Gustav Gerdener | rooi rose

Hykie en Gustav gesels oor Bloedbroers
Verskeie bekendes vertolk hoofrolle in dié reeks en kykers kan ook uitsien om ander gunstelinge, soos Zetske van Pletzen en Amalia Uys,  op ’n nuwe stel te sien.

Ons het met twee van die hoofakteurs, Hykie Berg en Gustav Gerdener gesels om meer oor hul Bloedbroers-ervaring uit te vind.

1. Vertel ons meer van jou karakter

Hykie
Bennie is ’n dominee se seun wat ook kweekskool toe gegaan het. Hy het ’n goeie hart en wil graag sy mense help maar hy het ’n swak plek vir mag. Die politiek neem later sy lewe oor en hy word ingesluk deur die houvas van die politiek se beheer oor die land en sy mense. Hy sukkel om verantwoordelikheid vir sy dade te neem en eindig op, wel…

Gustav
Ek speel die karakter PG Retief. Ek kom nes die meeste van my ‘Bloedbroers’ uit armoede uit, maar vind geluk in die woord en taal. PG het ’n skrywershart met ’n vurige humeur as dit kom by wat reg en regverdig is.

2. Jou karakter word onderskeidelik in beide sy vroeë twintigs en sestigs uitgebeeld. Hoe was die ervaring om tussen dié twee ouderdomsgroepe dieselfde rol te vertolk?

Hykie
Dit was ’n absolute seën om so ’n karakter te speel. Dit is baie min dat akteurs in ons land ’n rol op TV gaan kry waar hy homself totaal fisies kan transformeer. Natuurlik is daar die ouderdom wat gedurende spel in ag geneem moet word, maar omdat ’n mens só lang reis met die karakter stap, begin jy sy psigiese dimensie baie goed verstaan. Alles is natuurlik uitdagend en daar is baie moeite in die keuse van jou besluite. Dit was tot dusvêr een van my meer gunstelingrolle wat ek vertolk het.

Gustav
Ek dink ons almal het dit beide moeilik en uitdagend gevind. ’n Aspek wat daarmee gehelp het, was beslis die grimering. Die grimering-departement het werklik ongelooflike werk gedoen. Dit was slegs nodig om in die spieël te kyk en jy het stok-oud gevoel. Ons het ook ’n wonderlike klankbord in ons regisseur, Jozua Malherbe, gehad. Hy het ons laat veilig voel met sy spelleiding.

3. Hoe het ’n normale dag op stel gelyk?

Hykie
Word wakker, eet, rus, drink koffie… skree, slapies, aaaargh, leer lyne, bid, gee drukkies,  luister, speel pop, sê hallo, sê baai, lag, huil, bid, juig en sê dankie. Dol soos jy kan sien, maar vol kleure en wonderlike geure. ’n Magiese spel van kreatiewe wesens. ’n Jol!

Gustav
Lank… deksels lank! Twaalf uurlange dae vir drie maande is geen grap. Maar dit was in dieselfde asem ongelooflik. Mens raak op stel soos ’n familie. Jy spandeer so baie tyd saam dat jy eenvoudig net oor die weg moet kom.

4. Hoe was dit om saam met ander bekendes te werk?

Hykie
Dit is altyd lekker om nuwe mense te ontmoet en die oues weer te herontdek. Ek ken vir Neels en Altus al ’n geruime tyd en dit was wonderlik om hierdie reis saam met hulle te loop. Maar dit gaan tog nie regtig oor om saam met ander bekendes te werk nie, liewer om saam met mense te werk wat jou iets kan leer en almal op stel kon iets van mekaar geleer het.

Gustav
Dit was wonderlik! Hoe meer jy met talentvolle mense werk, hoe beter raak jy. Rolanda speel my vrou en dis ongelooflik om die vloer met haar te deel. Ons het die beste uit mekaar gebring.

5. Wat maak Bloedbroers anders as ander reekse?

Hykie
Daar word baie meer tyd aan alle fasette van die produksie gegee, juis omdat die verhaal in slegs 13 episodes vertel moet word. Daar is ’n definitiewe begin, middel en einde.

Gustav
Ons kry die geleentheid om meer ernstige en relevante kwessies aan te spreek. Ek dink ook nie daar is al iets van sulke grootsheid op ons skerms gesien nie. Ek het ’n idee dit mag mense verras.

6. Die reeks speel tussen 1914 en 1948 af. Hoe het die milieu jou as akteur uitgedaag?

Hykie
Dit is ’n periode-stuk dus moes ons as akteurs die milieu rondom en binne ons met die waarheid vul. Taalgebruik was anders, gebruike was anders, kultuur was anders, maar met ’n bietjie huiswerk en hulp van ander vloei jy deur dit. Jozua en die span het dit vir ons baie maklik gemaak om ons gedurig in die oomblik te hou sodat mens die werklikheid van die oomblikke kan begryp, verstaan en so oordra.

Gustav
Om dit akkuraat uit te beeld, was sekerlik die belangrikste. Daar was ’n ander manier van praat, maar jy kan ook nie te puristies raak nie anders verloor jy jou gehoor. Ons kuns-departement was ook ongelooflik. As jy op stel gestap het, het jy geglo dat jy in tyd teruggegaan het.

7. Hoe het jy vir jou rol voorberei?

Hykie
Dit is altyd so ’n moeilike vraag om te beantwoord, want ek berei met elke rol anders voor. Ek bid, luister, en dan doen ek dit.

Gustav
Opgelees oor die tydperk en my teks vrot gelees. Omdat dit só ’n geskiedkundige projek is kon mens ’n direkte lyn  tussen gebeure in daardie tyd en jou karakter trek.

8. Beskryf die reeks in 3 woorde.

Hykie
BERG Versus BERG.

Gustav
Grensverskywend, Groots, Beeldskoon.

9. Verskeie tonele is by plaaslike besienswaardighede soos die Markhams Toring en die Nasionale Kinder Teater geskied. Watter bestemming was jou gunsteling?

Hykie
Die tronk, waar Jopie Fourie tereggestel is. Ek het so twee jaar terug ’n program aangebied “Wie lê Waar” wat gehandel het oor ou bekendes wat oorlede is en waar hulle begrawe is. Jopie Fourie was een van hulle, hy is in die Helde Akker in Pretoria te ruste gelaat. Daardie stukkie geskiedenis lê baie na aan my hart. Die tronk was ’n merkwaardige ervaring. Dit is ook natuurlik daar waar alles begin het.

Gustav
My en Rolanda se huis was die Yukon Mansion in Bezuidenhoudts Vallei. Dit was beslis ’n hoogtepunt. Die huis is perfek in standgehou. Daar het deur die jare mynbase, bendes en ’n magdom ander vreemde mense gewoon. Ons het die voorreg gehad om ’n hele week daar te skiet.

10. Sommige akteurs verkies om nie die projekte waarvan hulle deel was te kyk nie. Sal jy dié reeks volg wanneer dit uitgesaai word?

Hykie
Absoluut! Ek wil kyk hoe die verhaal as geheel vertel word. Ek wil kyk wat ek reg doen en wat ek verkeerd doen. Ek wil aanhou leer, ek wil krediet gee aan wie dit toekom. Ek geniet dit om my vriende in aksie te sien, dit verheug my, dit maak my trots.

Gustav
Ek moet erken ek is nogal so, dit is vreemd om vir jouself te kyk, maar ek sal verseker nie die eerste episode kan misloop nie.

The post Hykie en Gustav gesels oor Bloedbroers appeared first on rooi rose.