organismes afgebreek om minerale vry te stel sodat plante dit kan opnneem. Op hierdie manier word stikstof herwin. Dit staan bekend as die stikstofsiklus. Dieselfde geld vir ander voedingstowwe. Dit staan bekend as die voedingstofsiklus. Die hele proses staan dan bekend as mineralisasie. ’n Gedeelte van die organiese materiaal mineraliseer nie, maar vorm nuwe organiese kettings, genaamd polimere. Hierdie polimere is stabiel en weerstandbiedig teen die aksies van mikro-organismes en is dan die donkerbruin of swart gronddeeltjies bekend as humus. Humus bestaan dus nie meer uit selle soos plante en diere nie, maar dit is steeds organies. Dit speel ’n groot rol in die verbetering van grondgehalte en verbeter onder andere die deurlugting en waterhouvermoë van grond.

Volgens Rupert van der Merwe van Probio bevorder gesonde grond gesonde plantgroei. Maar dis nie waar dit eindig nie – wat ons eet, beïnvloed die genetiese potensiaal as mense en diere. Ten einde ’n gesonde immuunstelsel op te bou, sal ons moet kyk na die opbou en instandhouding van gesonde grond.

Erdwurms en mikro-organismes soos die in Probio-bokasji speel ’n belangrike rol in die gesondheid van grond en gevolglik in die gesondheid van diere én mense.

The post Kostuin, deel 4 appeared first on rooi rose.

Kostuin, deel 3
Erdwurms kan nie kosafval als verwerk nie. Dit is te ingewikkeld om alewig in die kombuis te sorteer. Om die lewe vir jouself makliker te maak, is dit beter om die proses vir ’n bokasji-kombuisdrom te volg en dan erdwurms te gebruik om die kompos tot humus te verwerk. Humus is nie kompos nie. Dit is kompos wat só fyn afgebreek is dat dit uiteindelik net ’n gronddeeltjie is. Dit is wat erdwurms maak. Om te verwys na erdwurmmis as kompos is eintlik ’n sonde, want dit is die nauur se manier om grond te voed. Jy kan dit op jou eie werf naboots deur erdwurms in jou eie wurmplaas aan te hou.

Dit is egter ’n tydsame proses en jy gaan nie oornag berge erdwurmafskeidings hê nie. Dit is wel die moeite werd aangesien die humus wat hulle maak lekker fyn en gerieflik is om in die plantgaatjies te gooi waanneer jy saailinge plant.

Al wat jy nodig het om jou eie wurmboerdery te begin, is houers met dreinering sodat jy die vloeistof wat in die proses afloop, kan opvang. ’n Ou bad werk uitstekend. Twee emmers of plastiekkratte wat binne-in mekaar pas werk ook goed. Maak gaatjies in die boonste krat se vloer sodat die vloeistof in die onderste krat kan afloop.

Plaas dreineringsklippies op die vloer van die bad of boonste houer en bedek dit met skadunet of landskaplap wat water deurlaat. Plaas baie growwe tuinafval (soos takke) bo-op. Gooi dan geskeurde karton, papier en droë tuinafval soos droë blare bo-op. Daarna volg ’n laag groen tuinafval soos vars snoeisels en onkruid sonder sade en bolletjies. Kombuisafval soos groenteskille, koffiemoer en teesakkies werk goed, maar nie iets met skerp geure soos sitrus, uie en rissies nie. *Dit is hoekom ek die bokasjidrom gebruik en dan bloot die kompos saam met die tuinafval vir die erdwurms voer sodat hulle humus kan maak.

Plaas nou die erdwurms in die wurmplaas – jy kan dit by kwekerye koop. Dit is spesiale erdwurms wat spesifiek kompostering doen. Hulle staan bekend as ‘Red Wiglers’. Bedek dan met nog droë tuinafval of kompos en maak effens klam. Bedek met ’n paar lae karton of skadunet om dit klam te hou. Hou dit altyd op ’n koelerige, maar nie te koue plek.

The post Kostuin, deel 3 appeared first on rooi rose.