Fertility show africa | rooi rose

Ons het 10 van die sprekers wat die Fertility Show Africa 2022 sal bywoon, uitgelig
Bywoners sal na hoog aangeskrewe sprekers oor verskillende onvrugbaarheidskwessies luister, insluitend praatjies oor ouderdom, vrugbaarheid, PCOS, en vele meer.

Ons het 10 van die sprekers wat die Fertility Show Africa 2022 sal bywoon, uitgelig:

Mandy Rodrigues

Onderwerp: Voorbereiding vir IVF-behandeling

Mandy Rodrigues is ‘n bekende kliniese sielkundige wat die afgelope 25 jaar in die veld van onvrugbaarheid werk. Sy werk met individue, paartjies en groepe, om hulle te help om die vrugbaarheidsreis te hanteer en om lewensveranderende besluite te neem. ‘n Groot deel van haar praktyk behels streshantering en die behoefte aan ‘n multi-dissiplinêre benadering tot onvrugbaarheid. Mandy het al verskeie boeke en artikels oor die onderwerp aangebied en gepubliseer.

Dr Wanjiru Ndigwa

Onderwerp: Ouderdom en vrugbaarheid

Dr Ndigwa is tans die hoof-vrugbaarheidspesialis by die Footsteps to Fertility Centre in Nairobi. Sy is in reproduktiewe endokrinologie en vrugbaarheid gesertifiseer en is ’n direksielid van African Federation of Fertility Societies, Kenya Society of Endoscopic Surgery en Fertility and Andrology Society of Kenya. Dr Ndigwa is passievol daaroor om paartjies te help om hul gesinne te bou.

Kelly Loggenberg

Onderwerp: Pre-implantasie Genetiese Toetsing (PGT): Die verskillende opsies word verduidelik

Kelly Loggenberg het ‘n meestersgraad in genetiese berading aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Sy het is by die Gesondheidsberoeperaad van SA geregistreer en en vir die NHLS gewerk voordat sy in 2008 na Londen verhuis het waar sy tien jaar as ‘n genetiese berader in navorsing en kliniese omgewings binne die NHS gewerk het. Sy voel sterk daaroor om ‘n holistiese siening van pasiëntsorg te neem en glo daar is beduidende waarde aan ‘n multidissiplinêre benadering wat pasiënte bemagtig om besluite te neem in ooreenstemming met hul oortuigings.

Dr Razina Patel

Onderwerp: Sosiale eier-vries – Die proses

Dr Razina Patel het haar roeping gevolg om in verloskunde en ginekologie te spesialiseer. Sy het in 1998 gekwalifiseer en het vir meer as 20 jaar in ‘n akademiese hoedanigheid by die Johannesburg General Hospital en by die Bedfordview Hospitaal en Park Lane Hospitaal as ‘n verloskundige ginekoloog gewerk. Sy het ‘n passie vir voortplantingsgeneeskunde en het dit in die bestek van haar praktyk geïnkorporeer.

Dr Victor Hulme

Onderwerp: Voortydige en lae ovariese reserwe: Wat is dit?

Dr Victor Hulme is ‘n mededirekteur en vrugbaarheidspesialis by Aevitas Fertility Clinic, met ‘n spesiale belangstelling in eiervries. Nadat hy as ‘n verloskundige en ginekoloog gekwalifiseer het, het hy sy twee jaar-lange genootskap as ‘n vrugbaarheidspesialis deur die departement verloskunde en ginekologie, Vrugbaarheidskliniek, Tygerberg-hospitaal voltooi.

Dr Kelly Owen

Onderwerp: Die onsigbare verlies van ’n negatiewe swangerskaptoets

Dr. Kelly Owen is ‘n kliniese sielkundige. Deur haar eie reis met vrugbaarheidsprobleme het dr Owen 15 jaar gelede in hierdie veld begin werk. Haar spesifieke belangstelling is die ernstige impak wat onvrugbaarheid op die geestesgesondheid van paartjies en individue het.

Erica Hoke

Onderwerp: Onvrugbaarheidsukses ten spyte van lae kanse

Erica Hoke is die ma van vier seuns. Nadat sy jare lank gesukkel het met ongediagnoseerde endometriose, uteriene fibroïede, PCOS, skildkliersiekte, faktor 5 Leiden en MTHFR, wat nie aan tradisionele IUI of IVF-metodes kon deelneem nie, het sy haar onvrugbaarheidskwessies geïdentifiseer deur voortdurende veranderinge aan haar dieet en lewenstyl te maak. Ontevrede met die manier waarop reproduktiewe endokrinologie (REI) medisyne algemene onvrugbaarheidskwessies hanteer, was Erika vasbeslote om die reproduktiewe mediese stelsel te ontwrig. Om onvrugbaarheidspasiënte te bemagtig deur ‘n standaard van sorg te skep waardeur hulle met hul dokters kan saamwerk en koördineer, het haar missie geword.

Dr Rizwana Roomaney

Onderwerp: PCOS en vroulikheid

Dr. Rizwana Roomaney is ‘n navorsingsielkundige, geregistreerde berader en dosent in die sielkundedepartement aan die Universiteit Stellenbosch. Haar werk is gefokus op vrouegesondheid en geleë in die veld van gesondheidsielkunde. Sy is die nasionale afgevaardigde vir Suid-Afrika by die European Health Psychology Society en lei die plaaslike gesondheidsielkunde spesiale belangegroep by die Psychological Society of South Africa. Sy het tans ‘n navorsingstoekenning om welstand te ondersoek onder mense wat vrugbaarheidsbehandeling in Suid-Afrika soek.

Prof Zozo Nene

Onderwerp: Endometriose en PCOS – Vroulike vrugbaarheid

Professor Zozo Nene is ‘n spesialis in voortplantingsgeneeskunde en ‘n verloskundige en ginekoloog. Sy is hoof van die Reproduktiewe en Endokriene Eenheid by Steve Biko Akademiese Hospitaal en die Universiteit van Pretoria. Sy is voorsitter van die subspesialiskomitee vir voortplantingsgeneeskunde by die Kollege vir Geneeskunde van Suid-Afrika. Professor Nene is ‘n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van WGO-FIGO-samewerking oor voorbehoeding en het in daardie hoedanigheid aanbiedings vir die WGO gelewer. Dr. Nene is hoofskrywer van die SA nasionale riglyne vir veilige bevrugting en onvrugbaarheid. Hierdie praatjie word geborg deur 3Sixty Biomedicine en SALOMETM

Dr Qinisile Diale

Onderwerp: Voor jy “Ek doen” sê (IVF). Self-voorbereiding om swangerskapsukses te bevorder

Dr Qinisile Diale – ook bekend as Dr Q – is ‘n vrugbaarheidspesialis en stigter en hoof- uitvoerende beampte van Family Matters Fertility Centre by Netcare Unitas Hospitaal in Centurion. Sy het deur die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer waar sy later as senior lektor gewerk het. Sy is passievol oor die opvoeding en bystand van paartjies wat met onvrugbaarheid sukkel.

Fertility Show Africa bied aan diegene wat sukkel om swanger te raak, en diegene wat op ‘n reis na ouerskap is, ‘n unieke geleentheid om met ‘n wye verskeidenheid kundiges te skakel, op een slag en in ‘n ruimte waar hulle vrae kan vra, antwoorde kan vind en inligting van sommige van die wêreld se beste vrugbaarheidspesialiste, embrioloë, verpleegkundiges, sielkundiges, voedings- en leefstyladviseurs en toonaangewende professionele persone in die veld wat met hul eie vrugbaarheidskwessies gesukkel het.

Kry jou kaartjie hier!

Leer meer by www.fertilityshowafrica.com. Volg Fertility Show Africa op Facebook, Twitter en Instagram.

The post Ons het 10 van die sprekers wat die Fertility Show Africa 2022 sal bywoon, uitgelig appeared first on rooi rose.

Die Fertility Show Africa
“Ek dink dis regtig opwindend dat daar ’n platform is vir diegene wat ouerskap oorweeg – om te leer van die slaggate, moontlike hindernisse en hoe om dit te voorkom. Dit dek natuurlik ook alles wat hulle op hul reis kan teëkom – met onderwerpe wat elke aspek van alle beskikbare opsies regoor alle areas van onvrugbaarheid dek,” sê Mandy Rodrigues, kliniese sielkundige en lewensafrigter.

Fertility Show Africa maak in 2022 ’n welkome terugkeer vir ’n tweedaggeleentheid wat by die Focus Rooms in Johannesburg op 23 en 24 Julie sal plaasvind. Dit sal ook ’n aanlyn komponent inkorporeer, om sodoende besoekers van regoor die land, die Afrika-kontinent, en die res van die wêreld, toe te laat om dit by te woon en deel te neem.

Fertility Show Africa bied aan diegene wat sukkel om swanger te raak of wat op hul reis na  ouerskap is, ’n geleentheid om met verskeie kenners in gesprek te tree, antwoorde te vind en inligting in te win. Van die wêreld se voorste vrugbaarheidskundiges, embrioloë, verpleegsters, sielkundiges, voeding- en leefstyladviseurs, en voorste kenners in vrugbaarheid wat met hul eie vrugbaarheidsprobleme gesukkel het.

FSA 2022-hoogtepunte sal die gewilde Kennerpraatjies-program, die Ondersteuningsone, die V&A-sessies (in persoon en aanlyn), en uitstalling (in persoon) van die jongste produkte in vrugbaarheid en ouerskap. Besoeker sal ook self met uitstallers kan gesels.

“Fertility Show Africa is ’n wonderlike geleentheid omdat dit kwessies wat nie gewoonlik openlik bespreek word nie, na vore bring. Bo en behalwe die fantastiese inligting wat verskaf word, help die FSA ook om ondervindings met onvrugbaarheid te valideer,” sê dr Rizwana Roomaney, ’n sielkunde-dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.

Fertility Show Africa is die enigste regstreekse geleentheid wat die volgende bymekaar bring:

Topvrugbaarheidsklinieke en -kundiges

Dokters, klinici, praktisyns

Skenkers, aannemings- en surrogaatagentskappe

Toerusting

Adviesgroepe

Farma & aanvullings

Komplementêre en alternatiewe terapie-praktisyns

Geestesgesondheidpraktisyns

Dieetkundiges, voedingskonsultante & welstandpraktisyns

Holistiese terapeute

Finansiële en regskenners

Handelsname, produkte & dienste wat die vrugbaarheidsreis en reis na ouerskap ondersteun en meer meer!

SKOUTYE:

Saterdag, 23 – Sondag, 24 Julie 2022

Saterdag: 09:30 – 17:00

Sondag: 09:30 – 17:00

PLEK:

Focus Rooms, Johannesburg & aanlyn

Kry hier jou gratis kaartjie.

Oor die Fertility Show Africa 2021

Die Amerikaanse Meirav Zur, skrywer en opvoerder van die een-vrou-opvoering Inconceivable: The Totally True One-Woman Semi-Fertile Quasi-‘Musical’, waarvan uittreksels by FSA gewys sal word, het die volgende kommentaar gelewer: “Dit is sleg dat hierdie geleentheid nie bestaan het toe ek kniediep in die alles oorweldigende borrel van onvrugbaarheid was nie, want ek kon regtig gedoen het met hierdie kennis en ondersteuning. Ek is baie bly so ’n geleentheid bestaan nou. Die impak daarvan is onmeetbaar.”

3Sixty Biomedicine se hoof- uitvoerende beampte, Boitumelo Sebambo, sê: “Fertility Show Africa is die topgeleentheid vir die deel van belangrike inhoud oor onvrugbaarheid. Die gehalte van inhoud en vrugbaarheidspesialiste wat betrokke is, is uitstekend en die program stel ten doel om mense op te voed en hulle direk met klinici en kenners in die veld in kontak te sit om die hulp wat hulle nodig het te kry. Ons glo dat platforms soos die Fertility Show Africa ’n kritieke rol speel in die skep van ’n veilige ruimte vir mans en vroue om oor taboe onderwerpe soos onvrugbaarheid te praat.”

Onvrugbaarheid word steeds as taboe in Suid-Afrika beskou, en baie paartjies ervaar die stigma daar rondom. Paartjies moet kritieke inligting vir hul reis van agtenswaardige kenners kry. Dit gaan alles oor inligting, inligting, inligting. Wanneer daar met onvrugbaarheid geworstel word, is oningeligtheid duur, aldus pastoor Jerry wat Hannah – You Are Not Alone saam met Karabo Zwane geskep het.

“Heelwat diegene wat in die Ondersteuningsone deelneem, het al self die onvrugbaarheidspad gestap, en verstaan dus die stryd en verdriet wat mense op hul reis ervaar. Hulle is daarom in die perfekte posisie om hulp, advies en ondersteuning aan diegene in nood te bied. FSA sal vrugbaarheidspasiënte in ’n diskrete omgewing waar hulle met ’n eendersdenkende gemeenskap hul reis kan deel, en ook ondersteuning kan verkry terwyl hulle die wye reeks beskikbare opsies ondersoek en verken,” sê Heidi Warricker, hoof- uitvoerende beampte en organiseerder van die Fertility Show Africa.

Moenie dit misloop nie – wees deel van die gesprek!

The post Die Fertility Show Africa appeared first on rooi rose.

Sluit by ons aan by die Fertility Show Africa. Dis hierdie jaar GRATIS!
As jy aktief na antwoorde, oplossings en behandelings op soek is of spesialiskennis, ondersteuning en bemoediging benodig, verskaf FSA 2022 die geleentheid om vertroulik met klinici en kenners te praat, sowel as om vrae te vra, antwoorde te vind en inligting vanaf party van die wêreld se beste spesialiste, embrioloë, verpleegsters, sielkundiges en voorste kenners in die vrugbaarheidsveld wat self met hierdie probleme gesukkel het, in te samel. Skou-deelnemers sluit borge, praktisyns, vrugbaarheidsklinieke, regsadviseurs, ondersteuningsgroepe, surrogaat-, aannemings- en skenkeragentskappe, natuurlike vrugbaarheidsoplossings en -aanvullings, aanvullende en alternatiewe terapie, en voeding- en leefstyladviseurs in.

FSA 2022-hoogtepunte sal die gewilde Kennerpraatjies-program, die Ondersteuningsone, die V&A-sessies (in-persoon en aanlyn), en ’n uitstalgebied insluit. Die uitstalgebied sal die jongste vrugbaarheids- en reis-na-ouerskap-produkte en -oplossings ten toon stel en besoekers sal daar met uitstallers kan gesels.

Met die wete dat baie diegene wat met onvrugbaarheid sukkel ’n sekere vlak van privaatheid en vertroulikheid verkies, sal FSA 2022 ook ’n aanlyn geleentheid wees. Dit sal nie net ’n platform vir diegene wat hul bywoning meer privaat wil hou verskaf nie, maar maak dit ook vir besoekers van regoor Suid-Afrika, die res van Afrika en die wêreld moontlik om die geleentheid by te woon.

Party van die bevestigde sprekers vir Kennerpraatjies sluit in: Noluthando Nematswerani (Discovery Health), Prof. Donrich Thaldar, Dr. Sulaiman Heylen, Dr. Lawrence Gobetz, Dr. Wamjiru Ndegwa, Dr. Antonio Rodrigues, genetiese raadgewer Kelly Loggenberg, Dr. Giuliana Baccino, Dr. Razina Patel, Prof. Zozo Nene, Dr. N. J. Biko, Dr. M.I. Cassim, Dr. Alfred Murage, Dr. Victor Hulme, Dr. Tessa Moll, Dr. Rizwana Roomaney, Advokaat Linda Retief, Mandy Rodrigues, Suster Hanlie Monnery, en voormalige president van die Association for Dietetics in Suid-Afrika, Claire Julsing-Strydom.

3Sixty Biomedicine se hoof– uitvoerende beampte, Boitumelo Sebambo, het gesê: “Fertility Show Africa wys weer waarom dit die topgeleentheid vir die deel van belangrike inhoud oor onvrugbaarheid is.”

Onderwerpe wat gedek sal word, sluit in: Voorbereiding vir IVF; Toevoegings tot IVF en of jy hulle nodig het; Hoekom etiese praktyke saak maak wanneer dit by IVF kom; Ouderdom en vrugbaarheid; Onlangse ontwikkelings in vrugbaarheidsmedisyne; Pre-inplantasie genetiese toetsing: Die verskillende opsies verduidelik; Sosiale eiervries; Endometriose en PCOS – Vroulike vrugbaarheid; Eier- en sperm-skenkingsiklus; Oorsake van IVF-mislukking en hoe om die risiko te verminder; Die rol van minimaal-indringende chirurgie in vrugbaarheidsbehandeling; Voortydige en lae ovariese reserwe: Wat dit is en wat die opsies is; Surrogaatskap, as ’n vrou wat nie haar eie babas kan dra nie; Surrogaatskap, as ’n selfdegeslag-paartjie; en Surrogaatskap – die wet.

“Fertility Show Africa is ’n wonderlike geleentheid omdat dit kwessies wat nie gewoonlik openlik bespreek word nie, na vore bring. Bo en behalwe die fantastiese inligting wat verskaf word, help die FSA ook om ondervindings met onvrugbaarheid te valideer,” sê dr Rizwana Roomaney, ’n sielkunde-dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die Ondersteuningsone-program sal net so inklusief wees, en is gevul met kenners wat moet-weet-kwessies dek, soos dieet- en leefstylveranderings vir verbeterde manlike spermgesondheid (deur farmaseut Debra Langley); aanneming in Suid-Afrika (met private maatskaplike werker Sue Krawitz); hoekom ’n vrugbaarheidskoördineerder belangrik is in ART (Suster Hanlie Monnery); onvrugbaarheid in die Afrika-gemeenskap (Pastoor Jerry en Mev. Karabo Zwane); die rol van mediasie na bevrugting (Advokaat Linda Retief); en meer. Daar sal ook ’n eksklusiewevertoning gewys word van Wasted Seed, ’n kortfliek wat al telkens bekroon is, wat die humor, trauma en absurdheid van onvrugbaarheid op ’n verfrissende dapper en realistiese wyse ondersoek.

“Wat ’n fantastiese, professionele, nuttige vertoning,” sê Tertia Albetyn van die Nurture Egg Donor-program by FSA 2021.

FSA word trots ondersteun deur Ferring Pharmaceuticals, IFAASA (Infertility Awareness Association of South Africa) en SASREG (South African Society for Reproductive Medicine and Gynaecological Endoscopy).

Media-vennote is Fertility Road, Europa se eerste IVF-tydskrif wat daarop gemik is om mans en vroue op hul pad na ouerskap te help, en IVFbabble Africa, wat leiding, ondersteuning en mediese advies van vertroude kenners, en ware stories van die gemeenskap wat probeer swanger raak, verskaf.

Fertility Show Africa is GRATIS om by te woon. Kry jou gratis kaartjie vandag via Quicket.

Volg Fertility Show Africa op:

Facebook

Twitter

Instagram

Leer meer by www.fertilityshowafrica.com

The post Sluit by ons aan by die Fertility Show Africa. Dis hierdie jaar GRATIS! appeared first on rooi rose.