hildegardt whites | rooi rose

Hildegardt Whites ná aangrypende ‘Skemergrond’-toneel: ‘My hart breek vir Lily’
Vir maande wou kykers weet watter geheim Lily Louw (Hildegardt Whites) vir almal wegsteek – en Woensdag het sy dit per ongeluk verklap in ’n emosionele toneel met Erica Pienaar (Shimmy Isaacs) in kykNET&kie se telenovela Skemergrond.

Lily het sonder om ’n woord te rep op 16-jarige ouderdom Everlasting-plaas verlaat en in die jare sedertdien het haar familie en vriende gewonder hoekom sy net verdwyn het.

Toe Lily weer ná 17 jaar op Gemoedsdrif opdaag met haar dogter, Amber (Talia Davis), was dit duidelik dat sy ’n groot geheim wegsteek.

Amber het vinnig bevriend geraak met Erica se seun, Louis (William Adams), maar Lily was uit die staanspoor ongelukkig daaroor en het Amber verbied om met Louis te praat. Sy het gewaarsku hulle twee sal weer Suid-Afrika moet verlaat indien sy nie wil luister nie.

Amber het dit moeilik gevind om hierdie belofte te hou sonder enige verduideliking.

En daar betrap Lily die twee tieners saam en storm dadelik in ’n emosionele toestand oor na Erica se huis om te eis dat Louis van Amber wegbly.

Erica kon nie verstaan hoekom Lily so woedend is nie, en toe bars die bom: Erica se pa, Abel, is Amber se biologiese pa. Abel het Lily verkrag op 16-jarige ouderdom.

“Ek was baie senuweeagtig om hierdie toneel te skiet omdat ek geweet het dis die een oomblik wat Lily het om haar waarheid te deel. Dit was emosioneel. Dit was rof. Ek sal dit nooit vergeet nie. My hele lyf het gebewe. As ’n akteur het ek dit geniet, maar dis ’n moeilike storie om te vertel, en ek dink as Lily voel, voel sy baie. Ek dink nie sy het ooit enigeen toegelaat om oor haar verlede te praat nie. Haar mond het net opgegaan, en die waarheid het uitgekom. Ek kry sommer nou weer koue rillings!” sê Hildegardt.

Volgens Hildegardt was die atmosfeer anders op stel tydens die verfilming van dié toneel. “Ek kan net onthou die vloer was doodstil. Toe hulle sê hulle is gelukkig met die toneel, het dit net so in die lug gehang. Niemand het gepraat nie – dit was intens.”

Hildegardt was geskok toe sy vir die eerste keer die teks lees. “My eerste reaksie as aktrise was: ‘Sjoe, hectic!’ Maar wat ’n wonderlike speelgeleentheid. En as mens het my hart gebreek vir Lily. Toe ek deur die draaiboek gaan, kon ek Lily se seer sien en voel.”

Sy hoop dat die kykers nou meer begrip met Lily sal hê. “Sy is vol dinge, maar as jy haar storie hoor, verduidelik dit hoekom sy is soos sy is. Om te dink, sy was ’n 16-jarige meisie toe sy die plaas verlaat het. Sy het die verkragter se kind gedra en moes daai babatjie grootmaak terwyl sy elke dag daai man se gesig sien. Dis baie rof. Ek raak sommer weer tranerig, want die storie het my so geraak. Maar sy is onvoorwaardelik lief vir haar kind, en sy moes die lewe embrace.”

Skemergrond is elke Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dis ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: ‘Boer soek ’n Vrou’: Ontmoet die 10 nuwe boere!

The post Hildegardt Whites ná aangrypende ‘Skemergrond’-toneel: ‘My hart breek vir Lily’ appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Hildegardt Whites oor haar langverwagte karakter in ‘Skemergrond’
In die oornagtreffer-telenovelle Skemergrond bied die skilderagtige landskappe van die Wes-Kaapse platteland en die blommemarkte van Kaapstad die agtergrond vir ’n verhaal wat ’n wye verskeidenheid kykers boei.

Die geliefde akteurs wat hierdie epiese familiesage na die kassie toe bring, sluit onder andere Charlton George, Khadija Heeger, Carmen Maarman, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias, Deon Lotz en Deirdre Wolhuter in. Talentvolle jong akteurs maak ook hul buiging.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Carmen Maarman oor die nuwe telenovelle, Skemergrond

Skemergrond speel in die bekoorlike dorpie Gemoedsdrif, geleë in die Wes-Kaap, af en draai om die Louw-gesin en hul pragtige blommeplaas. Die Louws se rustige bestaan word versteur wanneer die aflewering van ’n brief dreig om skokkende familiegeheime te onthul. Dit lei tot groot spanning en gebeure wat almal se lewe onherroeplik verander. Ou wonde word oopgekrap en nuwe bande word gesmee om die Louws en hul nalatenskap te red en te beskerm.

“Ons het ’n uitsonderlike rolverdeling en ’n briljante span mense agter die skerms bymekaar gebring om hierdie veelvlakkige storie vol geheime, liefde en wraak te vertel. Kykers gaan deur al die emosionele kinkels aangegryp en verras word,” sê Roberta Durant, een van die projek se kreatiewe vervaardigers.

Terwyl kykers in die lewens van die Gemoedsdrif-inwoners delf, word hulle bewus gemaak van JP en Jasmine Louw se jongste dogter, Lily. Sy het destyds op 16-jarige ouderdom uit die bloute haar sakke gepak en sonder enige verduideliking die familie se Everlasting-blomme-onderneming verlaat. Kykers het lank gewag om haar te ontmoet, en sy en haar dogter, Amber, het uiteindelik hul opwagting vandeesweek gemaak nadat hulle saam Europa platgetoer het.

Lily word deur die talentvolle Hildegardt Whites gespeel wat veral bekend vir haar rol as Bonita Basson in die geliefde 7de Laan was. Die aktrise het vir haar opwindende nuwe rol spesiaal Kaap toe verhuis en sy bly daar saam met haar musikant-man, Kuba Silkiewicz, en hul seuntjie, Miles.

“Lily is anders as Bonita – sy is pret, lekker, interessant en regtig ’n wildflower. Sy is tog opreg en staan sterk in wie sy is. Sy is mal oor haar mense en die plaas,” vertel Hildegardt.

Sal Lily ooit die waarheid praat oor hoekom sy gevlug het?

Karlien Meiring het meer by Hildegardt oor haar nuwe avontuur in die Kaap en haar rol in Skemergrond gaan uitvind.

Hoe was die oorgang van Johannesburg na Kaapstad? Wat mis jy die meeste en wat geniet jy die meeste van jou nuwe stad?

Toe hulle verlede jaar in Julie vir ons gesê het dat 7de Laan klaarmaak, het ek al besluit ek trek Kaap toe. Ek het net ’n verandering nodig gehad. Ek is heeltemal verlief op die Kaap, die lewe is net anders hier. Dis nie so gejaagd nie en dis so mooi! Ons skiet ook op die mooiste plase, dis vir my so spesiaal om deel van Skemergrond te wees. Ek mis natuurlik Johannesburg en my mense, maar ek maak nuwe maatjies hier in die Kaap en dis wonderlik om ná al die jare weer naby my familie te wees!

Kan jy vir ons ’n bietjie vertel van Lily se karakter en haar rol in die Louw-familie?

Lily is die jongste dogter van JP en Jasmine Louw. Lily het, sonder om ’n woord te sê,  gevlug toe sy 16 jaar oud was en nooit van haar laat hoor nie. Sy is ’n reisiger, ek noem haar ’n wildflower, want soos ’n dandelion, gaan sy waar die wind haar waai. Met Lily weet ’n mens nooit nie, haha! Sy is ook baie eiewys by tye, maar sy staan sterk en baklei vir haar familie wanneer sy moet. Sy het ook ’n dogter, Amber, waarvoor sy enigiets sal doen.

Wat gaan kykers in die komende episodes sien wat jou opgewonde maak?

Lily kom met haar eie bagasie! Ek kan nie wag vir die kykers om haar te leer ken nie. Hulle praat nou al so lank van haar en hier maak sy uiteindelik haar opwagting …

Wat hoop jy sal kykers oor familie en verhoudings leer deur na Skemergrond te kyk?

Dat kommunikasie baie belangrik is. Ek hoop kykers sien hoe nodig dit is om om ’n tafel te sit en met mekaar te gesels. Ons moet teenwoordig en eerlik met ons families wees, en geloof en vertroue in mekaar hê. Die tema van vertroue kom definitief deur in Skemergrond.

Hoe ontspan jy ná verfilming? Watter reekse geniet jý op die oomblik?

Ek bring baie tyd buite deur. Die Kaap is so mooi en daar is so baie om te doen. Wanneer ek nie skiet nie, is ek saam met my familie – hulle is my alles. Vir twee jaar het ek in Johannesburg en my man in die Kaap gewerk, so dis vir my so spesiaal dat ons as ’n gesin tyd saam kan deurbring. Ons bak en brou en kleur in. My seuntjie is ’n adventurer, so ons is gereeld buite.

As dit by reekse kom, is ek versot op Bridgerton! Hoe mooi is dit? My ander gunsteling-reeks is The Diplomat en Lincoln Lawyer. En dan kan ek nie wag vir Emily in Paris se nuwe seisoen nie, die mode is op ’n ander vlak!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Skemergrond is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) te sien en is ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die legendariese Laurika Rauch – oor haar nuwe musiek

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Hildegardt Whites oor haar langverwagte karakter in ‘Skemergrond’ appeared first on rooi rose.

Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle
Die rolverdeling sluit onder andere in Charlton George, Khadija Heeger, Hildegardt Whites, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias, Deon Lotz en Deirdre Wolhuter. Talentvolle jong akteurs maak ook hulle buiging.

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Ons maak kennis met die inwoners van Gemoedsdrif, en die plase in die onmiddellike omgewing, wanneer die aflewering van ’n brief lei tot groot spanning en gebeure wat die lewe van die Louw-familie onherroeplik gaan verander.

Khadija Heeger vertolk die rol van Jasmine Louw wat Everlasting besit. Everlasting is al vir generasies in Jasmine se familie. Vandag is sy die eienaar van beide Everlasting en Everlasting Bloemiste & Bistro in Gemoedsdrif.

Jasmine Louw

Khadija is vreeslik opgewonde oor dié telenovelle: “Skemergrond het iets vir almal – van oud tot jonk. Ons vertel die stories van ons mense en hoop dat elke kyker iets kan vind waarmee hulle hulself kan vereenselwig.”

Jasmine is getroud met JP (Charlton George). Hulle het twee pragtige dogters, Hazel Maarman (Carmen Maarman) en Lily (Hildegardt Whites). Hazel bly tans op die plaas met haar gesin waar sy Everlasting bestuur. Sy is getroud met Ronnie (Mario Haupt), en hulle het een seun, Junior (Ayden October).

JP Louw

Hazel Maarman

Lily Louw

Ronnie Maarman

Lily het op 16-jarige ouderdom uit die bloute haar sakke gepak en Everlasting verlaat sonder enige verduideliking. Sy toer Europa plat met haar dogter, Amber (Talia Davis). Sal Lily ooit die waarheid praat oor hoekom sy gevlug het?

Amber Louw

Die Pienaar-familie bly ook op Everlasting. Erica (Shimmy Isaacs) werk by beide Everlasting Bloemiste en Bistro en Gemoedsdrif Hotel. Sy is uitgesproke, selfversekerd en vreesloos. Haar ma, Ragel (Nazli George), spandeer meeste van haar tyd in haar werkskamer waar sy besig is met haar blommerangskikkings en potpourri vir Everlasting Bloemiste & Bistro. Haar pa, Abel (Noel Oostendorp), is die voorman op die plaas. Erica het ook ’n seun, Louis (William Adams), wat min tot geen blootstelling of ervaring van die buitewêreld het nie. Hy ken net die plaas en die dorp.

Erica Pienaar

Ragel Pienaar

Louis Pienaar

Manny Goosen (Dirk Stoltz) is aan die stuur van sake in die dorp – altyd met ’n knertsie in die hand. Hy besit Gemoedsdrif Hotel en sien homself as die dorp se bewaarder.

Manny Goosen

Ruan Smit (Dann-Jaques Mouton) is die speurder op die dorp. Hy is baie passievol oor sy werk en soek net een ding: geregtigheid.

Ruan Smit

Patty Paulsen (Gretchen Ramsden) is die hotel se nuwe sjef. Sy is ’n mense-mens, maar moenie die fout maak om te dink sy is ’n softy nie.

Patty Paulsen

Die Maritz-familie besit die buurplaas Lang Verloren. Tillie (Deirdre Wolhuter) is getroud met Willem (Deon Lotz) en hulle het ’n seun, Dirk (Wilhelm van der Walt). Tillie en Jasmine is beste vriendinne en hulle het vertrouelinge geword toe hulle die uitdagings van plaasvroue in ’n moeilike era vir vroue navigeer het. Hulle het ’n stil, stoïsynse en ondersteunende vriendskap.

Willem Maritz

Tillie Maritz

Dirk Maritz

Christine Atkins (Devonecia Swartz) is ’n suksesvolle besigheidseienaar in Kaapstad. Sy besit ’n geleentheidsmaatskappy, Atkins Affairs. Christine is op soek na antwoorde en dit lei haar na Gemoedsdrif.

Christine Atkins

Kevin Johannes (Gershwin Mias) is ’n entrepreneur met sy eie vervoermaatskappy. Hy vervoer elke dag die blomme van Everlasting na al die verskillende kliënte.

Kevin Johannes

Gloria Meyer (Hunter Plaatjies) is ’n lewenslustige blommeverkoper op die Kaapse Vlakte. Met haar ma se afsterwe het Gloria belowe om na haar broer, Fabian (Marunzo Thomas), te kyk. Ten spyte van al die probleme wat sy by die huis in die gesig staar, is Gloria vol lewe en passie.

Gloria Meyer

Fabian Meyer

Beeno Beukes (Duncan Johnson) het grootgeword in die rowwe dele van die stad waar hy vanaf ’n jong ouderdom baie van die onderwêreld geleer het. Oor die jare het hy ’n lojale groep mans bymekaar gemaak wat die dwelms hanteer sodat hy kan fokus op die groter prentjie – om sy invloed en grondgebied uit te brei.

Beeno Beukes

Die Cloetes is die nuwelinge op die dorp. Hulle vlug na Gemoedsdrif om van hul lewe in die Kaap te ontsnap. Brandon (Anton Jeftha) en Sylvia (Melissa de Vries) is getroud, en hulle maak Brandon se broerskind, Shakiel (Ashley Riddles), groot. Brandon en Sylvia kom bied danslesse in Gemoedsdrif aan, maar hoekom het hulle weggehardloop?

Brandon Cloete

Sylvia Cloete

Shakiel Cloete

Scharl Van Der Merwe, toesigvervaardiger van dié telenovelle, sê die span is baie opgewonde oor die briljante ensemble van Skemergrond.

“Soos ’n tuin vol veelkleurige blomme, bring elke akteur ’n eie skakering van lewe, kompleksiteit en raaiselagtigheid na ons verhaal. Hulle vertolkings is so betowerend soos die geurige belofte van ’n lenteoggend, wat verseker dat die kyker vasgevang sal word in ’n wêreld van onvoorspelbare intrige,” sê hy.

Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dié telenovelle begin op 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: In Julie begin Bolhuis beslis oor netelige sake op kykNET

The post Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle  appeared first on rooi rose.