Govan Ontbloot | rooi rose

Vyf redes hoekom jy ‘Govan Ontbloot’ moet kyk
In ’n land waar stories dikwels deur die lens van sensasie of stereotipes vertel word, bied Govan Ontbloot ’n vars en eerlike alternatief. Die joernalis en aanbieder Govan Whittles vat kykers op ’n reis na die hart van gemeenskappe ver verwyderd van die hoofstroom.

Hier is vyf redes waarom hierdie reeks jou aandag verdien:

’n Platform vir stemme wat selde gehoor word

Govan Ontbloot belig mense en gemeenskappe waaraan die media gewoonlik min aandag gee. Die reeks kyk na onderwerpe soos marginalisasie, kultuurbewaring, verslawing, identiteitsvraagstukke en godsdiensverskuiwings deur die oë van diegene wat dit ervaar. In plaas daarvan om namens mense te praat, luister Govan – sonder oordeel of filter – en gee hulle die ruimte om hul eie waarhede te deel.

Die onderhoude gebeur waar die lewe gebeur

Hier is geen ateljeeligte of voorbereide vraelyste nie. Govan praat met mense terwyl hy koffie maak, saam gaan stap of snoeker speel – informele oomblikke wat dieper, eerliker antwoorde ontlok. Dié styl breek weg van die joernalis vs. ondervraagde-formaat en maak die soort opregte gesprekke moontlik wat selde op TV gesien word. Dit voel meer soos saamkuier as ’n onderhoud.

’n Reis deur ’n uiteenlopende landskap – geografies én sosiaal

Die reeks is oor drie provinsies verfilm en het 15 dorpe besoek – van Kleinfontein se selfverklaarde Afrikanergemeenskap tot Knoflokskraal se terug-na-die-grond beweging. Kykers ervaar plekke waarvan hulle dalk nog nooit gehoor het nie en leer mense ken wie se wêrelde radikaal van hul eie verskil, maar tog verrassend herkenbaar is. Elke episode bied unieke insae in hoe Suid-Afrikaners leef, droom en oorleef.

Govan ontbloot meer as net ander mense se stories – hy wys ook iets van homself

Deur sy gemaklike maar vraende benadering sien ons nie net sy gaste nie, maar ook Govan self – as mens, nie net as aanbieder nie. Hy tree nie op as ’n alwetende gids nie, maar as iemand wat self wil leer, self wonder en self seerkry. Hierdie egtheid maak dit maklik vir kykers om aanklank te vind by hom en met hom op ’n ontdekkingsreis te gaan. Hy is, soos sy kykers, ook net ’n Suid-Afrikaner wat probeer verstaan.

Die stories is emosioneel rou – en dit bly by jou

Een van die mees roerende episodes is “Ouma se kinders”, wat afspeel in Mitchells Plain. Die span het tyd saam met oumas en hul kleinkinders deurgebring en eerstehands gesien hoe bendewerwing en alledaagse geweld kinders se veiligheid bedreig. Wat hulle getref het, is dat hierdie hartverskeurende realiteit vir hierdie families niks buitengewoons is nie. Dié episode – soos baie ander in die reeks – herinner ons daaraan dat wat vir party ’n storie is, vir ander ’n daaglikse stryd is.

Wat leer kykers uiteindelik?

Govan Ontbloot wys dat Suid-Afrikaners baie van mekaar verskil – maar ook verrassend baie gemeen het. Veiligheid, bestaansreg, identiteit en gemeenskapsgevoel is universeel. Die reeks wys hoe belangrik dit is om mense te probeer verstaan voor ons oordeel en hoe empatie ’n brug kan bou tussen uiteenlopende wêrelde.

Govan Ontbloot begin op Woensdag 30 Julie om 21:00 op kykNET (DStv kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Lourensa Eckard bring hulde aan huishulp in kortfilm

The post Vyf redes hoekom jy ‘Govan Ontbloot’ moet kyk appeared first on rooi rose.

Govan Whittles wys ‘n ander kant van SA in nuwe dokkie
kykNET bied met trots Govan Ontbloot aan – ’n splinternuwe dokumentêre reeks wat op 30 Julie om 21:00 begin. Hierdie unieke en stylvolle produksie is nie ’n aktualiteits- of geselsprogram nie, maar eerder ’n eerlike, menslike verkenning van buitengewone Suid-Afrikaanse verhale – aangebied deur Govan Whittles, een van Suid-Afrika se mees ervare joernaliste.

Govan is bekend vir sy werk aan groot nuusstories soos Marikana, die Oscar Pistorius-verhoor en sy politieke dekking van partye soos die EFF, ANC en DA. Die Mail & Guardian, eNCA en Newzroom Afrika is van die instellings waar hy al sy stempel afgedruk het. Hy het ook internasionaal verskyn op platforms soos CNN en BBC. Govan is tans ’n aanbieder van Carte Blanche.

Met ’n eerlike en visueel treffende aanslag laat Govan Ontbloot komplekse stories op natuurlike en waardige wyse ontvou. Die reeks bly doelbewus weg van tradisionele aanbiedingsvorms en vertrou eerder op kragtige beelde en eenvoudige, opregte vertellings om ’n impak te maak. Govan Whittles se unieke onderhoudstyl – deurdag, onbevooroordeeld en empaties – neem kykers saam op ’n reis na mense en ervarings wat dikwels buite die blikveld van hoofstroommedia val.

“Ek hoop hierdie program gee mense ’n nuwe uitkyk – veral vir dié wat ander oordeel. Govan Ontbloot wil kykers aanmoedig om mense wat anders as hulle is met ’n oop gemoed te probeer verstaan,” sê Govan.

Met sy onopgesmukte styl en nuuskierigheid, bring Govan die kykers nader aan mense wat hulle dalk vreemd of bedenklik sou vind.

Dié reeks van nege episodes bestaan uit heel uiteenlopende episodes wat die rykdom van die Suid-Afrikaanse sosiale landskap belig: van die drome van ’n Afrikaner-kultuurgemeenskap in Kleinfontein buite Pretoria, tot die wêreld van Afrikaanse swingers en Tokkie van Wyk se New Life Centre, waar verslaafdes kom vir genesing deur die enigste pil wat volgens Tokkie werk – die “gospel”. Govan reis ook na Namakwaland om uit vind hoe dit gaan met die delwers wat as pionne in Louis Liebenberg se magspel misbruik is. Só wys elke episode ’n wêreld wat vir die meeste van ons onbekend is.

John Webb, die uitvoerende vervaardiger, sê: “Wat Govan Ontbloot spesiaal maak, is Govan se vermoë om gewone mense gemaklik genoeg te laat voel om hul ware self te wys. Dis in daardie oomblikke waar ons eg Suid-Afrikaanse stories hoor.”

Rudi Botha, uitvoerende vervaardiger, voeg by: “Ons land het soveel uiteenlopende mense – elkeen met unieke uitdagings en verhale om te vertel.  Govan is in ’n klas van sy eie en kry dit reg om jou dié diverse landskap deur sy oë te laat sien en jou die soet en die suur van ons mense te laat verstaan.”

Onder die temas wat ondersoek word, is verlies, verslawing, misleiding, dapperheid, kriminaliteit en uithouvermoë.

Die reeksregisseur Andrew Hofmeyr sê: “Govan se nuuskierigheid gaan met amper forensiese kennis gepaard, en sy gemaklike dog reguit interaksie met allerlei mense, skep oomblikke waardeur ons almal kan loskom van vooropgestelde idees. Hy maak ons bewus daarvan dat ons ’n nuwe koers kan kies, vir onsself, ons gemeenskappe, en dalk vir ons land ook.”

Die dokkie word deur Combined Artistic Productions vervaardig wat verantwoordelik is vir programme soos Carte Blanche, Original Sin: My Son the Killer en Strangers You Know.

Govan Ontbloot begin 30 Julie om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: “Ek’s iewers tussen Dr. Phil en Judge Judy!” – Leandie du Randt oor haar rol in The Mommy Club se reünie

The post Govan Whittles wys ‘n ander kant van SA in nuwe dokkie appeared first on rooi rose.