februarie | rooi rose
Oorleef Kaapstad se hittegolf só
Wanneer Kaapstad se stygende temperature jou aanraai om vir koeltes uit te soek, is dit steeds moontlik om die stad se pragtige bestemmings en aktiwiteite ten volle te geniet. Of jy nou ‘n avontuurlustige, natuur- of kosliefhebber is en opsoek is na die koelste plekke, het ons die beste opsies om Februarie se hitte op ys te sit.
Maak ‘n plan met Ocean Adventures
Niks koel jou af soos die see nie. Kaapstad bied een van die beste maniere om die kus te geniet. Tydens ‘n Divers Ocean Safari kan jy die ondersese wêreld verken en sy ongelooflike seelewe onder die golwe gewaar. As jy dit verkies om bo die water te bly, is ‘n kuslangse Kajakavontuur die perfekte manier om asemrowende uitsigte te geniet terwyl jy deur kristalhelder water roei. Diegene wie op soek is na ‘n stranddag, is Boulders Beach ‘n lekker swembestemming. Hier kan jy selfs naby pikkewyne kuier.
Lees ook: Maak ’n kreatiewe kind groot
Verken ‘n skilderagtige roete
As jy op soek is na ‘n vars briesie terwyl jy die Kaap verken, is ‘n Jeep Toer ideaal vir Kaapstad se rotsagtige terrein. As jy ‘n adrenalienskop soek, sal SA Forest Adventures se Zip Line jou deur die bome laat vlieg terwyl die wind deur jou hare waai. As jy selfs hoër uitsigte verlang, is Parapax Paragliding die beste manier om langs die kuslyn te sweef en met Seepunt se verfrissende seeluggie af te koel.
Bewonder Tafelberg in styl
Geen reis na Kaapstad is dieselfde sonder om die stad se mees ikoniese landmerk te besoek nie. Neem Tafelberg se kabelkarretjie vir ‘n ontspannende retoerrit. Terwyl jy op die berg is, probeer  selfs abseil met Cape Extreme Adventure Tours waar jy langs die berg se kranse afkom vir ‘n ervaring soos geen ander nie. Wat dit ook al mag wees, die bergskouspel en koel lug maak dit die beste manier om uit somerhitte te ontsnap.
Lees ook: Jy kan jou kind swaarkry help verwerk
Ontspan met kos, drankies en atmosfeer
Ná al die avonture is dit tyd om terug te sit en te ontspan. Timeout Market is ‘n kosliefhebber se droom en bied ‘n binnenshuise versameling van eersteklas-kosstalletjies met Kaapse disse en drankies. Vir ‘n prettige manier om jou somersdag mee af te rond, geniet ‘n vroeë aandete by OuiBar, Radisson Red Waterfront se stylvolle dakkroeg wat panoramiese uitsigte en ysige kelkies bied.
Lees ook: Kinders: kos wat slim maak
Met só baie ongelooflike aktiwiteite in die Kaap, staan die hittegolf nie ‘n kans nie. Of jy nou in die see gaan duik, kuslangs sweef, of kelkies met ‘n uitsig geniet, bied Kaapstad ‘n heerlike mengsel van avontuur en ontspanning om jou koel te hou.
Lees ook: Kinders verveeld? Hou hulle gelukkig en besig by hierdie Kaapstad-bestemmings
The post Oorleef Kaapstad se hittegolf só appeared first on rooi rose.
Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie
Danksy die musiektalent van Joshua na die Reën en Karlien van Jaarsveld het die maand van liefde op ’n hoë noot afgeskop. Hul liefdesduet “Beter vir ons albei” is pas vrygestel. Hierdie popballade, wat deur Gideon Botes vervaardig is, delf in die mylpale wat ons vir onsself in die lewe stel – ’n treffende herinnering aan hoekom ons hier is en wat ons doel is.
Oor die inspirasie vir die liedjie, verduidelik Joshua na die Reën oftewel Jacques de Villiers: “Ná ’n optrede ’n paar jaar gelede het ek die hartverskeurende nuus ontvang dat ’n vriend se pa oorlede is. Hy was iemand na wie ek baie opgekyk het, en ek het myself in ’n donker plek bevind. Wanneer iemand met so ’n beduidende impak op ’n mens se lewe sterf, laat dit ’n leemte, en ek het al hierdie vrae vir God gehad. Die lewe is so onseker, en jy weet nooit wat volgende gaan gebeur nie. Nadat ek by die gastehuis aangekom het, het ek met my kitaar op die kombuisvloer gesit en gevoel hoe God vir my sê om te onthou wat my doel is. Ek glo dat Hy hierdie oomblikke skep as bakens om ons op koers te hou.”
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album
Jacques vertel dat die idee om saam met Karlien aan die liedjie te werk, sy vrou, Danelle, se idee was. “Toe ek die liedjie vir haar speel, het sy gesê sy hoor Karlien se stem daarin, en ek het dadelik geweet dit is wat moet gebeur. Ek was opgewonde toe sy ingestem het om dit saam met my te doen.”
Hierdie samewerking is vir hom ’n groot voorreg, want hy het groot bewondering vir Karlien se menslikheid, talent en stem. Hy deel dat albei van hulle die persoon geken het waaroor die liedjie handel. “Dit is nie ’n duet wat mense sou verwag nie, maar ek bewonder iemand wie se uitkyk op musiek nie net vir vermaak is nie, maar om iets mooi en heilig na die wêreld te bring.”
Karlien stem heelhartig saam en sê dat sy baie gemaklik gevoel het om saam met Joshua na die Reën te werk. “Hy sien die wêreld anders, kyk dieper as net wat voor hom is, en laat jou toe om net jouself te wees. Hy is ’n diep denker, soos ek, en so musikaal! Ek weet nog altyd hy is een van my gunstelingmusikante, maar ná hierdie samewerking weet ek hy kan enigiets doen!”
Jacques sluit af: “Ek dink mense is mal oor musiek en ’n boodskap waarmee hulle kan vereenselwig, en dit is beslis so ’n liedjie. Dit sal jou ook herinner om daardie oomblikke te soek waar jy alleen en vreedsaam is, sodat jy waarlik tot in die kern kan ontdek wie jy as mens is.”
Karlien Meiring het met die ongewone wenkombinasie gesels:
Vier julle Valentynsdag?
K: Nie regtig nie, maar my man doen! My man sal altyd iets spesiaals doen en dan sal ek daarmee saamgaan, want ek is glad nie romanties nie. As ek iets moet kies, sal dit iets onder die sterre wees, ver weg van mense en geraas.
Ek dink wanneer ’n mens jonger is, is dit ’n goeie herinnering om waardering vir mekaar en vir jouself te wys. Soos jy ouer jy word, weet jy dat alles in en uit liefde die hoogste vorm van uitdrukking en groei is. Dan is dit deel van ’n daaglikse in- en uitasem en nie tydverbonde nie.
J: Ek en my vrou vier nie eintlik Valentynsdag nie. Ons probeer elke dag belangrik maak en ons liefde vir mekaar wys. Ons is maar teenstanders van ’n tradisie wat net ’n tradisie is. ’n Mens sien ongelukkig dat mense vreeslik moeite met mekaar op sulke dae doen, maar dan die res van die tyd mekaar afskeep. As ’n mens regtig lief vir mekaar is, sal elke dag dit weerspieël. Dit bly vir my lekker om te sien hoe mense dit vier en dis veral spesiaal om ’n optrede op die dag te kan doen.
Op watter maniere beïnvloed of inspireer jou aanhangers jou musiek?
K: Ek is sommer net verstom met hoeveel jongmense al my liedjies ken. Dis so lekker om veral kinders in die oë te kan kyk by my vertonings terwyl ons die liedjies vir mekaar sing. Dan sing ek nie meer alleen nie. Ek dink daar is ’n “heel” gevoel in sulke oomblikke en dit laat my aanhou op verhoë klim.
J: Ek waardeer veral waardevolle gesprekke met my aanhangers. Ek is baie bly my loopbaan is nie gebou op wie ek is nie, maar eerder op dit wat ek skryf en as ’n musikant skep.
Wat is jou gunsteling-liefdesliedjie?
K: “Forever Young” van Rod Steward.
J: “A Case of You” van Joni Mitchell en “Hoe ek voel” van Johannes Kerkorrel
Is daar ’n spesifieke genre of styl van musiek wat jy nog nie verken het nie, maar graag wil?
K: Ek doen nogal ’n redelike verskeidenheid genres by my vertonings, maar ek sou graag net diep musiek wou sing, wat ware stories vertel. Dis egter nie altyd die gewildste liedjies nie.
J: Miskien sal funk iets wees, wat ek in my toekomstige musiek sal wil inwerk.
Al twee van julle het aansienlike sukses in die bedryf behaal. Wat sou jy as die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver beskou?
K: Net waar ek vandag is. Saam met my band in ’n repetisielokaal of op ’n verhoog voor duisende mense. Albei dele is vir my ewe lekker.
J: Dis regtig net vir my amazing om saam met my vriende musiek te kan maak en om mense daardeur weg te voer. As ek op die verhoog staan en kan sien hoe die belewenis iets in iemand se oë laat begin lewe, is dit vir my ’n hoogtepunt. As dit by samewerkings kom, is ek veral dankbaar om saam met mense soos, Janine Neethling, Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Richard van der Westhuizen, Liani Reynolds, Leon Gropp, Simoné Roets en nou Karlien, te kon werk.
Foto: Hendri van Skoll Photography
“Beter vir ons albei” is nou op alle digitale stroomplatforms beskikbaar.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi
The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie appeared first on rooi rose.
kykNET se nuwe romantiese komedie sal jou weer in die liefde laat glo
Nie net ’n liefdesbrief aan Kaapstad nie, maar ook ’n liefdesbrief aan almal – selfs die wat al deur die meul is – wat nog in liefde glo. Om en om is ’n vollengte TV-film wat spesiaal vir Valentynsdag geskryf en vervaardig is.
In die rolverdeling is Troukoors se Ilse-Lee van Niekerk as Liesl, Evan Hengst, bekend vir sy werk in die The Kissing Booth-flieks, as Sybrand. Die bekroonde aktrise Cintaine Schutte is te sien as Jo, Liesl se kollega en die boelie in die kantoor, en Greg Kriek het spesiaal van Amerika gekom om die rol van Merwe te vertolk.
Ook te sien is Erica Wessels, Albert Maritz, Ira Blanckenberg, Melt Sieberhagen en Daneel van der Walt. Die draaiboek is deur Retief Scholtz en die regisseur is Willem Grobler. Die klankbaan is deur Chad Zerf gekomponeer.
Sybrand Meyer, ’n valerige rekenmeester, en Liesl Tredoux, ’n werkverslaafde prokureur, woon elkeen op hulle eie in Kaapstad. Hy verwerk nog ’n liefdesteleurstelling en sy sal eerder in die kantoor wees as op soek na liefde. Terwyl hulle onderskeie lewens nie ’n straf is nie, is dit nie juis opwindend nie.
Dis Vrydagaand en Liesl se kollega Jo is oortuig dat Liesl nie impulsief genoeg is nie. Liesl stem uiteindelik in om saam met Jo en ’n paar ander uit te gaan.
In ’n ander deel van die stad probeer Sybrand sy ma se pogings om vir hom ’n blind date te reël vryspring en hy bied aan om die motorbestuurder vir sy kollegas te wees. ’n Reeks misverstande laat Liesl en Sybrand by dieselfde tafel beland en in nog ’n kinkel moet hulle Liesl se sleutels begin soek.
Wanneer die horlosie middernag slaan, gaan hulle terug na hulle lewens soos wat dit was. Of dalk nie?
“Ek is mal oor hoe vasberade Liesl is,” sê Ilse-Lee. “Sy het deursettingsvermoë wat skrik vir niks nie. Ek hoop regtig kykers geniet dit. Dis ’n lekker stukkie pret en liefde en moet geniet word met popcorn en sjokolade.”
“Ek glo dat jy soms gekies word om ’n karakter te speel en ander kere kies die karakter jou,” sê Evan. “Die rol van Sybrand het my die geleentheid gegee om deur my eie lewe te gaan en my persoonlike uitkyk op verhoudings en liefde te ondersoek en te bevraagteken. Ek en Sybrand deel eienskappe, maar ons het ook verskille. Met die teks as kompas, kon ek sy lewensverhaal met al sy fiemies en herinneringe skep.”
Is Sybrand vir hom ’n romantiese held?
“Wie hou nou nie van ’n loveable loser nie?,” sê Evan. “Iemand wat nooit die girl op hoërskool gekry het nie, maar op die ou end wen hy almal se harte wanneer hy die uitdaging aanvaar. Sybrand is beslis een van hulle en ek hoop kykers neem hom in hulle harte, net soos al die ander vreemde en wonderlike karakters in Om en om.”
“Die hele fliek is in Kaapstad verfilm,” sê die vervaardiger Jaco Nothnagel. “Ons het onder meer in die ikoniese De Waal-park geskiet en ons is dankbaar vir Iziko Museums wat vir ons toegang tot die planetarium gegee het.”
Hy is vol lof vir die spelers wat die kleiner rolle speel. “Albert en Ira is Romano en Julia, ’n verliefde ouer paartjie wat vir die hoofkarakters wys: wie nie waag nie, wen nie. Melt maak ’n meesterlike kameerolverskyning as Sulky die nar en Daneel is die ontdeunde kroegvrou wat vir die hoofkarakters leidrade op hulle onverwagse aand in Kaapstad gee.”
“’n Skrywer kry nie altyd die geleentheid om ’n romantiese komedie te skryf nie en daarom het ek alles ingegooi,” sê Retief. “Ek wou ’n fliek skryf vir die under dog wat nie altyd liefde vind nie. Hulle wat alleen is, wat seergekry het, maar om te wys dat mens nooit hoop moet verloor nie.”
Hy sê sy obsessie en totale liefde vir Kaapstad het ’n rol gespeel. “Ek is meer van ’n huishen, maar het nog altyd gewonder hoe ’n aand uit in Kaapstad kan lyk, veral wanneer dit by die liefde kom. Ek is baie trots op die eindproduk en hoe alles bymekaar gekom het.”
Om en om se debuut is op 11 Februarie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Dit sal ook op Catch Up beskikbaar wees.
The post kykNET se nuwe romantiese komedie sal jou weer in die liefde laat glo appeared first on rooi rose.
10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose móét lees!
Voorbladster Melinda Bam se nuwe seisoen:
Sy het dalk vir eers haar adrenalienbelaaide TV-lewe gegroet, maar daar is nou ’n nuwe rede vir opgewondenheid. ’n Babaseuntjie is op pad!
Ons gesels met die SA legende Brümilda van Rensburg
Enigmaties? Ja. Entoesiasties en energiek? Vir seker. Dis egter aktrise Brümilda van Rensburg se besonderse werksetiek wat haar so geliefd  in die plaaslike TV- en fliekbedryf gemaak het. Ons het mer haar opgevang.
’n Nuwe glimlag: Jou tande het ’n groot invloed op jou selfvertroue.
Ons gee raad vir ’n breër glimlag.
As      likes      jou waarde bepaal
Baie is al oor sosiale media se impak gesê en geskryf. Ons weet daar is voordele en ons weet daar is nadele, maar dit blyk asof dit tieners is wat merendeels met die negatiewe impak daarvan worstel. Ons gee raad.
Talentvolle ma en seun
Skrywer Wilna Adriaanse en akteur Beer Adriaanse gesels.
Wen met Tanur!
Die Dancing Diamond-halssnoer is van 18 kar-witgoud gemaak. Een gelukkige leser kan dié halssnoer ter waarde van R35 790 wen!
Die groot gemis
As ’n mens nie self daardeur is nie, kan jy jou nie indink hoe dit moet wees om na ’n kind te smag en nie swanger te raak nie. Ons het by ’n vrugbaarheidskliniek in Johannesburg vir meer inligting gaan aanklop.
Die pad na jou hart
Maak hierdie Valentynsdag ekstra spesiaal en kies een van ons lekker disse om saam met jou maat te maak.
Op die drumpel van groot dinge
Zanele Sibiya is onlangs as Mrs Globe Suid-Afrika aangewys. Sy vertel hoe bevrydend dit was om te besef dat verlies nie veronderstel is om haar terug te hou nie, maar juis na hoër hoogtes te neem.
Verslaaf aan die liefde
Gesonde romantiese liefde is ongelooflik, maar wat gebeur as iemand  aan die liefde verslaaf is?
Lees ook: Beste biltongslaai
The post 10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose móét lees! appeared first on rooi rose.
Sê dit met ’n soen
“SOEN MY, SOEN MY WEER EN WEER! Jou liefkosings is beter as wyn,” het selfs wyse Salomo eeue gelede al oor soene geswymel. En soene word nie net in Hooglied en minnelied besing nie, dis die hart en hoogtepunt van menige boek, gedig, rolprent en soet herinnering.
Pienkvoete deel maklik natterige oopmondsoene uit – so sonder rede en so onverklaarbaar natuurlik dat ons dit maar gelate met warm ma-harte aanvaar en vertroetel.
Maar pienkvoete word groter, en die soentradisie van Afrikaanse bloedfamilie gee hulle nagmerries en word tot elke prys omseil.
Tog loop die lewe soos hy moet, en êrens kry die soen ’n passiegeurtjie. Tieners fluister agter bakhande oor hierdie inlywing in grootwees. Potloodblikkies word altaartjies van beroemdes wat soen en troetel. Die afwagting en opwinding van die eerste soen word tot in die fynste besonderheid deurgedroom. Hoe gaan dit wees? Veel belangriker: met wie?
’n Soen is immers baie meer as die blote aanraking van lippe en die eenword van twee asems. Om só intiem met ’n ander wese om te gaan dat julle ’n asem deel, is sielstaal.
Onthou jy jou weerloosheid ná jou eerste (onbehendige) soen; die vrees dat jou adolessente, hormoongedrewe, rankerige ridder op sy dikwielfiets die geheim met sy vriende gaan deel? Jy’s jou eetlus kwyt en huil maklik. Jy lê ure in ’n donker kamer met jou teddie onder jou blad en herleef die lewensveranderende ondervinding oor en oor. Die emosies is vreemd en nuut, maar die nasmaak onbeskryflik soet.
Die soen se spore lê diep in die geskiedenis. In die Steentydperk het ma’s glo hul kos fyn gekou en met hul monde vir hul suigelinge gevoer. Vandaar die baba se instink om oopmondsoentjies uit te deel. Nog ’n teorie is dat die soen sy ontstaan te danke het aan ’n heilige en godsdienstige gebruik. Sowat 2 000 jaar v.C. is geestelike eenheid tussen broers en susters met ’n kus gesimboliseer. Die ortodokse Indiaanse stamme glo die siel en die asem is een: As jy iemand soen, word jul siele vir ewig verenig.
In wat beskryf word as die langste verhandeling oor die soen, het Martin von Kempe in 1946 Opus Polyhistoricum de Osculis gepubliseer. Volgens hom het die betekenis van die soen in die vroeë twintigste eeu ’n herlewing ondergaan. Die erotiese betekenis van die soen het sterker na vore gekom en mense het vroeë spirituele soene deur ander gebruike vervang om verleentheid te vermy. Met die toenemende bewustheid van homoseksualiteit was mans nie meer gemaklik met die ritueel van soengroet nie. Die Franse het ingegryp en die gebruik waar mans mekaar op die wang soen, die norm gemaak.
Tot in die laat agttiende eeu kon mans wat mekaar soen van sodomie aangekla word. Die soen soos geskiedenis dit geken het, se dae was getel.
Waar lê die onvergeetlike soen? Dit wag ver buite die grense van voorafdroom en beplanning. Dit raak klein oor die horison – waar woorde opraak en net die hart luister. Om só te soen, kom soms net eenkeer in ’n leeftyd. Die danser en choreograaf, Agnes de Mille het gesê: “Then I did the simplest thing in the world. I leaned down … and kissed him. And the world cracked open.”
Legendariese soene
Die bekendste soen is ongetwyfeld die Judaskus toe Judas vir Jesus in die tuin van Getsemane gesoen het voor hy hom verraai het.
Die soen in Die Slapende skoonheid waar die prins die prinses uit ’n diepe slaap wek, is ’n kosbare kinderherinnering. Tog het feministe warm onder die kraag geword oor die simboliek van die storie. Stryders vir vroueregte sê die idee dat ’n vrou ’n man nodig het om seksualiteit te laat ontwaak, is twak. Maar die teendeel gebeur waar die prinses ’n padda soen om hom weer in ’n prins te verander.
Die balkonsoen van wyle prinses Diana en Charles, die prins van Wallis, is deur derduisende mense gesien en verromantiseer.
Silwerdoeksoene
Clark Gable en Vivien Leigh se soen in Gone with the Wind is volgens ’n Internetpeiling die onvergeetlikste silwerdoeksoen.
Sharon Stone en Michael Douglas se Basic Instinct-soen is tweede op die lys.
Andie McDowell en Hugh Grant beklee die derde plek met hul soen in Four Weddings and a Funeral.
Stroomopsoene
Madonna en Britney Spears se soen voor ’n jillende skare, asook die storm-agtige soen tussen die twee cowboys in Brokeback Mountain is dalk van die mees omstrede soene.
Die Franse kus is verreweg die mees erotiese van alle soene en nie toe te pas op familie en vriende nie. Met dié soen gooi jy alle vooropgestelde Calvinistiese idees by die agterdeur uit en verdrink jou in die oomblik. Volgens Ten Facts You Need to Know about Kissing, gebruik jy vir ’n Franse soen minstens dertig spiere in jou mond. Jou hartklop styg van 70 tot 150 slae per minuut vanweë die seksuele stimulasie en opwinding.
Steel ’n soentjie …
Die wangsoen
’n Vriendelike, onskuldige ek’s-lief-vir-jou soen op die wang. Die Franse glo aan ’n kus op elke wang – eintlik meer van ’n wangvryf terwyl kusgeluide met die lippe gemaak word. Die Nederlanders gee mekaar ’n hartlike drie kusse op elke wang en ons Boere glo tradisioneel aan ’n soen op die mond. Dié gewoonte is aan die veran-der en baie mense verkies deesdae ’n hartlike drukkie met of sonder ’n soen op die een wang. As jy nog tuis voel in die ou skool, probeer om die soen immers droog te hou. Niks is erger as ’n nat soen van byna onbekendes nie.
Die voorkopsoen
Dis ’n troossoen, ’n manier om vir iemand te sê, “ek’s hier, ek wens ek kan help”.
Die kroonsoen
Ook ’n versorgende soen met min seksuele ondertone, want dit sê, “ek koester jou, jy is vir my belangrik”.
Die blitssoen
Dié soen kan romantiese ondertone dra, maar dis die ideale manier om vir jou tienerseun of -dogter – wat lankal nie meer soene van ma af wil hê nie – ’n soentjie te gee. Dis ’n vinnige soen in die verbygaan – sommer op die neus, oog, of waar ook al jy tref. Jy moet weg wees voor die gekuste tot verhaal kom.
Die piksoentjie
Dis ook ’n onskuldige, baie vinnige soentjie, maar omdat dit op die lippe is, is dié een gewis romanties van aard. Jou lippe raak die ontvanger so liggies en vlugtig aan dat hy inderdaad wonder of dit ooit gebeur het.
Die mistelsoen
Dié tradisionele een vra ’n bietjie voorbereiding, maar bly die perfekte manier om by ’n skaam geliefde ’n soentjie te steel, want julle sál in die loop van die Kerstyd vroeër of later saam onder die deurraam beland. Horingoue verleidingskunsie of nie, hang ’n Kerskransie of misteltakkies in ’n deurraam wat dikwels gebruik word … en laat dinge hul loop neem.
Die skoenlappersoen
Leun vorentoe met jou gesig net ’n haarbreedte weg van syne en fladder jou wimpers teen sy vel – soveel keer as wat jy wil. Dit vra intieme nabyheid en oorgenoeg tyd, want jy wil dit nie so afjaag dat hy dit dalk nie eens voel nie.
Die knabbelsoen
Dié een is sensueel, en jy knabbel jou maat se lippe saggies terwyl julle soen. Maar wees versigtig, want jy wil jou geliefde darem nie stukkend byt nie.
Die skouersoen
Die vel op en aan die voorkant van die skouer is gevoelig, en dus is dit ’n baie sensuele soen, veral as dit talmend gedoen word.
Die leeusoen
Sluip saggies op jou geliefde af. Gryp hom uit die bloute en byt liggies in sy nek terwyl jy saggies grom. Hy sal verras wees. Maar jy moet jou geliefde goed genoeg ken dat jy seker is hy sal hiervan hou – anders gaan hy hom vererg.
Die vampiersoen
Dis ’n ernstige, erotiese soen. Die keelvel is baie sag en as jy effe hard soen-byt is jou “merk” op jou geliefde geplaas – en is hy eksklusief joune!
Die beroemde Franse soen
Die Franse noem dit glo die Engelse soen! Dis in sommige ou kulture die sielsoen genoem omdat daar geglo is dat die siele van geliefdes tydens dié intieme soen tydelik verenig.
Die fluistersoen
Fluister soete woordjies in sy mond
terwyl julle soen. Die woorde moet so sag wees dat hy wonder wat hy hoor.
Dieetsoene
Met die soort soene ruil die soeners ’n ysblokkie, kougom, sjokolade, slukkies wyn of happies vrugte uit. Beslis nie vir almal nie.
Soenfeite
Vyftig persent van alle seuns soen hul eerste soen tussen 13 en 14 jaar.
Die langste soen in die geskiedenis het tien en ’n half uur geduur.
63% van mans verkies ’n lipstiflose soen – al sê die adverteerders wat.
Aanhalings van bekendes
’n Eenvoudige gebaar wat liefde, belediging of verraad kan uitbeeld. ’n Soen is nooit net ’n soen nie – Keith Thomas
’n Soen is die kortste pad tussen twee mense – Youngman
Vroue onthou die eerste soen lank nadat mans die laaste een
vergeet het – Gourmont
’n Soen is ontwerp deur die natuur om die mond stil te maak wanneer woorde onnodig is – Ingrid Bergman
The post Sê dit met ’n soen appeared first on rooi rose.