george clooney | rooi rose

Margaret uit Hollywood: George Clooney is die laaste rolprentster
Deur Margaret Gardiner

Hoe beskryf jy dit om in die teenwoordigheid van die smeulende rolprentster, akteur, regisseur, vervaardiger, skrywer en Oscar-wenner George Clooney te wees? Jy ken daardie perfekte somersmiddae wanneer die lug soel is, die lig goudpienk en alles in harmonie is? Dit voel amper só.

Ek ondervra mnr. Clooney al dekades lank, en het die voorreg gehad om verskeie geleenthede saam met hom by te woon in die aanloop tot sy nuwe fliek, Jay Kelly, wat hierdie week op Netflix vrygestel is, en deur die Oscar-benoemde Noah Baumbach geregisseer is. Daarin beeld George, wat oor die jare in ses verskillende kategorieë vir ’n Oscar-toekenning benoem is, ’n clueless rolprentster uit. Hy speel iemand wat meer oor sy verhouding met aanhangers en sy openbare persona gepla is, as wat hy die gemors van sy eie lewe wil hanteer.

Ons, die kykers, sien hom waar hy van sy dogters vervreemd is, hy ’n oppervlakkige bestaan ​​voer en sy beste vriend sy bestuurder, Adam Sandler, is. Vir dié rol het Adam die lawwigheid van baie van sy komedies weggepak en ’n genuanseerde, subtiele vertolking gelewer van iemand wat in sy kliënt glo en die beste vir hom wil hê, en baie persoonlike opofferings maak sodat sy “ster” homself kan verwesenlik. Dat die ster enigiets wat oor sy pad kom as sy “reg” aanvaar sonder enige begrip van die gevolge vir die persoon wat vir hom intree, demp nie die bestuurder se ondersteuning en moeite nie.

George is wonderlik as die effens verwaande akteur, Jay Kelly, wat ’n eksistensiële krisis beleef, en wat pynlik besef dat hy meer sal moet doen as om net te glimlag as hy in sy mense se lewe teenwoordig wil wees. Dis ’n meesterlike vertolking waar George sy talent vir komiese tydsberekening tentoonstel. Baie mense neem aan dat die akteur bloot homself uitbeeld, maar dis nie die geval nie.

Foto: Verskaf/Netflix

Hoewel George Clooney ongetwyfeld ’n rolprentster is, is hy ver verwyderd van die selfgesentreerde ster wat hy in Jay Kelly uitbeeld. Hy is uitgesproke oor moeilike onderwerpe, vrygewig met die pers, en bewus op ’n spesifieke vlak van wat diegene wat minderbevoorreg is, verduur. Hy sal in ’n vertrek bly en sorg dat elke persoon ’n foto saam met hom kry – en almal kry dit. Hy deel foto’s van sy kinders, Alexander en Ella (8), en verwys gereeld na sy vrou, Amal, met respek en ’n mate van ontsag.

Hy is bekend daarvoor dat hy dieselfde Armani-pak na opeenvolgende rooitapytgeleenthede dra en hou by die lense van die modeverslaafdes verby. Hy het my aan Amal voorgestel toe hy haar die eerste keer na die Golden Globes gebring het, en sy was so aangenaam en lieflik soos jy sou verwag. Hy is ’n bekende poetsbakker en vertel dat sy seun dié eienskap geërf het. Hy het eenkeer, terwyl Matt Damon by hom aan die Amalfikus in Italië gekuier het, sy klere na ’n kleiner nommer verander. Matt het gedink hy tel gewig op! Dié twee het al telkens poetse vir mekaar gebak.

“Daar is niks soos twee agtjarige kinders wat gelyktydig op jou opgooi om jou voete op die grond te hou nie,” merk George op toe hy gevra word oor hoe hy die strik vermy om sy eie publisiteit na sy kop te laat gaan soos wat sy karakter in Jay Kelly doen. “Ek het op ’n tabakplaas in Kentucky grootgeword en later in my lewe beroemd geword, so dis ’n bietjie makliker om nie die krediet te neem vir dinge wanneer dit goed gaan nie, of die skuld wanneer dit sleg gaan. Dit help my om as mens standvastig te bly. Maar as akteur is dit lekker om nie gegrond te wees nie. Ek kan vry wees en die rol verstaan. Daar is baie waarmee ek van Jay Kelly kan vereenselwig, maar daar is ook baie wat ek nie verstaan ​​nie.”

Op die vraag of rolprentsterre nie meer so groot soos altyd is nie, verwys George na Robert Redford en Paul Newman as “die laaste rolprentsterre van daardie generasie wat ’n rolprent se sukses weens hul name gedryf het”.

Hy noem dat hul misterie eg, maar tog verwyderd was. “Sterre bestaan egter ​​steeds. Die publiek raak steeds verlief. Kyk maar na Zendaya of Timothée Chalamet en hulle doen ook baie interessante projekte. Sterre ontstaan steeds, maar nie op dieselfde vlak nie. Ons kyk nou na mekaar op klein skerms. Rolprentsterre is op skerms van 60 voet hoog geskep. Daar is die aanhaling uit die klassieke rolprent, Sunset Boulevard: ‘Dis die prente wat klein geword het.’ So miskien is dit dit.”

Jy sal nie George hoor kla oor hoe moeilik dit is om beroemd te wees nie. “Ek het ’n buitengewone lewe. Miskien sal ek soms jaloers raak omdat roem so beperkend kan wees, maar ek kla nie daaroor nie. Ek het agt of nege jaar lank dramaklasse geneem, wat ek nie kon bekostig nie. Ek moes gewerk het. Ek het hierdie wonderlike akteurs gesien, en dit was dikwels nie die beste akteur wat dit gemaak het nie. Sommige werk steeds en ander nie. Ná 43 jaar in die bedryf is daar steeds die kameraadskap, want ons almal het hierdie hoop en drome gehad. Ek het in my vriende se woonstel geslaap en na oudisies fietsgery. My vriende het werk gekry en ek was opgewonde vir hulle. Wanneer iemand werk gekry het, het ons uitgegaan omdat hulle daardie aand drankies kon bekostig. Daardie gedeelde ervaring en die herinnering aan TV-programme wat jou terugbel was so opwindend.”

“Ek het met roem grootgeword. My pa was ’n TV-aanbieder en my tante, Rosemary, ’n bekende sangeres. Maar teen die tyd dat ek op hoërskool was, was sy lankal nie meer beroemd nie. Die rede het niks met haar talent te doen gehad nie. Sy was ’n popsangeres in die jare vyftig en rock en roll het gekom en haar soort sang was verby. Deels was dit ook omdat sy in slegte gewoontes, soos drank, verval het en dit het haar loopbaan redelik erg benadeel. Ek het dus ’n groot voordeel gehad om te verstaan ​​hoe erg jy dinge kan opmors en hoeveel jy dinge as vanselfsprekend kon aanvaar. Jy jaag nie roem na nie, maar jy wil regtig werk. Die kenmerke van werk is roem.”

“Wanneer jy dit die eerste keer kry, is dit pret. Dis soos ’n mot wat deur kerslig aangetrek word. Jy gaan soontoe en skielik word jy gebrand. Al hierdie ander dinge kom met roem. Dit gesê, ek het dameskoene verkoop. Ek het versekering van deur tot deur verkoop en ek het tabak vir $3 per uur gesny. Ek sou geïrriteerd raak as ek iemand beroemd sien praat oor hoe moeilik hul lewe was.” Hy trek sy skouers op oor die negatiewe aspekte van roem. “Ek het ’n ware belangstelling in mense. As jy by ’n geleentheid gaan wees, kan jy net sowel betrokke wees. Jay Kelly omring homself met al hierdie dinge wat hom beskerm om met mense te praat. Wat doen ons as ons nie kan praat en by mekaar kan leer nie?”

George en Amal Clooney (Foto: Gareth Cattermole/Getty Images vir BFI)

“Ek hou daarvan om myself uit te daag. Ek het so pas ’n toneelstuk op Broadway gedoen wat ek geskryf het. Ek het al die woorde gehad. Wanneer jy 64 jaar oud is, is dit regtig moeilik om goed te onthou. Ons het loketrekords gebreek en ek was bang om almal teleur te stel. Die lekker deel is die uitdaging; dis opwindend. Ek is op die ouderdom waar mense aftree. My pa is 90 jaar oud en skryf steeds vir die koerant. Ek het gefokus op regie en storievertelling, want die toneelspelrolle was nie interessant nie. Jay Kelly was uitdagend. Dit het my gehelp om weer op toneelspel verlief te raak. Noah is ’n wonderlike regisseur. Ek kon weerloosheid verken, wat lekker is. Om betrokke te wees, is belangrik (want soos ons ouer word) verloor ons ons plek in die samelewing.”

KYK | George Clooney oor watter George hy wou wees toe hy Amal ontmoet het.

Volg Margaret op Youtube, Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Margaret uit Hollywood: Reba McEntire, die Koningin van Country, maak opslae op 70

The post Margaret uit Hollywood: George Clooney is die laaste rolprentster appeared first on rooi rose.

George Clooney: losloper nie meer
Hoflik, intelligent, sjarmant – en glad nie sleg op die oog nie. George Clooney is dié koning onder die sterre. Regisseur, Oscar-wenner, filantroop. Hy voer intelligente gesprekke oor enige kwessie en gebruik humor om onderwerpe waaroor hy nie wil praat nie, vry te spring.

Vir ’n man wat met ’n eindelose string beeldskone langbeenmodelle en -aktrises uitgegaan het, het hy die perfekte vrou gekies. Amal Alamuddin is intelligent en suksesvol uit eie reg. En sy het styl. Hoewel George in onderhoude nie graag oor sy persoonlike lewe praat nie, blink sy oë wanneer hy vertel hoe oulik sy vrou is.

As jy ’n tydmasjien gehad het, waarheen sou jy gaan?

Kan ek terugkom? Daar is plekke en tye waarheen ek graag sou wou gaan, maar ek wil asseblief terugkom na my eie tyd toe, want ek wil nie aan polio doodgaan nie (lag). Ek sal enige iets gee om in 1960 by president Kennedy se inlywing te kon wees.

Dit moes ongelooflik gewees het om daardie toespraak te hoor: “Ask not what your country can do for you … ”  Ek sal ook nie omgee om in die toekoms te kan ingaan om te sien wat gebeur nie. Maar as dinge nie sou uitwerk nie, wil ek terugkom (lag).

Noudat jy getroud is met iemand wat uit die Midde-Ooste kom, het jou persepsie van daardie wêrelddeel verander?

Ek verstaan maar min. Dis vir seker ingewikkelder as tevore. Die idee dat jou bondgenote vriende met jou vyand is, is verwarrend. Ek dink almal sukkel op die oomblik. Dis ’n moeilike tyd. Ek is altyd hoopvol dat alles sal uitwerk, maar dit sal ’n ruk duur. So baie dinge gebeur tegelykertyd. Ek en Amal gesels amper elke dag hieroor.

Sirië is altyd op my radar. Dis hartverskeurend wat daar aangaan. Ek verstaan wel die Libanese kultuur beter. Almal daag by partytjies op! Ons moes ná die troue ’n tweede partytjie net vir die Libanese familie hou. Daar is honderde van hulle. Nou het ek ’n reuse-familie.

Wat sien jy in die toekoms vir jou en Amal?

Daar is plekke in die wêreld wat ek graag saam met haar sal wil sien. Ons doelwit is om saam te reis, nie vir werk nie, maar omdat ons saam daar wil wees. Dink net – ons twee saam op ’n motorfiets in die Franse Alpe. Ek sal nie omgee om nou daar te wees nie.

Sal jy ooit ’n politikus word?

Ek maak baie grappe oor die politiek. Daar is kort-kort ’n storie dat ek as goewerneur wil staan. Dis glo hoekom ek met iemand getrou het wie se van met Ala begin. Dis goed vir die politieke spektrum (lag). Baie van my vriende is politici en ek het baie respek vir hulle, maar ek sien nie kans vir hul lewe nie. Ek dink dis moeilik. Ek hoef nie in my werkswêreld kompromieë aan te gaan nie.

As ek vir ’n kwessie wil veg, kan ek dit doen sonder om bekommerd te wees om ’n ou vies te maak wat ’n halfmiljoen dollar vir my veldtog geskenk het. Ek het geen van daardie beperkings nie. Ek dink ek kan baie doeltreffender wees deur nie ’n politikus te word nie. Dis moeilik om dinge in die regering gedoen te kry, dit maak nie saak aan wie se kant jy is nie. Ek dink ek en politiek werk beter as afsonderlike entiteite.

Eet julle gereeld Libanese kos?

My vrou bespreek tafels. My skoonma bespreek tafels (lag). Vir my verjaardag het ons alles geëet wat sleg is vir ’n mens – dinge soos steak en cake – alles met ’n ache.

Hou jy van kos maak?

Ja, onthou, ek het lank alleen gewoon, ek weet hoe om kos te maak. Omdat ek lank in Italië gebly het, kan ek goeie pasta maak – verskillende soorte. Ek is ook goed met ontbyt en ’n Thanksgiving-ete.

Julle is ’n stylvolle paartjie. Het jou kleresmaak ná die troue verander? Wie betaal vir Amal se rokke?

Amal betaal vir haar eie klere. Soms stuur mense vir haar rokke, want hulle wil hê sy moet daarin gesien word. Amal het nog altyd styl en het ook nie ’n stilis nie. Soms sal sy effens verward lyk oor my keuses en vra of ek al weer daardie tequila-T-hemp gaan aantrek en my aansê om ’n beter hemp aan te trek voor ek uitgaan. En sy is gewoonlik reg (lag).

Hoe voel jy oor sterk vroue?

Vyf vroue bestuur my maatskappy. Maar ongelukkig behoort seksisme nie tot die verlede nie. Ek glo nie daarin nie, maar dis steeds oral te sien. Ek is bly om te sien dat flieks meer op vroulike karakters fokus. Ek glo die meeste groot rolprente word deur mans bestuur omdat mans die groot Hollywood-ateljees bestuur. Dis iets waaraan aandag gegee moet word. Ek dink dis interessant dat die enigste mens wat met die Sony-skandaal deurgeloop het, ’n vrou was. Ek dink dis goed om oor die kwessie te praat en dat ons in die regte rigting beweeg.

Hoekom het jy vyf vroue in jou maatskappy aangestel?

Hulle was die regte mense vir die werk. Ek het nie daarop gefokus om vroue aan te stel nie. Ek wou net die beste mense aanstel. As jy meestal mans in jou kantoor het, beteken dit net jy het nie hard genoeg gesoek nie.

Intimideer dit jou dat jou vrou dalk slimmer as jy is?

Sy is. Al wanneer ek ’n intellektuele geveg met haar sal wen, is as ons daaroor sal armdruk. Daar is geen twyfel nie, my vrou is slimmer as ek. Ek is baie bly daaroor. Dis ’n goeie idee om jou te omring met mense wat slimmer as jy is – en die standaard is redelik laag wat my betref (lag). Wat vir my fantasties is, is dat sy steeds werk aan die goed wat vir haar belangrik is.

Sy werk by die internasionale appèlhof aan die Armeense volksmoord, dis ’n ingewikkelde gesprek. En nou word sulke kwessies deur Entertainment Tonight gedek (lag)! Dis nie iets waarna sy streef nie. Sy doen net haar werk. Maar die bykomende blootstelling is nie noodwendig sleg nie. Tot dusver verskil ons nie oor baie dinge nie. Ons sal sien hoe dit gaan.

Hoekom dink jy is jy so gewild?

Ek weet nie. Ek dink dis my vrou wat gewild is (lag). Ons het onlangs by die Carlyle gebly en baie mense het buite die hotel saamgedrom. Mick Jagger het ook daar gebly, toe wag ons vir hom om uit gaan sodat ons ongesiens agter hom kon uitsluip. Maar hulle het Amal dadelik gesien. Ek het al vir haar gesê sy moet minder stylvol aantrek, dan sal hulle dalk minder aandag aan ons gee (lag).

Het Amal vrede gemaak met haar nuwe status as ’n glanspersoon?

Ek dink nie sy beskou haarself as ’n glanspersoon nie. Dis net deel van die pakket om met my getroud te wees. Ek glo dis nie vir haar maklik om op straat deur mense oorval te word nie. Sy gee nou klas by Columbia en ek dink dis moeilik om oop gesprekke te voer en oor ingewikkelde regskwessies te argumenteer – dit kan in die openbare domein maklik verkeerd geïnterpreteer word. Sy kry dit wel reg dat al die aandag nie haar werk beïnvloed nie.

Sy werk hard daaraan. Haar werk hou ernstige gevolge vir mense in, gevolge soos lewe en dood. As mense vir haar onsinnige vrae vra, kan sy dit hanteer, want dis niks in vergelyking met foute wat sy kan maak wat mense se lewe raak nie. Ek dink sy is goed voorbereid om die druk daarvan te hanteer.

The post George Clooney: losloper nie meer appeared first on rooi rose.