Hoezit Samelewing | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Francois Boyce oor ‘Asemrowend’ en ’n vriend in nood
Francois Boyce, die geliefde sanger, liedjieskrywer en radio-omroeper, het onlangs ’n kragtige nuwe weergawe van die lied “Asemrowend” vrygestel. Dié verwerking is egter nie net nog ’n enkelsnit nie: dit is ’n huldeblyk en fondsinsamelingsprojek ten bate van sy vriend, die gospelsanger Leon Ferreira, wat tans ’n dapper stryd teen aggressiewe prostaatkanker voer.

“Hierdie liedjie is oorspronklik deur Leon opgeneem en is een van sy mooiste liedjies,” vertel Francois. “Die woorde het my hart geraak en beskryf presies hoe ek self God beleef. Uit ’n musikale oogpunt gaan sit die melodie in jou kop vas en ’n mens kry dit nie uit nie.”

Volgens Francois, wat met Leon se musiek in die huis grootgeword het, het hulle vriende geword nadat hy en die Grammy-benoemde vervaardiger Neville D met hom ’n onderhoud op Radio Tygerberg gevoer het. “Asemrowend” is tydens hierdie onderhoud gespeel en Francois en Neville D het in daardie oomblik besef dat hulle iets met hierdie lied wou doen. Ná Leon se onlangse kankerdiagnose, het hulle besluit om saam met die evangelistiese groep Die Lekker Crew ’n splinternuwe verwerking daarvan op te neem, as deel van ’n BackaBuddy-veldtog om fondse vir sy mediese behandeling in te samel.

“Leon is iemand vir wie ek ongelooflik baie respek het. Hy is ’n nederige man en as gevolg van iemand soos hy, het ek vandag ’n musiekloopbaan. Daarom het ek gevoel dis niks minder as reg om te probeer help waar ek kan nie,” deel Francois.

“Nêrens in die Bybel staan daar die lewe gaan maklik wees nie, maar daar staan wel – dit is moontlik saam met die Here.”

Francois Boyce, het tydens die Covid-19-pandemie gewildheid verwerf vir die sosialemediaplatform, Hoezit Samelewing, en buiten vir sy musiekloopbaan en werk as radio-omroeper, is hy ook ’n motiveringspreker, stemkunstenaar, kindervermaakkunstenaar en klavieronderwyser.

“Hoezit het my by mense uitgebring waar ek nooit anders sou uitkom nie. God kan enige iets tot sy voordeel gebruik. Al moet ek my naam met ’n plank slaan, sal ek dit doen, want vir iemand daarbuite is dit ’n oomblik om te glimlag,” vertel hy.

Wat hoop jy ervaar mense wanneer hulle na “Asemrowend” luister?

Dieselfde wat ek beleef het toe ek die eerste keer die lied gehoor het. Ons gaan nooit genoeg woorde en asem hê om God se grootheid te kan besing of beskryf nie. Mag mense sien: Hier sing iemand wat self moes kies om aan God se asemrowendheid vas te hou terwyl sy eie wêreld nie altyd lekker is nie. God bly asemrowend ten spyte van my omstandighede.

Wat het jou die meeste geïnspireer tydens die opnameproses saam met Die Lekker Crew?

As jou menslikheid en nederigheid harder skree as jou talent, sit jy liggies in my menswees aan! Hulle is ’n klomp mense met ongelooflike stories, maar wat hul roeping uitleef om die Goeie Nuus deur musiek te versprei. Kyk, dan kan ’n mens nie die talent eenkant los nie. Hoe lekker is dit nie om die voorreg te hê om met sulke goeie stemme te kan werk!

Wat leer jy by Leon, nie net as kunstenaar nie, maar ook as ’n mens en gelowige?

Jou situasie is nooit groter as God nie en jou roeping verdwyn nie as gevolg van jou omstandighede nie. Dit was so lekker om saam met hom deur hierdie proses te gaan. Ons het elke stap met hom gedeel, want mens het besef dit beteken vir hom ongelooflik baie. Ek het hom eendag gebel net nadat ons vir hom ’n opname gestuur het. Hy kon vir 20 minute skaars met my praat, want dit het hom so aangeraak.

Wat inspireer jou om aan te hou skep en projekte aan te pak wat ander mense se lewens raak?

As jy een keer in jou lewe beleef het hoe iemand na jou toe kom en vir jou vertel hoe iets wat jy gedoen het, hulle geraak het, kan jy nie anders as om aan te hou nie. Musiek is ’n taal wat almal verstaan, al verstaan jy nie ’n woord wat gesing word nie. Dit laat jou iets voel en beleef. As jy die vermoë het om dit te kan gebruik as ’n manier van kommunikasie, moet jy.

Wat sou jy vir jong kunstenaars sê wat graag gospelmusiek wil maak of hul stemme wil gebruik vir iets groter as hulself?

Wees sonder twyfel net jouself. Die wêreld het net een van jou, gebruik dit. Moet dit nie weggooi om iemand anders te probeer wees nie. Leer by ander, en gebruik die lesse om jouself beter te maak.

Bou konneksies. Gesels en leer mense wat in die bedryf werk waarin jy wil wees. Jy weet nooit wanneer jy op iemand se koppie moet druk vir raad, idees of hulp nie.

Beskerm jou roeping met alles wat jy het. As jy weet wat jy moet doen, beskerm dit, want niemand anders gaan nie. Leef dit wat in jou hart is, uit. Al voel dit of jy buite die lyne hardloop. Daar is niks wat vir jou soveel geluk en vrede bring as jy in die baan hardloop wat die Here vir jou gegee het.

As jy graag fondse wil bydra om te help met Leon Ferreira se behandeling, kan jy ’n skenking deur BackaBuddy maak.

“Asemrowend” is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier.

Lees ook: Luwellen wys R40 000 van die hand in ‘Die brug’: “Om vir niemand te sê nie beteken dit is steel”

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Francois Boyce oor ‘Asemrowend’ en ’n vriend in nood appeared first on rooi rose.

Hoezit Samelewing eindelik by Afriforum-Teater met 5 Vrouens en Ek
5 VROUENS EN EK, wat aangebied word in samewerking met Taputti Egyptian Perfume Oils, is geïnspireer en opgedra aan die vyf vroue wat Boyce die man gemaak het wat hy vandag is en bekyk jy sy Facebook-blad sien jy hoe sale vol dames, regoor die land, by sy vertonings op liedjies van ABBA, Laura Branigan, Cher en Tina Turner saam dans en sing en hulleself in die oomblik verloor!

“Ek is nie naastenby ’n komediant nie, maar het ’n talent om stories te vertel. Met hierdie vertoning, neem ek mense op reis deur die lewens van die vyf spesiale vroue wat my gemaak het wie ek vandag is. Elkeen het ’n storie, lewensles en lied wat aan hulle gekoppel is,” verduidelik hy.

Die hoofdoel en idee agter hierdie inisiatief is om vroue te bemagtig en aan te moedig om hulle waarde en potensiaal raak te sien, uit te leef en ’n verskil te maak.

“Elke vrou kan ’n impak maak. Elke vrou kan help skryf aan iemand se storie. Elke vrou het op hierdie aarde bestaansreg. As jy net op ’n plek kan kom van selfaanvaarding, het jy meer as genoeg in jou om die wêreld te verander.”

Hoewel dit die eerste keer is wat 5 VROUENS EN EK in Pretoria aangebied word, word dit regoor die land voor uitverkoopte gehore opgevoer en is hy verstom oor vroue se uiteenlopende reaksies op wat hulle op die verhoog sien.

“Dis ongelooflik om vroue se uniekheid in volle glorie te ervaar. By elke vertoning is daar oomblikke waar ’n storie of lied trefkrag het wat jy nie kon voorspel nie. Oomblikke wat jy sien hoe dames hulleself geniet, ontspan en net is wie hulle is, ongeag van wat ander dink, en dis vir my ’n groot hoogtepunt,” sê Francois.

Nog ’n hoogtepunt, is om hierdie geleentheid saam met Taputti Egyptian Perfume Oils aan te bied, wat met hulle besonderse handelsmerk, storie daaragter en produkte die toonbeeld is van uniekheid, vroulikheid, elegansie, diversiteit, status en vroue-bemagtiging.

“Ons slagspreuk is 100% in lyn met Hoezit Samelewing se vertonings. Jou geur. Jou storie. (Your fragrance. Your story.)

Die naam, TAPPUTI, is geïnspireer deur Tapputi Belatekallim wat beskou word as die wêreld se eerste amptelike vroulike chemikus, ’n parfuummaker wat op ’n antieke spykerskriftablet genoem word. Argeoloë het bewyse van haar werk gevind op ’n Assiriese spykerskriftablet wat uit 1200 v.C. dateer in Babiloniese Mesopotamië.

As koninklike parfuummaker, was Tapputi nie net die hoof van haar eie huishouding (wat is wat “Belatekallim” beteken) nie; maar word ook beskou as ’n kenner in haar veld en die amptelike hoof van die parfuum-aanleg by die paleis.

Ons staan almal aan die hoof van ons huis, baie van ons is entrepreneurs of werkende vroue, ma’s, eggenote, susters en vriendinne, en het so baie skoene om te vul. Taputti het net soos ons ’n geur gehad, ’n storie. Elkeen van ons het ook ’n geur en ’n storie, net soos elke ander vrou en daarom skakel ons en die vertoning baie goed bymekaar in,” sê Alishia van Deventer, eienaar en hoofuitvoerende beampte van Tapputi Egyptian Perfume Oils.

Omdat dit nog altyd sy droom was om by ’n teater op te tree, sien hy ook uit om in die voetspore te volg van al die bekendes wat al voorheen op dié verhoog verskyn het.

Wanneer hy nie besig is om vroue te vermaak nie, bied hy spesiale kinderverhoogstuk (Franna) aan waar hy stories, dans en drama gebruik om laerskoolleerders te inspireer. Verder tree hy ook as motiveringspreker op by hoërskole en ander geleenthede.

Alhoewel sy kalender propvol is vir die res van die jaar, hou hy nooit ophou droom en beplan nie en het hy reeds heelwat projekte in die pyplyn vir 2024.

“Ek kan ’n verskil maak en sal aanhou om kreatiewe maniere uit te dink om van die wêreld ’n beter plek te maak,” sluit hy af.

Bespreek nóú vir jou en jou vriendinne ’n tafel vir 5 VROUENS EN EK en kom geniet ’n heerlike middag saam. Enkele tafelbesprekings is hier beskikbaar: https://tapputioils.co.za/products/5-vrouens-en-ek-1

Sitplekkaartjies beskikbaar by hierdie skakel: https://afriforumteater.co.za/event-details?id=0ef312ad-719d-465d-ad65-2bfb89394090 (onder 5 VROUENS EN EK)

Die vertoning begin 14:00 en kaartjies kos R200 per persoon.

Lees ook: Komedie-legendes in nuwe kykNET-reeks te sien

The post Hoezit Samelewing eindelik by Afriforum-Teater met 5 Vrouens en Ek appeared first on rooi rose.