ina genade se blog | rooi rose

Om ’n telerobot te tart
Min dinge wat my só omgeëllie kry as wanneer die selfoon lui, “Unknown” oor die skerm flits en ek teen my beterwete in antwoord en begroet word met ’n aarselende stilte voor ’n robotagtige stem met ’n swaar aksent sê: “Good day, may I please speak to Missus Jê-nyd?”

Oombliklik is ek vies vir myself.

Maar, ’n ma antwoord mos maar altyd haar foon – ’n mens weet nooit of daar dalk ’n noodgeval met een van die kinders is nie.

Dié viesgeit haal ek dan uit op die robotstem deur bitsig te beklemtoon: “Ja, dit is mevrou Ge-naaaa-de. Kan ek help?”

In die meeste gevalle word ’n telerobot egter nie deur ’n bietjie bitsigheid afgeskrik nie en die rympie begin van voor af.

“Good morning, Missus Ge-ny-de. And how are you today?”

Not at all in the mood to talk to you, dink ek by myselwers.

“Kan ek help?” antwoord ek dan onhulpvaardig in die hoop dat die robot sal snap dat ek nie tyd of lus het vir telepraatjies nie.

“Ma’am, it is my pleasure to tell you that, as our most valued customer…”

“Ek het regtig nie nou tyd nie, wat wil jy aan my verkoop?”

“No, this is by no means a marketing call, Ma’am, we are simply calling you to tell you…”

“Asseblief, ek het regtig nie nou tyd nie,” probeer ek gewoonlik weer die draaiboekteks kortknip.

“Should I call you back another time, Ma’am?”

Ja, oor so 75 jaar?

“Ek stel regtig nie belang nie, jammer, hoor!”

“But, Ma’am, I have not even…”

“Lekker dag. Tot siens.”

Natuurlik sal my Calvinistiese streep my dan ’n oomblik laat skuldig voel omdat ek so kort en kragtig kortaf was en die foon doodgedruk het. Waar’s my maniere …?

Tot die foon weer lui, ’n paar uur later.

Hierdie keer ’n nommer met ’n Kaapse kode. Getrou antwoord ek maar weer.

Dis telerobot se kloon.

“Good afternoon, Missus Grenade…”

Ek sien in my geestesoog hoe ek die pennetjie uittrek en dit soos ’n handgranaat weg slinger.

“Kan. Ek. Help?” vra ek – al wil ek nie ’n blou duiwel help met enigiets nie.

“No, Ma’am, but I can help you! If I can borrow five minutes of your time, I would love to tell you…”

In hierdie stadium is ek reeds goed vies dat ek my so laat stoomroller en ek antwoord: “Het jou onderwyser jou nie die verskil tussen ‘can’ en ‘may’ geleer nie?”

Stilte aan die anderkant.

“En, mag ek vra hoe jy weer die vyf minute vir my gaan terug gee nadat jy dit geleen het?”

Swaarder stilte.

“Uhm, Ma’am. If I could just… maybe… please tell you quickly about, uhm, our…” probeer die robot, nou effe van stryk, weer die drade bymekaar kry.

Ek voel weer so ’n sweempie van skuld. Sjym. Hy doen maar net sy werk.

“What do you want to sell me?” vra ek in ’n poging om hom enersyds nie té sleg te laat voel oor my afjak nie, maar andersyds om hom steeds te oorreed om eerder iemand anders te bel.

“I would like to tell you about our excellent life insurance policy, Ma’am!” rammel hy af terwyl hy nou die kans kry.

“Wil jý nie eerder by mý ’n lewensversekeringspolis uitneem nie?” vra ek voor ek behoorlik dink wat ek sê.

Stilte.

“Eh… what do you mean, Ma’am?”

“Don’t you rather want to buy a policy from me?” vra ek weer sonder om regtig te weet wat ek volgende gaan kwytraak.

“Uhm, why, Ma’am…?”

“Want myne is beter as joune,” antwoord ek.

“Why do you say that, Ma’am?” vra die telerobot terwyl ek die ratte kan hoor draai.

“Want ek is nog nie dood nie, sien? Myne werk uitstekend!”

Stilte.

“Have a nice day, Ma’am.”

Kliek.

Ek kyk verbaas na die gehoorstuk in my hand.

Het ’n telebemarker sopas die foon in mý oor neergesit …?

The post Om ’n telerobot te tart appeared first on rooi rose.

Hoe gemaak met parkeerbullebakke?
Soos die meeste wetsgehoorsame landsburgers, het ek die gewoonte om (meestal) te wag tot my motor se wiele stilstaan voor ek ’n foonboodskap beantwoord. Dus sit ek vanoggend gou in ’n parkeerplek voor die supermark en beantwoord my man se WhatsApp. Die volgende oomblik is daar ’n blikkerige slag en my foon val uit my hand uit.

Die senior burger wat pas langs my stilgehou het, het dit goed gedink om sy motordeur wawyd oop te gooi om sy uitklimaksie te vergemaklik. Toe dawer hy sy wit motordeur teen my swart deur vas.

Hy het effe verbaas gelyk toe hy sien dat daar iemand in die motor sit waarteen hy so vaskletter, maar die volgende oomblik stap hy tongklikkend aan winkel se kant toe en mompel ewe: “Vroumense kan nie parkeer nie …”

My gereformeerde opvoeding, respek vir ouer mense en als ten spyt – ek het hom amper via ’n briesende boulaksie met my foon teen die kop geklits. Dan praat hulle van “die kinders van vandag wat nie meer respek het nie”?

A nee a, Omie.

Maar, hierdie is nie die eerste keer nie en seker ook nie die laaste nie.

So ’n jafel van ’n buurdorp het onlangs in ons middedorp sy skittersilwer fôbaaifô se deur hárd teen myne vasgeslaan met sy inklimslag. Ek was op pad om te ry, maar het toe maar doodluiters (en effe aspris) uitgeklim en om my motor gestap om die skade te bekyk.

Hy het halfpad uit by sy parkeerplek grootoog opgelet ek staan daar en hy het so ’n patetiese handgebaar gemaak voor hy brullend by die parkade uitry. Hy het seker nie gedink dat daar min genoeg motors met buurdorp-registrasienommers en kombinasies van vyf en nul is vir my om binne ’n minuut presies te weet wie hy is nie. Glo berug vir sy bullebakmaniere op die dorp. Klaarblyklik het nie alle blinkvosperde ridderlike ruiters nie.

Wat my verstand te bowe gaan, is hoe só ’n mens dink. Want, ’n deur wat teen ’n ander deur kap, kry mos ook ’n merk? Gee so ’n parkeerbuffel bloot net só min om vir sy eiendom as vir myne?

Daar verskyn deesdae gereeld foto’s op my sosiale mediavoer van motors wat wydsbeen in parkeerareas staan. Die fotonemers raas en blaas, want veral met maandeinde is dit mos onbeskof om twee plekke vol te staan as daar reeds so min parkeerplek is?

Tog begin ek al meer verstaan dat iemand eerder aspris twee plekke opeis, as om elke keer inkopiesak in die hand eers die nuwe duike en skrape te tel. Dit is nie asof mens die duike en skrape met spoeg en naellak kan wegtoor nie.

’n Vriendin vertel dat sy ’n spesiale skeloranje, ekstra-olierige lipstif in haar handsak hou vir sulke geleenthede. As iemand dan so goedsmoeds ’n deur teen haar motor oopslaan voor die persoon die winkel in verdwyn, klim sy eenvoudig uit en skryf in mooi duidelike letters op die bestuurderruit: “MAAK VERSIGTIG OOP – KRY SEER AS JY MY STAMP xx JOU DEUR”.

’n Koerantvriend van ’n ander buurdorp maak dit weer sy missie om die voertuie en registrasienommers van “lopende wonderwerke” af te neem en op sosiale media te versprei.

Dit blyk dat die parkeerarea van ’n groot supermarkgroep op daardie dorp bomenslike geneeskrag het, want elke keer as ’n parapleeg op een van die aangewese plekke reg voor die winkeldeur parkeer, gebeur ’n wonderwerk en so ’n persoon draf ligvoets die winkel in.

Ek staan ewe verstom oor hoe gereeld mense ons dorp se rolstoelvriendelike parkeerplekke misbruik. En, hoe kwaad hulle dan is as hulle uitkom en ’n wakker sekuriteitswag het hulle motorwiel laat vasklamp. Allerhande belaglike verskonings en dreigemente word rondgeslinger, maar skaamkwaad het nie brieke nie.

Sou dit nie minder moeite wees om die eerbare ding te doen en rolstoelparkering oop te laat vir diegene vir wie dit bedoel is nie?

Soos hulle sê: “Onnoselgeit is nié ’n gestremdheid nie” – gaan parkeer elders, man, sies.

Ek hoor graag van lesers wat doeltreffende idees het om parkeerbullebakke op die regte pad te help, en ook hoe ’n mens jou motor kan beskerm teen die nonchalante deurslaners ( inagenade@mweb.co.za )

The post Hoe gemaak met parkeerbullebakke? appeared first on rooi rose.

Facevoos
Ek tik my sleutelwoord in en haal ’n oomblik diep asem terwyl my jongste nuusvoer-skermpie aflaai.

Vanoggend sien ek nie regtig kans vir enige negatiewe nuus nie en ek hoop heimlik daar is iets opbeurend op sosiale mediafront.

Ek beweeg met die pyltjie af en stik omtrent in my oggendkoffie. ’n Foto van ’n hond wat skynbaar met kookwater gemartel is, lê my skerm vol. Hoekom deel enige diereliefhebber so iets gruwelik? Wat help dit daardie arme gedierte?

Ek beweeg haastig af. Na sowat ses foto’s en resepte van hoe om die perfekte kilojoulevrye tert op te tower, sien ek iets wat meer sosiaal nuuswaardig lyk.

En stik weer in my oggendkoffie.

Die Van den Haans is sedert vroemôre al aan’t moddergooi. Ons is nie regtig vriende nie, meer kennisse van skooldae af, maar die laaste jaar of wat kom ek noodgedwonge agter alles is nie pluis tussen Egpaar Van den Haan nie.

Hy beskuldig haar gereeld op haar tydlyn en statusse dat sy flankeer met ander mans – in die regte lewe en in die kuberruim – en sy kerm gereeld saans via die web dat hy alweer saam met sy golfmakkers by Putjie 19 vasgesteek het. Vanoggend beskuldig hulle mekaar blatant op Facebook van buite-egtelike verhoudings.

Ek beweeg vinnig verder. Druk die “Like”-knoppie onderaan ’n universiteitsvriendin se babatjie wat met ’n penorent kuifie oopmond lag.

En beweeg nog verder af. Nuusskakels oor plaasmoorde en verkragtings en hier en daar ’n brokkie goeie nuus soos dat die brandstofprys nie vandeesweek styg nie (maar eers volgende week).

Verder af in die nuusvoer is ’n sarsie passief-aggressiewe “prentjie-met-boodskap”-inskrywings waar ’n –kennis-van-’n-vriendin-se-vriendin (wat de drommel maak hierdie mense nou weer op my Facebook…?) haar eksman eers probeer oortuig van haar onveranderde liefde en hoe seer haar hart is… en dan weer onomwonde verklaar dat sy versot is op haar enkelloper-status. Dit is sowaar moeilik om by te hou.

Ek sug en besluit om uit te teken. Dit sal beter wees vir my gemoed.

Hoe het dit gebeur dat sosiale media wat veronderstel is om mense nader aan mekaar te bring, so ’n kuberbokskryt en veld vol landmyne geword het?

Eers was dit wonderlik om ou vriende van skool- en universiteitsdae en verlangse familie weer op te spoor en te deel in mekaar se lief en leed. Gesinsfoto’s en grappighede is gedeel en maats kon mekaar via die kuberruim moed inpraat as die lewe druk.

Maar, toe het die sosiale stuk gereedskap begin oorneem en vir baie mense het dit gou ’n geval geword van iets gebeur nie voor ek dit op Facebook deel nie.

Ons het in terme van die beste geposeerde foto, die aangrypendste mededeling en die windmakerigste “check-in” begin dink – en begin lewe.

En, soos die lewe maar is, is alles nie maanskyn en rose nie. Ook nie in die kuberruim nie.

Maar, dit is asof sosiale media die briekaandraai wat mens nog in die regte lewe darem weens ordentlikheid en respek vir ander toepas, toetentaal tersyde stel. Op Facebook en ander sosiale platforms kan mens sê presies wat jy dink en voel oor iemand en jy sal boonop nog beloon word met ’n kuber klop-op-die-skouer in die vorm van ’n aantal “Likes”.

Die gevaar is dat vriendskappe en verhoudings gemeet word aan die hoeveelheid aandag wat jou bydraes op ’n platform soos Facebook geniet.

Die buurvrou wat heeldag boer op Facebook, maar elke liewe foto en inskrywing van jou soos ’n stopstraat ignoreer? Sy is duidelik jaloers (of dalk iets anders, treiter die stemmetjie in jou kop jou) – en gevolglik groet julle half strammerig as julle mekaar in die regte lewe raakloop.

Hoekom dan aankarring met iets wat duidelik nie meer die positiewe doel dien waarvoor dit geskep is nie?

Die slim mense het so ’n jaar of drie gelede begin praat van Fomo – “fear of missing out”. Dit beskryf die amper obsessief-kompulsiewe gedrag van mense om kort-kort te loer wat hulle familie, vriende en kennisse aanvang.

En ook jou sosiale stuiwer in die armbeurs te gooi deur met jou kubervriende te deel waarmee jy besig is.

En dit is hierdie gedrag wat daartoe lei dat die werklike ervaring dikwels afgewater word. Die foto van die skemerkelkie langs die see word soveel keer geneem en afgevee en weer geneem voor dit opgelaai word, dat jy skoon die presiese magiese oomblik dat die oranje son aan die horison raak, mis.

Ek het ’n vriendin wat vanweë haar werk redelik in die openbare oog is. Sy het egter so ’n rukkie gelede na ’n paar nare sosiale media-ervarings besluit genoeg is genoeg.

Sy het haar profiel van sosiale media verwyder en besing dié vryheid: “Ek is baie rustiger as in ’n lang tyd – niks jaag my nie. Ek voel nie meer of ek ADD het nie. Die buitewêreld is weer waar dit hoort: buite.”

Volgens ’n studie wat deur Huffington Post publiseer is, blyk dit dat hierdie ’n wêreldwye neiging raak.

Mense wat voorheen selferkende Facebook-slawe was, besluit doelbewus om nie meer hulle lewe “aanlyn te leef” nie en smag daarna om weer die oomblik in werklikheid te beleef en geniet.

’n New Yorkse maatskappy wat wêreldwye neigings voorspel, JWT, is van mening dat mense “tegnologie begin vrees en verwerp”.

Daar is selfs ’n term geskep om as teenvoeter vir Fomo te dien: Jomo – die “joy of missing out”.

Anil Dash het hierdie term geskep na die geboorte van sy seun nadat hy sowat ’n maand van lyn af was. Hy beskryf die vryheid van ’n lewe wat nie bestaan uit “aanmeld, inteken en deel” nie as “wonderlik”.

Mense wil weer menslike waardes aan ervarings heg en nie deur tegnologie opgeslurp word nie.

Ja, sosiale media dien steeds in baie geval die doel van mense verbind met wie mens weens afstand en besige lewens andersins min tyd mee sou spandeer. Dit bly lekker om “gou in te loer” en te sien watter oulike foto’s jou vriendin in ’n ander dorp opgelaai het.

En party mense se humoristiese Facebook-statusse het nou maar eenmaal die manier om ’n mistroostige dag op te kikker.

Maar, dalk het dit tyd geword dat ons doelbewus afskaal op die tyd wat ons aanlyn bestee en kyk watter positiewe resultate daaruit spruit as ons meer regte tyd in die regte wêreld saam met die mense wat die meeste vir ons saakmaak, bestee.

The post Facevoos appeared first on rooi rose.

Kry krag
Met ons nasionale kragreus se kapperjolle so kort voor die koue seisoen aanbreek, let ek op dat kommentaar oor die toestand van ons land op sosiale media en in die regte wêreld maar redelik donker daaruit sien.

Ek moet erken: Die ure wat Eskom deesdae weer my ligte met hernude ywer doof, laat my ook skellend, kragteloos en met ’n donker gemoed.

Dit is deksels aaklig om vryskut-werksure, wasmasjienure, kosmaakure en huiswerkure rondom beurtkrag te rangskik. Want almal weet dit is nie moontlik om daagliks alles af te jaag sodat jy die twee en ’n half beurtkragure romanties by kerslig agteroor kan sit en ontspan nie.

Veral as die week al lank in die tand is en die werk nog baie, foeter dit ’n huisgesin behoorlik rond as die kragreus dit goeddink om die krag stiptelik af te skakel, net om dit na ’n halfuur weer aan te skakel en weer ’n paar ure later van fase te verander en die dorp in duisternis te dompel.

Sulke tye wens ek dat Dawid met sy slingervel dié gemene boelie van ’n kragreus tussen die oë kon kom klits.

Dit help ook nie as die koerante bekend maak dat Eskom beoog om ’n groot aantal van sy bevoegde werknemers af te dank nie. Daar is dan reeds probleme met deskundigheid en om die beskikbare bronne suksesvol te benut en in stand te hou. Wat baat dit daar is net ál minder mense wat oorbly wat weet hoe om dié joppie te doen?

Ons kan in sirkels debatteer en argumenteer en ons frustrasie uitbasuin via sosiale netwerke – mits ons onthou het om ons fone, tablette en rekenaars betyds te laai. Maar, waar bring ’n ingesteldheid van “hierdie land is poer in sy peetjie” ons?

Ons bly bloot morrende, kopskuddende doemprofete – wat kort-kort sonder krag sit.

Hoe dan gemaak om ons kragte te herwin en ons gemoedere ligter te laai?

Elke diertjie het sy of haar plesiertjie, maar ek deel sommer ’n paar dinge wat soms my liggie aan die flikker hou:

• Lees ’n regte boek met regte bladsye by kers- of lamplig. Wanneer laas het jy in jou gunsteling TV-reeks se tyd, die luukse gehad om nié te staan en kosmaak of stryk terwyl jy TV-kyk nie, maar om toetentaal weg te raak in die boeiende storielyn van ’n boek?

• Skryf ’n brief by kerslig. Daar is altyd iemand met wie jy lanklaas gesels het. Skryf ’n regte-egte brief in ink en pos dit die volgende dag.

• Of skryf ’n gedig – al beteken dit niks vir enigiemand anders as jouself nie. Môre, in die ongenaakbare, elektriese lig, kan jy kopskuddend daarna kyk en dit weer uitvee.

• Maak ’n langafstandoproep na iemand wie se stem jy mis. Urelange elektroniese gesprekke het meriete, maar net jou eie stem kan warmte en omgee op die regte toonhoogte oor afstand dra. Al was dit hóé lanklaas wat julle stemmegesels uitgeruil het.

• Sit op jou stoeptrappie en kyk na die sterre. Of, as die herfswind jou binnenshuis hou, kyk na die sterre deur jou ruit. Of tuur in die donkerte. Soms sal die gedagtes wat in die donker ontkiem, jou verbaas. Hou nietemin ’n flitslig byderhand vir in geval jou gedagtes jou hare laat rys of jou laat verdwaal.

• As die bure se kragopwekker nie ’n té groot kabaal opskop nie, gaan word stil. Gaan lúíster na die stilte. Dit is een van die grootste luukshede van ons tyd: stilte. Daarby kan ons miskien ’n slag oorbluf stilstaan; oordink; bid.

• Krap jou bejaarde ou skootkat se wollerige ore by flou lamplig of in die donkerte. Die tevrede gespin sal jou jou ’n oomblik laat verbeel dat jy self ’n kragopwekker op die jaart het.

• Gaan slaap ’n slag vroeg. Die slim mense beweer dat voornagslaap soveel meer beteken vir uitrus, herstel en energie as ’n paar ure se indommel voor sonop. Ek is self skuldig. My dag het té min ure, so ek probeer om snags in te haal op wakkerwees-en-doen-ure. Met kringe-om-die-oë as gevolg en plooie wat nie deur te veel kussingure se kreukels veroorsaak word nie.

Ja, ons betáál vir krag. Ja, ou Eksdom is seker die enigste diensverskaffer op die Blou Planeet wat in rooi TV-flitse en helderverligte hokaaiwoorde mense aanmoedig om nié van sy dienste gebruik te maak nie. Dit is alles erg lagwekkend en frustrerend.

Maar, dalk, net dálk, kan ons in ’n kersligoomblik besef presies hóé afhanklik ons is van ou Edison se gloeilampie en elektrisiteit in die algemeen om ons gemaksratte en tegnologiese katoeters te laat draai.

Die lewe móét tog mos uit meer as volt en ampère en kragbeurte bestaan?

The post Kry krag appeared first on rooi rose.

Jaag
Met die langverwagte Paasnaweek pas verby, kon die meeste van ons darem ’n dag of wat asem skep en wegbreek uit die sloer van roetine.

Ek weet nie of dit net ék is nie, maar met die aanbreek van so ’n naweek, neem dit my gewoonlik ’n dag of wat om tot ruste te kom. Dis asof die wieletjie sukkel om stadiger te draai en die hamster se voetjies hou net aan hardloop.

En dan, eensklaps, kom ek tog tot stilstand en dit is asof ’n kwartaal se gejaag in die seesand wegsypel en ek kry weer kans om vars seelug in te asem en te luister na wat die kinders sê, in plaas daarvan om hulle stil te maak met die konstante: “Kom, ons gaan láát wees!”

Wat my telkens laat wonder: Hoekom jaag ons só? Is dit regtig nodig om so ’n strawwe pas vol te hou in die kwartaal? Ek voel deurgaans soos die Horlosiehaas in Alice se Wonderland – maar ek is nie op pad na ’n koninklike teepartytjie nie, ek jaag bloot agter skoolklokke en buitemuurse bedrywighede aan.

As ek luister na vriendinne by die skoolhek, is dit nie die vragte huiswerk, botsende sportwedstryde en nimmereindige skooltake en toetse wat hulle angstig maak nie. Dit is die gejaag van dou-voor-dag tot saans laat om almal oral betyds te hê. As ek luister na van hulle met kinders in verskillende grade en skole, weet ek soms eerlikwaar nie hóé hulle dit regkry nie.

Ek het maar net twee kinders, in graad 1 en graad 3, en dikwels voel ek op ’n Maandagmiddag al skoon sooibrand as ek laatmiddag na skool, sport en skaak by die deur instrompel met die twee moeë skoliere en die week se program in oënskou neem.

Ek vermoed ek grens aan obsessief-kompulsief wat betref organisasie – ek hou daarvan dat dinge op hulle plek is en ek wil weet wanneer en waar wát voorlê. Dalk is dit hoekom ek die skoolweek so gespanne begin?

’n Staatmaak-vriendin is dikwels dik van die lag as ek op ’n Maandag plegtig verklaar dat hierdie week anders gaan wees as ander. Ek gáán met die beste wil in die wêreld diep asemhaal en nie kort-kort op die kinders skree dat ons alweer laat is omdat hulle so draai nie. Ek gáán my bes probeer dat elke tweede sin wat by my mond uitkom, nie is “Kom, julle, ons gaan laat wees!” of “Bly gou stil en maak klaar, ons móét rý!” nie.

My Skeinatonnie het altyd gesê: “Die pad na die hel is geplavei met die kopbene van mense wat goeie voornemens gehad het.”

Ek vermoed die pad na die malhuis is ewenteens geplavei met dié van moeders met voornemens wat gewoonlik reeds dieselfde middag nog sneuwel as die kroos stry-stry by die huis inwarrel.

’n Ander vriendin erken sy sluk op ’n Sondagaand reeds twee Rescue-pilletjies vir die week wat wag.

Ek wens daar was ’n pilletjie te sluk wat ’n paar minute tyd aan elke rit iewers heen sou gun sodat alles nie met soveel gejaag gepaard sou gaan nie. Of ’n pilletjie wat ’n skooltaxidrywer se gemoed meer gemoedelik sou maak.

Maar, ek vermoed daar moet eerder ’n ander oplossing gevind word vir die maagseer van heen-en-weer jaag om betyds te wees en die skoolprogram vierkant in die oë te kan kyk.

As ek net daardie oplossing kan vind.

The post Jaag appeared first on rooi rose.

Wanneer ’n af-hand oral wil hand bysit
Presies twee weke gelede het my wederhelf uitgevind die hand wat hy die vorige dag by die werk beseer het, is gebreek.

Nou kyk, ’n been-af man, het ek al agtergekom, is ’n vreemde spesie. So, ek was nogal angstig oor wat ’n af-hand man aan’t huis sou behels.

Die gebreekte hand is dieselfde dag deur die ortopeed gespalk en Meneer moes eers langnaweek hou met die seer hand voor sy teaterbesoek die Dinsdagmiddag.

Sal dit nie sommer hardop erken nie, maar ek het die arme af-hand man sommer baie jammer gekry, want hy was nog nooit sedert hy sy verstand gekry het (ons sal nie nóú in hierdie debat betrokke raak nie), in die hospitaal nie – wat nog onder die mes.

Na ’n senutergende naweek waar hy hardkoppig – maar, weliswaar nie hardhandig nie – steeds daarop aangedring het om motor te was en al sy gewone huishoudelike dinge te doen, het die dag van die operasie aangebreek.

Hy was kalm. Ek het gemaak of ek kalm is.

Want, sien, ek was in my lewe al so ’n stuk of 13, 14 keer in die teater. En ek wéét dis baie minder senutergend as dit jyself is wat met daai onbetaamlike blou jurkie teater toe gestoot word. As dit ’n geliefde is, is dit veel, veel erger. Mens voel so magteloos en die bekommernis fladder soos ’n lastige spreeu op die krop van jou maag.

Na skool het ek en die kinders in die hospitaalkamer gaan sit en wag. Die prosedure het toe ’n anderhalfuur langer geduur as deur die ortopeed voorspel en my senuwees en die kinders se geduld was op.

Gelukkig het alles voorspoedig verloop en Manlief is met ’n nóg groter spalk reeds dieselfde aand ontslaan.

Almal met kinders weet dat só ’n dag uit roetiene sy tol eis en ons is almal vroeg bed toe – een met sterk pynmedikasie en een met ’n glas verwerkte wingerdsap vir die senuwees.

Ek het nog gegiggel oor die boodskappe van simpatie wat ék gekry het, want “almal weet mos hoe ’n siek man is”. Maar, ek moet erken dat die pasiënt onder my dak glad nie só iesegrimmig was soos ek en almal voorspel het nie. Ook glad nie kleinserig nie. Hy het sy pille gesluk en gaan rus as hy pyn het en verder was hy nie vreeslik veeleisend nie.

Dis net dat sy inherent iesegrimmige verpleegster nogal gesukkel het om gewoond te raak daaraan dat daar soggens skielik iemand in haar lewensruimte en hardop dinkspasie is.

Waar ek voorheen soggens die kinders by die skool gaan aflaai het en teruggekeer het na ’n stil huis waar ek eers ’n stil sug van verligting kon slaak voor ek my Franse popmusiek of lafsôngs kliphard kon speel, was daar nou iemand anders om in ag te neem.

As ek my rug draai om iets te gaan haal, is die ketel wat ek sopas gekook het, drooggeskink in sý koffiebeker. Die koerant wat ek op die skoolroete gekoop en sopas neergesit het om te lees, het skielik voete gekry.

Selfs die twee ou bejaarde katte se roetine was versteur en al het hulle geen besware daarteen gehad dat die bed nie meer so gereeld opgemaak en hulle afgeboender word nie, het hulle met tye miaauend deur die huis gedwaal.

Ek het soms gevoel om te deel in die kattekoor.

Daar was ook skielik kommentaar oor hoeveel waspoeierkapsules ek gebruik, hoe gereeld ek die skottelgoedwasser aanskakel… Alles dinge waaroor ’n onwillige huishoudster nie nog boonop verslag wil lewer nie.

Die kersie op die koek was egter toe ek voor die stoof weg geskouer is sodat hy in die potte kan loer en speserye na sý voorkeur byvoeg en mý gereg roer soos hý dink nodig is.

Tóé het twee weke siekverlof sy vervaldatum bereik en die komplimente oor my kos was mosterd na die maal.

En, nou is Meneer vanoggend na twee weke weer terug werk toe – harrekwas, want hy is eintlik ses weke afgeboek. Tien minute ná hy gery het, het ek my skootrekenaar in sy sak gepak en koers gekies na ’n koffiewinkel om te kom sit en werk.

Want, die huis is skielik net té stil.

The post Wanneer ’n af-hand oral wil hand bysit appeared first on rooi rose.

Die Hiroshima Huiswerkheks
Ek en die kroos plof soos pakdonkies met rakette en skooltasse en kossakkies en kruidenierssakke deur die motorhuis- en kombuisdeur ná die gebruiklike twintig minute rit huis toe deur die skoolverkeer.

Dis 34 grade Celsius oor die middaguur en ook nét omdat ’n stormsterkte wind vandag die ou winddorp van ons met ’n handvol grade afkoel.

Ek is warm. Ek is windverwaaid. Ek is geïrriteerd. Die kinders is warm. Hulle is windverwaaid. Hulle is geïrriteerd.

Hulle kibbel en kerm. Ek skel en kners op my tande.

Dis die middel van die week en ons is nou sopas eers deur die agterdeur. En ek is reeds kéélvol vir die middag wat voorlê.

Die voordeel van ons twintig minute rit huis toe, is dat die kinders darem hulle gekosblikte middagetes verorber het teen die tyd dat ons in die motorhuis stop. So, dan is dit net speelklere aantrek, tasse uitpak, en minstens twee wat op mekaar gil oor wie eerste die grondverdieping se badkamer moet/wil/kan/mag gebruik.

Dan kom sit Ouboet aan by die kombuistoonbank vir sy graad 3-huiswerk. En Kleinsus neem stelling in by die kombuistafel vir graad 1-opdragte.

Ek probeer nog onderskei tussen belangrike skoolbriefies en watter boeke oorgetrek moet word vir wie en waarmee, dan kom Kleinsus se “KLAAR!” reeds effens ongeduldig vanwaar sy die datum in haar huiswerkboek geskribbel het en sy nou japsnoeterig vir my wag om die eerste huiswerkopdrag te gee.

Dit is dán dat ek weer besef hoe bederf ek verlede jaar was met ’n graad tweetjie wat heeltemal op sy eie aangaan met huiswerk wat ek net na die tyd moet merk. Nou is dit alweer graad een van vooraf.

En, hier het ek skielik met ’n vroulike harrekwas-geen te make wat volgens verlangse familie (my ouers) niemand behoort te verstom nie.

Uit die hoek van my oog sien ek hoe Ouboet weer opvlieg van die kombuistoonbank af en sy skooltas oopflerts. Vakkie vir vakkie gaan hy deur die tas terwyl hy in ’n benoude stemmetjie mompel. Ek maak eers of ek nie sien of hoor nie en vra Sussie haar leeswoorde.

Die gemompel zoem naderhand só hard dat ek my noodgedwonge losskeur van die graad een-boeke.

“Wát soek jy?” vra ek – al wéét ek.

“Ek kán nié verstáán nié,” seg die agtjarige driftig en afgemete. “Ek hét my huiswerkboek nét hiér ingepak. Hiér langs my flipfile! Iemand móés dit gevát het,” klim sy stem ’n paar toonhoogtes.

My bloeddruk styg ook ’n paar toonhoogtes. Hierdie is nié die eerste keer nie. Hierdie is óók nié die tweede keer nie.

Die eerste kwartaal is maar ’n paar weke lank en hierdie verhaal van die Agtergeblewe Huiswerkboek het al ’n paar episodes té veel gehad.

Ek haal diep asem terwyl ek poëties-vererg waarneem dat daar ’n krokodiltraan oor sy ooglid biggel.

Ek neem my voor om kalm te bly en nie weer woorde los te laat wat sy kindergemoed tot by volwasse terapie sal kwets nie.

“Mammaaaaaa! EK. SÊ. EK. IS. KLAAR!” kom dit skielik van hier agter my waar ek nog die Futiele Soektog na die Agtergeblewe Huiswerkboek staan en gade slaan.

Meteens tref ’n besem my teen die kop en oombliklik verander ek in háár: Die Huiswerkheks.

“Wat de joos besiel jou?! Kan jy sien ek is besig om met Boetie te praat? Kan jy WAG?!” blits weerligstrale uit my huiswerkheksbek.

“En JYYY!” tier ek onverpoosd voort. “Hoeveelste keer is dit dat JY JOU HUISWERKBOEK BY DIE SKOOL LOS…? Hóé óúd ís JY?”

Die traan het intussen van krokodil na egte verander. “Máár, Mamma…!” gooi die knaap ewe braaf die gewraakte terugpraatwoorde.

Daar daal skielik ’n kalmte oor my neer. Dis bes moontlik die versterkingspan (S.W.O.T.Grondslagfase.Engele) wat my kroos se beskermingengele ingeroep het.

Afgemete kom dit uit die éffens-minder-histeriese heks se mond: “Jy het jou huiswerkboek alwéér by die skool gelos. So, dit is jóú probleem om uit te werk vir watter een van jou maatjies se mammas JY gaan bel om te vra of hulle asseblief die huiswerkbladsy sal afneem en vir jou mamma sal whatsapp.”

En ek draai teatraal op my hekshakke om en marsjeer terug na die graad een-tafel.

Kleinsus sit nou buite-karakter bedeesd en wag dat ek die volgende opdrag aan haar verduidelik. Sonder om te kibbel voltooi sy opdrag na opdrag terwyl ek weer uit die hoek van my oog sien hoe die graad drie net verwese sit en staar na die spasie waar sy huiswerkboek nou eintlik moes lê.

My bloed begin weer borrel. Die klein wetter. Hy is duidelik gewoond daaraan dat sy mamma sy kastaiings uit die vuur krap. Maar nie dié keer nie, néé-é. Een of ander tyd moet hy ’n les leer.

Intussen piep my foon met ’n boodskap van ’n besorgde wat wil weet hoekom ek so stil is. Dis Hiroshima Huiswerkuur hier, antwoord ek amper.

Maar, in sulke gevalle moet mens liewer niks op skrif erken nie. Dit kan later as bewyse deur die welsyn gebruik word.

Ek whatsapp gou ’n parate mede-graad 3-mamma om te vra of sy asseblief vir my die huiswerkblad sal afneem en stuur. Maar, ek sê niks vir die knaap wat sit en sug en sweet oor ons al ’n halfuur in sy huiswerktyd is en hy nog nie ’n woord geskrywe het nie.

Nadat Sussie se huiswerk voltooi is, gaan maak ek ’n uitdruk van die huiswerkfoto wat goedgunstelik vir my aangestuur is en plak dit koel en kalm (en oordramaties) neer voor die vergeetagtige.

Hy kyk my stomverbaas aan. “Mamma is die béste!” sug hy dankbaar en val met ’n vlytige HB-potlood weg met sy huiswerk.

Mamma draai om om die skoongewasde skoolklere te gaan ophang, en wonder, soos altyd, heimlik by haarself of sy hom nou nóg ’n bietjie verder die afgrond in gehelp het om sy “seuntjies is maar só”-vergeetagtigheid te buffer en die gevolge van vergete huiswerkboeke te ontlont.

The post Die Hiroshima Huiswerkheks appeared first on rooi rose.

Vreemder as fiksie
As verslaggewer het ek dikwels die gesegde gehoor: “Moenie dat die feite inmeng met ’n lekker storie nie.”

Dit is altyd spottenderwys gesê want ons het geweet hoe belangrik dit is om die korrekte feite te publiseer.

Maar, dikwels gebeur dit dan wel só dat die feite heelwat vreemder as fiksie is.

Ek onthou byvoorbeeld die storie van ’n baba wat met vier tande gebore is. Die pasgeborene het Colgate-smaail en skrefiesogies vir die koerantfotograaf poseer.

In ’n ander geval is ’n oom van ’n buurdorp se bierglas fyn en flenters langs hom geskiet terwyl hy sit en rugby kyk – vermoedelik deur ’n dwaalkoeël wat kilometers verder afgevuur en deur die oom se plafon projektiel het.

Dan was daar ook die bejaarde tannie wat haar veel jonger buurman om elke hoek en draai beloer het. Soms met ’n verkyker, soms sommer so ooglopend oor die tuinmuur. Dag en nag. Buurman was só raadop dat hy naderhand ’n hofbevel teen haar gekry het.

Die meeste van ons het al een van daardie “Wát?”-oomblikke beleef waar jy skaars kan glo wat jy sopas sien gebeur het.

Die afgelope paar jaar het ek onwillekeurig begin wonder of ek moontlik ’n magneet is vir raar-maar-waar ervarings.

So ’n jaar of drie gelede kry ek via ’n sosiale netwerk ’n boodskap van iemand wat saam met my op skool was. Hy en sy gesin beplan om vanaf die Suid-Kaap via Worcester Kaapstad toe te ry en hulle wil graag kom koffie drink. Iets wat opsigself seker nie vreemd is nie, want hoewel die skoolmaat nie in dieselfde jaargroep as ek was nie, het ons soms op universiteit mekaar raakgeloop.

Datum en tyd is afgespreek en ek het spesiaal die tuisnywerheid ondersteun vir die koffiekuier.

Met die intrapslag sien ek egter dat Skoolmaat se vrou glad nie die spreekwoordelike Engelse Roos is nie, maar wel meer van ’n Ingelssprekende doring. Aan haar gesigsuitdrukking was dit duidelik dat hierdie kuier haar nou glad nie welgeval nie. Baba op die heup groet sy met ’n onderstebo glimlag en knor net so af en toe iets onverstaanbaars as mens haar uit Boere-ordentlikheid probeer betrek by die gesprek.

Ons het op die boonste verdieping in my kinders se speelkamer gaan sit sodat hulle dogtertjie en baba met my kinders kan speel terwyl die grootmense gesels. Maar, kort-kort wil Doringrosie eers iets in die motor gaan haal, of badkamer toe gaan op die onderste verdieping en kort voor lank weer iets in die motor gaan haal.

Toe ek, goedbedoelende gasvrou wat ek is, die derde keer aanbied om saam te stap motor toe, knor sy só, dat ek maar druipstert by die voordeur vir haar staan en wag. Waar ek toe nou ook oplet dat my rooi selfoontjie nie meer aan die batterylaaier gekoppel lê op die kombuistoonbank neffens die voordeur nie. Ek noem nog ewe vir die gaste dat dit baie vreemd is, want die voordeur was tog gesluit. En ek begin soek.

Skoolmaat stel nog voor ons bel die foon, maar daar is geen luitoon aan die ander kant nie. Wat my onmiddellik agterdogtig maak. Skoolmaat vra of my huishulp dit nie moontlik op ’n ander plek sou gesit het terwyl ons bo kuier nie. Al soekende antwoord ek dat ek nie ’n huishulp het nie. Waarop Doringrosie begin rondtrippel en kwaai met die oge na Skoolmaat beduie dat hulle hulle ry moet kry. Maar, sy wil glo net gou eers wéér ’n draai loop.

Skoolmaat maak nog verskoning dat dit maar moeilik is so met ’n baba op die pad en jammer hulle het so kort gekuier en daar gaat hulle.

Na hulle vertrek gaan help ek gou my dogtertjie in die badkamer en let op dat die handdoek wat altyd presies hoekig op die badkamertrollie lê, nou vreemd gefrommel ingebondel is. Toe ek die handdoek uithaal om weer te vou, val my verdwene rooi foontjie uit die frommels.

Foontjie is morsdood en die SIM-kaart is uitgehaal. Ek bel dadelik Vodacom om my SIM-kaart te stop en begin twee-en-twee bymekaarsit. Ek gaan kyk weer op die badkamertrollie onder die handdoek en sowaar-as-vet: Daar lê my SIM-kaart netjies in die hoekie weggesteek.

In hierdie stadium het die “Wát?!”-gevoel al redelik plek gemaak vir vreeslike viesgeit, want nou moes ek met twee moeë kinders op sleeptou ’n SIM-omruiling gaan doen. En dit omdat iemand gedink het ek deel fone saam met koffiekoekies uit…?

Ek het uit pure ontsteltenis ook sommer gou ’n speurder uit my misdaadverslaggewerdae gebel en hom die storie vertel. Hy het my vermoedens beaam dat die senuweeagtige gas dalk lang vingers het en hy het haar man gebel om kamstag te verneem of hulle nie dálk iemand verdag op die perseel gewaar het nie…?

Hy het die pap ook sommer lekker dik aangemaak oor die diefstalsaak wat hy nou ondersoek en vingerafdrukke wat geneem gaan word en weereens vriendelik versoek dat Skoolmaat tog moet laat weet as iets hom byval wat moontlik ‘n leidraad kan wees in die Saak van die Rooi Foon.

Kort voor lank het ek gesien dat ek van Skoolmaat se sosiale netwerk geblok is – ek vermoed Doringrosie het die knoppie met haar lang vinger gedruk in ’n poging om haar senuweeagtige spore uit te wis.

Ek het die gesin nou onlangs weer in die Kaap in ’n winkelsentrum raakgeloop en Skoolmaat het vriendelik gegroet en ’n geselsie aangeknoop. Wat my laat vermoed dat hy steeds nie bewus is van présies hoe graag sy Ingelse vroutjie ’n rooi foontjie wil hê nie.

Gepraat van winkelsentrums. Ons almal weet dat openbare kleedkamers maar ’n risiko of twee inhou. Maar, ek wonder of ek die enigste een is wat al deur die plaaslike krôsdrêsser (dis nou ’n mannetjiesmens in wyfiekantkleertjies) gestormloop is voor so ’n kleedkamerspieël en luidrugtig meegedeel is hoe baie hy/sy van my skakering lipstiffie hou?

En te midde van klingelende armbande en teatrale lipsmakke sien hoe my lipstiffie waarmee ek steeds besig is, gegryp en summier aangewend word. “Amazing, GIRL, amazing…!”

“Ja, Swaer, voorwaar ongelooflik,” het ek stomgeslaan in my kop opgesom wat sopas gebeur het. En mededeelsaam het ek aan die kleptomaniese wyfieknaap beduie dat hy/sy welkom is om maar die lipstif te hou. Pasella, vir jou, Outjie-vroutjie.

Sedertdien is ek nogal katvoet vir kleedkamers en dra ek meer bedeesde, minder opvallende lipskakerings.

Ons middedorp is dikwels ook ’n groot bron van “Wát?!”-oomblikke.

Ek het onlangs ’n winkel in die hoofstraat se somerserpe net so regs van die winkeldeur staan en bewonder. Die volgende oomblik bars daar ’n opgeskote knaap in en met ’n bloedstollende gil karatetjop hy die een winkelpop se kop skoon van haar lyf af. Die winkelpop het nie ’n oog geknip nie. Ek en die winkeleienaar moes wel ’n oomblik neem om weer tot verhaal te kom.

Van toe af neem ek my agtjarige met die geelbelt saam op serpinkopies in die middedorp.

Op die plein in die middel van ons dorp woon ’n groepie haweloses wat soms rondom sononder graag heen en weer oor die omringende strate in adamsgewaad slenter. Dit mag wees dat hulle enigste kledingstukke gewas is en iewers droograak, maar as ek met my kroos deur die dorp ry, verwag ek darem dat die pleinbewoners die “een in die was, een aan die bas”-beginsel sal eerbiedig.

In die parkeerarea aan die een hoek van die plein woon daar ’n bejaarde oom in sy Volkswagen-kewertjie. My kinders praat van die Herbie-oom.

Dag in en dag uit sit die oom daar in sy Kewer waarvan die ruite alles toegeplak is met koerantpapier. Die agtersitplek is oorlopens vol beddegoed en besittings. Die oom sit bedags netjies geklee in die bestuurdersitplek so met sy regterbeen uitgestrek in die son.

Wat en waar eet hy? Waar bad hy? Saans trek hy die deur dig en verdwyn agter die koerantpapierruite.

’n Domineevriend vertel dat verskeie Samaritane al ’n poging aangewend het om die omie van beter blyplek te voorsien, maar hy steek viervoet vas. Hy bly in sy wit Kewer en basta.

Saterdag sit en wag ek saam met my dogtertjie by die dokter. ’n Erg omgeëlliede omie en sy vrou kom van die apteek se kant af gestap en gaan sit so skuins voor my.

“Nee wat, nou kan jy maar netsowel vrek,” brom die oom vir sy vroutjie. Sy sit en staar net verwese na die grond.

“Jou hartpille is nou belaglik duur. Waar dink hulle moet ek die geld kry?” tier hy voort. “Nee wat, nou moet jy maar vrék,” verklaar die ou Vrek.

Dag ek by myselwers: Die waarheid is soms vrek vreemd.

The post Vreemder as fiksie appeared first on rooi rose.

Wanneer die wekker verslaap
Dit is verbasend lig vanoggend toe ek my oë oopskroef. Deur skrefies bekyk ek die wekkerradio wat langs my bed staan. 6:32 staan daar in vermakerige rooi reghoekige syfers.

O wee! O néé! Ek tel my selfoon op om te kyk hoekom die alarm nie 5:45 afgegaan het soos hy moes nie. Die foon het alweer in die middel van die nag besluit om sy stewels uit te skop en ander aan te trek – die dekselse ding het reboot. Wat beteken dat hy steeds geduldig met ’n helder wit skermpie vir my wag om die PIN-kode in te tik.

Blessitste BlackBerry. Ons is ’n driekwartier later as gewoonlik. En enige volbloed skoolma weet wat dit beteken: Die driekwartier vir vinnig deur die stort spring en hare was, beddens opmaak, sorg dat kinders alles aanhet wat hulle moet, Weetbix en vitamienpille voorsit, skoolkosblikkies pak en hare droogblaas is nou weg.

Gone with the wekker.

Ek swets binnesmonds, maar hard genoeg dat die slapende skone langs my die omvang van die vroegoggend krisis kan besef, en strompel na die eerste kinderkamer. Kwilt en komberse en kind word sommer so eenskoot van die bed afgetrek en daar word aangejaag badkamer toe en om te kom aantrek. Na ’n effense soektog na die skooltrui, is Ouboet reg aangetrek en Kleinsus se komberse vlieg saam met haar van die bed af.

Ek ignoreer haar gebruiklike “net nie alweer ’n JEAN nie. Ek HAAT jeans. Ek wil my feëtjierok aantrek!” en trek die gordyne oop. Dit stortreën buite en daar waai ’n wind soos net in die windfabriek op Woester gemaak kan word.

Ek hardloop terug hoofslaapkamer toe, gly op die teëls in die deurkosyn vas, maar daar is nie nou tyd vir ’n verminkte kleintoontjie nie. Die wekker wys dit is al 6:49. Gewoonlik die tyd wat ek ’n sluk koffie vat so tussendeur die kinders se veters en my eie hare droogblaas. Maar, vandag is daar nie tyd vir koffie, veters of hare droogblaas nie. Ek gryp vir myself ’n jean – het drie dekades gelede gelukkig reeds afgesien van feëtjierokke op winderige dae – en ons laat spaander by die trap af.

Terwyl die Weetbix in die mikrogolfoond warm word, plak ek vir elkeen ’n piesang en handvol kersietamaties in hulle kosblikke en sien dat die sap vir hulle skoolbottels op is en ek dus ’n keuse het van wyn of water in die yskas. Ek besluit op laasgenoemde – onder groot protes, want water op ’n reënerige dag is glo “nie cool nie”. “Nee,” snip ek terug, “Water is nie koel nie, dis koud. En dis gesond. Só.”

My oog vang die horlosie teen die muur. Gelukkig is hy 8 minute voor, so dis nou eers 7:00. Manlief groetsoen my en die kinders in die verbydraf en ek dink so by my half-histeriese, erg iesegrimmige self dat dit darem maar lekkerder is om ’n pappa te wees wat soggens net vir homself hoef te sorg. Maar, daar is nie nou tyd vir mor oor moederskap nie.

Toe val ’n effense bommetjie met ’n skril seuntjiestem: “Mamma, ek het nou net onthou dis vandag civvies-dag! Ons moet R3 vat en dan kan ons gewone klere aantrek!” Ek gaap hom ’n oomblik oopmond aan – so dís hoekom die skooltrui vanoggend nie op die hopie klere gelê het wat ek gisteraand so sorgvuldig reggesit het vir civvies-dag nie… Ek het vanoggend skoon vergeet. Ek jaag hom weer op met die trap en hy bring sy hopie gewone klere ewe vinnig af met die trap.

Hy sal maar noodgedwonge die nie-civilized ding moet doen en sy civvies in die motor op pad skool toe aantrek.

Dit is 7:10 toe ons skooltasse, vegetariese kosblikke, tennisrakette, hokkiestokke, civvies en al by die kombuisdeur uitstorm. Ons kan dálk nog betyds wees.

Dog ek. Toe my oog die motorhorlosie vang, sien ek dit is reeds 7:20 en dus ’n minuut voor die eerste klok lui om aan te tree in rye. Nog nooit vantevore kon ek daarin slaag om die rit skool toe in minder as 8 minute af te lê nie – en dit was buite skoolverkeer. Watwou nog in die reën in spitstyd. En ek onthou dat ek die naweek om een of ander absurde rede besluit het om die kombuishorlosie reg te stel.

Ek kalmeer effens tot op die vlak van gelate aanvaarding dat die koeël deur die kerk – of dan nou die skoolklok – is. Vanoggend is ons laat, dis nou maar so.

7:25 toe die tweede skoolklok al aan die anderkant van die dorp lui, trek ons darem al halfpad en ons stop netjies saam met die 7:30 kerkklok se geklingel voor die skool.

Vlieg weer tasse en al by die motordeure uit en draf al groetende soos ’n pakdonkie-propvol-energie saam met die twee na hulle onderskeie klaskamers. Waai nog half skaapagtig vir die skoolhoof wat verbystap en seker gesien het dat die Genade-kroos vandag vyf en ’n half minute laat is vir skool.

Met albei kinders veilig in die hande van hulle juffroue, slaak ek ’n uitasem sug van verligting en koes vir ’n modderplas.

En kyk af op my bene en voete – nog baie knus geklee in my purperpers slaapbroek en helderblou pantoffels.

The post Wanneer die wekker verslaap appeared first on rooi rose.