Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Hykie Berg oor sy nuwe boek
Die bekroonde akteur, entrepreneur en skrywer Hykie Berg se jongste boek, Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef, is nou op die rakke.

Die boek is geïnspireer deur alles wat Hykie, wat sy stormagtige geskiedenis met mense deel, die afgelope twee dekades oor die idee van sukses geleer het en hoe om dit te bereik.

“Die dag toe ek besluit het om persoonlike verantwoordelikheid vir my lewe te neem, was die dag wat my lewe verander het. Ek het besef ek is nie magteloos nie, maar dat ek die vermoë het om my eie toekoms te bou. Net só het elke mens daardie vermoë,” verduidelik hy. “Ons is nie slagoffers van ons omstandighede nie, ons is die argitekte daarvan.”

“Ons moet net ons denkwyse en perspektief oor die lewe verander. Elkeen van ons is geroep vir meer as wat ons besef of dink. Almal sukkel met beperkende gedagtes, maar jy is waar jy is as gevolg van die storie wat jy jouself vertel. As jy die storie verander, sal jou lewe ook verander.”

Volgens Hykie is Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef geskryf vir dié “wat bereid is om uiteindelik ’n kans te waag, God met totale toewyding te vertrou en in geloof die rigting van hul lewenskoers te verander. Dit is geskryf vir elkeen wat weer hoop wil hê en werklik suksesvol wil lewe. Dis vir diegene wat bereid is om aksie te neem, uit hul gemaksone te tree en hul vrese in die gesig te staar.”

Hykie spreek gereeld gehore toe en is elke keer verstom hoe min mense werklik doelgerig lewe. “So baie mense het geen visie vir hul lewe nie en sal dus nooit hul volle potensiaal bereik nie. Hulle weet nie wat hulle uit die lewe wil hê nie. Hulle weet nie waarheen hulle op pad is nie. Hulle het ophou droom en het geen doel, plan of eindbestemming nie. Maar daar is ’n beloofde land vir elkeen van ons, die droom wat God oor ons lewe het. Hy het vir elkeen van ons gawes, talente en verhoudinge gegee wat wag om ontgin te word. Elke mens het dus die vermoë om ’n veelvlakkige droom vir hul lewe te skep én dit ’n werklikheid te maak,” vertel hy.

Sy nuwe boek vorm deel van Hykie en sy vrou, Gerridene, se visie om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en ma’s toe te laat om die rotresies te ontsnap.

Hykie en sy vrou, Gerridene (Foto: Verskaf)

“Om ’n buitengewone impak te maak en ’n lewe van ware betekenis te lei vat meer as net passie en verbeelding om tot vervulling te kom. Ek hoop dat my boek mense sal inspireer om weer te begin droom en opgewonde te raak oor die eindelose moontlikhede wat die lewe bied, om verantwoordelikheid te vat vir hul besluite, en om die krag te ontdek wat binne elkeen van ons lê om ’n impakvolle lewe te leef.”

Hykie was ook in 2010 die wenner van Survivor Maldives. Sedertdien het hy verskeie suksesvolle projekte aangepak en is vandag nie net ’n bekroonde akteur en TV-aanbieder nie, maar ook ’n internasionale spreker, ’n suksesvolle entrepreneur en ’n topverkoperskrywer.

Sy eerste boek, My storie van hoop (Ultimate Survivor is die Engelse vertaling hiervan) is gebore toe hy aan Survivor deelgeneem het en tot die besef gekom het dat die Here hom nie in die vermaaklikheidsbedryf geplaas het om ’n Oscar te wen nie, maar om vir hom ’n platform te gee om mense te bedien. Hierdie topverkoper is met die Andrew Murray Desmond Tutu-prys bekroon.

“My vorige twee boeke het albei oor my uitdagings met my verslawing sowel as my geestesongesteldheid gegaan. Hierdie boek is ’n tipe selfhelpboek met baie van die temas wat ek die laaste 20 jaar geleer het rakende prestasie en die wil om weer op te staan en nie te gaan lê nie. Die boek is opbouend, vol liefde en inspirasie!”

Karlien Meiring het meer oor Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef gaan uitvind.

Wat is die kernboodskap wat jy graag wil hê lesers van hierdie boek moet wegneem?

Die besef dat ek en jy nie stuck is nie. Ons kan ons lewe op alle vlakke verbeter as ons graag sou wou. En dat dit van kardinale belang is om ’n droom en visie vir jou lewe te hê. Daar’s ’n roeping en ’n plan met jou lewe, jy moet dit net ontdek.

Hoe het die proses om dit te skryf jou uitgedaag?

Ek wy twee hoofstukke aan die beginsels van selfdissipline en konsekwentheid wat uiters belangrik in die proses van uiteindelike prestasie is, want selfdissipline is die brug tussen jou begeertes en resultate. Sonder die selfdissipline om konsekwent te wees, kan niemand werklik enigiets noemenswaardig bereik nie. Die skryf van hierdie boek het my selfdissipline en konsekwentheid tot die uiterste beproef, want daar was baie dae wat ek nie wou skryf nie, maar ek moes. Mike Tyson het altyd gesê: “Discipline is doing what you hate to do, but nonetheless doing it like you love it.”

Wat dink jy is die grootste struikelblok wat mense verhoed om hul droomlewe te leef?

Meeste mense wil nie deur die ongemak en pyn gaan wat gepaardgaan met die opofferings wat gemaak moet word om hul drome te bereik nie. Daar is ’n prys om te betaal, en daai prys moet eers betaal word voordat die droom ’n werklikheid kan word, en vir meeste mense is dit ’n te groot prys.

Jy en jou vrou het ’n doelwit gestel om 100 nuwe miljoenêrs in vyf jaar te skep. Hoekom is hierdie missie vir julle so belangrik?

Een van die groot redes hoekom gesinne uitmekaar val, is as gevolg van ma’s en pa’s wat nie teenwoordige ouers is nie. In baie gevalle is dit omdat die druk en werk van vandag so baie vereis dat hulle nie by die belangrike dinge in die lewe uitkom nie. Wat is dus die antwoord? Die antwoord is die gig-ekonomie en ’n deeltydse onderneming wat passiewe inkomste genereer sodat jy die rotresies kan ontsnap. Dis in hierdie omgewing wat ons mense bemagtig om vir hulle ’n tweede vorm van inkomste te genereer sodat hulle wel weer kan droom en ’n lewe van vryheid kan geniet.

Watter raad sal jy vir iemand gee wat in die lewe vasgevang voel en nie weet waar om te begin op hul reis na sukses nie?

Eerstens, ken jou Bybel en bid. Tweedens, figure uit wat jy uit die lewe wil hê. Meeste mense weet nie wat hulle wil hê nie, dus is hulle soos ’n skip sonder seile wat nooit by ’n beplande bestemming gaan uitkom nie. Sodra jy weet wat jy wil hê, gaan kry mense wat het wat jy wil hê, en vra hulle om jou te mentor. Moet nooit raad vra van iemand wat nie het wat jy wil hê nie. En dan laastens, lees soveel as moontlik boeke oor mense wat het wat jy wil hê. Alle leiers en mense wat ongelooflike dinge vermag, is lesers.

Die boek is landwyd by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar en kan ook hier bestel word.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Hykie Berg oor sy nuwe boek     appeared first on rooi rose.

Hykie Berg se inspirerende nuwe boek is binnekort op die rak
Die bekroonde akteur, entrepreneur en skrywer Hykie Berg se nuutste boek, Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te  leef, is eersdaags beskikbaar.

Die boek is geïnspireer deur alles wat Hykie – wat sonder skaamte sy stormagtige geskiedenis met mense deel – die afgelope twee dekades oor die konsep van sukses geleer het en hoe om dit te bereik.

“Die dag toe ek besluit het om persoonlike verantwoordelikheid vir my hele lewe te neem was die dag wat my lewe verander het. Ek het besef ek is nie meer ’n slagoffer en magteloos nie, maar dat ek die vermoë het om my lewe te kies en my eie toekoms te bou. Net só het elke mens daardie vermoë,” verduidelik hy. “Ons is nie slagoffers van ons omstandighede nie, ons is die argiktekte daarvan.”

“Ons is nie vasgevang nie, ons moet net ons mentaliteit en perspektief oor die lewe verander. Elkeen van ons is geroep vir meer as wat ons besef of dink. Almal sukkel met beperkende gedagtes, maar jy is waar jy is as gevolg van die storie wat jy jouself vertel. As jy die storie verander, sal jou lewe ook verander. Jy is nie “stuck” nie.”

Volgens Berg is Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te  leef geskryf vir dié “wat bereid is om uiteindelik ’n kans te waag, God met totale toewyding te vertrou en in geloof die rigting van hul lewenskoers te verander. Dit is geskryf vir elkeen wat weer hoop wil hê en werklik suksesvol wil lewe. Dis vir diegene wat bereid is om aksie te neem, uit hul gemaksone te tree en hul vrese in die gesig te staar.”

Hy brei uit: “Hierdie boek handel oor die beginsels van ’n suksesvolle en betekenisvolle lewe, die droom wat God oor jou lewe het en die persoonlike verantwoordelikheid wat elkeen van ons aan die dag moet lê om deel te kan hê in die wonderwerk proses van die lewe. Die boek het die potensiaal om jou lewe te verander, indien jy bereid is om die beginsels wat ek bespreek toe te pas. God is lief vir jou en wil hê jy moet floreer, vrug dra, en bo alles sy vrede en liefde ervaar. Die boek handel oor hoe om jou beloofde land in te neem.

“Ongeag jou omstandighede, jou verlede, of die uitdagings wat jy in die gesig staar, wil God jou uitnooi om saam met Hom ’n pad te stap, sodat Hy Homself aan jou kan openbaar en Sy geheime oor jou lewe aan die lig kan bring. Sy droom vir jou lewe is meer boeiend, belangwekkend en opwindend as enige droom wat jy self kan bedink, verbeel of voorstel. Jou wildste drome kom nie naby aan dit wat God vir jou beplan het nie,” vertel hierdie veelsydige man, wat sy Skepper in 2010 tydens die realiteitsprogram Survivor Maldives ontmoet het.

Hykie spreek gereeld gehore toe en is elke keer verstom hoe min mense werklik doelgerig lewe. “So baie mense het geen visie vir hul lewens nie en sal dus nooit hulle volle potensiaal bereik nie. Hulle weet nie wat hulle uit die lewe wil hê nie. Hulle weet nie waarheen hulle op pad is nie. Hulle het ophou droom en het geen doel, plan of eindbestemming nie. Maar daar is ’n beloofde land vir elkeen van ons, die droom wat God oor ons lewens het. Hy het vir elkeen van ons gawes, talente en verhoudinge gegee wat wag om ontgin te word. Elke mens het dus die vermoë om ’n veelvlakkige droom vir hul lewe te skep én dit ’n realiteit te maak.”

Hy voeg by: “God wil vir elkeen van ons Sy beste gee. Hy wil nie hê Sy kinders moet vergaan in skuld, armoede en ellende nie. Ek sê nie God wil hê almal moet miljoenêrs wees nie, maar Sy hart is dat dit goed gaan met elkeen van ons. God sal vir jou meer as genoeg gee om Sy droom oor jou lewe te laat realiseer, sodat jy jou opdrag hier op aarde kan uitvoer en ander ook kan help om hulle opdragte te voltooi.”

Sy nuwe boek vorm deel van Hykie en sy vrou, Gerridene, se visie om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en ma’s toe te laat om die rotresies te ontsnap.

“Om ’n buitengewone impak te maak en ’n lewe van ware betekenis te lei, vat meer as net passie en verbeelding om tot vervulling te kom. Ek hoop dat my boek mense sal inspireer om weer te begin droom en opgewonde te raak oor die eindelose moontlikhede wat die lewe bied, om verantwoordelikheid te vat vir hul besluite, en om die krag te ontdek wat binne elkeen van ons lê om ’n impakvolle lewe te leef.”

Hykie was ook in 2010 die wenner Survivor Maldives. Sedertien het hy verskeie suksesvolle projekte aangepak en is vandag nie net ’n bekroonde akteur en TV-aanbieder nie, maar ook ’n internasionale spreker, ’n suksesvolle entrepreneur en ’n topverkoper-skrywer.

Sy eerste boek, My Storie van Hoop, Ultimate Survivor (die Engelse vertaling van My Storie van Hoop) is gebore toe hy aan Survivor deelgeneem het en tot die besef gekom het dat die Here hom nie in die vermaaklikheidsbedryf geplaas het om ’n Oscar te wen nie, maar om vir hom ’n platvorm te gee om mense te bedien. Hierdie topverkoper is met die Andrew Murray Desmond Tutu-prys bekroon.

Hy is ook die ambassadeur van Creative Kidz, ’n skool wat remediërende onderwys en ondersteuning bied aan kinders met leeruitdagings.

Hykie en Gerridene is die trotse ouers van Leméh, asook hulle drie Schnauzers, Rupert, Cupcake en Rori. Hulle woon in Johannesburg. Die paartjie deel ’n passie vir God se Koninkryk, vermaak, entrepreneurskap en mense. Hulle glo ook daar is min dinge in die lewe wat so kragtig is as om genoeg passiewe inkomste te verdien wat jou in staat stel om voltyds te doen wat jy graag sou wou en het saam ’n enorme passie om mense te leer hoe om uiteindelik ook voltyds in hul roeping te kan leef en by hul drome en doelwitte uit te kom. Hulle visie is om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en/of ma’s toe te laat om die rotresies te ontsnap.

Hykie  het in Pretoria grootgeword en het aan Hoërskool Die Wilgers gematrikuleer. Ná skool het hy sy graad in dramatiese kunste, vermaak en media bestuur aan Stellenbosch Universiteit voltooi.

Hy is reeds meer as twee dekades lank in die vermaaklikheidsbedryf betrokke en is tans te sien in Binnelanders waar hy die gewilde Dokter Conrad Bester vertolk. Vandag is dit vir hom ’n voorreg om deel te kan wees van die preek-span van Centre Church in Johannesburg, waar hy geestelik verryk word om landswyd te kan bedien.

Berg is ’n voorstander in die stryd om die stigma teen geestesiekte te verbreek – sy geskiedenis met middelmisbruik is welbekend – en is ’n geakkrediteerde geestelike gesondheidsafrigter.

As gewilde motiveringspreker spreek hy kwessies soos prestasie, beperkende gedagtes, leierskap, en die beginsels van ’n suksesvolle lewe aan. Dit is vir hom ’n voorreg en ’n seën om ander te kan help en hy bedien ook graag by rehabilitasiesentrums.

Wanneer hy nie besig is met werk nie, spandeer hy tyd saam met sy gesin en drie honde. Hy is ook gefokus op fiksheid en gesondheid, en vind sy ontspanning in lees en verrykende werkswinkels.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

The post Hykie Berg se inspirerende nuwe boek is binnekort op die rak appeared first on rooi rose.