grootouers | rooi rose

Oupa & Ouma, daar’s grense
Baie grootouers sê as hulle geweet het hoe wonderlik kleinkinders is, het hulle hulle gewis voor hul kinders gekry. Maar dis belangrik dat grootouers die ouers se rol met groot sensitiwiteit moet ondersteun en eerbiedig. Hulle is nie meer in ’n outoriteitsposisie soos met die grootmaak van hul eie kinders nie.

Kleinkinders is vir grootouers ’n gawe. Maar so ook is grootouers vir kleinkinders ’n genade. Oupas en oumas maak die wêreld net so ’n bietjie sagter, so ’n bietjie warmer. En kleinkinders doen dit ook: hulle aanvaar ouma soos selfs haar ouers, man, of hul kinders haar nie aanvaar het nie. En niks maak ’n kind slimmer, ouliker en meer spesiaal as om ’n liefdevolle ouma se kleinkind te wees nie. Niemand kan vir kinders gee wat oupas en ouma kan nie – soveel liefde, tyd, aandag, bewondering en alles sonder kritiek of haas.

Maar ouers bly verantwoordelik vir hul kinders se opvoeding, ontwikkeling en geluk. Hulle neem die besluite en bepaal die opvoedingsreëls. Oupas en oumas se bydrae tot ’n kleinkind se lewe kan en moenie onderskat word nie, want hulle kan gee wat die ouers nie altyd kan nie, maar hulle mag nooit die ouers se opvoeding ondermyn, diskrediteer of probeer oorneem nie. Hul bydrae is soos ’n vitamienaanvulling by die gesonde dieet wat die kind by sy ouers kry – waardevol, maar dit mag nie die ouers se rol vervang nie.

Miranda* vertel dat sy haar dogtertjie op ’n dag ’n rukkie by haar ma gelos het met die versoek om nie vir haar lekkergoed of te veel eetgoed te gee nie, want hulle gaan die aand by vriende eet en sy wil graag hê sy moet dan haar kos eet. Toe sy haar ’n uur of wat later gaan oplaai, sit sy geparkeer voor ’n groot bak roomys, ryklik met haar gunsteling- sjokoladetoffieballetjies afgerond. Toe sy haar ma vies daarna vra, was haar ma se verontwaardigde reaksie dat oumas kleinkinders maar mag bederf. Dis waarvoor oumas daar is.

Grootouers moet besef hulle het hul kans gehad om kinders groot te maak. Elke grootouer, kind, kleinkind, elke situasie is op sy manier uniek en vra ’n unieke hantering wat by die situasie en mense pas. Dit hang af van die ondersteuning en rol wat die grootouers speel, en of daar dalk ’n enkelouer-gesin ter sprake is. Daarom is dit belangrik dat grootouers en hul kinders oop en eerlik moet kommunikeer en ’n interaksie uitwerk wat vir almal werk.

Hier is ’n paar algemene riglyne.

Moets

Aanvaar jou skoonkinders van die begin af met liefde, nog voor daar kleinkinders is. Gee hulle die ruimte om as jong volwassenes hul eie lewe te leef, volgens hul behoeftes, persoonlikhede en waardes. Hulle gaan jou kleinkinders se primêre versorgers wees.

Laat jou kinders toe om hul eie besluite oor die kleingoed te neem: Hulle moet hul name kies (jy het jou kans gehad), en besluite neem oor kwessies soos dagsorg, skole, aktiwiteite, kamers, roetine, eetpatrone en dissipline.

Wees regverdig en aanvaar elke kleinkind met sy eie unieke persoonlikheid en naam, al is dit nie die familienaam nie. Almal moet weet hulle is ewe mooi, slim en spesiaal. Hulle mag nie voel sekere nefies of niggies is meer spesiaal en daar word vir hulle meer moeite gedoen nie.

Laat elke kleinkind by jou welkom en tuis voel – in jou huis kan hulle net hulself wees.

Maak tyd vir opwindende dinge saam. Speel saam sokker – oupa, ouma, die tuinman en huishulp sommer almal – speel saam in die modder, laat hulle wonderwêrelde ontdek.

Doen die dinge met die kleintjies waarin jy goed is – soos sing, teken of tuinmaak. Los dit wat jy verpes – soos kos maak of swem.

Maak elkeen se spesiale lekkerny – of koop dit!

Gebruik jou beskikbare tyd en geld om die kind soveel blootstelling aan die lewe en verskillende ervarings moontlik te gee sodat hy/sy in die toekoms ’n ingeligte besluit oor ’n verskeidenheid aspekte kan neem.

Waardeer en prys ma voor die kinders en andersom – dan voel almal wonderlik. Waardering verrig wondere!

Doen moeite om werklik met elke kleinkind ’n verhouding te hê.

Onthou dat hulle nie jou kinders is nie; min dinge is vir oupas en oumas swaarder as om te sien hoe hul kleinkinders gedissiplineer word – veral as hulle nie daarmee saamstem nie.

Grootouers het soveel om te gee, wat ouers nie altyd het nie: tyd, geduld en ervaring. Ouers behoort dit uit te benut. En oupas en oumas doen goed stadig. En stadig is beter vir kleingoed. Oupas en oumas weet hoe om goed met hul hande te doen, dinge reg te maak. Hulle het allerhande ander goed in hul kaste wat vir kinders wonderlik, vreemd en opwindend is. Daar is selfs van hulle wat hul tande kan uithaal en met hul lag in hul hande staan. Hulle gee soms minder om oor mors en laat goed toe wat ma nie doen nie (soos om met die tuinslang te speel en sopnat te word).

Lees ook: Die pad na jou kleinkind se hart

Moenies

Moenie druk op jou kinders plaas om kinders te kry omdat jy graag ’n ouma/oupa wil word nie.

Moenie vir jou kinders voorskryf wat om te doen nie. Jong ouers leef in ’n ander era as hul ouers en het hul eie waardes, prioriteite en behoeftes. En boonop is hulle baie goed ingelig. Hulle sal vra as hulle dink oupa en ouma kan help of raadgee. En onthou, ongevraagde raad word as kritiek geïnterpreteer, al is dit hoe goed bedoel.

Moenie ’n oorlas van jou maak nie, al brand jy hoe om soveel tyd moontlik by jou wonderlike kleinkind deur te bring. Respekteer hul roetine, wense en privaatheid.

Moenie een kleinkind voortrek nie. Maak seker almal kry ewe veel liefde en aandag.

Moenie kleinkinders vergelyk nie. Aanvaar elkeen met sy eie unieke persoonlikheid. Elkeen moet weet jy dink sy is mooi, slim, sterk en spesiaal.

Moenie kompetisie tussen hulle aanmoedig wat jaloesie kan kweek nie.

Moenie die opvoeding van die ouers ondermyn nie, hou by hul reëls, roetine en wense.

Moenie die ouers se opvoeding kritiseer of hulle verkleineer nie – veral nie voor die kind nie, dan staan almal se hare regop en die kind raak onseker. Praat, kla of raas liewer later in privaatheid oor die foon.

Moenie met die ouers kompeteer om aandag en liefde nie.

Moenie probeer om die rol van opvoeder en onderwyser te speel nie.

Moenie slakke, miere, termiete en ongediertes doodmaak in die teenwoordigheid van kleinkinders nie. Hulle beskou álles as troeteldiere!

Al weet oumas hulle moenie vir ma voorsê nie, doen hulle dit in elk geval partykeer. Ma’s moet dikwels maar sluk en probeer om hulle nie te wip soos in hul tienerdae nie. Ouma het tog net die beste bedoelings, probeer daarom verstaan. Luister, leer – hulle het baie wysheid – en doen dan daarvan wat jy kan doen, maar op jou manier, volgens jou waardes en behoeftes. Gee oumas en oupas erkenning vir hul wysheid en omgee, min dinge dra in enige verhouding soveel liefdesvrugte as erkenning.

Kleinkinders maak grootouers jonk, gee hul dae en jare weer sin. Hulle kry weer klein lyfies om vas te hou, lyfies wat so lekker druk en so maklik liefde gee. Kleinkinders gee grootouers weer die kans om laf en selfs ’n bietjie belaglik te lyk, die kind in hulself te herontdek en die lewe deur die oë van ’n kind te bekyk en te beleef. Dit gee hulle iets om te doen, om oor te bekommer en oor bly te wees.

Trotse Oupa André* vertel: “Ek kyk deur my kleinkinders se oë – lag vir narre, verwonder my aan olifante. So was ek die afgelope ses jaar seker al tien keer by die dieretuin en sirkus. By elke kinderteater sit ons in die voorste ry en dan kyk ons nie na die opvoering nie, maar na die gesiggies. By elke liewe kleuterskoolkonsert is ons daar en dan sien ons natuurlik net een ou gesiggie en neem foto’s vir ’n vale, waarna ons oor en oor kyk. Ons tel die slapies voor hulle kom kuier. Ons lewe word rondom hulle beplan.”

Lees ook: Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers

Kleinkinders is ’n geskenk aan oupas en oumas om die foute wat hulle met hul kinders gemaak het, reg te stel. Kleinkinders bied grootouers die geleentheid om hul verhouding met hul kinders te verdiep, ’n kans tot ’n nuwe interaksie; ’n tweede kans om met meer wysheid reg te maak wat hulle met die vorige rondte dalk verknoei het. En as hulle dit weer “verkeerd” aanpak, gee dit hul kind die ideale geleentheid om ’n bietjie onverwerkte ouer-kind bagasie op te ruim. Dis nie maklik nie, maar dit kan julle oor jul verhouding laat dink en dit herdefinieer en selfs vrede bring waar daar nog nooit was nie.

Hulle kan met die manier waarop hulle hul kleinkinders hanteer die foute wat hulle dalk met hul kinders gemaak het, versag en selfs uitvee. Dit kan ou koeie vir ewig begrawe, of ou vetes en verhoudingsprobleme tot in lengte van dae laat voortduur. Jou kinders ervaar die aanvaarding, sagtheid en liefde wat jy jou kleinkinders gee, byna asof jy dit vir hulle gee. As kinders nie altyd hul ouers as toeganklik of liefdevol beleef het nie, kan dit hulle nou daardie herstellende ervaring gee. En dis soveel makliker om vir ’n kleinkind liefde en aanvaarding te wys.

As jy ’n alleen-ma is, is oumas en oupas ontsettend belangrik. Hulle gee perspektief wat ma nie alleen kan bring nie; hulle gee ander vorme van sosialisering. Hulle leer kinders die vermoë om oor geslagte verbintenisse te skep en te handhaaf.

Kinders bied skoonkinders ook die geleentheid om werklik in skoonouers se harte in te kruip. Die mate waarin jy hulle kleinkinders liefhet, het jy ook ’n stukkie van hulle lief; troetel jy iets wat vir albei partye kosbaar is. Nog belangriker is die mate waarin jy jou skoonouers vertrou en die geleentheid gee om vir jou kinders lief te wees, te sorg en te bederf – dis soms gelyk aan jou bereidheid tot ’n verhouding met hulle, jou aanvaarding van hulle en hul kind, jou huweliksmaat.

Dis belangrik dat die ouers die primêre versorgers bly, die finale besluite neem en die uiteindelike verantwoordelikheid sal dra. Daar moenie by die kind enige twyfel wees oor by wie die outoriteit lê nie. Maar hoe meer mense by ’n kind se lewe betrokke is, hoe meer liefde, hoe meer vreugde, hoe meer veiligheid en hoe meer herken ’n kind homself in ander.

*Skuilname is gebruik

Lees ook: Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

The post Oupa & Ouma, daar’s grense appeared first on rooi rose.

Die pad na jou kleinkind se hart
Deur Mariette Snyman. Foto Freepik

As jy ’n ouma of ’n oupa is, ervaar jy die oppe en affe van grootouer wees aan eie lyf. Miskien het jy innige verbintenisse met jou kleinkinders én hul ouers, of dalk is dit moeilik om familieverhoudings te laat vlot.

Die dae toe geslag ná geslag dieselfde landelike bestaan gedeel het, lê ver in die verlede. Vanweë reusespronge in onder meer die wetenskap en tegnologie word elke geslag met nuwe uitvindings groot. Anders as vandag se kinders moes hul oupas en oumas sonder die Internet, ononderbroke selfoonverbinding en die sosiale media klaarkom. Hulle het met ’n ander woordeskat, aanspreekvorme, gesagstrukture, taboes en selfs morele kwessies grootgeword.

Een ding wat gelukkig nie verander het nie, is die spesiale band wat tussen grootouers en kleinkinders kan bestaan. As dié verbintenis onder druk beland, moet oupas en oumas plan maak!

Buit jou posisie uit

“Die groot, bevrydende verskil tussen ’n ma en ’n ouma is dat ’n ouma haar rolle kan kies. ’n Ma is noodgedwonge polisieman, aanjaer, badafdwinger en heks. ’n Ouma het ’n keuse tussen minister van welsyn, bederwer, storievoorleser, skootopteller, wiegeliedjiesanger en goeie fee.” Só skryf Ida Gräbe in So sê Oupa, so sê Ouma wat sy en haar man, Petru, geskryf het.

Ida wys op ander voordele van dié posisie, soos dat oumas en dogtertjies meestal uitstekend klaarkom – minstens totdat “die klein dametjie ’n tiener is. Eers het haar ouma die sagste skoot, die mooiste laggende oë en, beste van alles, as Pa en Ma uit die eetkamer is, eet Ouma vir haar haar blomkool en pampoen!”

’n Ouma is vir haar kleindogter “geselskap en ’n vertroueling, ’n oppasser, ’n aanmoediger, soms selfs ’n taxibestuurder en eksamenvoorbereider. Hulle drink saam tee, huil oor gebroke verhoudings, pluis selfs ouers se kinkels uit.”

Petru skryf “een van die kosbaarste besittings wat ’n mens kan hê, is die vertroue van ’n kind. Hoe gebeur dit dat ’n kind jou so blindweg kan vertrou dat hy uit ’n boom sal spring as jy beloof om hom te vang?”

’n Ouma is vir haar kleindogter “geselskap en ’n vertroueling, ’n oppasser, ’n aanmoediger, soms selfs ’n taxibestuurder en eksamenvoorbereider

Dis moeilik om die geheim van ’n sterk band tussen grootouer en kleinkind vas te vat.

Lê dit daarin dat hulle dikwels nie ’n huis deel nie en nie tyd het om vir mekaar moeg te word nie? Is dit omdat hulle in die kleinkind se ouers ’n “gemeenskaplike vyand” het? Hang dit af van wat oupas en oumas alles vir hul kleinkinders gee of doen?

Baie grootouers erken dat hulle rustiger met hul kleinkinders omgaan as destyds met hul eie kroos. Hulle sien die groter prentjie en is minder veroordelend.

“Behalwe ideologiese verskille, kan daar ook leefstyl- en norm-verskille tussen grootouers en kleinkinders wees,” sê Ida in ’n onderhoud. “Ek sou hartseer wees indien een van ons elf kleinkinders hulle aan een of ander vergryp skuldig maak. Maar sou dit gebeur, sal ek probeer om my oorlede ma se voorbeeld te volg: sy het een van haar minderjarige kleinkinders wat weggeloop het en later in ’n hawestad opgespoor is, by haar in die huis geneem en dieselfde behandel as die ander wat minder waaghalsig was.”

Die bekende uitspraak lui dat ons nog sal vergeet wat iemand gesê of gedoen het, maar nooit hoe hulle ons laat voel het nie. Dalk is dit liefde sonder voorwaardes – ’n grootouer se diepgaande begrip en die onwrikbare besluit om “aan die kleinkind se kant” te wees – wat die deurslag gee.

Gefokusde aandag

“Toe my kleinkinders gebore is, was ek en die meeste van my vriendinne werkende vroue,” vertel Ida. “Ons kon nie ons kleinkinders ‘help grootmaak’ nie, maar moes smiddae en oor naweke kreatiewe maniere kry om deel van hul baba- en kleuterjare te wees.”

Hierdie maniere het ’n rits lekkertes van pieknieks tot kunsvlytprojekte ingesluit. En ’n goggalaai: “Kies die onderste laai van ’n kas en spuit die boom met ’n goeie insekdoder (om die parasiete wat op die insekte is, te ontmoedig om die skatte in jou laai op te vreet). Plaas ’n vel polistireen onderin. Steek ’n kopspeld deur die lyf van dooie kewers, skoenlappers of stokkiesgoggas wat aan natuurlike oorsake (of onnatuurlike oorsake buite jou beheer) dood is, en druk dit op die polistireen vas. As die kleinkinders kom kuier, sal hulle eerste die goggalaai wil sien! Lees na oor insekte en vertel vir die kinders wat hulle eet, of hulle gevaarlik is, en dies meer.”

Ida se repertoire sluit “sandkoekies bak, sywurms ronddra en krieke vang in. Maar ek trek die streep as dit kom by wipplank ry, tou klim en spinnekoppe jag met die braaitang. En ek kan nie vir Oupa probeer kers vashou nie: hy speel ‘vliegtuigie’ deur die kinders aan ’n hand en ’n voet in die rondte te swaai en lanseer strelitzia-sade met die neus!”

Pret-ervarings met grootouers bevestig kinders se plek in ’n familie, skep geborgenheid, en gee hul eiewaarde ’n hupstoot. Dit verg tyd en energie, maar die loon is groot.

Pret-ervarings met grootouers bevestig kinders se plek in ’n familie, skep geborgenheid, en gee hul eiewaarde ’n hupstoot

“Klein kindertjies kan hulle so oorgee aan ’n omhelsing. Wanneer ek ’n kleinkind teen my vashou, probeer ek dit met al die wedersydse liefde, warmte en snoesigheid in my geheue inprent. Dit kom vir my die naaste aan ware geluk.”

Natuurlik is daar uitdagings. Soms stamp grootouers en kleinkinders koppe omdat hul persoonlikhede bots. Ouerskapkenner Hettie Brittz – Ida en Petru se dogter – se praktiese boekie Kortpad deur die Oerwoud bevat insigte wat verhoudings makliker maak.

Om kleinkinders ouderdomsgepas te hanteer, stryk ook probleme uit. As julle min kontak het, is dit moeiliker. Dan is dit raadsaam om oor ’n kleinkind se ontwikkelingstadium na te lees of by die ouers kers op te steek.

Grootouers se band met kleinkinders én hul ouers beteken drie stelle waardes, voorkeure en verwagtinge is op die spel. In die DVD-stel Immergroen Ouerskapwenke: fondasies vir ouers, stiefouers en grootouers verduidelik Hettie hoe hierdie potensiële mynveld benader kan word.

“Dis baie belangrik om sinvolle grense te trek. Hiermee bedoel ek: wie se verantwoordelikheid is wat wanneer dit kom by die grootmaak van kinders en kleinkinders? Baie ouers kla dat grootouers ‘inmeng’.

“Daar is ’n beginsel wat sê die hoeveelheid verantwoordelikheid wat jy aanvaar, gee jou ’n sekere hoeveelheid inspraak en regte. As ouers van grootouers verwag om die grootste deel van elke dag na kleinkinders te kyk, saam met hulle te gaan klere koop, langs die sportveld te sit, en naweke na hulle om te sien terwyl Pa en Ma gaan baljaar, gee hierdie ouers ‘aandele weg’. Hoewel hulle vir die dissipline en groot besluite verantwoordelik bly, moet die grense aangepas word. Dit vra ’n vriendelike maar ernstige gesprek waar twispunte soos slaaptye, eetgewoontes, huiswerk, waarheen kleinkinders mag gaan en so meer uitgespel moet word.”

Soos Petru dit stel, kan grootouers “brugbome” wees, soos ’n boom wat ’n brug oor ’n stroom vorm. Grootouers wat hul eie kind se goeie eienskappe aan ’n kleinkind uitwys, versterk die band tussen ouer en kind. Die kragtigste brug, ’n liefdevolle verbintenis tussen twee harte, is maklik én moeilik om te bou. Mag dié met ouer harte die kuns al beter verstaan!

Lees ook: Maak kinders met goeie waardes groot

The post Die pad na jou kleinkind se hart appeared first on rooi rose.

Wat is Oupa en Ouma se regte?
By Anna Smit* was daar geen twyfel dat sy die stryd moes aanpak om haar kleinkind te mag sien nie. “Die kultuurkenner P.T. Muntze som die belangrikheid van kontak met jou voorouers uitstekend op: ‘Hulle is soos sy/haar beskermengele waarsonder die lewe in rampspoed eindig.’ Vir my is die kwessie die belang van die kind, en sy toekoms.”

Vir ’n paar maande ná haar dogter se dood kon Anna haar kleinseun besoek, en hy vir haar en ander lede van sy ma se familie. Maar die verhouding tussen haar en die seuntjie se pa het vertroebel, en dit het al moeiliker geword om haar vyfjarige kleinseun te mag sien.

“Ná verskeie vrugtelose versoeke om die seuntjie te sien is ek op advies van my prokureur na die People’s Family Law Centre in Kaapstad om toegang tot my kleinkind te probeer kry. Ná vier maande se gesloer en gesoebat het ek eindelik ’n afspraak by die gesinsadvokaat gekry, maar ek het gevoel hulle is nie opgewasse vir die taak nie en besluit om my na die hooggeregshof te wend.

“Ek was uiters bekommerd oor my kleinseun se emosionele welstand nadat ek gelees wat dr. Peter Whybrow, direkteur van die Neuropsigiatriese Instituut van die Universiteit van Kalifornië in sy insiggewende boek A Mood Apart geskryf het.

“Hy skryf onder meer dat kinders wat deur hul ma’s saam met ander familie grootgemaak word, nie so ’n drastiese toename in streshormone ervaar wanneer sy ma sterf soos wat gebeur by die geïsoleerde kind nie. Volgens Whybrow kan familie intieme moederlike gehegtheid uitbrei, of selfs vervang, maar as familie afwesig is, veroorsaak ouerlike verlies groot ontwrigting. Sterk familiebande en sosiale verkeer met familie verminder die onsekerheid ná ’n ouer se dood omdat daar ondersteuning en bystand is. Hy meen ook ’n klein kind wat ’n ouer verloor, loop ’n hoër risiko vir latere depressie en selfs selfmoord.

“Volgens Whybrow is gehegtheid en die ondersteuning van familie lewensbelangrik. Net soos goeie fisieke voeding tydens ontwikkeling liggaamlike groei bevorder, so versterk ’n koesterende, emosionele omgewing van hegte familiebande gedurende die kinderjare die ontwikkeling van die emosionele self.”

Teen alle raad in het Anna ’n hooggeregshof-advokaat gaan spreek. Dié was allesbehalwe optimisties oor haar kanse om te slaag.

“Hy het saak op saak aangehaal om te bewys dat dit ’n onbegonne taak is, maar ek het verbete vasgebyt. Dit was voor die nuwe Kinderwet (wet 38 van 2005) in werking getree het. Hy het my gewaarsku dat dit ’n lang, uitgerekte proses gaan wees, maar ek was heeltemal onvoorbereid vir presies hóé langsaam die meule van die gereg maal! ’n Uitmergelende twee jaar het gevolg waarin ek soos ’n klimtol gespeel is en van advokaat na hooggeregshof na kurator na sielkundige/mediator moes gaan.”

Anna se mosie om toegang is by die hooggeregshof op die rol geplaas, maar die saak is met drie maande uitgestel omdat haar kleinseun se pa (die respondent) se advokaat nie gereed was nie. ’n Kurator is benoem om ondersoek in te stel na die wenslikheid van haar toegang, en ’n sielkundige is as bemiddelaar aangestel. Die saak is uiteindelik met nog nege maande uitgestel omdat die sielkundige en kurator vir meer tyd gevra het vir onderhandelings tussen Anna en haar kleinseun se pa.

Vir Anna, destyds 68, was die hele proses baie traumaties. Elke hofdatum het indringende onderhoude, baie koste en “oorweldigende spanning” meegebring.

“Die eerste mediasie-sessie tussen my, die sielkundige en my kleinkind se pa was ’n fiasko. Die pa was buite homself van woede en het weer eise gestel vir persoonlike vergoeding – een van die redes hoekom hy my kleinseun van ons af weggehou het, was omdat hy nie finansieel by my dogter se dood baat gevind het nie. Toe ek in die sessie weer weier om aan sy eise te voldoen, het hy uitgestorm met dié woorde: ‘Shove it where it hurts’”.

Hy het nie opgedaag vir die volgende geskeduleerde bespreking nie, en die derde een het ewe stormagtig verloop, onthou sy. “Die volgende drie maande het die korrespondensie veertien keer heen en weer tussen my en sy regspanne gevlieg, en byna ’n jaar nadat ek die hof genader het, het die kurator en sielkundige hul tussentydse evaluasie-verslae bekend gemaak. Die sielkundige het tydelike besoeke aanbeveel, maar my kleinkind se pa het geweier. Ek het verniet gesoebat dat my kleinseun se vervreemding in sy belang gestaak moet word.”

Daarna was daar nog mediasie-sessies wat Anna as “klugtig” beskryf. Haar kleinseun se pa het bly weier om in te stem tot die voorstelle en voorgestelde toegangskedule wat aan die hof oorhandig sou word vir bekragtiging.

Twintig maande het verbygegaan, en uiteindelik het die dag aangebreek waarop Anna gehoop het. Haar saak sou uiteindelik voor die hof dien. Maar toe is daar geen regter om die saak aan te hoor nie! “Die destydse regterpresident het my advokaat bruusk toegesnou dat dit nie nodig is om ’n regter vir die saak te verskaf nie, want ’n grootouer het nie regte ten opsigte van ’n kleinkind nie.”

Hieroor is Anna steeds verstom. “Ek wou eintlik vir hom vra hoe het die kleinkind dan mens geword as daar nie ook iewers ’n voorouer in die prentjie was nie?” Sy het besluit om die saak nie daar te laat nie, en het ’n brief per geregistreerde pos aan die regterpresident gestuur waarin sy beswaar gemaak het teen sy siening.

Kort daarna is sy per brief in kennis gestel dat die saak vroeg die volgende jaar aangehoor sou word, en dat sy intussen tussentydse toegang tot haar kleinseun kry. Al was die toestemming net vir een besoek voor daardie jaar se Kersfees en nog ’n besoek op sy verjaardag (in die teenwoordigheid van ’n derde persoon) was dit ’n groot ligpunt.

Goedkoop was dit allermins. Selfs vir die hofsitting waarvoor daar nie ’n regter beskikbaar was nie, moes sy R24 000 opdok vir die regspan en die kurator. Sy moes ook die respondent se regskoste betaal, en die rekening was reeds ver meer as R300 000. “Maar dit was elke sent werd!”

Gelukkig kon die saak voor die volgende hofdatum buite die hof geskik word, en twee jaar nadat sy haar stryd begin het, het die hof die ooreenkoms bekragtig. Anna mag nou haar kleinseun ad infinitum elke ses weke van 09:00 tot 17:00 sien, sonder dat enige derde party hoef toesig te hou. Sy kry ook sewe dae gedurende een skoolvakansie per jaar op ’n plek van haar keuse, en redelike telefoniese toegang tot hom.

“Reg het uiteindelik geskied, maar dis ’n bittersoet oorwinning. My kleinseun is vandag 15 jaar oud. Sy sprankel het verdwyn. Hy is ’n geslote, somber, laglose, onseker, soms afsydige vreemdeling. Dis hartverskeurend om te aanskou. Ek smag na sy spontane groet van sewe jaar gelede: ‘I love you Ouma, more than the sun and the moon, more than the whole wide world!’ Die drie jaar waarin hy kontak ontsê is met my en sy oorlede ma se familie, het hom van alle emosie gestroop. Hy het ’n muur om homself gebou as verskansing teen seerkry en teleurstelling. Ons verhouding is vertroebel.”

Tien jaar het verloop sedert sy ma se dood, en Anna is nou ’n vrou van 75. “Ek sien hom nou baie ongereeld, want op my ouderdom raak dit moeiliker om die lang pad aan te durf om hom te besoek. Hoewel ek ten volle betaal vir sy skoolopleiding en koshuisverblyf binne maklike ry-afstand, neem sy pa hom elke naweek huis toe sodat ek nie my wetlike voorregte – en my kleinkind s’n – kan geniet nie. Ek sien ook nie kans om die trauma van nog ’n hofsaak aan te durf nie. Emosioneel is die skade onherstelbaar tussen grootouer en kleinkind weens die gesloer van die regstelsel.”

Tog wil sy vir ander grootouers in haar posisie moed gee met dié onderhoud. “Druk deur, want as ek kon, kan julle ook. Ek weet van baie grootouers wat ook in hierdie situasie is – soms weens ouers wat geskei het, maar ook soms weens finansiële of ander kleinlike twispunte. Die kleinkinders, wat reeds so ontwrig is, word boonop die liefde en samesyn en sekuriteit van oupas en oumas ontsê. Maar volgens die nuwe Kinderwet (38 van 2005) het grootouers die reg om aansoek te doen. Enige normale grootouer dra tog hul kleinkinders se belange op die hart, wil familiebande versterk eerder as verbreek, en het hul kleinkinders lief.”

Wat sê die Kinderwet?

Wie kan aansoek doen om toegang? Enige persoon wat belang het by die versorging, beskerming, welsyn of ontwikkeling van ’n kind, maar onthou dat dit net op die voorwaardes van die hof sal geskied.

Waarna kyk die hof by so ’n aansoek?

• Die beste belang van die kind.

• Die band/verhouding tussen die applikant en die kind, asook die band tussen die kind en enige ander betrokke persoon.

• Die hof sal kyk na jou geskiedenis met die kind. Dus, hoe lyk jul verhouding tot dusver, en wat is die aard en omvang van jou betrokkenheid tot in daardie stadium in die kind se lewe.

• Die kind se verhouding met die persoon wie se ouerlike regte of verantwoordelikhede beveg word.

• Jou bydrae tot die kind se lewe sal beslis in ag geneem word (finansieel en andersins).

• Enige faktore wat die hof as belangrik beskou.

Wat sê ’n sielkundige?

Nellie Prinsloo, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg met uitgebreide sielkundig-forensiese ervaring (howe gebruik haar gereeld as kundige) verduidelik wat ’n sielkundige alles by so ’n aansoek in ag neem.

Gelukkig maak die nuwe Kinderwet (38 van 2005) nou daarvoor voorsiening dat grootouers, veral dié wat reeds ’n emosionele en verhoudingsband met die kind het, om toegang- en/of versorgingsregte aansoek kan doen. Die wet sê duidelik dat die kind die reg het tot behoorlike ouerlike versorging van sy ouers en ander ouerlike figure soos grootouers of stiefouers.

Die klem is op ’n emosionele band wat reeds tussen die kind en grootouers bestaan. In Anna se geval is een van die kind se regte tog sekerlik om ’n afgestorwe ma deur die grootouers te leer ken. Indien daar reeds ’n betekenisvolle verhouding was, het die kind die reg om gereelde toegang tot sy grootouer te hê indien hierdie verhouding ook vir hom belangrik is.

Die nuwe Kinderwet is geskryf met die kind se belang as hoofdoel. Selfs baie jong kinders kan gevra word (deur ’n kundige in ’n terapeutiese omgewing) wat hul behoefte is. Die dae dat daar gewag moes word tot ’n kind twaalf is voor hy sy sê mag sê, is lankal verby. Selfs die ouerskapplan wat nou ’n vereiste is met elke egskeiding, moet met kinders bespreek word. Die kinders het beslis ook ’n sê in wat hulle wil hê en die kind (volgens ontwikkelingsvlak) moet die plan goedkeur.

Sielkundiges kyk na verskeie aspekte voor hulle ’n aanbeveling oor toegang tot kinders maak:

Bestaan daar ’n emosionele en verhoudingsband tussen die grootouer en kleinkind, en wat is die aard van die verhouding? Die sielkundige evalueer die verhouding in ’n terapeutiese omgewing.

Hoe gesond is die grootouer emosioneel en kan hy/sy die nodige aanpassings maak om kinders se veranderende behoeftes te akkommodeer?

Kan die grootouer verantwoordelik wees vir die algehele welstand van die kind en is hy/sy in staat om logiese en realistiese besluite te neem oor die algehele (fisiek, emosioneel en sosiaal) welstand van die kind?

Psigometriese toetsing, asook agtergrondinligting word van die betrokke persone en mense uit hul leefwêreld verkry om ’n omvattende beeld te kry van die persoon se funksionering en vaardighede.

Daar moet gekyk word na die klagtes of redes wat ’n ouer het om toegang te weier en daar moet vasgestel word of die redes gegrond is en of dit bloot net moedswillige vervreemding van die grootouer ten doel het.

Die beste belang van die kind word deurgaans in gedagte gehou en kinders se gevoelens oor kontak word geëvalueer en in ag geneem.*Skuilnaam

The post Wat is Oupa en Ouma se regte? appeared first on rooi rose.