griepsimptome | rooi rose

Die regte medisyne vir verkoue
Dit is duur en dikwels onnodig om dokter toe te gaan vir ’n verkoue. Maar intussen voel jy sleg; jou lyf en kop pyn; jou sinusse voel dik en verstop; jou keel is droog en seer en jy voel pap. Toemaar, kyk wat kan help dat jy ten minste beter voel terwyl jou liggaam die virus beveg.

Vir koors en lyfseer

Begin met ’n kombinasiemiddel wat die algemene simptome verlig, soos Advil CS of Corenza C.

Vir daardie teer, rooi neus en bolip

Wend van die eerste nies af ’n skermroom aan, soos vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Gebruik baie sagte snesies.

Vir ’n  loopneus

Gebruik Advil CS of Grippon.

Vir ’n toeneus

Gebruik ’n ontstumiddel soos Iliadin as jou neus geswel is. Maar moenie Iliadin langer as vyf dae gebruik nie, want dit kan jou neusgange op die lange duur selfs meer laat toeswel. As jou neus toe is omdat taai neusslym nie kan wegdreineer nie, is ’n slymverdunner soos ACC beter.

Vir ’n droë hoes met ’n postnasale drup

Gebruik Phensedyl of Medifed.

Vir ’n droë hoes sonder ’n postnasale drup

Gebruik Dilinct Dry of Benylin DM.

Vir ’n nat hoes

Gebruik ’n ekspektorant soos Solphyllex, DPH, Muco-spect, Bisolvon Linctus of Dilinct.

Vir ’n seer keel

Gebruik Betadine-mondspoel as gorrelmiddel of maak jou eie gorrelmiddel met soutwater: ’n teelepel op ’n liter gekookte, afgekoelde water. ’n Suigtablet of spuitmiddel reik egter dieper in jou keel en verlig die seer beter. Medikeel verdoof baie doeltreffend en is as spuitmiddel en suigtablette beskikbaar. Andolex is nog ’n opsie.

Vir toegeslane ore

Gebruik ’n opdroogmiddel soos Demazin of Decofed.

As jy moet deurdruk

Die beste raad vir ’n verkoue en griep is om te rus. Maar soms is dit doodeenvoudig nie ’n opsie Jy kan jouself aan die gang hou maar wees versigtig, want daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Al die deurdramiddels bevat groot dosisse kafeïen of guarien wat ’n soort kafeïen is, soos Bioplus, Turbovite, Berocca Booster en Clicks Energy Syrup. Maak jou ook reg vir ’n besonder diep daling in jou energie sodra die kafeïen uitgewerk is.

Die verkouemedisyne wat gevaarlik is of vermy moet word

Medikasie laat jou beter voel, maar wees versigtig vir kodeïen en pseudefedrien. Hulle is nie vir almal veilig nie.

Twee risiko’s van kodeïen

1. Dit kom in talle verkouemedikasies en hoesstrope voor maar dit is berug daarvoor dat dit mense hardlywig maak. Vermy dit as jy reeds sukkel.
2. Kodeïen het ook ’n baie werklike verslawingspotensiaal. Vermy dit as jy of iemand in die huis dwelms gebruik of gebruik het.

As jy self jou verkouemedikasie uitkies, gaan die bestanddeellys op die verpakking of ingeslote voubiljet sorvuldig na of vra jou apteker om jou te help om iets uit te kies wat vry van kodeïen is.

Drie groepe mense wat pseudoefedrien moet vermy

Mense met hartprobleme, hoë bloeddruk of diabetes moet liewer wegbly van pseudoefedrien. Dit is nou ’n skedule 6-middel maar word steeds in lae dosisse in algemene verkouemiddels gebruik. Bekende middels hiermee is Advil CS.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

The post Die regte medisyne vir verkoue appeared first on rooi rose.

Vogsproeiers (humidifiers) vir sinusitis: ja of nee?
’n Vogsproeier vir die huis omskep water in koue stoom (mis) om die vog in ’n vertrek te verhoog.

Moenie ’n vogsproeier verwar met …

• Verstuiwers (nebulizer) wat op dieselfde beginsel werk maar medisyne in mis omskep sodat jy dit in jou longe, sinusse en lugweë kan inasem;

• Ioniseerders wat statiese elektrisiteit opwek en bakterieë en ander onsuiwerhede uit die lug onttrek. Ioniseerders kán so die lug suiwer, maar kenners verskil oor hul doeltreffendheid om ’n hele vertrek werklik skoon te hou; en

• Osoniseerders wat gewone lugsuurstof in osoon omskep. Osoon dood mikro-organismes baie doeltreffend maar kan in selfs lae dosisse die longe beskadig. Daarom word osoonterapie in talle lande nie meer toegelaat nie.

Hoekom sal ’n vogsproeier vir sinusitis help?

Die slymvliese in jou neusholtes se hooftaak is om slym te vorm – ’n liter daarvan per dag, en baie meer as ’n verkouekiem hom in jou neus probeer tuismaak. In die piepkleine ruimte werk hierdie slym soos ’n gom: dit vang die stof en kieme wat jy inasem vas en kanaliseer hulle uit na jou neus toe. So sorg dit dat net silwerskoon gefiltreerde lug in jou longe kom. Maar as die kanaaltjies verstop is, kan die mukus nie dreineer nie, wat jou sinusse in ’n warm, kosryke blyplek vir mikrobes omskep. Dit lei tot die tipiese inflammasie, druk en pyn wat jy ervaar. Jou slymvliese werk op hul beste as die lug skoon en/of vogtig genoeg is. Ons binnelandse winterlug is báie droog en lugreëling by die werk en in die motor, asook kaggels en verwarmers droog die lug verder uit. Dus is ’n vogsproeier ’n uitstekende oplossing. Máár talle asmalyers ervaar dat vogtige lug hul asma vererger.

Wat kan jy nog doen?

1 Gee jou kind ekstra vitamien C en omega-3’s. Volgens Vital is dit noodsaaklik vir gesonde slymvliese.

2 Die Universiteit van Maryland sê wasabi (die groen skerp pasta by soesji), gemmer, sterk kerrie, hoendersop en tee met heuning en suurlemoen is ontstumiddels wat werklik help om die swelling in die sinusslymvliese te laat sak.

3 As jy nie ’n vogsproeier het nie, week ’n vadoek in warm water met ’n paar druppels bloekomolie in. Droog die vadoek ligweg uit en drapeer dit oor jou gesig.

4 Sorg vir ’n plat bak water by ’n verwarmer of kaggel om die lugvog aan te vul.

Wat is …

Sinusitis

Infeksie in die lugholtes rondom jou neus en bokant jou oë

Kan akuut wees (vinnig ontwikkel, veral as deel van verkoue of griep) of chronies wees (’n laegraadse langtermyn-infeksie wat van tyd tot tyd opvlam). Geen of lae koors

Simptome is ’n toe neus; pyn as jy weerskante of bo jou neus en oë druk, wat veral onaangenaam is as jy vooroor buk; moegheid, geel slym, en onwelriekende asem

Kan veroorsaak word deur bakterieë; voortdurende hooikoors; prikkels soos rook, parfuum en insekgif; en as teenreaksie op allergieë soos vir huismyt, troeteldiere, melk en koring (meel, brood en gebak)

Kan verminder as jy gereeld saans jou sinusse spoel met ’n koppie louwarm water waarin ’n kwart teelepel sout opgelos is

Griep

Veroorsaak hoë koors, kouekoors, rillings, lyfpyn en geweldige moegheid

Kan met die griepvaksien gekeer word, en is die beste voorkomingsplan, veral as jou kind maklik asma, brongitis of longontsteking kry. Dit behoort vanjaar maklik beskikbaar

te wees

Word die beste gehanteer deur jou kind tuis en rustig te hou. Gee hom ’n pynstiller, ekstra vitamien C en/of ’n antivirale aanvuller. Neem hom dokter toe as hy ná vier tot vyf dae weer sieker word. Dit kan beteken dat ’n sekondêre (bykomende) infeksie toegeslaan het

Verkoues

Veroorsaak neus- en kopsimptome, eerder as lyfsimptome soos griep. Jou kind sal nies en ’n loopneus en ’n seer keel hê

Word net soos griep hanteer

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

The post Vogsproeiers (humidifiers) vir sinusitis: ja of nee? appeared first on rooi rose.

Gesonde selfliefde teen verkoue
1 Maak dit ’n duvet-dag … of drie

Party mense dink hulle is so taai dat hulle hul verkoue kan weg wérk. Maar wees versigtig hiervoor. Daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Wat jy werklik nodig het – meer as enige medikasie vir jou verkoue – is rus. Jou liggaam kan homself baie goed teen verkoue verdedig, maar dit vra energie. Dié dat rus regtig die beste raad is.

Haal ekstra kussings uit die linnekas, trek jou skootrekenaar, tablet of selfoon nader en laat www.rooirose.co.za jou inspireer terwyl jy rus terwyl die verkoue genees.

2 Troetel jou lippe en neus van die begin af

Die area rondom die neus en lippe raak dikwels baie teer. Gebruik sagte snesies, en beskerm die vel vóór dit teer raak met vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Pasop vir gesigroom: sekere komponente daarin, soos AHAs (alpha hydroxyl acids) kan die reeds teer vel irriteer.

3 Drink iets voedsaam

Jy nies, jou neus loop en jy sweet, en verloor dus baie vloeistof. Vervang dit deur elke uur iets te drink. Dit kan water wees, maar heuningbostee en rooibostee is albei ryk aan anti-oksidante en ondersteun jou immuunstelsel.

• Vars lemoene en vars lemoensap verskaf ’n bietjie ekstra vitamien C. Verdun dit met baie water omdat dit ook baie suiker bevat, wat volgens party bronne eerder die kieme voed as vir jou.

As jy lemoensap koop, kyk op die bestanddeellys op die etiket of daar werklik niks anders as 100% onversoete lemoensap in die houer is nie. Baie bevat suiker, preserveermiddels, geurmiddels en hersaamgestelde (‘reconstituted’) lemoensap, wat nie werklik vitamien C bevat nie.

• Nog ’n opsies is tuisgemaakte sop. Hopelik is daar iemand wat dit vir jou kan aandra.

4 Kry ekstra vitamien C vir jou verkoue

Help vitamien C vir verkoue? Niemand weet regtig nie. Party ondersoeke wys dit help; ander wys dit maak geen verskil nie. En dan is daar diegene wat glo vitamien C het niks meer as ’n plasebo-effek nie. Met ander woorde: dit werk so goed as wat jy glo dit werk. Dit kan nogtans nie skade doen nie, en dalk werklik help. As jy op vitamien C besluit, neem die volgende in ag:

• Beplan om genoeg vitamien C in te kry want in hierdie geval is meer wel beter.

• Dit lyk asof rondom 800- 1 000 mg vitamien C per dag (terwyl jy siek is), ’n goeie goue middeweg is.

• Hoewel meer beter is, is baie op een slag nié.

• Jy liggaam sal ’n ligte, maar gereelde aanvulling baie doeltreffender opneem.

• Verdeel jou vitamien C in drie tot ses dosisse vir die dag.

• Hoeveel vitamien C is genoeg? Jou liggaam skei die oormaat vitamien C in die uriene uit of selfs deur diaree. As jy skielik los stoelgange het, drink minder vitamien C.

5 Wees higiënies

Dit is onbedagsaam om die hele wêreld aan te steek met ’n genies en geproes. (Wie gaan jou bederf as hulle ewe siek is?)

Maak so:

• Hou ’n snesie oor jou nes en mond elke keer dat jy hoes of nies.

• Hou ’n plastieksak byderhand en gooi die snesie dadelik daarin.

• Jou hande is nou ’n kiemtaxi soos min. Jy vryf oor jou oë waar die kieme ‘opklim’ en vat aan die suikerpot of koerant, waar hulle ‘afklim’ en werklik ’n hele paar uur kan oorleef. Netnou tel iemand anders die koerant op en laai die verkouevirus op sy vingers. Sodar hy aan sy gesig raak, land die kiem daar en kort voorlank het hy ook verkoue.

• Vat so min as moontlik aan jou gesig en was jou hande kort-kort.

6 Vars lug

Dit is goed vir jou en help dat die kieme wat jy uitnies en uithoes afsterf voor hulle iemand anders kan aansteek. Maar moenie in ’n trek sit nie.

7 Maak jouself gemaklik

Trek so aan dat jy nie te koud of te warm kry nie. ’n Serp is heerlike troos vir ’n seer keel.

The post Gesonde selfliefde teen verkoue appeared first on rooi rose.

Is dit verkoue of iets baie erger?
Ja, jou liggaam is daartoe in staat om homself teen verkoue te beskerm. Maar dit is ewe waar dat talle ernstige kwale aanvanklik soos ’n verkoue lyk. Daarby kan ’n doodgewone verkouetjie blitsig omswaai in ’n ernstige bronchitis. Of jy kan asma ontwikkel of ’n sinusitis oorhou wat jy selde afgeskud kan kry.

Dus: vóór jy besluit om jouself te dokter, moet jy weet wat die gevaartekens is. Gebruik altyd jou goeie oordeel en gaan dokter toe as jy enige van hierdie gevaartekens sien.

11 ernstige simptome van verkoue wat jy nie durf ignoreer nie

• Jy haal met moeite asem, of kan nie asem kry nie, of haal roggelend asem

• Jy haal baie vlak en vinnig asem

• Jou bors is seer, veral wanneer jy hoes

• Jy hoes bloed, tydens of selfs weke ná die verkoue

• Jy het skielik ’n hoë koors, veral as die verkoue byna oor is en koors skielik kop uitsteek

• Jy hoes na die verkoue al verby is, veral snags

• Jy het ontsettende oorpyn

• Jy het pyn oor jou sinusse. As jy vooroor buk, is jou sinusse geweldig seer en ‘swaar’

• Jou stem is weg

• Jou kliere is erg geswel en swel al meer

• Die verkoue is al verby maar jy het steeds geel neusslym

Die sewe mees algemene komplikasies van verkoue en griep

Almal is ernstig genoeg dat jou dokter moet besluit of jy antibiotika nodig het. Maar onthou om die antibiotika te spaar vir wanneer jy dit regtig nodig het. Antibiotika hou ook nadele in, byvoorbeeld vir jou dermkanaal se mikrobes.

• Asma

• Bronchitis

• Longontsteking (pneumonie)

• Middelooronsteking (otitis media)

• Stembandontsteking (laringitis)

• Sinusitis

• Endokarditis (ontsteking van die hartweefsel)

15 ernstige kwale wat met ‘verkoue’ begin

Kyk versigtig na hierdie lys van kwale wat met ’n doodgewone verkoue verwar kan word. Almal begin met dieselfde tipiese simptome: ’n bietjie of matige koors, jy nies en/of hoes en jy voel sleg.

• Waterpokkies en gordelroos

• Al die kindersiektes, soos pampoentjies, masels, Duitse masels en polio. Kindersiektes slaan deesdae dikwels uit onder studente omdat die gehalte van die vaksiene nie altyd voldoende was nie en/of omdat dit jou nie baie goed teen nuwe, wilde stamme of stamme wat tipies van Afrika is, beskerm nie.

• Tuberkulose, veral as jy snags erg sweet

• Kroep

• Hepatitis

• Herpes koorsblare

• Klierkoors

• HIV-vigs

• Herpes

• Meningitis

• Ensefalitis

• Hartversaking

The post Is dit verkoue of iets baie erger? appeared first on rooi rose.