#familytime | rooi rose

Vyf stappe vir ’n gesonder leefstyl
Hier is vyf maklike stappe wat jou aan die gang sal kry:

Moenie afsprake uitstel nie

Ons is geneig om tandartsafsprake en doktersbesoeke uit te stel, of selfs af te stel. Begin deur al jou afsprake op een slag te maak. Gereelde besoeke aan jou dokters is ’n voorkomende maatreël wat kan help om later groter en ernstiger probleme te vermy.

Lees ook: Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet

Raak stadigaan aktief

’n Mens wil altyd so vinnig en so gou moontlik fiks en slank raak, maar dis onnodig om jouself te druk – dit sal net meer skade aanrig. Swaar oefening (veral as jy onfiks is) kan spieruitputting veroorsaak. Dit is nie net seer nie maar dit kan ook meebring dat jy vir ’n ruk moet ophou oefen om te herstel.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

Werk aan jou verhoudings

’n Gesonder leefstyl sluit nie net fisieke gesondheid in nie, maar ook geestesgesondheid. Jy moet aan al die aspekte in jou lewe aandag gee; van gesonde eetgewoontes tot gesonde verhoudings. Begin by die belangrikste verhoudings, soos by jou gesin. Maak meer tyd vir jou gesin en dan kan jy begin werk aan jou vriendskappe en werksverhoudings. Doen moeite om plek te maak vir die spesiale mense in jou lewe, al moet julle maande voor die tyd reëlings tref om saam tyd deur te bring.

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

Raak ontslae van skuldgevoelens

As jy eet wanneer jy emosioneel of gespanne is, sê ’n mens maklik iets soos “ek weet ek moenie hierdie eet nie, maar … ” Dit impliseer net selfoordeel en onnodige skuldgevoelens, wat jou slegter laat voel en weer net hierdie soort optrede aanmoedig. Hou op om verskonings te maak vir jou eetgewoontes – en kry deur ’n ander aktiwiteit ’n uitlaatklep vir spanning.

Lees ook: Raak ontslae van jou emosionele bagasie

Hou jou grysstof fiks

Pleks van doellose speletjies op jou tablet te speel of saans TV te kyk, daag eerder jou brein ’n bietjie uit. Lees ’n boek of speel Sudoku. Jy kan ook verskeie toepassings op jou slimfoon of tablet aflaai wat jou brein besig en gesond sal hou.

Lees ook: Bekommerd omdat jy vergeet? Hou jou brein jonk

Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen

The post Vyf stappe vir ’n gesonder leefstyl appeared first on rooi rose.

Voordat jy met ’n gesin begin…
Om ’n gesin te begin is een van die grootste besluite in jou lewe – en een wat nie sommer liggies geneem moet word nie. Hier is ’n paar punte waaraan jy moet dink voor jy met ’n gesin wil begin.

Jy sal nooit finansieel gereed wees nie

Moenie wag tot jy finansieel sterk staan nie. Kinders is duur en jy sal nooit genoeg geld gespaar hê om al die uitgawes te dek wat saam met  kinders kom nie. Solank jy met ’n beginfonds wegspring, sal die geld kom; jy sal altyd ’n plan maak en alles sal uitwerk.

Die regte redes

Waarom wil julle jul gesin uitbrei – en is dit om die regte redes? Hier is ’n paar verkeerde redes: druk van jou (skoon)ouers; groepsdruk omdat al jul vriende reeds babas het; julle wil kinders kry om ’n probleem in jul verhouding reg te stel … Dink daaroor na en vra jou af vir wie julle ’n gesin begin, en hoekom? Onthou, kinders is ’n lewenslange verantwoordelikheid, en julle moet doodseker wees dat julle om die regte redes met ‘n gesin begin.

Lees ook: Swanger bo 40

Maak seker julle het ’n gesonde verhouding

Om kinders groot te maak is nie kinderspeletjies nie. Dis moeilike en harde werk en verg baie opofferings. Die kanse is groot dat jou verhouding met jou wederhelfte op die agtergrond geskuif gaan word en dat die verhouding in die begin sal swaarkry. Voordat julle enigsins aan kinders dink, moet julle seker wees dat jul verhouding sterk genoeg is. Vra julle af of jul verhouding (minstens) 18 jaar van ouerskap kan oorleef.

Wees op dieselfde blaadjie

Jul verhouding moenie net sterk genoeg wees nie, maar julle moet ook saamstem oor die manier waarop julle ouerskap wil aanpak, en hoe julle die kind(ers) wil grootmaak. Dit klink dalk vanselfsprekend, maar baie paartjies het nie gesprekke voor die tyd oor hoe hulle glo kinders grootgemaak moet word nie. Vra jouself en jou maat vrae soos dié: hoe sal ons ons kind straf vir stoutigheid? Watter skool moet die kind bywoon? Glo ons in “tough love”, of wil ons ’n meer sensitiewe kind grootmaak? Mag ons kind suiker eet?

Lees ook: Maak nuuskierige kinders groot!

Lees ook: My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

The post Voordat jy met ’n gesin begin… appeared first on rooi rose.

Bevry jouself van spanning
Die lewe kan soms met ons weghol sonder dat ons dit eens besef. Tussen werkslewe en gesinsverantwoordelikhede voel ons soms asof alles buite beheer raak. Gee ’n treetjie terug. Haal diep asem en volg hierdie stappe om beheer terug te neem.

Soek die oorsake

Wat maak jou gespanne? Wat veroorsaak slegte spanningsreaksies? Om die oorsake van jou spanning te identifiseer is om die eerste tree te gee om spanning uit te sny. Ons raak gereeld so oorweldig dat alles spanningsvol voel – selfs die klein goedjies wat nie veronderstel is om so te wees nie. Stel vas wat die werklike oorsake van jou spanning is en ignoreer die res.

Lees ook: 12 tekens wat wys dat jou depressie beter is

Raak kalm

Jy jaag van vergadering tot vergadering en dan weer huis toe om vir die gesin kos te maak en tyd saam met hulle deur te bring … het jy enigsins tyd om stil te raak? Jy het dalk nie tyd nie, maar jy moet tyd maak. Neem ’n paar minute uit jou dag om weg van spanningsvolle situasies te kom en om net asem te haal en ’n blaaskans te neem.

Ontsnap

Dis nie altyd maklik nie, maar probeer om vir ’n naweek weg te gaan. Vat die pad, al is dit net ’n uur buite die stad en vir twee dae. Dit sal jou steeds die skoot energie gee wat jy nodig het.

Sou, kon, wou …

Jy moes hierdie doen, jy sou dit gedoen het, en jy wou dat gesê het … laat dit als gaan. Laat die goed gaan wat jy moes doen, maar nie by uitgekom het nie – dit dra net by tot jou spanningsvlakke en dis doelloos om heeltyd te dink aan dinge wat jy nie kan verander nie. Leer hoe om die goed wat jy nie gedoen het nie agter jou te sit en moenie jou daaroor kwel nie. Leer eerder om vorentoe te kyk en om beheer te neem oor wat jy werklik kan verander.

Lees ook: Eksamentyd: Hoe betrokke moet ouers wees?

The post Bevry jouself van spanning appeared first on rooi rose.

Leer hoe om te ontspan
Die lewe raak besiger en die druk raak meer, en soms vergeet ons om te stop en vir ’n oomblik te ontspan. Jou skedule kan so vinnig vol raak met gesins- en werksverpligtinge. Dit is egter belangrik vir jou geestelike welstand om soms tyd te neem om dinge te doen wat vir jou lekker is. Hier is ’n paar maniere hoe jy ontspanning in jou besige skedule kan bywerk:

Maak tyd om te mediteer

Skryf dit in jou dagboek en bly daarby asof dit nóg ’n vergadering is. Gaan stap buite en asem die vars lug in, al is dit net vir 20 minute. Sit stil en blokkeer al die geraas om jou uit en vergeet vir ’n paar minute van die take wat jy nog moet voltooi. Neem selfs by die huis ’n paar minute vir jouself: gaan na ’n aparte kamer en maak tyd vir jouself.

Lees ook: 10 maniere om positief te bly

Slaap lekker

Ons slaappatrone het gewoonlik ’n tekort aan die diep rus van REM-slaap weens al die spanning in ons daaglikse lewens. Drink kamille-tee voor slaaptyd. Skakel jou skootrekenaar, tablet en selfoon af. Verwyder alle spanning uit jou kop en moenie dink aan die dinge wat jy die volgende dag moet doen nie. Fokus op die gevoel van jou kop op die kussing, maak jou oë toe en slaap.

Onthou, hoe gelukkiger jy is, hoe gelukkiger is jou gesin

Gaan vir ’n massering

Moenie net daaroor praat nie, doen dit! Bespreek ’n massering tydens jou middagete of oor ’n naweek. Beskou dit ook net so belangrik as ’n vergadering of selfs ’n gesinsuitstappie!

Begin ’n stokperdjie

Lees, neem saans kunsklasse of begin ’n breigroep – en hou daarby! Neem dit ernstig op, moenie dit weer eenkant toe skuif wanneer jy besig raak nie. As jy ’n paar uur per week tyd neem om iets te doen wat jou gelukkig maak, sal jou stresvlakke baie daal. Onthou, hoe gelukkiger jy is, hoe gelukkiger is jou gesin.

Breek weg van sosiale media

Studies het bewys dat sosiale netwerke jou gemoedsrus kan manipuleer. Hoe meer negatief die inligting is wat jy lees (soos die nuus), hoe slegter kan jou bui raak. Onlangs het ’n angs-navorsingsgroep in Engeland ’n opname gedoen oor die gebruik van sosiale media en die uitwerking daarvan op emosies. 53% van die deelnemers het gesê sosiale media-webwerwe het hul gedrag verander, terwyl 51% van hulle gesê het die verandering was negatief. Negatiewe stories kan jou benadeel en jou angstig of ongemaklik maak. Probeer om sosiale media-apps van jou foon te verwyder en monitor hoe dit jou buie beïnvloed.

Lees ook: 10 dinge wat jy vanjaar kan doen om gelukkiger te wees

The post Leer hoe om te ontspan appeared first on rooi rose.

Vroue kán superhelde wees
Om ’n vrou te wees in 2017 is moeilik. Daar is ’n inherente dryfkrag om altyd jou beste te doen en om harder te probeer. Hier is ’n paar dinge wat jou sal help om jou beste te kan gee.

Kry jou prioriteite reg

Ons is lief vir lysies maak – omdat dit werk. Begin elke dag met twee lysies. Een vir jou werk, een vir jou huis of gesin. Maak ’n lysie van alles wat jy moet doen. Sodra jy alles neergeskryf het, moet jy besluit wat daarvan is die belangrikste. Nommer jou take in volgorde van belang en begin dan met nommer een. Sit ’n stukkie papier oor die res van die lysie sodat jy nie oorweldig voel met alles wat  nog gedoen moet word nie. As nommer een klaar is, pak jy nommer twee. Beweeg deur elkeen van die nommers tot jy klaar is.

Vermy dinge waaroor jy nie beheer het nie

So moeilik as wat dit mag wees om te aanvaar, kan ons nie alles beheer nie. Dit is die aard van vroue om in beheer van al die situasies van die lewe te wil wees. Maar die lewe verras ons gereeld met situasies wat ons nie veronderstel is om te beheer nie. Dinge soos gesondheidskwessies wat heeltemal buite jou beheer is. Sit dit eenkant en hanteer dit net as dit opduik. As sulke moeilike tye opduik, gaan na jou familie vir ondersteuning. Moenie bang wees om kwesbaar te wees voor hulle nie. Jy sal dikwels krag kry deur openlik te wees.

Leer om nee te sê

Om ja te kan sê getuig van ’n sterk standpunt, maar die krag van nee moet ook gebruik word om jou te bemagtig. Moenie nee sê net omdat jy sommer lus is nie. Sê nee wanneer dit nodig is, selfs al beteken dit om nee te sê vir jou gesin of jou baas. Daardie klein woordjie het soveel krag. Dit kan jou weer in beheer laat voel.

Leer om te delegeer

Dit is nie maklik vir ’n vrou om beheer oor te gee nie, maar dit is soms belangrik om dit te doen. Dit is geen skande om take aan jou gesin of kollegas te delegeer nie. Dit beteken nie dat jy minderwaardig of onbevoeg is nie. Dit beteken eintlik die teenoorgestelde, dit beteken dat jy in beheer is en jy vertrou ander mense. Begin klein, delegeer daaglikse take in jou huishouding na jou gesinslede want dit gee jou kans om aan belangriker goed aandag te gee.

The post Vroue kán superhelde wees appeared first on rooi rose.