joost van der westhuizen | rooi rose

Matriekafskeidrokke: Diaan Daniels ontwerp Kylie, dogter van Amor en Joost, se rok én deel sy beste raad
Die bekende Suid-Afrikaanse ontwerper, besigheidsman en televisiepersoonlikheid Diaan Daniels, wat al vir meer as 25 jaar sy stempel in die modebedryf afdruk, is bekend vir sy pragtige skeppings wat elegansie met moderne neigings meng.

Lees ook: Diaan Daniels gee wenke vir jong ontwerpers: Klim só die leer na sukses!

Foto: Ludvig Photography

Hy besit Diaan Daniels Couture en sy ontwerpe is al deur talle plaaslike asook internasionale sterre gedra. Hy was ook die aanbieder van die VIA-program Die Bruid-boetiek.

Vanjaar het Diaan ‘n spesiale projek aangepak: die ontwerp van ‘n matriekafskeidrok vir Kylie, die dogter van die sangeres Amor Vittone en die ontslape oud-Springboklegende Joost van der Westhuizen.

Diaan het al ‘n hele paar keer Amor aangetrek het destyds vir ‘n paar van haar en Joost se uitrustings gesorg.

“Ek het Amor 25 jaar gelede by Mej. Bloemfontein ontmoet waar sy opgetree het, ons albei was nog aan die begin van ons loopbane. Sy het baie van my ontwerpe gehou, en net daar en dan ‘n uitrusting by my gekoop. Toe ons mekaar verlede jaar in die gym raakloop, het ons weer begin gesels en ek het vir haar ‘n uitrusting vir ‘n funksie geleen,” het Diaan vertel.

Dis geen wonder dat Kylie, ‘n leerling aan Dainfern College, hom genader het om haar matriekafskeidrok te ontwerp nie. Sy het onlangs haar eerste afspraak by Diaan Daniels Couture in Johannesburg bygewoon om die opwindende proses af te skop.

Dié twee wil nie veel oor haar voorkoms vir haar spesiale aand weggee nie, maar Diaan het wel verklap dat die rok “sexy, maar steeds tydloos” is.

“Ek dink almal gaan verbaas wees oor die kleur van die rok!”

Ons is opgewonde om later vanjaar foto’s van Kylie in haar Diaan Daniels Couture-rok eksklusief te deel. Hou hierdie spasie gerus dop!

Terwyl Kylie vir haar matriekafskeid voorberei, deel Diaan sy beste wenke vir die ontwerpproses van ‘n matriekafskeidrok:

Begin vroeg: Begin die ontwerpproses ‘n paar maande vooruit om genoeg tyd vir passings te hê en om seker te maak die ontwerper is nie vol bespreek nie.

Doen jou navorsing: Soek inspirasie op Pinterest, aanlyn platforms en rooitapyt-geleenthede om idees in te samel. Onthou wel dat jy nie 10 rok-idees in een ontwerp kan saamvat nie. Wees eerlik met jou ontwerper oor jou wense sodat hul jou visie verstaan, maar wees oop vir hul professionele advies en voorstelle, hulle het die kundigheid om jou visie te verbeter.

Stel ‘n realistiese begroting op: Bepaal hoeveel jy bereid is om op jou rok te spandeer en kommunikeer dit duidelik aan jou ontwerper.

Oorweeg jou liggaamstipe: Kies ‘n styl wat jou liggaamsvorm vlei en jou selfversekerd sal laat voel. Moenie net neigings volg nie; kies iets wat jou selfversekerd en gemaklik laat voel, jou ontwerper sal jou hiermee kan help.

Wees getrou aan jouself: Kies ‘n ontwerp wat jou persoonlike styl weerspieël en jou gemaklik laat voel. Jy kan ook elemente byvoeg wat jou persoonlikheid weerspieël. Of dit nou ‘n unieke kleur of spesiale versierings is, dit sal jou rok laat uitstaan.

Dink aan die tema (as jy wil): As jou matriekafskeid ‘n spesifieke tema het, hoef jy nie noodwendig by die tema in te pas nie.

Keuse van kleur en materiaal: Jou ontwerper sal weet watter materiaal by jou droom-ontwerp sal pas, wees oop vir hul voorstelle. Kies ‘n kleur wat jou velkleur komplementeer en jou sal laat uitstaan, dis nie die geleentheid om voorspelbaar te wees nie.

Details, details, details: Besluit vooraf hoeveel versierings soos kralewerk, kant, of paillette jy op jou rok wil hê.

Beplan jou bykomstighede: Dink aan die bykomstighede wat jy die aand van jou matriekafskeid gaan nodig hê, soos skoene, juweliersware, en ‘n handsakkie. Vat dit saam na jou passings toe om seker te maak dit pas by jou rok. Hou dit eenvoudig, meisies!

Oorweeg hoe jou haarstyl en grimering jou rok gaan komplementeer: ‘n Proef-afspraak vir jou hare en grimering dieselfde dag as jou finale passing is ideaal as jy wil seker maak al die elemente van jou voorkoms werk goed saam.

Dis noodsaaklik om ‘n paar keer jou rok te gaan aanpas: Jou rok moet tog perfek pas.

Geniet die proses: Geniet die reis om jou droomrok te skep en die ervaring om saam met ‘n professionele ontwerper te werk!

Lees ook: 10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

The post Matriekafskeidrokke: Diaan Daniels ontwerp Kylie, dogter van Amor en Joost, se rok én deel sy beste raad appeared first on rooi rose.

Marlene Duvenage: Gelukkiger as ooit
Deesdae skitter ’n allemintige diamant aan haar vinger en heet sy mevrou Marlene Duvenage. Dit is al tien jaar sedert sy en haar eerste man, die oud-Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen, geskei is. Tien jaar waarin sy weer opgestaan en haarself én geluk gevind het. Dit was nie aldag maklik nie, maar sy is vandag sterker en wyser as tóé.

Onder haar minirok (sy moet darem met daardie sexy bene spog!) wys ’n boepie. Oor ’n paar maande word sy vir die eerste keer ma en kort voor die kleinding se geboorte word sy veertig. Dit is ’n vreesaanjaende en woes opwindende tyd in haar lewe – sommer so alles op een slag.

“Maar ons, ek en my man Japie, is reg daarvoor,” sê sy oor die uitdagings wat ouer-skap en die veertigs bring. “Ons is oopkop oor die nuwe fase in ons lewe, en wil nie te veel stres daaroor nie.”

Japie is al 46. Die paartjie wat maar agt maande gelede getroud is, wou en kon nie juis langer wag om met ’n gesin te begin nie. Hulle wil ook sommer gou ’n tweede kind hê.

Hulle is maar alte bewus van die risiko’s wat met swangerskap op veertig gepaardgaan. Marlene is dankbaar dat dit nie vir hulle nodig was om ’n amniosentese te doen om vir Downsindroom te toets nie, want die moontlikheid is reeds met die fetale assessering en bloedtoetse uitgeskakel.

“Ek wou nog altyd ma gewees het. As ek kon, sou ek vroeër kinders gehad het, maar my omstandighede het dit nie toegelaat nie. Maar as ek nou daaroor dink, is dit perfek soos dit is. Om te dink ek het destyds enig-iets gedoen om my kop besig te hou, asof iets my bly jaag het,” dink sy terug aan die jare toe sy gedurig geswot het om haarself besig te hou: politieke wetenskap, diere-gedragkunde, antropologie, en sy het ook aërobiese kursusse gedoen.

“Ek glo wysheid kom met ouderdom. Ek is nou baie rustiger as jare gelede. Ek het nie meer nodig om heeltyd besig te wees nie. Dalk het die veertigs ook iets daarmee te doen?” sêvra sy met ’n laggie.

Sy glo alles is deel van ’n groter plan en dit hou haar geanker.

Met ons onderhoud is Marlene al 19 weke swanger. Dis ’n dogtertjie. Haar naam? Janie. “Ek is mal oor die naam! En dit klink so ’n bietjie soos ‘Japie’. Ek sal maar mooi moet roep na hulle, dit kan dalk verwarring veroor-saak. Veral die papegaai gaan deurmekaar raak!”

Nie elke swanger vrou kan op hoë hakke in ’n minirok rondstap nie. Dit het seker heelwat daarmee te doen dat sy nog byna elke oggend aërobiese klasse op hul kleinhoewe naby Roodeplaatdam buite Pretoria gee. Van stilsit en babakamer beplan, is daar (nog) nie sprake nie.

Sy is wel dankbaar dat daardie “of”-tyd – die tyd wanneer mense wonder of jy nou vet of swanger is – verby is en dat haar magie nou beter begin wys.

“Iemand wat vroeër aërobiese klasse by my geneem het, kyk my nou die dag so op en af. ‘Ja-nee! Ek kan sien jy oefen nie meer nie!’ sê sy so ewe. Dit het my ’n bietjie onkant betrap!” erken Marlene.

’n Ander vrou het haar weer versigtig gevra of sy swanger is? “Ek wonder wat die vrou sou sê as ek geantwoord het, ’nee, ek het maar net ’n paar kilogram aangesit!’” Marlene lag.

“Ek wonder elke dag waar ek volgende jaar dié tyd gaan wees? Ek roem my daarop dat ek nog nie een Klein-Karoo Nasionale Kunstefees misgeloop het nie. Onlangs wou ek sommer verblyfreëlings begin tref toe dit my soos ’n nat kous oor die kop slaan dat ek hoog swanger gaan wees, en beslis nie die 2012-fees sal kan bywoon nie!”

Toe Marlene jonger was, het sy die romantiese idee gekoester om nié die baba se geslag voor die geboorte te weet nie. “Ek het altyd my vriendinne veroordeel omdat hulle wou weet wat die geslag is. Ek het hierdie idee gehad dat dit ’n verrassing moet wees. Maar nou dink ek die teenoorgestelde. Dis prakties om te weet. Jy kan beplan, ’n naam kies, en mense laat weet watter kleur klere hulle moet koop.

“Ek het toevallig nog altyd hierdie prentjie in my kop gehad dat ek drie of vier dogtertjies het wat in en om die huis giggel en baljaar. En Japie is net so opgewonde oor die meisiekind. Hy was sommer emosioneel toe ons die geslag kon sien.”

Soos Marlene haar man ken, sal hy tien teen een soos klei in sy meisiekind se hande wees. “Kinders is mal oor hom. En hy oor hulle. Maar ek dink omdat dit ’n dogtertjie is, is die kans nog groter dat sy hom om haar pinkie sal draai!” sê sy.

Die eerste sonar was vir Marlene ’n skrikwekkende ervaring. “Ons kon glad nie die hartklop optel nie. Ek was doodsbenoud. Die dokter laat ons toe vier dae wag voor hy weer ’n sonar doen. Dit was die langste vier dae van my lewe. Ek kan nie onthou hoe ek die tyd omgekry het nie. Gelukkig was alles piekfyn en ons het sommer dadelik die hartjie hoor klop.”

Sy kan nie wag om die eerste baba-beweging te voel nie. “Maar ek is dalk ‘n bietjie haastig.”

Babakamer? “Nog geen teken van een nie,” lag sy. Die paartjie is besig met aanbouings op die hoewe. “Dinge is nog so deurmekaar, maar ons het darem al ’n kamer gekies – maar dis ook nog toe onder die boustof! Ek het nog net nie daarby uitgekom om goed te gaan koop nie!”

Sy is onder meer bedags besig met vrywilligerswerk by die Wetnose Foundation. Wanneer dit by diere kom, het sy ’n hart soos ’n bus. Daar’s altyd plek vir nog een. Nege honde (waarvan een opreg is, die res is optelbrakke), perde, twee donkies, bokkies en ’n papegaai, is almal deel van die “gesin” wat klein Janie in die wêreld sal verwelkom.

Aan die begin van haar swangerskap was sy ’n paar keer maar lekker moeg. “Ek het nie mooi geweet watter geite is dit nou met my nie. Die een dag het ek teen drieuur die middag so slaperig gevoel, maar wou nie gaan lê nie – simpel ek! – want ek het gedink wat Japie sou sê as sy vrou in die middel van dag op die sitkamerbank uitpass?”

Sy het haar nou toegerus met ’n handboek of twee oor swangerskap, net sodat sy nie weer onkant betrap word deur een of ander “gier of geit” nie.

Om buite die stad, weg van die gejaag te woon, was Marlene se keuse. Sy het op Cullinan grootgeword waar albei haar ouers mediese personeel by die Zonderwater-gevangenis was.

“Ek het ongelooflike herinneringe aan my kinderjare. Ons het in die dam geswem, in die strate gespeel, bendes gehad, en alles gedoen wat kinders moet doen. Dit was wonderlike, vry en vreeslose jare.”

Dit is dieselfde rustige leefstyl wat sy jare terug al gekies het toe sy en Joost nog getroud was, en nooit wou opgee nie, selfs ná hul egskeiding. Nou kyk sy met dankbaarheid terug na die jare wat sy deur die swaarkry vasgebyt het.

“Dit was soms moeilik om die plek vrou-alleen aanmekaar te hou. As die hek gebreek het, of die boorgatpomp stukkend was, was daar niemand om dit reg te maak nie. En ja, ek was soms bang om alleen daar te bly. Maar nou is ek bly dat ek nooit moed opgegee het nie. Die plek is mooier as ooit, en Japie het reeds sy stempel daar begin afdruk. En wat is ’n beter plek om ’n kind groot te maak as die platteland waar sy tussen diere en die natuur haar en haar wêreld kan leer ken?”

Marlene het vir tien jaar geen kommentaar oor haar en Joost se sake in die media gelewer nie. Dis private sake en klaar. Maar sy het ’n uitsondering gemaak om vir rooi rose te vertel hoe sy daaroor voel dat Joost ernstig siek is met ’n motorneuronsiekte.

“Ons het nog so nou en dan, as daar spesiale dae soos verjaardae was, kontak met mekaar gehad. Maar die afgelope maande kry ek hom glad nie in die hande nie. Ons is bekommerd oor hom, veral om-dat hy glad nie op ons boodskappe reageer nie. ’n Mens wil maar net sê sterkte, en ons dink aan jou.”

Die enigste manier waarop Marlene ’n boodskap van beterskap by Joost kan kry, is deur sy broer.

Volgens die sonar is die datum vir Janie se koms op 24 Maart, toevallig dieselfde dag wat Marlene en Japie hul eerste huweliksherdenking vier, en ’n paar dae ná Marlene se veertigste verjaardag.

Marlene en Japie sou aanvanklik in November 2010 getrou het. Dit sou ’n groterige troue gewees het en die reëlings was byna gefinaliseer toe haar ma skielik ernstig siek word. Dokters kon eers nie vasstel wat fout is nie, maar het later ’n aggressiewe virus geïdentifiseer wat haar organe een vir een afgetakel het tot sy op 26 Desember 2010 oorlede is. As daar iets is wat Marlene nou met haar swangerskap mis, is dit beslis haar ma se teenwoordigheid.

“Ek is nie iemand wat daarvan hou om inkopies te doen nie. Ek het tot met my ma se dood nie eens vir myself klere gekoop nie. Sy sou presies nou geweet het watter klere mooi aan my swanger lyf sou lyk, of waar om te gaan soek vir oulike babagoed,” sê Marlene hartseer.

Maar dit gaan oor meer as net klere koop. “Ek sou my ma graag heel eerste wou bel om te vertel wat die geslag is. Ek mis dit om net vir haar te kan vra, ‘Wat nou?’, en ‘Is dit normaal?’ Ons was ongelooflik na aan mekaar. En ek weet as Janie eers daar is, ek my ma graag by my sal wil hê. ’n Ma wéét mos maar net!”

Intussen geniet Marlene die idee van ma-word. Sy besef elke dag watter voorreg dit is om iemand in haar lewe te hê wat dieselfde ideale en drome as sy koester en binnekort die pa van haar kind gaan wees, en om ’n huis vol liefde te hê.

“Nou is ek rustig. En ek wéét: dit is die perfekte tyd vir my baba!”

The post Marlene Duvenage: Gelukkiger as ooit appeared first on rooi rose.