In die sop | rooi rose

Vyf redes hoekom jy ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ moet kyk
Die gewilde kykNET-reeks In die sop kry ’n vars nuwe aanslag met Gastehuisrevolusie – en dié keer is dit nie restaurante wat gered moet word nie, maar wel sukkelende gastehuise regoor Suid-Afrika.

Van klein dorpies tot bekende bestemmings bring dié reeks hoop, inspirasie en praktiese raad aan eienaars wat werklik “in die sop” is.

Hier is vyf redes waarom dié seisoen kykers vasgenael voor die kassie gaan hou:

’n Nuwe fokus: Van restaurante na gastehuise

Waar vorige seisoene op restaurante gefokus het, skuif die kollig nou na gastehuise – en dit bring ’n hele nuwe stel uitdagings daarmee saam. Anders as restaurante bied gastehuise hul besoekers ’n volledige ervaring: van ontvangsareas tot slaapkamers waar die gaste moet ontspan. Hierdie kompleksiteit maak elke projek meer persoonlik en emosioneel, en dit vereis slim oplossings binne ’n beperkte tyd met ewe beperkte begrotings.

’n Ervare span met flair

Aan die stuur van die reeks is Janie du Plessis, ’n geliefde TV-persoonlikheid wat terugkeer na die skerm. Sy word bygestaan deur ’n sterk span ontwerpkenners, insluitend Misi Overturf – ’n bekende gunsteling uit In die sop: Restaurantrevolusie– wat weer haar kreatiewe stempel afdruk. Saam met Misi bring Griki Lubbe en Willus Bosch hul unieke styl en praktiese benadering na elke projek, terwyl ander spesialiste saam inspring met besigheids- en bemarkingsadvies.

Regte stories, regte uitdagings

Die reeks neem kykers na plekke soos Melkbosstrand, Worcester, Bethulie, Bloemfontein, Piketberg en Saldanha – waar elke gastehuis sy eie unieke storie en struikelblokke het – van finansiële druk en lae besettingsyfers tot persoonlike tragedies en beperkte hulpbronne. Hierdie eienaars veg nie net vir hul besighede nie, maar ook vir hul toekoms.

Meer as net ’n “makeover”

Hoewel die visuele transformasies van elk van hierdie gastehuise indrukwekkend is, gaan dit oor veel meer as net nuwe dekor. Die span fokus ook op bemarking, kliënte-ervaring en strategiese posisionering. Baie eienaars het min ervaring met digitale platforms of effektiewe bemarking, en dit is juis hier waar die grootste verskil gemaak word – om hulle toe te rus met vaardighede wat lank ná die kameras weg is, steeds waarde tot hul besigheid voeg.

Hoop en menslikheid staan sentraal

Wat hierdie reeks werklik onderskei, is die emosionele impak daarvan. Binne net ’n paar dae sien kykers hoe mense se lewens verander, nie net hul besighede nie. Die proses bring nuwe energie, hoop en selfvertroue terug na eienaars wat moed verloor het. Dit is ’n herinnering dat, met die regte ondersteuning en leiding, selfs die moeilikste situasies na iets positief omgedraai kan word.

In die sop: Gastehuisrevolusie begin op 23 April om 20:00 op kykNET en beloof om nie net inspirerend te wees nie, maar ook ’n viering van deursettingsvermoë, kreatiwiteit en die krag van gemeenskap.

Lees ook: Geliefde aanbieder Johnny Davids sterf skielik

The post Vyf redes hoekom jy ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ moet kyk appeared first on rooi rose.

Maak reg, die mense wil kom kuier! ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ is hier
Verlede jaar het kykNET aangekondig dat die gewilde werklikheidsreeks In die sop ’n nuwe baadjie aantrek. Die fokus verskuif in die vierde seisoen van restaurante na gastehuise.

In die sop: Gastehuisrevolusie, wat op 23 April op kykNET begin, gaan 13 gastehuise help – van Bethulie tot Worcester, en verder noord, verder suid en sommer ook op allerhande lekker plekke tussenin.

Die aanbieder van die reeks is Janie du Plessis, wat in die 80’s behoorlik naam gemaak het. As aanbieder van gewilde joernaalprogramme vir jong mense, soos Teletien en Graffiti, was sy ’n baie gewilde voorbladgesig. Sy was destyds ook saam met Arnold Vosloo te sien in die trefferrolprente Boetie gaan border toe (1984) en Boetie op manoeuvres (1985).

Die aanbieder van die reeks is Janie du Plessis (Foto: Gys Loubser)

Verskeie gastehuise het gehoop dat In die sop: Gastehuisrevolusie vir hulle net die regte reddingsboei sal wees. Hulle het laat waai met hul inskrywings om baat te vind by daardie vars kennersoog en professionele wenke wat Janie en haar knap span hulle kon bied.

Die gedugte taakspan het bestaan uit ’n ou bekende lid van die In die sop-span, Misi Overturf, en twee ander binnenshuise ontwerpers, Griki Lubbe en Willus Bosch. Dié drie het beurte gemaak om hulp aan die gastehuise te verleen, terwyl ander kenners deur die loop van die reeks sake- of bemarkingsadvies gedeel het.

Voordat Janie en haar span by die gastehuise weggespring het, is daar natuurlik goeie navorsing gedoen. Janie en die taakspan het ’n “spioen” vooruit gestuur om ondersoek na die potensiële probleme by die gastehuise in te stel.

Volgens Janie het die vervaardigers beslis met die In die Sop-formaat ’n aar in die Afrikaanse gemeenskap raakgeboor.

“Baie mense het hulle gastehuisdroom sien vervaag met die uitdagings wat deur Covid, politiek en die ekonomie veroorsaak is,” vertel sy.

“Die gastehuise wat ons besoek het, was werklik almal diep in die sop.”

Janie is van mening dat dit grootliks te wyte is aan gebrekkige kennis van bemarking en insig in die gasvryheidsbedryf.

“Die verskil wat ons as ’n span gemaak het, was baie bevredigend. Ons weet wat om te doen om dinge weer reg te ruk. Ons het eerstehands gesien hoe ons mense se lewens binne ’n paar dae verander het en hoe dit hulle weer hoop gegee en aan die gang gekry het met hernude energie en ’n positiewe uitkyk.”

(Foto: Gys Loubser)

Wat was volgens Janie en die span die gastehuise se mees algemene uitdagings?

“Onderhoud wat agterweë bly. Baie mense is ook nie tegnologies vaardig nie. Hulle is oorwegend mense van die platteland wat nog nooit digitale platforms ingespan het nie, en hulle weet ook nie hoe om kliënte te bereik nie. Mense besef nie hoe maklik dit eintlik is om jou eie bemarking te doen nie.”

Maar, het sy bygevoeg, daar is nie een resep wat op alle gastehuise van toepassing is nie. Elkeen se behoeftes en uitdagings is uniek.

“Om ’n besigheid om te draai, verg veel meer as net die mooimaak van die uiterlike. Daar is ook die kwessie van begrip. Die eienaar van ’n gastehuis moet die veranderinge wat ons maak, verstaan en dan self toepas.”

Hoe voel sy uiteindelik oor die proses wat hulle aangepak het?

“Die verskil wat ons in mense se lewens gemaak het, het my diep getref. Dit was ’n besonderse ervaring, en ek voel baie bevoorreg om deel te kon wees van hierdie program.”

In die sop: Gastehuisrevolusie begin op Donderdag 23 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod terug met nuwe seisoen vol adrenalien, avontuur en natuurskoon

The post Maak reg, die mense wil kom kuier! ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ is hier appeared first on rooi rose.

kykNET se ‘In die sop’ ruk nou gastehuise reg & spog met nuwe aanbieder
kykNET se gewilde werklikheidsreeks In die sop trek ’n ander baadjie met ’n splinternuwe aanbieder aan vir die vierde seisoen van die reeks. Die fokus verskuif van restaurante na gastehuise in en om Kaapstad, in Gauteng en langs die N1-roete.

Raadop met stadige besprekings of keelvol vir klaende gaste? Is jou gastehuis dalk in die sop?

Soms is dit net ’n vars kennersoog wat nodig is om jou gastehuis weer winsgewend te maak en te sorg dat gasvryheid weer sy regmatige plek saam met jou gelukkig gaste aan die vol hooftafel inneem. Hierdie is dalk net die reddingsboei wat jy nodig het.

Aan die stuur van sake is Janie du Plessis, daardie aanvallige rabbedoe wat in die 80’s as aanbieder van gewilde joernaalprogramme vir jong mense soos Teletien en Graffiti op al wat ’n tydskrifvoorblad gepryk het. Sy was destyds ook saam met Arnold Vosloo te sien in die trefferrolprente Boetie gaan border toe (1984) en Boetie op manoeuvres (1985).

Janie du Plessis (Foto:Verskaf/kykNET)

Oor die afgelope 40 jaar het sy een van die bekendste glanspersoonlikhede op TV geword. Maar dis nie net deftige geleenthede, ligte en kameras vir Janie nie. Sy’t ’n goeie sakekop op haar skouers, én sy het deeglike eerstehandse kennis van gastehuise. Die afgelope tien jaar het sy die land deurkruis met haar liefdadigheidswerk, wat haar tot drie keer ’n week in gastehuise laat beland het.

’n Bekende lid van die In die sop-span, Misi Overturf, vorm saam met Griki Lubbe (’n binnenshuise ontwerper in Kaapstad) en Willus Bosch (’n ervare opknapper, interieurkenner en eienaar van Maison Cape Town) die gedugte taakspan. Dié drie gaan beurte maak met hulp aan die gastehuise, terwyl daar ander kenners ook deur die loop van die reeks ingespan gaan word.

Waarvoor wag jy? Daar’s mense wat wil kom kuier!

Skryf só in:

Besoek www.kyknet.tv vir die inskryfvorm of stuur ’n epos na inskryf@indiesop.tv. Inskrywings sluit 31 Julie 2025 en die reeks sal vroeg in 2026 uitgesaai word.

Lees ook: Hoe om skoon matte sonder ’n matmasjien te kry

The post kykNET se ‘In die sop’ ruk nou gastehuise reg & spog met nuwe aanbieder appeared first on rooi rose.

Bertus help restaurante weer uit die sop
Hierdie seisoen lewer nog ’n nuwigheid in die vorm van ’n liefdadigheidsprojek om meer huislike ruimtes in ’n kinderhuis te skep.

Die possak het behoorlik gekreun met meer as 400 inskrywings van restauranteienaars dwarsoor die land. Dit het die bekroonde glanssjef Bertus Basson, dekorkenner Misi Overturf en hul span deskundiges behoorlik laat kopkrap oor watter deelnemers om te kies.

Soos met die vorige seisoene is hul grootste uitdaging die stryd teen tyd, want hulle het net 72 uur om ’n restaurant reg te ruk en ’n nuwe gedaante te gee. En dit verg veel meer as net ’n besem en skoppie en ’n leksel verf.

“Daar is geen heilige koeie nie, en ons woeker met die restaurante se kombuis, uitleg, meubels en spyskaarte,” sê Bertus.

“Almal hou van ’n goedvoel-storie waar iemand ’n tweede kans kry om vars te begin, en in ons land is mense uitgehonger vir positiewe stories. Maar dis belangrik dat daar egtheid in daardie stories skuil. En vanjaar se In die sop-eetplekke is tot boordens toe vol met mooi stories oor Suid-Afrikaners se deursettingsvermoë,” vertel hy.

Só skop die derde reeks in die Kaapse woonbuurt Kuilsrivier af, waar al die inwoners weet van die beskeie 1960’s-woonhuis agter ’n vrolike, pers geverfde vibracrete-muur waar jy vir Suzie en Willy Mathys gaan aantref. Vir die energieke egpaar in hul 70’s, wat Suzie’s Coffee Shop besit, is dit soos ’n droom wat waar geword het om met In die sop hul storie met Suid-Afrika te deel.

’n Werklikheidsreeks wat ’n ware verskil maak

Volgens Bertus is organisasie, stelsels en goeie selfdissipline die grootste uitdagings waarmee restauranteienaars hulp nodig het. As hulle hierdie drie aspekte kan baasraak, is die regte fondasie gelê vir groei en goeie bestuur.

Hy het self ook al ’n hele paar waardevolle lesse geleer tydens die vorige twee seisoene van die reeks, maar wat staan vir hom uit?

“Dit maak werklik ’n verskil as jy omgee vir dit wat jy doen. Elke mens het ’n kans om hulself te verbeter in hierdie lewe.”

Dit is juis die omgee-aspek wat die In die sop-span ’n nuwe koers laat inslaan het. In een van die episodes wend hulle hul unieke stel vaardighede aan om hand by te sit om die Durbanville Kinderhuis se bestaande kombuise in funksionele, meer huislike ruimtes te omskep.

“’n Kreatiewe kosomgewing, wat die voorbereiding en die eet daarvan insluit, kan ook bydra tot die jong inwoners se ontwikkeling, lewenskwaliteit en gevoel van selfwaarde,” meen Bertus.

In die sop: Restaurant-evolusie word Woensdagaande vanaf 6 Maart 2024 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

The post Bertus help restaurante weer uit die sop appeared first on rooi rose.

Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee
Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee deur Maryke Roberts

Hy deel hierdie lesse in die kykNET-reeks In die sop, wat Woensdagaande uitgesaai word. Bertus sit die restaurant-evolusie in die tweede seisoen voort saam met dekorspesialis, Misi Overturf, en dit word nou uitgesaai.

Soos in die eerste reeks, word daar in elke episode gewys hoe ’n eetplek in drie dae ’n transformasie ondergaan. Kykers gaan sien hoe daar nuwe lewe binne 72 uur in restaurante, wat wissel van alledaagse eetplekke tot fynproewerrestaurante, geblaas word.

Bertus en sy span deskundiges kan enigiets verander – dit sluit die naam, dekor, uitrustings van die personeel, die spyskaart en die kombuisopset in.

Volgens hom poog hy en sy span om restauranteienaars met hul kennis en ervaring te bemagtig en te inspireer.

“Soos altyd is daar geen heilige koeie nie en ons woeker met die restaurante se kombuis, uitleg, meubels en disse, maar danksy die eerste seisoen het die nuwe deelnemende restaurante ’n beter idee wat die resep behels,” vertel hy.

Lees ook: Sjef Mynhardt se eie kookboek

Die eerste reeks van In die Sop het veral gehelp om die gekose eetplekke, wat onder die streng inperkingsmaatreëls van die Covid-19-pandemie gebuk gegaan het, huishoudelike name te maak.

In die tweede episode wat in vroeg Mei uitgesaai is, het Bertus en sy span DNA Café in Kuilsrivier gaan regruk, waar ’n barmhartige paartjie geleer het dat ’n mens nie uit ’n leë koppie kan skink nie.

Dis juis by DNA Café wat gaste onlangs kon kom kuier om uit die perd se bek te hoor hoe dié reeks die eienaars se lewens verander het, maar ook by Bertus en Misi te hoor wat die reeks se uitdagings is.

Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger vir die reeks, het vertel dat restaurateurs se drome verpletter is, en hulle wanhopig is. “Hulle is so ongelooflik weerbaar en stukkend en dan kom daar hierdie hoop.” Sy sê vir haar is deernis en omgee die oorkoepelende boodskap van die reeks.

Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger vir In die sop, en Bertus Basson, sjef en aanbieder, staan by Adelé en Nate Smith, eienaars van DNA Café.

Bertus het vertel hoe die reeks sy ontstaan gehad het: Hy en sy vrou, Mareli, het gedurende die inperking sop vir hul gemeenskap, Jamestown, net buite Stellenbosch gekook het. Ander sjefs het later kom help en hulle het 1 200 liter sop per dag gekook. Homebrew Films het daarvan te hore gekom en hulle genader met die idee van ’n reeks waarin Bertus sukkelende restaurateurs help.

Mareli Basson, Bertus se vrou, en sakevennoot, Misi Overturf, die dekor-spesialis in In die sop, en Jaco Loubser van Homebrew Films, wat die reeks vervaardig.

“Ek kan ’n kwaai bliksem wees, maar jy werk met ander mense se drome en die reeks gee hoop, sodat mense beter af is as voorheen.”

Die eienaars van DNA Café, genoem na Dugald (Duke) Cloete en Nate en Adelé Smith, was voorheen deel van ’n koffiewinkelketting. Duke, Adelé se broer, is etlike jare gelede onverwags oorlede.

’n Deel van die spyskaart met sy Afri-Kaapse beskrywing. Regs is ’n foto van die eienaars, Dugald (Duke) Cloete en Nate en Adelé Smith, voor Duke se dood.

Adelé vertel dat hulle baie slapelose nagte oor die onderneming gehad het. Die inperking het hulle op hul knieë gedwing, maar dis moeilik om openlik te erken jy kry swaar. Nate vertel dat sy vrou se onthulling dat sy ingeskryf het vir In die sop die “reaksie van enige klein sakeman gehad het: Jy hou alles vir jouself en hou aan glimlag as mense vra hoe dit gaan. Ek was bang om mense te laat weet hoe sleg dit met ons onderneming gaan.

Dis hoe die koffiewinkel gelyk het toe dit nog deel van ’n koffiewinkel-ketting was.

“Maar om te kon laat gaan, om dit nie meer vir jouself te hou nie, was wonderlik.”

Die koffiewinkel se slagspreuk is nou “Cape soul food” en Bertus sê dis die identiteit van Nate en Adelé. “Dis Kaapse kos, dis nie Joburg-kos nie, dis ons kos.”

Die nuwe DNA Café, nadat Bertus Basson en Misi Overturf met die projek klaar is.

Die spyskaart spog met Afri-Kaapse begrippe soos “Komvandaan Classics”, “Lekkerchies en Lussies” en “Daltjies what you must bakkies”.

Die nuwe DNA Café, nadat Bertus Basson en Misi Overturf met die projek klaar is.

Nate het vertel dat hulle die Kaapse tradisies waarmee hy grootgeword het, soos koesisters op ’n Sondag, by die restaurant laat voortleef. Sondagoggende staan die rye by die restaurant uit om koesisters te kom koop.

En in lyn hiermee het elke gas by die bekendstelling ’n barakat-boksie (wegneemboksie) gekry met hul vertrek. In die Kaaps-Maleier-kultuur is ’n barakat ’n papiersak gevul met koeke, vrugte en lekkergoed wat aan vriende en bure uitgedeel word.

Adelé Smith, mede-eienaar van DNA Café, wys hoe ’n gatsby nou eintlik moet lyk.

My boksie was vol stroopsoet sagte koesisters met baie klapper en ’n stuk gatsby met dik slaptjips.

Blykbaar is die wortelkoek die beste in die weste, maar ons het ons ooreet aan koesisters en nooit by wortelkoek uitgekom nie!

Daar is 13 episodes in die tweede seisoen: In episodes 7 op 8 Junie kuier die span by die Old Goal op Swellendam. In episode 8 op 15 Junie is JJ’s Takeaways aan die beurt. In Struisbaai se hawe staan ’n gehawende karavaantjie wat al vir meer as ’n dekade vis en tjips verkoop.

The Gathering Café in episode 9 op 22 Junie onder die loep. Pastoor Bjorgan Morrie van The Gathering-gemeente het onlangs die deure van sy koffiewinkel oopgemaak, maar het ‘n wonderwerk nodig om dit oop te hou.

Op 29 Junie is episode 10 by Amazink net buite Stellenbosch. Die gordyne op die restaurant se gloriedae is lankal toegetrek en Bertus en Misi gaan na meer as net die dekor en spyskaart moet kyk.

Verfilming en redigering van episodes 11, 12 en 13 is tans onderweg en die tweede seisoen loop op 20 Julie om 20:00 op DStv-kanaal 144 ten einde.

• Die 12 restaurante wat in die reeks verskyn, word uit honderde aansoeke gekeur. Die kostes van die projek word deur kykNET gedra en is hul belegging in gemeenskappe.

Foto’s: Clifford Roberts, Martin Gouws, Ian du Toit

Lees ook: Nuwe dubbelloop-lekkerte vir Nederburg

The post Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee appeared first on rooi rose.