gemmerkoekmannetjies | rooi rose

Ons 5 beste lente-koekies
Blomkoekies

Genoeg vir 12

Ek het ’n bosseleer- (reliëfdruk) matjie gebruik. Die patroon op die matjie word op die koekie gedruk wanneer jy die deeg daarop uitrol. Jy kan met ’n toetspen gaatjies in die deeg druk en later mooi lintjies deur die koekies ryg.

250 g sagte botter

75 g (1⁄3 k) strooisuiker

35 g (¼ k) rysmeel

335 g (2¼ k) koekmeel

5 ml (1 t) yskoue water

125 ml (½ k) laventelblommetjies, van die takkies gestroop

125 ml (½ k) roosmarynblommetjies

Voorverhit die oond tot 130 °C. Voer twee bakplate met bakpapier uit.

1 Klop die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot sag en glad.

2 Sif die twee soorte meel en roer dit, die blommetjies en die water by die bottermengsel in. Meng tot dit net bymekaar kom.

3 Keer op ’n skoon werkvlak uit en knie nog tot dit heeltemal bymekaar kom en egalig is. As jy regtig sukkel om dit bymekaar te bring, kan jy jou hande ’n bietjie nat maak en die deeg daarmee bymekaar druk.

4 Draai die deeg in kleefplastiek toe en laat rus vir 30 min. in die yskas.

5 Rol die deeg uit op ’n skoon werkvlak, of ’n bosseleermatjie as jy een het.

6 Druk koekies uit met ’n drukker met ’n deursnee van 7 cm en lig versigtig met ’n paletmes op.

7 Sit op die bakplaat en bak vir 30 min. of tot lig goudkleurig.

8 Haal uit en laat afkoel.

Gemmerkoekmannetjies en -tannetjies

Genoeg vir sowat 24 koekies

Dié “gaste” verg ’n bietjie geduld maar is vir seker die moeite werd.

750 ml (3 k) meel

10 ml (2 t) fyn gemmer

1,25 ml (¼ t) fyn naeltjies

1, 25 ml (¼ t ) fyn neutmuskaat

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) bakpoeier

7,5 ml (1½ t) sout

90 ml (6 e) sagte botter

125 ml (½ k) bruinsuiker

1 eier

80 ml (¾ k) melasse

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

1 Sif die meel, gemmer, naeltjies, neutmuskaat, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter en bruinsuiker tot lig en romerig. Voeg dan die eier en melasse by en klits verder.

2 Voeg die droë bestanddele lepelsgewys by en meng goed ná elke byvoeging. Verdeel die deeg in twee gelyke dele en rol plat. Bedek met kleefplastiek en vries vir 2 uur tot hard.

3 Werk met een hoeveelheid deeg op ’n slag. Rol die deeg 5 mm dik op ’n stuk meelbestrooide waspapier uit om hantering te vergemaklik. Plaas op ’n skoon bakplaat en vries vir sowat 20 min. tot hard.

4 Haal die deeg uit die vrieskas. Lig die koekiedeeg en waspapier van die bakplaat af en rol met ’n meelbestrooide koekroller uit. Lig die deeg met ’n slaplemmes of lang spaan van die waspapier af en sit op ’n skoon meelbestrooide werkvlak.

5 Druk die koekiedrukker in ’n bietjie meel en druk koekies uit. Druk met die agterkant van ’n sosatiestokkie gaatjies in die bors van elke mannetjie.

6 Lig die uitgedrukte koekies met ’n slaplemmes of lang spaan en pak op die bakplaat. Bak vir 8 min. in die voorverhitte oond. Draai die bakplaat halfpad deur die baktyd om. Haal uit die oond en laat op ’n afkoelrak afkoel. Ryg linte deur die gaatjies en bêre in ’n lugdigte houer tot benodig.

Mueslistafies

Maak sowat 30 stafies

320 g (900 ml) hawermout

30 g (45 ml) sesamsaad

45 g (65 ml) sonneblomsaad

80 g (125 ml, so 10) sagte droë appelkose, gekap

75 g (80 ml) rosyntjies

5 ml (1 t) fyn kaneel

100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) sonneblomolie

180 ml (¾ k) heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 23 cm x 33 cm-bakpan met bakpapier uit.

1 Meng die hawermout, sesamsaad, sonneblom-saad, appelkose, rosyntjies en kaneel.

2 Smelt die olie en heuning oor matige hitte. Gooi by die hawermoutmengsel en meng goed.

3 Druk die mengsel in die bakpan en bak vir 40 min. tot goudbruin.

4 Laat heeltemal afkoel voor jy die stafies sny.

Lieflike brosbrood

Genoeg vir 12

Dié brosbrood is lekker en maklik om te maak. Ons het vir die mooi ’n bolaag gemaak, maar jy kan die koekies net so voorsit en ’n bietjie versiersuiker oorstrooi.

250 ml (1 k) sagte botter

250 ml (1 k) versiersuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) koekmeel + ekstra

om oor te sprinkel

125 ml (½ k) mielieblom (Maizena)

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n bakplaat uit met Silpad of bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is.

1 Room die botter, suiker en vanielje saam tot dik en romerig.

2 Sif die meel en mielieblom by en meng tot dit net saam kom. Bedek met kleefplastiek en sit vir 20 min. in die yskas.

3 Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 1 cm dik. Druk met ’n gekartelde 12 cm-koekiedrukker (of ’n vorm van jou keuse) vorms uit die deeg. (Jy kan die deeg wat afgesny is, weer uitrol.)

4 Pak die koekies op die bakplaat en druk met ’n sosatiestokkie ’n gaatjie bo-in elke koekie. Laat rus weer vir 20 min. in die yskas.

5 Bak die koekies vir 30 min. of tot ligbruin en gaar. Laat op draadrakkies afkoel. Ryg ’n lintjie deur elke gaatjie.

Maak dit fraai

1 Ons het plastiekversiersel uitgerol en uitgedruk met die koekiedrukker waarmee die brosbrood uitgedruk is. Maak ’n klewerige mengsel van versiersuiker en water en plak die versiersel hiermee op die brosbrood vas.

2 Ons het die swart-en-wit roosprentjies op versiersuikerbladsye laat druk. Knip die patrone uit en plak dit op die plastiekversierselbolaag.

Fortuinkoekies

Maak 12

Skryf boodskappe op strokies papier en draai hulle in fyn fortuinkoekies toe.

2 eierwitte

80 ml (1⁄3 k) strooisuiker

80 ml (1⁄3 k) koekmeel, gesif

vanieljegeursel

45 ml (3 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny ’n 8 cm-sirkel uit asetaat (transparantpapier). Gebruik die deel met die gat in. Sny papiertjies van 12 cm x 12 cm en skryf boodskappe daarop.

1 Klop die eierwitte tot sagte punte vorm. Klop die suiker geleidelik by.

2 Vou eers die meel in, dan die vanielje en botter.

3 Sit die asetaatstensil op ’n bakplaat met ’n silikoonmat (silpad). Skep ’n plat eetlepel van die deeg in die middel van die stensil. Smeer plat en egalig, herhaal. Maak twee koekies op ’n slag. Verwyder die stensil en bak vir sowat 5 min. tot die kante begin verkleur.

4 Hou die bakplaat in die oond om die koekies langer buigbaar te hou. Maak die koekies met ’n paletmes los. Sit ’n boodskappapiertjie in die middel van elke sirkel, vou toe om ’n halfmaan te vorm en vorm oor die rand van ’n koppie sodat die halfmaankoekie op sy rugkant oor die koppie hang. Laat afkoel.

The post Ons 5 beste lente-koekies appeared first on rooi rose.