Irshaad Ally | rooi rose

Mnr. en Mev. Samsodien – vir ’n tweede keer! Jawaahier Petersen vertel meer oor dié storielyn
Die afgelope paar maande moes kykers van die kykNET-sepie Suidooster toekyk hoe die geliefde Samsodien-gesin deur diepe waters gaan met die verbrokkeling van Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Rhafiek (Irshaad Ally) se huwelik.

Dié storielyn het egter Donderdag ’n gelukkige einde gehad toe Kaashifa en Rhafiek vir ’n tweede keer in ’n Moslem-plegtigheid getrou het.

Jawaahier vertel meer.

Na maande se onsekerheid oor wat die toekoms vir Kaashifa en Rhafiek inhou, het dié twee mekaar uiteindelik weer gevind. Hoe was dit vir jou om hierdie storielyn te vertolk?

Dié storielyn was vir my ’n bietjie anders om aan te pak omdat Kaashifa op ’n laagtepunt weg is uit Ruiterbosch. Sy’t weggegaan vir berading, om haarself weer te vind en gesond te word. Ek het doelbewus probeer om Kaashifa sagter terug te bring as iemand wat die stukke van haar lewe weer moes optel want sy’t letterlik haar hele lewe verloor.

Maar die ander lagie van haar lewe is dat sy nou ook ’n ma is. Alles was oukei tot waar sy die gedagte gekry het dat sy weer haar familie kon verloor as sy weer gevoelens vir Rhafiek kry. En dan is daar die Mamma-beer, die tier, die instink wat inskop wanneer jy ’n ma word – dit moes ook deurgekom het. Daar’s nog ’n lagie van Kaashiefa wat nou na vore kom: gesonde moederskap.

Wat dink jy is die boodskap vir kykers met hierdie storielyn?

Die liefde oorwin alles. Maar vir my is dit dieper as dit. Die liefde wat dié twee vir mekaar het, is wat hulle weer bymekaar gebring het. Ek dink die familie-ondersteuning – en die kykers moet dit ook in ag neem – dit was nie net haar verhouding met Rhafiek nie. Dit gaan ook oor haar verhoudings met almal in Ruiterbosch, die gemeenskapsnetwerk . . . dit help verskriklik baie as jy net probeer om weer jouself te vind. Of jy nou ’n tweede kans in die lewe kry, of wat ook al.

Dan is daar die ondersteuning wat sy van Mymoena, en Bianca tot in ’n mate, gekry het. Liefde, aan die einde van die dag, as jy basies dít het en die gewilligheid om aan iets te werk, juis omdat jy die ander persoon liefhet, dan is dit die moeite werd.

Wat is die snaaksste/vreemdste reaksie wat jy van kykers oor die storielyn gekry het?

Snaaks genoeg, en baie interessant vir my, het baie vroue vir my as hulle my raakloop gesê “Ag, gee hom nog ’n kans, man” terwyl die mans sê “Nee, nee, hy’t jou gelos. Moenie daai vergeet nie, hy’t vir jou gelos!”

Ek het eintlik verwag dat dit juis vroue sou wees wat vir my in my gesig sou sê “Jis, jy’t die regte ding gedoen. Jy’t hom gelos” en dat die mans sou sê “Vat hom terug”. Ek het wel in die sosiale media gesien dat die vroue vir Kaashifa ondersteun en die mans wou hê ek moes hom nog ’n kans gee. Maar in die regte lewe was dit andersom.

Lees ook: ’n Tsoenami van drama tref Suidooster

Wat is ’n storielyn wat jy graag vir Kaashifa en Rhafiek sal wil hê en hoekom?

Daar’s twee storielyne vir die twee waaroor ek nog dink. Die een gaan nog sy oomblikke hê.

Die een is wanneer Kaashifa en Rhafiek hierdie power couple in besigheid word, kompetisie vir JPD of in die sirkel beweeg van Bridgette Jacobs en haar mense. Mega wealthy en powerful. Óf die twee is kop in een mus met misdaad. Kan jy jou indink? Kaashifa en Rhafiek doenig met die onderwêreld . . .

Om by te voeg, gee die mense tog net die kans om  gelukkig te wees vir ’n slag. Kan Kaashifa en Rhafiek net rustig en gelukkig en in ’n loving bubble wees vir ’n rukkie?

Jy is baie gelukkig getroud en het onlangs ma van jou derde kind geword. Wat is jou resep vir ’n gesonde huwelik?

Ek en my man vier hierdie jaar ons 17de huweliksherdenking en ek sal nie sê ek’s ’n kenner nie, maar die resep wat vir ons werk is om altyd na die groter prentjie te kyk.

Enige verhouding of huwelik gaan deur ups and downs en uitdagings. Dis regtig moeilik: hierdie ding in hierdie oomblik, nóú. Dan kyk jy na die ander kant. Wat is die moeite werd om voor te baklei. En as dit swaarder weeg as dit waardeur jy nou gaan, wérk daardeur.

Almal sê “kommunikasie, kommunikasie” maar daar moet in gedagte gehou word dat nie almal na verbale kommunikasie neig nie. Daar’s mos daai sewe love languages . . .

As ’n koppie tee sê “ek’s jammer”, dan maak jy daardie koppie tee.

Ja, kyk maar altyd na die groter prentjie en vra jouself af of dit die baklei werd is of om daardeur te werk. 17 years, baby!

Lees ook: Boer soek ’n vrou: Reandi ontmoet die boere – en dié seisoen beloof om iets besonders te wees!

The post Mnr. en Mev. Samsodien – vir ’n tweede keer! Jawaahier Petersen vertel meer oor dié storielyn appeared first on rooi rose.