jak de priester | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jak de Priester oor KoppieTeeFontein se nuwe seisoen
Maak vir jou ’n warm koppie tee en raak gemaklik, want die gewilde geselsprogram KoppieTeeFontein, met Jak de Priester as onderhoudvoerder, is terug vir ’n vyfde seisoen. Jak gaan weer hartsgesprekke oor ’n koppie tee met bekendes die land vol hê, om wat dit beteken om Suid-Afrikaans te wees en hul inspirerende lewensreise te verken.

In hierdie seisoen kan kykers uitsien na gesprekke met ikoniese figure, soos Anton Goosen, Pierre van Pletzen, en Johan Stemmet.

“Elke gas het ’n unieke storie en ek het nog nie een keer ná ’n onderhoud huis toe gegaan sonder om totaal en al geïnspireerd te wees nie,” vertel Jak.

Die oorsprong van die reeks het ontstaan toe Jak graag vir sy en sy gesin se huis ’n naam wou gee.

“Ek het gedink om dit ‘Koppieteefontein’ te noem aangesien ons baie tee drink en stories en herinneringe in ons woning maak.”

Gedurende die Covid-19-pandemie het Jak die behoefte gehad om ’n uitlaatklep te hê, en het besluit om ’n Facebook-blog te skep, ook met die naam “KoppieTeeFontein”. Hy het sy lesers genooi om ’n koppie tee saam met hom te drink terwyl hy oor verskillende onderwerpe geskryf het.

“Dit was ’n wonderlike hulpmiddel tydens die inperkingsperiode om steeds by mense uit te kom en betekenisvolle gesprekke te voer, al was dit aanlyn,” sê hy.

In dieselfde tyd het Jak se vorige program, Reis na gister, ten einde geloop, en hy het besluit om ’n nuwe program te skep onder dieselfde titel, KoppieTeeFontein.  Hierdie keer sou hy egter in persoon by sy gaste tee drink en deur middel van foto’s in hul verlede terugreis.

Karlien Meiring het meer by Jak oor die vyfde seisoen gaan uitvind.

Hoe kies jy die gaste vir elke seisoen? Na watter eienskappe of stories soek jy?

Ons probeer elke seisoen ’n verskeidenheid van gaste hê, wat wissel tussen sport, sake, vermaaklikheid en ook gaste wat al diep spore in Suid-Afrika se landskap getrap het. Ons probeer ook ’n balans handhaaf tussen mans en vroue as dit enigsins moontlik is. Dis vir my belangrik dat die gas al ’n pad in die lewe gestap het en dat hul stories ’n verskil in die wêreld waarin ons leef kan maak.

As jy enigiemand in die wêreld kon kies om mee ’n onderhoud te voer, wie sou dit wees en hoekom?

Ek sal graag met Roger Federer ’n onderhoud wil voer. Ek is ’n groot aanhanger van tennis en ek dink dit sal interessant wees om met so wêreldbekende, ikoniese, beste-van-alle-tye- persoon te gesels, veral ook omdat hy Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse wortels het.

Is daar ’n gas uit die nuwe seisoen waaroor jy besonder opgewonde is?

Ons is steeds besig om ’n verskeidenheid gaste vir die nuwe seisoen vas te maak, maar ek wil graag met Dricus du Plessis binne-in ’n veghok tee drink!

Hoekom tee? Wat is die betekenis daarvan om saam ’n koppie tee tydens die onderhoude te drink?

Die simbool van tee is om stil te raak en te gesels, wanneer ’n mens koffie drink, is jy gewoonlik “on the go”. As jy ’n koppie tee drink, moet jy rustig raak en gesels; tee het van kleins af ’n groot rol in my lewe gespeel.

Wat glo jy maak ’n gesprek sinvol, op en agter die skerms?

’n Gesprek is sinvol wanneer mense eerlik is en hul harte deel.

Die nuwe seisoen van KoppieTeeFontein wys Dinsdae 21:30 op kykNET.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jak de Priester oor KoppieTeeFontein se nuwe seisoen  appeared first on rooi rose.

KoppieTeeFontein met Jak de Priester keer terug na kykNET
Van die gaste in die nuwe reeks sluit in die filmmaker Koos Roets, die sangeres Andriëtte Norman, die skreeusnaakse komediant Alfred Adriaan, die skrywer en sanger Koos Kombuis en Neil Sandilands, die Suid-Afrikaanse akteur wat al meer sy merk in Hollywood maak.

“Ek sien baie uit na die derde reeks,” sê Jak. “Dit vat so rukkie om in die groove van ’n program te kom en ons is beslis nou daar. Een van die belangrikste aspekte van die reeks is die foto’s wat ons uitkrap en wat dan na gesprekke lei. Hierdie foto’s word nie sommer lukraak op die internet opgespoor nie en ons moet ver soek om dit te kry. Veral wanneer dit ’n baie spesiale foto uit die gas se verlede is, gebeur daar iets in hulle gemoed en neem dit die gesprek in ’n sekere rigting.”

Jak sê dit is vir hom interessant dat die ritueel van tee drink soveel anders is as koffie. “Om tee saam met iemand te drink, is ’n bymekaarkoms, iets wat nie afgejaag kan word nie. Ek het ook die afgelope tyd besef meeste gaste is teedrinkers, dalk juis omdat dit rustiger is. Ek maak ook vir elke gas ’n klein abstrakte kunswerk wat ek gemaak het en dan vir hulle as geskenk gee,” sê Jak.

Hy sien KoppieTeeFontein as ’n ongekompliseerde program. “Dit moet vir die kyker voel of hulle deel van die geselskap is. Ek doen nie juis ure se navorsing nie. Dis net ’n gesprek tussen my en die persoon waar hulle hulle lewens deel. Koos Kombuis het byvoorbeeld oor dinge gepraat waaroor hy nie juis wil praat nie en Neil Sandilands was wonderlik. En dit is presies wat KoppieTeeFontein moet wees. ’n Sielvolle gesprek tussen twee mense met die kykers wat voel asof hulle saam sit.”

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Neil Sandilands – oor sy nuwe album

The post KoppieTeeFontein met Jak de Priester keer terug na kykNET appeared first on rooi rose.