Foxwood Kunstefees | rooi rose

Ons gesels met Sandra Prinsloo
Die feestelikheid skop op Dinsdag 13 Oktober af wanneer die Foxwood Huis tot erfenisstigting verklaar word en eindig op Sondag 18 Oktober op ’n hoë noot met die befaamde Kaapse kletrsymer Jitsvinger.

Besonder interessant is dat Foxwood as Afrikana Bewaringshuis tydens die fees ingewy gaan word. Die eienaars van dié huis is Pieter de Vos en Jan Groenewald, wie onderskeidelik afstammelinge van Presidente Paul Kruger en MT Steyn is.

Twee nuwe Afrikaanse toneelstukke gaan tydens dié fees bekendgestel word, naamlik Deborah Steinmair se Plant vir my ’n boom, André wat oor Brink se laaste dae met Ingrid Jonker handel, en Jan Groenewald se Pruimboom, wat op molestering en vergelding fokus. Verskeie ander toneelstukke gaan ook tydens die fees opgevoer word waarvan bekendes soos Erik Holm, Annelisa Weiland, Amanda Strydom en Richard van der Westhuizen in die rolverdeling is.

Sandra Prinsloo gaan ook deur die verloop van die fees verskeie Suid-Afrikaners met wie sy onderhoude in die TV-program Sandra op ’n drafstap gedoen het, vereer. Dié seremonies gaan deur kykNET gedek word.

Ons het met Sandra gesels om meer oor dié fees uit te vind.

Die fees is ’n eerste vir Johannesburg. Vertel ons meer daarvan.

Die fees het eintlik verlede jaar as die Foxwood Kunstefees begin, maar dit is hierdie jaar sy eerste offisiële jaar. Ek dink dit is nou nog in sy babaskoene, maar die idee is om die fees oor die hele Johannesburg te laat groei, sodat mense teater toe kan gaan en van teater bewus kan word; veral Afrikaanse teater wat nie baie in Johannesburg aftrek kry nie.

Wat is die beduidendheid van die Foxwood Huis?

Die huis is nogal uniek en dit het ook baie erfenis-dokumente en foto’s van die Steyn’s, asook oudpresident Paul Kruger. Dit is ook een van die ouer huise in Johannesburg.

Wat hoop jy om deur die fees te bereik?

’n Viering en bewusmaking van veral teater, maar ook geskiedkundige figure wat by die letterkunde, literatuur en teater betrokke was en dus deel van ons kultuurerfenis is.

Jy dien op die fees se raad. Hoekom het jy besluit om hierby betrokke te raak?

Ek ken Foxwood al vir baie jare, dit is amper soos my tweede tuiste. Die ander oorweging was omdat ek voel dit is hoog tyd dat daar só ’n fees in Johannesburg gebeur. Dit was nog altyd moeilik gewees vir teater om in Johannesburg ’n werklike vasklopplek te kry, veral Afrikaanse teater. Dit is hoekom ek daarby betrokke wil wees want ek glo dit is tyd vir ons om Johannesburg by die horings aan te pak.

Jy behartig die gedenkseremonies vir verskeie bekende Suid-Afrikaners. Hoekom dink jy is dit belangrik om hulle te vereer?

Ek dink dit is belangrik om te weet waar ’n mens vandaan kom en wat jou geskiedenis is. Ons stap nie alleen nie, ons stap in die voetspore van dié wat voor ons was en so dikwels veral in die uitvoerende kunste word daar nie genoeg verering gegee aan mense wat miskien regisseurs is of letterkundige figure wat eintlik agter hul boeke se voorblaaie skuil nie. Ek dink ’n mens moet besef hoe ryk jou erfenis is en mens kan dit slegs doen as jy die mense in die geheue en gedagtes lewendig hou.

Vanjaar se fokus is Ingrid Jonker, die ewige rebel en daar word op haar gedig, Die Kind, gefokus. Hoekom dink jy is hierdie gedig só relevant?

Die Kind is seker een van haar beroemdste gedigte ná Nelson Mandela dit voorgelees het. Dit het dit soveel prominensie gegee.

Waarom het julle besluit om die nuwe stukke van Steinmair en Groenewald die verhoog saam met ander meer bekende stukke te deel?

Rakende Plant vir my ’n boom, André (Deborah Steinmair) dink ek dat Ingrid Jonker ’n baie goeie onderwerp is, veral nou met die vrystelling van haar nuwe boek. Pruimboom (Jan Groenewald) gaan basies oor die seksuele uitbuiting van kinders, wat ’n baie prominente kwessie op die oomblik is.

Die spyskaart bevat disse wat ’n mens nie gewoonlik by ’n fees kry nie. Wat dink jy hiervan?

Dit is fantasties. Ek glo ’n mens moet jou gees voed, maar jy moet ook jou liggaam voed en dit kan net sowel met lekker kos wees. Ons glo mos nie in gemorskos nie.

Kan ons toekomstige instellings van hierdie fees verwag?

Ja, beslis. Die idee is dat die fees moet groei en aangaan en die lus en die hoop is daar om dit in ’n groot fees te laat ontaard.

Die Foxwood-fees duur van 13 tot 18 Oktober by die Foxwood Huis in 5de Straat nr. 13, Houghton JHB.

Toegang beloop R25.00 pp.

Vir besprekings gaan na Webticket. Besprekings vir alle vertonings in teater beloop R120 pp. Indien jy vooraf vir die teater bespreek, kry jy gratis toegang by die hek.

Vir enige navrae skakel gerus vir Pieter by pieter@foxwood.co.za

Vir meer inligting besoek gerus die fees se Facebook-blad hier of skryf aan info@foxwood.co.za of pieter@foxwood.co.za.

The post Ons gesels met Sandra Prinsloo appeared first on rooi rose.