inspired women | rooi rose

Inspired Women-blog: Ek gaan Mamma word!
Wat ’n wonderwerk. So begin die wonderlike transformasie van jou liggaam, jou menswees en jou prioriteite. Die opwinding omtrent die geslag en dan begin die beplanning vir die babakamer. Al die verwarring en oorweldigende gevoelens wanneer jy begin oplees oor die verskillende karstoeltjies, eetstoeltjies, bedjies en ander baba-benodighede. Wanneer jy vir die eerste keer Mamma word, wil jy behoorlik voorbereid wees, jy wil alles weet en alles hê. Niks gaan jou onkant vang nie. Jy lees elke bababoek en -tydskrif en jy kan uiteindelik amper slaag as ’n lektor in babakunde. So kom die dag nader wat julle gesinnetjie gaan uitbrei. Weer eens oorval emosies van vrees, onsekerheid, opgewondeheid en oorweldiging jou.

Daar lê die klein dingetjie, so hulpeloos, so pragtig, so perfek in jou arms. Die bondeltjie liefde is joune, vir altyd … Wag … Vir altyd? Skielik oorval ’n berg van emosies jou. Gaan ek goed genoeg wees? Hoe gaan ek hierdie dingetjie beskerm? Wat as ek nie weet wat om te doen nie?

Dan ontstaan ’n warboel van emosies in jou en onsekerheid saai sy sade in jou hart, maar die liefde en die band word egter elke sekonde sterker en sterker.

Die eerste paar dae hardloop jy op adrenalien om die klein mensie te voed, doeke te ruil en te laat slaap. So weer al die opgewondenheid af, die besoekers raak minder en man, Ma en skoonouers keer terug werk toe. Hier sit jy alleen met die pragtige mensie. Wat nou? Almal het gedeel in die opwinding en gaan nou weer aan met hul lewens asof niks gebeur het nie, maar wat van my? Ek wil graag gaan inkopies doen maar hoe stoot ek ’n supermark- én stootwaentjie? En as sy gevoed wil word, wat doen ek? Nee, dit klink heeltemal te uitdagend vir my! Los maar. Kom ek pak die kar en gaan vir ’n stappie langs die see. Wat om te pak? ’n Babasak, doeke, stootwaentjie, karstoeltjie, dummy, peselhappies, water, sonskerm, hoedjie, ekstra klere, boudroom, wipes, en vir myself? O gonna, ek moet nog stort maar hoe gemaak met die baba? Nee toemaar los maar, dis makliker en geriefliker om by die huis te bly of tot wanneer Pappa kom. So begin die eensaamheid opbou en al jou prioriteite beland op die “back seat”. Jy kan nie onthou wanneer laas jy jou hare behoorlik gewas en ge-blowdry het nie of wanneer laas jy jou neals laat doen het nie. Jou vriendinne kom loer in op pad na ’n ete. Hulle lyk so mooi, so versorg, so uitgerus terwyl jy in jou oorgrote sweetpak sit met jou breast pads en jou olierige hare in ’n bolla vasgeknoop. Jy voel alles behalwe aantreklik.

Maar dan kyk die klein mensie na jou, sy begin glimlag en jou hart smelt, oor en oor en oor. Gaan dinge ooit weer terug keer na normaal? Gaan ek ooit weer kan gaan fliek of inkopies doen of saam met vriendinne ’n glasie wyn kan geniet? Dalk was ek nog nie gereed om Mamma te word nie, daar is nog soveel goed wat ek wou doen!

Jy voel depressief en jy begin huil, jy weet nie regtig hoekom nie. Jy voel onseker en nie lus vir die lewe nie. Alles hang soos ’n swaar, donker wolk oor jou kop en jy sien nie die silwer randjie nie. Jy is geïrriteerd met jou man, jou vriende en familie. Jy voel hulpeloos, asof niemand verstaan waardeur jy gaan nie. Hoe kry ander Mammas dit reg!? Jy loer na jou pragtige, perfekte baba, so volmaak en so gesond. Hoe kan ek so voel as ek die lewe aan so ’n pragtige baba geskenk het? Ander vroue kan nie eens swanger raak nie, ander Mammas sukkel met premiatuur of siek babas. Myne is so perfek! Ek is so gelukkig! Maar hoekom voel ek nie gelukkig nie?

Die volgende week of twee gaan dit beter en jy begin jou voete en roetine stadig maar seker vind.  Maar kort daarna hang die swart wolk alweer en die trane vloei, jy verstaan nie hoekom jy so voel nie!

Hierdie is alles deel van Mamma wees, dit is normaal en die meeste Ma’s gaan deur dit, party is net te skaam of te trots om dit te erken. Vir die Mammas wat nie so voel nie, beskou jouself gelukkig!

Hulle noem dit nageboortelike depressie en dit affekteer ’n groot persentasie Mammas na swangerskap. Sodra jy begin oplees daaroor begin jy vereenselwig met die simptome. So waar! Jy voel verlig, dis nie net jou eie selfsugtigheid nie. Daar is verskillende vorme van nageboortelike depressie soos “Baby Blues” en nageboortelike psigose. Gaan gesels so gou as moontlik met jou ginekoloog sodat hy/sy jou na die korrekte medici kan stuur vir behandeling en medikasie. Gewoonlik skryf die ginekoloog sommer ’n pilletjie voor wat jy vir ’n paar maande moet drink en so is jou probleem opgelos. Onthou, na die geboorte van ’n kind is dit ’n warboel van chaos in jou liggaam om terug te keer na wat dit was en somtyds veroorsaak dit hormoon-wanbalanse wat kan lei tot die probleem. Na ongeveer twee tot drie weke op die medikasie voel jy weer soos jou ou self. Dis so lekker om weer te kan glimlag, die lewe te waardeer en weer opgewonde te raak oor klein dingetjies waarvan jy hou. Alles met die perfekte, pragtigte bondeltjie liefde in jou arms. Jy voel meer geduldig en rustig.

Lees ook: Nageboorte-depressie: toets jouself

Onthou, jy mag dalk voel niemand verstaan jou nie, jy mag dalk skaam voel oor jou toestand, dat jy jou vriende en familie sal teleurstel omdat jy nie die “perfekte” Ma is nie. Daar bestaan nie so iets nie, niemand is perfek nie. Die perfekte baba is aan jou gegee omdat jy die perfekte Ma is vir hom/haar. Net om jouself te wees, is goed genoeg vir hom/haar.

Praat as jy hartseer voel, moenie dinge laat ophoop binne jou nie. Om die beste Ma vir jou baba te kan wees moet jy eers die beste weergawe van jouself wees. As jy depressief en teneergedruk is gaan die baba dit aanvoel.

Mamma-word is ’n uitdagende proses. Vir party Mammas is dit makliker en vir ander moeiliker. Dit is ’n nuwe struktuering van prioriteite en verhoudings en roetines, maar dit moet nie ’n slegte, teneergedrukte proses wees nie. My Ma het altyd gesê, “As jy ooit alleen voel of dat niemand jou verstaan nie, onthou net ’n miljoen mense voor jou het ook al so gevoel en ’n miljoen mense na jou gaan ook so voel.”

Dis ’n pragtige tyd en dit gaan so gou verby! Koester elke oomblik, al is party dae uitdagend, dit is ’n oomblik wat jy nooit weer sal terug kry nie.

Tonne liefde

xxx

Besoek Inspired Women se webblad hier of volg Shireen en Sue se avonture op Facebook.

The post Inspired Women-blog: Ek gaan Mamma word! appeared first on rooi rose.

Inspired Women-blog: Hoe nou met verhoudings?
Sit jy saam met ’n vriendin oor ’n koppie tee en gesels oor die “nuwe man” in jou lewe wat na ’n paar weke ewe skielik net verdwyn het of dalk iewers dood lê aangesien hy nie meer jou boodskappe beantwoord of jou so baie bel soos wat hy het nie, en die kanse is goed dat sy al deur presies dieselfde scenario is.

Hoe gebeur dit? Hoekom sit vroue met ’n groot vraagteken op hul voorkop wanneer dit by mans en verhoudings kom?

Na deeglike navorsing (en by navorsing bedoel ek dat ek elke mansvriend in my lewe gevra het om te antwoord en opinies hieroor te gee!) het ek die volgende raad aan vroue wat hieroor wonder:

1. Laat die man die jagwerk doen. Niks is minder aantreklik vir ’n man as ’n vrou wat haarself te maklik bereikbaar maak nie. Die spreukwoord wat sê dat jy dit waarvoor jy hard werk meer waardeer as iets wat jy verniet kry, is waar!

2. Dit vat meer as net ’n mooi gesiggie om ’n man se aandag te behou. Ja, natuurlik moet hulle hou van wat hulle sien – mans is ongelooflik visueel – maar alhoewel hulle hulself uitgee as wolwe, smag mans ook na ’n dieper konneksie. Maak seker jy en die “nuwe man” deel ’n dieper konneksie. Maak veral seker die man toon belangstelling in wie jy is, en wat vir jou belangrik is.

3. Moenie alles wat jy het op ’n skinkbord aanbied nie, laat die man werk vir wat hy wil hê. ’n Bietjie misterie nog nooit skade gedoen nie.

4. Mans vat langer om lief te hê as vroue (dit is chemies bewys), so dit is altyd ’n goeie ding dat die intieme aspek van ’n verhouding aanvanklik op die agtergrond geplaas word sodat dit dinge nie kompliseer nie. Intimiteit is iets wat op ’n heelwat latere stadium in ’n verhouding ingebring moet word, doen dit te gou en dinge kan skielik en lelik skeefloop.

Hoekom wag?

Die oomblik wanneer intimiteit te vroeg in ’n verhouding ingebring word, verloor jy beheer (en as ek sê beheer dan bedoel ek dinge verander – of jy dit nou wil hê of nie). Emosioneel word die bande sterker vanaf ’n vrou se kant, en ongelukkig is mans nie vroeg in ’n verhouding reg om daardie emosionele intimiteit op dieselfde vlak as die vrou te ontmoet nie. Dit kan net bereik word deur tyd saam te spandeer en seker te maak die man stel in meer as net die fisiese aspek van jou belang. Met tyd word die bande tussen ’n man en vrou sterker en wanneer intimiteit uiteindelik deel word van die verhouding, reageer en voel die man dieselfde as die vrou.

Wat vroue moet besef is dat mans dit wat ’n mooi vrou na hul kant toe gooi met albei hande sal aangryp, maar net omdat hy mooi woordjies in jou oor fluister en geïnteresseerd lyk, beteken dit nie jy het sy volle aandag of selfs sy hart nie.

Wees suinig met jou tyd en met jou liefde en maak seker die man wat jou hart verower, weet jy is ’n prys waarvoor hy hard moes baklei.

Die groot punt wat deur elke man met wie ek gepraat het gemaak is, is dat geen vrou ooit moet twyfel of ’n man in haar belangstel nie – hy sal dit duidelik maak. In die tweede plek moet vroue nie te vining alles wat hulle is en het, vir ’n man offer nie.

Daar het julle dit, dames! Loer maar na die dinge wat hierbo genoem is en moenie jouself deur onnodige hartseer sit wanneer jy jou hart op ’n man verloor en hom as jou droomman sien terwyl hy jou net sien as tydelike tydverdryf nie.

Besoek Inspired Women se webblad hier of volg Shireen en Sue se avonture op Facebook.

The post Inspired Women-blog: Hoe nou met verhoudings? appeared first on rooi rose.

Inspired Women-blog: Hulle noem dit seisoene
Hulle noem dit seisoene. Ek hou meer van die beskrywende woord … fases.

Fases van die lewe. Grootword, oudword, siek word, verdeeldheid, rekonsiliasies – dit maak alles deel uit van die lewe. Maar, in al die fases wat konstant bly, is die een persoon wie se liefde nooit minder geword, verdeeld geword of vergeet geword het nie, ’n Ma se liefde.

Die goedheid en grootheid van ’n Ma se liefde vir haar kinders is tot vandag toe ’n onopgeloste, supernatuurlike verskynsel. Sy sal haar eie lewe, in ’n oogwink, vir haar kind opoffer.

Ma’s, ons aardse engele, of wat jy hierdie pragtige spesie ook wil noem, verdien om elke dag gevier te word.

Hang af in watter “fase” of “seisoen” jy jouself bevind, sal jy jou eie opinie oor Ma’s hê en wat hulle vir jou beteken.

Daar is niks lekkerder vir ’n dogtertjie om Mamma se lipstiffie aan te smeer en in haar ongemaklike hakke kamtig die wêreld aan te vat nie. Ek onthou hoe ek op vyfjarige ouderdom na my Ma gekyk het en gedink het sy is die mooiste vrou in die wêreld (ek dink nog steeds so!)

Toe begin die hormone kop uitsteek en estrogeenvlakke bots op ’n daaglikse basis met Ma s’n. Wat kan sy my nou eintlik vertel van die wêreld? Sy is oud en weet nie wat aangaan nie! Ek weet alles! Ma’s is tog so outyds!

Dan kom die groot 18. Volwassenheid begin deurskeumer en ek kan my eie besluite neem. My ma het trots toegekyk hoe ek “vrouwees” aanvat en tientalle kere my hardkoppige kop stamp. Maar sy was altyd daar vir die val en troos. So het haar raad ’n bietjie meer begin sin maak as toe ek ’n tiener was. “Dankie tog my Ma het bygekom,” sal ek vir myself fluister met rollende oë en ’n gesug van frustrasie.

Jou twintigs is nog steeds ’n bietjie van ’n warboel van deurmekaar fases, soos wanneer jy die huis verlaat, of dalk selfs oorsee gaan werk, jou eie tuiste skep, verhoudings begin en die verantwoordelikhede van die grootmenswêreld deurwerk. Jou persoonlikheid en hoe jy by alledaagse take en verhoudings aanpas, hoe jy probleme hanteer … deur dit alles is jou ma daar, jy is net nie altyd bereid om te gaan aanklop vir raad of by haar af te pak oor ’n koppie koffie nie.

Dit is ook in jou vroeë twintigs dat jy werklik agterkom jou ma kan jou beste vriendin wees as jy haar toelaat.

Dan breek daar ’n groot dag in jou lewe aan. Jy loop die paadjie af na jou toekomstige man, omring deur vriende en familie, en daar waar jy in jou pragtige wit trourok staan, loer jy na jou Ma. Sy straal van trots, sy sien hoe gelukkig jy is en met een glimlag weet jy hoe lief sy jou het. Jou hart brand van gelukkigheid en dankbaarheid dat jy haar daar, op jou spesiale dag, kan hê.

So breek die volgende seisoen in jou lewe aan. Jy gaan self ’n Mamma word!

Jy kan skaars jou opgewondenheid beheer en wil dit aan die wêreld uitbasuin. Hoe lekker is dit nie om jou Ma langs jou te kan hê nie. Sy is immers die een wat al daardeur is, wat verstaan en wat jou kan bystaan, ondersteun en liefhê.

Die oomblik toe ek my kind se gesiggie vir die eerste aanskou, het ’n oorweldigende gevoel van vervulling en eindelose liefde my binneste gevul. Ek het myself afgevra of dit die gevoel is wat my Ma kry elke keer wanneer sy na my kyk? Elke dag? Elke sekonde? Hoe kan jy so lief wees vir iemand? Die hele tyd?

Op daardie stadium is dit nie net die verskuiwing van prioriteite of die oorweldigende gevoel van koestering en liefde vir die klein mensie in jou arms nie, maar die feit dat jy besef hoe oneindig lief jou Ma jou al die tyd gehad het (en steeds het). Deur al my fases en seisoene, toe ek gedink het sy weet niks en sy my party dae grensloos geïrriteer het, toe sy altyd so bekommerd oor my veiligheid was en my nie toegelaat het om naweke saam met vriende weg te gaan nie, toe ek so kwaad was vir haar. Ek verstaan nou, Ma. Hoe kan jy iemand vir wie jy so lief is die wilde, woeste wêreld instuur?

As ek maar net geweet het hoe lief sy my het. As ek maar net geweet het hoe seer ek haar party dae gemaak het. As ek maar net die horlosie kon terugdraai. Maar dit maak nie saak nie, want Mamma se liefde vir my het konstant gebly. Mammas is wonderlik, hulle het jou lief, hulle bid vir jou, hulle aanvaar jou en verdra al die dinge wat ander mense dalk nié sal verdra nie. Sy is jou beste vriendin, jou konfidant, jou grootste cheerleader en die trooster van ’n seer hart.

Jou ma het jou bitter lief, gee haar vandag ’n ekstra drukkie en liefde.

Gelukkige Moedersdag aan al die Mammas.

– Opgedra aan Lynette Erasmus en Roma Louw

Besoek Shireen en Sue se webblad by inspiredwomen.co.za

The post Inspired Women-blog: Hulle noem dit seisoene appeared first on rooi rose.