eskom | rooi rose

Onthul: Kragreus op sy knieë – Wat gaan by Eskom aan?
Beurtkrag, korrupsie en korporatiewe verval binne Eskom is pal in die nuus en ons ligte brand 6 tot 8 ure van die dag nié. Dit is ysingwekkend om te dink dat die winter op pad is. Frustrasievlakke is hoog. ’n Gevoel van magteloosheid dreig om ons as samelewing lam te lê.

Al hierdie aspekte – korrupsie, beurtkrag, korporatiewe verval en dies meer – word bespreek vanuit die perspektief van hoe dit ons almal raak. Met hierdie Onthul-episode sal daar gepoog word om aan kykers te verduidelik wat presies aangaan, hoe die toekoms waarskynlik gaan lyk en hoekom sake staan soos dit tans die geval is.

Onthul: Kragreus op sy knieë vorm deel van ’n reeks ondersoekende nuusdokumentêre onder die vaandel Onthul, wat deur IdeaCandy, vervaardigers van die Showmax-treffers Devilsdorp en Stella Murders, gemaak word.

In Julie 2022 is die eerste nuusdokumentêr in die Onthul-reeks, Onthul: My pa het my nie verkrag nie, op kykNET uitgesaai. Dié uur lange dokumentêr het ondersoek hoe dit gebeur het dat Abrie Raaths skuldig bevind is op vier aanklagte van verkragting en twee van seksuele aanranding van sy dogter, Megan Raaths. In Februarie 2023 het die tweede nuusdokumentêr in die Onthul-reeks, Onthul: Skurk of Samaritaan?, gefokus op die omstrede sakeman Louis Liebenberg en sy duistere sakebedrywighede.

Toe Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, op 21 Februarie 2023 in ’n breedvoerige onderhoud op eTV verskeie skokkende uitlatings en onthullings gemaak het, het dit die land in rep en roer gehad. Suid-Afrikaners was skielik nie meer net uitgelewer aan die impak van beurtkrag nie, maar het bewus geword van die omvang van die probleme by dié reuse-semistaatsonderneming.

In Onthul: Kragreus op sy knieë word die huidige beurtkragkrisis se ontstaan en gevolge met verteenwoordigers van Solidariteit en Cosatu bespreek. Landsburgers wil weet hoe lank beurtkrag nog voort sal gaan, hoe hulle hulself daarteen kan staal en wat die oorsake daarvan is en wat moontlike oplossings mag wees. Hierdie vrae word beantwoord vanuit ’n praktiese maar ook polities-historiese perspektief deur onderhoude met, onder andere, Connie Mulder (Solidariteit), Willem Els (Instituut vir Sekerheidstudies) en Dirk Hermann (Solidariteit).

Daar word ook met Eskom-werknemers gepraat – van grondvlak tot die hoof van die Kendal-kragstasie en Eskom se hoof operasionele beampte, Jan Oberholzer, om ’n idee te kry van wat aan die binnekant van die maatskappy aangaan. Daar word vertel hoe dit voel om deur die publiek uitgekryt te word as onbekwaam, en wat dit verg van werknemers om hul mandaat na te kom onder byna onmoontlike omstandighede.

Teen die agtergrond van die 2024-verkiesing, asook die politieke landskap waarbinne grootskaalse korrupsie en sabotasie klaarblyklik hoogty vier, word joernaliste en politieke ontleders soos Kyle Cowan en Antoinette Slabbert geraadpleeg om sin te maak van die aantygings van kriminele aktiwiteit binne en rondom Eskom, asook die bewerings dat misdaadkartelle aan die stuur van sake in Mpumalanga is.

Want, op die ou end, is ons almal saam in hierdie bootjie – EskomSePush klingel klokslag op almal se fone – en almal van ons verdien om deur die feite bemagtig te word, maar ook om die menslike aspekte wat tot die krisis gelei het, te begryp. Dit is die enigste wyse waarop ons saam aan ’n oplossing kan begin werk.

Onthul: Kragreus op sy knieë word op Sondag 2 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dít, asook die ander nuusdokumentêre in die Onthul-reeks (Onthul: My pa het my nie verkrag nie en Onthul: Skurk of Samaritaan?), sal op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ChatGPT, die kunsmatige intelligensie-taalmodel

The post Onthul: Kragreus op sy knieë – Wat gaan by Eskom aan? appeared first on rooi rose.

Wenke om beurtkrag makliker te maak
Wenke om beurtkrag makliker te maak deur Cornelia Postma. Hooffoto: joshblake / istock images

Langtermyn-wenke wat jy kan implementeer om beurtkrag baas te raak

Sonpanele is ’n duur belegging, maar jy kry jou geld terug met verloop van tyd. Sonpanele kan betekendat jy deur die dag van die netwerk af is, en as jy batterye het is jy ook in die nag nie so afhanklik van Eskom nie.

Gasstowe is ook deesdae gewild; met ’n gasstoof kan jy nog heel rustig jou maaltye kook, al moet dit by kerslig geeët word.

Lees ook: Is jy gasveilig tydens beurtkrag?

Songeisers help dat jy warm kan stort.

Indien jy dit kan bekostig, koop ’n kragopwekker, sodat jou ligte kan brand al is jou buurt donker. Dit kan ’n goeie belegging wees, veral vir sakepersele, maar onthou net jy gaan diesel of petrol nodig hê om die kragopwekker te gebruik.

Koop ligte wat met sonpanele werk, wat deur die dag buite in die tuin kan staan en laai sodat dit saans as dit donker is, vir jou lig kan verskaf.

Wonder jy wat al die verskillende fases van beurtkrag beteken en inhou? Klik hier

AleksandarNakic/istock images

Maklike wenke vir die korter termyn

Vries 2l koeldrankbottels met water voor die tyd, sodat as die krag lank af is, jy die bottels in jou yskas kan plaas om dit koeler te hou.

Jou kos behoort reg te bly as jy nie die yskas te gereeld of te veel keer oopmaak nie.

Indien jy bang is dat jou vleis in die yskas gaan afgaan, plaas die kos in ’n koelsak of koelhouer, plaas ys daarin en hou dit toe sodat die kos koud bly.

Lees ook: Ons 5 gunsteling-beurtkragresepte

Maak seker jy het genoeg kerse en vuurhoutjies wat maklik bereikbaar is, sodat jy net kan aansteek as dit donker is.

Daar is altyd ’n brandgevaar met kerse, hoe romanties ookal. Koop dus eerder ligte wat met batterye werk.

Maak seker jy het foonlaaiers wat in die kar kan werk, sodat jy nog steeds jou selfoon kan gebruik. Of kry kragbanke (power banks) om jou tegnologiese toerusting te herlaai, of gebruik jou skootrekenaar.

Lees ook: Selfoonmites en wenke

Onthou dat as die krag af is jou hek, alarm en motorhuis ook nie werk nie, so maak seker dit het batterye dat jy steeds veilig is en dat jy in jou huis kan kom.

Beskerm jou elektriese toerusting deur kragstuwings-beskermingstoerusting te koop, “multi-plug” met ’n aan en af knoppie is ’n goeie voorbeeld. Of beskerm die toerusting deurdat jy die kragproppe afskakel tydens beurtkrag.

Daar is verskeie selfoontoepassings wat jy verniet kan aflaai, naamlik: MyEskom en EskomSePush.

Indien jy ’n skedule kan uitdruk, plaas dit op die yskasdeur, sodat almal gereed kan wees as die krag af is.

Lees ook: Apps wat enige vrou se lewe makliker maak

Wees versigtig oor fopnuus wat versprei, maak dus seker van wat jy hoor deur ondersoek in te stel. Indien jy vinnig wil weet of jou buurt in die gedrang is, besoek sosiale mediaplatforms en soek vir “Eskom” jou buurt. Of besoek een van hierdie webtuistes om ’n skedule te vind:  capetown.gov.za, citypower.co.za, tshwane.gov.za, ekurhuleni.gov.za, loadshedding.eskom.co.za

Laastens geniet die donkerte, en kuier weer as gesin saam om ou bordspeletjies en deur lekker saam om die etenstafel stories te vertel.

Lees ook: Hoe gemaak met beurtkrag?

The post Wenke om beurtkrag makliker te maak appeared first on rooi rose.