Joshua na die reën | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie
Danksy die musiektalent van Joshua na die Reën en Karlien van Jaarsveld het die maand van liefde op ’n hoë noot afgeskop. Hul liefdesduet “Beter vir ons albei” is pas vrygestel. Hierdie popballade, wat deur Gideon Botes vervaardig is, delf in die mylpale wat ons vir onsself in die lewe stel – ’n treffende herinnering aan hoekom ons hier is en wat ons doel is.

Oor die inspirasie vir die liedjie, verduidelik Joshua na die Reën oftewel Jacques de Villiers: “Ná ’n optrede ’n paar jaar gelede het ek die hartverskeurende nuus ontvang dat ’n vriend se pa oorlede is. Hy was iemand na wie ek baie opgekyk het, en ek het myself in ’n donker plek bevind. Wanneer iemand met so ’n beduidende impak op ’n mens se lewe sterf, laat dit ’n leemte, en ek het al hierdie vrae vir God gehad. Die lewe is so onseker, en jy weet nooit wat volgende gaan gebeur nie. Nadat ek by die gastehuis aangekom het, het ek met my kitaar op die kombuisvloer gesit en gevoel hoe God vir my sê om te onthou wat my doel is. Ek glo dat Hy hierdie oomblikke skep as bakens om ons op koers te hou.”

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album

Jacques vertel dat die idee om saam met Karlien aan die liedjie te werk, sy vrou, Danelle, se idee was. “Toe ek die liedjie vir haar speel, het sy gesê sy hoor Karlien se stem daarin, en ek het dadelik geweet dit is wat moet gebeur. Ek was opgewonde toe sy ingestem het om dit saam met my te doen.”

Hierdie samewerking is vir hom ’n groot voorreg, want hy het groot bewondering vir Karlien se menslikheid, talent en stem. Hy deel dat albei van hulle die persoon geken het waaroor die liedjie handel. “Dit is nie ’n duet wat mense sou verwag nie, maar ek bewonder iemand wie se uitkyk op musiek nie net vir vermaak is nie, maar om iets mooi en heilig na die wêreld te bring.”

Karlien stem heelhartig saam en sê dat sy baie gemaklik gevoel het om saam met Joshua na die Reën te werk. “Hy sien die wêreld anders, kyk dieper as net wat voor hom is, en laat jou toe om net jouself te wees. Hy is ’n diep denker, soos ek, en so musikaal! Ek weet nog altyd hy is een van my gunstelingmusikante, maar ná hierdie samewerking weet ek hy kan enigiets doen!”

Jacques sluit af: “Ek dink mense is mal oor musiek en ’n boodskap waarmee hulle kan vereenselwig, en dit is beslis so ’n liedjie. Dit sal jou ook herinner om daardie oomblikke te soek waar jy alleen en vreedsaam is, sodat jy waarlik tot in die kern kan ontdek wie jy as mens is.”

Karlien Meiring het met die ongewone wenkombinasie gesels:

Vier julle Valentynsdag?

K: Nie regtig nie, maar my man doen! My man sal altyd iets spesiaals doen en dan sal ek daarmee saamgaan, want ek is glad nie romanties nie. As ek iets moet kies, sal dit iets onder die sterre wees, ver weg van mense en geraas.

Ek dink wanneer ’n mens jonger is, is dit ’n goeie herinnering om waardering vir mekaar en vir jouself te wys. Soos jy ouer jy word, weet jy dat alles in en uit liefde die hoogste vorm van uitdrukking en groei is. Dan is dit deel van ’n daaglikse in- en uitasem en nie tydverbonde nie.

J: Ek en my vrou vier nie eintlik Valentynsdag nie. Ons probeer elke dag belangrik maak en ons liefde vir mekaar wys. Ons is maar teenstanders van ’n tradisie wat net ’n tradisie is. ’n Mens sien ongelukkig dat mense vreeslik moeite met mekaar op sulke dae doen, maar dan die res van die tyd mekaar afskeep. As ’n mens regtig lief vir mekaar is, sal elke dag dit weerspieël. Dit bly vir my lekker om te sien hoe mense dit vier en dis veral spesiaal om ’n optrede op die dag te kan doen.

Op watter maniere beïnvloed of inspireer jou aanhangers jou musiek?

K: Ek is sommer net verstom met hoeveel jongmense al my liedjies ken. Dis so lekker om veral kinders in die oë te kan kyk by my vertonings terwyl ons die liedjies vir mekaar sing. Dan sing ek nie meer alleen nie. Ek dink daar is ’n “heel” gevoel in sulke oomblikke en dit laat my aanhou op verhoë klim.

J: Ek waardeer veral waardevolle gesprekke met my aanhangers. Ek is baie bly my loopbaan is nie gebou op wie ek is nie, maar eerder op dit wat ek skryf en as ’n musikant skep.

Wat is jou gunsteling-liefdesliedjie?

K: “Forever Young” van Rod Steward.

J: “A Case of You” van Joni Mitchell en “Hoe ek voel” van Johannes Kerkorrel

Is daar ’n spesifieke genre of styl van musiek wat jy nog nie verken het nie, maar graag wil?

K: Ek doen nogal ’n redelike verskeidenheid genres by my vertonings, maar ek sou graag net diep musiek wou sing, wat ware stories vertel. Dis egter nie altyd die gewildste liedjies nie.

J: Miskien sal funk iets wees, wat ek in my toekomstige musiek sal wil inwerk.

Al twee van julle het aansienlike sukses in die bedryf behaal. Wat sou jy as die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver beskou?

K: Net waar ek vandag is. Saam met my band in ’n repetisielokaal of op ’n verhoog voor duisende mense. Albei dele is vir my ewe lekker.

J: Dis regtig net vir my amazing om saam met my vriende musiek te kan maak en om mense daardeur weg te voer. As ek op die verhoog staan en kan sien hoe die belewenis iets in iemand se oë laat begin lewe, is dit vir my ’n hoogtepunt. As dit by samewerkings kom, is ek veral dankbaar om saam met mense soos, Janine Neethling, Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Richard van der Westhuizen, Liani Reynolds, Leon Gropp, Simoné Roets en nou Karlien, te kon werk.

Foto: Hendri van Skoll Photography

“Beter vir ons albei” is nou op alle digitale stroomplatforms beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album
’n Dekade ná die vrystelling van sy deurbraaktreffer “Lig op die horison”, het hy pas sy vierde ateljee-album, “Die Vallei”, bekendgestel.

Joshua na die Reën oftewel Jacques de Villiers se jongste album beloof om luisteraars op ’n emosionele reis van selfontdekking en vernuwing te lei.

En in tipiese Joshua na die Reën-styl, is daar ’n baie spesiale boodskap agter sy jongste projek, wat hy as volg beskryf: “Die album is soos ’n staproete deur ’n pragtige vallei. Aan die begin, soos wat jy afstap na onder, laat jy die gejaagdheid van jou besige lewe agter. Wanneer jy onder kom, is jou gedagtes skoon en oop en is jy in ’n meditatiewe fase, waarin jy kan selfondersoek doen en die mooi rondom jou raaksien en waardeer. Dan pak jy die terugtog na bo aan met nuwe moed en energie vir dit wat voorlê.”

“Die Vallei” bestaan uit 18 oorspronklike snitte uit sy eie pen en is ’n uiteenlopende kombinasie van lekkerluister-popklanke, rustiger meditatiewe snitte en selfs elemente van R&B en alternatiewe musiek. Gideon Botes het die verwerking gedoen wat samewerkings met verskeie ander kunstenaars, soos Karlien van Jaarsveld en die Tuks Camarata-koor, insluit.

Omdat elke lied uit ’n baie persoonlike plek kom, is dit vir hom onmoontlik om ’n gunsteling te kies. Hy verklap wel dat “Stroom en rivier” en “Die Groot Gees van hemel en aarde” hom na aan die hart lê omdat dit in sy eie tuisateljee opgeneem is en klanke van sy kinders en voëltjies in die tuin vaagweg in die agtergrond gehoor kan word.

Buiten musiek, het Jacques ook verskeie opwindende projekte en samewerkings wat op sy horison wink. Dit sluit ’n hoofrol in die rolprent Reisigers in, wat volgende jaar verfilm word, ’n bewusmakingsveldtog oor die mens se verantwoordelikheid om die aarde op te pas en ’n klerereeks en toebehore saam met die handelsmerk NAVA in.

Foto: Hendri Skoll

Karlien Meiring het meer oor sy jongste musikale meesterstuk en die afgelope dekade in die musiekbedryf gaan uitvind.

Tien jaar in die bedryf is ’n groot mylpaal. Hoe sou jy jou reis en groei as kunstenaar gedurende hierdie tyd beskryf?

Daar was die afgelope tien jaar oomblikke van ware vreugde sowel as ware seer, en dis vreemd hoe daar ook mooi in dit wat moeilik was verweef is. Ek het pa van drie kinders geword, wat jou baie oor die lewe leer, onder meer hoe om jouself en dit wat jy dink vir jou belangrik is soms te laat gaan, net om iets mooiers aan die ander kant te vind. Ek het geleer dat seer twee keuses vir jou laat, en dis om die lewe minder mooi te sien óf om die mooi te gaan soek juis waar jou oë dit nie vind nie. Ek het geleer dat ’n mens se wêreld, maar is waar jou naaste mense is, waar hulle jou kan vashou en jý hulle en dat tyd dáár juis die meeste tel, mits dit gehaltetyd is. Ek het geleer dat almal nie soos ek hoef te dink nie, inteendeel, ek wil dit glad nie meer hê nie. Ek het geleer dat God dieselfde is deur al die eeue, maar dat ek Hom ontdek as ek laat gaan van wat kerke en godsdiens my leer van Hom. Ek het geleer dat my kinders my leer. Ek het die vrede van die lewe gevind in tye waar ek net kon sit en asemhaal, en mediteer. Ek het gesien hoe ons boksies ons inperk, en ek het ook gesien dat ons as mense soms net oorleef omdat ons dit kies. Ek het geleer dat my essensie iewers in eenvoud bestaan en dat ek my lewe so wil inrig om dit te beleef.

Hoe dink jy het jou musiek die afgelope dekade ontwikkel?

Ek dink ’n mens groei in die lewe as skrywer en musikant en belangrikste, as mens … en dit alles dra by tot ’n verdieping in dit wat jy kan skep. Ek is dankbaar vir alles wat ek in die afgelope paar jaar kon ervaar.

Foto: Hendri Skoll

As jy een liedjie van jou nuwe album moes kies wat jy glo jou artistieke reis oor die afgelope tien jaar verteenwoordig, watter een sou dit wees, en hoekom?

“Stroom en Rivier.” Die afgelope paar jaar het baie gehandel oor die meegee van my eie gedagtes en gewoontes wat jou in ’n groef laat verval. Die lirieke van die lied begin met: “Raak ’n mens net eendag wakker en weet, wat jy jou al jare lank aan meet, is jy bereid om nou op te gee. En te vloei in riviere.” ’n Rivier vloei, anders as ’n kanaal, deur klowe en valleie waar mensehande nie betrokke was by die skep daarvan nie. Hy kronkel, hy gee lewe aan dit wat om hom is, en hy is vry, maar al is hy vry, heg hy ook waarde aan die dinge om en in hom. Dis my begeerte.

Hoe hoop jy sal jou aanhangers op die nuwe album reageer?

Ek hoop hulle sal my tevredenheid met die lewe kan hoor, en dat dit ook ’n rustigheid in hul harte sal kan los om weer asem te haal. Mense het tydens Covid-19 baie mure rondom hulle gebou en kan nie meer onthou waaroor die lewe regtig gaan nie en ek wil hulle herinner aan wat belangrik is. ’n Groot deel van my skryfwerk op hierdie album is ook geïnspireer deur ons besef dat ons dít wat ons in hierdie lewe het, moet oppas en meer bewustelik moet lewe om die aarde te bewaar. God het dit immers vir ons gegee om na ons te kyk, en ons kan van ons kant af ook dieselfde doen.

As jou musiek ’n klankbaan vir enige fliek of TV-reeks kan wees, wat sou dit wees?

Enige National Geographic-program wat oor die mooi in ons wêreld handel.

By My, die eerste enkelsnitvrystelling en musiekvideo vanaf sy nuwe album, is nou beskikbaar. “Die Vallei” sal vanaf 6 Oktober 2023 op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar wees.

KYK: Joshua na die Reën – By My

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Vanes-Marié du Toit oor die nuwe rugbyreis-reeks, In Frans, ja!

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album appeared first on rooi rose.

Joshua na die Reën stel twee enkelsnitte vry
Met die vrystelling van sy twee jongste enkelsnitte, Wandel en Vlieërs verower hy nie net opnuut die harte van sy bewonderaars met sy sielvolle lirieke nie, maar bewys hy ook dat sy werk met tyd net beter word.

WANDEL, ’n popballade uit sy eie pen, gaan oor hom en sy vrou, Danél. Omdat hierdie so ’n persoonlike lied is, glo die sanger dat dit aanklank by ’n wye gehoor sal vind aangesien dit met ’n brose plek in die hart praat.

Lees ook: rooi rose gesels met Melissa Myburgh van Dinge van ’n kind

“Danél skep vir my ’n ruimte van aanvaarding en genesing; daar is niks wat ek nie vir haar kan sê nie. Ek is dankbaar vir ’n pad saam met haar, wat voel soos om te wandel deur woude, berge en deur riviere met die geluid van die wind deur die bome en die son se strale wat sag op die grond neerlê,” verduidelik hy.

Sy tweede enkelsnit, Vliërs, sluit mooi by dié tema aan en gaan oor die vryheid en verbintenis wat daar in ’n verhouding kan wees.

Die doel van hierdie ballade, wat hy saam met Liani Reynolds geskryf het, is om mense te inspireer om mekaar – binne ’n verhouding – die plek te gun om te droom en hulself te wees sonder dat die nabyheid verlore gaan.

“Ek onthou dit was ’n reënerige someraand op ons plaas. Liani het by ons gekuier, want ons was besig om aan ons albei se albums te werk! Laat die aand het ons besluit om ’n liedjie saam te skryf oor die mooi atmosfeer wat ’n mens in verhoudings met ander kan ervaar,” deel die liedjieskrywer. “Die beeld van ’n vlieër het opgeduik, en dit was gepas vir die snit. Selfs al vlieg ’n vlieër doer ver in die lug is hy steeds gekoppel aan die persoon wat die toutjie op die grond vashou. Dit is die vryheid en avontuur wat ’n mens in verhoudings kan hê.”

Al twee liedjies vorm deel van sy jongste album, Someraarde, en volg in die voetspore van vorige suksesvolle vrystellings, insluitend Arende, Sterrenet, Voshaarnooi, Vir Altyd, Die Wêreld Binne My, en vele meer, wat ongelooflik goed ontvang is.

Lees ook: Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier

The post Joshua na die Reën stel twee enkelsnitte vry appeared first on rooi rose.