fiks & ferm | rooi rose

Spatare – Hier’s die antwoorde op jou vrae
Vyf vrae aan dr. Frikkie Rademan, chirurg wat in die behandeling van ernstige, diep spatare met radiofrekwensieablasie (RFA) spesialiseer.

1 Wat is die are-rige bloukol op my enkel?

So ’n netwerk van klein aartjies wat saam die indruk van ’n blou kol wek word telangiektase genoem.

2 Hoekom het ek dit?

Dit is baie algemeen onder mense bo vyftig. Ons vermoed dat dit ontstaan weens hoër druk in die are oor ’n lang tydperk. Soos mens ouer raak verswak die aarwande en raak die are sigbaarder.

3 Het ek dan hoë bloeddruk of spatare? Hoe werk dit?

Om dit maklik te verduidelik:

• Slagare vervoer bloed van jou hart na jou liggaam, terwyl are bloed terug na die hart dra.

• Are moet bloed teen swaartekrag in op boontoe gestoot kry, wat gedoen word met ’n reeks kleppe. *Jou beenspiere beheer die kleppe deur subtiel saam te trek, wat die kleppe oopdruk sodat bloed kan deurvloei. Sodra die spiere ontspan sluit die kleppe en kan die bloed nie terugvloei nie.

• As die kleppe agteruit gaan sluit hulle nie meer goed nie en die bloed begin opdam – wat jy as ’n spataar sien, of in hierdie geval sien as ’n web van klein aartjies op jou enkels.

• Jy het nie noodwendig hoë bloeddruk nie maar net ’n onvermoë van die are om die bloed na jou hart terug te neem omdat jou aarkleppe beskadig is en jou aarwande nie meer so elasties is nie.

4 Moet ek iets daaraan doen?

Dit hang af van hoe dit vir jou voel:

• Los dit as dit jou nie pla nie.

• As dit jou nie pla nie maar vir jou kosmeties lelik is kan jy vir laser en/skleroterapie gaan.

• As jou enkel egter swaar voel, pyn, klop, jeuk, swel (en veral meer swel soos die dag aanloop) of jy snags krampe kry móét dit behandel word. As jy dit onbehandel los sal die vel beskadig en lateraan afsterf, wat vir seker lei tot veneuse ulserasie (oop sere aan veral die enkels en kuite wat baie moeilik genees). Bloedklonte kan vorm, wat in die dieper are kan inbeweeg en kan lei tot trombose.

5 Is dit ’n noodgeval?

Nee, maar hoe langer jy dit los hoe meer skade word aangerig aan die vel rondom jou enkel, wat behandeling lateraan baie moeiliker maak. Jou kanse op ulsers verhoog ook. Dus is vroeër beter as later.

Lees ook: Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien

The post Spatare – Hier’s die antwoorde op jou vrae appeared first on rooi rose.

8 wenke om in die koue te draf
8 wenke om in die koue te draf. Deur Anet Schoeman.

Gebruik die winter as ’n oefenkamp eerder as ’n winterslaap. Wanneer die lente opdaag, het jy ’n wonderlike basis van fiksheid en boonop sal jy reg wees vir daai ligte somerkleertjies wat niks verdoesel nie.

8 wenke om in die koue te draf

• Trek in lae aan sodat jy maklik kan uittrek. Moenie oorwarm wees nie.

• ’n Dun windbreker is ’n wenner as dit in ’n klein bondeltjie kan opvou wat jy in jou sak kan bêre as jy te warm kry.

• Gee jouself genoeg tyd om op te warm. As jy gewoonlik 10 minute opwarm, neem nou 15-20 minute. As jy styf en koud is, is dit selfs ’n goeie idee om met ’n stappie te begin en só geleidelik jou spoed te vermeerder.

• Maak seker jy is ordentlik opgewarm voor jy die intensiteit of spoed opstoot. Jy kan maklik beserings kry as jou spiere nog nie warm is nie.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

• Maak seker jy is veilig deur in ’n groep te hardloop as dit nog donker is en ook te sorg dat jy reflekterende klere of ’n kopliggie dra.

• As jy jou slimfoon as oefentoestel gebruik, kyk of jy dit nie op ’n ander plek as op jou bo-arm kan dra nie. Mense word ongelukkig helder oordag daarvoor aangeval.

• Gelukkig word jy gou warm as jy oefen, maar jou liggaamstemperatuur gaan vinnig daal die oomblik wat jy klaar is. Sorg dat jy so gou as moontlik van jou nat klere ontslae raak en binneshuis of in jou motor kom. As daar nie storte beskikbaar is nie, wissel jou klere.

• Dun hardloophandskoene (beskikbaar by sportwinkels) en ’n mussie gaan baie help om jou snoesig te hou.

Hooffoto: Blue Bird vir Pexels

Lees ook: Oefen lekker en voel goed hierdie winter!

The post 8 wenke om in die koue te draf appeared first on rooi rose.

Kry jou lyf terug met die rooi rose #BodyBack-uitdaging
Kry jou lyf gereed vir somer met die #BodyBack-uitdaging. Dié 10-week program sal jou help om gewig te verloor, jou fiksheid te bevorder en ’n gesonde dieet te volg- en dit alles betyds vir somer! Deur in te skryf kan jy ook wonderlike pryse wen! Ons het van Suid-Afrika se luuksste handelsmerke soos BABOR cosmeceuticals, George Foreman, Freddy Jeans, Tranquini en LCN bymekaargekry om meer as R50 000 se pryse weg te gee.

As deel van die #BodyBack-uitdaging sal jy ’n voedingsgids ontvang. Dié handige boekie bevat die beste raad EN lekker resepte wat jou smaakknoppies én die skaal gelukkig sal hou. Jy sal ook ’n fiksheidsplan ontvang – dit is verbruikersvriendelik en baie maklik om te volg.

Besoek die #BodyBack-webblad en word deel van ’n gemeenskap van soortgelyke vroue wat ook daarna streef om, soos jy, hul lywe terug te kry.

Wanneer jy met die #BodyBack-uitdaging begin; neem ’n foto van jouself (dit sal help om jou fisieke transformasie aan die einde van die uitaging te meet) en laai dit op die #BodyBack-webblad om jou vordering met ander te deel. Só kan jy ook ’n lekker prys wen vir jou moeite.

As jy daarna smag om weer ’n fikse lyf te hê, is die #BodyBack-uitdaging beslis die program vir jou. Dit is pret, dit maak jou fiks en gesond EN jy kan boonop wonderlike pryse wen!

Klik hier om in te skryf

The post Kry jou lyf terug met die rooi rose #BodyBack-uitdaging appeared first on rooi rose.

Gesonde leefstylmaand: week 4
Lys van kosse wat suur verminder en vermeerder

Watter kosse moet jy weglaat om suur te verminder? Jy kan baie gou baie beter voel as jy die regte dieet volg. Probleme met jou spysverteringskanaal, soos sooibrand, refluks (GERD), ’n maagseer en gastritis word waarskynlik veroorsaak deurdat jy kos eet wat te veel suur veroorsaak.

Die meeste van ons kan baie gou beter voel deur net een of twee dingetjies aan ons dieet te verander. Klik hier vir ’n lys van kos wat suurheid teenwerk of verminder

Kwale met hoë hakke

Hou jy van hoë hakke? Doen dan hierdie 2 oefeninge vir jou hakskene

Foto: Pixabay

Stop jou nikotien-verslawing met oefening

Verskeie rokers is van mening dat fisieke oefening ’n goeie manier is om finaal jou rug op sigarette te draai en daarmee saam ook ’n gesonder leefstyl te handhaaf. Dit is gebaseer op die stelling dat gereelde oefening daartoe kan bydra om die drang na nikotien te verminder terwyl dit ook ’n gesonder verstand en liggaam kondisioneer. So ook is daar verskeie ander redes waarom oefening kan help om jou rookgewoonte in die kiem te smoor. Klik hier en lees meer

Foto: Kristina Stojiljkovic

Slim maniere om minder sout te gebruik

As tuissjef weet jy hoe goed ’n bietjie sout die geure in geregte en selfs in vars groente en sjokolade na vore bring. Maar jy is ook die kweker van jou gesin se gesondheidsgewoontes. As jy oor die langtermyn baie sout gebruik, kan jy of jou gesin oor 10/20 jaar met permanente hoë bloeddruk sit, wat ’n groot kans op beroerte veroorsaak. Balanseer geurige kos met gesondheid só

Lees ook: Gesonde leefstylmaand: week 1

Lees ook: Gesonde leefstylmaand: week 2

Lees ook: Gesonde leefstylmaand: week 3

The post Gesonde leefstylmaand: week 4 appeared first on rooi rose.

Wees gesonder, hou op rook
Teken 31 Mei in jou dagboek aan as die laaste dag wat jy ’n dampie gaan maak en neem Geen Tabak-dag ernstig op.

Tabakgebruik is die enkele mees voorkombare oorsaak van sterftes wêreldwyd en is verantwoordelik vir ’n beraamde 10% van volwasse sterftes wêreldwyd.

Allison Vienings, uitvoerende direkteur van SMASA (Self Medication Association of South Africa), sê die gevaar van tabak lê in die manier waarop dit werk. Omdat daar ’n geleidelike afname in gesondheid oor ’n paar jaar is, neem mense nie die fisieke tekens ernstig op nie, meen sy.

• Tabak het in die 20ste eeu meer as 100 miljoen sterftes veroorsaak en dit kan ’n miljard sterftes in die 21ste eeu veroorsaak.

• ’n Geskatte ses miljoen mense sterf jaarliks wêreldwyd weens tabakgebruik. Sowat 600 000 daarvan is nie-rokers wat aan tweedehandse rook sterf.

• In Suid-Afrika gebruik ’n geskatte 7,7 miljoen volwassenes tabak en ’n verbysterende 29, 5 biljoen sigarette word jaarliks verbruik. Tabak-verwante siektes veroorsaak meer as 44 000 sterftes jaarliks in Suid-Afrika, volgens die World Health Organisation.

“Die voordele van ’n gesonde dieet en gereelde oefening baat nie as jy steeds rook nie. Sigarette bevat meer as 4 000 chemiese verbindings en minstens 400 giftige stowwe. Dit sluit in produkte soos teer, nikotien en koolstofmonoksied, verduidelik Vienings.

• Die gesondheid van nie-rokers word in gevaar gestel deur blootstelling aan tweedehandse rook. Inaseming van tweedehandse rook verhoog die risiko van die ontwikkeling van longkanker of hartsiektes met sowat 25 persent by ’n nie-roker.

Sommige van die siektes wat verband hou met tweedehandse rook sluit in hartsiektes, longkanker en irritasie van die oë en neus in volwassenes en by kinders en babas ’n verhoogde voorkoms van asma, hoes, benoudheid en longontsteking.  Die voordele van ophou rook sluit in ’n laer risiko van diabetes. Jou bloedvate funksioneer beter en help sodoende die hart en longe se funksie.

“Dit is nooit te laat om ’n gesonde leefstyl te lei nie, ” sê Vienings.

Dit is beter as jy ophou terwyl jy jonger is, maar as jy ouers is, sal dit die gevolge van rook verminder.

“Vervang rook met gereelde oefening om siekte te beveg. Neem ook gesonde voedingstowwe soos vrugte en groente in om jou drange na rook in toom te hou,” sê Vienings.

*Lees ook hier hoe rook jou vel beïnvloed.

The post Wees gesonder, hou op rook appeared first on rooi rose.

Wees aktief saam met jou kinders
Moedersdag is wel die geleentheid vir kinders om hul moeders te bederf, maar dit het my ook laat dink hoe bevoorreg ’n ma is as sy ’n besonderse verhouding met haar dogters het. Dis ’n baie spesiale vriendskap wat ’n leeftyd se vreugde bring. Ek is gelukkig genoeg om ’n dogter te hê wat baie dinge met my deel. Ons kook al jare saam, maar ons mees onlangse gesamentlike verslawing is bergfiets.

Die res van die gesin het voor my eerste fietsrymarathon in Februarie (die TransCape wat oor 7 dae strek) later met glaserige oë deur vele kuieretes gesit soos ek en dogter sonder einde oor die voorbereiding en wedren gesels. Sy was net so opgewonde en angsbevange oor die 750 km wat ek sou moes baasraak. Die aand voor ek na Knysna vertrek vir die wegspring, daag sy uit haar eie vroegaand op om my te help om elke dag se poeiers en energiestafies af te meet en te organiseer, want sy weet my pakkery is gewoonlik ’n laaste oomblik poging.

Toe ek op die wedren my daaglikse rantsoene oopmaak, kry ek ’n klein briefie vir elke dag met woorde van aanmoediging. Net soos ek jare gelede soms in hul kosblikke ’n “smiley face” briefie ingedruk het as ek weet dinge loop nie so lekker by die skool nie of ’n groot uitdaging wag.

Wat ’n voorreg om nou aan die ontvangkant te wees, het ek deur die trane gedink.

Ons tweetjies durf die einde van die maand (27, 28, 29 Mei) ons eerste bergfietsmarathon in Verlorenkloof aan – die *Croc2Croc – en die voorbereiding om reg te wees vir afstande wat tot 115 km per dag is, was al reeds groot pret. Ek kan nie wag vir al die spesiale oomblikke wat ons gaan deel nie en ek hoop om in C.J. Langehoven se woorde “die swaarkry met lekkerkry klaarkry”, want om iets saam te doen, maak die pret dubbel en die swaarkry helfte.

Kry dus vroegtydig ’n sport wat jy en jou kind kan deel, en dit sal julle jare se vreugde bring. En so tussen die swaarkry en lag, leer mens mekaar respekteer en waardeer.

Anet en Nika

*Die croc2croc-marathon vind van 27 tot 29 Mei in Verlorenkloof-landgoed in Lydenburg (2,5 uur van Pretoria en 3 uur van Johannesburg) plaas en maak voorsiening vir geharde ryers wat 215 km oor die drie dae wil ry sowel as vir minder fikses met twee korter roetes: Mild Croc: 161 km en Cruise Croc 100 km. Cruise Croc is geskik vir kinders onder 15 en die minder fikse geliefdes.

Die ander groot bonus is dat daar nie ’n tentflap of -pen in sig is nie. Deelnemers en hul ondersteuners bly in heerlike weelderige “croft”-eenhede en lê weg aan uithaler kos. Die roetes is sirkelroetes waar jy  elke aand in dieselfde snoesige bed slaap. En as fietsry nie vir jou is nie, kan jy visvang, stap of lees. Die omliggende omgewing is prentjiemooi en sal ryers sowel as ondersteuners bekoor. Daar is goedkoper pakkette vir ondersteuners.

Daar is nog ’n paar plekke beskikbaar,  besoek www.verlorenkloof.co.za en klik op Croc MTB vir meer inligting en inskrywings.

The post Wees aktief saam met jou kinders appeared first on rooi rose.

TransCape MTB: verby jou grense
Dit maak nie saak hoe jy 750 km sê nie – dit bly 750 000 m. Heelpad van Knysna tot in Franschhoek. Op ’n trapfiets. In ’n snikhete Februarie. Oor berge en dale. Veral berge, sien ek toe ek aan die einde van November tussen werk en wedrenne deur uiteindelik tyd het om behoorlik te kyk wat die wedren behels.

Dag een van die TransCape-bergfietsmarathon strek van Knysna tot in George; 109 km waarin jy 2 716 m klim. Die res van die roete klink na ’n fyn beplande marteltog. Op dag twee trap jy 121 km en klim 2 100 m.

“Hulle sê dís die moeilikste dag,” kondig my dogter met die wedrenprofiel in haar hand bekommerd aan. Ek wonder kort-asem hoe enigiemand 2 716 m se heuwels in een dag kan uitry.

Dis die ou Epic-roete, laat weet my fietsrybroer opgewonde per e-pos.

Toe ek ’n uitnodiging vir die TransCape kry, was ek in die sewende hemel. Jy slaap elke aand in sagte beddens in gastehuise en eet fynproewerskos, het Lenore Collett, die organiseerder, trots verduidelik. Hoewel ek al vier jaar padfiets ry en fiks is, het ek geen bergfietservaring nie, en hier is mos die ideale kans om die skuif te maak …

“Het jy hierdie wedren goed deurdink?” vra my geduldige man. Hy is gewoond aan een wat koorsagtig opgewonde raak oor uithourenne en nuwe avonture. Hy moes al saam met my Kilimandjaro uitklim omdat ek twee weke voor die ekspedisie ’n uitnodi-ging gekry het en ewe “gaaf” vir hom ook ’n plek losgepraat het.

Miskien hét ek nie mooi hieroor gedink nie, want die prentjie van my wat deur fraai dorpies ry en vrolik vir die inwoners wuif, het pas ’n lelike knou gekry.

Die dorpies sal steeds fraai wees, maar ek vermoed daar gaan niks vrolik aan my wees wanneer ek verbysukkel nie. “Toemaar, jy kan op die bystandvoertuie klim as jy moeg raak,” paai ’n oud-kollega wat al twee keer die Epic gery het, toe ek haar in blinde paniek bel.

Hoewel dit soos ’n gawe uitkoms klink, gooi ek nooit tou op weens swak beplanning en te min deursettingsvermoë nie, en dit gaan ook nie nou gebeur nie.

Ek het twee maande gehad (wat die Desembervakansie ingesluit het) om die padfiets te los en ’n gesoute bergfietsryer te word. Vir die eerste keer in my lewe het ek besef ek het my moses teëgekom. In eenvoudige Afrikaans: Ek’s in my maai (en meer).

Ek sal kortpad vat verby die koue sweet, paniekaanvalle en trane van bittere spyt. Gelukkig lees ek in my klubnuusbrief van Cycle Lab van gratis vaardigheidslesse vir vrouelede by die PWC Bike Park.

Hoe moeilik kan dit wees? Dis steeds net ’n fiets, dink ek toe ek my op die eerste Vrydagoggend in Desember met ’n blinknuwe 29ner-bergfiets in Nicolle van der Greft se klas bevind. Weliswaar ’n baie groot fiets, besef ek toe ek op my ryperd spring. Nie omdat ek mateloos opgewonde is nie, maar omdat ek so ver van die grond is.

Ek is so onhandig dat ek meer tyd langs die fiets as op die fiets deurbring. Skielik klink agt weke baie kort vir die wonderwerk wat gaan nodig wees vir my transformasie. Maar soos altyd kom spyt te laat.

Toe Nicolle hoor wat my uitdaging is, lewer sy ’n Oscar-vertoning en verduidelik sonder om haar oë te rol of histeries te lag dat sy private lesse aanbied en ook dat ’n fiets sonder dubbel-suspensie die 750 km soos 1 500 km gaan laat voel. Dis toe ek die vriendelike mense by Cycle Lab oortuig om vir my ’n fiets met ’n dubbelsuspensie vir die fietsren te leen.

Dit het intense oefening gekos (drie lesse per week) en baie ure se oefening alleen, maar dit was bevredigend om week na week te sien hoe ek vorder.

Daar was ook dae van diep vertwyfeling. Op my tweede klub-bergfietsuitstappie in Desember val ek met my kop teen ’n rots en kraak my helm. Jy kan vir jou morsdood val, het ek angstig gedink.

Tog was daar ook oorwinnings. Soos toe ek stil op my fiets staan en balanseer, of by ’n houtbruggie afspring en teen ’n duiseling-wekkende afgrond afjaag. Hoe meer mense verstom was oor my uitdaging, hoe meer vasbeslote was ek om suksesvol te wees.

Bergfietsryers is ’n vriendelike spulletjie, tog is daar ’n donker kant aan wedrenne waaroor niemand voor die tyd praat nie, maar op ’n wedren is dit omtrent ál waaroor hulle praat: boude. Hoe voel jou boude? Hoe lyk jou boude? Wat smeer jy aan jou boude? Ek was te bang om te vra, maar vermoed wildvreemde kamermaats het waarskynlik saans mekaar se agterstewe inspekteer en salf aangesmeer. Voor die tyd kon geen mens my vertel wáár ek dit moet aansmeer nie. “Smeer waar dit skaaf,” gee die een raad. Maar hoe weet jy waar as jy nog nooit geskaaf het nie?

Maar op die eerste dag is my agterstewe die laaste ding wat pla. Ons is nog net 12,5 km in ons reis van 750 km en ek is gereed om te begin stoot. My rug is so seer dat ek bang is ek kreun hard en my bobene brand so dat ek seker is ek kan ’n braai aan die gang kry met nat hout.

Maar my medetrappers trap met vrolike gesigte teen die bult uit en ek kners op my tande en veg voort. Laat ek net asseblief die eerste dag oorleef … Op 60 km gee iemand by ’n waterpunt my fiets een kyk en sê my saal lyk te laag. Met die vervoer van die fiets het die saal op ’n manier afgeskuif en dit verklaar my rugpyn. Daarna voel die rug baie beter, maar die opdraande bly net so steil.

Toe ek ’n bergfiets wou koop, gee my fietsrybroer raad: “Koop een wat maklik stoot.” Ek het lekker gelag, maar nou is dit glad nie snaaks nie. Dis deksels moeilik om ’n halsstarrige fiets teen los klippe uit te stoot as dit so steil is dat jy die rem moet trek om te keer dat jy terugrol! En dit met fietsryskoene wat omtrent so gepas is vir bergklim soos klompe.

Maar ek verbaas myself (en heelwat ander) en oorleef dag een, en twee, en drie en vier … tot op dag sewe by die eindpunt by La Couronne in Franschhoek. Wat na ’n onmoontlike uitdaging gelyk het, het hanteerbaar geword met die regte afrigting, oefening en baie vasbyt. Wat amper meer fassinerend aan die reis was, was die kopskuif wat dit verg as jy iets heeltemal nuuts aandurf wat oënskynlik bo jou vuurmaakplek is.

Jy leer soveel van jouself en besef dat al dink jy jy’t die einde van jou kragte bereik, kan jy nog bitter ver aanhou as dit nodig is. Die bevrediging om ’n onrealistiese uitdaging te oorwin was vir my een van die mees bevrydende ervarings en een van die beste geskenke wat ek vir myself kon gee.

Nou sien ek geen grense nie.

Lees ook Wees aktief saam met jou kinders

The post TransCape MTB: verby jou grense appeared first on rooi rose.