finansiële raad | rooi rose

Raad vir beginnerbeleggers
As jy die basiese beginsels van beleggings verstaan, kan jy vir jou ’n portefeulje bou wat veilig is, ’n inkomste gee en groei. Waar begin jy? Charlene Prinsloo, hoof van welstandbestuur by Alpha Wealth, gee raad.

Hoekom is dit wys om my geld te belê?

Die eenvoudige antwoord is om vir jou toekoms te voorsien. In onsekere tye soos vandag s’n is ’n inkomste (werk) nie ’n gegewe nie. Deur jou geld te belê en te spaar, verseker jy dat jy jou lewenstandaard kan volhou – voor en ná aftrede.

Wanneer behoort ek te begin belê?

Hoe vroeër, hoe beter. Beleggings gaan oor hoeveel tyd jou geld in die mark lê – saamgestelde opbrengste wat jy in een jaar verdien oor soveel jare as moontlik.

Hoe begin ek belê?

Die mark het oor die afgelope dekade ontwikkel en gevolglik het beleggingsgeleenthede meer toeganklik geword. Besluit eers watter deel van jou begroting wel beskikbaar is om te kan belê. As jy weet hoeveel geld beskikbaar is, sal dit jou ’n idee gee na watter opsies jy kan kyk. Sekere finansiële produkte het ’n beleggingsminimum.

Foto: Sam Lion vir Pexels

Waarin kan ek belê?

Dit hang van jou beleggingsdoelwit af. Dit is baie belangrik dat jy die onderliggende doelwitte (waarom jy wil belê en wat jy uiteindelik wil bereik), die tyd wat jy het om jou geld in beleggings te hou, en jou risikoprofiel in ag neem. ’n Finansiële adviseur kan jou help om hierdie drie kernaspekte te ontrafel en jou lei om ’n gepaste beleggingskeuse te maak.

Wat is die verskil tussen spaar en ’n belegging?

Tegnies gesproke beteken spaar dat jy geld wegsit sonder die opsie dat die geld in waarde sal vermeerder. ’n Belegging beteken dat jy ’n finansiële instrument koop met die doel dat die geld wat jy daarin belê, van waarde sal vermeerder.

Wat is die drie belangrikste faktore om te oorweeg voor ek my geld belê?

Maak seker jou versekering (kort- en langtermyn, medies en lewens) is alles in orde voordat jy ’n belegging maak. Moet dus nie geld by jou versekering afknyp om te kan belê nie.

Maak beleggings deel van jou maandelikse begroting. Verbind  jouself dus daaraan toe om gereeld te belê.

Doen jou huiswerk voordat jy geld in ’n produk belê, of vra die raad van ’n finansiële adviseur. In kort, as dit te goed klink om waar te wees, dan ís dit te goed om waar te wees.

Lees ook: Maniere om skuldvry te word

Moet ek ’n beleggingsbestuurder hê?

Dit hang af van die tipe belegging wat jy maak. ’n Beleggingsbestuurder is spesifiek gemoeid met beleggingsinstrumente waar prestasie die hoofdoel is. ’n Finansiële beplanner, aan die ander kant, fokus op ’n finansiële doelwit en die formulering van ’n plan om jou te help om hierdie doelwit te bereik. ’n Beplanner stel dus ’n plan  saam met jou op om jou finansiële doelwitte te bereik, maar rus jou ook toe met kennis, en gee leiding soos julle vorder. Finansiële markte kan vinnig verander en nie baie mense het die aptyt vir hierdie veranderlikheid nie. ’n Beplanner kan jou deur hierdie periodes van onsekerheid lei.

Wat is my rol in my beleggingsplan?

Om jouself tot die langtermyndoelwit te verbind, en verbind te bly. Dit is uiters belangrik om voortdurend jou omstandighede, beleggings, en finansiële doelwitte te hersien.  As jy dit doen, sal jy verseker wees dat jou belegging vir jou unieke omstandighede gepas is.

Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels

Wat is ‘n risiko-aptyt?

‘n Risiko-aptyt is een van die belangrikste faktore om te bepaal watter belegging(s) jy sal maak. As jy byvoorbeeld van nature konserwatief  is en die idee dat jy jou geld kan verloor jou angstig maak, is dit nie raadsaam om al jou geld in ’n enkele aandeel te belê nie. Aandele is inherent veranderlik op die korttermyn en kan aggressief in waarde swaai.

Lees ook: Takel die finansies voor julle trou

The post Raad vir beginnerbeleggers appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met welvaartadviseur Elke Brink
Elke het op ’n jong ouderdom ’n buitengewone mylpaal bereik en een van die jongste individue ooit geword wat haar Gesertifiseerde Finansiële Beplanner (CFP)-aanwysing van die gesogte Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) gekry het.

Vandag, met agt jaar se bedryfservaring, ontvou haar professionele reis binne die gewaardeerde PSG Wealth R21, ’n welvaartsbestuur- en werknemervoordelefirma.

“Ek kom oorspronklik van Pretoria af. Ek was in Hoërskool Waterkloof en toe ek 16 jaar oud was, het ons tydens ’n netbaltoer Stellenbosch toe gekom. Ek was onmiddellik verlief op die dorp en het toe besluit om hier te kom studeer. Ná my studies het ek so twee jaar terug Pretoria toe getrek, maar vinnig na die berge verlang en teruggekom.”

Vir Elke verteenwoordig die finansiële professie ’n spesiale narratief van familienalatenskap en inspirasie. Met haar ouers wat hul eie weg in die onderwys gebaan het voordat hulle na die finansiële bedryf oorgeskakel het en hul eie onderneming begin het, het Elke en haar broer grootgeword in ’n omgewing wat hul finansiële insig aangevuur het.

“Ek het aanvanklik rekeningkunde studeer, maar vinnig ’n belangstelling in beleggingsbestuur en die veranderlikheid daarvan ontwikkel en was nog nie een dag spyt daaroor nie. Ek is mal oor wat ons doen,” vertel sy.

Foto: Suzanne Swart Photography

As ‘n vrou wat sukses in ’n manlik-gedomineerde veld behaal het, weet Elke van die geweldige potensiaal en geleenthede wat die finansiële bedryf vir vroue inhou. “Ek het in ’n huis grootgeword waar my ma ’n voorbeeld van ’n vrou gestel het, wat ’n ongelooflike onderneming saam met my pa bestuur, maar steeds by elkeen van my netbalwedstryde was en ure lank saam met my doele geoefen het.”

Sy beskou haar loopbaan as ’n ideale keuse vir vroue wat na die vryheid soek om ’n gesin te koester terwyl sy onbeperkte sukses nastreef.

“’n Sterk finansiële kwalifikasie help baie, daarna is dit natuurlik belangrik om ’n spesialis in jou gebied te bly. Daar is verskeie onderliggende terreine waarop ’n mens kan kies om te fokus en wat die werk ook interessant hou.”

Karlien Meiring het by Elke gehoor hoe vroue hulself kan bemagtig om hul finansiële doelwitte te bereik.

Watter unieke perspektiewe of eienskappe bring vroue na die veld van finansiële advisering?

Vroue het ’n ander vlak van empatie, wat ek dink baie help wanneer jy met individue, en veral gesinne se geld werk. Die vroulike perspektief is ook natuurlik op die familie gefokus, wat help om holisties te beplan. Daar is heelwat interessante studies wat ook beweer dat vroue beter fondsbestuurders is as mans omdat hul meer “emosioneel berekende” besluite in tye van onsekerheid neem.

Foto: Suzanne Swart Photography

Hoe kan vroue verseker dat hulle aktief betrokke by hul finansiële beplanning en besluitneming is, eerder as om net op hul lewensmaats staat te maak?

Hierdie is een van die belangrikste onderwerpe in enige huishouding. Finansies is een van die grootste punte van konflik en dikwels die oorsaak van egskeidings. Ek dink dis baie belangrik om dit van dag een af ’n oop onderwerp vir kommunikasie te maak. Om ’n onafhanklike welvaartsadviseur betrokke te kry, help ook baie, want hierdie individu kan al die “moeilike” vrae vra. Soos baie aspekte van die lewe het elke individu ’n unieke uitkyk, ervaring en denkwyse wanneer dit by geld kom – dis belangrik om jou lewensmaat se uitkyk te verstaan.

Wat is van die unieke uitdagings wat vroue in die gesig staar wanneer dit kom by die bestuur van hul finansies en die bou van welvaart?

Daar is ongelukkig meer as een:

Eerstens leef vroue langer as mans. In Suid-Afrika leef ons ongeveer 4-5 jaar langer as mans en daarom moet ons vir ’n langer aftredetydperk as mans beplan.

In die meeste gevalle bring vroue meer tyd met hul kinders deur. Eerstens deur kraamverlof te neem, en daarna sal hulle heel moontlik minder ure as mans werk omdat iemand na die kinders moet kyk. Vroue bestee dus minder tyd in die werksomgewing.

In baie beroepe verdien vroue steeds minder as mans vir dieselfde werk.

Die kombinasie van faktore maak dit moeilik om presies dieselfde finansiële toekoms as mans te bereik.

Watter raad sal jy gee aan vroue wat hul eie ondernemings wil begin of entrepreneurskap wil nastreef? Hoe kan hulle die finansiële aspekte van die begin van ’n onderneming navigeer?

Met enige finansiële besluit of portefeulje is een van die grootste voordele tyd. Hoe vinniger jy uit ’n beleggings- en ’n belastingoogpunt die regte besluite kan neem, hoe beter. Die regte strukture en strategieë maak ’n groot verskil. Ek sou van dag een af ’n professionele span benader, wat normaalweg uit ’n welvaartsadviseur, ouditeur en ’n belastingspesialis bestaan. Dis baie moeiliker en duursaam om foute later reg te stel. ’n Sterk mentor in jou veld kan ook ’n game changer wees.

Hoe kan vroue hul korttermyn- finansiële doelwitte met hul langtermyn-aspirasies balanseer, soos om ’n huis te koop of ’n gesin te begin?

Die ideale beleggingsportefeulje sal altyd uit ’n kombinasie van voertuie en strategieë bestaan om die kort- en langtermynplanne aan te spreek. Hoe beter jou verhouding met jou welvaartsadviseur is, hoe makliker gaan dit wees om ’n optimale portefeulje te bou. Sou dit ’n gesin, ’n vakansie, ’n onderneming of al die bogenoemde wees. Hierdie portefeulje sal ook gereeld aangepas word volgens wat die wêreldekonomie vereis.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Valiant Swart – oor sy nuwe album

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met welvaartadviseur Elke Brink appeared first on rooi rose.