gestremd | rooi rose

5 dinge wat jy moet weet oor breinbeserings
5 dinge wat jy moet weet oor breinbeserings deur Irene Fischer. Versorg deur Salomé Delport.  Hooffoto: iStock/TanyaJoy

Irene Fischer is ’n voormalige joernalis en radio omroeper. Sy is tans ‘n motiveringspreker en die segspersoon vir die organisasie Brainlife, ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat mense met breinbeserings ondersteun en aanmoedig deur middel van berading, kuns- en musiekterapie en die ontwikkeling van vaardighede.

Sy is die skrywer van Ek is Nog Hier, ’n memoir oor haar lewe waarin sy vertel van haar pad na herstel ná ’n traumatiese breinbesering. Daarin deel sy ook alles wat sy geleer het oor die lewe na ’n breinbesering.

iStock/LvNL

‘n Breinbesering na ‘n ongeluk en die skade wat daarmee gepaard gaan, kan ongelooflik uiteenlopende en verreikende gevolge hê, van drastiese persoonlikheidsveranderinge, onverwagse woede-uitbarstings tot  impulsiewe gedrag, kognitiewe gestremdhede, gebrek aan logika en insig, spraakgebreke en selfs hemiplegie (verlamming of gedeeltelike swakheid aan een helfte van die liggaam) of paraplegie (waar altwee kante van die liggaam verswak of verlam is).

DrAfter123

Breinbesering kan enige iemand, enige tyd, enige plek tref

Die onvoorspelbaarheid van die lewe is ‘n blote feit. ’n Breinbesering kan met enige iemand gebeur – ma’s, pa’s, kinders, grootouers. Kan jy jouself indink hoe ingrypend die gevolge is as die rol van die hoofverdiener van die huishouding of die hart van die gesin onherroeplik verander weens ’n breinbesering? Jy behoort nou te verstaan hoekom dit nodig is om soveel as moontlik mense oor breinbeserings in te lig.

Na raming is daar elke jaar 100 000 beroertes in Suid Afrika. 100 000! Dis bitter, bitter baie! Dan is daar ook nog elke jaar ongeveer 90 000 nuwe gevalle van traumatiese breinbeserings, weens motorongelukke, skietwonde aan die kop, aanrandings, mynongelukke en ander soortgelyke gebeure. Voeg daarby mediese toestande soos aneurismes, breingewasse en al die vorme van demensie.

Breinbesering is boonop die hoofoorsaak van gestremdhede in Suid Afrika. Met so ’n magdom moontlike oorsake van breinbesering is daar na raming 4 miljoen mense in Suid Afrika wat met die traumatiese nagevolge en gestremdhede van ’n breinbesering saamleef.

Ongeag die verbysterende getalle word dit steeds die stille epidemie genoem, weens die gebrek aan bewustheid onder die publiek.

Daarom voel ek dit is my verantwoordelikheid om soveel mense as moontlik in te lig omtrent breinbeserings en hoe dit voel om daarmee saam te leef. Ek dink ook dit is ons almal se verantwoordelikheid om deel te word van bewusmaking rondom hierdie verswëe kwessie, omdat dit die beste manier is om ’n meer diverse, geïntegreerde samelewing te bou waarin ons almal breinbeseerdes beter verstaan.

iStock/DrAfter123

Hoe om gemaklik met mense met breinbeserings te wees

Hoe is jy bewus? Hoe help jy? Wees maar net bedagsaam en vriendelik. Gee om. Dit kos mos niks, of hoe?

Breinbeseerdes is ook net mense. Praat gerus maar net met ons, reik uit, ons smag daarna om ook raakgesien te word!

1 Moenie die ongemaklike onderwerp van breinbeseerdheid ignoreer of mense met gestremdhede vermy nie

Ja, soos ek tevore genoem het kan ’n breinbesering tot persoonlikheidsveranderings aanleiding gee wat kan wissel van onverwagse woede-uitbarstings tot bisarre of impulsiewe gedrag, kognitiewe gestremdhede, gebrek aan logika en insig en spraakgebreke en selfs verlamming of gedeeltelike swakheid. Maar ons wat so gestremd is, is steeds mense wat erkenning vra. Élke mens verdien dit om met respek en begrip behandel te word.

iStock/smartboy10

2 Gesels maar net oor die gewone dinge

Almal van ons – gestremd of nie – word bang, raak honger, lag, huil, word kwaad, maak foute. Ons het almal ’n hart én ’n brein. Ongeag taal, ras, geloof, seksualiteit of ouderdom, snak ons almal soms na ons asem, hetsy weens opwinding of vrees. Ons beleef ook die gewone dingetjies. Gesels met ons daaroor. Ons het ook ’n brein – en ons kan reageer!

iStock/JakeOlimb

3 Kyk verbý die uiterlike

Ek wil dit soms sommer uitgil dat ons almal – of jy nou ’n soepel akrobaat of ’n opgefrommelde kaartmannetjie is – steeds ménse met gevoelens bly. Ons almal se bloed is rooi. Die liggaam – joune en myne – is soos ’n ruimtepak waarmee jy die planeet aarde besoek. Dis net tydelik. Dis nie belangrik hoe dit lyk nie want jy gaan dit nie vir ewig nodig hê nie. Dit is net ’n oorpak wat toegerus is met toebehore wat jy kan gebruik om te oorleef en wat jou dalk kan help om ’n verskil te maak. My lyf is net ’n dop – joune ook. Kyk verby my gestremdheid en sien mý raak.

iStock/lvcandy

4 Vergeet van al die etikette en die titels

Of dit nou ’n dokter, priester, professor, onderwyser of gestremde is … sien die méns raak.

iStock/Kubkoo

5 Onthou, ons neem almal deel aan die lewe

Nie een van ons is net ’n toeskouer wat geen aandeel het in wat elke dag met ons gebeur nie. Jy is dalk nie altyd volledig in beheer van wat met jou gebeur nie, maar jy is in beheer van jou gedagtes, jou emosies, jou woorde en jou aksies – ook van hoe jy reageer na enige ontstellende of uitdagende gebeurtenis.

Dit hang van jóú af wat jy maak met wat aan jou gegee is, niemand anders nie. Jy is baie meer as bloot iemand se marionet te wees. Jy het ’n brein – gestrem of nie gestrem nie. Gebruik dit!

iStock/primipil

Lees ook:Snork is oukei, maar wat van Slaapapnee?

The post 5 dinge wat jy moet weet oor breinbeserings appeared first on rooi rose.

Marlene le Roux, wat ’n mensch
In Desember 2012 het Marlene le Roux skaamteloos voor drie honderd uitgelese gaste in Keulen in trane uitgebars. Dit was toe die voormalige Duitse president Horst Köhler die Duits-Afrika-prys aan haar en Pieter-Dirk Uys toegeken het. Hulle is vereer vir hul uitsonderlike bydraes tot vrede, demokrasie, menseregte en ontwikkeling in Afrika.

Drie maande later in haar eie huis, straal sy terwyl ek met haar gesels. Sy trek haar seun Adam (nou 14) dig teen haar vas en soen hom keer op keer terwyl sy dwarsdeur alles gesels.

“Jy doen mos nie werk vir toekennings nie. En my en Pieter-Dirk se agtergronde verskil so hemelsbreed. My ouma was ’n druiweplukker, my ma ’n fabriekswerker. Keulen en al die prestige was net … ”

Op 46 was Marlene gemeenskapsleier, wêreldreisiger, kunstenaar, filantroop, Vrou van die Jaar, Chevalier des Ordres et des Lettres. En tog kan al die toekennings in die wêreld haar op hierdie laat-Vrydagmiddag in Boston, Kaapstad, nie skeel nie. Ná nog ’n stampvol week het sy net oë vir Adam en hy vir haar.

Maar Adam kan nie regtig sien nie. En hy is serebraal gestrem.

Sy verskuif sy lyfie – soos dié van ’n gekweste voëltjie met willose, dun armpies en beentjies – op haar skoot en sê: “Hy is hééltemal gestrem, hy kan níks doen nie. Ek sê elke dag dankie vir die wonderlike ondersteuning van sy twee verpleegsters, Yolanda Titus en Jean Bailey. As ons Rooi Kruis toe gaan, sien ek nog mense met sulke kinders – vroue wat brandarm is omdat hulle nie kán gaan werk nie – hulle moet 24 uur na die kind kyk. Dis vir daardie mense dat ek nog hierdie week met president Zuma op televisie baklei het – ons móét meer na hulle omsien. Met die onlangse sensus was daar nie één vraag oor mense met gestremdhede nie – ons weet dus nie eens hoeveel daar is nie.”

Sy verteder wanneer sy na haar seun kyk. Dis of sy hele wesentjie op haar gerig is, hulle één word. “Jy verstaan als, nè, Adam?” Sy lag kop agteroor.

“Soggens as hy my stem hoor, smile dié kind. Ek het kort ná ons troue ’n breingewas gehad. Die dokters het gesê ek sal nie ’n kind kan hê nie. Toe kry ons eers vir Aimee (nou 19) en vyf jaar later vir Adam. Niemand het gedink hy sal lank leef nie. Nou is hy al elf jaar lank die spil waarom alles in hierdie huis draai.”

Marlene, deesdae direkteur: gehore-ontwikkeling en opvoedkunde van Kunstekaap, het destyds pas daar begin werk – die eerste bruin vrou in ’n bestuursposisie – toe serebrale gestremdheid op ses maande by Adam gediagnoseer is.

“Dit was bitter. My skoonma, Valerie George, was die engel wat my hierdeur gehelp het. ’n Mens róú oor so ’n kind. En dan, eers dan, raak jy verlief op hom en hy op jou. Maar ek moes besluit: ek gáán hierdie kind aanvaar en liefhê soos hy is.”

Dit was of alles toe net ligter geword het, die nag weer begin oopmaak het

Die oudmusiekonderwyseres met die uitbundige lag se gesig en hande vertel saam. In die nousluitende hemelsblou rok wat haar mooi figuur beklemtoon, lyk sy soos die danser wat sy is.

“Jy moes die mense by die dansklasse sien toe ek al hinkende daar kom aanmeld het,” giggel sy. Vir wals, tango én salsa.

Oor grasieus bo-oor gebreke klim, kan hierdie Le Roux uit Versaillesstraat, Wellington, ’n boek skryf. Hét sy trouens al boeke geskryf. Met Look at Me, een oor 20 formidabele gestremde vroue wat ondanks alles presteer en hul vroulikheid geniet, wou sy die negatiwiteit rondom gestremdes “by die deur uitgooi”.

Marlene is, soos die danse wat sy dans, vurig. Vlamrooi lipstiffie in die een hand, swepie in die ander. Mense van alle soorte kom gou agter hulle het hier met ’n kryger op beenstutte te doen. Een wat veral jongmense “uit hul hokke uit gaan haal om te oefen en déél te neem”. Daarvoor is sy met geloof, krag en liefde toegerus: Vír versoening en benadeeldes, téén laksheid en sy tweelingboetie uitspattigheid. “Hoeveel gala-dinners moet ons nog doen terwyl jou hart elke dag bietjie-bietjie breek oor mense wat dit heeltyd opdraand het?”

Hulle woon lekker in die huis agter die rooi posbus. Op die hoek van Krom- en Broadwaystraat het dit wat krom en skeef was, insig en deernis en ’n blik op die breër prentjie gebring. Simeon, hoofdirekteur van sekuriteit en risikobestuur by die Wes-Kaapse provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, is die een wat eintlik die medaljes verdien, sê sy van haar man. Hulle het mekaar ontmoet toe hulle nog aktiviste aan die “Universiteit van die Wilde Kleurlinge” (haar naam vir die UWK) was.

Dit was in daardie tyd, nog vóór 1994, dat my en Marlene se paaie gekruis het. Albei van ons was stigterslede van die eerste permanente veelrassige koor in die land, die Stellenbosse Libertas-koor onder leiding van prof. Johan de Villiers. Die jong, dapper Marlene het as solis gehoor ná gehoor ontroer met haar vertolking van die Negro spiritual “Sometimes I feel like a motherless child”.

Maar onder die geskerts en singery deur was die spontane jong vrou kwaad, verontreg; ook oor ’n onsensitiewe (wit) dokter wat haar ma afgejak het toe sy destyds vermoed het daar skort iets ernstigs met haar baba – “wat weet julle mense tog? Jy kan mos sien dis net tandekry”.

“Ek was dus die enigste koorlid wat geweier het om saam met FW de Klerk afgeneem te word,” roep sy daardie tyd in herinnering. Tot die aand, ’n waterskeiding vir baie mense, toe die koor die eerste keer ’n Afrikaanse weergawe van “Nkosi Sikelel’ iAfrika” in die Unisa-gehoorsaal in Pretoria uitgevoer het.

“Onthou jy nog?” sê sy. “Johan (ons dirigent) het mos gedink die mense loop uit toe hy die stoele agter hom hoor kraak.” Ek knik. “Maar intussen staan die hele saal vol mense toe soos een man eerbiedig op. Nè? Johan het net gesien onse koorlede se oë skiet vol trane.”

Dit was ’n keerpunt. “Ek het besef ek sal my houding moet verander.”

En sy het. “Ek is deesdae glad lid van die ACVV!” skaterlag sy. “Hulle doen wónderlike werk. Ek hóú van daardie tannies. En hulle is lief vir my ook, hoor!” kom dit weer so wind-af en woelig soos die Suidoosterfees waarin sy ook ’n aandeel het.

Dis het haar lewenstaak geword om mense met mekaar te laat praat “sodat hulle kan sien almal het dieselfde drome en ideale. Ons kan tog só verby mekaar lewe. Maar waar ons teater en musiek na mense, álle mense, neem, kom Khayelitsha en Constantia bymekaar. Méér as sport wat so kompeterend is. ’n Tannie met ’n beehive en blou eyeshadow raak soms binne minute dik tjomme met ’n gekopdoekte township-vrou. Dit gee vir almal hoop,” praat sy oor haar uitreikprogram.

“As gestremde was ek van kleins af in ’n emosionele stryd met myself en ander gewikkel. Daar was altyd subtiele én minder subtiele verwysings na die mank been. Maar vandag is ek bly ek het bruin en arm en gestrem grootgeword. Dit het my die lewe laat próé, my voorberei op wat kom.”

Haar ma, Christine, het drie maande nadat sy getroud is, besef sy het ’n verkeerde keuse gemaak. Marlene was reeds op pad. “Ons is terug na my Ouma toe – ek was die elfde kind in die huis.”

Die geld was min. Maar daar was geloof en liefde en musiek. Sommer báie daarvan. “My ouma het douvoordag al gesange oor die wasbalie staan en sing en smiddae het die Coons agter ons huis kom oefen. ‘Maahlene’ het Wellington se bruin Laurika Rauch geword, poliobeen en al.”

Vandag is daar, soos in die “scheme”-huisie van haar kindertyd, in die ruim Boston-huis met sy mooi houtvloere en spesiale skilderye ook altyd plek vir nog een.

“Die anties kom sit eintlik verkieslik in die tuin, selfs al is ek nie hier nie,” skerts sy. “Maar dis hier in Kromstraat dat Simeon my vang as ek saans van die verhoog af klim. En Aimee en Adam vir my smile as ek inkom.”

*Hierdie artikel het in die Mei 2013-uitgawe van rooi rose verskyn.

The post Marlene le Roux, wat ’n mensch appeared first on rooi rose.