griep | rooi rose

Verkoue, griep of iets erger? Só weet jy
Deur Christa Swanepoel

Is die sêding waar? ’n Verkoue of griep klaar binne 14 dae op mét medisyne en binne twee weke sonder medisyne. Dieselfde tydperk dus! Ons het meer gaan uitvind oor hierdie virussiektes.

Wat presies is ’n virus?

Volgens die Merck- mediese handleiding is ’n virus ’n klein aansteeklike organisme, baie kleiner as ’n fungus of bakterie wat ’n lewende sel nodig het om voort te plant. As die virus eers aan ’n lewende sel haak, stel die virus sy DNS of RNA vry (wat die inligting bevat om nuwe virus-partikels te skep) en neem beheer van sekere aspekte van die sel se metabolisme oor.

WAT IS DIE VERSKIL?

Verkoue

Verkoue is een van die algemeenste virusinfeksies wat die neusmembraan, sinusse, keel en groot lugweë affekteer. Verskillende virusse kan verkoue veroorsaak. Die pikornavirusse, soos die rhinovirus veroorsaak meestal verkoues wat in die lente, somer en herfs voorkom. Griepvirusse en respiratoriese sinsitiale virusse (RSV), wat in laatherfs en winter voorkom, veroorsaak verskeie siektes, waaronder verkoue. Dit versprei deur die inaseming van besmette fyn sproei wat uitgehoes of uitgenies word, of om direk met ’n besmette persoon se uitskeidings in aanraking te kom, soos om aan dieselfde oppervlakte of artikel te vat.

Griep

Net soos verkoue is griep ’n virale infeksie. Dit veroorsaak koors, ’n loopneus, hoes, hoofpyn en inflammasie van die binnewand van die neus en lugweë. Jy sal ook sieker voel as met verkoue. Baie virusse veroorsaak griepagtige simptome, maar dis gewoonlik influenza A- en -B-virusse wat die winterverkoues tot gevolg het. Griep word op dieselfde manier as verkoues oorgedra.

SIMPTOME

Verkoue

Simptome begin een tot drie dae ná infeksie. Die eerste simptome is gewoonlik ongemak in die neus en keel. Dan begin jy nies, jou neus loop en jy voel goor. Jy kan bietjie koors hê as die simptome begin, maar meestal gaan koors nie saam met verkoue nie. Uitskeiding uit die neus is oormatig en waterig, en verkleur later en raak dikker. Jy kan ’n hoes ontwikkel.

Simptome klaar ná vier tot tien dae op, maar kan tot 14 dae duur. As daar ’n komplikasie is, kan die simptome nog langer aanhou. Dit sluit infeksie van die lugpyp en ’n benoude bors in. Mense wat tot brongitis en asma geneig is, sal meer met asemhaling tydens ’n verkoue sukkel.

Ná die verkoue kan bakteriese infeksies voorkom, soos in die ore, sinusse en boonste lugweë. Jou dokter kan dan antibiotika daarvoor voorskryf.

Griep

Simptome begin 24 tot 48 uur ná infeksie en kan skielik begin.

Kouekoors kan die eerste aanduiding wees dat jy griep kry. Koors is algemeen tydens die eerste paar dae van griep en jy sal tien teen een sleg genoeg voel dat jy in die bed wil bly. Jou lyf en veral jou rug en bene kan pyn, en erge hoofpyn kan voorkom, wat deur skerp lig vererger word.

Lugwegsimptome begin met ’n seer keel en ’n brandgevoel in die bors asook ’n loopneus. Die hoes kan erg raak met slym wat uitgehoes word. Die mond en keel raak rooi, die vel is warm en jou oë water.

Veral kinders kan naar word en braak.

Simptome klaar ná ’n paar dae op, maar koors kan langer aanhou. Brongitis kan egter tien dae of langer aanhou en die lugweë kan ses tot agt weke vat om heeltemal op te klaar. Jy kan ook vir dae of weke nog swak voel.

BEHANDELING

Verkoue

Bly warm en gemaklik en probeer om nie die infeksie na ander oor te dra nie, veral in die vroeë stadium van die verkoue. As jy koors het en die simptome fel is, is dit raadsaam om tuis te bly en te rus.

Drink baie vloeistowwe, wat die uitskeidings losser maak en dit makliker maak om daarvan ontslae te raak.

Verkouemedisyne kan help om simptome te verlig, maar sal nie andersins ’n verskil aan die verkoue maak nie.

So sal iets vir ’n toe neus net tydelike en beperkte verligting bring. ’n Antihistamien kan help om ’n loopneus op te klaar, hoewel dit blykbaar meer help vir iemand wat tot allergieë geneig is. Dit veroorsaak ook lomerigheid en het ander newe-effekte, veral vir ouer mense. Vir sommige mense help ’n stoombad om ’n benoude bors te verlig.

Om met ’n sterk soutoplossing te snuif, kan help om die neus oop te maak.

Omdat hoes die enigste manier is om van uitskeidings in die lugweë ontslae te raak, is dit nie altyd wenslik om hoesmedikasie te gebruik nie, tensy dit jou wakker hou en jy erg ongemaklik is. ’n Erge hoes kan met ’n hoesonderdrukker beheer word.

Griep

Die beste wat jy kan doen, is om in die bed te bly. Drink genoeg vloeistowwe, vandat die simptome verskyn tot 24-48 uur nadat jou temperatuur weer normaal is.

Siekes met erge simptome, maar sonder komplikasies, kan asetaminofen, aspirien, ibuprofen of naproxen neem.

Simptome kan met medikasie verlig word soos vir verkoue.

BELANGRIK: MOET NOOIT VIR ’N KIND ASPIRIEN GEE NIE. DIT KAN TOT REYE-SINDROOM LEI WAT DODELIK KAN WEES.

Vra die dokter

Ons het vir dr Jean du Plessis van Meldene Medicross ’n paar vrae gevra.

V: Ná die erge Covid-pandemie, word Covid nou net as respiratoriese siekte saam met bogenoemde virusinfeksies behandel? Is dit nodig om soos tevore vir Covid spesifiek te toets?

J: Behandeling is nou dieselfde as vir verkoue en griep, ja. Doen steeds die toets as jy saam met baie ander mense werk, meer om hulle as jouself te beskerm.

V: Vir wie is griepinspuitings belangrik?

J: Mense met ’n gebrekkige immuunstelsel of diabetes, en hoë-risiko-mense, soos mense op chemoterapie, MIV- en asmalyers.

V: Ek het al gehoor mense sê hulle kies om nie die griepinspuiting te kry nie, want dit maak hulle siek. Hoekom gebeur dit?

J: Dit kan ná enige inenting vir ’n paar dae ná die inspuiting gebeur.

V: Hoekom kry mense in die winter meer verkoue en griep?

J: Onlangse  studies wys dat die immuunrespons in koue weer en dus winter afneem. Mense is ook meer binnenshuis en daarom versprei virusse makliker.

V: Steek daar waarheid in die sêding: “Feed a cold and starve a fever”?

J: Nee, dis ’n mite. Jy kort goeie kos en vloeistowwe om enige siekte te beperk.

V: Help antibiotika vir virusinfeksies?

J: Antibiotika werk net teen bakterieë en nie virusse nie. ’n Virusinfeksie kan tot ’n sekondêre bakteriële infeksie lei waar antibiotika wel ’n plek het. Die grense is dikwels moeilik onderskeibaar. En dokters sal dikwels antibiotika gee as die virusinfeksie langer as sewe tot tien dae duur.

V: Ek weet van mense wat aan ’n oordosis vitamien C glo. Help dit?

J: Dit help jou immuniteit, maar enigiets meer as twee gram per dag is nie meer doeltreffend nie.

V: Hoe behandel jy virusinfeksies?

J: Simptomaties, soos vir ’n neus wat verstop is, slym, pyn, koors en keelseer.

V: Wat is jou raad vir tuisbehandeling?

J: Panado, vitamien C, Echinaforce en rus.

V: Wat is jou raad om verkoue en griep te probeer voorkom?

J: Die griepinspuiting help baie mense om dit nie so erg te kry nie. Eet gesond en kry oefening.

Kontak dr Jean du Plessis by Meldene Medicross by meldenereception@medicross.co.za vir aandag dr Jean.

Interessant

’n Hoes kan teen 80 km/u beweeg en sowat 3 000 sproeidruppels vrystel. ’n Nies beweeg tot 160 km/u en stel 100 000 druppels vry.

Sowat 50 miljoen mense is in 1918 met die Groot Griep-epidemie wêreldwyd dood.

The post Verkoue, griep of iets erger? Só weet jy appeared first on rooi rose.

Kruie en vitamiene vir jou verkoue
Ons het die Cochrane Library deurgewerk om te sien wat navorsing oor verskillende vitamiene en kruie te sê het. Party werk terwyl ander net geld in die water is.

Iets interessant: Jy moet weet wanneer om hulle te neem en verstaan wat elkeen vir jou kan doen. Knoffel kan byvoorbeeld help keer dat jy verkoue kry. Maar as jy eers verkoue het, is dit te laat vir knoffel. Dan gaan malva-ekstrak jou baie beter help.

Dit werk so: Verkoues kom in fases. Jy voel hom aankom, of jy het hom. En dan kan jy maar net die simptome probeer verlig of probeer om hom vinniger oor te kry.

1 Selfhelpplanne wat verkoues keer

’n Bederfdingetjie

Talle ondersoeke wys dat verkouevirusse eintlik nie so maklik aansteek of mense siek maak nie. Hulle kan selfs in jou neus beland en niks meer as ’n krieweling veroorsaak nie.

Die sleutel is stres – sielkundig en fisies.

Fisieke moegheid omdat jy te min slaap, te hard werk of te veel oefen verswak jou immuunstelsel. Emosionele stres verhoog jou kortisolvlakke, wat jou immuunstelsel onderdruk.

Help jou immuunstelsel deur jou lyf te laat rus en jou kop te laat ontspan met iets wat nét lekker is.

Probiotika

Probiotika is een van die onderskatte verkouemiddels, aldus die Cochrane-verslae.

Gereelde gebruikers van probiotika het nie net minder verkoues gekry nie, maar hul verkoues het korter geduur, hulle het minder kere antibiotika vir komplikasies nodig gehad en hulle was minder afwesig van die skool of werk.

Knoffel

Die meeste van ons kry twee tot vier verkoues per jaar.

’n Cochrane-vergelyking het gewys dat knoffel verkoue met minstens die helfte verminder – jy kan met een of twee verkoues per jaar wegkom.

Dit is nou as jy in die wintermaande elke dag knoffel of ’n knoffelpil gebruik.

Werk vars knoffel? Vermoedelik ja, maar met ’n knoffelpil kry jy genoeg knoffel, terwyl jy waarskynlik nie elke dag genoeg knoffel sal eet nie.

Oppas vir klaarbereide gekapte knoffel in olie. Dit is dikwels niks anders as uie in knoffelgegeurde olie, en sal dus niks help nie.

Wat van knoffel as jy reeds verkoue het? Dan is dit te laat vir knoffel. Dit laat jou nie vinniger van jou verkoue herstel nie.

Vars knoffel

2 Selfhelpplanne wat die simptome van ’n slegte verkoue verlig

Volgens die Cochrane-verslae help dit nie om elke dag deur die winter vitamien C te drink om te keer dat jy verkoue kry nie. Maar ekstra vitamien C wanneer jy reeds ’n verkoue het sorg vir ’n ligter verkoue wat boonop gouer verby is.

Doen jy harde wintersport? Volgens Cochrane help vitamien C vóór jou rugby- of netbalsessie om jou teen verkoues te beskerm.

Vars lemoen

Pelargonium (malva-ekstrak)

Die Cochrane-uitspraak was dat dit beduidend help om bronchitis en sinusitis te genees. Maar hulle wys ook daarop dat daar beslis tekens van publikasie-vooroordeel is, met ander woorde daar is probleme soos dat die navorsing deur die vervaardigers van die produkte gesubsideer of gedoen is.

Aspirien

Aspiriene, ibuprofens en naproxen verlig beslis jou olikheid – veral lyfseer, gewrigpyne, oorpyn en kopseer. Dit help ook dat jy beduidend minder nies. Maar dit help min vir koors, hoes of om die swelling in jou sinusse te verlig. Dit sal ook nie help dat jy gouer op die been is nie.

Parasetamol

Sal jy beter voel as jy parasetamol-pille drink om jou olikheid te verlig? Die navorsers sê die uitslae weerspreek mekaar. Hulle kan jou nie parasetamol aanbeveel of afraai nie.

3 Selfhelp planne wat jou verkoue gouer kan laat oorgaan

Sink

Jou verkoue sal gouer oor wees as jy sink begin gebruik binne 24 uur vandat jy voel ’n verkoue is aan die kom. Maar dan moet jy genoeg sink inneem – minstens 75 mg per dag. Party mense voel naar daarvan.

Sal jy verkoue weghou deur elke dag sink te drink? Nee, ongelukkig nie.

Echinacea

Die resultate was baie wisselvallig. Die outeurs vermoed dit gaan oor die gehalte. Topgehalte produkte met ’n hoë konsentrasie van Echinacea kan die duur van verkoues verkort, terwyl ‘flou’ produkte jou net geld uit die sak jaag. Skynbaar ontwikkel ’n beduidende groep mense newe-effekte van Echinacea. Onthou ook dat Echinacea die Pil minder doeltreffend maak. Oppas vir swangerskap weens jou verkoue!

Soutspoeling

Dit help. Maar die verskil is bra klein. Sinusspoelers se verkoues is maar net ’n halwe dag korter. Maar daar is twee groot voordele:

• Die meeste is ook ’n dag of wat minder afwesig van die werk.

• En hulle word effens minder kere op antibiotika gesit as nie-spoelers

Soutspoeling kan die slymvliese uitdroog. Dit kan ’n voordeel wees as jou neus baie loop. Maar dit kan nadelig wees omdat neusslym juis die doderselle bevat wat die verkouevirusse moet vernietig.

Vars sout

Lees ook:

Die soorte verkouemedisyne

Watter medisyne is die beste vir my verkoue?

Hoe goed werk verkouemiddels?

The post Kruie en vitamiene vir jou verkoue appeared first on rooi rose.

7 mites oor griep
Daar is verskeie mites en verkeerde feite oor griep, sê dr. Yolande Louw, algemene praktisyn en lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Reisgeneeskunde en die Federasie van Infeksiesiektes van Suid-Afrika.

Baie mense glo eerder tuis kure en raad wat hulle op Facebook sien of iewers gelees het as medies nagevorste raad. Die eerste stap om jouself en jou gesin te beskerm, is om die regte inligting te kry.

Mite 1: Griep is net ’n slegte verkoue

Mense verwar griep met verkoue. Influenza is ’n akute en moontlik dodelike virus wat amper altyd met koors voorkom. Dit kan ook vergesel word met ’n lugweginfeksie of selfs diarree. Dit ontwikkel binne ure. ’n Verkoue ontwikkel gewoonlik oor ’n paar dae en word geleidelik erger.

Lees ook: Hoe weet jy jy het nierskade?

Mite 2: Antibiotika kan griep genees

Antibiotika ontvang baie onnodige krediet. Ongelukkig glo baie mense dat as jy siek voel, antibiotika die skuldige kieme sal doodmaak. Die feit is dat antibiotika slegs bakterieë kan doodmaak en nie virusse nie. Aangesien griep veroorsaak word deur die griepvirus kan antibiotika nie jou griep genees nie. Griep gaan soms gepaard met sekondêre bakteriële infeksies, maar die gebruik van ’n antibiotikum sal nie die moontlike sekondêre infeksie voorkom nie.

Mite 3: Ek kan my immuniteit verhoog deur aanvullings te neem

Die waarheid is dat jy nie jou immuniteit kan verhoog nie. Jy kan net die een wat jy het, handhaaf. Jy kan dit bereik deur genoeg te slaap, nie te rook nie, gereelde oefening te doen, jou stresvlakke te verlaag, genoeg water te drink en ’n gesonde gebalanseerde dieet te volg. Gebruik net ’n aanvulling as jy nie genoeg vitamiene en minerale deur jou dieet inkry nie. Alhoewel vitamien C die algemeenste aanvulling is, het studies getoon dat die enigste mense wat werklik baat vind by vitamien C-aanvullings, dié is wat straf oefen. En nee, vyf keer per week se oefen by die gimnasium gaan jou nie teen die griepvirus bestand maak nie. Kry eerder ’n griep-inenting.

Lees ook: Motorneuronsiekte: 5 vroeë simptome om raak te sien

Mite 4: Ek glo nie aan die griep-entstof nie, want dit maak jou siek

Die griep-entstof kan ’n ligte immuunrespons veroorsaak (ligte koors, hoofpyn en liggaamspyne vir twee dae), maar dit kan jou beslis nie siek maak nie. Die entstof kan jou nie griep gee nie. Dit bevat nie lewende virusse nie. Dit is so veilig dat swanger vroue en babas ouer as ses maande dit ook mag gebruik.

Mite 5: Jy het nie elke jaar ’n griepinspuiting nodig nie

Die uitwerking van die entstof neem af met tyd en jy moet elke jaar ’n nuwe inenting kry om jou teen griep te beskerm. Die virusse kan van jaar na jaar verskil en jy moet teen die regte virus ingeënt word. Baie van die suidelike halfrond se data word verander en reggestel na die griepseisoen in die noordelike halfrond en omgekeerd. In Suid-Afrika het ons net drie verskillende stamme in ons entstowwe, maar sommige van die noordelike halfrond-entstowwe bevat vier verskillende stamme.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Mite 6: Jy kan net griep oordra as jy al die griepsimptome het

Jy kan dalk die griep aan iemand anders oordra voordat jy weet jy is siek. Jy kan die virus kry vyf tot sewe dae nadat jy besmet is.

Mite 7: Daar is nie regtig iets soos man flu (mansgriep) nie

Dit is ’n hoogs omstrede onderwerp. Mense glo dat mans meer geraak word deur griepsimptome as die skoner geslag. Maar dit is dalk nie ’n mite nie! Studies wat in 2013 deur Stanford Universiteit gedoen is, het bevind dat mans gewoonlik nie dieselfde reaksie op die griep-entstof het as vroue nie en dit maak hulle meer geneig om griep te kry. Weens ’n reaksie met testosteroon, kan mans ook erger simptome kry as hulle griep het.

Lees ook: Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

The post 7 mites oor griep appeared first on rooi rose.

Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur
Wat almal moet weet oor sinusallergie, stofmyt, toetse, medikasie, en hoe om dit te bestuur deur Salomé Delport

’n Sinusallergie is geweldig algemeen en bitter lastig. As jy kan identifiseer met hierdie lesers se vrae, lees verder.

Ons het vir prof. Claudia Gray, allergiespesialis en pediater aan die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale, om haar raad gevra.

Lees ook: Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekosallergie, vis-parasiete, of histamiene?

Lipswelsels: Net irriterend, of lewensgevaarlik?

Help, ek het ’n sinusallergie!

rooi rose-leser Merryl van Jaarsveld vra

Ek nies aanhoudend en my neus loop sonder ophou. Raad asseblief?

rooi rose-leser Janelle Henning vra

My 15-jarige se IgE-telling is oor die 800, terwyl dit rondom 20 moet wees. Sy gebruik antihistamiene en neusspuite twee keer per dag, saam met ’n kortisooninspuiting elke ses maande. Ons is nou verwys na ’n allergiespesialis maar ek sien nie die punt nie. Alles waarvoor sy allergies is, is in die lug. Sy is nie allergies vir goed waarmee ons ’n plan kan maak nie

Prof, Claudia Gray, allergiespesialis en pediater by Rooikruis en Vincent Palotti-hospitale, antwoord

Altwee lesers se  simptome klink na ’n tipiese sinusallergie.

’n Chroniese genies, ’n neus wat jeuk, ’n toe neus en ’n loopneus is die klassieke kenmerke van sinusallergieë, of allergiese rhinitis soos ons dit noem.

Lees ook: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?

Oorsake van sinusallergie

Die meeste mense se sinusallergie word veroorsaak deur omgewingsallergene, soos huisstofmyt, stuifmeel van gras, blomme en bome, swamme in jou onmiddellike omgewing, en dierehare en dons.

Huisstofmyt kom baie wyd in huise en selfs in skole, klerewinkels en biblioteke voor – en veral in klere, beddegoed, matte, gordyne, kussings en ander gebruiksitems.

Lees ook: Nare bedmaats! Raad vir stofmyte

Hoe om jou bed skoon te hou en stofmyte onder beheer te hou

Toets vir sinusallergie

’n Dokter wat opgelei is in allergiebestuur diagnoseer maklik ’n sinusallergie met velpriktoetse of bloedtoetse.

Baie mense is skepties of dit sinvol is maar ek beveel dit sterk aan. Onbehandelde allergiese rhinitis het ’n groot negatiewe invloed om jou lewensgehalte.

Nogtans beveel ek nie aan dat jy sommer net op allergiemedikasie geplaas word op die aanname dat jy allergies is nie. Allergiemedikasie moet net voorgeskryf word as toetsing ’n allergie bevestig en as dit bekend is waarvoor die pasiënt allergies is.

Lees ook: Jy vra: Hoekom is sekere medisynes geskeduleer?

Behandeling vir sinusallergie

Op grond van jou bewese uitslag kan die dokter dan die beste kombinasie van allergiemedikasie voorskryf, jou inlig oor wat jy moet vermy en jou help om jou lewe so in te rig dat jou allergie jou so min as moontlik pla. Onthou ook dat ’n allergie meestal ’n lewenslange toestand is. Daarom is langtermyn beplanning ook nodig.

Behandeling vir ’n sinusallergie of allergiese rhinitis sluit gewoonlik kortikosteroïed neusspuite en/of antihistamiene in.

Lees ook: Redes hoekom jou neus maklik bloei

Kortisooninspuitings vir sinusallergie word NIE aanbeveel nie aangesien hulle baie sistemiese newe-effekte het. In plaas daarvan kan die moontlikheid van desensitisering ondersoek word, veral in ernstige gevalle.

Jou dokter sal jou ook riglyne gee oor hoe gereeld jy jou allergiemedisyne moet gebruik. Party mense het dit net in ’n sekere seisoen nodig terwyl ander hul allergiemedisyne maar heeljaar deur sal moet gebruik.

Jy kan byvoorbeeld allergies wees vir die stuifmeel van ’n sekere groep tuinplante of ’n boomsoort. As dit ’n seisoenaal voorkom weet jy om in die lente jou allergiemedikasie te gebruik, terwyl jy die res van die jaar nie medikasie benodig nie.

Jou dokter sal jou ook inlig oor hoe jou omgewing aangepas kan word, sodat jou allergie jou so min as moontlik hinder. Vir iemand met ’n huismytallergie is dit uiters belangrik om sy omgewing so stofvry as moontlik te hou.

Lees ook: Die 14 bronne van huismyt waarmee jy  elke dag saamleef

The post Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur appeared first on rooi rose.

6 maniere om griep te klop
Sodra griep jou liggaam begin aanval, kan jy nie op jou maksimum presteer nie, maak nie saak hoe hard jy probeer nie, en as vroue kan ons nie bekostig om minder as 100% van onsself te gee nie. Probeer hierdie eenvoudige maniere om dié seisoen die snuffels te vermy:

Drink tee

Warm drankies is veral lekker gedurende die koue wintermaande. Drink bedags warm groentee met heuning. Die stoom van die tee stimuleer die klein haarsakkies in jou neus en help om vinniger van kieme ontslae te raak. Bonus: die heuning dien as ’n antibakteriese middel.

Proteïen is koning

’n Laeproteïendieet kan jou immuunstelsel vertraag. Kry hierdie winter meer proteïen in. Eiers vir ontbyt is ’n wonderlike manier om die dag mee te begin.

Superskoon in die kantoor

Jy mag dalk gespot word hieroor, maar jou kollegas gaan nie lag wanneer hulle griep kry nie. Ontsmet die oppervlaktes (gebruik ’n middel met ’n alkohol-basis) waaraan baie mense vat. Kieme leef op oppervlaktes! Moet ook nie vergeet om jou hande gereeld te was nie.

Jou eie pen

Dit klink dalk belaglik, maar dra jou eie pen saam met jou. Aangesien kieme op alle oppervlaktes leef, is dit beter om jou eie pen te gebruik wanneer jy dokumente in openbare plekke soos die bank of in jou dokter se spreekkamer moet teken. Jy kan dit selfs gebruik om jou bankkode by ’n OTM in te tik!

Masseer dit

Wie het ’n verskoning nodig om vir ’n massering te gaan? Masserings verlig nie net stres nie (wat ’n magneet vir kieme is), dit verhoog ook jou sirkulasie wat uiteindelik jou immuunstelsel versterk.

Vitamiene, vitamiene, vitamiene

Ons is almal vertroud met hierdie raad. Vitamien C doen wondere om jou immuunstelsel teen griep te beskerm. Neem elke dag vitamien C-tablette en drink ’n glas vars lemoensap. Aarbeie, pynappels, brokkoli en soetrissies is ook goeie bronne van vitamien C.

Lees ook: 5 redes waarom rooibos jou dermgesondheid en immuniteit hierdie winter kan verbeter

The post 6 maniere om griep te klop appeared first on rooi rose.

Die regte medisyne vir verkoue
Dit is duur en dikwels onnodig om dokter toe te gaan vir ’n verkoue. Maar intussen voel jy sleg; jou lyf en kop pyn; jou sinusse voel dik en verstop; jou keel is droog en seer en jy voel pap. Toemaar, kyk wat kan help dat jy ten minste beter voel terwyl jou liggaam die virus beveg.

Vir koors en lyfseer

Begin met ’n kombinasiemiddel wat die algemene simptome verlig, soos Advil CS of Corenza C.

Vir daardie teer, rooi neus en bolip

Wend van die eerste nies af ’n skermroom aan, soos vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Gebruik baie sagte snesies.

Vir ’n  loopneus

Gebruik Advil CS of Grippon.

Vir ’n toeneus

Gebruik ’n ontstumiddel soos Iliadin as jou neus geswel is. Maar moenie Iliadin langer as vyf dae gebruik nie, want dit kan jou neusgange op die lange duur selfs meer laat toeswel. As jou neus toe is omdat taai neusslym nie kan wegdreineer nie, is ’n slymverdunner soos ACC beter.

Vir ’n droë hoes met ’n postnasale drup

Gebruik Phensedyl of Medifed.

Vir ’n droë hoes sonder ’n postnasale drup

Gebruik Dilinct Dry of Benylin DM.

Vir ’n nat hoes

Gebruik ’n ekspektorant soos Solphyllex, DPH, Muco-spect, Bisolvon Linctus of Dilinct.

Vir ’n seer keel

Gebruik Betadine-mondspoel as gorrelmiddel of maak jou eie gorrelmiddel met soutwater: ’n teelepel op ’n liter gekookte, afgekoelde water. ’n Suigtablet of spuitmiddel reik egter dieper in jou keel en verlig die seer beter. Medikeel verdoof baie doeltreffend en is as spuitmiddel en suigtablette beskikbaar. Andolex is nog ’n opsie.

Vir toegeslane ore

Gebruik ’n opdroogmiddel soos Demazin of Decofed.

As jy moet deurdruk

Die beste raad vir ’n verkoue en griep is om te rus. Maar soms is dit doodeenvoudig nie ’n opsie Jy kan jouself aan die gang hou maar wees versigtig, want daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Al die deurdramiddels bevat groot dosisse kafeïen of guarien wat ’n soort kafeïen is, soos Bioplus, Turbovite, Berocca Booster en Clicks Energy Syrup. Maak jou ook reg vir ’n besonder diep daling in jou energie sodra die kafeïen uitgewerk is.

Die verkouemedisyne wat gevaarlik is of vermy moet word

Medikasie laat jou beter voel, maar wees versigtig vir kodeïen en pseudefedrien. Hulle is nie vir almal veilig nie.

Twee risiko’s van kodeïen

1. Dit kom in talle verkouemedikasies en hoesstrope voor maar dit is berug daarvoor dat dit mense hardlywig maak. Vermy dit as jy reeds sukkel.
2. Kodeïen het ook ’n baie werklike verslawingspotensiaal. Vermy dit as jy of iemand in die huis dwelms gebruik of gebruik het.

As jy self jou verkouemedikasie uitkies, gaan die bestanddeellys op die verpakking of ingeslote voubiljet sorvuldig na of vra jou apteker om jou te help om iets uit te kies wat vry van kodeïen is.

Drie groepe mense wat pseudoefedrien moet vermy

Mense met hartprobleme, hoë bloeddruk of diabetes moet liewer wegbly van pseudoefedrien. Dit is nou ’n skedule 6-middel maar word steeds in lae dosisse in algemene verkouemiddels gebruik. Bekende middels hiermee is Advil CS.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

The post Die regte medisyne vir verkoue appeared first on rooi rose.

6 groepe mense met ’n groter risiko op doofheid
Weet jy wat is jou risiko op doofheid? En as jy ’n groter risiko loop, is dit tyd dat jy jou eie oudioloog uitsoek?

Almal van ons sal effens doof raak soos wat ons ouer raak, vertel Yolandé van der Westhuizen, oudioloog van Centurion. “Maar mense wat in hul lewe aan spesifieke middels blootgestel is of aan spesifieke siektes ly, loop beslis ’n groter risiko vir doofheid. Hulle kan meer doof raak óf op ’n jonger ouderdom begin sukkel met gehoor.”

Daar is verrassend baie algemene middels wat aan doofheid gekoppel word- van aspirien tot droogskoonmaakmiddels, verfverdunners, die ontsmetmiddels wat tipies ‘skoon’ ruik … en daardie kannetjies insekgif wat ons so maklik spuit.

Mense met ’n groot risiko op doofheid

Wat verhoog jou kanse op doofheid? Kom ons begin by die een waaraan die meeste van ons nie dink nie:

1 Jy is op een van hierdie medikasies

Ons gebruik dit almal, soms of gereeld. Ibuprofen as ons griep of verkoue het, en waarskynlik het jy al streptomisien as antibiotika vir een of ander infeksie gehad. Hulle word egter ook aan doofheid gekoppel. Darem nie omdat jy dit ’n week of wat vir verkoue of infeksie gebruik het nie. Dit gaan oor langtermyn gebruik en/of gebruik in hoë dosisse.

Ander medikasies wat jou risiko op doofheid verhoog, sluit in:

Sekere antibiotika: onder ander neomisien en gentamisien. Die risiko dat dit jou gehoor beskadig is groter hoe groter dosis jy gebruik en hoe langer jy hulle gebruik. Boonop bly hierdie antibiotika twee, drie maande nadat jy dit gestaak het nog teenwoordig in jou gehoorstrukture, waar hulle skade kan bly doen.

NSAID’s soos naproxen en ibuprofen, wat ons algemeen vir pyn en koors gebruik.

Aspirien: Hoë dosisse veroorsaak tinnitis en tydelike doofheid. Die effek tree darem eers in werking as jy meer as 2,5 g aspirien per dag drink. Dit werk uit op 5 ekstra sterk Disprins.

Sekere middels vir chemoterapie. As jy chemo kry, vra jou dokter wat jou kanse op gehoorverlies is.

Sekere middels vir malaria.

Sekere middels vir hoë bloeddruk, spesifiek die klas wat die antidiuretiese middels (waterafdrywers) genoem word.

2 Jou werkplek en beroep (of jy gebruik tuis te maklik gevaarlike chemikalië)

Net soos medikasies hou talle chemikalieë ’n risiko vir doofheid in, veral as jy blootgestel is aan gomme, drukkersink, insekspuitmiddels, ontsmetmiddels, oplosmiddels en verfwerk. Jy behoort te weet met watter chemikalieë jy in kontak is. As jy nie weet nie, vra jou werksplek se gesondheid- en veiligheidsbeampte. Hy/sy behoort voorsorg te tref om jou daarteen te beskerm.

Hier is die lys van middels wat jou gehoor kan beskadig. Hoe langer jy aan hulle blootgestel word, hoe groter is jou risiko op doofheid soos jy ouer raak.

As jy meer wil weet oor werkplekblootstelling, lees gerus self ons bron hier

Benseen, wat jy tuis moontlik gebruik om oliekolle op klere te verwyder. Dit word ook wyd industrieel gebruik.

Perchloro-etileen (perchloroethylene). Nog ’n droogskoonmaakmiddel. Net soos met benseen, is die mense wat in droogskoonmakerye werk dié met ’n risiko op doofheid weens blootstelling, eerder as jy wat dit een keer elke af en toe gebruik om tuis klere skoon te maak.

Metileenchloried (methylene chloride). Dit word veral in verfverwyderaars gebruik, en ook in die voedselbedryf.

Poli-aromatiewe hidrokoolstowwe (polyaromatic hydrocarbons) wat vrygestel word wanneer steenkool brand en petrol ontbrand, soos in uitlaatgasse.

Koolstofmonoksied (carbon monoxide). Dit word aangetref in mynskagte en in motoruitlaatgasse, en ook gebruik tydens galvanisering.

Tolueen (toluene). Dit kom voor in baie tipes gom, verf, vernis, verfverdunners en brandstofbymiddels.

Trichloro-etileen (trichloroethylene). Dit is ’n industriële oplosmiddel, wat sedert 2005 deur die EPA (Environmental Protection Agency) as ’n kankerwekker geklassifiseer is. Dit behoort nie in jou werkplek in gebruik te wees nie.

Trichlorofenol (trichlorophenol). As jy al daardie medisyne-reuk geruik het as jy goggas met ’n spuitkannetjie uitgewis het, het jy al hierdie middel geruik. Dit is die aktiewe bestanddeel in sekere ontsmetmiddels, talle blikkies insekspuitmiddels en in onkruiddoders.

Xileen (xylene). Nog ’n algemene oplosmiddel wat industrieel gebruik word.

Formaldehied (formaldehyde). Dit word wyd in die vervaardiging van gomme gebruik. Jy sal dit ruik in die gom wat gebruik word vir die lê van matte.

Metale soos lood, kwik, kadmium en arseen, wat veral in die motorvervaardiging, batterye, verf- en die houtbedryf gebruik word.

3 Brandweerman as beroep

Baie van die bostaande chemikalieë vorm tydens brande. Dus loop brandweerpersoneel wat voortdurend blootgestel ook ’n risiko op doofheid.

4 Jy werk in ’n raserige plek

Een van jou werksplekregte: ’n ruimte waar geraasvlakke nie jou gehoor beskadig nie. As dit hoog is, kontak jou werksplek se veiligheidsbeampte, om seker te maak dit word korrek bestuur.

5 Sekere siektes

Jou risiko op doofheid is hoër as jy diabetes, hoë bloeddruk of ’n outo-immuunsiekte het.

6 Jou ouderdom

Die meeste mense verloor na die ouderdom van 35 hul gehoor. Dit gebeur gelukkig baie geleidelik, en jy sal waarskynlik goed genoeg hoor tot in jou vyftigs. Na vyftig ervaar die meeste van ons ’n duidelike mate van gehoorverlies. Moenie nou jou gehoor afskeep nie. Laat dit toets, en kry die nodige hulp, sodat jy goed tot laat in jou lewe kan hoor.

Die beste raad as jy ’n risiko op doofheid loop

Net soos wat jy ’n ginekoloog het behoort jy, as jy in die groepe met ’n groter risiko vir doofheid val, jou eie oudioloog te hê – iemand wat jou gehoor leer ken en gereeld evalueer wat nodig is om die beste van jou gehoor te maak, verduidelik Yolandé.

Waar kry jy ’n oudioloog? Kyk op die webwerf van die SA Association of Audiologists

As jy wonder hoe goed jy op die oomblik hoor, doen hierdie selftoets vir doofheid

Lees ook waarom dit beter vir jou gehoor is om so vroeg as moontlik ’n gehoorstuk te begin dra, eerder as om te wag totdat jy regtig doof is hier. Klik hier

The post 6 groepe mense met ’n groter risiko op doofheid appeared first on rooi rose.

Aspirien: wondermiddels, mits …
Dr. Oz sê dat as hy net één soort pil vir almal bo 40 mag voorskryf, sal dit aspirien wees omdat dit ’n ontsaglike spektrum van toestande kan verlig, genees of voorkom. Van borskanker tot kolonkanker, artritis en migraine. Noem maar op. Daarby is dit spotgoedkoop.

En jy kan dit sommer maklik, sonder voorskrif of sê van jou dokter, by die supermark saam met jou brood en melk kry. En mense wêreldwyd doen dit, want mense koop 1 200 miljoen dollar se aspirien elke jaar, of minstens 12 000 000 000 pille. Daarom sluk baie van ons, veral wanneer ons ouers bloeddrukprobleme of hartkwale of artritis het, elke dag ’n halwe een as ons eie boereraat teen die skete wat dalk eendag kan uitslaan.

Tog knaag die kommer aan jou. Dit kan immers jou maagwand wegvreet; dit kan jou laat bloei; jy moet voor operasies niks met aspirien daarin drink nie; dis nie vir kinders nie … Hoe veilig is dit regtig? Farmakoloog Carine Marx, direkteur van Tygerberg-hospitaal se gifinligtingsentrum, het die feite verskaf.

Lees ook: Hoe om allergieë in die lente te behandel

1 Help aspirien regtig vir alles?

Ons weet aspirien verdun bloed en dit werk inflammasie teë. Dit help ook vir pyn en koors. Daarom werk dit vir talle toestande wat hiermee verband hou, onder meer talle hart- en bloedtoestande (soos angina, hartfibrillasie, hartvatsiektes, alle soorte beroertes, trombose, aarontsteking en meer); vele toestande wat met inflammasie verband hou, soos jig, artritis, gewrigsontsteking en pyn (soos vir griep, verkoue en selfs migraine).

Aspirien werk op ander onbekende maniere ook: ons verstaan nie hoekom nie, maar dit is waar dat vroue wat aspirien gebruik minder geneig tot borskanker is. Aspirien verminder ook jou kanse op kolon-, slukderm- en prostaatkanker. Dit lyk asof gebruikers minder geneig is tot demensie maar dit maak geen verskil aan Alzheimersiekte nie. Dit is dus waar: langtermyn-gebruik van aspirien kan vir baie mense help.

Maar – en dit is baie belangrik – ons beveel nie aspirien voor die voet aan nie. Dit kan nadelig óók wees.

Terloops: onthou dat aspirien onder ’n klomp name bemark word en in talle verkouemiddels ingesluit is. Jy ken dit dalk as Disprin, Dristan, Grandpa, Ecotrin, Tenston, Coryx, Doloxene, Med-Lemon of Robaxisal.

2 Kan ék elke dag aspirien gebruik?

• Dit hang van jou persoonlike gesondheidsprofiel af wat bepaal word deur die ander medisyne wat jy drink. Aspiriene kan op ander medikasie reageer, soos kortisoon, metotreksaat (Methotrexate) en bloedverdunners soos Warfarin en Clopidogrel, Seroquel en so aan. Wees veral versigtig wanneer jy medikasie vir diabetes of hartkwale drink. As jy dus daagliks aspirien wil gebruik terwyl jy ook enigiets anders – of dit nou voorskrif-, langtermyn-, of sommer net kruie- of verkoue-medisyne is wat jy oor die toonbank kan koop – moet jy ten minste by die apteker seker maak dat dit veilig is om die twee saam te drink.

Terloops: wanneer jy chronies aspirien gebruik, moet jy vooruit beplan wat jy vir pyn, koors, griep, verkoues en hoofpyn gaan gebruik, want die meeste hiervan is mengsels wat ook aspiriene bevat.

• Nog ’n aspek: is jou maagwand sterk genoeg? Wanneer jy dikwels sooibrand kry, of ’n maagseer het, moet jy eers met jou dokter gesels. Spesiale voorsorg, soos om “coated” aspirien te gebruik, kan dalk veilig genoeg wees vir jou.

• Is dit veilig in geval van ’n operasie? Sommige chirurge beveel aan dat jy aspirien 48 uur voor ’n operasie staak maar ons stel voor dat jy dit met die chirurg moet bespreek en nie ’n veralgemening maak nie. Jy moet ook in ag neem aan watter toestande jy ly – en selfs hoeveel alkohol jy drink.

• Die regte dosis is nog ’n kwessie. Met te veel kan jy jouself vergiftig; met te min hou dit vir jou geen voordele in nie. Boonop reageer een uit elke drie mense nie op aspirien nie. As jy een van hulle is, gaan dit min help!

• Kinders onder een jaar mag nie aspirien kry nie – nie eens baba-aspirien nie. Ons beveel dit nie meer aan vir kinders en tieners met verkoue, koors, hoofpyn, waterpokkies, griep of wanneer ’n virusinfeksie vermoed word nie. Jou dokter is die regte beginpunt. Laat sy jou evalueer en help om die soort en die hoeveelheid aspirien te kies wat vir jou die beste is. Maar indien jy jouself gaan help, neem ten minste kennis van die volgende:

In die reël is daar dié wat dit maar kan gebruik – en selfs moet gebruik. Dan is daar dié wat alles met aspirien heeltemal moet vermy en dié wat aspirien versigtig en net onder toesig kan gebruik.

Vermy aspirien

• wanneer jy hipersensitief, onsensitief of allergies is vir die NSAIDs, die groep middels met aspirien daarin

• onder kinders en tieners met virusinfeksies, griep, waterpokkies of verkoue

• wanneer jy ’n aktiewe maagseer het

• wanneer jy medikasie vir bloedverdunning gebruik

• jy ’n asmalyer is en jou neus dikwels loop.

Moenie sommer net aspirien gebruik indien jy

• gereeld meer as drie drankies per dag drink

• swanger is of borsvoed

• ’n bloedingsiekte het

• al vantevore ’n maagseer gehad het

• ulseratiewe kolitis het

• aan Crohn se siekte ly of

• nier- of lewerprobleme het nie. Maak eers by jou dokter seker of jy kan en wat jou maksimumdosis is.

3 Hoeveel pilletjies waarvoor?

Die aanbevole dosis vir die daaglikse gebruik van aspirien wissel baie en hang af van die siektetoestand wat behandel word. Jy moet dus mooi uitwerk hoeveel jy nodig het – nog ’n rede hoekom jy liewer alles eers met jou dokter moet bespreek.

In beginsel is daar drie sterktes: die ligte soorte (voorheen baba-aspirien genoem) met 80-100 g van die aktiewe bestanddeel; die volle sterkte of gewone soorte met sowat 300 g en die ekstrasterk soorte met 500 mg.

Vergelyk die pilsterktes so

1 gewone aspirien = 4 baba-aspiriene = 1/2 ekstrasterk aspirien.

Gebruik dit so – mits jou dokter instem:

• Hoofpyn, koors 1-2 elke vier uur

• Pynlike menstruasie 3 baba-aspiriene elke vier uur

• Swaar menstruasie vermy aspiriene, wat dit sal vererger

• Voorkom beroerte en/of hartaanval gewone aspirien

• Kankervoorkoming daar is geen amptelike aanbevelings nie, maar 1/4 gewone asprien op die meeste

• Op die Pil, HT of vir die menopouse 1/4 gewone asprien

• Tuisnoodhulp met ’n hartaanval of beroerte 2-4 baba-aspiriene of 1/2-1 gewone aspirien of ’n 1/2 ekstrasterk aspirien

Lees ook: Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur

The post Aspirien: wondermiddels, mits … appeared first on rooi rose.

Verkouemedisyne blitsgids
Verkouemedisyne blitsgids deur Salomé Delport

Hier is ons blitsgids vir verkouemedisyne

#rrWenk: Onthou, dis belangrik om eers met jou dokter te gesels voordat jy medikasie neem.

Wat om te doen oor nies en loopneus

Iets vir nies en ’n loopneus:

’n Ontstumiddel.

Vaselien om jou bolip en rooi neus.

’n Opdroogmiddel – maar net as jy nie neig na sinusitis nie omdat die slym verdik en tot ’n sinusinfeksie kan lei.

Lees ook: Dokter jou verkoue soos ’n dokter dit sou doen

Die regte medisyne vir verkoue

Gesonde selfliefde teen ’n verkoue

Is dit verkoue of is dit iets erger?

4 selfdoenplanne vir verkoue

Wat om te doen oor koors

Iets vir jou koors:

Ibuprofeen of parasetamol.

Lees ook: Wat jy moet weet oor die soorte verkouemiddels

Watter medisyne is die beste vir my verkoue?

5 stappe om verkoue te beveg

Is dit verkoue, of is dit griep?

Wat kan jy doen vir ’n seer keel?

Iets vir jou seer keel:

’n Suigtablet wat lokale verdowing bevat.

Lees ook: Jy vra, hoekom kry mens net in die winter griep?

7 mites oor griep

Raad vir oorpyn

Iets vir oorpyn:

Ibuprofeen of parasetamol vir die pyn.

’n Warmwatersak vir pynverligting.

Oppas vir ’n opdroogmiddel as jy geneig is tot oorinfeksie.

Lees ook: Jy kan hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening

Raad as jy heeltyd moeg voel

Iets vir krag vir die dag:

Rus is die heel beste terapie.

As jy moet werk, gebruik iets met kafeïen as stimulant. Gebruik dit net bedags, want dit gaan jou wakker hou

Lees ook: Moegheid weens ystertekort of lae vitamien B

Wat jy moet weet oor ystertekort

Vir nog goeie gesondheidsraad, klik hier

Het jy geweet? Ons podsendingskanaal, rrRADIO is gratis en jy kan enige tyd daarna luister. Ons het die lekkerste luisterprogramme, van fiksie (Botox, Barbies en Bietse), gesprekke met bekendes (Tee & Taai Toffies) en raad oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid (Tussen Ons).

The post Verkouemedisyne blitsgids appeared first on rooi rose.

Die beste medisyne vir heesheid of laringitis
Vir die meeste van ons is ons stembande maar net die deeltjie van ons liggaam wat ons toelaat om te praat. Ons sien dit nooit nie en weet beswaarlik waar dit sit. Ons besef beslis nie hoeveel dit vir ons werd is nie … tot die dag dat ons stem weg is.

Jou stembande doen baie meer as net praat

Al ooit gewonder waarom tennispelers kreun wanneer hulle die bal slaan? Een van jou stembande se vreemdste funksies is dié van kragstut.

Wanneer jy jou longe vol lug trek en dan jou stembande sluit (met ander woorde jou lugweg ook) vorm jou longe ’n sterk sak vol lug met jou stembande as die ‘prop’ wat die lugsak toehou. Tennisspelers gebruik dus in effek hul longe as ’n kragstut waarteen hul arms kan werk, met meer krag tot gevolg. Daardie steungeluid wat jy hoor ontstaan wanneer die impak sterk genoeg is om lug deur die speler se geslote stembande te forseer.

Nog drie funksies van jou stembande

Dit keer dat kos in jou longe beland. As jy sluk, druk hulle die lugweë baie styf toe.

Hulle help om mukus (keelslym) af te sluk, deur saam te trek.

Wanneer jy moet hoes, sluit hulle die keel sodat net die lugweë oop is, waarna slym uit die longe opwaarts gehoes kan word.

Al is die stembande brose, sagte weefsel van net sowat 5 cm lank is dit ’n ongelooflik kragtige en doeltreffende stukkie meganika.

Lees ook: Vogsproeiers vir sinusitis: ja of nee?

Jy gaan jou stembande egter die meeste mis die dag as jou stem weg is of as jy selfs net hees is. Gelukkig hoef jy nie te lank ellendig te voel nie. Clicks-apteker Anne-Marié Wessels het raad vir ’n lastige laringitis.

“Jou stembande werk die beste as hulle vogtig en soepel is, sodat hulle kan oop- en toemaak en vibreer – die maniere waardeur hulle klanke uitbring.

“Jou stem raak om twee hoofredes weg:

jy het ’n post-nasale drup wat veroorsaak dat slym in jou stembande ophoop en dus nie kan sluit nie.

jou stembande is geswel weens inflammasie wat algemeen weens ’n virusinfeksie gebeur. Die swelling keer dat jou stembande goed sluit. As ’n bietjie lug kan deurkom, klink jou stem hees of rasperagtig. Hulle kan selfs so opswel dat hulle glad nie kan toemaak nie – die rede waarom jy stemloos is.”

Raad vir as jou stem weg is

“Die eerste beginsel is om jou stem te laat rus. Praat maar vir ’n dag of twee met die hande, of skryf-praat op jou selfoon of met pen en papier.

“Laringitis is meestal nie ernstig nie. Jy kan dus maar jouself tuis dokter. Gee dit kans vir ’n dag of drie.”

Lees ook: Die regte medisyne vir verkoue

Onthou

Laat ’n dokter kyk wat fout is as:

jou stem vir langer as ’n week wegbly

jy permanent hees is

jou keel vir langer as drie weke seer is

Raad vir ’n hees stem

Kry ’n opdroogmiddel vir jou postnasale drup

As jy voel jy het ’n post-nasale drup is ’n opdroogmiddel die beste.

Onthou

Party mense kry maklik sinusitis. Hulle gebruik dus ’n slymverdunner wat help dat die sinusse bly dreineer, en so infeksie keer. As jy agterkom dat jy besig is om sinusitis te kry omdat die opdroogmiddel keer dat jou sinusse opdroog, slaan oor na ’n slymverdunner.

Lees ook: Gesonde selfliefde teen verkoue

Kry ’n anti-inflammatoriese middel vir die swelling

Enige van ’n hele aantal anti-inflammatoriese middels verminder swelling. Veral ibuprofien werk goed omdat dit ook pyn en koors verlig en dus ’n seer keel en verkouesimptome in die algemeen verlig.

Onthou

Mense met hoë bloeddruk of wat reeds op ander anti-inflammatoriese middels is moet eers by hul apteker uitvind watter selfhelp verkouemiddels geskik is.

Verlig jou seer keel

Suigtablette wat verdowend is neem die pyn gou weg, hoewel net tydelik. Jy kan ook ’n antiseptiese sproei bysit, om jou keelarea te ontsmet.

Onthou

Gorrelmiddels kan help om jou keel te ontsmet maar jy is nie hees weens infeksie nie. Jou stem is weg weens inflammasie en/of ’n oormaat slym.

Die een homopatiese middel vir ’n hees stem

Anne-Marié verklap ’n geheimpie waarop menige sangers staatmaak: Homeovox. “Dit werk uitstekend om die stem helder en sterk te hou.”

The post Die beste medisyne vir heesheid of laringitis appeared first on rooi rose.

10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!
Cindy wil elke oomblik inkleur

In Binnelanders red sy lewens en breek harte, maar in die werklike lewe is Cindy Swanepoel ’n skaam, sensitiewe siel wat graag met poppe speel.

Vir ewig en altyd

Die akteurspaar Bennie Fourie en Mila Guy het in die hartjie van die Elgin-vallei, omring deur woude en die majestueuse Hottentotsberge, in die teenwoordigheid van meer as ’n 100 uitgesoekte gaste, ewig trou aanmekaar gesweer.

Schalk doen dit op ’n drafstap

Die man met die bont truie, krulkop en astrante snor is nie net een van Suid-Afrika se mees geliefde en bekende komediante nie, hy’s ook ’n voorslag op die rolbalbaan.

As saambly sneuwel…

Stel eers ’n omvattende saamblykontrak met jou lewensmaat op voordat julle besluit om saam te woon en nie te trou nie. Anders kan jy die spit lelik afbyt en groot verliese ly …

SA sjefs se gunsteling-sop

Wintertyd is sinoniem met stomende bakke sop. Ons het vier sjefs gevra om hul trefferresepte te deel.

‘n Wintersbal

Wintersklere hoef nie vaal te wees nie. Met hierdie idees lyk jy asof jy uit ‘n Jane Austen-boek gestap het.

Daai tyd van die jaar

Jou neus is toe, jou keel is seer, jy hoes jou longe uit en jy voel ellendig. Beur jy maar voort of gaan jy dokter toe?

Groet jou fobies vir goed

Steel ’n fobie vir vlieg, honde, openbare optrede of iets anders jou geluk? Voel jy verleë omdat hierdie vrees jou aan bande lê terwyl jy wéét dis irrasioneel? Wees gerus – jy word bloot deur jou brein se reaksie meegesleur.

Wen ’n safari-wegbreek na Inverdoorn- privaat wildreservaat

Een gelukkige leser kan verblyf vir twee nagte vir twee mense ter waarde van R20 000 by Inverdoorn- privaat wildreservaat in die majestueuse Tankwa-Karoo wen.

Warm voete in die winter

Dis baie makliker as wat jy dink om sokkies te brei en dis heerlik sag.

Lees ook: WEN ’n Vadersdaggeskenkbewys van Chalmar Farm Kitchen!

The post 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees! appeared first on rooi rose.

Antibiotika-vry
Ons hét gehoor. Ons ís gewillig om minder antibiotika te gebruik. Maar hóé oorleef jy sinusitis, laringitis of selfs brongitis sonder antibiotika? Hoekom is dokters vanjaar opnuut suinig met ons almal se staatmaker?

Teen die tyd weet ons alles van weerstandige bakterieë, al besef ons nog nie hoe erg dit kan word nie. Volgens die CDC se 2016-syfers sterf daar net in Amerika nou reeds 23 000 mense per jaar aan infeksies wat voorheen maklik met antibiotika genees is. Tot ’n dekade gelede sou dokters byna almal met ’n kursus antibiotika kon deurtrek.

Met ons staatmakers aan die vou, is dit tyd om antibiotika as Plan B te beskou.

Maar sal dit werk? Volgens dieselfde bron herstel twee miljoen pasiënte met weerstandige kieme vanself. As jy die twee syfers saamklits en die sterftes uitdruk as ’n persentasie, kom jy daarby uit dat 99 uit elke 100 van hierdie pasiënte sónder antibiotika gesond geword het, selfs al het hulle met weerstandige kieme te doen gehad.

Duidelik weet jou liggaam hoe om homself te genees. Maar ons en ons dokters glo dit nie. Kyk net hoeveel antibiotika gebruik ons, volgens ’n artikel deur ’n navorsingspan van Universiteit van Kaapstad in die Februarie 2017-uitgawe van die SA Medical Journal.

Hulle het ’n allemintige 166 821 eise wat in 2013 by ons elf grootste mediese fondse ingedien is, deurgewerk om eise te identifiseer wat met brongitis verband hou.

Hoe lank van siek tot gesond?

• Verkoues en griep: 10 dae

• Oorinfeksie: 4 dae

• Seer keel: 7 dae

• Sinusitis: 21 dae

• Brongitis: 21 dae

• Mangelinfeksie: 7 dae

• Hoes: 21 dae

Wat is bevind?

Meer as die helfte van die pasiënte (53%) het antibiotika ontvang.

Nog erger: daar is selfs meer kere antibiotika voorgeskryf vir mense met ’n vermoedelike virusinfeksie, waarvoor antibiotika in elk geval nie help nie, as vir mense met bakteriële brongitis verwante toestande (59% teenoor 53%).

Dokters skryf antibiotika om verstaanbare redes voor: hulle ken en vertrou antibiotika omdat hulle dit talle kere sien werk het in pasiënte wat ernstig siek is.

Maar wat gebeur as hulle dit sou los? Die resultate by Groote Schuur-hospitaal was verstommend: in 2011 is 1 046 dosisse antibiotika per 1 000 pasiëntdae gebruik; dit is gesny na sowat 870 dosisse. Die aantal sterftes het nie toegeneem nie. Die aantal hertoelatings ook nie.

Dit is ’n staatshospitaal wat verplig is om almal te behandel. Daar is nie sprake daarvan dat hulle minder siek mense trek nie. Dit wys jou net. Daarby was die netto besparing R2,8 miljoen, wat laboratoriumkoste insluit.

Wat as jy hondsiek voel?

Die Britse National Health System se NICE Guidelines is ’n baie nuttige stel riglyne wat eintlik vir dokters bedoel is. Hierdie uitkomsgebaseerde riglyne word beskou as uiters verantwoordelik en betroubaar, en daarvolgens het jy nie antibiotika vir verkoues nodig nie.

Ook nie vir ’n seer keel of ’n hoes of selfs vir mangelinfeksie, oorinfeksie, brongitis of sinusitis nie.

Volgens die NICE-riglyne het jy net die antibiotika met die naam “Tyd” nodig sodat jou lyf kans kry om self terug te veg. Jou dokter behóórt jou huis toe te stuur met niks meer as advies oor hoe lank dit sal neem om heeltemal te herstel nie en die opdrag dat jy moet rus. Dalk met ietsie vir die pyn en verligting van jou simptome.

Vir ’n sinusitis sal die dokter iets gee vir pyn en koors (as jy koorsig is) en ’n slymverdunner sodat die slym makliker kan dreineer. Jy sal binne 21 dae gesond wees.

Ás jy ná die verwagte siekteduur steeds siek is, kan jou dokter antibiotika oorweeg, mits jou koors bo 38 is. Ook maar net mits jy gehou het by die voorstelle om jou lyf te ondersteun.

Daar is darem enkele uitsonderings, soos mense met gevorderde hartkwale of dié wat op kortisoon is weens ander ernstige toestande soos vigs of kanker.

Wat doen jy en Tyd-antibiotika?

Die antwoord is grootliks selfmedikasie as alternatief vir antibiotika. Dit het ’n interessante kant: selfsorg en selfbemag-tiging. Doen al die regte selfsorgdinge-tjies: bedrus, genoeg water en ekstra vitamien C. Hoes en nies higiënies en was jou hande sodat jy nie ander mense aansteek nie.

Vir raad oor selfmedikasie kan jy gerus jou apteker gebruik, sê Glen, ’n apteker in ’n private praktyk. “Jy moet darem ook weet wat jy doen: oor-die-toonbank medikasie is nie sommer net water nie. Die aktiewe middels daarin kan jou slymvliese opdroog maar ook uitdroog; dit kan die slym laat verdik, wat jou sinusse kan opblok, of jou slym laat verdun, wat jou neus meer laat loop maar darem beter is vir jou sinusse.

“Gesels met jou apteker. Lys jou drie ergste simptome en sê ook vir ons wat jou gewone swakplek is. Slaan jou verkoue maklik oor in sinusitis? Of kry jy eerder ’n borsverkoue of stembandinfeksie?Dit gee ons die leidrade om die beste middels vir jou uit te soek.

“My tweede brokkie raad: kry ’n koorspen. Teken jou koors elke oggend en aand aan sodat jy ’n bevestigde rekord het. As jy ná ’n week koorsig bly of skielik ’n koors bo 38 het, is dit tyd om dokter toe te gaan.”

Die tweede aspek van selfsorg gaan oor voorkoming.

Dit is so maklik as om te keer dat kieme Uber tot op jou hande en daarvandaan in jou neus en mond beland.

Dink veral aan plekke waaraan jy en die hele wêreld vat, soos winkelwaentjies, kaartmasjiene, hysbakknoppies en die ketel en waterkoeler by die werk. Was jou hande sodra jy tuiskom.

Moenie nie aan jou gesig vat nie; en bly taamlik fiks. As jy siek is, wees bedagsaam en hoes en nies in jou mou of sakdoek. Was ook jou hande gereeld sodat jy nie jou kieme oral los nie.

Lees ook: Maak jou werk jou siek?

The post Antibiotika-vry appeared first on rooi rose.

Vogsproeiers (humidifiers) vir sinusitis: ja of nee?
’n Vogsproeier vir die huis omskep water in koue stoom (mis) om die vog in ’n vertrek te verhoog.

Moenie ’n vogsproeier verwar met …

• Verstuiwers (nebulizer) wat op dieselfde beginsel werk maar medisyne in mis omskep sodat jy dit in jou longe, sinusse en lugweë kan inasem;

• Ioniseerders wat statiese elektrisiteit opwek en bakterieë en ander onsuiwerhede uit die lug onttrek. Ioniseerders kán so die lug suiwer, maar kenners verskil oor hul doeltreffendheid om ’n hele vertrek werklik skoon te hou; en

• Osoniseerders wat gewone lugsuurstof in osoon omskep. Osoon dood mikro-organismes baie doeltreffend maar kan in selfs lae dosisse die longe beskadig. Daarom word osoonterapie in talle lande nie meer toegelaat nie.

Hoekom sal ’n vogsproeier vir sinusitis help?

Die slymvliese in jou neusholtes se hooftaak is om slym te vorm – ’n liter daarvan per dag, en baie meer as ’n verkouekiem hom in jou neus probeer tuismaak. In die piepkleine ruimte werk hierdie slym soos ’n gom: dit vang die stof en kieme wat jy inasem vas en kanaliseer hulle uit na jou neus toe. So sorg dit dat net silwerskoon gefiltreerde lug in jou longe kom. Maar as die kanaaltjies verstop is, kan die mukus nie dreineer nie, wat jou sinusse in ’n warm, kosryke blyplek vir mikrobes omskep. Dit lei tot die tipiese inflammasie, druk en pyn wat jy ervaar. Jou slymvliese werk op hul beste as die lug skoon en/of vogtig genoeg is. Ons binnelandse winterlug is báie droog en lugreëling by die werk en in die motor, asook kaggels en verwarmers droog die lug verder uit. Dus is ’n vogsproeier ’n uitstekende oplossing. Máár talle asmalyers ervaar dat vogtige lug hul asma vererger.

Wat kan jy nog doen?

1 Gee jou kind ekstra vitamien C en omega-3’s. Volgens Vital is dit noodsaaklik vir gesonde slymvliese.

2 Die Universiteit van Maryland sê wasabi (die groen skerp pasta by soesji), gemmer, sterk kerrie, hoendersop en tee met heuning en suurlemoen is ontstumiddels wat werklik help om die swelling in die sinusslymvliese te laat sak.

3 As jy nie ’n vogsproeier het nie, week ’n vadoek in warm water met ’n paar druppels bloekomolie in. Droog die vadoek ligweg uit en drapeer dit oor jou gesig.

4 Sorg vir ’n plat bak water by ’n verwarmer of kaggel om die lugvog aan te vul.

Wat is …

Sinusitis

Infeksie in die lugholtes rondom jou neus en bokant jou oë

Kan akuut wees (vinnig ontwikkel, veral as deel van verkoue of griep) of chronies wees (’n laegraadse langtermyn-infeksie wat van tyd tot tyd opvlam). Geen of lae koors

Simptome is ’n toe neus; pyn as jy weerskante of bo jou neus en oë druk, wat veral onaangenaam is as jy vooroor buk; moegheid, geel slym, en onwelriekende asem

Kan veroorsaak word deur bakterieë; voortdurende hooikoors; prikkels soos rook, parfuum en insekgif; en as teenreaksie op allergieë soos vir huismyt, troeteldiere, melk en koring (meel, brood en gebak)

Kan verminder as jy gereeld saans jou sinusse spoel met ’n koppie louwarm water waarin ’n kwart teelepel sout opgelos is

Griep

Veroorsaak hoë koors, kouekoors, rillings, lyfpyn en geweldige moegheid

Kan met die griepvaksien gekeer word, en is die beste voorkomingsplan, veral as jou kind maklik asma, brongitis of longontsteking kry. Dit behoort vanjaar maklik beskikbaar

te wees

Word die beste gehanteer deur jou kind tuis en rustig te hou. Gee hom ’n pynstiller, ekstra vitamien C en/of ’n antivirale aanvuller. Neem hom dokter toe as hy ná vier tot vyf dae weer sieker word. Dit kan beteken dat ’n sekondêre (bykomende) infeksie toegeslaan het

Verkoues

Veroorsaak neus- en kopsimptome, eerder as lyfsimptome soos griep. Jou kind sal nies en ’n loopneus en ’n seer keel hê

Word net soos griep hanteer

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

The post Vogsproeiers (humidifiers) vir sinusitis: ja of nee? appeared first on rooi rose.

Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?
Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep? deur Salomé Delport

Hoekom slaan griep net in die winter toe? Is ons weerstand in die winter regtig soveel swakker dat die virus ons dan soos vuurhoutjies kan knak? Wat word van die griepvirus in die somermaande? Hiberneer dit – soort van teenoorgesteld as die winterhibernering van bere? Of het die seisoenaliteit van griep te doen met die son? Maak iets in sonlig dit dood?

Amerikaanse navorsers van die Institute for Health, Bethesda, Maryland (lees die artikel hier ) sê hulle het ’n uitstekende verklaring. Boonop is dit een wat ek en jy maklik kan inspan om die griepvirus te fnuik …

Die griepvirus kan smelt …

Dit smelt. Letterlik.

Die rede?

Om dit baie eenvoudig te verduidelik: die griepvirus se ‘vel’ bestaan uit verskillende lipiede, die wetenskaplike naam vir vette.

Hitte laat vette smelt, terwyl koue vette laat stol. Dit is presies wat met die Influenza-virus gebeur.

In die winter, spesifiek by temperature onder 15°C, solidifiseer die omhulsel tot ’n rubberagtige jel wat hard genoeg is om die virus se sagte binnekant te beskerm. Daarmee kan dit omgewingsfaktore goed oorleef – en inderdaad baie lank oorleef! Trouens, navorsing uit Switserland wys dat griepvirusse so lank as 48 dae op banknote kan oorleef.

Lees ook: Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik?

Sodra die somer met sy warmer dae aanbreek, veroorsaak die hitte dat die griepvirus se ‘vel’ onstabiel raak. Vir alle praktiese doeleindes smelt dit, en daarmee saam verloor die Influenza-virus sy beskerming. Ten spyte daarvan dat die griepvirus in die winter ’n skrikbewind in ons liggame kan voer, is hulle maar pieperige dingetjies. Sonder die buitedop sterf hulle in groot getalle af. Daarom loop die epidemie elke jaar in September, Oktober by ons dood, en lig die virus sy kop eers weer wanneer dit bedags ook koud raak, hier teen Mei en Junie.

Lees ook: Is dit verkoue, of is dit griep?

Koue en griep

By watter temperatuur begin die griepvirus degenereer?

Dit lyk asof 15,5°C die magiese temperatuur is, altans in die VSA, waar die navorsing gedoen is. Dit is moontlik dat die virus in warmer lande, soos by ons, by effens hoër temperature kan oorleef.

Maar wat van mense in tropiese gebiede? Spring hulle griep vry? Nee, inteendeel. Hulle ervaar nie so ’n duidelike griepseisoen soos by ons nie. Griep slaan daar enige tyd van die jaar toe.

Een probleem met die teorie oor griep en temperatuursensitiwiteit is juis dat mense in hierdie streke ook griep kry. Een wyd aanvaarde verklaring is dat vogtigheid ook ’n effek op die stabiliteit van die griepvirus se omhulsel het.

Jy kan min aan vogtigheid doen – en veel meer aan hitte en/of koue. Gelukkig val Suid-Afrika buite die Trope, en kan ons dus temperatuur as ’n ekstra maatreël inspan om ons ’n voordeel bo die virus te gee.

Lees ook: Het jy griep of malaria?

Verwag die eerste griep einde Mei, begin Junie

Teen dan val die dag- en nagtemperature sterk.

Dit stem ooreen met wat die NICD jaarliks waarneem: by ons slaan die griepseisoen vanaf einde Mei, begin Junie toe.

Hul statistiek wys dat daar elke jaar 6 000 – 11 000 Suid-Afrikaners direk as gevolg van griep sterf. Rondom die helfte van hulle is bejaardes bo 65, terwyl MIV-positiewe persone ’n derde van die sterftes uitmaak. Tot 10% van almal wat griep opdoen beland in die hospitaal met pneumonie (longinfeksies).

Lees ook: 7 mites oor griep

Beskerm jouself só teen die griepvirus

Koue laat die virus oorleef. Maar die feit is dat die virus van my na jou toe moet versprei deur handkontak en/of niesdruppels. Daarom is higiëne veral in die koue maande ekstra belangrik.

Hier is ’n aftiklysie van 13 maniere waarop jy kan keer dat jy griep kry. Hoe meer jy hiervan doen, hoe beter is jou kanse om die griepvirus vry te spring:

Was jou hande gereeld. Het jy al opgelet hoedat dokters hulle hande voor en na elke pasiënt was?

Was jou hande veral na kontak met items wat wyd deur almal gebruik word, soos hysbakknoppies, handvatsels en deurknoppe.

Was jou hande in lekker warm water. Vermoedelik destabiliseer hitte die griepvirus se omhulsel, sodat dit makliker afsterf.

Was jou hande ten minste 20 sekondes lank.

Gebruik ’n seep en was jou hande dat dit skuim.

Skrop onder jou naels ook.

Was jou hande na elke nies en neusblaas – of hou ’n pakkie natdoekies (wet wipes) byderhand om jou hande goed af te vee.

Maak handewas die eerste ding wat jy doen sodra jy tuis kom.

Bedek jou neus met ’n groot snesie voordat jy nies.

Gooi die snesie dadelik in ’n plastieksakkie, sodat die virus nie daarvandaan verder kan sprei nie.

As jy nie betyds ’n snesie byderhand kan kry nie, nies in jou baadjie of top in. Dit help dat die virus by jou bly en nie na ander mense sprei nie. (Gril jy? Jy hoef nie. Aan die begin, wanneer jy juis geneig is om te nies, is die niesdruppels waterig.)

Hou jou hande ver weg van jou gesig. Baie mense het die gewoonte om kort-kort aan hul gesig te vat. Moenie. Jou hande raak aan allerlei oppervlakke waarop die griepvirus in die winter oorleef. Jou hande dien letterlik as die ‘taxi’ wat die virus na die slymvliese van jou neus en mond neem, die griepvirus se toegangsroete tot jou liggaam.

Gaan vir ’n griepinspuiting. Dit is ‘n kortpad na immuniteit, en behoort jou sowat twaalf weke lank te beskerm

The post Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep? appeared first on rooi rose.