inspirasie | rooi rose

Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag
Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag. Deur Anet Schoeman.

Ons Evasgeslag roem ons op ons talent om vele takies gelyktydig te kan doen. As jy al met ’n baba op die heup kospotte geroer het, terwyl jy vir ’n ouer kind spelling vra en met die ander hand die honger honde kos gee, weet jy hoe dit werk. Tog, sê kundiges, skiet ons ons op hierdie manier eintlik in die voet. Deur te veel te probeer doen, kry ons minder reg.

Lauren de Witt, ’n bestuursafrigter wat in tydsbestuur spesialiseer, glo jy moet eers bepaal wat jy tans met jou tyd doen voor jy werklik kan beplan om meer in ’n dag uit te rig.

“Ons almal het net 24 uur in ’n dag, maar deur die regte beplanning kan jy seker maak dat jy die beste daaruit haal. Tydsbeplanning gaan jou niks help as jy nie weet waar jy op die oomblik tyd mors nie.”

“Die groot geheim is om slimmer eerder as harder te werk sodat jy die beste uit elke minuut haal. En wees realisties. Vir my is ’n koppie koffie vroeg in die oggend die grootste prioriteit. Daarsonder kan ek nie my dag begin nie.”

Delegeer

As jy heeltyd alles alleen probeer doen, gaan jy iewers in die hek duik. Kyk eerstens watter take jy alleen doen, en kies dan die regte mense om die ander vir jou te doen. Probeer jy die huis skoonmaak, kinders grootmaak en steeds ’n voltydse werk van jou tuiskantoor af behartig? As dit belangrik is dat jy vir jou kinders beskikbaar is, kry iemand om die huis skoon te maak en kos te maak.

Moenie wag tot die kalf in die put is nie – beplan vooraf. Om net voor die sperdatum van ’n groot projek paniekerig te raak en dan die kinders in dagsorg te plaas, of werk op onervare kollegas af te skuif, is moeilikheid soek. Maak tyd om die regte mense te kry, gee duidelike opdragte en maak seker dat hulle opgewasse is vir die taak.

Wees realisties

Lauren dink altyd aan die vroedvrou wat vir haar gesê het: “Moenie superma probeer wees nie. Doen wat op daardie oomblik die belangrikste is. As jy ’n honger baba met ’n vuil doek het, is dit wat eerste jou aandag verg.”

Baken jou tyd af

Besluit vooraf hoeveel tyd jy aan ’n taak kan afstaan. As jy op ’n Saterdagoggend die huis wil skoonmaak, kan dit ’n dagtaak word as jy nie oppas nie. Gee jouself twee uur waarin jy niks anders doen nie en handel die taak af.

Doen jy navorsing vir ’n projek? Bly gefokus en moenie op ’n dwaalspoor beland en allerhande ander interessante dinge op die Internet lees nie.

Behou momentum

Kenners praat graag van die “vloei” van jou energie. Lauren verduidelik dat ’n mens maklik verskillende take kan doen as hulle verwant is. As jy na een kind se leesles luister terwyl jy ’n ander een met ’n taak help, val dit binne dieselfde raamwerk. Maar probeer jy oproepe van die kantoor hanteer terwyl jy dit doen, verloor jy fokus. “Dis beter om op een soort taak te fokus en sodra dit afgehandel is, vyf minute te rus voor jy na ’n nuwe groep verwante take aanskuif. So benut jy die vloei van jou gedagtes en energie sonder onderbrekings.

Lees ook: Mamma, help jy te veel?

’n Blaaskans

As jy een taak suksesvol afgehandel het, vat ’n blaaskans om na te dink en die res van die dag in oënskou te neem. Dit help jou om tot verhaal te kom en keer dat jy saans geestelik uitgeput by die huis instrompel. “Dis belangrik om heeltemal te stop met een taak voor jy met die volgende een begin.” Dit gee jou kans om jou gedrag te verander en gee jou brein ’n tydjie om af te skakel voor jy weer op die volgende taak fokus.”

Lees ook: Energieplanne wat altyd werk

Oefening maak jou beter

Nie almal is ewe georganiseerd nie. Tog kan jy met oefening beter raak. Neem byvoorbeeld naels verf. As dit 15 minute duur om jou naels te verf en jy oefen gereeld om dit te doen, gaan jy dit beter en vinniger regkry. Dieselfde geld ander take. Kyk na jou take vir die dag en dink hoe jy dit vinniger en beter kan doen. Soms is dit klein goedjies wat jou tyd opslurp. As dit soggens ’n halfuur duur om aan te trek omdat jy nie kan besluit wat om te dra nie, kan jy baie tyd spaar deur die vorige aand reeds jou klere reg te sit.

Lees ook: Is jy altyd laat?

Een twiet kan jou ’n halfuur kos

Ruim spesifiek tyd in wanneer jy na jou e-posse kyk, of op sosiale media-platforms doenig is, eerder as om dit die hele dag uit die hoek van jou oog dop te hou. Gloria Mark het ’n studie aan die Universiteit van Kalifornië onderneem om die uitwerking van digitale onderbrekings op konsentrasie te meet. Daaruit het dit geblyk dat elke onderbreking byna 25 minute van jou tyd steel. Dis hoe lank dit duur voor jy weer ten volle kan fokus op die taak waarmee jy besig was. Die onderbrekings van konsentrasie lei ook tot hoër stresvlakke, ’n slegte bui en laer produktiwiteit.

Vinnige wenke

Doen dit

Kyk met ’n vergrootglas na jou tydsbeplanning en waar jy tyd mors. Kry ’n tydsbestuur-app en hou ’n week lank boek sodat jy kan sien waarheen jou tyd vlieg. Jy werk nie noodwendig doeltreffend net omdat jy besig is nie.

Kyk waaraan jy die meeste tyd per dag bestee, en hoe jy deur ’n tydsbeperking te stel doeltreffender kan wees. Gee jouself ’n vasgestelde tyd om iets te voltooi.

Besluit voor ’n vergadering, of selfs ’n koffie met ’n vriendin of kind, wat jy uit die interaksie wil hê. Dalk wil jy jou vriendin opbeur omdat sy deur ’n moeilike tyd gaan, of dalk is jy die een wat met ’n probleem worstel. Kort, doelgerigte vergaderings vermag meer as langes sonder rigting.

Beplan jou week op ’n Sondag. ’n Halfuur se beplanning kan jou baie tyd spaar en sorg dat jy Maandagoggend gefokus is.

Doen op ’n Maandag minder belangrike dinge omdat jou energie soms laag is. Dinsdag en Woensdag is goed vir kreatiewe en veeleisende take. Vergaderings werk op Donderdag as jou span begin spoed verloor, en gebruik Vrydag vir netwerk en beplanning.

Doen jou belangrikste en moeilikste take vroeg in die oggend wanneer jou brein skoon is.

Maak ’n “gedoen”-lysie langs jou “moet doen”-lysie om jou te motiveer. Kyk op ’n Sondag terug na wat jy alles vermag het en wens jou geluk met jou suksesse.

Moenie op inspirasie wag nie. Pak die bul by die horings. Al begin jy wankelrig, lei een gedagte gewoonlik tot ’n volgende, wat jou later op die regte spoor plaas.

Maak die beste van wagtyd. Lees ’n tydskrif in die motor terwyl jy op ’n kind wag. Of luister na ’n potgooi op jou foon. Lees jou e-posse terwyl jy op ’n klant wag. Draf 45 min. lank terwyl boetie sy kitaarles het.

Dit hoef nie altyd perfek te wees nie. As jy wag tot jy genoeg tyd en inspirasie het, word dit dalk nooit gedoen nie.

Slaap genoeg. Uit verskeie studies het dit geblyk dat die ure wat jy minder slaap, jou minder doeltreffend maak en jou deur die dag tyd laat mors.

Oefening bring oplossings en help jou om stres op ’n gesonde manier te hanteer. As jy nie tyd het nie, koop ’n springtou en spring tien minute per dag op vrolike musiek.

Beperk onderbrekings soos foonoproepe en e-posse as jy met ’n belangrike taak besig is.

Kry balans. Moenie toelaat dat ’n skedule en perfekte beplanning al die vreugde uit jou lewe suig nie. Weet wanneer om hokaai te roep en aandag aan jouself en geliefdes te gee.

Skeduleer jou werk sodat jy dit ’n dag voor ’n sperdatum kan ingee. Dit keer uitmergelende stres en verbeter die gehalte van jou werk.

Nee, wat

As jy sukkel om by ’n plan te hou, is dit dalk makliker om eerder op te hou om sekere goed te doen as om nuwes aan te leer.

Moenie die eerste baie kreatiewe tyd van jou dag gebruik om e-posse te lees en te beantwoord nie. Jou tyd kan veel beter bestee word deur iets met ’n hoër prioriteit te doen.

Moenie vergeet om asem te skep nie. ’n Verposing waar jy besin oor wat jy volgende moet doen, is noodsaaklik. Dit gee jou brein ’n kans om te herlaai en weer kreatief te wees.

Moenie te veel goed gelyk doen nie. Studies toon dat dit jou streshormoon, kortisol, sowel as adrenalien verhoog wat jou brein oorstimuleer en jou swakker besluite laat neem. Jy is dalk baie besig en kry goed gedoen, maar op die lange duur mors jy tyd omdat jy minder doeltreffend is.

Soms moet jy jou beplanning vir die dag verander. Is dit die moeite werd om nóú winkel toe te ry vir inkopies, of moet jy dit ná skool doen sodat die kinders benodigdhede vir ’n skooltaak kan koop?

Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer

The post Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag appeared first on rooi rose.

10 wenke teen stres wat werk
Hier is ’n paar praktiese wenke waarmee jy sommer dadelik kan begin:

1. Fokus op een ding op ’n slag

Jy sal beter en minder gestres voel as jy leer om net op een ding op ’n slag te fokus. Soms moet ’n mens aan meer as een ding gelyktydig aandag gee, maar probeer om al daardie “multi-tasking” te beperk tot ’n spesifieke tyd elke dag.

2. Maak lysies van alles wat jy moet onthou, van inkopies tot take en idees

Sodoende hoef jy nie te stres dat jy iets gaan vergeet nie, en jy maak dit makliker vir jou brein om ander goed te onthou. Hou die lysies kort – so drie take (maksimum) per dag. Anders word dit dalk ook ’n bron van ekstra stres.

3. Moenie berge uit molshope maak nie, en los die bobbejaan agter die bult

As jy een van daardie mense is wat hóú van drama, moenie wonder hoekom jy gedurig gestres is nie! Voordat jy weer van ’n nietigheid ’n drama maak, vra jouself eenvoudig af: gaan hierdie nog saak maak oor vyf jaar? Of vyf weke? Of selfs oor vyf dae? As die antwoord nee is, beweeg aan, spaar jou energie en beperk jou stres.

4. Spandeer 80% van jou tyd aan oplossings, en net 20% aan probleme

Dus, meer aksie, minder wroeging. Dit gaan jou minder magteloos en pessimisties laat voel. ’n Praktiese voorbeeld: sukkel jy om met jou salaris uit te kom? Spandeer dan eerder jou tyd aan die soek na oplossings. Byvoorbeeld: watter uitgawes om te sny en hoe om dalk ekstra geld te maak. As jy heeldag net loop en dink aan jou probleem (te min geld) gaan jy net al hoe meer miserabel raak.

5. Vra, moenie raai nie

Baie misverstande ontstaan omdat ons dink ons weet wat iemand dink. Werk eerder aan jou kommunikasievaardighede. Vra hom of haar reguit! So vermy jy konflik en negatiwiteit en mors jy minder energie en tyd.

6. Pak jou sak vir werk voordat jy gaan slaap

Eenvoudig, maar ’n besliste manier om stres te beperk. Nie net gaan jy meer ontspanne wees voor werk nie, maar die kans dat jy iets belangriks by die huis gaan vergeet wat jou dag later gaan bederf, is ook kleiner.

7. Balanseer harde werk met behoorlike ruskanse

Dit is nie altyd moontlik nie, maar die Sweed Hendrik Edberg, op wie se Positivity Blog ek hierdie lekker wenke raakgeloop het, sê dit help hom om 45 minute lank baie gefokus te werk en dan ’n blaaskans van 15 minute weg van sy lessenaar te neem. Gaan loop ’n draai, drink ’n koppie tee of ’n glas water, eet iets, lees ’n artikel in ŉ tydskrif … Dit keer dat stres gedurende jou werksdag net bly opbou.

Lees ook: Kry weer woema in die winter

8. Stel duidelike grense in jou dag

Dit is veral moeilik omdat ons almal deesdae omtrent op ons skootrekenaars leef. Jou werk bly nie noodwendig meer by die werk nie. Edberg sê dit werk vir hom om te sê hy werk nooit voor agtuur soggens of na sewe saans nie.

9. Hou naweke vir naweek-hou en weeksdae vir werk

Probeer om naweke van jou rekenaar of foon weg te bly, veral as dit kom by werksake. Dit keer dat jy oor naweke oor werk bekommer, en by die werk sit en wens dit was naweek. Edberg noem dit die grys sone, en sê dit is hierdie grys sone wat al die vreugde uit ’n mens se lewe steel. “Dit maak ’n mens so gestres dat jy selfs sukkel om te slaap.”

10. Maak tyd om te doen waarvan jy hou

Sekere dinge moet gedoen word. Maak dit jou eerste prioriteit, maar moenie van elke liewe ding in jou dagboek ’n prioriteit maak nie. Doen die noodsaaklikste goed daagliks, maar ruim saans en naweke tyd in vir iets waarvan jy hou. Dit verlaag nie net jou stresvlakke nie, maar gee jou ook sommer nuwe energie.

Lees ook: Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

The post 10 wenke teen stres wat werk appeared first on rooi rose.

Vyf maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig
Hier is vyf maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig.

1 Hou op bekommer

Makliker gesê as gedaan, maar probeer. Oefen om daarvan bewus te wees en konsentreer op die oomblik. As jy iets aan jou bekommernisse kan doen, doen dit, maar as jy nie kan nie, laat dit gaan en onthou dat dit ook verby sal gaan. Nog beter, skryf jou probleme en die oplossings daarvoor neer. Dit is baie terapeuties.

iStock/AleksandarNakic

2 Kry vars lug

Bestee tyd in die natuur, asem vars lug in, jy sal weer energiek voel en jou gedagtes skoonmaak. Mense wat blootgestel word aan die buitelug is dikwels minder geneig om te ly aan depressie, slaap beter en is meer produktief.

3 Wees nostalgies

Kyk na ou foto-albums of foto’s op jou selfoon, iPad of laptop. Kyk na familie-vakansies, ’n oorsese reis of ’n spesiale verjaardag. Dit sal jou laat glimlag. Of kyk na pragtige en inspirerende aanhalings en foto’s op www.pinterest.com.

iStock/Halfpoint

4 Doen goed

Doen iets onbaatsugtig; koop ’n broodjie vir die bedelaar op die hoek, skenk kos aan ’n diereskuiling, stuur vir jou ma of suster ’n bos blomme (’net omdat’). Doen iets onverwags vir ander en dit sal jou laat goed voel oor jouself.

iStock/Steve Debenport

5 Bederf jouself

Ons sê nie gee al jou geld uit nie, maar soms is ’n bietjie kleinhandel-terapie die moeite werd. Bederf jouself met ’n massering of ’n manikuur, jou gunsteling tydskrif, ’n cappuccino en sny koek, of dalk selfs ’n nuwe parfuum (sitrus-geure is bekend om jou bui te lig). Moet net nie oorboord gaan nie dan dit jy later met die skuld-faktor en dit is teenproduktief!

iStock/Sasha_Suzi

Lees ook: Margaret uit Hollywood: Jessie Buckley betower in Hamnet en ’n Oscar wink

The post Vyf maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig appeared first on rooi rose.

Is jy bang om veertig te word? Moenie wees nie!
Is jy bang om veertig te word? Moenie wees nie! deur Ilse Salzwedel.

40: Fantasties of verskriklik?

Toe my oorlede ma veertig geword het, was ek maar ses jaar oud – te klein om te besef dat dit dalk vir haar ’n mylpaal-verjaarsdag was.

Was sy bang vir ouer word? Ek weet nie, en ongelukkig het ek nooit gevra voor sy dood is nie. Maar as ek terugdink aan haar, raai ek dat sy te besig was met die harde werk van oorleef. Daar was vier kinders om groot te maak, ’n huishouding om aan die gang te hou sonder hulp, ’n man om tevrede te stel en ’n lewe om uit te pluis aan die hand van die Bybel, die Huisgenoot en die radio, destyds die vernaamste bronne van inligting.

Met my eie veertigste verjaarsdag was ek ook te besig om te veel daaroor te tob. My lewe was wel anders as my ma s’n: ek was ’n geskeide enkelouer met ’n loopbaan, en as ek moet eerlik wees, was ek mateloos verlig dat ek dit in een stuk tot by veertig gemaak het. Boonop leef ons in ’n era waar ons deur hope inligting gebombardeer word: tydskrifte, televisie, Internet, sosiale media.

Ironies genoeg maak die baie inligting nie noodwendig ons lewe makliker nie, want nou is daar soveel meer kenners en menings om jou aan te steur. (En soveel meer bekendes en beroemdes wat fantasties lyk en wonderlike goed aanvang op vyftig, sestig en selfs sewentig!)

Nou is ek amper 47 en vyftig wink guitig om die hoek. My kinders is ouer, my lewe meer uitgepluis. Vrees ek vyftig? Nie so dat jy dit sal agterkom nie. Daar is bloot nie tyd om oor iets soos ouderdom te tob nie, en in jou veertigerjare leer jy gelukkig ’n klomp waardevolle lesse. Soos: Jy is baie sterker as wat jy kon dink! Dink mooi oor wat jy al alles oorleef het en daagliks moet trotseer. Of dit nou egskeiding, ernstige siekte, finansiële probleme of ’n geliefde se dood is, klop jouself op die skouer. Sou jy as twintig- of dertigjarige selfs net kon dink dat jy so iets sou kon verwerk en hanteer?

Jy is slimmer as wat jy gedink het! Of jy nou ’n beroepsvrou of ’n tuisblyma is, kyk ’n slag ernstig na dit wat jy al alles bemeester het. (En skilferkorsdeeg tel net soveel as om jou beleggingsporte-feulje te verstaan.) Elke dag leer jy iets by, en met elke jaar wat verbytik, word jy wyser. En ja, jy is beslis slimmer as wat jou tieners jou wil laat glo!

Jy het keuses, ook as dit by geluk kom. Wanneer ’n mens jonger is, voel jy dikwels vasgevang in jou lewe, werk of huwelik. In jou veertigs besef jy op ’n dag dat nét jy iets aan die situasie kan verander – niemand anders nie. Saam met die ouderdom kry jy gelukkig ook meer insig, moed en selfvertroue om dit te verander waaraan jy wel nog iets kan doen. (En hopelik ook die wysheid en die geduld om die res te aanvaar.)

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek jy ignoreer jou intuïsie op eie risiko

Jy mag nee sê, en jy mag sê wat jy dink. Niemand hou van ’n skeermestong nie. Maar in my veertigs het ek geleer dat die aarde nie van sy as af ruk as jy jou mening uitspreek of soms weier nie. Die liewe Heer het jou tog uniek gemaak, met ’n eie wil en ’n eie persoonlik-heid. Respekteer jouself genoeg om jou eie mens te wees en te doen wat jou werklik gelukkig maak, nie wat mense van jou verwag nie. Luister na jou instinkte. Wanneer jy jonger is, vertrou jy nie sommer jou binnestem nie. Wat as jy verkeerd of onregverdig is? Maar hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat ’n mens jou intuïsie op eie risiko ignoreer. Dalk is dit omdat ’n mens nou al ’n paar stelle afgetrap het en kosbare lesse geleer het, of dalk net omdat jy nie meer teen die waansinnige spoed van jou dertigs leef nie en soms wel vir ’n oomblik stilstaan en na jouself luister. Wat ook al die rede: leer om na jou hart te luister.

Almal om jou sukkel met iets, selfs al lyk hulle lewens perfek. Elkeen van ons beleef ’n stadium waarin ons kompeteer met ons vriende of kollegas. Ná genoeg stampe en stote besef jy hoe futiel en simpel dit is. In jou veertigs besef jy gelukkig ook dat mense om jou dikwels ’n perfekte prentjie probeer voorhou (dink maar aan hul facebook-status). Maar net soos jy, stry hulle teen onsekerhede en probleme wat soms dreig om hulle te oorweldig. Een van die waardevolste lesse wat my veertigs my geleer het, is om met sagter oë na die wêreld te kyk.

Leer om vir jouself te lag! Skat, jy gaan dit nodig kry! In jou veertigs begin goeters hang, en ek praat nie net van borste en boude nie. Jou brein “hang” ook soms, en jy drink een aand ingedagte die pil wat jy vir die jongste moes gee. Of een oggend kyk jy af na jou stewels en besef in jou haas het jy een donkerbruin en een swart een aangetrek. Jou oë raak slegter, en jou lyf swaarder, maar alles is meer hanteerbaar as jy jouself nie te ernstig opneem nie.

Jy mag maar vra as jy nie weet nie, en delegeer is nie ’n vloekwoord nie. Hoekom aansukkel met iets as iemand wat weet kan help? Ja, jy weet meer as twintig jaar gelede, maar jy weet nog nie alles nie, en jy kan jouself eindelose frustrasie en baie tyd spaar deur hulp of raad te vra. Gebruik die tyd en energie wat jy spaar vir iets lekkerder!

Minder is meer. Die meeste mense wat ek ken, begin iewers in hulle veertigs besef dat ons gans te veel goed om ons vergaar. Van aardse goed tot emosionele bagasie. Nes te veel goeters in jou huis, steel onsekerhede, vrese, wrokke, negatiewe mense en toksiese verhoudings kosbare plek en energie wat jy eerder kan gebruik vir iets of iemand wat jou lewe werklik verryk.

Elke mens stap sy eie paadjie op sy eie manier. Wanneer jy jonger is, is jy meer geneig om te dink jy doen iets verkeerd omdat jou lewe anders lyk en verloop as dié van mense om jou. Maar daar is genadiglik nie ’n handboek wat sê wanneer ons wat moet doen nie.

Die vrese en vrede van veertig

’n Vriendin wat onlangs veertig geword het, voel steeds 25. “Ek weet nie hoe jy veronderstel is om op veertig te voel nie. Ek wil elke dag met oorgawe leef, my man waardeer, my tuin geniet, lees en dankbaar wees vir genade. En my werk geniet en my MBA voltooi.”

Lyk sy vir haarself veertig? “Ek het geen idee nie. Wat is die maatstaf? Wanneer begin ’n mens plooie en grys hare tel?”

Sy voel tog anders oor haarself as toe sy jonger was.

“My ingesteldheid teenoor die lewe het verander. Ek het ’n groter besef van dankbaarheid, maar dalk het dit meer te doen met die feit dat ek my ma sien ouer word, as wat dit te doen het met my ouer word. Ek glo elke fase van die lewe bring sy eie hoogtepunte, en wie ek was in elkeen van daardie fases, het die mens help vorm wat ek nou is.”

Maar nie almal voel so oor veertig nie. Vir nog ’n vriendin is veertig taamlik intimiderend. “Dis die gróót verjaarsdag, groter as 21 of sestig. Dit dui die middelpunt van jou lewe aan. Dit dwing jou om te dink aan wat jy al vermag het en waarheen jy op pad is. Is wat jy doen, goed genoeg? Jy het net een lewe, doen jy daarmee wat jy veronderstel is om te doen?”

Sy gee toe dat haar siening van veertig dalk in ’n mate te doen het met die druk van ander mense se verwagtinge van hoe ’n lewe op veertig moet lyk, maar voel tog haar eie verwagtinge speel ook ’n groot rol.

Voel sy veertig? “Nee, fisiek of emosioneel voel ek nie veertig nie. Ek weet my pa, wat onlangs sewentig geword het, sê gereeld hy voel of hy nog jonk moet wees. Ek dink die meeste mense voel nie so oud soos as wat hulle werklik is nie. Ek sien wel fisieke veranderinge aan my lyf wat my daaraan herinner dat ek nie meer ’n tiener is nie.”

Die spieël herinner almal van ons gereeld daaraan dat ons nie meer tieners is nie, en sy ervaar dit ook. “My vel voel dunner as vyf jaar gelede, nie meer so lekker plomp en sag nie. Ek sit vinniger gewig aan en sukkel meer om dit te verloor. En ek het opgelet dat mans ’n mens nie meer raaksien ná 35 nie. Jy raak amper deursigtig.”

Maar die ouderdom bring tog wysheid en insig. “Ek dink ’n mens leer om vrede te maak met van die dinge waaroor jy vroeër dalk nie so gelukkig was nie. Jy besef dat sekere goed nie gaan verander nie – dis hoe jy is en basta.

“Ek het ook geleer om my minder te steur aan wat ander mense van my dink, en dis nogal bevrydend. Dis asof ’n mens se ambisie ook effens afneem, wat nie noodwendig sleg is nie. Daardie vreeslik gejaag na sukses wat jou in jou twintigs en dertigs nagte lank wakker gehou het, is aansienlik minder.”

Wat is vir haar die moeilikste van ouer word? “Ek dink ek is minder optimisties en raak nie so maklik opgewonde oor goed soos voorheen nie, wat jammer is. Ek dink jy raak gewoond aan hoe die lewe jou behandel en verval in ’n groef, en dit raak moeiliker om nuwe dinge te probeer of om goed te verander wat jou die nodige vars perspektief op ’n situasie kan gee.”

Is sestig die nuwe veertig?

As veertig nog jou keel laat toetrek van angs, verander jou perspektief. Volgens ’n groep Amerikaanse navorsers aan die Stony Brook-universiteit, is sestig eintlik die nuwe middeljarig. Nie vyftig nie en beslis nie veertig nie.

“Ouderdom kan gemeet word aan die tyd wat ons reeds geleef het, of ’n mens kan dink aan die tyd wat oor is om te leef. Tweehonderd jaar gelede is ’n sestigjarige gesien as baie oud,” meen Sergei Scherbov, hoofnavorser van die studie. Die rede is eenvoudig: weens allerhande peste, plae, hongersnood, oorloë en ander faktore, het bitter min mense twee eeue gelede ouer as veertig geword.

Danksy dinge soos gevorderde mediese kennis en tegnologie, genoeg kos en ’n hoër vlak van sosiale ontwikkeling, word die gemiddelde Amerikaner deesdae 78,8 jaar oud. Wat beteken die doelpale skuif as dit by die definisie van middeljarig én oud kom. Scherbov meen ons siening van oud sal in die toekoms nog meer verander omdat mense al hoe langer leef.

Lees ook: Ja, jy kan meer van jouself hou

The post Is jy bang om veertig te word? Moenie wees nie! appeared first on rooi rose.

Ja, jy kan meer van jouself hou
Ja, jy kan meer van jouself hou deur Mariette Snyman

Hou meer van jouself

Kan jy jou voorstel hoe dit moet wees om nooit, ooit vies te word vir jouself nie, al maak jy hoeveel foute? Om jou woorde, gevoelens, gedagtes, optrede, voorkoms, keuses – alles wat jou jóú maak – met geite en al te aanvaar?

Baie van ons gee baie min aandag aan die dialoog wat dag vir dag, uur vir uur, in ons koppe plaasvind. Ander kan dit mos nie hoor nie! Maar die kans dat hierdie selfspraak altyd positief is, is skraal.

Sinne soos: “Ek is vet”, “Hoe kón ek so dom wees?” of “Dit was die verkeerde ding om te sê,” is dalk algemener as “Uitstekende werk” of “Vandag lyk ek ongelooflik mooi!”

Jy hoef net ’n eenvoudige eksperiment te doen om agter te kom hoe sag – of wreed – jy met jouself omgaan. Besluit om op ’n gewone weekdag hiperbewus van jou selfspraak te raak. Glip ’n rubberrekkie aan jou arm en “skiet” dit elke keer wanneer jy jou blameer en kritiseer, of dit nou hardop of in stilte is. Dikwels is dié gewoonte reeds jare lank tweede natuur.

Lees ook: Jy mag sê jy’s mooi

Selfaanvaarding

Kenners reken selfaanvaarding beteken dat jy nie net waardering het vir jou goeie eienskappe nie, maar ook begrip vir jou swakhede en beperkinge. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan.

’n Praktiese manier om ’n ervaring van ’n minder kritiese blik te kry, is om ’n foto van jou op drie of vier jaar uit te grawe, eenkant rustig daarmee te gaan sit, en met ’n oop hart na daardie kleintjie te kyk.

Wat voel jy wanneer jy op dié mensie fokus? Beleef jy iets van sy of haar uitdaging om in ’n groot, onverstaanbare wêreld altyd die “regte” ding te moet doen? Dink jy hierdie kind sou iemand anders met opset te na kom, of spruit oortredings meestal uit ’n gebrek aan insig en lewenservaring? Hoe rym ’n deernisvoller benadering met die streng en dikwels onsimpatieke hantering van so ’n jong kind?

Sielkundiges bestee baie tyd daaraan om die emosionele wonde wat hul kliënte kleintyd opgedoen het, reg te stel. Dis ’n algemene siening dat kinders van sewe jaar en jonger hulself nie as afsonderlike entiteite beleef nie, maar sonder meer aanvaar dat hulle is wie en wat hul ouers of ander versorgers sê. As hulle gedurig hoor hulle is stout, dom, lelik of wat ook al, glo hulle dit. Hulle het geen objek-tiewe verwysingsraamwerk wat as teenvoeter kan dien nie. Hulle aanvaar hulself slegs in die mate waarin hul ouers dit doen.

Dalk onthou jy maar min van die eerste sewe jaar van jou lewe, maar indien jou ouers nie ’n positiewe beeld na jou teruggekaats het nie, is dit vir jou waarskynlik moeilik om te glo jy is goed genoeg. Hoewel die meeste ouers net die beste bedoelings het, is dit sinvol om jou af te vra of hul optrede jou selfbeskouing onnodig negatief gekleur het.

Lees ook: Probeer jy te hard om gelukkig te wees? Hou nou op daarmee!

Vra jouself af

Die vrae in dié oefening kan hiermee help:

Waaroor het ek as kind gereeld raas of selfs ’n pak slae gekry?

Waaroor was my ma supersensitief – dalk oor haar voorkoms of die huis se netheid? En my pa?

Hoe raak hierdie kleintydkwessies vandag my siening van myself?

Die gedagte is nie om jou ouers te blameer nie, maar bewus te word van die manier waarop beduidende mense jou selfaanvaar-ding beïnvloed het. Dalk was daar voorwaardes vir hul liefde waaraan jy nie kon voldoen nie, en beskou jy jou gevolglik steeds as defektief of ontoereikend.

Gelukkig kan ons elkeen verantwoordelikheid neem vir die ontwikkeling van ons eiewaarde en besluit om meer selfbegrip te ontwikkel. Onvoorwaardelike liefde – en ’n minder veroordelende oog – begin met die besef dat nie net ander nie, maar ook óns nog altyd die beste doen met wat ons is, weet, en het.

Selfaanvaarding begin met die besef dat ons (en ander) nog altyd die beste doen met wat ons is, weet, en het

Voel beter oor jou voorkoms

As jy regtigwaar meer van jouself wil hou en bereid is om ’n bietjie tyd af te staan en moeite te doen, kan die volgende “oefeninge” ten opsigte van jou voorkoms verrassende voordele inhou.

Ons samelewing plaas ’n verstommende hoë premie op hoe ons lyk. Enersyds is ons neurologies bedraad om meer van iemand met ’n aantreklike voorkoms te hou; evolusionêre sielkundiges verduidelik hoe ons intuïtief potensiële maats se voorkoms “lees” om meer oor aspekte soos hul gesondheid en fertiliteit te wete te kom.

Andersyds ontsien die vervaardigers en adverteerders van produkte geen moeite om ons te probeer oortuig dat hierdie fyngeur of daardie horlosie ons persoonlike magnetisme gaan verdriedubbel nie. Die onderliggende boodskap is dat ons nie aantreklik genoeg is nie. En ons word voortdurend met hierdie boodskap gebombardeer.

Die bekende Amerikaanse lewensafrigter Martha Beck, werp lig op vroue se komplekse verhouding met hul voorkoms. “Selfs die aantreklikste vroue wat ek ken, vind fout met hoe hulle lyk,” skryf sy op www.marthabeck.com “Dis eintlik vreemd, want hulle staan nie naastenby so krities teenoor hul vriendinne nie. Hierdie ingesteldheid het te make met ’n diepliggende begeerte na aanvaarding en vrees vir verwerping. Iets in die menslike psige verwar skoonheid met die reg om liefgehê te word. Ons dink: As ek mooi genoeg is, sal ek liefgehê word, of As niemand vir my lief is nie, beteken dit ek is nie mooi genoeg nie.

“Hierdeur plaas ons die mag in ander se hande. Ons selfaanvaarding word bepaal deur ander se reaksie of gewaande reaksie. En pleks van te besef dat ons áltyd kwetsbaar is wat die liefde betref – dit werk gewoon nie so dat elke begeerlike mens wat ons hartkloppings gee, dieselfde oor ons voel nie – lê ons die probleem voor die deur van ons fisieke voorkoms. Ons glo ons skiet te kort ten opsigte van een of ander liggaamlike standaard, en haas ons na die skoonheidsalon, dieetkliniek of plastiese chirurg.

“Maar fisieke veranderinge los nie die probleem op nie. Die probleem lê nie by ons uiterlike nie, maar in ons kop. Ons dink terselfdertyd: ‘Voor ek gelief kan voel, moet ek mooi voel’ en ‘Ek kan net mooi voel as iemand vir my lief is.’ So beland ons in ’n afwaartse spiraal.

“Die oortuiging dat ons aanvaarbaar is, het eintlik min met fisieke voorkoms te make. Kyk jy objektief na die werklikheid, sien jy talle sogenaamd onaantreklike mense in gelukkige verhoudings én sielsongelukkige, aantreklike mense.”

Hoe lyk jou werklikheid?

Martha se voorstel is dat ons met ’n nuwe benadering eksperimenteer. Sit tien minute opsy en skryf jou antwoorde neer op die volgende vrae:

Wanneer het iemand jou liefgehad, al het jy dalk nie perfek gelyk nie?

Vir watter mense was jy lief, al het hulle nie die volmaakte voorkoms gehad nie?

Kan jy aan beeldskone mense dink wie se optrede so aaklig is dat jy hulle as lelik begin ervaar het?

Watter bekendes is stralend ondanks fisieke gebreke?

Watter vroue is so tuis in hul eie vel dat hulle in jou oë godin-status bereik?

“Herhaal hierdie oefening daagliks tot jy voel hoe die begrippe ‘skoonheid’ en ‘aanvaarbaarheid’ in jou gedagtewêreld van mekaar begin skei.

“Stimuleer hierdie kopskuifproses deur doelbewus meer goedvoelhormone te vervaardig. Jy skei dopamien af deur enigiets te doen wat onbekend en moeilik is, soos om ’n blokkiesraaisel in te vul of ’n ingewikkelde trui te brei. Die hormoon epinefrien word tydens matige oefening vrygestel, en ook wanneer ons ’n kans waag soos om ’n ongewilde mening uit te spreek.

“Gebruik die hupstoot wat dié goedvoelinspuitings jou gee om ’n praktiese ervaring van aanvaarding te kry. Gaan loop in ’n openbare plek rond en verbeel jou vir ’n halfuur jy is lieflik genoeg om liefgehê te word. Dink aan die uitdrukking fake it till you make it!

“Gaan dan na ’n koffiewinkel en drink iets heerliks. Let op na hoe jou liggaam beweeg wanneer jy vertrou dat jy goed genoeg is – nie noodwendig die land se topmodel nie, bloot goed genoeg. Voel die verskil in jou gesigsuitdrukking. Wees bewus van die energie wat jy met ander klante of die kelner uitruil.

“Die belangrikste is dat jy waarneem hoe ander mense teenoor jou reageer.

“As jy die voorafgaande ‘huiswerk’ deeglik gedoen het, mag iets magies begin gebeur. Jy kan dalk agterkom dat die meeste mense aangetrokke voel tot jou. Hoe vinniger jy van jou verdedigende, selfbewuste innerlike kritikus afstand doen, hoe meer glimlagte, hoflikheid en vriendelikheid kry jy van mense. Nie net van mense nie – van genoeg mense!

“Bou hierop voort deur jouself op dié manier te aanvaar wanneer jy met ’n vriendin gesels, dan met ’n kollega, dan met iemand wat jou intimideer. Los liewer jou gesin van oorsprong – dit kan ’n tameletjie wees.

“Om jou nadelige oortuigings oor jou eie sogenaamde gebrek aan skoonheid af te breek, maak jou vry om jouself, jou liggaam en ander sonder voorbehoud te aanvaar. Jou hart gaan oop en jy voel nie meer so bang vir verwerping nie. Hoewel een en elk jou nie gaan liefkry nie, sal jy duidelike en oorvloedige bewys ervaar dat jy lovable is. Dis ’n wonderbaarlike proses.”

Die voordeel van groter selfaanvaarding is dat jy die mense wat jou pad kruis, positiewer hanteer. Hoe minder jy oor jou tekort-kominge loop en broei, hoe vryer is jy om jou volle aandag aan hulle te gee. Jou innerlike dialoog raak gawer, en jy ook. Die nuwe vonkel in jou oog maak jou aantrekliker. En wie weet watter voordelige gevolge dít kan hê …

In voeling met jouself

“Om lank en gelukkig met jouself saam te leef, moet jy vertroue hê in wie jy is en wat jy ervaar.” So sê Annelie Ferreira, bekroonde skrywer van Afrikaanse jeugfiksie wat tans as ’n Martha Beck Coach opgelei word.

“Jy moet veral in voeling met jou lyf wees. Dis ’n belangrike manier om agter te kom wat reg is vir jou en wat nie, want jou lyf jok nooit. Dit kan wel weens kondisionering ‘verkeerd’ reageer: as ’n blou motor jou dalk een keer raakgery het, kan jou lyf panieksensasies ervaar elke keer wanneer jy ’n blou motor sien.

“Jare gelede het trauma veroorsaak dat ek voeling met my lyf verloor het. Trauma het ’n algemene ‘vriesreaksie’ tot gevolg. Dit veroorsaak die onderdrukking van sensasies, maar lei ook tot reaksies soos konstante woede of depressie. Dit hoef nie eens trauma met ’n hoofletter T te wees nie; in ’n grootmenswêreld is kinders baie beïnvloedbaar, en enige onaangename belewenis kan ’n blywende uitwerking hê as dit nie verstaan of deurgewerk word nie.

“’n Ander faktor wat veroorsaak dat jou konneksie met jou liggaam skeef loop, is die reëls van die gesin of samelewing waarin jy grootword. Hierdie voorskrifte kan jou ontmoedig om vas te stel of iets reg of verkeerd voel deur na jou lyf te luister. Dit laat jou met die indruk dat jy bloot moet doen wat jy geleer het reg is. Indien jy by die groep inpas en die reëls ooreenstem met wat jy graag wíl doen, is dit wonderlik. Maar indien dit verskil, raak jou lyf deurmekaar.

“Kultuurreëls is bedoel om mense te help, maar dit word deur mense vasgestel en is arbitrêr. As dit vereis dat jy by ’n rooi verkeerslig stop, volg dit asseblief! Dis in almal se belang dat dit nagekom word. Maar daar is baie ander ‘reëls’ wat ons keer om ons ten volle uit te leef.

“Om ’n gelukkiger bestaan te voer, kan jy bewus word van dit wat jou lyf goed laat voel, soos drumming, dans of spesifieke mense se geselskap. Ons lyf reageer altyd positief of negatief op dit waarmee ons besig is. Maar as ons glo ons het nie ’n keuse nie, leer ons om daardie sensasies te ignoreer.

“Ons het almal die vermoë om ’n gelukkige lewe te lei, behalwe dalk in die geval van mense met erge geestes-versteurings. Soms verloor jy daardie vermoë omdat jy nooit vertroue daarin ontwikkel het nie, omdat jy nie inpas by die heersende oortuigings nie, of omdat negatiewe oordele oor sekere ervarings beliefs geword het wat jou inperk.

Dit kan ook wees dat iets soos ’n ernstige siekte of ’n verlies jou tydelik van koers af gegooi het. Die doel van lewensafrigting is om jou te help om weer die lewe en jouself – jou eie keuses en drome – te vertrou.”

Drie dinge vir geesteskrag

As jy jou innerlike ruimte met suiwer selfvertroue wil vul, moet jy dapper genoeg wees om jou tot drie dinge te verbind, sê Martha Beck:

Onderneem om nooit jouself of ander doelbewus te laat ly nie.

Erken altyd jou foute, en doen jou uiterste bes om hulle te herstel.

Vergewe jouself wanneer jou beste nie goed genoeg is nie.

Lees ook:Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?

The post Ja, jy kan meer van jouself hou appeared first on rooi rose.

Kanker: Wat om te sê – en nie te sê nie
Kanker: Wat om te sê – en nie te sê nie deur Anet Schoeman.

Vroue vertel

“My einde was as mense met jou gesels en jou skaars kans gee om jou sin te voltooi voor hulle jou vertel van iemand wat dieselfde kanker gehad het en ná ’n uitgerekte siekbed ’n pynlike dood gesterf het.” – Karien (65).

“’n Siekte kan jou isoleer, want jou lewe staan op sy kop en vir ander gaan die lewe doodgewoon voort. Dis goed as iemand laat blyk dat hy bewus is van jou situasie deur iets te sê soos: ‘Ek is so jammer om van jou diagnose te hoor.’ Daarna kan die gespek oor ander goed handel.” – Rika (50).

“Ek kon slange vang as mense vir my sê hulle weet presies hoe ek voel. As ek vra of hulle kanker gehad het, was die antwoord gewoonlik nee. Net so erg is diegene wat jou heeltyd maan om positief te bly.” – Cindi (45).

“‘Dit is borskanker, maar ons het baie opsies.’ Dit was my chirurg se woorde ná die biopsie, en hoewel dit bitter slegte nuus was, het sy kommentaar my meer in beheer laat voel.” – Lika (50).

“Ek het een oggend my kaal kop met groot moeite met ’n funky hoedjie verdoesel en eintlik heel goed gevoel tot ek ’n groep vriende nader. Toe hulle my sien, het almal skielik doodstil gebly. Hulle kon netsowel gesê het: ‘Chips ouens, hier kom sy’. Dit was die einde van my lekker dag.” – Tina (27).

“Ek wens mense wil nie jou behandeling bevraagteken nie. Daar is verskeie soorte borskankers en elke pasiënt se behandeling word pasreg vir haar gekies. Dis uitputtend om elke slag te hoor: ‘Hoekom kry jy steeds chemo / bestraling? My vriendin / suster het baie minder sessies gehad.’” – Marí (60).

“Ek was keelvol vir survivors wat my vertel het hoe kanker die beste ding was wat met hulle gebeur het en hoe hulle nou ’n beter mens is en die lewe soveel meer waardeer. My lewe was wonderlik voor kanker en ek het reeds passievol geleef, dankie.” – Suret (52).

“Die heel, heel ergste is as vriende niks sê nie en jou vermy. As hulle my in die straat sien aankom, stap hulle oor na die ander kant, of maak of ek onsigbaar is. As jy onbeholpe voel, stuur ’n boodskap, kaartjie of e-pos met iets soos: ‘Ek is jammer om te hoor. Ek dink aan jou.’” – Santie (42).

Sê en doen dit

Ek weet nie wat om te sê nie, maar ek wil hê jy moet weet ek gee om.

Ek is jammer om van jou diagnose te hoor.

Ek dink aan jou./ Ek bid vir jou./ Ek gee om vir jou.

Konsentreer op vandag.

Ek is hier om te luister as jy met iemand wil praat.

Wat beoog jy om te doen en hoe kan ek help?

Bied hulp aan en wees spesifiek. “Ek wil graag vir jou ’n ete maak. Watter aand pas jou en waarvan hou julle?” Of bied aan om iemand na ’n chemo- of bestralingsessie te neem en geselskap te hou.

Moenie huigel nie, maar as die persoon goed lyk, sê so.

Sê: “Dis goed om jou te sien” eerder as “Hoe gaan dit?” Mense het nie altyd lus om oor hul siekte te praat nie.

Laat jou deur die persoon se reaksie en persoonlikheid lei. Sommige mense praat maklik daaroor en maak grappe. Ander is privaat daaroor.

Respekteer hul besluite oor hoe hul kanker behandel moet word – al stem jy nie saam nie.

Sluit hulle by reëlings en planne in. Laat hulle self besluit of hulle daarvoor kans sien.

Vra vooraf of jy kan kom kuier, of hulle in die hospitaal besoek. Nie almal sien kans vir besoekers nie.

Moet net nie dít sê nie

Ek weet hoe jy voel. Nee, behalwe as jy dieselfde kanker of behandeling gehad het, weet jy nié hoe die persoon voel nie.

Dis jou eie skuld. Dis nie nou die tyd om vir mense te vertel dat as hulle geoefen het / uit die son gebly het / nooit gedrink of gerook het / gewig verloor het / minder gestres het / ens. hulle nie kanker sou gekry het nie.

Ek weet net wat jy moet doen.

Jou buurvrou se dogter het dalk pas haar mediese graad cum laude verwerf, maar dit beteken nie sy weet meer as die spesialis wat die kankerlyer behandel nie. Moenie raad gee oor behandeling as jy nie opgelei is nie.

Ek voel hulpeloos.

Ek kan sien jy’t gewig verloor. Of: Jy lyk bleek vandag. Moenie kommentaar lewer oor die persoon se voorkoms as sy nie goed lyk nie. Sy weet dit en voel reeds selfbewus daaroor.

Ek weet nie hoe jy cope nie.

Respekteer privaatheid. Moenie oorvertel as iemand jou in sy vertroue neem en van die diagnose vertel nie. Hulle moet self besluit wie dit mag weet.

Moenie bekommerd wees nie.

Ek het iemand geken wat dieselfde kanker gehad het en sy is dood. As die storie ’n goeie einde het, kan jy dit noem, anders nie.

Hoeveel tyd het die dokters jou gegee?

As dit algemene kennis is, maar die persoon het dit nie persoonlik vir jou gesê nie, kan jy wel sê: “Ek het gehoor van jou diagnose en is baie jammer.”

Jy moet hieroor praat.

Enigiets is beter as om niks te sê nie en die persoon te vermy.

Lees ook: Kolonkanker: Hoe om jou risiko klein te hou

The post Kanker: Wat om te sê – en nie te sê nie appeared first on rooi rose.

Word uitstel afstel? Die gevolge van uitstel
Word uitstel afstel? Die gevolge van uitstel deur Anys Rossouw. Hooffoto: pexels

Ons vermy so dikwels die dinge wat ons weet ons moet of behoort te doen. Of dit nou ’n belangrike stuk werk is waarmee jy eers ter elfder ure begin, of jy uitstel om iemand te bel, ’n probleem op te volg, dokumente te liasseer, die garage reg te pak, of sover te kom om daardie doktersondersoek te bespreek.

Om uit te stel is so oud soos die berge. In die tyd van Sokrates en Aristoteles was daar reeds ’n woord daarvoor: “akrasia”. Dit het beteken om teenstrydig met jou beterwete en oordeel op te tree, om uit te stel of nie werklik selfbeheer te hê nie.

Uitstellers gebruik verskillende ontkenningstegnieke om hul geneigdheid om uit te stel te rasionaliseer. Jy hoor hóé besig hulle is. Hulle probeer gewoonlik hulself en ander oortuig dat dit wat hulle wel doen, net so belangrik is as die take wat hulle eintlik moes doen, of skryf dit toe aan omstandighede buite hul beheer. Hulle sal hulself ook graag met ander vergelyk wat nog minder as hulle daartoe in staat is. Of hulle gebruik humor om hul uitstellery te versag of te verbloem. Intussen vermy hulle dit wat gedoen moet word en ontvlug ure op sosiale media, met elektroniese speletjies, kuier, inkopies doen … ’n Uitstappie winkels toe wat ’n halfuur moes neem, duur drie uur; die vinnige opspoor van ’n prys op die Internet lei tot ure se nalees oor onverwante kwessies.

Uitstel moet van luiheid onderskei word. ’n Lui mens is passief, apaties en onwillig om dinge te doen. Uitstel, aan die ander kant, is ’n aktiewe proses, waar die uitsteller net nie fokus op take wat prioriteit behoort te geniet nie, maar dit vermy deur intussen eers ander dinge te doen. Dit gebeur dikwels dat mense ’n bietjie uitstel net voor ’n tyd van intense produktiwiteit.

Maar doen jy dit so dikwels dat dit jou produktiwiteit, loopbaan, lewe of verhoudings kniehalter?

Lees ook: Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

Mense stel om baie redes take uit

Aan die wortel van uitstel, lê dinge soos mense se persoonlikheid, vrese, motivering, of gewoontes. Take wat as vervelig, onnodig of oorweldigend gesien word, lei ook tot uitstel. Sommige mense stel ook take uit en kom nie verantwoordelikhede na nie om op ’n passief-aggressiewe wyse weerstand te bied teen die eise wat ander aan hulle stel. Hulle sien nie kans vir konflik nie, en belowe hul hulp, of stem in, maar doen dit dan nie, of sleep hul voete.

Uitstellers, veral diegene wat impulsief van aard is, is dikwels ingestel op korttermyn-plesier en -gewin, en ignoreer die lang-termyn gevolge van die vermyding. Met die uitstel van byvoorbeeld ’n ongemaklike telefoonoproep of ’n taak wat oorweldigend voel, probeer mense hul stres en ongemak verminder. Die ironie is dat die uitstel juis hul stres verhoog en terselfdertyd die selfvertroue verlaag wat nodig is om dit af te handel. Sodra jy jou take afgehandel het, is jou stres ook minder.

Uitstel kan meer as net ’n slegte gewoonte wees. Dis dikwels simptomaties van behandelbare mediese toestande, soos aandagtekortsindroom, obsessiewe kompulsiwiteit, angsversteurings, depressie, hormoontekorte, en meer.

Die stigma wat aan uitstellers kleef, gaan oor uitstellers wat werklik ’n probleem het en nié by spertye hou nie, nié doelwitte het en nie beplan nie. Hulle word selfs uitgekryt as onverantwoordelik, lui en dat hulle slap en ambisieloos is en geen self-dissipline het nie.

Skuldgevoelens tot die mate van selfverlamming is seker die grootste gevolg van ’n uitstellery. Dit laat mense ook twyfel aan hul bevoegdheid en vermoë om sukses te behaal. Dit verlaag hul selfvertroue en selfwaarde en steel dikwels hul geluk, verhoudings en geleenthede en selfs die tyd om sorgeloos te kan ontspan. In hul agterkop is daar altyd skuldgevoelens, want daar is altyd nog iets belangriks wat hulle eintlik moes doen.

Marnus, ’n selferkende uitsteller, vertel wat uitstel aan sy lewe doen. “Dit maak my, maar veral my vrou, gedaan – daardie klomp goed wat nie klaarkom nie. Ek werk gereeld naarstigtelik tot watter tyd van die nag, of naweke. Ons vakansie is al telkens uitgestel oor projekte by die werk wat ek net nie afhandel nie. Volgens my vrou is die huis verwaarloos. Daar is lekkende krane, lendelam kaste, elektriese probleme … Ander projekte kom net nie klaar nie, soos my doktorsgraad waaraan ek al langer as agt jaar werk, ’n sonkrag-warmwaterstelsel vir die huis en die badkamer wat ek ’n jaar gelede begin verbeter het. Dit lei tot soveel konflik. My vrou voel ek gee nie genoeg om nie en die dinge is nie vir my ’n prioriteit nie. Sy voel ek hou nie by my beloftes nie, en sy trek gedurig aan die kortste ent. Sy wou al ’n bouer kry om van die projekte klaar te maak en herstelwerk te doen, maar ek weier. Ek is gewoonlik nie gelukkig met die gehalte van die werk nie en weet dat ek dit netjieser en beter kan doen. Dit maak Anet net nog ongelukkiger.”

Baie suksesvolle uitstellers steek hul gewoonte weg oor ander se kritiek, veroordeling en negatiewe evaluering daarvan. Uitstellers moet dikwels hoor hulle het ’n patologiese probleem, is onverantwoordelik, lui, impulsief, of het swak selfdissipline. Tog doen baie sperdatumgedrewe mense met sukses wat nodig is.

Spertyddruk verhoog sulke mense se fokus, energie, konsentrasie en motivering. Hulle gedy onder die druk en ervaar hulself dan as doeltreffend. Hul uitsteltyd funksioneer as ’n inkubasietydperk waarin hulle planne en idees oordink en verwerk. Wanneer hulle wel begin, het hulle al ’n redelike, uitgewerkte idee of plan.

Mense stel uit omdat hul brein op daardie oomblik die beloning van die oomblik hoër ag as die uitgestelde beloning van eendag of die toekoms. Jou eendag-self stel doelwitte, soos om maer te wees, maar jou vandag-self moet nee sê vir die sjokolade, of nou gaan werk of studeer.

Vir baie uitstellers is die grootste probleem nie die doen nie, maar om te begin. Hul motivering kom eers ná hulle begin het en dan geniet hulle dit eintlik en voel goed oor wat hulle doen.

Katy Milkman van die Universiteit van Pennsilvanië sê jy moet gedrag wat op lang termyn goed vir jou is, aan onmiddellike belonings koppel. Jy mag net iets doen waaroor jy gaande is terwyl jy besig is met die ding wat jy so aanhou uitstel. Jy kan byvoorbeeld na jou gunsteling-musiek luister terwyl jy kaste regpak, of jou gunsteling TV-program kyk terwyl jy die oefenfiets trap …

As jy uitstel wil vermy, moet jy jou tot bepaalde take verbind. As jy jou tot niks spesifieks verbind nie, gaan alles jou aandag aftrek en in beslag neem. Wêreldleiers op enige gebied het een gemeenskaplike karaktereienskap: fokus op ’n doelwit.

Is jy ’n uitsteller?

Stel jy sommige dinge onbepaald uit?

Fokus jy dikwels so op korttermyn-verpligtinge dat jy nie werklik by belangrike take met langtermyn-konsekwensies uitkom nie?

Moet jy gereeld onder groot druk werk omdat jy te laat begin het?

Bly sekere take baie lank op jou doen-lysie?

Lees jy boodskappe of e-posse meer as een keer sonder om dit dadelik te antwoord?

Stel jy besluite uit?

Begin jy met belangrike take en gaan maak dan eers tee, of bel iemand?

Bestee jy te veel tyd aan take wat laag op jou prioriteitslys is?

Bepaal jou gemoed, of die tyd van die dag jou produktiwiteit?

Soorte uitstellers

Die perfeksionis stel te hoë standaarde en onrealistiese verwagtinge en vrees dat haar werk nie goed genoeg is nie. Dus kom min dinge klaar, want dit kan nog beter wees. Daar is altyd nog iets wat jy kan doen. Ander mag nie help nie, want hulle sal dit nie goed genoeg doen nie.

Die waaghals of adrenalienverslaafde is op sy beste onder die adrenalien van die laaste minuut se druk. Jy kom eers aan die gang as daar ’n krisis is. Dan is dit deurnag met gefokusde ywer. Om in ’n klein tydjie veel te vermag, versterk jou selfbeeld. As jy hiermee wegkom, raak dit ’n gewoonte. Dit veroorsaak stres vir jou en die mense om jou. Jy en ander besef dat jou werk dikwels beter kon wees as jy net vroeër begin het.

Die dromer sukkel om te fokus – daar is net te veel dinge wat jou aandag aftrek. Al jou wonderlike idees, daardie grootse planne … Jy hop van een droom en groot plan na die ander met min om te wys. Jy kom nie by die praktiese uitvoering daarvan uit nie, want jy fokus nie op een ding nie en kom nie by die harde werk uit wat jou planne sal laat realiseer nie.

Die kommerkous sukkel om besluite te neem en rigting te kry. ’n Knaende, kermende stemmetjie in jou kop beperk jou: Wat as … ; sê nou net … ; Jou vrese en moontlike katastrofiese scenario’s oorweldig en verlam jou.

Die rebel weier op ’n passief-aggressiewe manier om te doen wat ander verwag. Dis ’n passiewe manier van wraak of beheer. Hulle sien verantwoordelikhede of versoeke as opdragte en eise wat hulle passief teenstaan, al het hul daartoe ingestem. As ander iets daaroor sê, hoor hulle dat hulle heeltyd kla of veeleisend is.

Die oordoener of pleaser probeer met die beste bedoelings almal tevrede stel, gelukkig hou en niemand teleurstel nie. Jy kan nie grense stel of nee sê nie en het eenvoudig net te veel om in jou beskikbare tyd af te handel. Die skuldgevoelens vreet jou op.

Die bedrieër of jabroer belowe oënskynlik en aanvanklik alles, maar lewer nie resultate nie. Sy uitstel is ’n poging om om sy onbevoegdheid of oneerlikheid te versteek.

Breek só die uitstelgewoonte

Erken dat jy ’n probleem het.

Bepaal die funksie, rede, patroon en uitwerking van uitstel in jou lewe. Jy het moontlik die behandeling van ’n professionele persoon nodig.

Vergewe jouself vir jou uitstelverlede.

Fokus op die doel en voordele van wat jy behoort te doen. Waarom is dit nodig? En nie waarom jy dit uitstel nie.

Visualiseer wat jy wil regkry: Met watter houding jy gaan instap en hoe netjies en georden alles om jou gaan wees. Sien hoeveel makliker jy in daardie omgewing gaan funksioneer. Hoe duideliker die beeld of prentjie is, hoe beter is jou kans om dit reg te kry. Sien jouself in die situasie waar jy dit regkry.

Prioritiseer. Wat is werklik belangrik? Skryf soos Warren Buffet elke aand vyf kritiese dinge in die volgorde van belangrikheid neer waarop jy die volgende dag gaan fokus. Begin die volgende dag met die eerste taak en maak dit klaar en merk dit af voor jy die tweede taak aanpak. Take wat nie voltooi is nie, gaan na die volgende dag se lys.

Beplan en skryf dit in jou dagboek: Wát en hóé jy dit gaan doen. Maak en plak visuele lysies op om jou te herinner en jou vordering aan te toon.

Koppel jou doelwit aan ’n bepaalde tydlyn. Laat vaar daardie “Ek sal dit doen wanneer ek tyd het”-benadering. Koppel dit aan ’n bepaalde tyd en hou daarby. Wees realisties oor hoeveel tyd jy nodig het. Beplan skedules, asook ’n tydraamwerk waaraan jy jou vordering kan meet – gebruik die talle elektroniese taak-, tyd- en projekbestuur-toepassings op jou foon of tablet.

Plaas positiewe druk op jouself. Vertel vir mense van jou plan en wat jy wanneer gaan doen. Jy wil nie soos ’n mislukking lyk nie!

Betrek ander mense: Dis makliker om by ’n plan te hou wanneer jy ’n afspraak met iemand het wat byvoorbeeld saam met jou gaan oefen, of iemand vir wie jy op sekere tye terugvoering oor jou vordering met ’n projek gaan gee.

Bestuur die dinge in jou omgewing wat jou fokus steel: Skakel jou foon af of laat ’n moenie steur nie-boodskap; beantwoord en kyk net op sekere tye van die dag na jou e-posboodskappe, ander elektroniese boodskappe en sosiale media.

Breek die taak in hanteerbare en haalbare dele op. In die volgende halfuur gaan ek hierdie stukkie leer of doen. Klein suksesse bou momentum, motivering en ’n gevoel van produktiwiteit.

Doen die moeilikste dele eerste, of op die tye van die dag wat jy gewoonlik die beste fokus en op jou produktiefste is.

Beloon jouself vir gefokusde werk: Ek mag eers weer na sosiale media kyk, uitgaan, koffie drink en meer as ek ’n sekere taak voltooi het, of ’n sekere hoeveelheid werk afgehandel het.

Geniet die proses en assosieer plesier met positiewe optrede: “Dis lekker om dit reg en klaar te hê.” “Ek voel goed as ek … ”

Fokus op alles wat lekker en mooi is.

Onthou die magiese 21 dae-reël: Doen iets vir 21 dae agtereenvolgens en die kans is goed dat jy ’n nuwe gewoonte gevorm het. Sê vir jouself: ek het dit gemaak, dis nou ’n gewoonte!

Lees ook: Is jy altyd laat?

The post Word uitstel afstel? Die gevolge van uitstel appeared first on rooi rose.

6 Maniere om langer en lekkerder te lewe
6 Maniere om langer en lekkerder te lewe  deur Anet Schoeman.

Dit maak nie saak hoe jy walgooi en regtrek nie, die ouderdom haal almal in. Tans is die gemiddelde lewensverwagting wêreldwyd 71,4 jaar, teenoor die 47 jaar wat die gemiddelde Amerikaner in 1900 sou haal.

Mediese vooruitgang, beter voeding en entstowwe het ’n groot rol gespeel om die kersies op ons verjaarsdagkoek te vermeerder. Is die geheim ’n veilige lewe met ’n ellelange lys moets en moenies? Klaarblyklik nie. Wetenskaplikes sê ons leef langer as ons gelukkig is en ’n positiewe uitkyk het. En dat balans ’n beter maatstaf as die wette van die Mede en Perse is vir ’n langer en lekkerder lewe.

iStock/Halfpoint

1 Maak kos jou vriend

As jy kers opsteek by gemeenskappe wat die oudste word, is gesonde eetgewoontes en ’n gesonde gewig ’n gemene deler. Tog sê Kathryn Green, kliniese dieetkundige in Morningside, Johannesburg, dis selde die kos wat mense vet maak, eerder die ongesonde verhouding wat hulle met kos het.

“Ek vra dadelik vir mense wat hul stokperdjies is en kry hulle om hul fokus van kos te verskuif na iets wat hulle geniet. ’n Onverbiddelike eetplan is selde op lang termyn suksesvol en deur die leisels effens te verslap, kry mense beter resultate. Wanneer jy lewensgehalte inboet, hou mense nie met ’n eetplan vol nie. Kyk holisties na wat jy eet, eerder as om vreemde mode-diëte te volg en ’n ongesonde verhouding met kos te hê. Deur jou van sekere kos te onthou, raak jy behep daarmee en wanneer jy oortree, het jy skuldgevoelens en negatiewe verbintenisse met kos.”

Kathryn sê daar is geen verbode eetgoed nie, maar dat mense moet ligloop vir verfynde suiker en versadigde vette. “Dis ’n goeie riglyn om te fokus op regte, eerlike kos wat nie geprosesseer is nie. As jy nou en dan ’n wegneemete kry, of sjokolade en soetgoed eet, is dit nie die einde van die wêreld nie. Wees realisties oor die energiewaarde van kos. Die ironie is dat sekere restaurantslaaie 3 500 kJ bevat, drie keer soveel as ’n wegneem-hamburger (1 100 kJ).”

Eet ontbyt. Dié goeie gewoonte gee jou genoeg energie vir die res van die dag. Dit keer ook dat jy heeltyd moeg en honger voel en later in die dag swak koskeuses maak omdat jy desperaat van die honger is.

As dit ’n gestoei afgee om by jou ideale gewig te bly moet jy weer dink. Ons almal is verskillend en daar bestaan nie iets soos ’n vasgestelde “ideale gewig” nie. Kathryn sê dat klimtol-gewigsbeheer (yo-yo dieting) ’n euwel is wat vermy moet word. Die mikpunt is ’n gesonde, gelukkige en vervulde lewe.

Uit navorsing wat gedoen is onder ’n groep vyftigplusser-vroue wat binne die raamwerk van normale gewig geval het, het dit geblyk dat dié wat meer as drie keer 4,5 kg verloor en weer aangesit het, sowat drie keer meer geneig was om skielik aan hul hart te sterf.

#rrWenk: Doen dit:

Bly weg van mode-diëte, duur kosfoefies wat die ewige lewe belowe, en geprosesseerde kos.

Moenie kos as straf en beloning gebruik nie.

Eet ontbyt.

Kry ’n gewig wat jy kan handhaaf, eerder as om gedurig klimtol-gewigsbeheer toe te pas.

iStock/gilaxia

Lees ook: 41 ander woorde vir suiker op kosetikette

Kry jou onderbewuste aan jou kant

2 Oefening bly die beste medisyne

Oefening is die belangrikste komponent wat onafhanklikheid en gesondheid in jou goue jare verseker. Uit ’n studie aan die Yale-universiteit het dit geblyk dat onaktiewe bejaardes ná ’n oefenprogram wat stap en kragoefeninge ingesluit het, 25% minder tyd deurgebring het met beserings en beperkings as dié wat nie geoefen  het nie.

En die goeie nuus is dat jy nie ’n driekampatleet hoef te wees om hierdie gesondheidsvoordeel te geniet nie. Inteendeel, matigheid is die wagwoord.

“Die beginsels vir goeie gesondheid en oefening is matige en gereelde oefening, en om ekstreme oefening te vermy,” sê Steve Saunders van Performance through Science, ’n man wat al menige SA fietsrykampioen afgerig het. “Ons kyk met bewondering na topdriekamp-atlete, maar eintlik is hulle net die gelukkiges wat besering en ooroefening van ’n ekstreme sport oorleef het. Gereelde stap bly jou heel beste oefening.”

Ekstreme oefening verhoog die spanning op jou liggaam wat tot die vrystelling van die streshormoon kortisol lei. Dit kan verskeie prosesse in jou liggaam versteur en die moontlikheid van talle gesondheidsprobleme vergroot.

“Dis wel nodig om uit jou gemaksone te kom as jy wil vorder en dit is goed om jou hartklop met oefening matig op te stoot. En die ander belangrike element? Maak seker jy het pret.

Kyk hoe kinders oefening kry terwyl hulle speel en hoe lekker en gelukkig dit hulle laat voel. Probeer dieselfde met jou oefening vermag. Kry iets waarvan jy hou, soos dansklasse sodat beweging lekker is. Oefening laat jou ook goed voel en bied die geleentheid om te sosialiseer as jy alleen is, of alleentyd as jy gedurig deur mense omring is.”

#rrWenk: Doen dit:

Raak meer aktief en moenie ure voor jou rekenaar en die televisie deurbring nie.

Vermy ekstreme oefening waar jou liggaam heeltyd onder spanning verkeer wat jou kortisolvlakke opjaag.

Stap elke dag of doen oefening wat jy geniet.

Stoot jou hartklop vir kort rukkies op om jou kardiovaskulêre fiksheid en gesondheid te verbeter.

iStock/FatCamera

Lees ook: Swem is uitstekende oefening

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

3 Wat van ’n wyntjie?

Nie alle wetenskaplikes stem saam nie, maar uit sommige studies het dit geblyk dat negentigjariges wat matig alkohol gebruik, langer as geheelonthouers leef. Dieselfde geld koffie.

Dr. Claudia Kawas, ’n professor in neurologie, het die 90+Study gelei wat onder 1 800 negentigjariges gedoen is. “Ek kan dit nie verduidelik nie, maar ek glo vas dat matige alkoholgebruik met langlewendheid verband hou,” het sy vroeg in 2018 by ’n bespreking van die voorlopige resultate van die studie gesê. Onthou, die klem val op matigheid.

#rrWenk: Doen dit: Matige alkoholgebruik kan ’n voordeel inhou. Dit beteken nie dat jy nou moet begin drink as jy nie tot dusver gedrink het nie.

iStock/AleksandarNakic

Lees ook: Wanneer is nog een glasie wyn te veel?

Vonkelwyn-en-bessie-lollies

4 Wees lui

Ons is ’n samelewing wat beswaarlik kan stilsit en niks doen nie. Kyk maar hoe die selfone uitkom om nuus, e-posse en boodskappe te lees wanneer mense niks het om te doen nie.

Kenners sê ons is altyd gefokus – selfs wanneer ons ontspan – en ons gee ons brein selde ’n kans om tot rus te kom. Deur gefokus te bly, put jy jou prefrontale korteks in jou brein uit en ly jou besluitneming daaronder, wat jou swak keuses kan laat maak.

Deur jou brein ’n blaaskans te gee, verhoog jy jou kreatiwiteit en kan jy beter planne maak om probleme op te los wat jou magteloos en gestres laat voel. Dis alles dinge wat jou gesondheid negatief kan beïnvloed.

#rrWenk: Doen dit: Gee jou brein ’n blaaskans en klim van die hamsterwieletjie af.

iStock/MundusImages

Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan

10 wenke teen stres wat werk

70 topwenke vir geluk

Wees nou gelukkig

5 Word kwaad

Sielkundiges sê lankal dat onderdrukte emosies sy tol op jou geestesgesondheid eis. Hierdie chroniese stres lei tot verhoogde vlakke van die streshormoon kortisol en verlaag vlakke van serotonien en dopamien, jou goedvoel-neurogeleiers, wat op die lang duur die risiko op depressie verhoog.

Maar daar is goeie en slegte maniere om kwaad te word. Voete stamp, gil en skree lyk dalk indrukwekkend, maar dit kan jou net meer ontstel – en ander vermaak as dit in die openbaar geskied.

Aristoteles het eeue gelede gesê dit is maklik om kwaad te word, maar dis ’n kuns om kwaad te word vir die regte mens, in die regte mate, op die regte tyd, om die regte rede, en op die regte manier.

#rrWenk: Doen dit: Voor jy volgende keer jou hartklop en bloeddruk gevaarlik opstoot deur dramaties kwaad te word (of dit met bitterheid onderdruk), dink oor die Griekse filosoof se wyse woorde en doen dit anders.

iStock/struvictory

Lees ook: Kry stres jou onder?

6 Denkpatrone om voor versigtig te wees

Sit stres op sy plek!

Die gevaar van stres

6 Jy is so oud soos jy voel

Die sielkundige Ellen Langer het in 1979 ’n groep van agt mans in hul sewentigerjare vir ’n week na 1959 terugverplaas. Die studie is in ’n klooster gedoen waar die hele omgewing verander is met meubels uit dié era. Dit het televisies en radio’s ingesluit wat programme en musiek van twintig jaar tevore gespeel het. Daar was geen spieëls nie en hulle mag nie oor dinge gesels het wat ná 1959 gebeur het nie. Die mans is ook behandel asof hulle jonk is en geen hulp is aangebied om hul tasse te dra nie. Maak ’n plan, het dr. Langer gesê, al moet jy jou klere stuk vir stuk na jou kamer dra. Kort voor lank het die mans hul eie keuses begin maak en ook hul eie kos gemaak. Ná ’n week het van hulle se gehoor en oë verbeter, dié wat nie hul tasse kon indra nie, kon dit uitdra, en van hulle het sonder hul kieries geloop. Hulle het ook beter in byna elke fisieke en kognitiewe toets gevaar.

#rrWenk: Doen dit:

Moenie jouself oud dink en oorgee nie.

Sosialiseer ook met jonger mense.

Durf nuwe dinge aan en vergeet van jou ouderdom.

iStock/shapecharge

Lees ook: Te oud vir oefening? Dink weer!

Oefen jouself jonger

The post 6 Maniere om langer en lekkerder te lewe appeared first on rooi rose.

Dr Adé Maré gee glimlagte terug
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Gerduan Kemp

Dr Adé Maré maak reg wat in jou mond verkeerd is sodat jou hart óók kan lag. Eintlik is sy ŉ spesialis in die selfvertroue-besigheid, want as jou tande eers onder haar hande deurgeloop het, kyk jy weer die wêreld vierkantig in die oë!

Mooi postuur. Lang, donker hare. Blas vel. Viets. En natuurlik ŉ sneeu-maar-warm-glimlag. Duskant 50 lyk dr Adé Maré tevrede en in beheer. Sy ís, want sy doen waarvoor sy gemaak is, en sy doen dit bitter goed! As plaasmeisie wat kaalvoet tussen die beeste skool toe geloop het, het sy en haar twee sussies geduik, grotgekruip, geabseil, perd gery, motorfiets gery … Hulle was besig! Met ŉ radiografis-ma en ŉ ortopediese chirurg-pa, is hospitaalgange en spreekkamers nie vir haar vreemd nie. Tog het sy gegril toe die loopbaanvoorligter vir haar vertel het sy moet tandheelkunde studeer. Sy wou veel eerder drama studeer en op die verhoog wees. Min het sy geweet dat “ligte, kamera, aksie!” net in ŉ effense ander formaat wél haar loopbaan sou word. Vyf en ŉ half jaar later het sy in 1999 as tandarts by Maties gekwalifiseer; in daardie stadium een van min vroue in dié bedryf.

“Ná my studies het ek twee jaar in Engeland as tandarts gaan werk en uitstekende ondervinding opgedoen, maar dit was nie vir my interessant nie. Terug in Suid-Afrika het ek by die technikon vir ŉ kursus ingeskryf om juweliersware te maak. Net voor ek met die kursus sou begin, het my ma my ŉ koerantuitknipsel gewys. Dit was ŉ advertensie vir ŉ tandarts by ŉ kosmetiese praktyk waar ek toe ŉ ruk lank gewerk het.”

Daarna het sy in 2011 besluit om haar eie praktyk met gerekenariseerde gereedskap te begin waar sy in een afspraak sommer nét daar by haar spreekkamers krone en gefineerde porseleintande met behulp van gespesialiseerde toerusting van die jongste tegnologie kan ontwerp en maak. “Dit was ŉ groot kans wat ek gewaag het, en ek moes geld daarvoor leen. Dit het met een pasiënt begin, toe twee pasiënte, en toe drie, en daarna het ek nog nooit weer teruggekyk nie.”

Adé se praktykfamilie vir die afgelope 13 jaar wie se lof sy besing, is Welmien (assistent), René (mondhigiënis), en Florence (sterilisasies en die een wat gewoonlik ŉ gebedjie opsê sodra besigheid stiller begin raak). “Ons maak saam planne en raak saam opgewonde oor die resultate. Die sukses van die praktyk hang in ŉ groot mate van hulle ook af. Elkeen se inset is goud werd en ek vertrou hulle ten volle.” Die praktyk spesialiseer in volledige mondrehabilitasies en kosmetiese tandheelkunde. “Ons maak skewe en afgeknersde tande mooi, maak jou tande weer mooi wit, en help enigeen wat ongelukkig is met sy glimlag.”

Die feit dat ŉ rekenaar die tande maak, beteken nie dat dit net ŉ vinnige een-soort-pas-almal is nie. Elke pasiënt se unieke persoonlikheid, gelaatskleur, ouderdom en geslag word in ag geneem. Adé luister fyn na die pasiënt se verwagtinge en sal dan ŉ professionele aanbeveling maak. “Ekstroverte en blonde pasiënte se tande sal waarskynlik witter wees, maar introverte en ouer mense sal weer ŉ ander skakering tand kry. Manlike pasiënte se tande is gewoonlik meer vierkantig waar vroue se tande oor die algemeen ŉ ronder vorm het.” Die voordeel van gerekenariseerde tandheelkunde is dat elke tand pasgemaak word vir die spesifieke mens wie sŉ dit is.

Afhangende van die hoeveelheid werk wat gedoen word, kan ŉ pasiënt in sommige gevalle soms van 08:00 tot 15:00 by die praktyk deurbring. H oewel dit ŉ lang dag is, is dit geen straf nie. “Jy lê darem glad nie die hele tyd met jou mond oop nie! Ons gee kort-kort ŉ ruskansie en selfs iets om te eet en drink, gee ŉ kombersie en speel musiek om dit so gemaklik en aangenaam moontlik vir die pasiënt te maak.” Die effense spanning waarmee die pasiënt in die oggend daar ingestap het, is totaal iets van die verlede wanneer hy of sy later die dag met ŉ splinternuwe en perfekte glimlag uitstap.

Lees jy op haar webwerf en sosialemediaplatforms hoe pasiënte wêreldwyd met dankbaarheid haar werk en kundigheid prys en aanbeveel, weet jy dat Adé iets van tandheelkunde verstaan wat veel dieper as net ŉ entjie verby die lippe strek. “Ek kom werk toe om te kom lekkerkry. Dit voed my siel. My pa se raad aan my jare gelede bly vandag steeds my motto. Behandel iemand soos wat jy jouself of jou geliefdes sou behandel. Dit is dan wanneer jy dit uit liefde doen en weet dat dit die beste behandelingsplan vir daardie persoon is.” Die beste plan is wel nie altyd die goedkoopste nie. “Ek soek nie net ŉ vinnige, tydelike oplossing vir ŉ probleem nie. Dit moet ŉ oplossing wees wat jou op die lange duur die beste uitwerk.”

Mense wat doodbang is vir ŉ tandarts is nie vir Adé ŉ probleem nie. “Wanneer jy deurentyd duidelik kommunikeer wat die persoon kan verwag en sy of haar vrese dan net met ŉ bietjie ekstra deernis hanteer, is die stryd halfpad gewonne. Ek gesels die hele tyd en verduidelik presies wat die pasiënt kan verwag. Dit maak die onsekerheid soveel minder. ‘Ek gaan nou jou tand voorberei. Ek gaan nou jou tand sementeer. Jy gaan voel ek werk aan jou, maar dit sal nie seer wees nie.’”

Sy beskou die oomblik wanneer ŉ pasiënt senuagtig na die spieël loop en dan ŉ rukkie lank in ongeloof en verwondering na hom/haarself staar as die hoogtepunt van haar werk. “Die trane, die drukkies, die drome wat waar word. Dit is die grootste voorreg om mense te help om weer hul selfvertroue te kan terugkry. Dit voel soms nie eens na werk nie.”

Tegnologie speel ŉ groot rol in die doeltreffendheid van ŉ praktyk wat op gerekenariseerde prosesse staatmaak. “Ons moet omtrent elke vyf jaar ons hardeware opgradeer wat ŉ enorme kapitale uitgawe is, maar ons kan bloot nie bekostig om met tegnologie agter te raak nie. Sodra jy sien hoe dit die produk wat jy lewer beïnvloed en verbeter, besef jy dat elke sent daarvan absoluut die geld werd is. Om nié te verander nie, sal jou praktyk doodmaak. Dis regtig lekker om saam met die tegnologie te groei.”

Behalwe vir finansiële uitdagings wanneer jy ŉ praktyk begin, is daar ook die uitdaging om in jouself te glo. Adé se raad aan mense wat van ŉ eie praktyk droom, is op die man af. “Begin net om dit te doen, vat ŉ kans en gló dat jy kan. Moenie stagneer nie en onthou altyd dat jy met mense werk; hanteer hulle met deernis.”

Adé droom van nog ŉ praktyk in Ballito. Met haar lewensleuse “Daar is nooit so ŉ goeie tyd soos nou nie”, is die vraag nie óf dit gaan gebeur nie, maar wanneer! Sy het vanjaar reeds aan haar sesde vol Ystermankompetisie deelgeneem en doen twee of drie keer per week Brasiliaanse jiu-jitsu (met ŉ blou belt!). “Ek geniet dit vreeslik baie omdat dit iets is wat jy nooit kan wen nie en dit die sport baie uitdagend hou.” Sy is kompeterend en staan haar man in die sakewêreld én in die sportwêreld, en draf boonop sommer vir die lekker 18 putjies op die gholfbaan kaf. Nog ŉ groot liefde wat hierdie talentvolle en veelsydige vrou het, is die vryheid wat haar ysterperd aan haar gee wanneer sy die wind op haar lyf voel.

Te midde van haar voorwaarts-mars-lewe, sien sy haar heel belangrikste rol as dié van ma vir haar twee tieners, 16 en 15 onderskeidelik. “Hulle is wonderlike kinders en laat my lag. My seun gooi my sommer soos ŉ sak mielies oor sy skouer!” Hulle maak haar moederhart sag, en net soos haar liefde vir kuns en verf, kleur hulle haar lewe in. “Dis vir ons ŉ vreeslike groot voorreg om gesond te wees en saam die mooi van die lewe te kan raaksien en geniet.”

Met elke tand wat sy skep, gee sy ŉ ietsie van haarself. Die manier hoe haar werk haar tone van vreugde laat krul, is bewys genoeg dat sy ŉ baie unieke verskil in die wêreld van tandheelkunde maak. Glimlag en die wêreld glimlag saam met jou, en as jy dit nie regkry nie sal Adé dit ŉ werklikheid maak, want dis haar roeping en passie om mense weer te laat lag tót hul oë daarvan skitter.

Louis Mclaren, uitvoerende vervaardiger

Kyk saam met ons:

rooi rose en ontbytSAKE op kykNET en kykNET&kie (kanale 144 en 145) fokus op ’n reeks – vrouesake.

Kyk Saterdae om 07:30 met sewe herhalings in die week.

Vir meer inligting, besoek gerus Ontbytsake se webtuiste.

Lees ook: Greteli de Swardt ‘Jubel’ oor tweede kind se koms

The post Dr Adé Maré gee glimlagte terug appeared first on rooi rose.

5 maniere om jou dag reg te begin
5 maniere om jou dag reg te begin deur Anet Schoeman

Hier is 5 maniere om jou dag reg te begin

Begin die dag reg …

Lees ook: 30 maklike dinge wat jy nou kan doen om jou lewe te verbeter

1. Gaan stap

Die helder lig affekteer jou sirkadiese ritme en laat jou op en wakker voel.

Lees ook: 4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees

2. Drink water

Drink ’n groot glas water wanneer jy opstaan om vir waterverlies deur die nag te vergoed. As jy optimaal gehidreer is, voel jou brein skerp en jy meer energiek.

5 maniere om jou dag reg te begin

Lees ook: Ons slim waterdrinklysie

3. Lees

Gun jou soggens ’n bietjie tyd om iets inspirerends te lees. Dalk is dit net daardie ekstra vyf minute wat jou meer geduld en empatie gaan gee.

Lees ook: 6 maniere om langer en lekkerder te lewe

4. Tel jou seëninge

Mense wat elke dag drie dinge uitlig wat daardie dag goed verloop het, het ná ’n week minder depressief gevoel. Maak soggens ’n paar minute tyd om na te dink oor die vorige dag, identifiseer wat goed verloop het en hoekom.

5 maniere om jou dag reg te begin

Lees ook: Ly jy ook aan nostalgie?

5. Eet jou rape eerste

Doen soggens een klein takie wat jy verpes sodat jy saans met die instap goed voel daaroor. Maak die kombuis skoon, pak die wasgoed weg …

Lees ook: Sê dit net: Leer hoe om nee te sê

Bonuspunt

Mense met meer sosiale kontak leef langer. Praat met jou geliefdes, huismaat of troeteldier, of bel iemand sodat jy nie vereensaam nie.

Lees ook: Leef stadiger, leef méér

The post 5 maniere om jou dag reg te begin appeared first on rooi rose.

4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees
4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees deur Mariette Snyman. Hooffoto: Unsplash

1 Fokus op vreugde

Identifiseer drie dinge waarvan jy regtig hou, soos lees, skryf en kuier met vriende. Kyk waar jy elkeen in jou weeklikse skedule kan inpas.

Om gereeld tyd aan goedvoel-aktiwiteite te bestee kan jou lewensgehalte ’n stewige hupstoot gee.

iStock/ferrantraite

2 Skakel die “tuimeldroër” af

As ’n sekere situasie voortdurend in jou kop bly draai, kan jy ’n besluit neem om dit te laat gaan. Raak bewus van die onderliggende emosies, praat met iemand wat jy kan vertrou, doen wat jy kan, en roep halt wanneer jy agterkom jy tob al weer daaroor.

iStock/Tamara Dragovic

3 Doen dit net!

Is daar iets wat jy uitstel, soos ’n hartsgedagte wat jy met ’n geliefde wil deel, of ’n vraag wat jy jou werkgewer wil vra? Die perfekte oomblik gaan nooit opdaag nie. Gee ’n geloofsprong en doen dit nóú.

iStock/Bastian Weltjen

4 Volg jou binnestem

Onsekerheid kan jou terughou. Vertrou jouself, word stil en luister na jou innerlike wysheid, en glo dat jy die regte stap sal doen.

iStock/santypan

Bron: mindmovies.com

Lees ook: Leer hoe om selfgeldend te wees

The post 4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees appeared first on rooi rose.

Leef stadiger, leef meer
Leef stadiger, leef meer deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Marek Rucinski vir Unsplash

Die probleem met die daaglikse rat race, skryf iemand op die Slow Movement-webwerf, is dat jy steeds net ’n rot is as jy wen. Ons is vasgevang in ’n eindelose gejaag na meer en beter. Ons word daagliks gebreinspoel dat ons meer en beter verdien, en daarom koop ons meer en beter, wat veroorsaak dat ons harder moet werk om vir alles te betaal.

Maar jy, as vrou en ma, wéét dat al die gejaag uiteindelik nie lei tot meer en beter nie, maar tot minder en slegter: minder tyd, slegter gesondheid, slegter verhoudings, minder gelukkige huwelike en gesinne. Al wat vermeerder, is stres en skuld.

Lees ook: 30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

Hoekom afskaal?

Ons vroue werk deesdae dikwels meer ure vir ’n tweede inkomste as wat ons pa’s as broodwinners in die jare vyftig gewerk het.

Boonop het ons die slawe geword van die tegnologie wat alles eintlik vir ons moes kom vergemaklik. Ons voel skuldig as ons nie ons selfone antwoord nie. (Of, hemele behoed, dit afskakel.) Ons ander slawedrywer is ons rekenaar se e-posbus.

Die tyd waarin ons leef sê tyd = geld. Ons wil nie ’n sekonde mors nie en jaag ons sat tussen werk, kinders en huis. Die gevolg? Stres. En al meer stresverwante siektes soos diabetes en kanker. En meer ongelukke, selfmoorde en ’n groter finansiële las op ons mediese fondse.

Lees ook: Stres, ek kan nie meer nie!

Ons hier by rooi rose het besluit genoeg is genoeg. Ons sê jy mág soms niks doen nie sonder om skuldig te voel. En jy móét meer tyd maak vir ontspan en oefen en lekker eet en heerlik kuier.

Lééf ’n slag: proe weer wat jy eet, ruik die blomme, hoor die voëls, ruik die reën!

Maak die konneksie

Jy’s nie al een wat moeg is vir die rotren nie – bewegings (eintlik denkrigtings) soos die Slow Food Movement, die Slow Living Movement en Take Back Your Time raak al hoe gewilder.

As ons eerlik sou wees, sal ons almal erken dat ons ’n behoefte het aan ’n groter konneksie met dinge om ons. Ons kommunikeer met SMS’e en oor WhatsApp, wat beteken dat ons dikwels nie eers ons vriende en geliefdes se stem hoor nie. Ons stuur onpersoonlike e-posse. Wie onthou nog die vreugde van ’n brief in jou posbus? Die reuk van papier en dalk parfuum as jy dit oopvou? Ons het ook kontak verloor met ons hartsplekke en met ons kos. Eerder as om op ’n Sondag iewers heen te ry vir ’n piekniek, gaan ons vir ‘n passiewe, virtuele reis voor die TV.

Lees ook: Somertyd is piekniektyd

Kenners sê dit alles veroorsaak dat ons kontak verloor met ons tradisies en kultuur, iets wat ons gemeenskappe en moraliteit verswak omdat ons nie meer tyd het vir betrokkenheid by ’n kerk of liefdadigheidswerk nie.

Leef só rustiger

Maak nóú die kopskuif, en jy sal vinnig besef dat rustiger leef jou eintlik meer laat leef as ooit tevore. Leef ’n slag bewustelik.

Kry ’n nuwe motto. “Multitasking is a moral weakness” lees ek op skertsende “Beginners Guide to Slowing Down” op die Internet. En ek stem ook heelhartig saam met die volgende aanhaling uit dieselfde gids: “As ’n ding die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om stadig te doen. As jy dit nie stadig kan doen nie, is dit nie die moeite werd om te doen nie.”

Gooi weg jou horlosie! Hoe meer jy die horlosie dophou, hoe meer gespanne raak jy en hoe meer wil jy in jou dag inprop.

Maak ’n tuin. Ruik ’n slag nat grond, voel die modder onder jou vingers. Plant groente en kruie vir jou eie gebruik en proe die verskil.

Bak jou eie brood. En gebruik gerus ’n broodmasjien om jou lewe makliker te maak.

Eet by ’n mooi gedekte tafel en maak etenstye kuiertye.

Skakel af die TV, selfoon en rekenaar! Tegnologie moet jou lewe makliker maak, nie meer druk meebring nie.

Skryf ’n outydse brief op regte papier.

Kry jou prioriteite reg. Wat gaan jy op jou sterfbed onthou? Die vergadering, of jou kind se teleurstelling omdat jy sy rugbywedstryd gemis het?

Werk korter ure. Ons het self ’n monster-ekonomie geskep wat dikteer dat ons al hoe langer werk om te betaal vir ’n nuwe motor elke drie jaar en ’n nuwe huis elke dekade. Koop minder, dan sal jy minder geld nodig hê en minder hoef te werk, wat meer tyd vir leef beteken.

As jy kan, onderhandel om van die huis af te werk of fleksie-ure te werk sodat jy nie ure in die verkeer hoef te sit nie. Bestee die tyd wat jy wen op lééf.

Leer om nee te sê en take te delegeer.

Maak tyd vir ’n daaglikse teedrink-ritueel. Gooi weg die kitskoffie, koop ’n teepot en dek vir jouself ’n mooi teeskinkbord.

Neem jou etenstyd by die werk, en gebruik dit om te stap, vir 20 minute te slaap of na rustige musiek te luister met jou oë toe.

Onthou, die vakansie begin met die reis. Hou stil by besienswaardighede langs die pad en slaap iewers oor eerder as om oral heen te jaag.

Lees ’n boek. Dit bring jou stresvlakke af, verhoog jou kreatiwiteit en sorg vir meer vermaak as om passief te sit en TV kyk.

Haal 10 keer elke uur lekker diep asem. Jy sal meer suurstof in jou bloed kry en meer ontspanne en energiek voel.

Sorg vir een dag per week waarop jy niks móét doen nie.

Maak tyd vir ontspannende stokperdjies of sport. Joga, skilder, swem, stap, pottebakkery, tuinmaak, lees of brei is alles baie ontspannend.

Bad of stort elke aand by kerslig met mooi musiek.

Lees ook:

Hoe om nou jou skoonheidskassie reg te pak, en wat om weg te gooi

10 dinge om nou te doen om jou klerekas reg te ruk

“Declutter” jou huis – en sommer jou lewe

Luiheid kan jou goed doen!

Die lekkerste blokraaisels wat jy nou moet aflaai

Dis hoekom jou kind meer tyd moet kry om te speel

10 eienskappe waaroor alle entrepreneurs moet beskik

The post Leef stadiger, leef meer appeared first on rooi rose.

Luiheid kan jou goed doen!
Luiheid kan jou goed doen! Deur Anet Schoeman. Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels

Luiheid kan jou goed doen!

“Ledigheid is die duiwel se oorkussing,” het ons as kinders gehoor wanneer ons leeglê. Dit was goed en deugdelik wanneer jy altyd besig was. En in ’n samelewing waar jy op enige tyd en enige plek kan werk, is dit presies wat ons doen. Werk, werk, werk …

Maar neurowetenskaplikes sê ons het ’n kalm brein vir blink planne en sukses nodig. En dat die aha-oomblikke juis soms, soos Newton en die appel, sommer net op ons neerplof. (Newton het ná ete in die tuin onder ’n boom gaan sit en ingedagte sy tee gedrink toe die appel val en hy swaartekrag “ontdek”.)

Ons is verslaaf aan besig wees

“Ons raak verslaaf aan besig wees,” sê dr. Colleen Lightbody, ’n neurowetenskaplike en lewensafrigter by Brainwise in Sandton. “Dis ’n statussimbool om altyd besig te wees. Dit laat ons belangrik voel. Maar om heeltyd besig te wees kan ook ’n verlammende uitwerking hê – jy skram weg daarvan om dinge te konfronteer en te verwerk.

“Wanneer ons ’n taak afhandel, is daar ’n gevoel van voldoening, soos wanneer jy jou laaste e-pos afmerk. Daarom vermy ons niksdoen, want ons voel minder produktief. Maar soms bly ons bloot besig om besig te bly, maar voeg nie werklik waarde toe nie. Die brein stel dopamien vry wanneer ons iets vermag en dit laat ons goed voel. Later raak ons verslaaf aan die goedvoel eerder as werklike resultate.

“Dis dieselfde beginsel waarmee casino’s mense by die gleufmasjiene laat vassteek. Die ligte, klokkies wat lui en afwagting, laat mense ure voor hierdie masjiene staan in die hoop om weer iets te wen. Dieselfde beginsel dryf mense by die kantoor, maar later knak hulle onder spanning en werksdruk.”

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Jou brein is afgeskakel

“Ons raak afhanklik van dinge wat ons plesier verskaf,” sê dr. Lightbody. Ons raak gewoond aan die gevoel en dan moet ons méér doen om dieselfde behaaglikheid te ervaar. Dis helaas, ’n wanpersepsie, want ons doen dalk meer, maar ons vermag nie meer nie. Wat dit verder niksseggend maak, is dat ons brein se outomatiese verstelling is om dinge so gemaklik moontlik te hou – dus om nie te dink nie. Só bly ons vreeslik besig, maar ons brein is nie werklik op ’n diep vlak aangeskakel nie.

In jou beroep kan jy dit vergelyk met water trap: jy is vreeslik besig, maar jy gaan nie vorentoe nie. As jy tyd maak om te dínk wat jy werklik wil hê, gaan jy doeltreffender werk en beter gehalte lewer.

Dr. Lightbody sê jou brein word net soos ’n spier sterker as hy gereeld oefening kry. Die prefrontale korteks is die sentrum in die brein wat jy gebruik vir strategiese denke, besluitneming en wysheid. As jy jou brein op ’n sinvolle manier inspan vir kreatiewe denke, raak dit gewoond om só te funksioneer. Maar gebruik jy jou brein op sy outomatiese verstelling is dít die verstelling wat jy versterk.

‘Dis ’n teenwoordigheid in die oomblik waarin jou gemoed oop is en nie besig is met ander gedagtes nie’ – dr. Colleen Lightbody.

Wees “slim” lui

Om werklik bewustelik niks te doen nie, is iets heel anders as ’n loodswaaiery. As jy bewustelik in die tuin sit, is jy bewus van die son op jou vel, die blare wat ritsel, die geur van die blomme en die nat aarde ná die reën. Nou word dit ’n ryk ervaring waar jy ander sentrums in jou brein gebruik. As jy bewustelik met ’n kind stap, is jy bewus van die warm handjie in joune en die stadige pas. “Dis ’n teenwoordigheid in die oomblik waarin jou gemoed oop is en nie besig is met ander gedagtes nie,” sê dr. Lightbody.

Dit verskil heeltemal van “bewusteloos” voor die televisie sit. Die idee is om jou brein ’n blaaskans te gee, maar as jy dit op die regte manier doen, kan jy tot nuwe insigte kom sonder dat jy hoef te probeer.

Chris Bailey, skrywer van Hyperfocus: How to be more productive in a world of distraction, skryf dat ons veel kreatiewer is wanneer ons ons fokus verloor en net in die oomblik leef. Hy sê fokus is nodig om jou werk gedoen te kry, maar kreatiewe idees kom gewoonlik wanneer jy iets anders doen, soos in die stort staan, ’n boek lees, op die strand lê, of jou oggendkoffie drink. Wanneer jou brein ontspanne is, kan jy oplossings kry en planne maak.

Bailey glo jy kan blinker planne maak as jy ’n keer tot stilstand kom. Dan kan jou brein deur die warboel gedagtes sif en soms ’n verband trek tussen iets wat jy die drie weke gelede gelees het en ’n probleem wat jy op die oomblik het. As jy gedurig neus teen die grond vorentoe beur, is daar nooit tyd vir hierdie waardevolle nadenke nie.

Michael Lewis, ’n New York Times-topverkoperskrywer (Moneyball, The Big Short), erken in ’n onderhoud dat hy sy “luiheid” as ’n filter gebruik om seker te maak hy belê net tyd in projekte wat werklik die moeite werd is. Hy vertel dat hy in New Orleans grootgeword het waar niemand veel doen nie. “As jy heeltyd besig is om besig te wees het jy nooit tyd en ruimte om op die uitkyk te wees na besonderse projekte nie.”

Die Universiteit van Kalifornië het bevind dat mense wat in die gewoonte kom om hul gedagtes te laat dwaal, oorwegend oor die toekoms dink, wat hulle help om duideliker doelwitte te hê en ook makliker oplossings vir huidige probleme te kry.

Dus, ledigheid is ’n bate as jy slim daarmee woeker.

Lees ook: Verwerk jou pyn

Leef bewustelik

“Daar is 86 400 sekondes in ’n dag en die meeste van ons laat dit in ’n waas by ons verbysnel. Deur doelbewus bewustelik te leef, raak jy betrokke by wie en wat jy is, eerder as om in ’n dwaal te lewe. Dit stel ons ook in staat om teenwoordig te wees in elke ervaring en by elke mens wat ons ontmoet.” – Dr. Colleen Lightbody.

Wenke om slim lui te wees

Dr. Colleen Lightbody sê sy het reëls vir haarself om seker te maak sy skakel wel af. Probeer dit

Skakel jou rekenaar saans ná sewe af. Toets jouself en kyk of jy werklik produktief is wanneer jy saans werk. Soms is dit meer om jou gewete te sus dat jy daar sit.

Bly saans weg van Facebook en ander sosiale media. Dit kan jou maklik negatief laat voel.

Gaan draf sonder jou horlosie of musiek. Wees bewus van geure, die son, wind. So vergeet jy van die gewoel en gewerskaf van die dag en kan ’n oplossing of kreatiewe gedagte uit die bloute by jou opkom.

As jy fietsry, maak tyd om ordentlike gesprekke met jou vriende te voer. Stel werklik belang.

Hou op om dinge outomaties te doen. Kyk nuut na jou lewe, jou sport, werk, gesin, gesondheid … En herinner jou telkens aan wat werklik belangrik is.

Skakel af voor jy saans gaan slaap. Geen skermtyd voor slapenstyd nie. Lees ’n boek om jou gedagtes rustig te kry. So raak jy ontslae van die stres van die dag wat jou nagrus kan benadeel.

– Dr. Colleen Lightbody: brainwise.co.za

Lees ook: Is geluk geneties?

The post Luiheid kan jou goed doen! appeared first on rooi rose.

Verwerk jou pyn
Verwerk jou pyn deur Corné Coetzee. Hooffoto: Ben White vir Unsplash

Pyn is deel van die lewe. Hoe versigtig, ordentlik en verstandig ’n mens ook al leef, of jy nooit ’n vlieg skade doen nie en of jy ’n gemene streep het, die een of ander tyd kom verdriet oor jou pad.

Iemand wat jy liefgehad het, sterf. ’n Verhouding verbrokkel, ’n huis met kosbare herinneringe moet verkoop word, jy word op ’n dag ’n afskeidspakket in die hand gestop (of nie) en jy moet hoor: “Ons het jou nie meer nodig nie.”

Om te reageer, om ongelukkig, bitter, wrokkig, verneder of verslae te voel wanneer jou lewe omvergewerp wordé, is bloot menslik. Dis wanneer hierdie gevoelens jou oorheers, deel word van wie jy is, dat dit tyd is om te laat gaan.

Lees ook: Jy kán herstel van trauma

“Vriende en familie sê dikwels vir iemand wat lyk asof hulle te lank treur of ’n wrok koester, ‘Laat gaan net,’ asof dit so eenvoudig is,” sê Liz Barrow, kliniese sielkundige van Johannesburg. “Dit is nie.”

Daar is ook nie ’n resep wat sal waarborg dat jy ’n emosionele las kan afskud asof dit soveel ekstra kilogramme is nie, sê Izan Hartman, ook ‘n kliniese sielkundige in Johannesburg.

“Dis ’n proses wat vir elkeen anders verloop. Bowendien is daar ’n belangrike geestelike of spirituele komponent by begrippe soos ‘laat gaan’, ‘berus jou daarby’, of ‘aanvaar dit’.”

Baie mense wat reeds begin het met hul eie laat gaan-proses spreek sielkundiges omdat hulle vashaak daarmee, of sukkel om die proses te voltooi. Die feit dat hulle hulp soek, wys dat hulle bereid is om met die proses te begin.

Om iets te laat gaan, impliseer dat ’n mens dit eers vasgehou het,” sê sy. “Dis amper ’n cliché om vir mense te sê: ‘Pyn het nie ’n ompad nie. Jy moet daar deur.’ Ongelukkig is dit waar. Jy moet erkenning gee aan jou hartseer.

Lees ook: Kan TRE help om trauma te verwerk?

“Die algemeenste reaksie van mense wat baie hartseer ervaar, is om te vinnig te wil laat gaan. Dit kan baie lank neem, selfs jare, om deur die pyn te werk. Ander hou weer te lank vas – gewoonlik weens onopgeloste kwessies wat in die verlede begrawe lê. Dis gewoonlik in albei gevalle ’n kwessie van nie ten volle erkenning aan die pyn gee nie.”

Want om erkenning te gee aan pyn kan ou wonde oopkrap. In dié proses is dit eerder swere wat ontbloot moet word. Die pyn is gewoonlik ’n teken dat daar ander seerkry is wat nooit behoorlik genees het nie. Ons almal ken mense wat ná die een of ander groot terugslag, soos ’n egskeiding, herstel en met wysheid en insig ’n nuwe begin kon maak en weer gelukkig is. Ander word byna daardeur verpletter.

Izan sê in sulke gevalle het mense dikwels ’n probleem om hulself te herdefineer wanneer ’n groot omwenteling plaasgevind het. As jy voor die egskeiding “Jan se vrou” was en dit nou nie meer is nie, kan dit moeilik wees om jouself as ’t ware te herwaardeer. Soms is daar ou emosionele bagasie wat jou verhinder om te glo dat jy iets anders – en dalk iets beter – as “Jan se vrou” kan wees.

’n Vertroueling, sielkundige of ander terapeut kan jou help om na seerkry in die verlede te kyk, daaraan erkenning te gee en daardie ou pyn vir ’n ruk lank “vas te hou”, insig daarin te kry en dan te laat gaan.

Maar dit kan ondraaglik wees om jou seer oor ’n onreg van lank gelede nóg nader te bring. Dit verg moed om jou pyn in die oë te kyk. En soms voel dit asof jy daardie kyk nie kan verduur nie.

Dis dan wanneer baie mense hul emosionele pyn onderdruk deur hulle te verdoof of af te stomp. Hulle prop die ure vol met besig wees, begin dalk so gou moontlik ’n nuwe verhouding – hoe opper-vlakkiger, hoe beter – werk, jaag, rook, drink, of wat ook al, soos ’n besetene. Soms ontken mense bloot dat iets fout is en gaan soos gewoonlik voort. Alles om die pyn op ’n afstand te hou.

Oriah Mountain Dreamer skryf só in haar boek The Invitation: “Ons moet baie vinnig hardloop as ons een stap voor hierdie pyn wil bly. Uitgeput, probeer ons dit begrawe … Ons is ’n baie krea-tiewe spesie … ons kan so te sê enigiets gebruik om onsself mee te verdoof. Maar deur dit te doen, word ons ervaring van vreugde ook geblokkeer. (…) Wanneer ons verdoof is, word dit moeilik om die wysheid te kry wat ons in ons lewe en die wêreld nodig het.”

Dis ook wanneer mense vermydingsgedrag toon dat die pyn op ander maniere manifesteer, soos ’n siektetoestand, langtermyn-depressie of bitterheid wat ‘n hele lewensuitkyk beïnvloed, sê Izan.

“’n Wond wat nie ten volle gevoel is nie, vreet van binne af,” stel Mountain Dreamer dit.

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

Liz glo aan die Boeddhistiese beginsel of fundamentele waarheid wat bloot lui: “Pyn bestaan.”

As ’n mens aanvaar dat pyn deel is van menswees, ook jou eie menswees, kan jy jou pyn begin aanvaar. Maar dit kan voel asof emosionele pyn jou gaan oorweldig, sou jy dit erken. Daarom breek Liz hierdie aanvaardingsproses af in stappe:

“Kom tot stilstand,” sê sy. Gee ’n naam aan jou gevoel: “ek het pyn” of “ek is diep hartseer” of “ek is bitterlik kwaad”.

Die tweede stap noem sy kalmering. Hou jou emosie vas asof dit ’n baba is, sonder om dit te veroordeel. “Dis in orde om só te voel.” Hou jouself vas soos wat jy ’n ongelukkige kind of ’n dierbare vriendin sou vashou.

Sommige mense voel dat hulle hul smart “verdien” – dis wanneer daar selfverwyt by is, of ’n diepe gevoel van minderwaardigheid. Selfs mense wat gewoonlik baie empatie met ander het, kan baie hard op hulself wees. “Ek was onnosel! Dis my eie skuld! Hierdie gehuilery moet nou end kry! Ruk jouself reg!”

Lees ook: Jy kan geluk skep

Dit kan help as jy dié deel van jou wat hartseer is, as ’n vriendin sien. Wat sy nodig het, is erkenning dat sy seergekry het en vertroosting, nie verwyte en skelwoorde nie.

“Moenie jou veroordeel as jy hierdie paaie (deur smart) bewandel nie. Behandel jou met eerbied en liefde, soos een wat deur ’n donker vallei gaan,” skryf Helen Jaeger in Paths through grief.

Derdens, sê Liz, moet jy diep kyk en probeer insig kry in jou gevoel. Waar kom dit vandaan? Wat is al die komponente daarvan? Wanneer het jy ook so gevoel?

Sy noem ’n verdere stap wat ’n mens in ag moet neem terwyl jy jou eie emosies erken, ten volle beleef en begryp of probeer begryp: rus. Dis algemeen bekend dat skok of smart ook ’n fisieke uitwerking op die liggaam het. Dis fisiek uitputtend en dit benadeel die immuunstelsel.

“Gee erkenning aan jou behoefte aan herstel, soos wanneer jy ná ’n ongeluk of ’n operasie ’n tyd van herstel nodig het. Somige mense wil by hul ma wees, of by ’n vertroude vriend. Ander wil alleen wees. Sommige mense slaap baie. Sommige mense het ’n terapeut nodig. Dink oor wat jy nodig het, en respekteer dit.”

Om te laat gaan is nie ’n taak wat jy begin, deurvoer en voltooi soos iets in jou dagboek se doenlysie nie. Dis ’n proses waardeur jy tientalle kere sal moet gaan, en sommige van die stappe selfs meer. Dit neem nie jou pyn weg nie. Maar dit kan jou help om te berus, om oomblikke en dan ure en dan rukke van aanvaarding te hê, om te laat gaan.

As ’n mens so oorweldig voel dat jy geen lig kan sien nie, as jy dae, weke aaneen voor die TV wil lê of jou met drank of dwelms wil bedwelm omdat jou pyn ondraaglik is, besef dan ten minste dat jy hulp nodig het, en vra daarvoor – ’n dokter, ’n predikant, ’n vriend. Dis onnodig om deur jou lyding vernietig te word.

Mountain Dreamer skryf só oor haar donkerste tye: “Wanneer alles waarop ons gereken het, weggeval het, is daar niks anders om te doen nie as om sonder hoop en geloof te wag. Hoe ons wag – of ons oop bly of toemaak – is die keuse wat ons moet maak, ’n keuse of ons gaan lewe of afwaarts na die dood spiraal. Om die lewe te kies, moet ons gewillig wees om te wag, oop vir die lewe en liefde, selfs wanneer oopmaak onmoontlik lyk en ons seker voel dat niemand en niks ons ooit weer sal vind nie.”

Sy voeg by: “Drie dinge in my lewe … onderskraag my: my gebruike van gebed en meditasie, my skryfwerk en die tyd wat ek in die natuur deurbring. Dit verryk my lewe in die tye wanneer ek hoop en geloof het en gee my ’n manier om die wag te verdra. Wat dit my gebruike maak, is dat ek dit gereeld doen, of ek lus het of nie.”

Ons kom met pyn en verlies die lewe binne, en met pyn en verlies sterf ons. Tussenin bestaan ons lewe uit verlies op verlies: van geborgenheid, van dit wat bekend was, van mense wat geliefd was.

Maar ons sien dit nie so nie. Ons dink bloot daaraan as lewe: nuwe dinge leer, nuwe plekke leer ken, nuwe vaardighede baasraak, wys word, ryper word. Die lewe staan nie stil nie, dit stroom altyd voort. Om te laat gaan, is eintlik om die lewe te omhels.

Lees ook: Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word

Wanneer daar nie tyd is vir hartseer nie

Kom ’n minuut of wat in jou dag tot stilstand en haal vier keer bewustelik en diep asem. Dink oor wat jy doen: “Ek asem in en uit”. Doen dit wanneer jy by ’n rooi robot staan, of vir die ketel wag om te kook, of wanneer jy voel die hartseer oorweldig jou.

Onthou om soms na bome te kyk, na die lig, na kleur, na jou kind se glimlag.

Let soms op na jou eie liggaam en word bewus van jou lyf waar jy sit: voel jou ledemate, hoe jy in die stoel pas, en of daar spanning in jou rug en nek is wat jy kan laat gaan.

Lees ook: Leef stadiger, leef meer

Waardeer jou sintuie. Wees bewus van wat jy kan sien, hoor, ruik, voel en proe. Soek ’n klippie uit en hou hom in jou sak – voel hom met jou vingers.

Skep vir jou geleenthede om in die natuur te kom, of dit ’n wandeling in die veld of die park is, ’n bedding omspit of ’n malva in ’n pot plant.

Word selfs net stil en met dagbreek en luister na die voëls. Sulke onderbrekings is so eenvoudig dat ’n mens dit maklik kan afmaak as sommer niks, maar is helend omdat dit die saad van ’n ander bewussyn saai. Dis die wonder van ten volle teenwoordig wees, sê Liz Barrows.

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Natuurlike terapie

Baie soorte natuurlike terapie kan help as dit vir jou moeilik is om ou emosionele wonde te genees. Homeopatie, byvoorbeeld, werk volgens dr. Radmila Razlog, hoof van die Departement Homeopatie aan die Universiteit Johannesburg, nie net op ’n fisieke vlak nie, maar bring ook veranderinge op emosionele vlak teweeg.

Homeopate vind dat mense wat aan ou griewe of seerkry vashou, dikwels ook migraine kry, of ’n waterwanbalans in hul liggame het wat tot toestande soos hardlywigheid kan lei. Met of sonder die hoofpyne of waterwanbalans word die remedie Nat. Mur. daarvoor voorgeskryf. Mense wat sukkel om verlies of trauma te verwerk, nie kan slaap nie, baie depressief is en dikwels wil huil, kry dikwels ook keelseer of mangelontsteking en probleme met menstruasie of menopouse. Die remedie vir sommige of al dié klagtes is Ignatia. Vir tientalle emosionele toestande bestaan daar ’n remedie wat die pasiënt help om weer ewewig tussen die fisieke, emosionele en geestelike komponente te bring.

Ander komplementerende soorte terapie soos akupunktuur, asook die “sagte” terapieë soos refleksologie, aromaterapie of reiki help ook om ’n wanbalans in liggaam, hart en gees te herstel.

Lees ook: 5 maklike dinge wat jy kan doen om nou gelukkiger te wees

Leeslys

Ray Giunta: Grief Recovery Workbook: helping you weather the storms of death, divorce and overwhelming disappointment. Integrity Publishers, 2002.

Helen Jaeger: ­Paths through Grief. Lion Hudson, 2006.

Elisabeth Kübler-Ross & David Kessler: On Grief and Grieving: finding meaning through five stages of loss. Scribler Publishers, 2005.

Mareta Maartens, samesteller: Die Trauma-reeks. Lapa, 2004 tot 2005.

Oriah Mountain Dreamer: The Invitation. Harper SanFrancisco, 2006.

Judith Viorst: Necessary Losses: the loves, illusions, dependencies and impossible expectations that all of us have to give up in order to grow. Ballantine Books, 1998.

Lees ook: Is geluk geneties?

The post Verwerk jou pyn appeared first on rooi rose.