geselsprogram | rooi rose

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’
Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié glanspaartjie het prontuit gesels oor Aletté-Johanni se voorkomskonsultant-skool, Heinz se bediening en ook die heftige kritiek wat hulle gekry het nadat hulle hul Christelike boeke – Lewensgids vir mans deur Heinz en Lewensgids vir vroue deur Aletté – by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekendgestel het.

Heinz is die eerste Suid-Afrikaanse Idols-wenner en nou pastoor, en Aletté-Johanni is ’n motiveringspreker, skrywer en sakevrou.

Rian het sommer dadelik ingespring en vir Aletté-Johanni gevra oor die onlangse mediaberigte dat sy studente by haar voorkomskonsultant-skool oplei om vir Heinz se Love Key-kerk te werk.

“Dit was ’n skok vir my sisteem. Ek kon nie eintlik glo dat ’n ondersoekende joernalis die saak behartig het nie. Dit was vir my so ongelooflik dat hulle een persoon se opinie kon vat en ’n opskrif soos dit kon skep. Dit was vir my so moeilik om in daardie tyd stil te bly, maar dit is wat die Here vir my gesê het,” was haar antwoord.

Heinz het ook die storie vertel oor hoe hy en Aletté mekaar gevind het. Hy was besig om ’n pad te stap met ’n pastoor in 2005 oor innerlike genesing. By die laaste sessie het hy ’n duidelike visie voor hom sien afspeel. “Ek het ’n epic shot gesien van myself wat langs ’n vrou staan, en ek het baie duidelik drie seuns en ’n dogter gesien.” Hulle het mekaar toe al ’n jaar geken, maar was nog nie ’n paartjie nie. En vandag het Heinz en Aletté inderdaad drie gesonde seuns en ’n dogtertjie.

Lees ook: Die Brug is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die gesprek het gedraai na die Wincklers se boekbekendstelling by die Breytenbach-sentrum in Wellington verlede jaar. Dit het groot omstredenheid veroorsaak ná Heinz se stelling oor seksuele oriëntasie in skole in 2021. Heinz het kapsie gemaak teen Laerskool De Hoop, waar sy kinders skoolgaan, se besluit om ’n transgender leerder te akkommodeer.

“Die persepsie wat daarbuite is, is dat as ons van jou verskil dan haat ons jou. En dit is so nie waar nie. Ons is lief vir mense. Ons is kinders van die Here. Ons wil nie mense stenig nie,” het Aletté gesê.

Heinz het op sy beurt gesê soos hy dit verstaan, was Breyten Breytenbach ’n kampvegter vir ’n paar dinge, onder meer, vryheid van spraak. “Ek is dankbaar vir die mense van die sentrum wat nie geval het vir die intimidasie-nonsens nie. En ek’s dankbaar vir almal wat gekom het en nie geval het vir die intimidasie en valse aantuigings teenoor ons nie.”

Rian en die Wincklers het verder gepraat oor die betekenis van die Bybel en hoe jy dit as gelowige moet interpreteer.

Daar was nie, soos gewoonlik in Laataand by Rian, ’n tweede gas nie.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Rian gesels volgende week met die veteraan-radio-aanbieder Darren Scott. Hy is al dekades lank in die radio- en televisiebedryf, maar veg tans teen ’n aggressiewe kanker.

Laataand by Rian word Dinsdae om 21:00 op kykNET (DSTV-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

The post Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’ appeared first on rooi rose.

Bekendes maak hul harte oop teenoor Lee-Ann van Rooi in nuwe geselsprogram
Sy is ’n bekroonde aktrise en teatermaker en vir menige ’n mentor in die TV-, rolprent- en teaterbedryf. Nou kan Lee-Ann van Rooi ook aanbieder van ’n geselsprogram by haar indrukwekkende CV voeg.

In Waar daar ’n wil is gaan Lee-Ann in-diepte gesprekke met bekendes voer wat wissel van persone in die vermaakwêreld tot politici, aktiviste en baanbrekers. Elkeen van die gaste gaan vertel hoe hulle hul weg gevind het tot waar hulle vandag is. Dit gaan dus oor mense wat gewys het dat daar inderdaad ’n weg is waar daar ’n wil is.

“Eerlike gesprekke met Suid-Afrikaners wat regtig ’n verskil gemaak het en die kern verteenwoordig van dit wat ons óns maak,” sê Lee-Ann oor wat kykers van die program kan verwag. “Ons gaste het drie dinge gemeen: Hulle is uiteenlopend, hulle het ’n verskil gemaak en in hulle hart wil hulle hande vat met mense van wie hulle dalk verskil, maar saam met wie hulle dalk tog die wêreld ’n beter plek kan maak.”

Lees ook:Tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ amptelik in die pyplyn

Sy sê ’n omgewing is geskep waarin gaste gemaklik voel om hulle stories te vertel. “Ons gaste se komvandaan verskil, maar ons voel ons is nou reg om die verskille te vier. Dit is juis ons verskille wat ons ons so sterk as ’n nasie maak. Die tekste is deur Ricardo Arendse en Francois Nolte geskryf, maar op die ou end moes ek ook luister en deel wat in my eie hart lê. Ek hoop almal gaan die program geniet, want my senuwees is gedaan oor hierdie eerste in my loopbaan.”

In elke program van 30 minute is daar ook ’n insetsel wat fokus op die ander fasette en mense in die gas se lewens.

Van die gaste waarmee Lee-Ann kopstukke gaan gesels, sluit in die voormalige krieketspeler Fanie de Villiers, die vroueregte-aktivis Lucinda Evans, die rocksanger en liedjieskrywer Francios van Coke, die nuwe Mej. Suid-Afrika Mia le Roux, en die voormalige Springbok en adjunk-burgermeester van Kaapstad Eddie Andrews.

Lee-Ann sê om voor te berei vir Waar daar ’n wil is, is baie anders as om vir ’n rol voor te berei.

“Dis ’n nuwe genre vir my en om nuwe vaardighede in hierdie stadium van my loopbaan te leer, is ’n eer. Ek skuil baie keer agter ’n karakter en ’n storielyn. Hier is ek gevra om ook bietjie van myself bloot te stel. Dis ’n groot uitdaging vir my om buite my gemaksone te speel, maar as dit jou nie bang maak nie, maak dit jou vet!

Waar daar ’n wil is begin op 4 Oktober om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Terug in die kollig: Heléne Lombard in ‘Binnelanders’ as Rentia Smit te sien

The post Bekendes maak hul harte oop teenoor Lee-Ann van Rooi in nuwe geselsprogram appeared first on rooi rose.

‘Laataand by Rian’ keer terug met ’n derde seisoen
Die gewilde TV-aanbieder Rian van Heerden is binnekort weer op die kassie om met die land se grootste nuusmakers te praat in die derde seisoen van Laataand by Rian, wat op 8 Oktober 2024 om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) afskop.

Daar word nie getorring aan die program se wenformaat nie: Rian gesels weer in die eerste segment met ’n alombekende persoonlikheid en dan sluit ’n tweede gas as ’n verrassing by hulle aan. Die tweede gas is gewoonlik iemand wat Rian êrens raakgeloop het. Dit alles gebeur by sy restaurant in Pretoria, Delizioso.­­

Onder die gaste wat laas saam met Rian gekuier het, tel Thys die Bosveldklong, Whitey Basson, Tereza Troskie-Herbst en Dricus du Plessis.

Rian sien baie uit na die derde siesoen: “Ek en my gaste se geselsies raak nou al so gemaklik dat ek aan die einde van die laaste seisoen vergeet het daar is kameras. Tydens hierdie seisoen wil ek soos gewoonlik ’n paar belangrike (en natuurlik heelwat lighartige) temas met my gaste aanraak. En ek dink daar gaan baie mense wees wat ná afloop van ’n episode stof tot nadenke sal hê.”

In die derde seisoen maak almal van komediante en sangers tot grapmakers en vuurvreterpolitici ’n draai.

Kykers kan uitsien na gesprekke met die radiopersoonlikheid Amore Bekker, die voormalige gyselaar Gerco van Deventer, die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, en die gewese prokureur Peet Viljoen.

“Ek sien veral uit na my gesprek met Alfred Adriaan. Hy is een van my gunsteling- komediante. Ek sien ook baie uit daarna om met die voormalige gyselaar Gerco van Deventer en Karlien van Jaarsveld te praat,” sê Rian.

KYK: Laataand by Rian | Seisoen 3 voorskou

Skakel vanaf 8 Oktober 2024 om 21:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die derde seisoen van Laataand by Rian. Die reeks sal ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: MultiChoice-groep se plaaslike inhoud spog met die meeste Safta-benoemings

The post ‘Laataand by Rian’ keer terug met ’n derde seisoen appeared first on rooi rose.