film | rooi rose

Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

Die fees se suksesvolle kortfilm-mentorskapprojek, waarmee kykNET ’n nuwe geslag filmmakers se loopbane ’n hupstoot gee, kring vanjaar uit na dokumentêre. Vir die eerste keer sluit die vol feesprogram die loodsepisodes van splinternuwe televisie- en stroomdiensreekse ook in.

Die dag in Kaapstad is voorskoue van die kortfilms, dokumentêre en speelfilms vertoon.

Die 11de kykNET Silwerskermfees (SSF) vind tussen 23 en 26 Augustus by die Bay Hotel en Theatre at the Bay in Kampsbaai plaas. Ná drie dae van kykgenot, verskuif die feesglans op die laaste aand na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks), waar die gesogte Silwerskerm-standbeeldjies onder die applous van meer as 1000 gaste aan vanjaar se filmfeespresteerders en die televisie-uitblinkers van die afgelope jaar in 28 kategorieë uitgedeel sal word.

Dié swierige geleentheid met die grootste sterre op kykNET se blou tapyt, en topmusikante op die verhoog, word die volgende aand, Sondag 27 Augustus, op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die benoemdes in die verskeie televisiekategorieë sal teen einde Junie aangekondig word

Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale, het aan gaste vertel dat wat die SSF van ander filmfeeste onderskei, is die kortfilms, want dis die broeikas van besondere nuwe talent. Vanjaar ding 14 kortfilms, vyf speelfilms en en ses dokumentêre wat almal tydens die fees première, om die gesogte beeldjies mee. Hy het ook gesê dat hy hoop die voordele wat die SSF vir rolptente gehad het, ook vir idioom van TV sal werk.

Speelfilms

Vanjaar se Silwerskermfeesspeelfilms sluit twee verwerkings van blitsverkoperromans in: Hans steek die Rubicon oor, deur Rudie van Rensburg, en Annie Klopper se romantiese komedie Die tragiese saak van Pamina Vermaak.

Nicola van Niekerk, Hoof van M-Net Premium-inhoud en ko-produksies, het gesê die speelfilms is vanjaar baie kommersieel. “Dis wat ons wil hê, want ons wil mense terug in teaters kry.”

Die knorrige ou Hans wat in ’n ouetehuis gestop word en sy mede-inwoners opsweep tot ’n rebellie teen dié “tronk” se drakoniese reëls word deur die geliefde Pierre van Pletzen vertolk. Onder die akteurs wat die rolle van sy kostelike troepe speel, is die legendes Tobie Cronjé, Sandra Prinsloo en June van Merch. Die veelbekroonde aktrise Nicola Hanekom is die bitterbekmatrone wat almal se pret bederf.

In: Hans steek die Rubicon oor, word die knorrige ou Hans wat in ’n ouetehuis gestop word en sy mede-inwoners opsweep tot ’n rebellie teen dié “tronk” se drakoniese reëls word deur die geliefde Pierre van Pletzen vertolk. Onder die akteurs wat die rolle van sy kostelike troepe speel, is die legendes Tobie Cronjé, Sandra Prinsloo en June van Merch. Die veelbekroonde aktrise Nicola Hanekom is die bitterbekmatrone wat almal se pret bederf.

Die bekende televisiepersoonlikheid Kabous Meiring maak haar debuut as speelfilmregisseur met Die tragiese saak van Pamina Vermaak. Carla Smith, wat verlede jaar as die fees se beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Skyn aangewys is, vertolk die rol van Pamina, die joernalis wat na ’n skilderagtige Weskusdorpie vlug nadat sy ’n herrie op kantoor veroorsaak het. Dis waar sy haarself vasloop in die rockster Wolf de Jager, wat ook ná ’n skandaal wegkruip. Christiaan Schoombie (Troukoors en Desert Rose) is die aantreklike Wolf. Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius, Armand Aucamp en Duane Willams is almal deel van die sterbelaaide rolverdeling.

Carla Smith, wat verlede jaar as die fees se beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Skyn aangewys is, vertolk die rol van Pamina in Die tragiese saak van Pamina Vermaak.

Nog ’n romantiese komedie op die speelfilmprogram is Frankie en Felipé. Vir dié rolprent het Bradley Olivier en Solomon Cupido die toutjies vóór en agter die kamera getrek. Hulle het die fliek vervaardig, die draaiboek saam met Brett Michael Innes (Sink en Fiela se kind) geskryf én die hoofrolle gespeel. Bradley is Frankie, en Solomon is Felipé, twee broers wie se lewens heeltemal verskillende paadjies geloop het nadat hulle as kinders vanmekaar geskei is. Wanneer hulle net voor Frankie se troue herenig, lei dit tot ’n warboel van misverstande. Marvin-Lee Beukes is die regisseur en onder die ander spelers tel Ilse Klink, Zane Meas, Kim Syster en Bouwer Bosch.

Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts, wie se romantiese komedie Vir altyd loketrekords laat spat het, ’n nuwe genre – ’n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is ’n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie. Jacques Bessenger vertolk die rol van haar man en Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt is die ander akteurs wat sorg dat dié speelfilm kykers enduit naels gaan laat kou.

Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts ’n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is ’n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie.

Die drama Old Righteous Blues laat val die kollig op ’n Suid-Afrikaanse kultuurskat: die Wes-Kaap se Kersfeeskore. Hierdie boeiende Romeo en Juliet-verhaal binne ’n verskeurde Bolandse gemeenskap is in Robertson verfilm met ’n groot en indrukwekkende rolverdeling en ekstras wat in die omgewing woon. Dit vertel die verhaal van Hantjie, vertolk deur Ayden Croy, wat bitter graag sy Kerskoor se nuwe trommelmajoor wil word. Ongelukkig dra dit nie die goedkeuring van die koor se stoere leiers weg nie. Boonop is die liefde van sy lewe, gespeel deur ’n jong aktrise om dop te hou, Megan Saayman, die dogter van hul gehate oppossisiekoor se leier. Die vete tussen die kore kom ’n lang hartseer pad en die twee minnaars beland in die spervuur. Onder die talle veteraanakteurs wat in Old Righteous Blues te siene is, tel Kevin Smith, Simon Bruinders en Ivan Abrahams.

Kort dokumentêre

Die Silwerskermfees se eerste ses dokumentêre kortfilms belig uiteenlopende onderwerpe.

Teater na die mense vertel die merkwaardige verhaal van die Cape Flats Players-geselskap wat teater ingespan het om die apartheidstelsel uit te daag en gehore bemoedig het om teen onderdrukking op te staan.

In Langafstand volg die kameras die reis van ’n rolmodel uit Cloetesville, Stellenbosch – die landloopatleet Deon-Lee Hendricks wat met die hulp van sy afrigter en die atletieklegendes Elana van Zyl en Zola Budd voorberei op die landlooproewe wat tussen hom en sy groot droom staan: om die Suid-Afrikaanse span te haal wat in Australië gaan meeding.

’n Gids vir Louzanne, nog ’n dokumentêr oor ’n inspirerende atletiekster, verken die ingewikkelde simbiotiese verhouding tussen die gesiggestremde Bloemfonteinse paralimpiese atleet Louzanne Coetzee en haar wedloopgidse.

In die aangrypende Call of the Wild sien kykers hoe ’n spesiale klanksafari ’n jong blinde meisie toegang tot die wonders van die natuur gee, terwyl Besmet ontbloot hoe die ikoniese Afrika-leeu hartverskeurend deur wrede vergiftiging bedreig word. Dan is daar ook Born Behind Bars, ’n aangrypende dokumentêr oor ’n ma wat swanger is wanneer sy tot tien jaar tronkstraf gevonnis word.

Kortfilms

Nadat verlede jaar se oes kortfilms ’n lang lys toekennings by internasionale feeste ingepalm het, is daar vanjaar 14 kortfilms deur belowende nuwe regisseurs en skrywers in dié feeskategorie. ’n Paar bekende akteurs wys dié keer hul slag met die pen en agter die kamera, en nuwe filmgenres maak hul buiging. Die volledige Silwerskermfeesprogram, is beskikbaar by www.silwerskermfees.co.za

Ná afloop van die fees sal al die Silwerskermfeesfilms op kykNET en die stroomdiens Showmax beskikbaar wees en van die speelfilms sal ’n draai by filmteaters en op DStv BoxOffice maak.

Die titels van die TV-programme waarvan loodsepisodes as ’n voorsmakie by die fees gewys word, is nog ’n geheim, maar sal binnekort bekend gemaak word.

Nog ’n nuwe aspek van die fees vanjaar, is drie eksklusiewe meesterklasse waartydens ervare Silwerskermstemme ’n handjievol deelnemers intensief gaan toerus om hul storieverteltegniek te slyp. Die meesterklasse word in drie uiteenlopende velde aangebied: spelleiding voor die kamera, die skep van treffende dokumentêre films, en die maak van films wat gemeenskappe bemagtig.

Vir dokumentêre films gaan Wim Steyn en Elle Oosthuizen, wat die gewilde reekse Devilsdorp en Steinheist gemaak het, asook Richard Finn Gregory (Boere op die Aardsdrempel, Steinheist), twee ure lank praktiese opleiding gee oor wat ’n suksevolle dokumentêre narratief behels.

Vir die spelleiding voor die kamer wys Nico Scheepers van Donkerbos– en Nêrens, Noord-Kaap– faam saam met akteurs en ’n kameraman hoe hy te werk gaan om op stel onder druk die beste spel uit akteurs te tower.

In die meesterklas om gemeenskappe te bemagtig, sal Nadine Cloete (Teater na die mense, Action Kommandant) en Muneesa Sallies (Old Righteous Blues, Twisted Christmas), fokus op narratiewe stories wat in gemeenskappe verfilm word en die gemeenskappe se outentieke verhale op ’n fiktiewe wyse vas te vang.

Lees ook: Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei

The post Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees appeared first on rooi rose.

Die tragiese saak van Pamina Vermaak word ’n fliek
Die verfilming aan dié romantiese komedie het reeds begin en die rolverdeling sluit jong talent en verskeie Suid-Afrikaanse legendes in.

Carla Smith (Tydelik terminaal, Ekstra medium, Troukoors) is te sien as Pamina Vermaak, wat druipstert na haar ma-hulle terugkeer nadat sy haar werk verloor het. Ook op die Weskusdorp Witwaterbaai, waarheen Pamina gesweer het sy nooit weer sal terugkeer ná ’n fiasko 11 jaar gelede nie, is die rock-ster Wolf de Jager. Hy kom kruip weg nadat sy verloofde, die aktrise Daniella du Toit, hom verneuk het. Dit is natuurlik onafwendbaar dat Pamina en Wolf se paaie kruis …

Christiaan Schoombie (Troukoors, Desert Rose, Binnelanders) is te sien as Wolf en ander spelers in die rolverdeling sluit in Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius en Duane Williams met kameeverskynings deur Hélène Truter, Rolanda Marais, André Roothman en Armand Aucamp.

Die regisseur is Kabous Meiring, wat, onder meer, as aanbieder van Prontuit op kykNET bekend is. Go2 Content, in samewerking met The Film Factory, is die vervaardigers met Kabous, Jaco Nothnagel en Danie Bester aan die stuur.

Die draaiboek is aanvanklik deur Elanie Rupping (Tydelik terminaal, Mense Mense, Sterlopers) geskryf en toe verder deur Bibi Slippers, Kabous, Jaco, Danie, Tina Kruger en Annie Klopper ontwikkel.

“Ek dink elke persoon se bydrae, klein of groot, maak hierdie draaiboek uniek en baie eerlik,” sê Jaco. “Om nou die woorde in die akteurs se monde te hoor en met Kabous in haar element as regisseur, is die kersie op die koek.”

Die tragiese saak van Pamina Vermaak word, onder meer, in Kaapstad, Velddrif, Laaiplek en St. Helenabaai verfilm. Die rolprent sal by die 2023 kykNET Silwerskermfees première en sal daarna op DStv BoxOffice beskikbaar wees.

“Ons hou duim vas dat die wind ons nie wegwaai nie en ons koop sonbrandroom in grootmaat aan. Die dorpies se sjarme en asemrowende sonsondergange het ons almal se harte gesteel,” sê Jaco. “Dit is die derde produksie wat Go2 Content buite die stad skiet en ek is weereens geroer deur die plaaslike gemeenskappe se gasvryheid en ondersteuning.”

Lees ook: Nuwe rolprent bied ’n kykie in die verbeeldingswêreld van Emily Brontë

The post Die tragiese saak van Pamina Vermaak word ’n fliek appeared first on rooi rose.

The White Crow: Skitterende fliek oor Rudolf Nureyev
The White Crow: Skitterende fliek oor Rudolf Nureyev deur Corlia Fourie. Foto’s verskaf.

Rolprent: The White Crow met Oleg Ivenko. Regisseur Ralph Fiennes

The White Crow vertel die verhaal van die legendariese Russiese balletdanser, Rudolf Nureyev, se kinderdae en opleiding in Rusland en die dramatiese dag toe hy in 1961 op die Paris Le Bourget-lughawe na die Weste oorgeloop het.

Die prent kan beslis aanbeveel word, want die ballet is pragtig, die Paryse tonele ook en die swart-en-wit- tonele van Nureyev se armoedige kinderjare in Oefa, Rusland laat ’n mens besef presies hoe ver die briljante danser gekom het.

Lees ook: Rusland, laag op laag soos ’n matrosjka-pop

Foto: Verskaf

Selfs sy geboorte was dramaties: Rudolf is op 17 Maart 1938 op die Transsiberiese trein naby Irkutsk, Siberië gebore toe sy ma op pad was om by sy pa, ’n soldaat, aan te sluit. Sy ouers was Tartaarse Moslems.

Nureyev, wat op 6 Januarie 1993 aan Vigskomplikasies oorlede is, word as die beste balletdanser van sy tyd beskou met die titel van “Lord of the Dance.” Met sy teenwoordigheid, sy passie en sy sierlike spronge het hy die manlike balletdanser net so belangrik soos die vroulike dansers gemaak.

Foto verskaf.

In die rolprent is hy egter die Wit Kraai, ’n Russiese gesegde vir iemand wat eenkant, anders is.  Hy word dan ook uitgebeeld as baie ernstig, eintlik obsessief oor sy professie, terwyl mens terselfdertyd aan hom dink as moeilik en selfsugtig.

Regisseur Fiennes het ’n regte jong balletdanser, Oleg Ivenko, ’n solo-danser van die Jalil Tatar-balletgeselskap, vir die hoofrol gekies. Ivenko dans lieflik en hy speel Nureyev as ernstig en broeiend intensief, maar ’n mens voel tog dat die danser dalk bietjie meer flambojant uitgebeeld kon word.

Foto: Verskaf

Regisseur Fiennes speel ook in die prent. Hy is die beroemde dansmeester Alexander Pushkin wat Nureyev se talent raaksien en hom met buitengewoon baie geduld afrig. Pushkin se vrou, Xenia (gespeel deur Chulpan Khamatova) stel ook in Rudolf belang, maar haar belangstelling is meer in hom as aantreklike sensuele jong man en sy nooi hom om by haar en haar man te kom bly en verlei hom uiteindelik. (En mens wil die geduldige dansmeester sommer ’n paar klappe gee om hom tot aksie aan te moedig, maar hy bly net passief vriendelik.)

Foto: Verskaf

In die fliek word die gebeure op die Paryse lughawe geweldig dramaties uitgebeeld wanneer die Kirov-dansgroep regmaak om na Londen te reis. Nureyev is tydens die groep se Paryse optredes deur die KGB-beamptes dopgehou wat agterdogtig geraak het oor sy gedrag (soos sy besoeke aan gay kroeë en sy vriendskap met die Franse glansvrou Clara Saint.) Toe die Russiese beamptes hom na  Rusland wil terugstuur, skep dit vir Rudolf ’n geweldige krisis, want hy vermoed hulle wil hom in die tronk gooi terwyl hy ’n droom het om as balletdanser internasionaal op te tree.

Foto: Verskaf

Buiten die hoofrolspeler wat myns insiens ’n bietjie meer flambojant kon wees, is daar ook ’n probleem met die manier waarop die storie elke paar minute in ’n ander tydgleuf is – van Parys, terug na sy opleiding in Rusland, terug na sy kinderdae, weer Parys, ensovoorts. Die gebeure op die lughawe is so spannend dat ’n opbou daarheen kronologies kon verloop en minder verwarrend sou wees.

Die prent is nogtans, desnieteenstaande ’n besoek werd.

Hierdie film draai tans in fliekteaters.

Loer hier na die lokprent:

The post The White Crow: Skitterende fliek oor Rudolf Nureyev appeared first on rooi rose.

Hou die kinders besig: Wat wys nou in die fliekteaters?
Hou die kinders besig: Wat wys nou in die fliekteaters? saamgestel deur Cornelia Postma. Hooffoto: Geber86/istock images

The Grinch

Die Grinch en sy lojale hond Max voer ’n eensame bestaan binne in ’n grot op Mount Crumpet. Sy hoofbron van bitterheid is Kerstyd, wanneer sy bure in Whoville die vakansietyd met ’n knal vier. Wanneer die Whos besluit om Kersfees nog groter en helderder te maak, besef die humeurige Grinch dat daar net een manier is om weer vrede en stilte te  bewerkstellig. Met die hulp van Max beraam die groen knor ’n plan om hom as Kersvader voor te doen, en dan Kersfees te steel en die Whos se vakansiegeluk eens en vir altyd stil te maak.

Die rolprent is nou in teaters.

Lees ook: Kreatiewe Kersaktiwiteite vir kinders

Ralph Breaks the Internet: Wreck-it Ralph 2

Ralph en misbaksel van ’n metgesel Vanellope von Schweets moet ’n epiese tog waag deur die wêreldwye web om na ’n plaasvervanger te gaan soek ten einde Vanellope se rekenaarspeletjie, Sugar Rush, te red. Hulle spring halsoorkop weg en moet op die inwoners van die internet, die netizens, staatmaak om hulle te help navigeer. Hulle loop daar ook ’n entrepreneur raak, Yesss, wat die hoof-algoritme is en die hart en siel van die rigtinggewende webtuiste BuzzzTube.

Die rolprent is nou in teaters.

The Nutcracker and the Four Realms

Jeugdige Clara het ’n magiese, enige in sy soort sleutel nodig om ’n kis oop te sluit wat ’n kosbare geskenk bevat. ’n Goue draad lei haar na die verlangde sleutel, maar dit verdwyn in ’n vreemde en geheimsinnige parallelle wêreld. Daar ontmoet sy ’n soldaat genaamd Philip, ’n groep muise en ’n vors wat regeer oor drie koninkryke. Clara en Philip moet nou die vierde ryk betree om die sleutel te kry en weer die harmonie te herstel wat in die land versteur is.

Die rolprent is nou in teaters.

Lees ook: Die lekkerste vakansieprojekte vir kinders

Spider-man: Into the Spider-verse

’n Tiener, Miles Morales, word deur ’n radio-aktiewe spinnekop gebyt in die Brooklyn moltreinstasie. Hierna ontwikkel hy skielik geheimsinnige kragte wat hom verander in Spiderman. Wanneer hy egter vir Peter Parker ontmoet, besef hy dat daar meer is wat sy hoog-vlieënde talente deel. Miles moet nou sy nuutgevonde talente gebruik in die stryd teen die bose Kingpin, ‘n reuse misdaad-baasbrein wat poorte kan open na parallelle wêrelde.  Daar moet Spiderman hom elke keer van vooraf  aanpak in ’n stryd wat skynbaar geen einde het nie.

Die rolprent  is nou in  teaters.

Instant Family

Wanneer Pete en Ellie besluit om met ’n gesin te begin, word hulle in die wêreld van kinderaanneming ingesleep. Hulle hoop om een kleintjie aan te neem, maar wanneer hulle drie kinders ontmoet, waarvan een ’n rebelse 15-jarige meisie, bevind hulle hul oornag as ouers van ’n groot gesin. Pete en Ellie moet skielik kenners word van kitsouerskap in die hoop om almal as ’n gesin saam te kan voeg.

Die rolprent is nou in teaters.

Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwald

In ’n poging om Grindelwald se planne om ware bloed-hekse groot te maak om die wêreld van nie- magiese mense te stuit, het Albus Dumbledore die jong student Newt Scammer gevra om hom te help. Sonder om van die gevare te weet stem hy in. Lyne word getrek as liefde en lojaliteit getoets word, selfs onder die opregste vriende en familie, in ’n groeiende skeiding van ’n magiese wêreld. (Hierdie fliek is vir ouer kinders bedoel.)

Die rolprent is nou in teaters.

Mary Poppins Returns

Die geheimsinnige Mary Poppins keer terug uit Depressie-era Londen om by Jane en haar broer Michael, nou ’n pa van drie kinders, te kuier, en help hulle om weer die vreugde te vind wat hulle as kinders geken het.

Die rolprent kom 25 Desember uit.

Elliot the Littlest Reindeer

Wanneer Blitzen skielik sy aftrede aankondig, moet Kersvader ’n plaasvervanger kry. Die miniatuurperdjie Elliot en sy beste maat, Hazel, gaan uithaal om te wys hy is die een vir die pos. Terwyl Elliot en Hazel regmaak om deel te neem aan die rendierproewe, leer Hazel dat Kersfees, soos ons dit ken, op pad is om ’n ramp te word. Intussen is daar nog ’n komplikasie wanneer ’n vieslike vrou besig is om die lewens  hul vriende te bedreig, en Elliot gekonfronteer word met die grootste keuse van sy lewe.

Die fliek draai vanaf 14 Desember.

The post Hou die kinders besig: Wat wys nou in die fliekteaters? appeared first on rooi rose.

’n Film van vele eerstes
’n Film van vele eerstes! deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Empire Entertainment © 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Die eerste A Star Is Born het in 1937 die lig gesien, met die fokus op ’n hoopvolle aspirant ster (gespeel deur Janet Gaynor) en ’n gevestigde akteur (Fredric March) wie se alkoholisme sy eie loopbaan tot ’n val bring. ‘n Nuwe weergawe van die rolprent is toe weer in 1954 gemaak met Judy Garland en James Mason in die hoofrolle, en weer  in 1976. Maar hierdie keer het die kollig op die musiekwêreld geval en kon ons luister na die ikoniese stemme van Barbra Streisand en Kris Kristofferson.

Alhoewel daar ’n verskil is in die kinematiese sensitiwiteite as gevolg van die tydperk en era, het die konsep en storielyn tog altyd dieselfde gebly: ’n gevestigde man wat reeds alles van die vermaaklikheidsbedryf gesien en geweet het, en wat aan verslawing ly,  ontmoet ’n talentvolle, verfrissend eerlike, onopgesmukte vrou en raak met die eerste oogopslag verlief op haar. Hy stel haar bekend aan die bedryf wat hy reeds domineer –  en die wêreld waarin hy leef en rondbeweeg – en hulle trou op die stadium wat die vermaaklikheidswereld van haar begin kennis neem. Alhoewel hulle mekaar se loopbane ondersteun, kan sy liefde vir haar nie sy eie depressie oorkom nie. Sy bekendheid en roem gaan hom nie vir altyd kan dra nie, en intussen trek hy die vrou wat hy liefhet saam met hom af.

Daar word gespot dat elke generasie sy eie A Star Is Born vervaardig, maar min kan regtig kompeteer met die 2018 weergawe van dié klassieke liefdesverhaal waarin Bradley Cooper en Lady Gaga hulle kragte saamsnoer. A Star Is Born het op 12 Oktober 2018 in Suid-Afrikaanse teaters geland, en die rolprent het sedert sy aanvanklike vrystellingsdatum in Duitsland (4 Oktober 2018) reeds ’n paar rekords laat spat. Die klankbaan vir A Star is Born – met die stemme van Lady Gaga en Bradley Cooper –  het nommer 1 op die Billboard Top 200 albums gehaal. Dié prestasie maak Gaga die enigste vrou ter wêreld wat vyf nr. 1-albums in hierdie dekade kon kry. Intussen het A Star Is Born die tweede fliek die maand geword om $200 miljoen te behaal – ‘n eerste vir Oktober. Slegs vier films het dit al vantevore reggekry om hierdie bedrag te oorskry – Meet the Parents, Gravity, Shark Tale en The Martian.

In die laaste weergawe van A Star Is Born speel die onweerstaanbare Bradley Cooper nie net die rol van die gewilde country-rock musikant, Jackson Maine, nie maar ook vir die heel eerste keer in sy loopbaan die rol van regisseur. En Stefani Joanne Angelina Germanottaie, beter bekend as die talentvolle Lady Gaga, speel die rol van Ally, ’n sukkelende sanger en komponis.

“When the sun goes down, and the band won’t play…” | #AStarIsBorn is now playing. Get tickets: https://t.co/YnIMB743o2 pic.twitter.com/DPbVn0Gd6V

— A Star Is Born (@starisbornmovie) October 17, 2018

Ons het ’n bietjie gaan oplees oor A Star Is Born en het op ’n klomp fassinerende feite en lekker “behind-the-scenes” interessanthede afgekom.

In die film ontmoet Ally en Jackson tydens ’n optrede in ’n kroeg vir fopdossers. Ally sing “La vie en rose”, die einste liedjie wat Bradley Cooper laat besluit het om vir Lady Gaga die rol van Ally aan te bied.  In 2016 was Cooper steeds onseker oor wie die rol van Ally moes speel, maar toe hy tydens ’n fondsinsameling vir kanker Gaga se vertolking van die liedjie hoor, was hy so betower dat hy daar en dan besluit het sy móét die hoofrol vertolk. Die volgende dag het Bradley na Gaga se huis in Malibu gegaan en vir haar die rol aangebied. Hulle het ’n video gemaak waar hulle tonele en liedjies uit die fliek opvoer, en dié video het die ateljee oortuig om die fliek te maak.

Die klankbaan vir A Star Is Born is vol oorspronklike liedjies wat spesiaal geskryf is vir die fliek, en baie daarvan is op stel eers geskryf. Lady Gaga het byvoorbeeld die liedjie ‘I don’t know what love is’ geskryf nadat sy ’n besonder emosionele toneel geskiet het, en het selfs Ally se liedjieboek gebruik om die woorde daarin neer te skryf.

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Lucas Nelson, seun van die country-sanger Willie Nelson, was die vervaardiger van baie van die film se oorspronklike liedjies en het van die liedjies saam met Cooper en Gaga geskryf. Boonop het sy orkes (Promise of the Real) as Jackson Maine se groep in die fliek opgetree.

Lady Gaga háát blykbaar flieks waarin jy kan agterkom dat die akteurs en aktrises net maak asof hulle sing. So, ten spyte van die feit dat haar medester, Bradley Cooper, geen ondervinding as sanger of musikant het nie, het Gaga hom oortuig om al hulle stemopnames lewendig op die dag van verfilming op te neem in plaas daarvan om op voorafopgeneemde liedjies net te maak asof hulle sing. Albei voel dat hierdie manier van doen hul optredes meer geloofwaardig gemaak het.

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Baie van die film se musikale optredes is by regte gebeure, soos die Glastonbury-fees, opgeneem. Om te keer dat die gehoor hulle splinternuwe liedjies opneem en aanlyn versprei voordat die film vrygestel is, het die klankspan doelbewus die versterkers afgeskakel sodat die gehoor nie die musiek of die lirieke kon hoor nie. Hulle wou die optredes so geloofwaardig moontlik maak sodat fliekgangers die gevoel kon kry dat hulle in die gehoor of self op die verhoog is.

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

In plaas daarvan om duisende ekstras vir die fliek te kry, het die filmmakers besluit om Lady Gaga se toegewyde aanhangers  (beter bekend as haar Little Monsters) as ekstras te gebruik. Hulle is die kans gegun om kaartjies te koop vir al die optredes tydens verfilming. Die opbrengs hiervan is alles aan Gaga se Born This Way-organisasie geskenk.

Bradley Cooper het dalk jare se ondervinding as akteur, maar toe dit kom by die rol van ’n sanger en musikant wat boonop regtig voor gehore moes sing, het hy besef dat hy baie tyd sou moes insit in die voorbereiding vir dié spesifieke rol. Hy het ’n stemafrigter aangestel saam met wie hy ses maande lank vyf dae ’n week gewerk het.  Hy het nie net as Bradley Cooper leer sing nie, maar ook in die laer stemtoon van sy karakter Jackson Maine. Hy het ook kitaar- en klavierlesse geneem, en het basies 12 maande lank elke aand saam met Lucas Nelson gewerk om sy sangtalent op te skerp. Bo en behalwe sy sanglesse en stemafrigting het Bradley ook ’n dialoogafrigter aangestel om hom te help om die ryk, diep stem wat hy vir Jackson gevisualiseer het, uit te beeld. Bradley het geleer om sy stemtoon met ’n hele oktaaf te verlaag om die rock-karakter ’n beter teenwoordigheid en geloofwaardigheid te gee!

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Alhoewel Gaga reeds met ’n Golden Globe bekroon is vir haar optrede in American Horror Story, is A Star Is Born haar eerste hoofrol in ‘n rolprent. Die oomblik net voordat die laaste emosionele toneel by die Shrine Auditorium opgeneem moes word, het Gaga ’n oproep ontvang met die hartseer nuus dat haar beste vriendin op haar sterfbed lê.  Gaga het dadelik soontoe gejaag, maar het haar vriendin se sterfte met ’n paar minute gemis. Toe Gaga later na die stel terugkeer het sy op die verhoog geklim en ’n hartverskeurende vertolking van “I’ll never love again” gelewer. Sy beskryf dit as ’n toneel wat sy nooit sal vergeet nie, en dis toevallig ook die laaste, baie roerende toneel van die film.

Verdere interessanthede oor dié film:

Ally se huis in A Star Is Born is gevul met foto’s van Stefani Germanottaie se kindertyd.

Ally se choreograaf in die fliek is Richie Jackson, Lady Gaga se werklike choreograaf.

Dave Chappelle sê die woord ‘bro’ vyf keer gedurende sy toneel in die fliek.

Ally en Jackson word in die huwelik bevestig deur Eddie Griffin, ’n bekende Amerikaanse komediant.

So, het jy al die nuwe lokettreffer gaan kyk? En wat het jy daarvan gedink?

As jy nog nie het nie, kan jy solank hier ’n voorsmakie van die film kry:

The post ’n Film van vele eerstes appeared first on rooi rose.

Ansu Visser se blog: Wat ek na my filmpremière gedra het
Deur Ansu Visser. Foto’s: Edwin van der Walt.

Ek sukkel om besluite te neem. En ek wens ek kon sê dat dit net beperk is tot belangrike lewenskeuses, maar soms raak dit die eenvoudige goed – soos watter pizza ek vir aandete wil bestel.

Hoe moeilik dit is om ’n besluit te neem, hang af van die belangrikheid van die situasie. Ek wonder dus gereeld hoe ek my trourok gaan kies!

Maar om ’n rok te koop vir die heel eerste filmpremière waar ek ’n karakter met ’n naam gespeel het, Wonderlus, het ek vrede gehad.

My inkopieroetine vir geleenthede is as volg:

Ek besoek YDE en YDE alleenlik. Dit lyk my ek vind gewoonlik dit waarna ek soek, selfs wanneer ek nie eers weet ek soek daarna nie!

Ek begin in die eerste ry en dan hou ek aan soek tot ek vyf rokke kry. (Jy mag net vyf items op ’n slag aanpas). Ek trek elke liewe rok aan wat my aandag vir meer as 5 sekondes kan hou. So weet ek uiteindelik dat ek elke liewe ding in die winkel aangepas het en dat ek dus die rok met vrede in my hart kan koop.

Ons gesin se WhatsApp-groepie word gebombardeer tot op die punt waar ek dink dat iemand die groep sal “mute” (niemand “mute” mos hul familiegroepe nie, né?)

Dan begin die eliminasieproses. Sekere rokke keer terug na hul punte van oorsprong en ander rus veilig oor my arm.

Ek stap terug na waar ek laas opgehou het, en dan begin ek weer rokke kies totdat ek weer vyf items het. Dan keer ek terug na die aantrekhokkie. (Ek moet erken ek het een keer 15 rokke aanprobeer).

Gewoonlik is daar twee rokke waaroor ek mal is en waartussen ek nie kan kies nie. Dan ek vra die winkelassistente om hulle vir my uit te hou sodat ek ’n dag kan neem om daaroor te dink. Die een waaroor ek aanhou dink, is die een wat ek veronderstel is om te koop.

Ek keer die volgende dag terug en koop die een waaraan ek gedink het.

My logika agter hierdie hele proses is as volg: Hoe meer rokke ek aanpas, hoe meer sal die een waaraan my hart behoort na vore kom deur in my gedagtes te bly – selfs al pas ek hoeveel ander rokke aan.

(Amper soos om “Die Een” te vind).

Terwyl ek hierdie blog skryf, en as gevolg van ’n paar vroegoggendgesprekke met my vriende, besef ek daar is dalk ’n probleem met my onvermoë om besluite te neem, my inkopieroetine en my idee oor hoe om “die een” te vind.

Jy sien, ek kon myself ’n hele dag se oorweging en nadenke gespaar het. Ek kon myself gered het van die nodigheid om vyf ekstra rokke aan te probeer, en ek kon eerder gaan koffie drink het as om doodseker te maak dat dit wat ek wil hê regtig is wat ek dink ek wil hê.

Hierdie rok was een van die eerste 5 kledingstukke wat ek aangepas het. Die oomblik toe ek dit aantrek, het ek al die feels gevoel. Die vlindertjies het gefladder en ek het breed geglimlag. So ek het geweet ek wou hierdie een hê. Maar ek moes eers seker maak dat hierdie een dié een was.

Om myself te vertrou, is iets wat ek nog besig is om te leer. Want ek het die volgende uur daaraan bestee om doodseker te maak: Ek het die winkelassistente gevra om dit vir my eenkant te bêre. Ek het die volgende dag na ’n ander winkelsentrum toe gery om ’n rok aan te probeer wat ek daar gesien het, net om terug te ry om hierdie ene te koop.

Dit het my laat besef waarna ek moet luister wanneer ek besluite neem, en myself dan met vrymoedigheid en dapperheid te vertrou.

Hierdie rok lyk dalk asof dit ’n eenvoudige besluit was om te neem – een van daai wat hulleself kies. Maar ek het dit moeilik gemaak.

En daarmee gaan ek ophou.

The post Ansu Visser se blog: Wat ek na my filmpremière gedra het appeared first on rooi rose.

Op die silwerskerm: Erica Wessels
Vertel ons meer oor jou karakter, Karina?

Karina is die gom van die familie. Sy is oorweldig deur haar man en seun se gebroke verhouding en emosioneel op haar laaste. Sy is ’n diabeet en sukkel met moegheid. Haar grootste begeerte is vir vrede, konneksie, genot en verhouding in hulle gesin.

Hoe verskil Karina van die ander rolle wat jy al vertolk het?

Elke karakter is uniek met ’n individuele storie en ’n unieke persoonlikheid met begeertes. Dit is nie noodwendig altyd duidelik nie, maar om ’n outentieke ‘binnewêreld’ vir elke karakter te skep, is die agter-die-skerms rol van die akteur. Dit gee kleur, dimensie en eerlikheid aan elke oomblik.

Het jy enige uitdagings tydens die verfilming van My Father’s War ervaar?

Ons skedule was ongelooflik rof omdat ons die film in beide Engels en Afrikaans verfilm het. So elke bietjie dialoog en skoot was verdubbeld en het baie druk op die akteurs en tegniese span gesit.

Hoe, dink jy, sal die film met die ouer generasie (wat die Grensoorlog werklik ervaar het) resoneer?

My hoop is dat die film mense wat deel was van die oorlog aan die praat sal kry. Oor die uitdagings, die trauma, hoe dit ’n impak op hulle primêre verhoudings gehad het, elkeen se eie storie, en dan hopelik uiteindelik healing te bring.

Het jou rol in die film enigsins jou persepsie oor die invloed wat die Grensoorlog op ons ouers het, verander?

Ja. Ek dink nie ons besef die impak wat die grensoorlog op daai generasie gehad het nie.

Wat, dink jy, is die oorsaak van konflik tussen ouers en tieners vandag?

Ek dink in essence is dit dieselfde probleme van vorige generasies, die meganiese objekte en kultuur het net verander.

Het jy al ’n droom gehad wat jou lank bygebly het?

Nee, gelukkig nie.

Konflik is sterk teenwoordig in die film. Hoe gaan jy te werk om konflik op te los?

Kommunikasie en eerlikheid sonder oordeel. My partner Willem leer my baie daaroor.

Kan ons jou in enige toekomstige produksies verwag?

Daar is twee Engelse films wat binne die volgende jaar uitkom: Hatchet Hour en Bloodline. En dan ook ’n kortfilm vir die Silwerskermfees, Vlees van my vlees, waarin ek ’n kwadrupleeg speel.

The post Op die silwerskerm: Erica Wessels appeared first on rooi rose.