feesseisoen | rooi rose

Fiksheidsgids vir die feestyd
Saamgestel deur Janie du Plessis. Foto’s: Pixabay.

Beplan jou vakansie

Die beste ding van die vakansie is om nie aan verantwoordelikheid en skedules toegewyd te wees nie. Dit help wel om ’n idee te hê van die uitleg van jou vakansie. Sal jy meestal by die huis wees, of gaan jy weg? Dít is die eerste vraag wat jy jouself moet afvra voordat jy aan jou plan van aksie begin werk.

“As jy by die huis gaan wees die vakansie, probeer by jou normale gimroetine hou. Dit sal nie so moeilik wees soos wat dit klink nie. As jy normaalweg oefening doen sal jou lyf smag daarna om steeds die bevrediging van ’n goeie oefensessie te kry,” sê Pierre Louw, eienaar van die fiksheidsgids www.myhealthandfitness.co.za.

Indien jy die vakansie op ’n ander plek gaan spandeer, sal jy jou oefenprogram moet aanpas volgens jou vereistes, en dit sal waarskynlik bestaan uit liggaamsgewigoefeninge en kardiovaskulêre-oefeninge (soos draf). Raadpleeg ’n gekwalifiseerde persoonlike afrigter.

Lees ook: Slank en gesond

Eetgewoontes tydens die vakansie

Daar sal gebraai word … Luilekker middagetes en dekadente aandetes is onvermydelik. Die feestyd is bekend vir sy ooretery aan smullekker kosse.

“Die realiteit hier is dat dit baie moeilik is om by ’n dieetplan te hou (wat die ideaal is), wanneer daar so baie heerlike kosse is wat die rondte doen. Dit kom daarop neer dat jy moet besluit watter kosse jy aan sal weglê, hoeveel jy sal inneem en hoe gereeld jy dit sal doen,” sê Louw.

Hoe meer jy wegbly van kosse hoog in suiker, verwerkte koolhidrate en preserveermiddels, hoe beter; daar is nie ’n kortpad nie. Jy ken jou liggaam die beste. Maar voor jy weglê, vra jouself af: “Hoe lank gaan dit my neem om die uitwerking van wat ek doen uit te wis en ek terug na my normale roetine kan gaan?”

Lees ook: Vloeibare kalorieë

Foto: Verskaf

Prioritiseer

Indien moontlik, beplan dae wat toegewy is daaraan om jouself te wangedra. As jy jouself kan dissiplineer, sal jy jou lyf kan voorberei vir die daaropvolgende binge-fees. Maar wees bewus van die werk wat jy gaan moet insit om dit uit te kanselleer.

Lees ook: Dieetwenke wat vir almal werk

Lééf!

In plaas daarvan om op die strand te lê, op die swembad te dryf, of om binnenshuis rond te hang, hoekom beplan jy nie eerder lekker aktiwiteite nie?

“Gaan doen ’n stap- of drafroete – enigiets wat jou van jou agterstewe af sal kry. Skep ’n vakansie vol avontuur en skep mooi herinneringe om na terug te kyk, dit alles terwyl jy aktief bly!” sê Louw.

“As jy ver weg van die huis af gaan wees, ruil die spa’s en pretparke vir aktiwiteite wat die moeite werd is, soos om te leer branderplank ry of witwater roei.”

Lee ook: Oefen jouself jonger

Instandhouding

Die vakansie hoef nie uitsluitlik vir lui-wees uitgesit te word nie. Benodig jou (of jou ma se) tuin dalk aandag? Is daar ’n konstruksie-projek wat wag om klaar te kom? Maak jou hande vuil en wees produktief, terwyl jy terselfdertyd aktief bly.

Lees ook: Feestelike tuin

H2O is jou vriend

Hou jou liggaam gehidreer en spoel gifstowwe weg deur baie water te drink. Maklik en effektief!

Vat die pad!

As jy regtig voel of jy ’n breuk van hoë-intensiteit-oefensessies nodig het, gaan ten minste vir ’n daaglikse stappie. Die voordele van hierdie lae-intensiteit kardiovaskulêre oefening is eindeloos.

“Die vakansie kan ’n pret én ontspannende tyd wees, maar dit beteken nie dat jy jou fiksheidsdoelwitte moet opoffer nie,” sê Louw. Herlaai jouself, maar bly in beheer!

The post Fiksheidsgids vir die feestyd appeared first on rooi rose.

Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur het nie
Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur het nie (En raai wat: Ek het steeds sjokolade geëet en my klere het my steeds gepas.

Soos die feestyd nader kom, is dit tyd om mooi te maak, om die tafel te kuier, en aan van die heerlikste vakansieberfies te smul! Maar voordat jy kop eerste in die buffet van vreugde inspring (wie is ons nou om te oordeel?), het Virgin Active ’n paar wenke vir jou bord. Dit sal dit makliker vir jou maak om goeie voeding te prioritiseer, terwyl jy steeds jou reis na goeie welstand handhaaf.

“Kom ons behandel nie kos hierdie seisoen soos die Grinch nie,” sê Ashleigh Solomon, Virgin Active se dieetkonsultant wat ook graag aan peuselhappies smul. “Ons weet sjokolade sal jou nie doodmaak nie – maar daai derde skeppie van tannie Anna se vrugtekoek mag wel as jy nie eers die muntstukke uithaal nie!”

Met dit ingedagte, gee Ashleigh ’n paar truuks vir die feestyd wat kalorieë sal verminder met interessante uitruilings wat blomkool onttroon en met maaskaas vervang.

Feeskosidees wat loop soos grondboontjiebotter en stroop:

Koolhidrate is jou nuwe beste vriend

Hierdie is nie net ’n geykte sêding nie; dis ’n leefstyl! Sê hallo vir koeskoes – dié vinnige graan is so maklik om te maak, soos om ’n klankbaan vir die vakansie te kies. Voeg net warm water by en siedaar! Jy het ’n goeie basis propvol vesel reg om met kruie en groente opgetof te word. Dis soos ’n wit doek wat pleit vir kulinêre kreatiwiteit.

’n Fees met kekerertjies

Meng dit in ’n lugbraaier saam met olyfolie en kruie vir ’n brosserige peuselhappie wat net so verslawend is soos daardie TV-marathonne in vakansietyd. Waarskuwing: Jy mag dalk net alles wat jy sien in die lugbraaier wil gooi, veral as jy ’n lugbraaier vir Kersfees gekry het en pas by soveel duisende ander aangesluit het wat ook hulle s’n ná die pandemietyd gekry het.

Proteïene is die ster

Maaskaas is die lui sjef se vreugde – nie eers jou kêrel kan daarby kers vashou nie. Maaskaas bevat 28 g proteïene per houertjie. Dis perfek vir wanneer jy spoggerig wil wees sonder om te sukkel – gryp net ’n lepel, sit ’n Kershoed aan – en daar gaat jy!

Gis is gesond

Gis met goeie voedingswaarde is iets wat kosmaak geheel en al verander. Strooi dit oor springmielies of pasta vir ’n heerlike kaserige smaak.

Twee voedselgroepe wat jou vol sal hou

Proteïene + vesel = tevredenheid (Ai, as die Rolling Stones dit maar in 1965 geweet het). Maak seker elke maaltyd sluit ’n proteïen in en mik vir 25 g se vesel per dag. Jou hongerte sal nie ’n kat se kans hê nie en jou middellyf sal jou bedank!

Die eenvoudige wenke vir skuldvrye bederf

Moenie honger iewers aankom nie – Eet iets voordat jy aan die feestelikhede deelneem! Wanneer jy maaltye oorslaan, lei dit daarnatoe dat jy kop eerste in die poedingtafel duik (ons sien jou, oom Jan, dis nogals ongemaklik!). Glo ons, niemand wil dit sien nie – oukei, miskien wil hulle, maar daar gaan foto’s en selfs dalk ’n video wees. Moenie sê ons het nie jou probeer help nie.

Begin met groente – Begin jou gereg met ’n voorgereg van groente. Voel goed oor jou keuse terwyl jy steeds die fees geniet. Hoemoes met groentestokkies, enigiemand?

Geniet jou soetgoed – As jy lus is vir Ouma se gewilde tert – geniet dit! Geniet dit sonder om skuldig te voel en beweeg aan. Dit gaan oor balans, nie ontneming nie. En as jy lus is vir ’n tweede snytjie, maak net seker niemand kyk nie en dat hulle eers vir oom by poedingtafel afneem …

Topvierwenke om jou kalorieë gebalanseerd te hou

Ontbyt vol proteïene – begin jou dag met ’n ontbyt wat jou vol en energiek hou. Eiers, Griekse jogurt, of ’n smoothie met proteïene.

Kies elke dag een bederfie – Kies jou gunstelingbederfie elke dag en slaan die gedagtelose etery oor.

Voeg groente by elke maaltyd – Gee jou veselinname ’n hupstoot en maak jou bord vol kleurryke groente. Hulle is jou beste maatjies by ’n vakansietafel (jammer, kalkoen).

Is jy lus vir iets? Eet dit en beweeg aan. Moenie dit waarvoor jy lus is ignoreer nie. Geniet ’n klein porsie en eet dan jou gewone maaltye. Net nie naby die kaasbord nie.

Soet en sout verruilings om steeds feestelik te voel:

Vir die suikertand, gee Ashleigh ’n paar van haar idees vir peuselhappies en lekker bederfies:

Peuselhappie: Drie dadels en een eetlepel grondboontjiebotter (die suikervrye, soutvrye weergawe sal vir seker dat Santa se elwe jou geskenke sal prioritiseer.

Bederfie: 150 g se vetvrye jogurt en voeg ’n klein boksie Smarties by

Vir dié van julle wat meer van soutighede hou, stel Ashleigh die volgende voor:

Springmielies met seesout (Jy kan voedsame gis oorgooi vir daardie kaserige smaak en ekstra proteïene.)

Ham-en-komkommer-rolletjies

En vir dié van julle wat van ’n bietjie krakerigheid hou:

Peuselhappie: ’n Sny appel met 1 e grondboontjiebotter

Peuselhappie: Geroosterde kekerertjies. Voeg olyfolie, seesout en kruie by gedreineerde en gedroogde kekerertjies en plaas dit in die lugbraaier op 200 ˚C vir 15 minute.

Ashleigh voeg by: “Jou voginname is so belangrik, maar water is vervelig. Laat dit met vrugte of kruie trek, teug aan kruietees of belê in ’n oulike waterbottel. Hoe meer stylvol, hoe groter is die kans dat jy dit sal gebruik – want hidrasie is die in-ding!”

En omdat dit tyd saam met die familie is, kry die hele familie betrokke in die kombuis en maak die inkopies ’n familiebesigheid! “Laat almal kosse kies waarvan hulle hou. Plus, skep ’n familiegereg wat almal kan help maak om so nuwe kosse in te smokkel. Moenie aktiwiteite vergeet wat niks met kos te make het nie – want om dit “af te stap” is ’n groepsport oor die vakansietyd!

So, terwyl jy vir die feestyd voorberei, onthou dat goeie voeding nie stresvol hoef te wees nie. Omarm hierdie truuks, geniet die bederfies, en nog belangriker, geniet die pret en plesier! Die beste gedeelte van die vakansie is immers om herinneringe te skep. Oukei, vir sommige is dit om toebroodjies te maak. En vir ander is dit om besprekings te maak.

Lees ook: Suiwel: Jou bondgenoot tydens menopouse

Vir meer inligting oor voeding of om ’n afspraak by ’n dieetkundige te maak, besoek die deskundige skakel op die webtuiste, en loer na die webtuiste vir meer nuus of kom besoek ons by jou naaste klub.

Nota: Met “’n klub” bedoel ons Virgin Active… Maar wie weet wat gebeur na ’n goeie oefensessie?

Oor Virgin Active South Africa

Virgin Active South Africa het meer as 130 klubs landwyd. Hulle bied welstand sonder enige twak. Dis ’n plek waar mense kan ophou voorgee dat hulle goed voel en werklik gesond word. Dié plek is die kuur tot die valsheid wat die welstandkultuur en die kategorie oorneem.

Welstand by Virgin Active gaan daaroor om na alle aspekte van jou gesondheid te kyk: Oefening, voeding, slaap, herstel en geestesgesondheid. Vir meer inligting, gaan na www.virginactive.co.za

Lees ook: Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur

The post Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur het nie appeared first on rooi rose.

’n Wit Kersfees
Feestelik

Dis Kersfees – ’n tyd om hande te vat met die siele in jou lewe. Dek ’n stylvolle wit tafel met natuurlike elemente eie aan ons land. Ons het fynbos, wingerdtakkies en bloekomblare ingespan vir ’n onvergeetlike feestafel.

Versterk die Kers-atmosfeer met tablo’s op ’n paar plekke in die huis

Kerslig

Maak ’n klein uitstalling met ’n verskeidenheid kandelare.

Skep atmosfeer

Vervang ’n keer die tradisionele Kersversierings deur ’n eenvoudige uitstalling van elemente uit die huis of tuin. Jy het nie veel meer nodig as ’n hopie Kerspakkies, wit geverfde tuinblomme of sade en kerse wat jy saans kan aansteek nie.

Uit die natuur

Kies vanjaar ’n eko-vriendelike boom wat jou gesin jare se plesier sal gee. Die boompie kan deur die jaar vir ander feestelike geleenthede ingespan word.

Minder is beter

Papierboom, sneeuvlokkies en Perspeks-voëltjies van Deli-ciousDisplay.co.za

Nuttig

Klop by jou plaaslike bakkery aan vir soortgelyke bokse wat jy as nuttige geskenkhouers kan inspan. Druk jou eie ontwerpe op kaartjies en papiersakke.

The post ’n Wit Kersfees appeared first on rooi rose.