Frikkie Kraamwinkel | rooi rose

Klokke van weleer
Aan die einde van ‘n reis deur Kroasië bly daar net prente oor om alles wat mens gesien en beleef het nog vir ‘n lang tyd daarna in herinnering terug te roep.

Dit is so dat terwyl mens in Kroasië met jou een voet in die hede staan, jy met die ander voet in die middeleeue en nog verder terug kan staan. Die opmerklike op ons reis was hoe die kerk in elke dorpie en stad sentraal met sy kloktoring uitstaan. Baie kerke en katedrale is midde in kastele gebou. Meestal is die kerk op die hoogste punt van die landskap gebou.

Een so ’n prent is die van die Sveti Stephan-katedraal in Zagreb. Die bouwerk daaraan het in die 13e eeu begin en is pas in die 18e eeu voltooi. Al die kerke en katedrale se bouwerk getuig van ‘n geestelike toewyding aan die taak wat gewone bouwerk aan ‘n gebou by verre te bowe gaan. Die 9 November 1880 aardbewing wat Zagreb, toe nog bekend as Agram, middeldeur geskeur het en die boonste deel van die stad 40 meter bokant die onderste deel gelaat het, het ook hierdie katedraal erg beskadig. Die herstel het 26 jaar geneem! Nou nog word herstelwerk aan een van die torings gedoen wat in die 1990-95 oorlog beskadig is.

Dit is opvallend hoe sterk sentraal die kerk in die burgerlike samelewing staan. Daar is ten eerste die duidelike sigbaarheid van die kerk. Maar meer nog, die kerkhorlosie en die kerkklokke wat die tyd al eeue uur na uur afmeet, hou die kerk se teenwoordigheid dag en nag onder oog en oor. As jy in meerdere sin wil weet ‘hoe laat dit is’ hoef jy net na die kerk te kyk of na sy klokke te luister. Die boodskap is altyd helder en duidelik.

Dit is eenvoudig pragtig om, waar die dorpies en stede nie te ver uitmekaar geleë is nie, te luister hoe die kerkklokke se gelui oor berg en dal met mekaar versmelt tot een groot simfonie van klokgelui wat oor die landskap beier.

Wat ook treffend was, is dat die kerke en katedrale elke dag oopstaan. Dit staan oop vir ‘n ieder en elk van watter geloof of plek ookal om net deur te stap of om ‘n stille oomblik op een van die kerkbanke met sy eie gedagtes te verwyl.

Hoewel daar geen sigbare prediker aanwesig mag wees nie, sê die eerbied en respek waarmee vreemdelinge in die kerk of katedraal vertoef tog iets van die geestelike belewenis wat hulle daar mag ervaar. Daar is nogal kosbaarhede in die plekke wat anders as wat moontlik op ander plekke die geval mag wees, nie as aandenkings saamgeneem word nie.

Die gevoel wat mens kry is dat die kerke en katedrale elke dag ‘n geestelike rusplek langs die pad vir die volk is en nie net ‘n Sondagstoevlugoord nie.

Miskien is dit juis die eerbied wat deur die kerk vir dinge geinspireer word wat van die mense van Kroasië en die land iets heel besonders op jou aardse reispad maak om te ontmoet en mee te doen te kry.

The post Klokke van weleer appeared first on rooi rose.

Met trapfietse
Nou dat die warmer Sirocco-wind egter uit die Sahara met die aanbreek van die lente begin het om die ysige Bora terug noordpool toe te verdryf, sou daar weer nuwe vaart in daardie wiele kom!

Skielik was daar met die verandering in die weer ‘n lus by ons almal om vinnig in die pad te val en word dit ‘n uitdaging om die wentelende bergpaspaaie aan te pak en hoogte na hoogte met nuwe vergesigte te verower.

Met Vinko aan die voorpunt en ons viertal vreemdelinge op gehuurde fietse agterna, groet ons Hvar dorp toe die opkomende son nog net die spits van die hoë kerktoring begin vang en die klok seweuur oor die hawe, dorp en kasteel slaan.

Die kettings kraak nog effe met die wegspring asof dit eers uit die winterslaap wakker rek. En die bene voel ook gou dat hulle lank sonder trapoefening was. Maar dis die warmer lenteson en lentewind deur die hare wat nou nuwe lewenskrag in die ledemate bring en kort voor lank lê die lang wintergevoel behoorlik op sy rug.

Uit Hvar dorp is daar op die mooi teerpad ‘n hele paar steil afdraende berg-dalinge met ewe steil klimwentelinge na hoër berguitsigte oor bosse en landbou-aanplantings tot Brusje uiteindelik bereik word. Daarna daal die pad geleidelik na Stari Grad wat ná nog ‘n laaste steil klim dan op die afdraende oor die Stari Grad-vlakte bereik word. Vinko gee die pas aan en waarsku teen te veel spoed op die gevaarlike baie kort wenteldraaitjies in die pad.

In die fris oggendlug merk ons nuwe groei in alles. Binne die duisende klipmuursirkels en vierkante teen die berghange bot die wingerde, olyfbome, roosmaryn en laventelaanplantings. Selfs die denneboomplantasies laer af in die dale skyn met ‘n nuwe ligter groen aan die toppe. Hierdie klipmure het boere oor baie honderde jare gepak toe hulle moeisaam die klipbolaag van die berge gebreek het om by vrugbaarder landbougrond uit te kom.

So hier en daar vang die oog in die verbygaan langs die pad en teen die berghellings die lieflike pers inheemse irisse wat Kroasië se nasionale beskermde blom is. Die landsmense noem die blom perunika. Dit is uit die Slawiese mitologie afkomstig van die naam van die donder- en weerliggod, Perun. Oorlewering in die volksmond, vertel Vinko ons, wil hê dat die iris slegs groei waar weerlig die grond getref het. Vir ons lyk dit of daar baie weerlig moet wees!

Dit kos ons toeriste wat nie aan so baie kwaai bergklim op die fiets gewoond is nie sweet en uithou om hygend die hoogtes te bereik. Die waterbottels sak vinnig en teen ons Brusje bereik, is die restaurant op die eskarpement ‘n welkome afsaalplek. ‘n Donkiestandbeeld wat ons verwelkom herinner aan die dae toe mense nog met die lasdier oor die berge gery het. Was dit ‘n regte donkie sou hy sekerlik van pure lagkry vir ons fietspoging ‘n hele paar keer gebalk het!

Vinko stel heerlike varsgebakte pannekoeke gevul met roomys en appelstrudel saam met stomende koppies cappuccino voor. Het dít ons darem mooi reggeruk vir die laaste skof na Stari Grad!

Pragtige vergesigte oor die asuur Adriatiese see wat ‘n ligtere kristalhelder groen skynsel in die vlakker water aanneem, het ons dikwels op die hoogtes te beurt geval. Dit was een onvergeetlike panorama op die ander.

Hvar-eiland lê in die middel van die Adriatiese seeroetes en ‘n groot verskeidenheid skepe wat toeriste op dagritjies of op eilandvaarte neem, het die see as’t ware verder vir ons ingekleur. Vir ons was die gesig van ‘n vyfmaster klipperseilskip wat met bollende seile uit toeka se dae oor die golwe klief, iets uit ‘n ander wêreld om te aanskou.

Deurgesit op die saals en met bene wat behoorlik moeg getrap was, bereik ons eindelik Stari Grad. Nog ten laaste kon ons met verwondering in die ry kyk hoe die ou Grieke die vlakte rondom Stari Grad in landbouhoewes uitgelê het wat so goed was dat dit vandag as ‘n UNESCO Wêrelderfenis boerderygebied bewaar word.

Tuisgemaak op ‘n kaai restaurantstoepie met ‘n lieflke uitsig oor die hawe het ons oor ‘n paar koue biere gewonder of ‘n dag of twee se donkietog soos van ouds nie dalk baie geriefliker en verstandiger as ‘n vermoeiende harde fietstog sou gewees het nie!

The post Met trapfietse appeared first on rooi rose.

’n Spesiale oomblik
Ons het baie gou in Šibenik geleer dat trappe klim en styltes uitbeur aan die orde van die dag is as jy in hierdie ou berghangstad iewers wil kom. Mens moes eenvoudig soms net gaan stilstaan om weer bietjie asem te kon skep. Dit was met een so ’n stilstaan in ‘n nou stegie dat ons ‘n vriendelike dame voor Konoba Dalmatino ontmoet het.

‘n Praatjie aangeknoop hoor die dame dat ons eintlik op soek is na ‘n oulike restaurant om die aand in deur te bring.

Soos die geluk dit wou hê was die dame gasvrou in die Konoba Dalmatino op die Ulica Nikole Ružica reg waar ons gestaan het.

“Julle is baie welkom in ons restaurant, kom gerus binne,” het sy genooi. “Ons het nie juis die grootste spyskaart nie, maar dit wat wel op die spyskaart is, is van die heel beste in Kroasië en ons trotse spesialiteite. Dis die eerste keer dat ons Suid-Afrikaners kan ontvang en dit sal daarom ‘n baie spesiale plesier wees om julle te laat geniet van ons beste tradisonele disse en gasvryheid. Wees welkom.”

Terwyl die ander na die spys- en wynkaarte begin kyk het, was my belangstelling onmiddellik by die uitsonderlike dekor van die restaurant. Stokou plaasgereedskap soos ‘n eenskaarploeg, gaffel, blaasbalk en oesmandjies asook daaglikse gebruiksgoed soos potte en panne wat ek nog goed uit ‘n reis deur Joegoeslawië van meer dan 50 jaar gelede onthou het, is deur die eienaar Vinko versamel en vir bewaring in die restaurant tuisgebring.

My herinnering van ‘n armlastige Kroasië en Šibenik as deel van kommunistiese Joegoeslawië was heeltemaal aan skerwe met die ontdekking van ‘n vooruitstrewende, nuwe, onafhanlike Kroasië met mense wat die toekoms entoesiasties tegemoetgaan.

Ons keuse van spesiale Šibenik prosciutto ham – ham in sout gepreserveer, gerook en winddroog gemaak – vleis, hoender en visgeregte het onmiddellik alle manskappe in die kombuis gehad.

Nog ‘n klompie toeriste wat na ons binnekom het, se ore het regop gaan staan toe hulle hoor ons praat van hoe ‘lekker’ dit in die restaurant is. ‘Lekker’ was die woord toe ons agterkom dat hulle Vlaminge uit België is en ons mekaar ewe goed kon verstaan. Toe het dit eers lekker gegaan!

Vinko het diep in sy wynkelder die beste bottels rooi Kroasiese Plavina en wit Marastina wyne opgediep. Teen die kos op die tafels verskyn het, was die fees in volle swang. Heerlike roomysnagereg het tradisioneel saam met ‘n glasie yskoue goue Šibenik-sjerrie gekom.

Voor ons kon loop moes ons nog eers ons name op die muur van die restaurant skryf as ‘n blyk van wonderlike nuwe vriendskappe wat die aand daar gesluit is – iets soos ‘n drie-nasie verbond!

Lank lewe Konoba Dalmatino en Šibenik! Uzdravle!

The post ’n Spesiale oomblik appeared first on rooi rose.

Seile in die wind
Met die winde saam het hulle gekom – met die brullende ysige noordpool-Bora en die driftige vuurwarm Saharawoestyn-Sirocco. Uit die noorde en die suide het hulle oor die see gevaar. Manne met harde soutdeurdrenkte baarde en bruingebrande seewater gerimpelde hande – rateltaai van seile span.

Hier waar ons nou op die kobbelstene in die nou stegies van die kusdorpe Šibenik, Trogir en Dubrovnik van Kroasië geloop het, het ook hulle seemansvoete eens spore getrap.

‘n Paar eeue gelede.

Toe dit nog woes was en die land getem moes word. Toe egter was daar reeds ook al die seelui wat net gemaai het waar hulle nie gesaai het nie – seerowers wat neste aan die kus en op die eilande had vanwaar hulle met vinnige klein bote op stadiger groter skepe met waardevolle speserye en porseleinvragte uit die Verre Ooste na Venesië toegeslaan het. Ook in hulle spore, wat nog nie geheel uitgewis is nie, het ons gestap. Nog leef hulle verstommende seerowerverhale en die van begraafde skatte voort in ou seemanskroegies rondom die hawens.

Baie ou seevaarder-spore lei vandag na museums soos die Museum van Antieke Glas in Zadar. Hier is eeue-oue klei wynkaraffe, glaskaraffe en keramiek uit verre lande en tye sover terug as die eerste en tweede eeu Voor Christus te sien. Dis of opgegrawe of uit die diepte van die see uit skeepswrakke geberg. As elkeen van die kosbare stukke maar net kon praat en hulle seereise stories vertel! Ons kon maar net fantaseer hoe hulle beland het waar hulle ontdek is – en was verras dat die kuns van die meesterglasblasers van soveel eeue gelede so wonderbaarlik behoue gebly het.

Al het die mensdom oor geslagte vernuwe, die Bora en die Sirocco is oor duisende jare nog steeds dieselfde winde wat die seisoene aanmekaar waai en die skepe met bollende seile oor die oseane voortdryf. By Dubrovnik het ons vir die wind gefluit en die Bora van die 16e eeu hoor wapper in die seile van ‘n replika van daardie tyd se vinnige seegaljoene. In die kraak van die houtromp oor die golwe het ons die angs en die vreugde van matrose van toeka gehoor in stormweer en ‘n uiteindelike land in sig. Dit was net verstommend om te merk hoe toeriste aan boord bly hunker het na die romantiek van die ou dinge asof daar nog ‘n sielsbekoring uit gestraal het wat aan vandag se nuwerwetse dinge mag ontbreek.

Die son en die see kom by Zadar se hawe-ingang bymekaar langs die dokke waar toeristeskepe vasmeer. Hier het ons twee verbasende skeppinge aanskou – Groet aan die Son en ‘n See-orrel.

Groet aan die Son is ‘n unieke skepping van die argitek Nikola Bašic wat bestaan uit 300 sonpanele wat in ‘n 22 meter deursnee sirkel sonlig in elektrisiteit omskakel. Byna eindelose pret word aan besoekers verskaf wat, wanneer hulle oor die sirkel loop, ‘n fantastiese snelveranderende reënboogkleurespel onder hulle voete laat rondspring. Daar is ook ‘n aantal kleiner sirkels wat die sonnestelsel voorstel wat ewe-eens aan die pret meedoen.

Nog ‘n betowerende skepping van Nikola Bašic laat die verwondering opvlam by die aanhoor van wonderlike klanke wat hy met ‘n see-orrel uit die golwe en wind optower. Oor ‘n lengte van 70 meter is 35 buise van verskillende grootte teen wisellende skuinstes in ‘n betonblad oor die see ingebou. Die buise is met fluite toegerus wat sewe akkoorde van vyf tone speel. Die beweging van die golwe onder die betondek stoot wind deur die fluite wat ‘n sonderlinge orrelspel meebring.

Sonder ‘n eiland is geen seeverhaal voltooi nie. Die treffende hoë toring van seekaptein Petar Marinic op die eiland Silba is spesiaal deur hom opgerig sodat sy geliefde sy skip op verre handelsreise reeds baie ver oor die see kon sien aankom. Dit sou gewerk het as hy eerder teruggekom het om te verhoed dat sy met iemand anders getrou het en hulle pragtige dogtertjie dadelik die oog van die kaptein gesteel het. Kon hy nie met die moeder trou nie, met die dogter wel. Twintig jaar het hy gewag en kon sy in die toring sy skip sien aankom terwyl die wind ‘n welkomsgroet oorwaai.

So was dit eens in ‘n tyd wat nou nie meer is nie.

The post Seile in die wind appeared first on rooi rose.

Daar’s heil in wyn
Dit was met die eerste aanblik heeltemaal Grieks vir ons waarom die boere van Kroasië letterlik tot rugbreek toe miljarde klippe met die hand opgetel en in allerhande klipmuurtjiepatrone teen die berghange gepak het.

Toe kom ons agter die kap van die byl. Die kalksteen Karst-berge se boonste kliplaag moes hulle breek om by beter landbougrond uit te kom en die enigste raad met die baie klippe was om muurtjies te pak. Dit moes ‘n paar of honderd jaar geneem het om die omgewingsskoonheid van die see en son sowel as klippe en veld op so’n unieke manier vas te lê.

Terug by die Grieke, was dit juis hulle wat in die vyfde eeu VC reeds met die klipbrekery begin het toe hulle in Kroasië aangeland en ‘n wingerd en wynmaakkultuur begin vestig het. Hoe belangrik wyn in die ekonomie van die tyd was, spreek uit die feit dat munte van destyds wingerdmotiewe vertoon het.

Ons het nog gewonder waar ons ‘n wynmaker op die lyf gaan loop, toe ons net langs die apartement waar ons in Hvar tuis was, toevallig ‘n tuiswynmakery in ‘n motorhuis ontdek. En sommer net agter die apartement was nog ‘n motorhuiswynmaker besig om kratte te laai waarmee hy by die boere in die omgewing wat fluks besig was om druiwe te pluk, voorraad sou gaan koop.

Die wynmaker vertel ons dat in kommunistiese Joegoeslawië die wynbedryf genasionaliseer was en dat dit eers na die onafhanklikheid van Kroasië in 1992 weer moontlik geword het om wettiglik privaat wynmakerye te kan hê. Dit het baie jong wynmakers in die bedryf gebring wat vandag goeie wyne produseer op ou familieplase.

Behalwe hierdie motorhuiswynmakers is daar etlike groot privaat wynmakers wat met mooi kelders daarin spesialiseer om natuurlike uithaler wit- en rooiwyne van die hoogste gehalte te maak wat met die bestes in die wêreld vergelyk.

Uit die aard van Kroasië se uiteenlopende kus- en binnelandse landskap met wisselende klimaat is daar meer dan 300 geografies bepaalde wynproduksie-areas wat daarvoor sorg dat ‘n aantreklike verskeidenheid wyne uit die wingerde kom.

Kroasië, het ons ontdek het ook sy eie Slawiese eikehoutbos waar vaatjiehout vandaan kom wat ideaal is vir die veroudering van wyn. Die Kroasië-stempel is gewis duidelik op die land se wyne afgedruk. EU wynregulasies waarborg die wynkwaliteit.

Dit was in een van die pragtige kerke van die plattelandse dorpies waar ons uitgevind het hoe naby aan uitwissing die wynbedryf gedurende die 15e eeu gekom het toe die Ottoman Turke Suid-Oos Europa verower het. Alkohol gebruik was toe taboe vir die volk. Dit was net uit toegeeflikheid teenoor die kerke, wat wyn as deel van hulle godsdiensbeoefening gebruik het, dat priesters en monnike toegelaat is om wyn te maak. Op die manier het die kerk nie net siele gered nie, maar ook die wynmaakbedryf in Kroasië!

The post Daar’s heil in wyn appeared first on rooi rose.

Kleinste en duurste ter wêreld
Truffels is die duurste kos in die wêreld wat jy in die kleinste dorpie in die wêreld kry – Hum. ‘n Goeie vraag – waar is Hum?

Hum is so klein dat die dorpie op haas geen landkaart verskyn nie. Ons probeer dus ons twee GPS bronne. Die een weet van g’n sout of water nie en die ander een hou net aan soek. Omdat Hum in die Kroatiese truffelkontrei is, vat ons toe maar pad in daardie rigting met die hoop dat Hum iewers uit die bosse gaan spring.

Dit was toe ook so. Meteens, waar ‘n plaaspad afdraai, is daar ‘n padpredikant wat na Hum beduie. Vol geesdrif volg ons die pad. Nou is plaaspaaie in Kroasië eintlik ‘n smal verbindingsteerpad wat van plaas tot plaas loop en dus vol kronkels en draaie is. Dikwels ry ons dus in die verkeerde rigting terwyl ons steeds op die regte spoor is.

Dan kom daar ‘n vurk in die pad. Die afdraai het g’n padwyserbord nie. Nadat ons eers verkeerdelik reguit aangehou het, kom ons toe agter dat Hum-padtekens gesogte soeweniers is en dat die pad sonder predikante eintlik die pad na Hum toe is.

Toe die reuse wat vanmelewe Istrië gebou by die heuweltop waarop Hum staan aangekom het, het hulle ‘n probleem gehad. Hulle bouklippe was toe al aan die min kant en noodgedwonge moes hulle toe maar met ‘n baie klein dorpie volstaan. Om genoeg klippe te kon hê het hulle die huisies in die ringmuur ingebou en daarmee net-net genoeg klippe gehad om Hum te voltooi.

Die groot parkeerterrein is ‘n aanduiding van hoe baie toeriste na Hum toe kom. Dis neffens die begraafplaas wat dikwels ook parkeerruimte nodig het. By die ingang van die parkeerterrein sit ‘n Hum-tollenaar. Parkering betaal jy voor maar toegang tot die baie netjiese begraafplaas is gratis.

Ons stap na die poort van Hum – die poort tot die middeleeue toe Hum gebou is. Ook daar sit ‘n Hum-tollenaar. Die swaar ysterpoortdeur maak nie net die poort oop nie, maar stel ons ook voor aan die bewoners van Hum uit die middeleeue. Teen die deur is metaalgietsels van die Hum-mense wat nou tot die voorvaders behoort. Hulle word uitgebeeld in die wingerd en olyfboorde, as saaiboere en vissers, asook veeboere. Daardie tyd het hulle al musiekinstrumente soos trompette en kitare gehad want op een afbeelding hou hulle lekker konsert met koor en orkes.

Dat dit verduiwelds koud kon word in die winter wanneer die Bora oor die vlaktes en berge skeer, vertel ‘n afbeelding van ‘n Hum wat heerlik by sy wintervuurtjie sit en hande warm maak.

Deur die poort met sy seepgladgetrapte, ongelyke klipplaveisel kom ons op ‘n binneplein. Hierop maak die meeste huisies se voordeure oop. Voor party vensters is daar mooi rooi blommetjies in hangbakke tussen die hortjiesrame. Ons gewaar egter geen verdere Hum-inwoners iewerster nie. Behalwe vir die wat daar werk, is die ander seker al effe moeg vir die aanhoudende stroom nuuskierige toeriste wat van die liewe more tot die aand voor hulle deure verbysukkel.

Die klok in die uitkyktoring wat al vanaf 1552 die ure afmeet, slaan tien. Sy helder klank beier oor die dorpie en versmelt in die verte met die omliggende wingerde en olyfboorde.

Nog ‘n Hum-inwoner loop ons in ‘n klein winkeltjie raak. Sy verkoop van die omgewing se olyf- en wingerdprodukte en ook in klein botteltjies die gesogte truffels. Dié koop jy toe oë nadat jy na die prys gekyk het! Want truffel koop jy by die gram. Truffel is ‘n soort knolswam net soos sampioene en word gebruik om ‘n besondere geur en smaak aan kos te verleen. Daar is wit en swart truffels waarvan die wittes pryse tot R110 000 per kilogram haal en die swartes tot R40 000 per kilogram.

Die truffeljag wat so begin Oktober aanbreek, begin wanneer die Hond van Hum snuf in die neus kry dat die truffels reg is om ge-oes te word. Dan rek die hond hom en met bek na die maan gee hy die lang truffelkreet wat ver oor die omliggende landskap weergalm. Onmiddellik hoor jy die eggo soos omtrent 13 000 truffelbrekke (want so word hierdie snuffelhonde genoem) die kreet opneem en hulle omtrent 3 000 base uit die vere jaag vir die jag om in alle erns te begin.

In die Humska Konoba-restaurant waar ons nog twee Hum-bewoners teenkom van omtrent ‘n dosyn wat daar woon, bestel ons proscuito ham saam met truffelkaas. Die ham word met sout en rook gepreserveer en dan winddroog gemaak om ‘n heerlike gereg te bied. Dan lig ons die glase rooi Plavina wyn en met ‘U slast!’ -smaaklike ete- en ‘Uzdravle!’ –gesondheid- val ons weg aan die truffelmaal.

Die uitspraak oor truffels – dit smaak soos iets wat jy nog nooit geproe het nie en teen die prys daarvan nie maklik weer sal proe nie.

In die ware Hum-tradisie word die kuier met ‘n Hum-gemaakte schnapps afgesluit. Hierdie 2 000 jaar oue resep van ‘n konkoksie van geheime speserye en wit voëlent besit volgens die stokers van Hum besondere magiese eienskappe wat sal verseker dat jou gewaardeerde kuiertjie in Hum vir altyd in die volksannale van die dorp opgeteken bly staan. Ons voldoen met entoesiasme aan die tradisie.

The post Kleinste en duurste ter wêreld appeared first on rooi rose.

Met die water wat verby is …
Die groot ronde wit kalksteen-meulsteen draai en maal die mieliepitte tot ‘n fyn meel wat afgeskraap onder op ‘n plank neffens die draaiende steen begin opbou.

Die watermeule in die Krka waterval was eens op ‘n tyd ‘n noodsaaklike skakel in die kosvoorsieningsketting van die boere en ander dorpsmense van die omgewing. In die somermaande wanneer dit droog en hierdie een van die enigste werkende meulens was, kon dit tot drie dae neem voordat iemand ‘n maalbeurt kry. Op die manier was dit ‘n hele kuier affêre wanneer daar koring, gars en mielies gemaal moes word.

So was dit in wat nou die outyd genoem word, voordat stoom en daarna elektrisiteit vinniger kon maal en die watermeule as ‘n bindende gemeenskapsbymekaarkomplek sy rol as sulks moes prysgee en die kristalhelder water nutteloos verby gevloei het.

Vir die aardigheid, om die onthalwe van toeriste, maal ‘n paar van die watermeulens egter weer vandag – want nou maal dit kykgeld uit die sterker vloeiende toeristestroom wat deur die rariteit van die watermeulens aangetrek word.

Met die water wat verby is mag jou meule nooit weer maal nie, maar met ‘n bietjie vindingrykheid kan daar altyd opnuut uit die verbygaande stroom geskep word, het die ou meulenaars geredeneer.

Net ‘n bietjie laer af in die Kkra rivier is die ruines van nog ‘n monumentale stukkie pioniersprestasie deur die vroeëre burgermeester van Šibenik, Ante Supuk en sy broer Marko. Die twee ondernemende broers het die tweede wisselstroom hidro-elektriese kragstasie in die wêreld, Jaruga 1, daar gebou en is net geklop deur die Forbes-dam hidro-elektriese skema by die Niagara-waterval wat die eerste van sy soort was. Dit was in 1895 en Šibenik kon sy meer romantiese gaslampe met moderner elektriese lampe vervang. So was die vooruitgang van die tyd.

Nog effe verder stroomaf naby die Krka riviermonding lê die skilderagtige dorpie Skradin teen die berghelling se laatsomer oggendson. Dis hier in die Skradin-baai waar die Krka rivier na sy woeste tuimelende watervalletog vanaf Knin tot kalmte en rus kom. In die laaste van sy vaarwaters, voordat dit die see instroom, koers plesierbote met toeriste na die watervalle en ook na van die nabygeleë see-eilande.

Ook so ’n reis is kortstondig. More is die toeriste weer vort en sal hulle toermeule waarskynlik nooit weer met die bruisende helder waters van die Kkra-rivier maal nie – alleen in kosbare herinnering sal die ingeprente beeld van die meule aan die waterval soos ‘n skildery in hul geheue bewaar bly om iedere dag opnuut van te geniet uit Kroasië se wonderwêreld van watervalle.

The post Met die water wat verby is … appeared first on rooi rose.

Dis ’n baie groot wêreld
Dis ‘n baie, baie groot wêreld as die trane kom en moeder en die huis ver is. Dan lyk die tamaai see ook boonop nog so kwaai. En boetie speel maar liewers met sy tone as om te probeer troos. Voorwaar. Dis moeilik om ‘n klein knapie te wees as die hartjie van allenige seer wil breek.

Verdriet, o verdriet jou nare ou ding. ‘Hou nou maar op huil voor jy ‘n dogtertjie word,’ sou mammie gesê het. ‘Smeer bietjie spoegies aan die eina en jy is pure perd. Kom, laat ons die traantjies afdroog. Wys vir mammie waar jy seergekry het.’

Maar mammie is nie daar om sy handjie te vat nie en nou stroom die trane eers deur die hygende snikke. Stadig loop dit oor die wangetjies en drup op die warm klippe en sy voete. Nare ou klippe wat sy knie seergemaak het toe hy geval het. Nerfaf.

Deur die tranedal het hy skaars die vreemde oom met ‘n kamera om sy nek sien aankom wat nou met hom praat. Hy verstaan nie ‘n dooie woord wat die oom vir hom probeer sê nie. Vir hom is die oom se praat van die snaakste geluide wat hy nog ooit ‘n mens hoor maak het. Die skielike gebeure laat hom egter skoon van sy seer vergeet en die snikke hou meteens op.

Vir ‘n oomblik is hy eerder bang vir die vreemde oom as om bedroef oor sy seer te voel. Maar die oom is baie vriendelik en haal sy sakdoek uit waarmee hy die trane oor die gesiggie afdroog. Dan vee die oom liggies die stoffies en bietjie bloedjies van sy seer knie af. Die knapie wil, wil weer begin huil toe die oom aan die eina raak, maar hy byt op sy tande en toe die oom hom op die rug klop en boetie ook belangstellend naderkom, skep hy sommer weer nuwe moed.

Die oom vroetel in sy sak haal vir elkeen ‘n lekkergoedjie uit wat in sulke blink papier toegedraai is. Die bietjie soetigheid dryf vinnig die laaste verdriet uit die gesiggie wat nou weer vol moed begin te straal. Die vreemde oom gee die twee boeties nog ‘n laaste klop op die rug en toe stap hy net so skielik weg as wat hy gekom het.

Die twee knapies kyk vir mekaar. Vat handjies en begin vinnig aanstryk huis toe. Dadelik is hulle terug in hulle eie klein wêreldjie en niks meer bang vir die vreeslike ou groot wêreld rondom hulle nie. Hulle kan nie haastig genoeg loop om vir mammie van die vreemde oom te gaan vertel wat sulke koddige geluide maak as hy met hulle praat nie. Hulle skaterlag sommer as hulle net daaraan dink!

The post Dis ’n baie groot wêreld appeared first on rooi rose.

Sleutels uit die Middeleeue
Iedere mens dra ‘n bos sleutels met hom mee. Wat daarmee oopgesluit kan word, is wat tevore toegesluit is. Want van die vroegste tye af sluit die mens al dinge agter hom toe. Sodat net hy en hy alleen as draer van die sleutels weer toegang daartoe mag hê. So doen die koopman wat op verre reise gaan. Die huisvrou wat inkope gaan doen. Die kerkvader wat na die bank gaan. Die bankier wat na die kerk gaan.

So beskerm die mens nie alleen dinge wat aan hom behoort nie, maar ook homself. Omdat hy in sy denke altyd iemand wat ook ‘n mens is sien wat met minder goeie bedoelings op sy goed of persoon mag afkom.

Nog kosbaarder sleutels is egter die onsigbare sleutels. Sleutels tot die hart. Sleutels tot die poorte van die Hemel. Sleutels tot geluk. Sleutels tot ‘n nuwe toekoms. Sleutels tot welvaart. Sleutels tot welgeluksaligheid.

In Zagreb ontsluit die koms van die lente met ‘n goue sleutel ‘n miljoen harte wat, wanneer die son warmer word, met uitbundige vrolikheid die straatterrasse en promenades se kafees en restaurante in gesellige bymekaarkomplekke uit die winterslaap laat ontwaak. Die geur van vars koffie hang dan oral in die lug op die gewilde restaurantpleine van Ban Josip Jelacic, Tkalciceva en Preradovic.

Straatmusikante het dan weer hulle instrumente oopgesluit en nooi ons met pragtige bekende ou melodië om op van die talle parkrusbankies onder die nuwe groen botsels van die stokou plataanbome te verpoos en nuwe kennisse te ontmoet.

Ons voel hoe ons vinnig deel word van ‘n kosmopolitiese ou stad waarvan die hoekstene tot duisende jare VC terugdateer. Ons drink stadig aan ons koffie en peusel aan kremšnita – Kroasië se beroemde roomkoek wat in die nabye dorpie van Samobor gemaak word. Kroasiërs lees rustig hulle koerante voordat hulle naderhands koers kry na die Dolac mark om vars groente en vrugte te koop.

In elke omgewing in Zagreb is daar sulke gewilde bymekaarkomplekke waar mense hulle harte vir mekaar ontsluit en waar almal mekaar by die naam ken. In Zagreb bly jy nie lank ‘n vreemdeling nie.

Teen sononder in Gorni Grad en Kaptol, in die Middeleeuse ou stadsdeel teen die rand bokant Novi Zagreb, loop ons twee musketiers raak. Hulle dra die sleutel waarmee die ou romantiek van ridders te perd en feëtjies weer vir die nag opgetower gaan word. Met romantiese ligkaatsings oor die spieëlgladde kobbelsteenstegies word nie minder nie as 217 gaslampe wat vir die eerste keer in 1863 aangesteek is nog pligsgetrou iedere aand wanneer skemerte val met flikkerende vlamme brandend gemaak.

Ons is oortuig daar is geen ander plek waar mens so snel in ‘n oogwink met die draai van ‘n geluksleutel na ‘n Middeleeuse fantasiewêreld van duisende jare teruggevoer kan word nie – waar jy nog kan luister na die klokkespel van eeue-oue klokke wat uur na uur oor die stad beier en ‘n menigte meevoerende stories oor kelkies wyn tevoorskyn gehaal gaan word. Verhale oor tye toe die stadspoorte se deure nog snags deur die bewaarder van die poortsleutel gesluit is sodat die inwoners in vrede en veiligheid wonderlike drome van goue strande met wuiwende palmbome kon droom.

The post Sleutels uit die Middeleeue appeared first on rooi rose.

Nuwe spore oor ou verledes
In die klipstraat maal die toeriste-mensestroom ongeërg in restaurantvensterweerkaatsings verby. Hulle is soos miere op trek. Vandag hierdie stad, more dáárdie stad op hulle kerfstok afgemerk. Die reis gaan vlietend verby soos hulle menigte voete nuwe spore oor vergange ou verledes trap.

Op die restaurant se straatterrras sit drie manne. Drie boers. Hulle drink koffie en tee by die tafeltjies wat spesiaal vir hulle gereserveer is. Eenmaal elke jaar kom hulle hier bymekaar. Aanstonds sal nog twee broers by hulle aansluit. ‘n Sesde vriend is daar nie meer nie. Die oorlog het hom weggevat. Dis sy verjaardag wat hulle hier kom herdenk.

Die gesigte wat die ingekeepte merke van die tyd dra spreek meer as wat hulle praat. In hulle oë is daar net so ’n ver kyk van dwalende gedagtes oor tye wat eens was.

Ja, dit was nie altyd ‘n maklike pad tot hiertoe nie. Tyd het hulle baie wysheid gebring en nog meer wysheid in die begraafplase ter ruste laat lê.

Dis steeds soos die Nederlandse volksdigter Vondel gesê het – Die wêreld is ‘n speeltoneel, elk speel sy rol en kry sy deel.

Die vensterrame is toe. Toe op eeue se gryse verlede. Die skarniere is geroes. Die hake wat die versters moet oophou in die wind lank nie gebruik nie. Die hout van die rame al erg verweer. Die toekoms kan alleen nog deur die vensterglas gesien word.

As jy wat met jou toeristeskoene bolanges op die muur van Dubrovnik se ou stadsmuur loop fyner oplet, sal jy merk dat meeste van die dakteëls nuut is. Jy sal ook merk dat baie geboue nuut gepleister en geverf is. As jy nog skerper kyk sal jy gate in sommige mure sien wat deur geweerskote veroorsaak en net toegepleister is sodat, hoewel die gate nie meer daar is nie, die herinnering daaraan tog nie uitgewis word nie.

Die ou stad het veel te ly gehad onder Kroasië se onafhanklikheidsoorlog van 1991 tot 1995. Die vrees wat die verwoesting nagelaat het in rommel op straat en waar geboue deels inmekaar geval het, is byna geheel uitgewis deur ‘n verbasende renovasieprojek. Die toeriste wat almal vrolik en amper onwetend van die verlede in winkeltjies, op straat en in kafees en restaurante rondkuier bring soveel opwinding met hulle mee dat die inwoners van Dubrovnik se ou stad vir wyles skoon van die hartseer van die oorlog vergeet.

Hierdie mense wat baie gely het dra egter diep in hulle harte die wysheid van “Obliti privatorum publica curate” – Vergeet van privaat aangeleenthede en skenk aandag aan publieke sake wat die stabiliteit van hierdie klein staat handhaaf.

Met hierdie wysheid het Dubrovnik die hele wêreld bevriend en vergewis van hulle sterk geloof in hul nuutgevonde vryheid wat hulle vir geen goud in die wêreld sal verruil nie. Dis in die gees van hierdie vryheid dat hulle al die aantreklikhede in die ou stad van Dubrovnik elke dag steeds graag met ‘n menigte toeriste uit verre lande deel.

The post Nuwe spore oor ou verledes appeared first on rooi rose.

Steeg na die poort
Ons buitelandse voete trap vreemd op die hobbelrige ongelykheid van die gladde blink straatklippe waaraan nie een van ons juis gewoond is nie. Sommige klippe is daarby al effe uitgeloop wat maak dat jy versigtiger moet wees om nie skielik ‘n enkel te swik nie. Die klipstraat is baie beslis nie vir die hedendaagse swierige langpunt- en hoëhakskoene gemaak nie. Hier moet jy jou voete eenvoudig plat op die grond kan hou.

Eintlik is die klippe, behalwe vir die randstene, voor die voet patroonloos gepak. Klein en groot deurmekaar om ‘n klipstraat te geword het. Dit was al eeue gelede. Die hande wat die klippe in vorm gebytel, aangedra en gepak het rus lankal salig onder groter klippe.

Iedere dag, vir eeue al, loop mens en dier argeloos oor die einste klippe. Asof dit maar altyd daar was en altyd daar sal wees. Sommerso vanself daar gekom het. Dis al of tyd in die klippe versteen geraak het wat nou onder eindelose voeteval aanhoudend gladder afgeslyp word.

Dit is letterlik miljoene der miljoene voete se trap wat die klippe so seepglad en blink geloop het – oor eeue heen. Dis die steeg na die stadspoort. Dis die hoofslagaar waaruit talle ander stegies sywaarts spruit in die ou stad van Rovinj.

Jy wil nie praat hoe seepglad die straat gaan wees as dit reent of sneeu nie. Dan is dit eintlik net die mense wat agter die deure en rame die plek huis noem wat met jare se praktiese ondervinding agter die rug weet hoe om veilig op hulle voete te kan bly.

Ons kan ons verkyk aan hoe die mense doodluiters op straat leef asof dit nog deel van die huis is. Die straat is ook jou stoepie waar jy jou tafeltjie en stoeltjie aansleep om rustig tussen al die toeriste en ander verbylopers jou storieboek te lees of later middag saam met ‘n paar vriende oor ‘n biertjie te kuier terwyl die res van die wêreld verby jou stroom.

Die steeg is kleurvol. Ons oë spring van die een helder muur na die ander terwyl ons onder die week se wasgoed deurstap wat kunstig aan wasgoedtoue opgehang van verster tot venster oor die steeg span. Dis duidelik dat elke moontlike ruimte vindingryk ten volle gebruik word.

Aan die einde van die steeg loop ons deur die stadspoort na die nuwer Rovinj. Agter ons vervaag een van Europa se bes bewaarde en outentieke middeleeuse dorpe. ‘n Vlegwerk van stegies met klipstrate wat teruggryp na ‘n tyd toe sout, wyn en handel in die tekstiele ‘n oplewing in handel en die kulturele lewe van Rovinj meegebring het.

Dis of ‘n gevoel van heimweë hom van jou wil meester maak oor ou Rovinj wat soos ‘n tydkapsule van klip, waarin tyd gaan stilstaan het, nou ook ons voetspore op die klippe met die verre gryse verlede laat versmelt.

The post Steeg na die poort appeared first on rooi rose.

Kroasië se swerwende skaduwees van tyd
In die geskiedenis van Kroasië is die tydspel deur eeue heen met oneindige herhaling gespeel. Dis ‘n spel tussen lig en donker wat die verbygaan van tyd op die groot horlosie se wyserplaat afmeet soos die sonlig iedere nuwe dag die donker van die nag verdryf. Dis soos die Bora uit die noordpool wat die winter ysig koud inblaas en die Sirocco uit die Sahara woestyn wat daarna die somer weer vuurwarm terugbring.

Tussen hierdie lig en donker swerf die skaduwees van tyd. In die lente bring dit nuwe botsel en blare wat in die somer lieflike skaduwees en vrugte van die arbeid uit wingerde en boorde lewer. In die herfs val die verkleurende blare na die grond en bly net spookagtige winterse skaduwees oor van kaal boomstamme en yl takke.

Wanneer jy so na Kroasië kyk sien jy ‘n land geskep uit die smeltkroes van eeue. Sy mense se lewens het oor honderde jare dikwels in die kil winterskaduwee van tyd verwyl. Hulle triomf om uiteindelik ‘n onafhanklike nasie te word met ‘n eie landsgebied het sy offers gevra. Hul dankbaarheid daarvoor is soos ‘n skaduwee wat hulle getrou iedere dag volg. Dit bemoedig en skep nuwe hoop wat ‘n blye nuwe daeraad vir hulle uit elke donker nag laat verrys.

Want hierdie is ‘n volk wat steeds die toekoms met entoesiasme aanpak.

Op die swart seerotse by Opatija waarteen die ogendbries die lui seegolfies begin vasdryf, staan die Meisie met die Seemeeu. Sy groet die koms van die nuwe dag in die helder rosigkleurende los wolkies wat verbywaai. Straks mag die seemeeu sy vlerke sprei en grasieus op wieke van die wind die moreson tegemoet sweef. Ver onder oor die water sal sy skaduwee sy vrye vlug uit die laaste greep van die nagdonker die nuwe daglig in volg.

Soos die rotse by die see is die land van Kroasië – hard en klipperig. Om met klip te werk is ‘n natuurlike refleksie van Kroasiës se verbintenis met hulle omgewing. Hierdie uitdagende natuuromstandighede kontrasteer met ‘n eenvoudige maar ryk polsende volkskultuur. Die ritmes van lewe word weerspieël in liedere, danse en kuns wat geraam hang teen die onverbiddellike agtergrond van donker rotse, ‘n heldere blou see en lug.

Hier geniet elkeen ‘n eie stukkie land en see onder hulle eie stukkie van die hemelse helder blou lug.

Wanneer die daeraad in die Ooste breek sal die eerste ver skietende sonstrale die seilskip in die hawe van Šibenik se hoë maste tref. Algaande sal die son soos ‘n takelaar afwaarts werk om die skip se romp uit die nagdonkerte van die see te bevry sodat slegs sy skaduwee in die waterspieëling nog aan sy verbintenis met die donker nag mag herinner.

Aanstonds sal die groot seile gehys word en wanneer hulle bol staan in die oggend landwind, sal die statige klipper-replika uit vergange se dae weer die groot oseaan aandurf om ‘n ryke seevaarttradisie van Kroatiese seemanne van durf en daad voort te sit.

Wanneer die skip die waters tussen die eilande klief sal die matrose begin om die waaghalsige seerowersverhale van toeka met begraafde skatte en al op te diep. Stories van vergane skepe en kosbare vragte goud en silwer wat saam daarmee heen is sal opnuut die verbeelding aangryp.

‘n Ou en ‘n nuwe wêreld sal onder die wapperende skaduwees van die seile bymekaarkom om avonture uit vergange se dae met die van vandag saam te smee soos die klipper voortstu om Kroasië steeds met verre bestemmings oor die see te verbind.

Soos die daglig sterker en die skaduwees meer intens word, sal die berghange vanaf die hoogste punte vinnig tot in die diepste van die dale ophelder. Die lig sal deur ‘n oop venster van ‘n afgebrande murasie straal waarvan die muur aan die skadukant verskeie kapmerke van geweerkoeëls weg het.

Die krake wat nou nog in die pleister van die muur sigbaar is, sal wil verhaal van ‘n oorlog wat daar gewoed het en ‘n familie wat lank nie meer vrolike warm lewe aan die huis gee nie. Dis asof die donkerte van die nag die afskuwelike van die verhaal in sy sluier sal wil verberg en dit slegs ten dele in die skadu van die dag ontbloot. Aan die agterste sonkant van die muur wat nou gister en vandag van mekaar skei, kan die oog nie sien nie.

Tog breek daar deur die vensterraam ‘n helder blou hemelruim wat ook die bokant van die muur omvou. Terwyl dit die gruwel van die afgebrande huis skerper afets, bied dit nogtans aan die ligkant van die muur ‘n meer sigbare vooruitsig op ‘n nuwe toekoms wat hopelik net blyer van aard kan wees.

In Kroasië vergaan die hoop nooit nie.

‘n Langer wordende menseskaduwee teen ‘n eeue oue kasteelklipmuur teken die verbygaan van die ure aan. Teen hierdie muur is die dag en nag kortstondig as dit gemeet word teen die grysheid van tyd waarin die kasteel se meestersteenhouers se handewerk die massiewe bouwerk geskep het. Dit maak van die hedendaagse mens maar ‘n toevallige verbyganger waarvan die koms van die nag spoedig sy vlietende skaduspore sal wegvee.

In die Weste van Rovinj trek die son laatmiddag water. Die skaduwees verdonker teen die mure van die hawegeboue en straks is dit nog net die toppunt van die kerktoring wat in die laaste ligstrale van die dag sal glinster voordat die nagdonker dit ook met die hemelruim versmelt.

Op die vissersbote wat nou nog allenig ronddobber, sal die vissermanne aanstonds beweging bring as hulle gereedmaak om uit te vaar vir die nag se vangs. Eers moreoggend teen dagbreek sal die bote weer soos skaduskimme uit die ogendmistigheid van die daeraad oor die water aangesweef kom.

Teen die son die mistigheid begin verdryf, sal ‘n nuwe dag se skaduwees daag. Gereed om hulle meesters te agtervolg tot die dag se uurglas leeg geloop het en die nagdonker weer die vooruitsig bring op ‘n nuwe helder daeraad van hoop en verwagting vir die mense van Kroasië.

The post Kroasië se swerwende skaduwees van tyd appeared first on rooi rose.

Wie wil nog ’n toeris wees?
Die glasies had al half gesak gehad toe die toeristekamera hulle skielik gewaar en kiek. Twee manne in ‘n stegie teen die ou vestingstad Dubrovnik se skuinste waar die trappe so ’n effense van ‘n gelykte maak. Hulle het nog van die laaste laatsomersonnetjie geniet wat nie meer in die huis inskyn nie. Dit stroom van toeriste by hulle verby. Hulle is te verdiep in hulle gesprek om die toeriste eers op te merk.

Sielig om so in die wêreldstroom van mense te kan sit. Dis juis oor toeriste wat die praat gaan.

‘Dis nou alles goed en wel. Hoe sê die koerant? Meer as 10 miljoen toeriste is hierdie somer deur ons land. Stel jou dit voor – twee toeriste vir elke Kroaat.’ Ivan klap met sy hand op sy been. ‘G’n wonder daar’s byna nie meer plek vir ons almal op die strate nie. Probeer jy maar ‘n parkeerplek kry sonder om kilometers ver te moet loop na waar jy wil wees!’

‘Ek hoor wat jy sê,’ antwoord Patrik. ‘ Ek hoor wat jy sê. Maar as jy verder gelees het sou jy gesien het ons het ‘n netjiese €7 miljard uit die spulletjie verdien. En dit kan ons land se wiele mooi aan die draai hou. Stem jy?’

‘Ek stem. Maar ek kry die arme huishoudsters jammer wat 59 miljoen beddens moes opmaak. Stel jou voor die berg wasgoed! Stel jou voor hoe so ’n mens se rug aan die einde van elke dag moet voel!’

‘Amper soos ons eie boere rûens as jy die heeldag in die warm son druiwe gepluk het,’ meen Patrik.

‘Nie almiskie nie,’ beaam Ivan. ‘Die spul toeriste is kapabel en breek nog ons rûe met al die baie werk wat hulle veroorsaak.’

Die twee lag heerlik. Klink dan ‘n glasie op die toeriste. Uzdravle!

Twee-en-vyftig jaar gelede het Koos Kamfer, Jerry Cohen en ek in die hartjie van die 1960 somer by die Plitvice-mere aangekom. Daar was ‘n klein kantoortjie van die Parkadministrasie waar ons kampeerfooie betaal en ‘n roeiboot gehuur het om op een van die mere te gaan vaar. Daar was geen ander siel in sig nie en ons kon na hartelus van die unieke prag van hierdie grootse Europese natuurwonder geniet.

Trouens, dit was die kommunistiese Parkadministrasie se verklaarde beleid om ‘hierdie besondere karakter van die natuurreservaat tot elke prys te handhaaf.’

Dit het meegebring dat die park alleen dagbesoekers kon hanteer omdat daar geen hotelakkomodasie beskikbaar was nie. Van verder geleë plekke soos Zagreb, Rijeka, Opatija of Dubrovnik was ‘n heen-en-weer reis per bus op een dag net onmoontlik en dit het besoekersgetalle verder beperk.

Met hierdie beeld in gedagte het ek nou weer by Plitvice aangekom. Wat was my ontnugtering yslik groot.

Hierdie somer het meer dan een en ‘n half miljoen toeriste deur die Plitvice Natuurreservaat getrek. Die groot nuwe hotelle was stampvol en so ook dié in die omgewing.

Soos ‘n paal bo water het die feit gestaan: Een van Kroasië se allernuutste gratis besienswaardighede is toeriste. Miljoene der miljoene van hulle wat soos swerms sprinkane somers oor die land trek. Hulle kom met vliegtuie, met skepe, met busse en motors – een stroom aanmekaar van heinde en verre. ‘n Bonter spul kan jy jou moeilik voorstel.

As jy ooit ‘n studie van die mensdom in al sy verskeidenheid en glorie wil maak – Kroasië is nou die ideale plek daarvoor. Daar is langes en kortes en maerderes en vettes en jonges en oues wat aanmekaar brabbel soos hulle die wye wêreldse taalgeluide maak wat g’n Kroatiese hond ‘n snars van snap nie. Dit word ‘n interessante tydverdryf om die krioelende mensemassa se gesiguitdrukkings dop te hou soos die eeue waardeur hulle beweeg daarin weerspieël word.

Om toeriste te sien en mee blad te skud het eintlik ‘n bonus geword bo en behalwe waarvoor jy werklik na Kroasië gekom het – om die land en sy eie mense te sien en ontmoet.

Dit skep die interessante vraag: wanneer is ‘n land toeriste versadig?

Solank die land die infrastruktuur het om die toeristestroom met gemak te kan ontvang en hanteer soos Kroasië duidelik voor ingerig is, is dit eintlik net die toeris wat self aan die kortste end trek as hy gedurig op die hakke van die volgende toeris moet trap en aan die einde van die vakansie meer toeriste gesien en gekiek het as Kroasiërs!

Dit laat jou soms wonder – wil jy nog ‘n toeris wees?

The post Wie wil nog ’n toeris wees? appeared first on rooi rose.

Tremkaartjies: Soeweniers van Kroasië
Tussen ons Kroasië soeweniers val daar ‘n paar tremkaartjies uit. Van ‘n Zagreb trem.

In Zagreb is ‘n trem nie ‘n bus nie en ook nie ‘n trein nie. Dis ‘n hemelblou gevaarte wat waar sy spoor lê soos ‘n windhond deur Zagreb hardloop. Want blou is die kleur van Zagreb.

Hoe ons ‘n bloutjie met die blou trem geloop het, is dus nie ‘n sommerso se storie nie.

Want sien, ons wou Kaptol toe. Kaptol is deel van Gornji Grad. Dis die ou stadsdeel van Zagreb. In die aardbewing van 1880 het die benededeel wat vandag Novi Zagreb heet 40 meter na onder gesak. Dit het in terme van hoe om uit Novi Zagreb, waar ons hotel was, by Kaptol te kom beteken dat ons ‘n stewige klim sou moes klim.

Die funikulêr wat ons gerieflik binne 64 sekondes die hoogte in kon vervoer, het die ontvangsdame by die hotel ons verseker, werk al jare nie en nugter alleen weet wanneer die ding weer berg gaan klim.

Maar, doen sy aan die hand, daar is trem 13 wat na Kaptol gaan en dit mag die antwoord wees. Die trem kon ons so drie blokke daarvandaan by die treinstasie haal.

Ons was dus kwalik by die tremhalte, of hier kom trem 13 met ‘n dolle vaart aan. Kaartjies koop ons peperduur by die tremdrywer. R800 vir vier kaartjies. Dis omdat die Rand nie ‘n Kuna is nie. En om van die Rand ‘n Kuna te maak, kos dit jou nogal ietsie uit die aard van die wisselkoers. Die kondukteur knip die kaartjies en ons moet baie vinnig sit of ons rol soos wawiele agtertoe in die trem, so kwaai is die blitsige wegspring.

Twee tremstoppe verder let ek op dat ons steeds afdraende ry en ek ag dit gerade om die kondukteur te vra of die trem nog op pad is na Kaptol toe.

Ons is rasend vinnig besig om weg van Kaptol te jaag, weet die kondukteur ons in te lig. Dalk moet julle liewers by die volgende halte afklim as julle nog vandag by Kaptol wil uitkom, sê hy.

Twee kilometer vanwaar ons opgeklim het kom ons kortstondige duur tremrit ten einde. Voetslaan terug is ons voorland terwyl die trem verder wegspoed.

‘n Ruskansie kry ons toe ons die Kralja Tomislava plein bereik. Hier word ons teruggevoer tot die jare 910 – 928 toe die eerste koning van Kroasië, Tomislav, die land vir die eerste keer verening het. Sy ruiterstandbeeld tref ons op die plein aan. Dit verskyn ook op die agterkant van die 1000 Kuna noot waarmee ons by ‘n kafeetjie betaal vir donker biere wat insgelyks ook nog die koning se naam dra.

Vanaf die jaar 928 moes ons wikkel na die 18e eeu en die volgende plein in die Zagreb groen gordel – die Josipa Jurja Strošmajer wat die Oudheidkundige museum huisves. Daarin kry ons skilderye te sien van Nederlandse, Italiaanse en Franse meesters uit die 18e en 19e eeu. Ons staptog word nou skilderagtig.

Nog ‘n volksplein waar parkbanke onder reuse plataanbome verposing bied, is die Nikole Subica Zrinskog. Hierdie plataanbome kom oorspronklik meer dan 100 jaar gelede uit Istrië en verleen in die lanings waarin hulle geplant is besondere sjarme aan Zagreb. Dis eergister se gister se bome diep gewortel in die geskiedenis van Kroasië.

Uiteindelik, toe ons die twee hoë torings van die katedraal Sveti Stephan by Kaptol in sig kry, bereik ons nog ‘n besondere ruiterstandbeeld. Dis Ban Josip Jelacic wat in 1848 die Hongare verdryf het. Toe Kroasië in 1866 onder Oostenrykse beheer was, is die standbeeld op19 Oktober 1866 onthul op wat vandag bekend is as die Bana Jelacica Plein. Toe het Ban Josip noord gekyk. Die kommunistiese Joegoeslawiese regering van die 1940 tigerjare het geen genoë met die standbeeld geneem nie en dis alleen gered toe iemand dit onder in ‘n kelder gaan stoor het.

Op 11 Oktober 1990 het Ban Josip egter weer tevoorskyn gekom en die keer is die standbeeld aan die noordekant van die plein geplaas om nou suidwaarts te kyk.

Teen ons Ban Josip bereik het, het ons omtrent al vyf kilometer geloop en het ons die hedendaagse geskiedenis ingehaal gehad.

Dis toe dat David Livingstone se 1858 vaart op die Zambezi-ivier in die Ma Robert wielstoomboot meteens voor my geestesoog opkom. ‘Ons het so baie gesien omdat ons so baie stadig gevaar het,’ het Livingstone in sy dagboek aangeteken.

Ons kon insgelyks met moeë voete sê ons het so baie ervaar en gesien omdat ons so stadig en ver teen die bulte uitgestap het na Kaptol toe.

The post Tremkaartjies: Soeweniers van Kroasië appeared first on rooi rose.