Gewigsverlies | rooi rose

Gewig: kry jou onbewuste aan jou kant
Nee jy is nie, sê dr. Lorna Geer, voorligtingsielkundige van Centurion. “Die beskouing dat dit ’n keuse is om ’n emosionele eter te wees en dat jy bewustelik beheer daaroor uitoefen, is foutief. Emosionele etery is ’n oorlewingstrategie en ’n manier om angs te verlig. Die sogenaamde kuur – uithongering of om minder te eet – het baiekeer die teenoorgestelde uitwerking. Dit kan die angs verhoog en die kompulsie om te eet, versterk.

“Gewigsbeheer behels ’n ingewikkelde interaksie van liggaamsiel-beheermeganismes. Die sleutel lê in die besef dat hierdie meganismes deur die onbewuste beheer word. Ons vergeet soms dat ons onbewuste – die gevoelens, gedagtes, begeertes en herinneringe wat ons sedert konsepsie opgebou het en waarvan ons nie bewus is nie – sowat 80% van ons optrede rig. Gewigsbeheer word nie bepaal deur hoe jy bewustelik wil wees en optree nie, maar deur hoe die onbewuste glo jy moet wees en optree.”

Vir die onbewuste draai alles om oorlewing. “Dit werk met persepsies, ongeag of ’n sekere persepsie waar of vals, en toepaslik of uitgedien is. As die onbewuste oortuig is dat om gewig op te tel of om vet te wees oorlewing verseker, skep pogings om gewig te verloor juis die situasie wat die onbewuste die meeste vrees: om dood te gaan. Aangesien die onbewuste oor die uitvoerende mag be-skik, sal daardie persoon tot op ’n punt gewig verloor, en nie verder nie.”

Watter situasies kan die onbewuste se oorlewingstrategie laat inskop en gewigsverlies saboteer?

Liefde

“Alle mense het ’n behoefte aan liefde. Hier gaan dit oor emosionele oorlewing. Baie babas begin reeds in die baarmoeder verwerping ervaar. Soms is die swangerskap ongewens; daar is finansiële druk, of die pa het pas bevordering gekry en is selde tuis. Dalk gebruik die ma die baba primêr om die pa aan haar te bind, byvoorbeeld as hy ’n affair gehad het. Soms verwens die ma die baba weens ’n moeilike swangerskap. Wat ook al die rede: babas wat verwerping ervaar, voel onwelkom, waardeloos en verward. Die geboorte word as die finale verwerping beleef en die baba voel alleen en baie bang, afgesny van sy oorlewingstelsel – die ma se liggaam. Direk ná geboorte word hy boonop weggeneem sodat hy geweeg en sekere toetse gedoen kan word. Dikwels word hy weggehou van die ma sodat sy kan rus. Die baba ervaar intense skeidingsangs.

“Met drinktyd gaan die baba terug na die ma, die enigste wese wat hy ken. Wanneer ’n ma haar baba die eerste keer vashou, of hy nou gewens was of nie, vloei daar gewoonlik liefde van haar na hom. Sy gevoelens van verwerping en angs word vervang deur gevoelens van welbehae omdat goedvoelhormone afgeskei word. Die velkontak met die ma, die gevoel van die tepel in die mond en die bevredigende proesensasie van soet, dekstrose gevulde melk word deur die onbewuste as oorlewing geïnterpreteer. As die baba tussen voedings weggeneem word, ervaar hy afwisselend tye van angs, verwerping en honger en tye van algehele liefde en bevrediging. Die suigrefleks skep ’n gevoel van behaaglikheid en verlaagde angsvlakke. Ons sien dit by ’n kind wat duim suig of ’n volwassene wat aan ’n sigaret suig. Die feit dat soveel eerstejaarstudente skielik gewig aansit, hou ook hiermee verband. Die blootstelling aan die onbekende grootmenswêreld sneller die traumatiese geboorte-ervaring.

“Indien hierdie patroon vassteek, kry jy volwassenes wie se grootste vrees emosionele verwerping is. Hulle beleef die eertydse hulpeloosheid en hopeloosheid as depressie. Hulle word emosionele eters en sien soetgoed as ’n troosmiddel, veral as hul ouers graag ’n lekkertjie gegee het om ’n eina beter te maak. Hulle is peuselaars wat eet as hulle eensaam, neerslagtig of verwerp voel. Kos, veral soetgoed, word ’n plaasvervanger vir liefde en aanraking. Dit word onbewustelik gebruik om ’n emosionele gat te vul. Die keerkant is dat ’n streng dieet die ervaring van ’n gebrek aan liefde sneller.”

Verhongering

“Die onbewuste se hoofdoelwit is oorlewing. As jy iewers die ervaring van verhongering gehad het, waak jou onbewuste teen ’n herhaling daarvan omdat dit met doodgaan geassosieer word. Soms loop daar voor geboorte iets skeef met die plasenta, wat veroorsaak dat die baba te min voedingstowwe kry. Omdat ma’s nie seker is hoeveel melk babas met borsvoeding inkry nie, kan dit ook tot verhongering lei. Die verhongeringservaring word in die onbewuste vasgelê en as so iemand as volwassene minder begin eet om gewig te verloor, word die oorlewingsdrang gesneller. Die onbewuste dwing hom om te eet – letterlik enigiets. Dit gaan om die eetaksie. Gewoonlik sit die persoon ná ’n dieet meer gewig aan as wat hy verloor het.”

Bewys van lewe

“Tydens geboorte, veral as die baba asemnood ervaar, raak hy uitgeput en is daar ’n verlies aan energie. Die baba word oorspoel deur hulpeloosheid en hopeloosheid, gee moed op en hou op beweeg. Die onbewuste interpreteer dit as leweloosheid en dood.

“’n Baba wat van sy ondersteuningstelsel – sy ma se liggaam – verwyder is en in ’n broeikas lê sonder haar aanraking, se onbewuste kan dit ook interpreteer as ’n onafwendbare dood, met die gepaardgaande angs. Dieselfde geld ’n jong kind wat ernstig siek is. Herstel word verbind met die vermoë om weer te kan eet. Kyk maar hoe dramaties keer ’n kind wat ernstig siek was, se eetlus terug.

“In hierdie omstandighede is die eetaksie vir die onbewuste ’n bewys van lewe. As volwassenes met hierdie patroon om een of ander rede energie verloor, lei dit tot angs en sal die onbewuste hulle dwing om te eet al is hulle nie honger nie. Sulke mense sal ná ’n moeilike dag by die werk tuis kom en alles eet wat voorkom as bewys dat hulle die dag oorleef het.”

Vrees vir die liggaam

“’n Vierde situasie waar die onbewuste gewigsverlies teenstaan, het te doen met die vrees dat ’n aantreklike liggaam sal lei tot seksuele interaksie wat ‘sonde’ is en ‘straf’ tot gevolg gaan hê, naamlik geestelike dood. Hierdie oortuiging kan baie sterk op die onbewuste vlak werk. Een voorbeeld is dié van getroude mense wat bang is vir buite-egtelike verhoudings en hulself ‘beskerm’ deur gewig aan te sit.

“As gewigstoename eers tydens puberteit begin, het dit dikwels ten doel om die tiener teen die normale drange en drifte van daardie lewenstydperk te verskans. ’n Meisie se vroulike liggaam word byvoorbeeld ’n lewensbedreiging; dit kan haar in die hel laat beland. Wanneer sy onaantreklik voel, verdwyn die moontlikheid dat sy betrokke sal raak by ’n seksuele verhouding en neem die angsvlakke af. Solank sy ‘lelik‘ is, is sy veilig.

“Masturbasie of dokter-dokterspeletjies waaroor iemand kleintyd berispe, geslaan of verkleineer is, kan daartoe lei dat hy besluit naakte liggame, kontak tussen mans- en vroueliggame en erotiese gevoelens of stimulasie is uit die bose. Oorgewig word ’n beskermingsmeganisme en as hy ’n kilogram verloor, sal sy onbewuste sorg dat hy dit met rente terugkry.

“Dis bekend dat ekstra gewig, veral om die heupe, baiekeer voorkom by mense wat seksueel gemolesteer is. Hulle beskerm hulself letterlik met lagies vet. Soms verloor die persoon gewig en beloon haarself deur ’n uitrusting aan te skaf wat stywer sit. Opmerkings dat sy sexy lyk, bevestig dat sy gevaar loop om weer deur ’n molesteerder raakgesien te word en sy sit weer gewig aan.

“’n Vrou kan haarself met ekstra gewig beskerm as haar man haar as ‘koud’ etiketteer, dalk omdat sy seksueel onervare was toe hulle getroud is en hy voorheen seksueel aktief. As sy nie aan sy verwagtings voldoen nie, kan sy gewig aansit om aan die situasie te ontvlug. Dieselfde geld mans wat met impotensie worstel. As hy hom ‘onaantreklik’ maak, kan hy aan ongemaklike konfrontasies ontkom.

“Party mense glo onbewustelik dat lae vet sal verhinder dat ander hul gewaande tekortkominge sien.”

Terapie

Lorna gebruik hipnoterapie om onbewuste dryfvere na die bewuste te bring. “Die kernvraag is: Waarteen probeer jou onbewuste jou beskerm? Ons soek na die plek waar die persoon ‘amper dood‘ is, die situasie wat gewigsverlies verby ’n bepaalde punt keer. Ek het byvoorbeeld ’n kliënt gehad wat een was van ’n drieling. Net sy het bly leef. Enersyds het sy onbewustelik vir drie geleef en geëet, en andersyds was sy oortuig dat om groot te word in elke sin van die woord bewys dat sy nie dieselfde pad as hulle volg nie. As jy weet wat jou onderliggende motivering is en dit deurgewerk het, kan jy nuwe betekenis aan die gebeure gee en voordeliger besluite neem. Dikwels verloor kliënte spontaan oor ’n lang tydperk gewig – sonder enige inspanning.”

The post Gewig: kry jou onbewuste aan jou kant appeared first on rooi rose.

Is gewigsverlies net ’n klik weg?
Volgens die ontwikkelaars van dié speletjie kan deelnemers ongeveer 0.7 kg per week verloor deur dit slegs vier keer per week se speel. Dit is boonop maklik, vinnig en verbruikersvriendelik en sal nie langer as 10 minute neem om te voltooi nie.

Die speletjie behels dat die speler herhaaldelik op prente van gesonde kos moet klik terwyl hy/sy prente van ongesonde kos moet vermy. Hoe meer jy op die regte prente klik hoe groter is jou kans om te wen. Dit sal daartoe lei dat jy ongesonde kosse met die konsep van verloor sal assosieer en gesonde kosse as ’n manier om te wen, sien.

Dit is egter belangrik om te onthou dat dié speletjie nie as ’n wonderkuur vir gewigsverlies gesien moet word nie. En soos ander dieet-hulpmiddels, moet dit ook saam met ’n gebalanseerde dieet en oefenprogram gebruik word.

Probeer dit hier: foodtraining.exeter.ac.uk/ en deel jou ervaring met ons in die kommentaar.

The post Is gewigsverlies net ’n klik weg? appeared first on rooi rose.

Leanne Manas se wonderdieet
SABC 2 Morning Live-aanbieder, Leanne Manas, is die perfekte voorbeeld van só ’n vrou. Tog erken die ma van twee dat sy haar lewe lank met gewigsprobleme gesukkel het, veral ná sy ma geword het. Dit is egter iets van die verlede danksy ’n dieetplan wat haar lewe verander het.

Dié dieetplan is deur apteker en stigter van die Eden Life-gesondheidskliniek, Paula Galvão, opgestel en beskik oor ’n lae-koolhidraat eetplan en verskeie kruie-aanvullings. Verder stel dit ook dat jou eerste maaltyd om 10:00 geëet moet word en dat jy gereeld pomelo’s by jou maaltye moet voeg.

“Pomelo is Paula se dieet-hulpmiddel. As jy jou dag met ’n pomelo begin, gaan jy ’n goeie dag hê. Ek hou van die feit dat die dieetplan gebalanseerd is. Ek hoef nie suiker heeltemal uit te sny nie en ek mag een koolhidraat ’n dag eet,” het Leanne gesê.

Ná sy ’n jaar op dié dieet was, het Leanne 17 kg verloor.

“Ek het meer energie gehad en was gemaklik. Dit is ’n wonderlike gevoel.”

Sy het egter weer gewig begin optel ná sy die dieet gestaak het. Sy het toe ander dieetplanne, soos die Banting-dieet, probeer, maar het ná die tyd dubbel die gewig wat sy verloor het opgetel.

“Ek het toe gedink: ‘Wag ’n bietjie, ek weet wat vir my werk.’ Ek het toe weer vir Paula genader.”

Leanne is tans terug op Paula se dieetplan en het reeds 10 kg verloor. Dié keer sluit haar dieetplan ’n intense oefenprogram in ter voorbereiding vir haar Kilimanjaro-uittog wat sy vandeesmaand gaan aanpak. Haar oefensessies behels onder meer boks-oefeninge, 15 km – 25 km fietsry-sessies wat tweemaal per week plaasvind en dat sy die Westcliff-trappe moet uithardloop.

“Daar is 207 trappe wat ek 10 keer moet uithardloop.”

Oor die konsep van dieet meen Leanne dat dit nie haar lewe sal oorneem nie.

“Ek weet die realiteit van dié dieetplan is dat dit ’n lewenswyse moet word, maar as ek weer gewig optel, so what? Ek sal nie hoop verloor nie en ek sal weer daardie gewig verloor.”

Leanne se wenke

Stel vas wat jou struikelblok is en bly daarvan af weg.

Dit maak nie saak hoe hard jy oefen nie, as jy nie reg eet nie gaan jy nie gewig verloor nie.

Hoe ouer jy word, hoe moeiliker sal dit vir jou wees om gewig te verloor. Aanvaar die feit dat jy harder sal moet werk soos die jare verbygaan.

The post Leanne Manas se wonderdieet appeared first on rooi rose.

Eet jy met jou hart?
Hoe om emosioneel te eet en daarmee weg te kom!

Die eerste stukkie geniale raad kom van Cia Meiring. “Begin met ’n groot glas water en dan maak jy vir jou ’n lekker koppie kruietee. In wonderlike Afrika is die verskeidenheid bekostigbaar en oneindig: rooibos, heuningbos, groen rooibos, gegeurde rooibos, Engelse tee, tee met suurlemoen, gemmer, kaneel, rooswater … wat ook al vir jou geurig is.”

Ons tweede konsultant, Ilsabé Spoelstra, voeg by dat jy gerus kan kyk na wat jou kondisioneer om te eet, veral as jy gereeld net móét eet.

“Is jy soos Pavlov se hond wat skielik honger is omdat jy die teetrollie hoor aankom, of omdat dit reën sommer ses pannekoeke moet eet? Het jy ’n gewoonte – koop jy elke keer by die kassiere in die supermark ’n sjokolade, al het jy en ’n vriendin pas koffie en koek gehad?” En as vandag ’n hondjie-dag is? “Elke hond kry mos sy dag! Ek werk op die bakkiebeginsel: koop sewe klein pastiekbakkies, een vir elke dag. So leer jy dat daar elke dag vir jou iets lekker is wat jou emosioneel bevredig. Dis ook prakties: gestel jy is lus vir skyfies. Niks anders as ’n groot pak gaan dit vir jou doen nie. Koop dan die pak en deel dit tussen die sewe bakkies. So kry jy jou chippies sonder om die skaal te breek.” En op ’n krisisdag? “Kies sulke dae goedjies wat lig in kilojoules is.”

Jou kwota? Drie snoephappies per dag

Soetigheid

1. Enige vrug. Vir ’n warm winterhappie, mikrogolf ’n appel, peer of piesang 1- 2 minute lank. Geur met kaneel of    kaneelstokkie

2. Gommetjies of jellielekkers – soveel as wat jy in jou vuis kan toevou

3. Een Turkse lekker

4. Ses appelringe

5. Twee droëperskes, -appelkosies of –pere. Kap hulle op in blokkies, dan kom jy verder

6. ’n Klein bakkie laevetjogurt

7. Gladdejantjie. Sit Bulgaarse jogurt of water in die vrieskas. Net voor dit begin vries, kap of verpulp ’n vrug daarin. Vries verder vir ’n heerlike roomys

8. Soveel rosyntjies, bosbessies (cranberries), dadels of pruimedante as wat jy in jou vuis kan toevou

9. Twee blokkies sjokolade of ’n minisjokolade soos ’n mini-Bar-One

10. 200 ml-sjokolademelkie

11. Jou eie melkskommel. Maak dit van ’n kwartkoppie gegeurde jogurt, ’n koppie melk en ’n verpulpte vrug

12. Warm sjokolade. Maak dit van die helfte kookwater, helfte melk, ’n teelepel regte kakao en ’n bietjie suiker

13. Klein soetworteltjies of mini-tamaties. Maak hulle nat en gooi tiemie of pietersielie oor vir ekstra geur

Stysels wat die heupe omseil

1. As jy slaaigoed bysit, lyk dit meer, eet jy langer en bly jy versadig

2. Minibeskuitjies. Bak gewone, growwe beskuit, maar sny elke beskuit in drie voor jy dit uitdroog. Eet een per keer. Ná drie het jy steeds net een beskuit gehad

3. Rooster ’n sny bruinbrood bedek met ’n piesang, vertikaal in drie skywe gesny

4. ’n Sny rogbrood met ’n teelepel grondboontjiebotter

5. Drie Pro-Vitas met ’n paar skywe avokado

6. ’n Kwartsny brood met ’n dun lagie grondboontjiebotter, vetvrye maaskaas en appelkooskonfyt

7. Twee tot drie Ryvitas, Pro-Vitas of ’n sny rogbrood

Sout van die aarde

1. Marmite, vissmeer of Bovril op ’n Pro-Vita, Ryvita of ’n sny brood

2. Woollies se blatjangryskoekies l Deel ’n klein pakkie aartappelskyfies met iemand

3. ’n Koppie of klein pakkie tuisgemaakte of gewone springmielies (nie die gegeurde soorte nie)

4. biltongstokkies. (nie droëwors nie)

5. Ham (nie salami of polonies nie)

6. Tuna in water

Iets olierigs

1. Avokadopeer – ’n hele kleintjie of ’n halwe grote

2. Neute … nie meer as 8 – 10 nie

3. ’n Lepel grondboontjiebotter

4. ’n Laevet-kaaswiggie

5. ’n Blokkie harde kaas (2 cm x 2 cm x 2cm) of een vakuumverpakte kaasskyf l ’n paar olywe

The post Eet jy met jou hart? appeared first on rooi rose.

Dieet-uitdaging: Week 1
Ons daag drie vroue uit om drie verskillende diëte te toets. Volg hulle weeklikse dagboekinskrywings saam met ons.

Dieet: Slender Wonder deur Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

Persoon: Adriana Grundlingh

Meer oor Slender Wonder:

• Mediese dieet, oorsien deur ’n dokter

• Glo vetsug word veroorsaak deur lae leptienvlakke

• Tydens die eerste besoek word die inhoud van liggaamsvet asook sentimeters gemeet

• Motiveringsgesprek en oorsig deur dokter, eetprogram en boekie wat alles verduidelik

• Opvolgbesoek, inweeg, meet en motiveringsessie elke tweede week

• Spuit jouself daagliks in met HCG (’n hormoon wat natuurlik in jou liggaam voorkom as jy swanger is)

• Neem daaglikse aanvullings

• Vervang een maaltyd met ’n lae GI gesondheidskommel

• Lae GI-dieet met beperkte kilojoules

• Daaglikse aanvullings (in die vorm van pille)

• Ses week program met twee weke wash out (geen inspuitings en meer kilojoules) voor jy weer kan begin

• Moet elke tweede week nuwe HCG en inspuitings koop

Adriana se dagboek: Week 1

Ek was super opgewonde toe Suzanne,rooi rose se skoonheidsredakteur, my die geleentheid bied om Slender Wonder te doen! Ek het al so baie daarvan gehoor en dit ook op Maatband (kykNET) gesien.

Die naweek het ek regtig alles waarvan ek moontlik hou, geëet – al daai verkeerde kossies! So ek was reg vir aksie.

Dinsdag het ek my eerste afspraak by Body Renewal in Willowbridge gehad. Die senuwees het geknaag. Ek weet nou nog nie hoekom nie, dalk omdat ek so lanklaas op ’n skaal geklim het en die afwagting om te sien wat “Mnr Skaal” sê, het my onder gekry. Die meisies wat daar werk is almal so vriendelik en behulpsaam! Hulle het my mooi verduidelik hoe alles gaan werk en toe was dit tyd vir die weeg en meet (“Aarde sluk my in”)! Ek was vir ’n paar minute geskok, maar besef toe net daar – dis nou iets van die verlede, die nuwe EK gaan anders lyk en voel, maak nie saak wat “Mnr Skaal” nou sê nie.

Die program begin met normaal eet (vir my verkeerd) vir dag 1 en 2. Glo dit of nie, maar ek kon nie dink aan iets wat ek nog wou eet nie en vir die eerste keer in my lewe was ek te mismoedig om iets te eet! Ek het nogtans die aand ’n sjokolade croissant met n groot glimlag geëet.

Donderdag (dag 3) was my “detoks”-dag waar ek net 900g vrugte kon eet. Dit klink dalk baie maar glo my dit is nie! Ek was vir alles behalwe vrugte lus, en ek het die middag ’n hoofpyn begin kry wat nie wou weggaan nie. Teen die aand was ek te bang om die yskas oop te maak, te bang ek sien of ruik iets lekker. Vroeg in die bed…om te vergeet. (My man het dit eintlik aanbeveel – hy kon seker maar sien my draadjie is baaaie kort!)

Vrydag is my eerste dag op die eetplan. Ek het steeds ’n effense hoofpyn maar ek het sommer meer moed vir die dag want ek weet die spyskaart sluit nie net lemoene en appels in nie! ’n Provita’tjie het nog nooit so lekker gesmaak nie! Ek wil die naweek seker maak my tekkies is afgestof, sodat ek Maandag kan begin oefen.

Opsomming van my gevoel oor week 1 (al het week 1 eers REGTIG Donderdag begin):

* Ek is baie sleg met pille drink, so die baie pille is nogal ’n aanpassing, en hulle is groot! Die inspuiting is baie maklik – selfs   ek wat bang is vir naalde het dit tjoef-tjaf baas geraak.

* ’n Mens voel maar ’n bietjie lam en jy het vir die eerste paar dae ’n hoofpyn.

* MAAR … ek is reg vir week 2!

Dieet: Healthy Weight-program by The Sport Science Centre in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Meer oor Healthy Weight:

• 8 week-program

• Fokus op oefening, ’n gesonde eetprogram, psigologiese konsultasies en opvoeding om ’n gesonde gewig te bereik.

• Emosionele staat (soos angs, depressie en woede) word tydens die eerste besoek vasgepen en weer tydens jou laaste besoek.

• Fiksheidsvlakke, gewig en sentimeters word ook tydens die eerste besoek geneem.

• Drie groep uurlange oefensessies per week, aangebied deur ’n biokinetikus

• Persoonlike eetprogram deur ’n dieetkundige uitgewerk

• Verloor gewig en verbeter jou fiksheidsvlakke

Daniela se dagboek: Week 1

Die woord “dieet” maak my senuweeagtig. Vir my het dit ’n aaklige woord geraak, wat my dadelik honger en oorweldig laat voel. So dit help dat hierdie nie ’n dieet is nie, maar eerder ’n eetplan. ’n Eetplan wat enige normale persoon daagliks behoort te eet, so eenvoudig soos dit. Beteken dit dan dat ek tot nou toe “abnormaal” was met my eetgewoontes? Ja! Vir my is kos alles of niks, ek was tot nou toe óf op ’n baie streng dieet, óf ek het my vergryp aan my gunsteling kos, want “Maandag sal ek met my dieet begin.” Ek het nog nooit ’n goue middeweg gehad wat kos betref nie, en met hierdie eetprogram sal ek hopelik een aanleer.

My eetplan is ontwerp om my vet- en suikerinhoud te verminder, sonder dat ek oorweldigende hongerpyne kry en steeds genoeg energie het om te oefen. Ek eet ontbyt, ’n peuselhappie, middagete, peuselhappie, aandete en weer ’n peuselhappie. Ek is egter vreesbevange oor die oefenprogram waarmee ek nog moet begin. Ek haat dit om te gim, ek haat tekkies, ek haat sweethanddoekies! Hierdie gedagtes sal moet verander en ek sal die gim en oefening in ’n gelukkige plek moet verander. Ek hoop my 8 weke plan sal my hiermee kan help, om my te leer om reg te eet en hoe om te oefen (en om langer as 8 minute in die tou by McDonald’s te staan, tel nie meer as oefening nie!)

Dieet: Sureslim

www.sure-slim.co.za

Persoon: Sandri Hough

Meer oor SureSlim:

• Eerste 30 minute konsultasie is gratis

• Gaan vir ’n bloedtoets wat bloedsuiker, cholesterol, ens. toets

• Eetplan uitgewerk op grond van resultate van bloedtoetse. Duur 1 tot 3 weke

• Terwyl jy wag vir jou eetplan, moet jy probeer om slegte eetgewoontes te verander

• Sureslim-konsultant help jou om persoonlike doelwitte op te stel

• Besoek konsultant elke week vir motivering, meet- en weegsessies

• Wanneer eetprogram gereed is, verduidelik die konsultant dit vir jou, daarna is weeklikse besoeke (weeg, meet en motivering), deel van die program

• Drie gebalanseerde maaltye per dag, lae karbohidrate en GI

• Geen versnaperinge tussen maaltye

Sandri se dagboek: Week 1

Vandag is die dag. DIE dag! Langer kan ek nie meer uithou met my ongemaklikheid nie. Ek voel ongemaklik in my eie lyf, ek is seker daar is ’n maer meisie binne-in my wat veg om uit te kom.

Eintlik gee ek nie om oor maer wees nie, wat my pla is dat ek ongemaklik voel oor myself. Alhoewel my mentor by SureSlim vir my ’n getal gegee het om te bereik (eeeeeeeeeeeeeeeeek!), gee ek nie regtig om oor wat die skaal sê nie. Ek sal mos weet wanneer ek is waar ek wil wees wat my gewig betref: wanneer ek in ’n klerewinkel kan instap en nie met vier verskillende groottes na die aanpaskamer toe hoef te ploeter nie:

• ’n Nommer 10 – want dis wat ek altyd was, so kom ek loer hoe lyk dit

• ’n Nommer 12 – want dit is wat ek laas jaar nog kon aankry, so kom ek loer hoe vêr het ek van die pad afgewandel…en wie weet, dalk is dit ’n groot snit

• ’n Nommer 14 – want dit is waar ek nou is, die sweet tap sommer van my voorkop af

• ’n Nommer 16 – net om seker te maak dat ek nog nie daar is nie

Kort-kort wonder ek hoe ek vir ander mense lyk, ek is vreeslik selfbewus. Sien mense my as onvermoënd omdat ek oorgewig is? Asof ek nie beheer het oor my persoonlike lewe nie? Kom ek as professioneel voor by my werk?

My SureSlim mentor vertel my dat ek sowaar ’n BMI-klas verby gevat het – en dit is nie ’n goeie ding nie. Met my ouderdom, lengte en beenstruktuur in ag, staan ek offisieel op die eerste trappie van obesiteit. Wat? Hoe is dit moontlik?!

Dit maak my sommer moedeloos. Maar die skok laat ook my adrenalien vinniger pomp. Dit is dit! Die einde van my stryd met vet. Vandag is die dag!

Ek kry nog nie vandag ’n eetplan nie, ek moet eers deur die week vir ’n paar bloedtoetse gaan. Maar ek moet solank alles wat ek eet in my SureSlim-lêer neerskryf. Omdat my eetplan spesifiek vir my bepaal word, moet ’n klomp mediese toetse eers gedoen word om te sien hoe lyk my glukosevlakke en totale cholesterol. Dit laat my nogal gerus voel – hierdie eetplan gaan net vir my bedoel wees.

So stap ek by die kliniek uit met my sakkie aanvullings en ek maak ’n wilsbesluit om hierdie ding deur te sien. Nie net halfpad soos wat ek meeste dinge doen nie, maar voluit.

My kop is vandag reg!

Ek het Woensdag al my bloedtoetse laat doen. Dis glad nie lekker nie, maar ek weet mos hoekom ek dit moet doen. Op pad werk toe koop ek vir my ’n slaaitjie en ek smag na ’n toebroodjie. Ek weet dat ’n toebroodjie nog nie taboe is nie, ek het mos nog nie met my eetplan begin nie, maar ek probeer regtig solank kyk na wat ek eet, aangesien ek dit later in my SureSlim-lêer gaan moet neerskryf. So, ek stap eerder verby. Sjoe, hierdie gaan moeilik wees, maar my kop is reg!

Ek moet daarop fokus om al my vitamines te drink, asook genoeg water – baby steps!

The post Dieet-uitdaging: Week 1 appeared first on rooi rose.

Dieet: die mites en die feite
Sink jou dieet elke naweek? Jy’s nie al een nie.

Die probleem met diëte is ons lewenstyl.Niemand van ons het net een lewenspatroon nie. Daarvoor verskil ons naweke te veel van ons weke. So begin elke week met ons goed beplande Maandag-tot-Donderdag roetine en ons dieet maklik. Maar hoe later in die week hoe meer druk. Ons skakel oor na ons druktydrat en kort voor lank gryp ons uit nood na kitskos. Dan kom die naweek. Ons hou wynproe. Ons gaan eet uit. Ons gaan 4×4 ry of rugby kyk. Ons het gesinsdag op Sondae. Ons gaan winkelsentrum toe. Alles dinge en plekke waar dieet sosiaal ongemaklik is – en daarom gee ons op. Wat is die les om hieruit te leer? Beslis nie dat jy naweke eerder moet dieet nie. Maar wat van die konsep van twee diëte? Of selfs drie? Soos ’n naweekdieet met ruimte vir jou sosiale lewe en ’n dieet vir strestye, en ’n dieet vir alles-onder-beheer dae?

Dis wat ons hierdie keer doen: ’n dieetfokus met diëte vir elke soort dag. Jy kies watter een vandag vir jou gaan werk: ’n Verstandige dieet vir goeie dae; die kitskosdieet vir drafstapdae; en ’n ruil-lys-dieet vir die naweek sodat jy kan sosialiseer sonder om die skaal te breek.

Die basiese dieet

Werk vir normale dae. Onthou: Oefen langer op die dae wanneer jy meer tyd het. Mik vir 60 minute per dag (300 minute per week), en jaag jou hartklop vir 20 minute op. Los alkohol, koeldrank, sportdrankies, vrugtesap, lekkergoed, vrugtelekkers, koek, beskuit, gebak, pap, rys, pasta, waatlemoen, geblikte vrugte, droëvrugte.

Porsies: 1 koppie, tensy anders gespesifiseer. Drink soveel water, tee en koffie as wat jy wil maar sonder suiker en met nie meer as ’n eetlepel melk nie.Wenk: As suikerpilletjies en kilojoulevry koeldranke jou hongerig maak, geur jou koffie en tee met kaneel, mentblare of gemmer.

Kitskosdieet

Werk vir besige dae. Onthou: Hou jou metabolisme so vinnig moontlik. Al is jy nou te besig vir ’n uur se oefening, kan jy op selfs jou besigste dae onopsigtelik oefen, soos om trappe te klim waar jy kan; vinnig te stap al stap jy net ’n draaitjie; en tou te spring vyf minute voor en ná werk, wat verbasend goeie aërobiese en kardio-oefening is ontbyt met proteïen eet wat jou lank brandstof sal gee en elke drie uur eet om jou honger in bedwang te hou.

Hou uit jou winkelwaentjie: Aartappelskyfies, alles in ’n degie, gebraaide kos, koeldrank,koelers, sportdrankies, vrugtesap, alle soorte lekkergoed en gebak, sjokolade, vrugtelekkers, versuikerde pap. Porsies: 1 koppie, tensy anders gespesifiseer. Ekstra: Neem ’n algemene vitamienpil.

Die sjerrie-soesji-en-sjokolade-dieet

Werk vir naweke. Maksimum twee dae per week. Onthou: Mik vir ’n uur se oefening, of darem ’n halfuur. Hoe aktiewer jy is, hoe makliker hou die kilogramme jou heupe verby! Dink vooruit en ruil uit: Die konsep is dat jy met jou 3 proteïene, 6 stysels, 3 vrugte en groente en 2 melk rondspeel soos jou dag dit vra. Jy het dus nie ’n eetplan nie maar ’n eetlys waaruit jy kies. Beperk jou tot twee drankies. Maar jy kan onbeperk kry van Woollies se suikervrye gemmerbier en Evian of Valpré. Vet: Bederfkos is hoër in vet. Daarom lys ons nie vet afsonderlik nie. Feit: Muffins, bagels en wafels word met botter gemaak. Botter bo-op is onnodig

Jy kan eet wat jy wil, solank jy baie oefen Dit help gewis om te oefen, maar as jy steeds meer kiljoules inneem as wat jou liggaam verbrand, sal jy nie gewig verloor nie – jy sal gelukkig wees as jy net jou gewig kan behou. Raadpleeg ’n dieetkundige sodat sy vir jou kan uitwerk hoeveel kJ jou liggaam per dag verbrand (jou basale metaboliese spoed of BMS), hoeveel jy met oefening verbrand en dan uitwerk hoeveel kJ jy daagliks inneem. Sy kan dan vir jou ’n gebalanseerde dieet uitwerk waarop jy gewig kan verloor en steeds ’n paar plesiertjies gegun word. Wanneer jy minder eet en meer oefen, sal jou negatiewe kJ-balans veroorsaak dat jygewig verloor. Die meeste fratsdiëte is so streng en beperk jou kJ so erg dat jy geen energie het om te oefen nie. Dis kontraproduktief, aangesien jy dan nie net vet verloor nie, maar ook maer liggaamsmassa, wat beteken dat jou BMS afneem. Dit leer jou ook nie om jou lewenstyl, wat die eintlike “bron van die kwaad” is, te verander nie.

Ooreet maar soms, want daarna kan jy mos altyd dieet Die gevolg van dié mite is dat mense deur die jare geleidelik gewig aansit, pleks van hul gewig behou wat die regte ding is om te doen. Volgens navorsingsbevindings is een van die groot gesondheidsrisiko’s dat mense vanaf 25 geleidelik gewig aansit. Dis omdat hulle, nadat hulle oor vakansietye so 1-2 kg gewig aangesit het, nie dadelik daarna minder eet totdat hulle hul voor-vakansie gewig bereik het nie. Op dié manier sit hulle jaarliks minstens 4 kg aan, dus 1 kg vir elk van die vier vakansies. Ná drie jaar is hulle al klaar 12 kg swaarder, en dit is op die ou end hoe mense binne tien jaar 40 kg kan aansit – en dan wil hulle dit binne drie maande met ’n fratsdieet afskud. Die geheim om met die jare jou gewig te behou is om (volgens navorsing wat in die VSA gedoen is) elke dag ’n uur lank aktief te wees. Jy mag jouself so nou en dan bederf, maar ek sal voorstel dat jy eerder moet probeer om vakansies jou gewig te behou, of anders hoogstens 1 kg aan te sit en dan minder te eet sodra jy tuiskom totdat jy jou voor-vakansie gewig herwin het. Eers dan kan jy weer “normaal” begin eet. Dit kom maar weer eens op ’n lewenstylverandering neer.

Vermy vet, want dit maak vet Dit is so dat vet vetmaak, (slegte vette maak vetter as goeie vette), maar ons het tog goeie vette in ons dieet nodig, vette soos avokado’s, grondboonbotter, neute en olywe. ’n Bietjie hiervan in jou dieet is goed, terwyl bronne van versadigde vette en transvette liefs vermy moet word. Slegte vette is voedsel wat hoog is in versadigde vette en transvette soos die vet aan vleis en vetterige vleis soos ribbetjies,boerewors, droëwors, schnitzel, vleispasteitjies en worsrolle, ook volroom-suiwelprodukte soos volroomkaas, -melk en -jogurt, room,wegneemetes, pakkies skyfies en slap tjips.

Die inligting vir dié dieetmites is verskaf deur Liesbet Delport, geregistreerde dieetkundige en medeskrywer (saam met Gabi Steenkamp) van Eet slim en bly slank.

The post Dieet: die mites en die feite appeared first on rooi rose.