jou kind | rooi rose
Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees
Laat haar toe om te wees wie sy is
Een van die belangrikste goed wat jy vir jou dogter kan doen, is om haar te laat weet – deur woord en daad – dat wie sy is vir jou belangriker is as hoe sy lyk of hoeveel sy weeg.
Prys haar prestasies
Wanneer jou dogter iets bereik het – hetsy op akademiese, sport- of kultuurgebied, of selfs net ’n vriendin gemaak het indien sy skaam is – prys haar. Dit gee beslis nie net ’n oomblik se goedvoel nie, maar versterk haar selfbeeld en selfvertroue deur te weet dat jy omgee en trots is op haar. Dit sal ook help as sy weet dat haar prestasies gevariëer is en dat daar belangriker goed is om oor trots te wees as die oppervlakkige dinge wat die wêreld baie maal vir ons sê belangrik is.
Help haar om mediaboodskappe te evalueer
Tussen sosiale media, die Internet en die tradisionele media, word jou dogter deur ’n magdom boodskappe – positief en negatief – gebombadeer. Indien hulle nie weet hoe om met die media om te gaan en die negatiewe boodskappe te herken, kan hulle negatief beïnvloed word en selfs hul selfbeeld kan ’n knou kry.
Deur haar te help om media reg te gebruik – en byvoorbeeld vir haar te leer dat sosiale media ’n eensydige storie is wat net perfeksie reflekteer, of haar te leer om “trolls” (wat eintlik maar net ’n ander naam vir boelies is) te blok en aan te gee – leer jy haar nie net om vir haarself op te staan nie, maar ook hoe om grense te stel.
Leer haar grense stel en haarself respekteer
Doen aan ander soos wat jy aan jou gedoen wil hê, maar wees sterk in die grense wat jy stel en leer haar om vir mense te sê wanneer hulle haar grense oorskry. Só sal sy nie net selfvertroue leer nie, maar ook sterker word. Hierdie les sal sy ook kan deurdra deur haar skooljare na haar huweliksjare. Onthou, wanneer jy jouself respekteer, sal jy nie sommer toelaat dat ander jou sleg behandel nie.
Leer haar om “nee” te sê
Om “nee” te sê, grense te hê en jouself te respekteer gaan basies hand aan hand. Leer haar vroeg om haar “vrou” te staan en “nee” te sê wanneer sy ongemaklik is om iets te doen. Deur te weet dat sy mág nee sê en nie saam met die bondel hoef te beweeg nie, is nog een van die belangrikste goed wat jy vir haar kan leer. Nie net bou dit selfvertroue nie, maar dit keer ook dat sy sommer voor groepsdruk sal swig.
Moenie sleg praat van jouself nie
Wat jy as haar ma doen, is selfs belangriker as wat jy sê. Dus, moenie van jouself sleg praat nie, heeltyd oor jou gewig of kos kla nie en geen selfvertroue en selfliefde toon nie. Jou dogter sal hiérdie waardes aanleer, eerder as dít wat jy vir haar sê. Jy is haar rolmodel en sy leer van wat sy sien.
Lees meer: Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers
The post Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees appeared first on rooi rose.
Skep ’n sterk selfbeeld
Ons kinders lê ons na aan die hart. Ons doen moeite om te sorg dat hulle gesond bly, gebalanseerd eet, geleerdheid kry en goeie maniere het – alles sodat hulle gelukkige, suksesvolle volwassenes kan word.
Maar om ’n kind met innerlike krag en sekerheid toe te rus, is nie so maklik nie. Dit verg insig in wat ’n positiewe selfbeeld is, hoe dit gevorm word, wat dit kan kortwiek en wat dit kan help ontwikkel.
“Hoe jy oor jouself voel, bepaal jou optrede. As jy terugdink aan ’n tyd toe jy regtig goed gevoel het oor jouself, sal jy besef dit was ook ’n tyd toe jy goed gevoel het oor ander en maklik met hulle oor die weg gekom het,” sê dr. Lorna Geer, voorligtingsielkundige van Centurion wat in hipnose en mediese hipnoterapie spesialiseer.
“Mense met ’n goeie selfbeeld koester hul bates en potensiaal, maar bly terselfdertyd realisties oor hul sterk en swak punte. Hulle hanteer konflik en negatiewe druk beter. Hulle glimlag gouer, geniet die lewe, en is oor die algemeen meer optimisties.
“Jou selfbeeld verwys na jou mening oor jou voorkoms (hoe ek lyk), prestasie (hoe ek vaar), verhoudings (hoe belangrik ek is), ensovoorts. Hierdie gedagtes het altyd ’n gevoelskomponent. Sommige kenners onderskei tussen selfbeeld – hoe jy jouself sien – en eiewaarde – hoe jy voel oor dit wat jy in jouself sien – maar dié twee loop hand aan hand.
WANNEER JY JOU KIND MET RESPEK BEHANDEL, SKEP JY ’N STERK SELFBEELD
“Die belangrikste is om te besef dat ’n positiewe selfbeeld jou fisieke, emosionele, sosiale en geestelike welstand verhoog, terwyl ’n negatiewe selfbeeld jou vermoë kan benadeel om op hierdie gebiede te funksioneer. Omdat kinders deur navolging leer, is ’n ouer se voorbeeld van deurslaggewende belang.”
Hoe selfbeeld ontstaan
Ons selfbeeld word deur interaksie met ons wêreld en die mense daarin gevorm. “Reeds voor geboorte kry die fetus boodskappe wat haar ’n beeld laat vorm van hoe welkom sy is, of sy die ‘regte’ geslag is, en wat van haar verwag word – soos dat haar koms ’n wankelende huwelik sal red.
“Ná geboorte ontwikkel haar selfbeeld in ooreenstemming met twee stelle persepsies en verwagtinge: haar eie, en dié van haar ouers, versorgers, onderwysers, maats en ander mense wat vir haar belangrik is. Sy internaliseer die sterk en swak punte wat ander vir haar weerkaats. Die omgewing (byvoorbeeld die media) het ook ’n groot invloed.
“Soms is ’n kind se selfbeeld realisties, en soms verwronge in terme van wie sy werklik is. ’n Kind uit ’n huis aan die spreekwoordelike verkeerde kant van die treinspoor kan minderwaardig voel omdat sy anders behandel word as haar klasmaats uit gegoede huise. Sy kan glo dat hierdie enkele aspek haar waarde as mens bepaal en lewenslank ’n pleaser word om aanvaar te word.
“Vanaf voorskoolse ouderdom, wanneer die kind gewoonlik die eerste keer alleen met maatjies moet klaarkom, beïnvloed die ouderdomsgroep sy selfbeeldontwikkeling. Hoe ouer hy word, hoe belangriker word die peer group.
“Dis normaal dat tieners hulle van hul ouers afsny om hul eie identiteit en menings te vestig sodat hulle later onafhanklik kan funksioneer. ’n Tiener wat ’n verlengstuk van sy ouers is, moet heeltyd check hoe sy ouers dink hy behoort te voel. Die bou van ’n nuwe self – wat op die koop toe ’n nuwe liggaam ontwikkel waarin hy tuis moet raak – is ’n natuurlike proses. Vir ’n kind wat soveel verander, werk die ou voorbeelde nie meer nie. Sy ouderdomsgroep het dus ’n deurslaggewende invloed.”
’n Slim benadering
“Jou selfbeeld word deur ervarings met jou omgewing en ander mense sowel as selfspraak gevorm.
“Jy kan ’n gesonder en meer akkurate beeld van jouself ontwikkel deur jou eie en ander se menings oor jou te ondersoek en, indien nodig, nuwe menings te vorm.
“Daaglikse gebeure soos die punte wat jy in ’n toets kry, ’n opmerking, of ’n haakplek in ’n nabyverhouding beïnvloed jou siening van jouself in ’n mindere of meerdere mate. Iemand met ’n goeie selfbeeld word nie noodwendig intens geraak deur ’n ‘slegte dag’ nie. Hy vind gou weer sy emosionele balans.
“Iemand met ’n negatiewe selfbeeld word egter sterk beïnvloed deur hoe hy in die oomblik presteer. Hy is afhanklik van komplimente van sy vriende of ouers en ander eksterne hupstootjies om sy konstante negatiewe gevoelens oor homself teë te werk. Positiewe terugvoer het ongelukkig net ’n tydelike uitwerking voor hy weer aan homself begin twyfel.
“Dis nie soseer dit wat met jou gebeur wat jou selfbeeld kan skaad nie, maar jou interpretasie van dit wat met jou gebeur. Interne selfspraak, of dit wat jy onbewustelik elke dag vir jouself vertel, hang hiermee saam.
“Selfspraak is deels gegrond op jou kleintyd; jou onbewuste herhaal aanhoudend die boodskappe wat jy in jou kinderjare ontvang het. Mense met ’n gesonde selfbeeld ervaar meestal gerusstellende boodskappe, terwyl mense met ’n swak selfbeeld se boodskappe gelaai is met verkleinering en afbrekende kritiek.
“Wanneer jy ’n tree terug kan gee en objektief na jou selfspraak kyk, kan jy jou afvra of dit realisties is. Is dit byvoorbeeld waar dat jy tien duime het en skaars ’n spyker kan raakslaan, soos jou ma kleintyd graag gesê het?
“Dieselfde geld terugvoer wat jy in wisselwerking met ander kry. Reageer jy sonder nadenke op wat hul woorde of lyftaal na jou terugkaats, of gaan jy oordeelkundig met hierdie inligting om?
“Jy kan kinders van kleins af leer hoe om moeilike situasies konstruktief te hanteer. As ’n vriendin jou byvoorbeeld te na kom en jou dogtertjie vra hoekom jy huil, kan jy sê: ‘Ek is hartseer, want tannie Marietjie was lelik met my. Maar dalk moet ons kyk hoekom sy lelik was met Mamma. Miskien voel sy vandag siek. Ek dink ek moet haar vra.’
“Deur moeite te doen om die situasie op jou kind se vlak te verduidelik, leer sy dat sy ’n mate van beheer het. Deur kennis in te win en dan ’n besluit te neem, gee sý betekenis aan dit wat ander doen en sê. Hul woorde en optrede hoef haar nie outomaties te definieer nie.
“Wanneer iemand sê sy is sus of so, kan jy haar aanmoedig om te vra: Is dit waar? Jy kan ook die woordewisseling stap vir stap saam met haar ontleed sodat sy kan sien waar ’n misverstand kon ingesluip het.
“Dié deurdagte benadering is iets wat selfs volwassenes moet inoefen. Ons kan ’n kind uit woede slaan of hok, of ons kan sê: ‘Ek is nou baie kwaad. Gee my eers afkoelkans.’
“Wanneer jy jou kind met respek behandel, skep jy ’n sterk selfbeeld wat nie sommer deur ander verpletter kan word nie. Dis ’n kind wat op ’n belediging sal reageer met: ‘Ek dink nie so nie.’
“Selfbeeld is dinamies en kan verander. Hierdie proses duur lewenslank en begin wanneer jy leer om jouself te aanvaar en lief te hê. Dit impliseer ook dat jy aanvaarding en liefde van ander ervaar.
“’n Goeie motto vir ouers is: My kind, wie jy ook al is of wil wees: ons sal jou die ruimte gun om jou potensiaal te ontdek en te verwesenlik sonder om jou in te perk. Ons sal jou koester, nie versmoor nie. En as jy val, sal ons jou help opstaan.
“Hierdie soort steun bou innerlike krag.”
Herken só ’n swak selfbeeld
’n Negatiewe selfbeeld is nie altyd ooglopend nie. Wees van die volgende bewus:
Die persoon tree op asof sy gelukkig en suksesvol is, maar diep binne is sy doodbang om te misluk. Sy leef in konstante angs en probeer hard om suksesvol te wees sodat die positiewe masker op sy plek kan bly. Dit kan aanleiding gee tot perfeksionisme, uitstel, kompeterende gedrag en uitbranding.
Die persoon kan ook optree asof ander se menings en kritiek, veral dié van invloedryke mense in sy lewe, hom nie raak nie. Hy leef met konstante woede omdat hy voel hy is nie goed genoeg nie. Hy probeer aanhoudend bewys dat ander se sienings hom nie seermaak nie. Hy kan ander blameer, hul reëls verbreek, of gesag uitdaag.
Die persoon tree op asof sy hulpeloos is en geen beheer het oor haar omstandighede nie. Sy sit en wag vir iemand om haar te kom red. Sy gebruik selfbejammering en onverskilligheid as beskerming omdat sy bang is om verantwoordelikheid te aanvaar en haar lewe te verander. Dit kan lei tot onderprestasie, ’n gebrek aan selfgelding, en oormatige afhanklikheid in verhoudings.
Moontlike gevolge van ’n swak selfbeeld
Angs, stres, eensaamheid en ’n groter kans op depressie.
Verhoogde vatbaarheid vir dwelm- en alkohol-afhanklikheid.
Probleme met vriendskap en romantiese verhoudings.
Probleme met akademiese en werksprestasie.
Dié negatiewe gevolge kan ’n swak selfbeeld verder skade doen en die persoon kan in ’n afwaartse spiraal van doelbewuste destruktiewe gedrag teenoor die self beland.
Bou só jou kind se selfbeeld
Vorm jou verwagtinge oor jou ongebore baba só dat sy voel sy kan vir jou kom wys wie sy is. Wees oop vir die persoonlikheidseienskappe, talente en voorkeure waarmee die kleinding jou gaan verras en beperk spesifieke verwagtinge sover moontlik.
Luister na hoe jou kind dinge ervaar wat met haar gebeur. As haar optrede skielik sonder ’n goeie rede verander, het sy iets beleef wat sy nie kan verwerk nie. Neem haar na iemand wat haar kan help.
Let op hoe jy uitdagings in jou lewe hanteer, want dis presies hoe jou kind dit later gaan doen. Kry hulp en pluis jou kwessies uit sodat jy ’n navolgingswaardige voorbeeld kan stel.
Moedig jou kind aan om sy bes te lewer met alles wat hy aanpak, maar wys hom ook sy bes is vir jou goed genoeg.
Gee erkenning aan al jou kind se pogings en help hom om sy foute te identifiseer en reg te stel. So leer hy om homself nie net te evalueer nie, maar ook erkenning aan homself te gee.
Help jou kind om realistiese doelwitte te stel, want dan bemagtig jy hom om by sy doelwitte uit te kom en goed oor homself te voel.
Moenie deur jou kind probeer lewe nie. Jy het die kans gehad om op daardie ouderdom sekere dinge te doen of na te laat. Jou kind is uniek en dis nou sy beurt om die geleenthede tot sy beskikking te gebruik.
Lees ook: 5 wenke om jou kind empatie te leer
The post Skep ’n sterk selfbeeld appeared first on rooi rose.
Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou
Deur Carla van der Spuy
Daar is al gesê ’n lae selfbeeld is soos om deur die lewe met ’n handrem aan te bestuur.
Party mense het te veel selfvertroue, ander te min. Dan is daar diegene wat selfversekerd is sonder dat hulle daarin slaag om jou bloed van verontwaardiging te laat borrel. Om te veel selfvertroue uit te straal, kan as arrogant beskryf word – of selfs aan iemand met narsistiese persoonlikheidstrekke toegedig word.
’n Gesonde hoeveelheid selfvertroue is egter ’n bate omdat jy ondanks jou sukses steeds die son oor ander wil sien skyn. Dit is wat van iemand met ’n goeie emosionele IK verwag word.
Henry Ford se woorde was dat jou denkwyse ’n kragtige uitwerking het op jou vermoë om te slaag.
Dit is benadruk deur onlangse navorsing deur die Universiteit van Melbourne wat bevind het dat selfversekerde mense beter salarisse ontvang en gouer as ander bevorder word.
Die oorsprong van selfvertroue
Die sielkundige dr Hermann Liebenberg skryf te veel of te min selfvertroue aan ’n mens se “lokus van beheer” toe. Dit beteken dat ’n goeie sowel as ’n swak selfbeeld dieselfde oorsprong het, hetsy dit weens genetiese of aangeleerde gedrag is wat as gesonde en funksionele selfvertroue óf minderwaardigheid en wanfunksionele lae selfvertroue manifesteer.
“Lokus van beheer” dui aan of die persoon die goedkeuring van ander nodig het om te funksioneer (eksterne lokus van beheer) of op die eie self fokus (die interne lokus van beheer). Laasgenoemde is dus nie afhanklik nie of is minder afhanklik van ander se goedkeuring om in beheer van hul lewe te kan wees.
’n Interne lokus van beheer wat te sterk is, kan ongelukkig ook op oordrewe selfvertroue dui. Dit verg ’n gedragskundige om die onderskeid tussen ’n gesonde of swak selfbeeld te tref. Hermann sê: “Hierdie lokus van beheer kan ’n aanduiding wees van aspekte wat die kind vanaf ouerfigure aangeleer het en dan word selfvertroue of ’n gebrek daaraan weerspieël.”
“Kinders boots dikwels die gedragspatrone van hul opvoeders na en dit manifesteer dan as gesond of ongesond. Die uiterste vorm van selfvertroue word dikwels as narsisme beskou.”
Hermann wys daarop dat narsisme, wat ’n ekstreme en patologiese aspek van ’n verwronge selfbeeld is, gewoonlik sy oorsprong in sterk minderwaardige gevoelens uit die kinderjare het.
“Hoewel die persoon wat duidelik minderwaardig voel, moontlik aan dieselfde gedrag van die tipiese narsis blootgestel is, het die brein nie selfbeskermende meganismes aangeleer om die effek teen te werk nie. Dit terwyl die narsis se selfverdedigingsmeganisme vir die gevoelens van minderwaardigheid oorvergoed.”
Hoe lyk iemand met selfvertroue?
Kenners reken selfversekerde mense is daardie mense wat nie nodig het om hulself te besing, ’n valse front voor te hou om hul eie onsekerheid te probeer verbloem of hul eie beuel te blaas nie. Dis mense wat altyd in beheer is en wat ander inspireer.
Hulle het nie ander se goedkeuring nodig nie. Hulle weet wie en wat hulle is.
Hul verbale en nie-verbale taal stem ooreen.
Hulle bekommer hulle nie oor dinge wat buite hul beheer is nie.
Hulle skroom nie om ander om hulp te vra nie. Hulle dink nie dit laat hulle swak of dom lyk nie.
Hulle is oortuigend en saai geen twyfel oor hul doelwitte nie. Hulle struikel nie oor hul woorde en gedagtes nie. Sinne soos “Ek is nie seker nie” bestaan nie in hul woordeskat nie.
Hulle kan ’n besluit neem en daarby hou.
Hulle erken as hulle ’n fout gemaak het.
Hulle beskik oor deursettingsvermoë.
Hulle geluk kom uit ’n innerlike bron en is nie van faktore van buite hulle af afhanklik nie. Geluk is ’n belangrike aspek van selfvertroue. Jy moet gemaklik in jou vel wees.
Hulle is nie veroordelend nie. Hulle besef dat elkeen van ons sterk- en swakpunte het. Hulle vind dit glad nie nodig om op ander neer te sien om beter oor hulleself te voel nie.
Hulle laat hulle nie manipuleer om iets teen hul sin aan te pak nie. Hul ja is “ja” en hul nee “nee”.
Hulle luister meer as wat hulle praat. Deur aan ander aandag te gee, is daar meer geleenthede vir leer en groei. Die interaksie met ander is vir hulle belangrik.
Hulle daag hulself graag uit en vier klein oorwinnings.
Baie selfversekerde mense bly fiks. Dis natuurlik glad nie verbasend nie aangesien oefening endorfiene in die liggaam vrystel wat tot ’n positiewe gesindheid bydra. Navorsing wat by ’n navorsingsentrum in Oos-Ontario gedoen is, het bevind dat mense wat oor ’n tydperk van tien weke twee keer per week oefen op sosiale, akademiese en atletiese gebied presteer.
Hulle is nie aandagvrate en wanhopig vir die kollig nie, maar bly hul outentieke self eerder as om voor te gee dat hulle belangrik is. Selfversekerde mense sal nie skroom om die aandag van hulself af te lei na diegene wat hulle gehelp het om hul drome te bereik nie.
Hulle verkies om uit hul foute te leer, eerder as om daaroor te wroeg en dit as ’n persoonlike vernedering te beskou.
Hulle neem risiko’s en loop die ekstra kilometer. En dan gaan hulle voluit. Vrees is nie ’n struikelblok nie en hulle weet ook wie nie waag nie, wen nie.
Hulle is opgewonde oor ander se sukses en deel komplimente uit wanneer dit verdien word.
Kinders met ’n lae selfbeeld
Linda van Niekerk, ’n opvoedkundige sielkundige, vertel dat kinders met ’n lae selfbeeld dikwels na haar verwys word omdat hulle tekens van emosionele, gedrags- of leerprobleme toon.
Hierdie kinders kom soms angstig, onseker en ongelukkig voor, en hulle het min waagmoed. Hulle twyfel in hul eie vermoëns en vrees dat as hulle iets nie regkry nie, hulle nie meer aanvaar sal word nie. Só ontneem hulle hulself van geleenthede om hul volle potensiaal te bereik.
’n Lae selfbeeld beïnvloed ook kinders se sosiale ontwikkeling en aanpassing. Hulle kan oorafhanklik van ander se goedkeuring wees en dan oorkonformeer omdat hulle in hul eie oordeel twyfel. Onderliggende angs kan tot weerstandige of vermydende gedrag lei wat weer tot gevolg het dat hulle volstrek weier om aan ’n aktiwiteit deel te neem.
’n Lae selfbeeld kan op verskillende maniere manifesteer en selfs ’n skoolboelie vol bravade mag moontlik ’n lae selfbeeld hê, sê Linda. Hierdie kinders is dikwels baie mededingend en vind dit moeilik om enige mislukking te verstaan en te hanteer. Hulle is geneig om ander te blameer as hulle ’n fout begaan het. Hulle stoei met skeidingsangs omdat hulle in hul eie vermoë om ’n taak onafhanklik uit te voer twyfel.
Hierdie kinders soek soms op ’n negatiewe manier aandag deur die klas te ontwrig en erg luidrugtig voor te kom of destruktiewe gedrag te toon. Hulle word dan ook as stout geëtiketteer wat verdere negatiewe gedrag versterk.
Linda sê die gehalte van kinders se verhouding met hul ouers of primêre versorger in die eerste drie jaar van hul lewe speel ’n kardinale rol in die opbou van ’n positiewe selfbeeld.
Kinders wat erken en aanvaar word vir wie hulle is, voel geliefd en ontwikkel ’n sin van eiewaarde. Babas wat vertroetel, gesus en onvoorwaardelik aanvaar word, vorm ’n veilige band met hul primêre versorger en leer só om ander te vertrou. Dit vestig by hulle ’n wete dat hulle belangrik en geliefd is wat tot ’n positiewe selfbeeld lei.
Lees ook: Help jou kind se leesvaardighede aan
Bou hul selfbeeld
Ontspan saam met jou kinders. Gee vir hulle positiewe aandag en toon belangstelling in dit wat vir hulle belangrik is.
Aanvaar jou kinders se ontwikkelingsvlak, fisieke eienskappe en basiese temperament. Vermy etikette.
Bied vir hulle ’n voorspelbare en veilige omgewing om in groot te word.
Pas reëls verstaanbaar en konsekwent toe.
Straf moet op ’n redelike manier toegepas word en hulle moet die gevolge van hul keuses dra.
Vermy lyfstraf te alle tye aangesien dit ’n kind se selfbeeld kan skend.
Waak daarteen om enige wrokke teen kinders te koester.
Moedig jou kinders aan, kommunikeer vertroue en koester realistiese verwagtinge. Fokus op die poging eerder as die suksesvolle voltooiing van die einddoel.
Ten slotte, sê Linda, dink net aan die wyse Amerikaanse presidentsvrou Eleanor Roosevelt se woorde: Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie.
Bronne: www.asaporg.com, www.forbes.com
Lees ook: 5 wenke om jou kind empatie te leer
The post Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou appeared first on rooi rose.
Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
Deur Anys Rossouw.
’n Mens se selfbeeld is ’n bietjie soos die aandelemark: Party dae is dit hoog en ander dae tuimel dit tot in die dieptes. Maar ’n goeie selfbeeld is soos ’n goeie ontbyt – onontbeerlik om jou emosionele krag te gee om te begin en om aan te hou. Menige ouer het al die verlammende ervaring gehad van ’n kind wat ná ’n teleurstelling tuis kom met: “Ek het dit nie gemaak nie.” “Ek kry niks reg nie.” “Niemand hou van my nie.” “Ek weet nie waarom ek eens probeer nie, ek dink ek gaan sommer alles los!” Dikwels met of sonder die uitgesproke wens: “Ek wens ek was iemand anders!”
Kinders met ’n gesonde selfbeeld voel goed oor hulself en hul vermoëns, hul sterk en swak punte. Dis vir hulle makliker om ander te vertrou, want hul selfwaarde hang nie van ander se goedkeuring af nie. Dit gee hulle selfvertroue in die klas, op die verhoog of sportveld of tussen hul maats, ander mense en in die stil oomblikke met hulself. Hulle kan waag en met selfvertroue nuwe geleenthede aangryp en skep. Teleurstellings en probleme verlam hulle nie. ’n Goeie selfbeeld help jou om verantwoordelike besluite oor jou liggaam en gees te neem sonder om ander slaafs te volg.
Selfbeeld word bepaal deur jou persepsie, of prentjies van jouself, hoe jy jouself sien en wat jy oor jouself glo. En wat jy glo hoe ander jou sien. Persepsie is so selektief. Jy neem net ’n baie klein deeltjie van die werklikheid waar en daarop berus jou afleidings en aannames oor wie jy is. En dit bepaal jou gedrag wat dan juis die persepsies waar maak.
In die mededingende Westerse kultuur is daar sterk klem op prestasie, vaardighede, vermoëns, posisie en hoeveel mag en beheer jy het. Daarom is mense geneig om hulle voortdurend met ander te vergelyk en dit bepaal dikwels mense se beeld van hulself.
Selfbeeld en liggaamsbeeld, voorkoms, is vir baie mense so nou gekoppel. Tieners veral is byna obsessief oor hul voorkoms. Dit voel vir hulle of almal heeltyd na hulle kyk en bewus is van hoe hulle lyk, wat hulle aantrek, waar hulle ’n puisie het of hoe groot hul ore is.
Selfbeeld beïnvloed nie net jou waagmoed en selfvertroue nie, maar dit raak ook jou belewing van geluk en sin. Dit het ’n groot invloed op jou besluitneming en optrede – of jy in staat is om te kan doen wat jy eintlik graag wil doen; of jy getrou aan jouself kan wees en duidelike grense het om met grasie te kan “nee” sê in situasies wat nie by jou planne, lewenstyl of waardes pas nie.
Die belangrikste lewenslesse word by die huis geleer. Wie die ouers is, is dikwels bepalend vir wie die kinders word. Daarom moet ouers uitleef en aanmoedig wat hulle wil hê hul kinders moet word. Gandhi het gesê: “Ons moet die verandering wees wat ons in die wêreld wil sien.” Daarom is die grootste geskenk wat enige ouer sy kind kan gee seker aanvaarding, ’n gelukkige huwelik en ’n lewende voorbeeld van selfaanvaarding, selfvertroue, selfvervulling, optimisme en geluk.
As die ouers goeie selfbeelde het, is dit vir kinders makliker om hulself te aanvaar en ’n goeie selfbeeld te ontwikkel. Hulle word dikwels met minder kritiek groot en kan maar net wees wie hulle is.
Hulle hoef nie beter of soos iemand anders te wees om goed te voel oor hulself nie. Hul prestasie bepaal nie hul ouers se selfbeeld of beeld van hulle nie. Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar. Die negatiewe dinge wat vir ’n kind gesê word, laat merke en letsels in sy gees wat hom by bly, selfs tot sy oudag toe.
’n Goeie selfbeeld is nie bedmaats met dwelms, eetversteurings, aggressie, selfmoord, alkoholmisbruik, tienerswangerskappe en swak skoolprestasie nie.
’n Goeie selfbeeld beteken om ’n gesonde, gebalanseerde beeld van jouself te hê: Om jouself met positiwiteit te aanvaar en te waardeer en oor die algemeen tevrede met die lewe en jouself te voel.
Perfeksionisme is die ouer boetie van ’n swak selfbeeld. ’n Lae selfbeeld word gevoed deur negatiewe gedagtes, self- kritiek en om jou met ander te vergelyk. Dis ’n wedloop waarin jy selde wen, want nes jy op die een terrein vorder, is jy op ’n ander gebied net nie goed genoeg nie. Dis ’n eindelose, moeisame taak om jou voortdurend te probeer bewys.
Erkenning is belangrik vir kinders. John Kehoe in Mind Power for Children sê dat erkenning die mens se motivering en selfbeeld verbeter, selfvertroue gee en verantwoordelikheid ontwikkel.
Ongelukkig raak party kinders die slaaf van erkenning en is hul selfbeeld daaraan gekoppel. Iemand moet voortdurend vir hulle sê dat wat hulle doen goed, pragtig of oulik is, anders voel hulle waardeloos, ongemotiveerd en mismoedig.
Soveel kinders beleef hul ouers se goed bedoelde raad en pogings om hulle te help as verwerping – dat wat hulle doen, net nie goed genoeg is nie. Om ’n kind met ’n goeie selfbeeld groot te maak, vra ’n ouer met ’n goeie selfbeeld. ’n Ouer wat kan terugstaan en in sy eie opvoeding en kind glo; ’n ouer wat nie regeer en beheer nie, maar opvoed en lei deur ’n rolmodel te wees van geloof, hoop, planne en hardwerkendheid. Dit vra dikwels baie van ouers om kinders nie teen hul foute te beskerm nie, maar hulle uit hul foute te laat leer. Ook is sommige ouers so bekommerd oor die kind se toekoms dat hy nie ’n hede het nie. Leer jou kind waardes en respek: Morele en werkwaardes en respek vir die natuur en wêreld, respek vir elke mens, homself en vir ’n Godheid wat groter as alles is. Elke kind verdien die vryheid om homself te wees, sy hart en intuïsie te volg en met passie te doen waarvoor hy lief is, want dis wanneer hy die lewe sal geniet en goed oor homself sal voel.
Wat ouers kan doen om kinders se selfbeeld te verbeter
Aanvaar die kind onvoorwaardelik sodat hy homself kan aanvaar. Help hulle om hul uniekheid te waardeer en nie soos iemand anders te probeer wees nie.
Gee erkenning. Wees ’n bron van jou kind se sterk punte, vertel oulike staaltjies oor hom. Vertel wat jy waardeer en geniet – nie net van hul prestasies nie.
Skep vir hulle geleenthede om hulself as uniek en bevoeg te ervaar – laat hulle iets anders doen: boogskiet, perdry, fiks raak, ’n troeteldier kry, inskryf vir ’n duikkursus, kunsklasse of vioollesse.
Gee hulle uitdagings om hul grense oor wat hulle van hulself dink en glo te verskuif. Almal wat iets regkry wat hulle gedink het hulle nie kan doen nie, voel goed oor hulself.
Moenie te gou help met dinge wat hulle nie kan doen nie, of hul vrae antwoord nie. Laat hulle eers dink en probeer – en toon respek vir hul pogings.
Wees vinnig om hulle te prys en stadig met die kritiek. Prys hulle vir hul insette en nie vir die resultaat nie. Ouers moet kinders help en leiding gee. Die tydsberekening hierin is dikwels belangriker as die kritiek of leiding en bepaal of hulle dit as kritiek of hulp beleef – of dit hul selfbeeld bou of breek. Laat die kind eers deur die teleurstelling werk. Vra liewer later as die emosie van die situasie ver- by is vrae soos: Wat sal jy volgende keer anders doen? Dan fokus jy op die oplossing en nie op die probleem nie. En die kind neem die verantwoordelikheid en voel hy kan iets doen.
Leer haar om haar met haarself te vergelyk. As sy beter as die vorige keer presteer het, het sy uitstekend gedoen ongeag of sy eerste, derde of laaste gekom het. Kinders raak moedeloos as hulle so hard probeer en dit is nie goed genoeg nie.
Help hulle om met balans te lewe. Hulle behoort reg en genoeg te eet, genoeg te rus, te ontspan en gereeld te oefen. Dan lyk jy goed en voel jy goed.
Help hulle om kritiek te hanteer deur daarna te luister, veranderinge te maak indien nodig en die res te vat van wie dit kom.
Help hulle om weg te doen met sinnelose selfkritiek deur positiewe selfspraak – om positiewe dinge van hulself te dink en te sê. Dis iets anders as spog.
Leer hulle dat daar altyd ’n plan gemaak kan word. En respekteer hul pogings. Moenie dit altyd probeer verbeter nie.
Beskerm jou kind teen afbrekende kritiek en opmerkings van ander – veral boeties en sussies: “In ons huis praat ons nie so met mekaar nie.” Leer hulle dat alle mense en lewe respek verdien.
Leer hulle waardes met ’n sin-dimensie – dat daar altyd iets of Iemand is om in te glo, voor te hoop en lief te hê! En wat hulle ook liefhet.
Het jou kind ’n goeie selfbeeld?
Aanvaar sy haarself en is gelukkig met wie sy is?
Kan hy kritiek hanteer sonder om dae daaroor te tob of dit te ontken?
Glo sy ander se komplimente is opreg?
Kan sy waag, of vermy of vrees sy nuwe situasies en verandering?
Blameer hy ander vir sy foute?
Glo sy in haar eie vermoë?
Word hy maklik deur ander beïnvloed?
Bekommer sy haar voortdurend wat ander dink? Steek hy sy gevoelens weg?
Sien sy haarself as waardevol, gelukkig, nodig en iemand wat ander se respek, aanvaarding en liefde kry?
Dít knou kinders se selfwaarde
As hulle hulle met ander kinders vergelyk of in voortdurende kompetisie is.
As hulle misluk in iets waaraan hulle of hul ouers waarde heg, veral as hulle hard probeer het. As hulle voel dat hulle nie inpas en deur hul portuurgroep aanvaar word nie.
As hulle negatiewe terugvoer kry omdat hulle gebrekkige sosiale en emosionele vaardighede het.
As hulle voel hul ouers het nie tyd vir hulle nie.
As hul selfbeeld gekoppel is aan die positiewe terugvoer wat hulle kry. En dit net kry as hulle presteer.
As hul ouers of onderwysers fokus op wat nie reg is nie, sonder erkenning vir die goeie prestasie wat wel behaal is. (As die kind 85% kry, vra pa: “Waar is die ander 15%?”)
Kwetsende woorde van maats, onderwysers, ouers, broers of susters. Veraas dit op hul persoon en karakter gemik is en nie op hul gedrag nie. “Jy is treurig.” Nie “dis ’n treurige toetspunt” nie”.
Lees ook: Hoe gemaak met ’n probleemkind?
The post Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld? appeared first on rooi rose.
Die krag van suiwelvoeding vir jong atlete
Om seker te maak dat kinders daagliks die korrekte voedingstowwe inneem om gesonde groei, ontwikkeling en ‘n aktiewe lewenstyl te ondersteun, is dikwels ‘n bron van kommer vir ouers. Die verantwoordelikheid is selfs groter wanneer kinders ernstig aan sport deelneem. Sportdeelname en die oefening wat daarmee gepaard gaan, verhoog verder die intensiteit en frekwensie van wat die liggaam benodig. Of jou kind sopas met skoolsport begin het, of belofte as ’n toekomstige ster toon, dit is uiters belangrik vir sy of haar prestasie, herstel en algemene gesondheid om die wetenskap van sportvoeding te verstaan.
Die basiese beginsels van sportvoeding vir aktiewe kinders
Geregistreerde dieetkundige Rosey Lombard sê: “’n Gebalanseerde dieet is die grondslag van sportvoeding. Vir kinders wat gereeld aan sport deelneem, is daar egter verskeie belangrike bykomende aspekte. Dit sluit in gefokusde voeding wat prestasie tydens oefening en kompetisies ondersteun, asook ná sportdeelname herstel en langtermyngesondheid verseker.”
Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer
’n Goed gebalanseerde dieet vir aktiewe kinders sluit die volgende in:
Koolhidrate – die primêre energiebron vir die brein en spiere tydens sport. Koolhidrate kan ’n bron van dieetvesel wees en is uiters belangrik vir dermgesondheid. Voedsel soos volgraan brood, rys, aartappels, vrugte en groente verskaf volhoubare energie wat nodig is om vir hoë-energie aktiwiteite voor te berei en daarmee deur te druk.
Proteïene – die boustene wat nodig is vir spierontwikkeling, -groei en -herstel. As deel van ‘n dieet wat verskeidenheid insluit is  melk, joghurt, kaas, hoender, vis, eiers en peulgewasse goeie proteïen bronne. Dit dra  gewoonlik by tot die  kind se daaglikse proteïenbehoeftes sonder dat enige bykomende aanvullings benodig word.
Vette – noodsaaklik vir die funksionering van liggaamselle en die verskaffing van gekonsentreerde energie. Gesonde vette soos avokado, grondboontjiebotter, olyfolie en neute kan die energieinhoud (kJ) van maaltye verhoog sonder om te veel volume by te voeg.
Vitamiene en minerale – ruimskoots beskikbaar in kleurryke vrugte en groente om die liggaam se gesonde funksioneering te ondersteun. Vitamiene help om die immuunstelsel te ondersteun en algemene gesondheid te bevorder, en minerale soos kalium en magnesium is noodsaaklik vir spierfunksie.
Die rol van suiwel in sportvoeding
“Suiwelprodukte speel ’n belangrike rol in die dieet van jong atlete,” sê Maretha Vermaak, geregistreerde dieetkundige by Rediscover Dairy. “Dit verskaf hoëgehalte proteïen, wat deurslaggewend is vir die verbetering van sportprestasie en om herstel ná oefening aan te help.
“Navorsing toon dat so min as 500 ml melk of gegeurde melk ná hoë-intensiteit oefening, al die regte bestanddele bevat om spiere te help herstel en te bou, wat gedurende oefening afgebreek is. Deur ’n drankie wat so voedsaam soos melk is binne ’n uur ná ’n oefensessie in te neem, help jou liggaam om energievlakke te handhaaf en beperk die afbreek van spierweefsel. Dit maak dit vir die kind moontlik om die volgende dag weer net so hard te oefen. Behalwe vir proteïen, verskaf suiwel ook koolhidrate vir energie; kalium, natrium en magnesium om elektroliete te vervang wat deur sweet verlore gaan, en vloeistof om dehidrasie te voorkom. Melk en melk produkte is besonders ryk aan kalsium, ’n mineraal wat belangrik is om sterk bene te bou en om spierfunksie te ondersteun en te handhaaf.”
Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders
Hier is voorbeelde van ideale tussen-in happies vir ná oefening:
Melk of gegeurde melk
Jogurt of drinkbare jogurt
Gladdejantjies (“smoothies”) gemaak van jogurt en melk
Graanvlokkies met melk of jogurt
Kaastoebroodjies
Gebakte aartappel met maaskaas
Pas jou kind se voeding aan volgens sy/haar behoeftes
Elke kind is anders, en sy of haar voedingsbehoeftes verskil na gelang van faktore soos ouderdom, intensiteit van aktiwiteit en persoonlike voorkeure. Ouers moet seker maak dat die kind se inname voldoende energie (kilojoules) bevat om aan hulle daaglikse behoeftes vir algemene funksionering, groei, sportprestasie en herstel te kan voorsien. “Een manier om seker te maak dat jou kind genoeg energie inneem, is om gesonde vette by maaltye en versnaperinge te voeg” sê Rosey. “Dit kan byvoorbeeld wees om grondboontjiebotter by ’n ‘smoothie’ of avokado by ’n kaastoebroodjie te voeg, of ’n handvol neute in sy of haar kosblik te sit” gee sy raad. Vette bevat meer as dubbel die energie per gram in vergelyking met koolhidrate of proteïene; dit is dus ’n gekonsentreerde bron van energie”
Volhoubare energie en hidrasie voor oefening – Dit is uiters belangrik dat jou kind voldoende energie voor oefening inneem deur middel van ’n koolhidraatgebaseerde versnapering. Dit kan ’n vinnige ‘smoothie’ wees, of joghurt met vrugte, graanvlokkies met melk of roosterbrood met grondboontjiebotter en konfyt. Hidrasie is net so belangrik – moedig jou kind aan om deur die loop van die dag water of melk te drink om optimale hidrasievlakke te handhaaf.
Herstel ná oefening – Die doel ná oefening is om die energie wat verbruik is te vervang en om spierweefselse herstel te ondersteun. Dit is ideaal om binne die eerste uur ná oefening ’n koolhidraat- en proteïenryke versnapering soos gegeurde melk, jogurt met vrugte of ’n toebroodjie met kaas en heuning in te neem. As jou kind nie lus is vir eet nie, kan ’n ‘smoothie’ of melkskommel ’n goeie alternatief wees om die herstelproses ’n hupstoot te gee.
Rosey sluit af: “Sportvoeding vir kinders behoort nie ingewikkeld te wees vir ouers nie, veral nie as jy reeds ’n sterk grondslag van gebalanseerde daaglikse maaltye het nie. Dan is dit net ’n kwessie van om daarop te let  om voor sportdeelname aan hul energiebehoeftes te voldoen en om ná sport op proteïenryke versnaperinge vir herstel te konsentreer. Ouers het ’n groot verskeidenheid keuses oor hoe om aan die voedingsbehoeftes van hulle ontluikende atlete te voldoen, en gelukkig is baie melk en suiwelprodukte onder kinders se gunstelingkos.”
Besoek https://www.rediscoverdairy.co.za/sport-nutrition/ vir meer inligting oor die voordele van suiwel en sportvoeding vir kinders.
Lees ook: Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet
The post Die krag van suiwelvoeding vir jong atlete appeared first on rooi rose.
My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid
My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid deur Marizel Neethling. Versorg deur Mariette Snyman. Foto:  Alexander Grey vir Unsplash
Hierdie verhaal kom uit my hart. Ek hoop dit kan iemand help wat deur dieselfde proses gaan.
Ek is jare gelede met insulienweerstandigheid, vergrote eierstokke en polisistiese ovariumsindroom gediagnoseer. Daar was ook ’n gewas op my eierstok wat verwyder moes word. Deur genade is my eierstok nie verwyder nie. Ek het lank met die vrees gesukkel: Sou ek ooit swanger raak?
Ek het my lewe lank met my gewig gesukkel en dit ná baie harde werk en oefening gekry waar dit moes wees. Ek was gelukkig.
Na talle doktersbesoeke is my kanse om normaal swanger te raak as skraal afgeweer, en ek en my man het besluit om die Pil te los. As dit die Here se wil was, sou ons die voorreg hê om kinders te hê.
Baie gouer as wat ons verwag het, het ek op 25 natuurlik swanger geraak. Omdat my siklusse so deurmekaar was, was ons geskok. My man was dadelik opgewonde. Ek was oorweldig – hoe het dit gebeur? Ek was te jonk. My kanse was dan so skraal.
Ek kon my reaksie nie verstaan nie. Ek het vir drie aande nie geslaap nie. En dis waar alles begin het …
Ek het ’n redelik maklike swangerskap gehad, behalwe dat ek onbeheers gewig opgetel het. Ek het al my selfvertroue verloor en niks in my klerekas wou pas nie. Ek het in die spieël gekyk en net vet gesien, nie die wonderwerk wat in my gegroei het nie. Ek het elke dag vir my man gesê hoe sleg ek lyk en hoe ongemaklik ek in my eie vel voel.  ’n Goeie vriendin wat ’n ongelooflike pad met die Here stap, het dit opgetel. Sy het saam met my gebid, en baie onsekerhede en episodes uit die verlede het na vore gekom. Die Here was getrou en ek kon uiteindelik die gewig-hoofstuk afsluit.
Lees ook: Wat is nageboorte-depressie?
Dis ’n dogtertjie!
Ek het die Here gevra om my ’n seuntjie te gee. Ek was bang dat ’n dogtertjie dieselfde gewigs- en ander issues as ek sou hê, en nie daarvoor kans gesien nie.
Op 16 weke hoor ons ons verwag ’n dogtertjie. ’n Perfekte, gesonde babadogtertjie.
My man was uit sy vel, ek oorweldig. Ek het geweet dat die Here my wou leer om Hom te vertrou, in plaas van die leuen glo dat sy dieselfde paadjie as ek sou loop.
Ek wou graag normaal kraam en het my sielkundig daarop voorberei. Op 35 weke is ek opgeneem omdat ons baba se hartkloppie te stadig was. Ek was van 35 tot 38 weke aan en af in die hospitaal. Dan was die hartklop te vinnig, dan  weer te stadig. Ek was al moedeloos, maar nog glad nie reg om hierdie kleine dogtertjie in die wêreld te verwelkom nie.
Hou sou ek hierdie baba grootkry?
Ek het konstant oorweldig gevoel. Hoe sou ek hierdie baba grootkry? Ons sou nie meer kon kom en gaan soos ons wou nie. Hoekom was almal so opgewonde terwyl ek met ’n gat van vrees in my hart sit?
My uitstekende ginekoloog het my ondersoek die Vrydag voor ons baba gebore is. Omdat sy nie gesak het nie en haar hartklop so onreëlmatig was, moes ek ’n keiser kry. Ek het in trane uitgebars. Die teleurstelling was oorweldigend. ’n Datum vir haar geboorte is vasgestel.
My brein kon dit nie kleinkry dat ons oor twee dae ’n gesin sou wees nie. Die klein mensie sou uiters afhanklik van ons wees. Ek was bang. Ek het die Here gevra om my wysheid te gee en my vrees weg te vat, maar ek kon dit nie afskud nie.
Ons gesonde 3.49 kg babatjie is gebore. Ek sal nooit die oomblik vergeet toe ek haar die eerste keer hoor huil het nie. My man het gestraal en my heeltyd vertel hoe trots hy op my was. Ek het trane in my oë gehad. Ek het besef: hier is my klein wonderwerk.
Hoe maak ek nou?
Skielik het ek ’n nuwe titel gehad. My maag was weer redelik plat. My lyf was dood en verskriklik seer. Ek moes borsvoed en nie ek of hierdie babatjie het geweet hoe nie. Uiteindelik het die konsultant haar aan my bors gehad. Ons ouers sit in die wagkamer, oorgehaal om hierdie kleintjie te ontmoet. Ek besef ek moes hierdie ding nou doen, ek kon haar nie vir nog ’n maand of twee terugdruk nie. Dit was vreesaanjaend én mooi.
Jy besef eers hoe dom jy voel as jy na ’n klein babatjie moet omsien. My kolostrum was te min en sy moes formulemelk bykry. Haar suikervlakke was laag en die arme voetjies blou geprik. Hoe moes ek vir hierdie baba sorg terwyl my liggaam nie eens die basiese aan haar wou voorsien nie?
Alles was net te oorweldigend. ’n Suster het gevra of ek verlief was op my baba en ek kon nie met eerlikheid ja sê nie. Elke keer as iemand vra hoe dit gaan, het ek onbeheers begin huil. Ek het veilig gevoel in die hospitaal waar daar konstant hulp, raad en beskerming was. Ek wou nie huis toe gaan nie, want ek en my man weet ewe min.
Terug by die huis het ek nie geweet wát om te doen nie. Moes ons baba slaap, eet, moes ek haar doek ruil? Kry sy warm of koud? Sou ék ooit die nag slaap?
Ek wou haar nie vashou nie, wou haar nie troos nie
My ma het twee weke lank by ons kom bly. Ek het ’n blaasinfeksie gekry waarvoor ek antibiotika moes drink. Dit het my baba geaffekteer. Sy was huilerig, ek was paniekbevange. Ek wou haar nie vashou nie. Wou haar nie troos nie. Ek was nie honger nie en het bitter min geëet.
Ek het aan nageboorte-depressie gelei. Die dokter het reeds in die hospitaal ’n pilletjie voorgeskryf, maar toe ek sien dis ’n antidepressant het ek uit trots uit geweier om dit te drink. As ek maar net geweet het …
Dankie tog vir my ma. Sussie was drie weke oud en ek het by my ouers gekuier. Een nag het nie ek òf sy ’n oog toegemaak nie. My ma het haar tweeuur in die oggend kom haal. Ek was emosioneel gedreineer, en daarna het ek my ma in haar kamer gaan haal as my baba nie kon slaap nie.
Ek en Dr. Google
Google was my beste vriend; die fout van my lewe. As iets verkeerd was, het ek dit gaan google. Ek het letterlik mammas se worst case scenarios gelees en net angstiger geword.
Op Facebook het ander mammas met groot plesier verklaar dat hulle babatjies deurslaap en stroopsoet is. My baba wou elke drie ure drink. Ek was oormoeg en kwaad omdat ek nie sulke goed op Facebook kon skryf nie. Ek het haar pediater toe gevat en wou so graag hoor iets is fout, net om te hoor sy is gesond, en maar net ’n baba. Hulle huil. Hulle kramp. Hulle slaap nie. Hulle raak oorgestimuleer. My wyse ma het konstant gesê: “Hou op om jou baba met ander te vergelyk!” Het ek maar geluister.
Sy het ’n karstoeltjie verpes en as ons êrens heen moes ry, het ek myself oor ’n mik gestres. Sy het minute – wat soos ure gevoel het – aaneen gekla.
Vanaf agt weke het my dogtertjie (soort van) in ’n roetine gekom en ek het haar stadig maar seker begin leer om haarself aan die slaap te kry. Dit het weer goed gegaan. Ek het in beheer gevoel. Elke aand vir haar gebid. Die Here gevra vir wysheid om haar reg te hanteer. Bygesê – my wonderlike, ondersteunende man was my absolute rots.
Ek begin google watter medisyne ek vir haar kan gee om haar te maak slaap
My baba het skielik begin catnap. Ek het gedink dis normaal totdat ek gelees het dis ’n slegte gewoonte. Bedags het sy al hoe minder begin slaap en al moeër geword. Toe lees ek van fourth month sleep regression en dat baba’s deur leaps gaan. Leap five is die moeilikste. Volgens my somme moes ons amper met leap five begin. Weer die vrees. Hoe het my ouers en die miljoene ander mense hierdie ding gedoen?
My rustige roetinebaba skree elke dag. Sy wil nie drink nie. Sy slaap sleg. Sy’s moeilik. Ek is gedaan. Ek voel hoe die ou monster terugkom. My kop hardloop met my weg. Ek begin verlang na die dae voor sy gekom het. Ons sal nooit weer saans by vriende kan gaan braai nie, want hoe op die aarde gaan ek haar aan die slaap kry sonder dat sy die hele gebied wakker skree? Ek begin google watter medisyne ek vir haar kan gee om haar te maak slaap. Skrikwekkend, nè?
Dis in hierdie toestand dat my ma my een aand in die bad gekry het. My baba was vyf maande oud en ek gedink ek is oukei, maar ek was nie.
Moenie dink ek was nie onsettend dankbaar vir my dogtertjie nie,. Depressie is ’n siekte. Ek het steeds probeer om die heel beste ma vir haar te wees. Ek was gebroke dat ek, ’n bewys van God se genade en seën, só oor my wonderwerkdogtertjie voel. Ek het voor die Here gaan sit en gesê dat ek fisiek nie meer kon nie. Die Here was getrou deur my ma op die regte tyd na my toe te stuur. Sy kon sien iets is baie verkeerd en sy het my aangemoedig om die dokter te gaan sien.
Die bekentenis
Ek moes daardie aand vir my man sê dat ek swaarkry, dat ek so besig was om aan hom en ons baba en almal rondom ons te dink dat ek totaal en al van myself vergeet het. Ek was skaam om te erken dat ek hulp nodig het. Ek het ’n ongelooflike ondersteuningsnetwerk gehad – my man, ouers, skoonouers, familie, vriendinne en ginekoloog.
Toe ek na my man toe gaan, het hy my vasgedruk en gesê dis oukei. Ek het daardie dag uit my man en ouers se monde gehoor dat hulle trots was op my. Ek het medikasie begin gebruik.
Ek het hulp ingeroep toe ek weer moes begin werk. Dit gaan nou beter. Ek voel meer in beheer van my emosies en kan my baba met haar emosies help. Ek kan weer ’n vrou wees vir my man. Ek kan weer my ritme kry sonder om myself êrens te verloor. Ek geniet my baba en elke nuwe fase. Sy bly maar net ’n baba.
Ek voel steeds soms asof ek nie mooi weet wat om te doen nie. Maar een ding is seker: nageboorte-depressie is ’n werklikheid. Dis niks om oor skaam te wees nie. Dit kan met enigiemand gebeur.
Dit is seer. Dit is verwarrend. Dit is oorweldigend, maar daar is hulp. Ek eer die Here vir die pad wat ek moes stap en vir die mense wat my goed genoeg geken het om te kon sien ek kry swaar. Maar bo alles eer ek Hom vir my perfekte, gesonde, sterkwillige en pragtige babadogtertjie.
Lees ook: Nageboorte-depressie: Toets jouself
Gaan jou huwelik ’n baba oorleef?
The post My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid appeared first on rooi rose.
8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek
In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is die vraag na vernuwing en kreatiewe denke in die 21ste eeu se werkplek belangriker as ooit. Soos bedrywe die oorgang na aanpasbaarheid en buigsaamheid maak, word die vermoë om kreatiwiteit by ons jong generasies aan te wakker ’n belangrike belegging in die arbeidsmag van die toekoms.
Esmarél Potgieter, die hoof van akademie by Koa Akademie – die Afrikaanse aanlyn skool wat onlangs bekendgestel is – beklemtoon die deurslaggewende rol van kreatiewe denke in vandag se gejaagde wêreld: “Onderwys moet bybly by die vinnige veranderinge wat ons in die wêreld ervaar en moet sinvol reageer op werklike behoeftes. Aanpasbaarheid en innoverende oplossings is reeds uiters belangrik in alle aspekte van die lewe. Daarom is dit noodsaaklik dat ons kinders ondersteun in die ontwikkeling van hulle kreatiewe denkvaardighede. Dit is nie net `n opvoedkundige ideaal nie, maar `n strategiese noodsaaklikheid vir die vorming van toekomstige leiers en probleemoplossers. Onderwysers én ouers speel `n onmisbare rol om hierdie sagte vaardighede, soos kreatiwiteit, te bevorder.”
`n Verskuiwing in hoe ons oor kreatiwiteit dink en dit definieer, is noodsaaklik om dit in die moderne wêreld die plek te gee wat dit verdien. “Kreatiwiteit word dikwels gesien as iets wat hoofsaaklik met die kunste en natuurlike kunsinnige talente te doen het. Uit die skool se oogpunt beteken dit dat die kunsklas, die musiekkamer, die dansgroep of die dramaklub die enigste plekke is waar kreatiwiteit doelbewus ontwikkel word. Kreatiwiteit en kreatiewe denke is egter ook kernkomponente van wiskunde en wetenskap. Hierdie vaardighede is belangrik in rekeningkunde en besigheidstudies, asook in die onderrig van entrepreneurskap. Kreatiwiteit is nie iets waarmee jy gebore word nie – daar is nie `n genetiese faktor wat dit bepaal nie. Navorsing toon eerder dat ervarings en `n stimulerende omgewing kreatiwiteit aanwakker. Met die regte geleenthede kan enige kind kreatiwiteit ontwikkel.”
Lees ook: Tieners en slaap: Wat jy moet weet
Drie maniere waarop tradisionele skoolonderrig kreatiwiteit beperk
Assesseringspraktyke – Tradisionele toetse en eksamens fokus dikwels op memorisering en beklemtoon slegs een korrekte antwoord, wat kreatiewe denke beperk. Esmarel sê: “By Koa fokus ons op metodes wat leerders aanmoedig om krities te dink, dubbelsinnighede te ondersoek en kreatiewe oplossings te vind.
Vaksilo’s – Vroeë spesialisering in vakke beperk kreatiwiteit deur kennis in afsonderlike eenhede/idees te verdeel. Esmarél stel voor dat verbitenisse tussen vakgebiede bevorder moet word om innoverende denke aan te moedig.
Prioritisering van harde vaardighede – Tradisionele onderrig is geneig om harde vaardighede bo sagte vaardighede soos kreatiwiteit te prioritiseer. “Dit is ’n kritiese kopskuif wat in die skoolomgewing moet plaasvind,” sê Esmarel. “Sagte vaardighede, wat kreatiwiteit insluit, moet as kernvaardighede beskou word wat in alle vakke ontwikkel moet word.”
8 maniere waarop ouers en onderwysers kreatiwiteit by kinders kan kweek
Kreatiwiteit bestaan op ’n kontinuum tussen die generering van nuwe idees waaraan niemand nog gedink het nie en die vorming van nuwe assosiasies deur verskillende maniere te vind om bestaande konsepte te verbind.
Moedig nuuskierigheid aan – Kweek nuuskierigheid deur oop vrae te vra, by debatte betrokke te raak en nuwe kennis en ondervindings te verken. Kinders word nuuskierig gebore. Tog verloor baie volwassenes hulle sin van nuuskierigheid soos hulle grootword. Esmarel glo as volwassenes weer hulle nuuskierigheid oor die buitewêreld aanwakker, kan dit kinders positief beïnvloed.
Verwelkom verveeldheid – Gee kinders die ruimte om kreatief te dink deur kitsstimulering te weerstaan. Verveeldheid kan ’n katalisator vir verbeeldingryke denke en probleemoplossing wees.
Los probleme kreatief op – Leer kinders om ingewikkelde probleme in hanteerbare dele te verdeel en dit kreatief stap-vir-stap op te los.
Bevorder passies – Ondersteun kinders se belangstellings en moedig dit aan. Hulle het baie geleenthede om die sagte vaardighede te ontwikkel wat met kreatiwiteit verband hou terwyl hulle onafhanklike dinge verken waaroor hulle passievol is.
Herdefinieer mislukking – Verskuif die perspektief op mislukking vanaf ’n struikelblok of eindpunt om oor skaam te wees na ’n verfrissende geleentheid vir nadenke en groei.
Ontwerp die omgewing – Skep ruimtes wat kreatiwiteit bevorder deur natuurlike lig, beheerde klank en buigsame, geindividualiseerde hulpmiddels.
Doelbewuste oefening – Struktureer tyd vir kreatiewe denke of spel deur kreatiwiteit soos ’n spier te behandel wat voordeel trek uit doelbewuste oefening.
Jaag diversiteit na – Blootstelling aan diverse ondervindings help individue om dinge uit verskillende perspektiewe te beskou. Dit kweek nuwe assosiasies en verbintenisse.
Ontdek Koa Akademie; besoek www.koaakademie.com
Lees ook: Maak nuuskierige kinders groot!
The post 8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek appeared first on rooi rose.
Is aanlyn klaskamers beter vir neurodiverse kinders?
Neurodiversiteit, die reeks verskillende breinstrukture en -chemie wat onder mense te vinde is, sluit outisme, AGHS (aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom), disleksie, OKS (obsessief-kompulsiewe steuring) en probleme met sensoriese integrasie in. Neurodiverse kinders kan bykomende struikelblokke in die lewe ondervind met betrekking tot sosiale verhoudings, kommunikasie, taalvaardighede, buie, motoriese koördinasie, aandag, aktiwiteitsvlak en slaap.
Baie neurodiverse kinders word wêreldwyd by die hoofstroom- opvoedingstelsel ingesluit, en Neurodiversiteit is nie dieselfde as gestremdheid nie hoewel sommige kinders spesiale voorsiening in hul onderrigomgewing kan benodig.
Tracy Fletcher Davies, ’n kliniese sielkundige by die Sentrum vir Neurodiversiteit in Kaapstad, sê: “Die jongste navorsing dui daarop dat probleme met neurodiversiteit gesamentlik kan voorkom en oorvleuel, en nie so alleenstaande is as wat ons voorheen gedink het nie. Ander geestesgesondheidsprobleme kan saam met uitdagings van neurodiversiteit voorkom. Die ervaring van neurodiversiteit is dus baie uniek en veranderlik, en neurodiverse kinders kan verskillende soorte aanpassings benodig om suksesvol te wees op skool in sowel akademiese onderrig as sosiale ontwikkeling.”
Tracy Fletcher Davies, ’n kliniese sielkundige by die Sentrum vir Neurodiversiteit
Koa Akademie, Suid-Afrika se baanbrekende en bekroonde hoëbetrokkenheid- aanlyn skool, sluit opleiding in neurodiversiteit vir sy onderwysers in en deel bewustheid van neurodiversiteit met ouers en leerders.
Jason Hutchinson, die hoof van akademie in voortgesette onderwys en opleiding by Koa, sê: “Hoewel Koa nie ingerig is as ’n aanlyn skool vir leerders wat met neurodiversiteit gediagnoseer is nie, erken ons dit is onvermydelik dat neurodiverse kinders, ouers en onderwysers in ons skoolgemeenskap verteenwoordig sal word. Dit is noodsaaklik om ‘n skoolomgewing te hê wat gegrond is op begrip, erkenning en verdraagsaamheid, want hierdie faktore lê aan die kern van sosiale en selfaanvaarding. Wanneer ons diegene rondom ons kan erken en verstaan, kan ons elkeen se potensiaal maksimaliseer. Die aanvaarding van neurodiversiteit is nie net vir neurodiverse mense nie; neurotipiese mense speel ’n sleutelrol daarin om te help om ’n ekosisteem te vorm wat inklusief is en almal verwelkom.”
Is aanlyn klaskamers beter as tradisionele onderrig vir neurodiverse kinders?
Alhoewel verskeie studies getoon het dat neurodiverse kinders hul akademiese prestasie in die buigsamer aanlyn onderrigruimte kan verbeter, is dit nie noodwendig die oplossing vir elke kind en gesin nie.
Tracy sê: “Wat van belang is, is hoe die kind se behoeftes en die skool by mekaar pas, hetsy aanlyn of tradisioneel. Kinders het verskillende behoeftes vir mederegulering, struktuur, keuse, roetine, sensoriese stimulasie, verlaagde sensoriese stimulasie, portuurinteraksie, sport, en visuele of gehooronderrigkeuses. Die antwoord lê meer by hoe ’n onderrigomgewing die kind se behoeftes aanspreek as die formaat (aanlyn of persoonlik). Wat ek in my praktyk gevind het, is dat onderwysers kragtige rolspelers kan wees wanneer dit kom by betekenisvolle insluiting. Dit help dus om onderwysers te hê wat neurodiversiteit kan herken en aanvaar. Baie kinders wat hoofstroomskool oorweldigend vind, kan wel floreer in ’n aanlyn skool waar hulle vanuit hul eie, beheerde omgewing in kleiner klasse deelneem en geïndividualiseerde onderrigweë volg. Aanlyn skole kan egter geleenthede vir die ontwikkeling van sosiale en emosionele bande beperk, en dit vereis ook meer oueroorsig en -ondersteuning wat nie prakties moontlik is vir alle gesinne nie. Ons moet dus in die rigting van beter begrip en aanvaarding van neurodiversiteit in alle onderrigruimtes werk.”
’n Mens is neurodivers of jy is nie
Jason sluit af: “Dit is belangrik om te verstaan dat neurodiversiteit nie ’n keuse is nie; dit is nie ’n siekte nie en dit is nie aansteeklik nie. Neurodiversiteit is ’n fisieke verskil in die struktuur van die brein en die chemie wat daarby betrokke is. Diegene met outisme het byvoorbeeld ’n aktiewer amigdala – ’n sentrum vir die beheer van emosionele response en vrees. Wanneer mense met outisme oorgestimuleer word, aktiveer dit ’n reaksie soortgelyk aan dié van ’n neurotipiese persoon wat in die natuur van aangesig tot aangesig kom met ’n honger leeu. Die term ‘spektrum’ kan ook misleidend wees, want neurotipiese mense kan dalk dink hulle is ’n ‘bietjie neurodivers’. Dit is nie so nie – ’n mens is neurodivers of jy is nie. Die karaktereienskappe, aard en neurotipe is egter uniek vir elke individu wat as neurodivers geklassifiseer is. Dit beteken die erns van die impak wat neurodiversiteit op elke persoon het, verskil, en vir sommige kan die impak intens en uitmergelend wees terwyl dit vir ander ’n superkrag of eienskap kan wees wat hulle interessant maak.
Neurodiverse mense kan steeds presteer, spertye haal, deelneem aan situasies en besprekings in ’n klaskamer en op verskillende maniere positiewe, aktiewe lede van die gemeenskap wees. Ja, dit is dalk nodig dat ons moet verander hoe ons verskillende situasies benader om te verseker almal het ’n gelyke en regverdige geleentheid op sukses. Maar dit beteken nie dat ons ons standaarde of verwagtings moet verlaag vir diegene wat as neurodivers erken word nie. Ons moet eerder net verseker dat almal die vlak van ondersteuning ontvang wat hulle benodig om die doelwitte te behaal wat binne hul bereik is. Neurodiversiteit moet nie gebruik word as ’n verskoning om nie suksesvol te wees nie. Dit sal ’n onreg wees vir sowel diegene wat as neurodivers erken word as die breër gemeenskap wat bevoordeel kan word deur die insluiting van neurodiverse mense se unieke perspektiewe.”
Ouers van neurodiverse kinders kan hierdie topwenke van die kliniese sielkundige Tracy Fletcher Davies oorweeg om hul kinders se sukses deur die loop van hul skooljare te help ondersteun:
Toegang tot ondersteuning – van evaluerings tot diagnose, erkenning en ingryping. Dit help om ondersteuning te hê. Daar is verskillende beroepslui wat gesinne kan help, onder wie sielkundiges wat ingelig is oor neurodiversiteit, kinderartse wat in ontwikkeling spesialiseer, neuropsigiaters of pediatriese neuroloë, arbeidsterapeute en spraak- en taalterapeute.
Identifisering van die belangrikste behoeftes in elke ontwikkelingsfase – Die behoeftes van ’n neurodiverse kind verander met verloop van die skooljare. Wanneer u saam met u professionele ondersteuning en opvoeders, die span rondom u kind, werk, is dit nuttig om u kind se huidige uitdagings te identifiseer en gepaste strategieë in werking te stel soos dit nodig word. Dit kan die volgende insluit: doelgerigte intervensies van tyd tot tyd, soos spraak- en taalondersteuning, arbeidsterapie, die gebruik van tegnieke om by die omgewing aan te pas, of die toepassing van ‘n strategie van multidissiplinêre ondersteuning.
Voldoening aan opvoedkundige behoeftes – Daar is baie dinge om in ag te neem wanneer dit kom by die keuse van ’n skool, waaronder u kind se sensoriese profiel, kommunikasievoorkeure, sosiale grense of behoeftes, spesifieke onderrigsterkpunte en -verskille, asook enige bykomende onderrigtoestande wat daarmee saamval. Ouers moet aan uitvoerende funksioneringbystand dink sodat hul kind meer bedrewe is met betrekking tot beplanning, tydsbestuur en emosionele regulering. Dit is ‘n goeie idee om die skool en onderwysers te betrek by die soeke na geleenthede vir u kind om voortdurend te leer deur sy of haar spesiale belangstellings en sterkpunte.
Moedig ’n positiewe neurodiverse identiteit aan – Dit help om daarop te fokus om die waarde in te sien van die gawes en sterkpunte wat dit inhou om ’n neurodiverse kind in die gesin te hê. Ouers kan in ag neem wat lewensgehalte, geluk en vreugde vir elke persoon beteken, eerder as wat die hoofstroomgemeenskap dalk as aanvaarbaar beskou. Wees ontvanklik om al u voorafopgestelde idees uit te daag oor wat onafhanklikheid, sukses, liefde en betekenis is, en luister na u kind se unieke stem.
Vind ’n gemeenskap en wees deel van die verandering – Soos bewustheid groei, raak dit hopelik makliker vir ouers van neurodiverse kinders om deel van ’n ondersteunende neurodiverse gemeenskap te word terwyl hulle ook gelukkige, gesonde verhoudings met neurotipiese familie en vriende kweek. Baie ouers van neurodiverse kinders vind dit sinvol om saam te werk om ’n meer inklusiewe samelewing te bevorder en struikelblokke vir betekenisvolle insluiting te help verwyder.
Meer oor Koa Akademie
Koa Academy is ’n aanlyn skool geakkrediteer deur die Onafhanklike Eksamineringsraad (IEB) in Suid-Afrika vir graad 4-12, en bied ouers ’n toekomsgerigte opsie vir hul kind se opvoeding. Dié akademie is gegrond op ’n visie en raamwerk vir Skool 2.0 en bied ’n hoë mate van leerderbetrokkenheid. Groepe van 8 leerders het ’n toegewese onderwyser in ’n gestruktureerde dog geïndividualiseerde omgewing. Die akademiese program bied geïntegreerde onderrig oor die hele Suid-Afrikaanse kurrikulum deur ’n innoverende aanlyn platform. Leerders het toegang tot sorgvuldig saamgestelde, topopvoedingshulpbronne van oor die hele wêreld. Hulle trek voordeel uit onderwysers wat baie tyd saam met hulle deurbring, deurlopende evaluering wat van pas is vir hul ouderdom en onmiddellike terugvoering deur die leerderpaneelbord. Akademiese vordering is gegrond op bemeestering sodat leerders teen hul eie pas kan voortgaan. Sosiale en emosionele ontwikkeling is ingebou in Koa Academy se onderrigervaring en word daagliks in die klein klasse bevorder. Koa Academy fokus op onderrig wat kinders vir die werklike lewe voorberei en die ontwikkeling van vaardighede en vermoëns wat hulle benodig om suksesvol te wees in die 21ste eeu.
Vir meer inligting oor Koa Akademie, besoek www.koacademy.com
Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders
The post Is aanlyn klaskamers beter vir neurodiverse kinders? appeared first on rooi rose.
Dink en praat anders oor wiskunde om jou kind ‘n hupstoot te gee
April is Gesondheidsbewustheidsmaand en bied ’n geleentheid om die skakel tussen skoolkinders se welstand en akademiese prestasie te ontleed. Met die fokus op Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde, waar Wiskunde as ‘n toegangsvak dien, is Oxford University Press Suid-Afrika (OUPSA) se standpunt dat positiewe denke en aanmoediging leerders se selfvertroue kan bou. Om ‘n groeidenkwyse van ‘n jong ouderdom af te kweek, kan leerders vinniger laat vorder en hulle help om sukses in alle aspekte van hul lewens te ervaar.
Die nuutste Trends in International Mathematics and Science Studies (TIMSS)1 bevestig dat Suid-Afrikaanse leerders nie goed vaar in wiskunde nie. Suid-Afrika beklee die derde laaste plek uit 64 lande wanneer dit by punte op laerskoolvlak kom. Volgens die afgelope paar jaar se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae is die wiskundeslaagsyfer minder as 20 persent-. Dit beteken dat 80 persent van ons leerders óf nie suiwer wiskunde as ‘n vak neem nie óf dit druip. Van die 20 persent wat wel slaag, sal baie leerders wat ná skool wiskundeverwante vakke op tersiêre vlak neem, dít ook druip. As Carol Dweck se Harvard Business Review-artikel ‘n ‘groeidenkwyse’ vergelyk met “[I]ndividue wat glo dat hul talente ontwikkel kan word (deur harde werk, goeie strategieë en ander se insette)2”, hoe kan dit ons leerders se vordering met wiskunde beïnvloed?
“’n Groeidenkwyse kan op verskillende maniere geïnterpreteer word. Die konsep self sluit verskeie persepsies van welstand in,” sê dr. Michelle Sephton, OUPSA se Wiskunde en Wetenskappe-uitgewer. Die Oxford English Dictionary2 definieer welstand as die “toestand van gesondheid en geluk, en om voorspoed te geniet”. Wanneer ons die rol van welstand in kinders en studente se skoolprestasie oorweeg, veral wat wiskunde betref, spruit swak welstand dikwels uit ’n gevoel van angstigheid en onttrekking. ‘n Studie van 20203, “Voel en funksioneer goed in wiskunde-onderwys: ‘n Ondersoek na leerders se begrip van wiskundige welstand en waardes,” laat die kollig val op die behoefte aan ‘n beter begrip van welstand en hoe dit op skoolvakke van toepassing is.
“Dit is geen geheim dat baie van ons leerders met wiskunde sukkel nie. Kan dit leerders help om beter te vaar as ons, as onderwysers en ouers, ons benadering tot wiskunde verander?” vra Sephton.
Regoor die wêreld dui studies wat deur Oxford University Press (OUP)4 onderneem word daarop dat studente wat gelukkig en gesond is meer geneig is om hul studies suksesvol te voltooi. Hul benadering is veelsydig: Hulle kombineer opvoedkundige materiaal en die opleiding van onderwysers met gemeenskapsbetrokkenheid om ‘n liefde vir wiskunde binne en buite die klaskamer aan te moedig.
“Wiskunde ontlok ’n sterk emosionele reaksie by baie mense. Dit sluit in gevoelens van ontoereikendheid, mislukking en selfs vrees,” sê Sephton. “Daar is verskeie aspekte van wiskundige welstand. Een is hoe ons oor wiskunde dink en praat. Dit geld nie net vir kinders nie, maar ook vir onderwysers en ouers.
“Jou denkwyse kan reeds op ‘n baie jong ouderdom verander. Die manier waarop ouers by die huis oor die vak praat, kan geleenthede bied om met wiskundige konsepte buite die klaskamer te werk. Jy kan dit deel maak van jou en jou kind se werklikheid en die nut daarvan in die alledaagse lewe uitwys (iets waaroor leerders dikwels vrae vra). Terselfdertyd kan positiewe en bevestigende taalgebruik die manier waarop kinders wiskunde ervaar, beïnvloed. Op hierdie manier kan ouers hul kinders se vermoë om in wiskunde te presteer, aanspoor.”
Hier is vier wenke om jou kind se (wiskundige) groeidenkwyse te ondersteun:
1. Maak elke dag ’n wiskundige saak. Maak wiskunde deel van jou gesin se daaglikse aktiwiteite sodat dit maklik (en miskien selfs onvermydelik) is vir jou kind om by wiskunde betrokke te raak. Maak dit van toepassing wanneer julle bestanddele vir ‘n resep afmeet, vir ‘n gesinsuitstappie begroot, die tyd bereken of wiskundige raaisels en speletjies tydens gesinsaande geniet.
2. Wees jou kind se wiskunde maat. Om jou kind se vordering met wiskunde te ondersteun, kan heel waarskynlik jou aktiewe deelname verg. Dit beteken dat jy jou eie vrees vir wiskunde in die gesig moet staar en dit aanpak in ‘n aktiwiteit waar julle albei saam somme kan ‘uitwerk’. As jou kind wiskunde aan jou begin verduidelik, is dit ‘n teken dat hulle meer selfvertroue met wiskundige berekeninge begin ontwikkel.
3. Dit is oukei om foute te maak. Jou kind se onsekerheid spruit dikwels uit hul vrees vir mislukking. Help hulle verstaan dat foute ‘n natuurlike deel van die leerproses is. Om kritiek te aanvaar, is ‘n goeie eienskap, en om foute reg te kan maak, lei tot dieper begrip en groei .
4. Gebruik bevestiging. In plaas daarvan om net jou kind se korrekte antwoorde te vier, maak ‘n punt daarvan om hul pogings aan te moedig – en nie net hul intelligensie nie. Gebruik sinne soos: “Ek is trots op jou dat jy nie opgee nie,” of “Hoe meer jy oefen, hoe meer sien ek dat jy verbeter.” Beklemtoon hul vermoë om hul eie metodes te ontleed en uit te redeneer, bv. “Dit is oukei. Ek gaan weer probeer,” “Ek gaan dit uitwerk,” of “Plan A het nie gewerk nie. Ek gaan Plan B probeer”.
Wanneer ons sukkel, voel dit makliker om af te skakel en te aanvaar dat wiskunde nie vir ons werk nie. Deur die stappe wat hierbo genoem is te neem, is dit moontlik om jou kind se persepsie van wiskunde te verander van een waar dit vreesaanjaend en sinoniem met mislukking is, na een wat hulle selfvertroue gee en ’n gevoel van prestasie inhou. Dié gevoel sal op ander gebiede van hul skoolloopbaan oorgedra word, hul geestesgesondheid positief beïnvloed en hulle voorberei vir sukses later in hul lewe.
Gesondheidsbewustheidsmaand in April bied ‘n platform om ondersoek in te stel na die verband tussen geestesgesondheid en opvoedkundige sukses. Die uitdagings wat Suid-Afrikaanse leerders in die gesig staar, vereis ‘n gesamentlike poging om die onderliggende oorsake van akademiese uitdagings aan te spreek. Daar is nie ’n enkele oplossing nie, maar ouers, opvoeders, beleidmakers en gemeenskapsleiers word aangemoedig om saam te span ter ondersteuning van holistiese opvoedkundige praktyke wat ook die intrinsieke waarde van ons kinders se (dikwels verwaarloosde) geestesgesondheid en welstand in ag neem.
Lees ook: Is jou kind ADHD of begaafd?
The post Dink en praat anders oor wiskunde om jou kind ‘n hupstoot te gee appeared first on rooi rose.
Maak kinders met goeie waardes groot
Kinders & waardes deur Anys Rossouw
Jou waardes bepaal in ’n groot mate hoe jy na die wêreld kyk, jou karakter, geloof, optrede en leefwyse. Wat jou motiveer om sekere dinge te doen, of nie te doen nie, word bepaal deur die waarde wat jy daaraan heg: Jou waardes.
Kinders se waardes word deur hul ouers se waardes, hul vriende, musiek, die media, hul geloof, onderwysers en hul rolmodelle bepaal. Maar hul ouers se waardes en leefwyse het meestal die grootste impak hierop. ’n Sterk karakter met gesonde waardes wat kleintyd al geïnternaliseer is, is van die min dinge wat ’n kind ’n leeftyd kan hou en vir hulle gesonde vrugte bly lewer. Waardes bepaal waar jou energie gaan, jou koers en keuses, want dis groter as ’n situasie, modegier of verleiding. Dit gee sin aan jou lewe en bepaal wat in die groter prentjie van jou lewe, vir jou, ander en die wêreld se toekoms goed is. Dit gee ons ’n verbintenis met ’n hoër Goedheid. Maar sonder die vastigheid van waardes word jou optrede bepaal deur jou giere, grille en onmiddellike behoeftes en is maar inkonsekwent en feilbaar.
Om eties op te tree is nie altyd maklik nie. Vra jouself af: Wat sal die gevolge van my optrede of besluit wees? En as ek die teenoorgestelde doen of besluit? Vra dan as riglyn die volgende drie vrae: Is dit vir my goed? Is dit vir ander, of die omgewing goed? Is dit op sigself goed of reg? Om vir kinders waardes te leer, vra van ouers om duidelikheid oor hul eie waardes en optrede te kry. Ouers moet weet wat die verskil tussen waardes en wette of reëls is: Hoewel daar duidelike ooreenkomste is, is daar ook belangrike verskille.
Robert A. Hinde skryf in sy artikel “Law and the Sources of Morality” dat moraliteit (waardes) gaan oor hoe mense behoort op te tree en wette oor hoe hulle nié moet optree nie. Maar nie alle reëls of wette is altyd reg en eties nie; so ook is alles wat teen reëls of wette gebeur, nie altyd verkeerd of oneties nie. So kan ’n kind ook reëlreg teen ’n huisreël optree en tog die regte ding volgens die huiswaardes doen. As ’n reël bepaal dat Sannie nie haar ouers se motor sonder toestemming mag gebruik nie, maar sy jaag in ’n noodsituasie met haar sussie hospitaal toe, is dit nie binne die reëls nie, maar volgens hul gesinswaardes die regte ding. Daarom moet die klem eerder op gesinswaardes as op reëls wees, hoewel reëls ’n eie maar beperkte plek kan hê. Lê eerder klem op die waarde “ek tree met respek teenoor ander op” as op ’n klomp reëls van wat gedoen en gesê mag word. Of “ek versorg my liggaam daagliks” eerder as wanneer en hoe om te moet bad. Dit bring buigbaarheid in ’n gesin, gee kinders meer beheer en leer hulle verantwoordelikheid. As daar te veel reëls is, voel kinders dikwels vasgevang en rebelleer hulle.
Ouers moet weet wat die verskil tussen waardes en wette of reëls is: Hoewel daar duidelike ooreenkomste is, is daar ook belangrike verskille.
Kinders rebelleer selde teen waardes, maar meestal teen reëls. Dis belangrik dat sterk waardes en geloof reeds vroeg aangeleer moet word. Dit is krities belangrik wanneer moeilike besluite, veral onder groepdruk, geneem moet word. Dan het kinders die selfvertroue om op te tree volgens hul waardes, geloof en gewete en nie volgens wat maar die maklikste is nie. Want hulle weet wie hulle is, waarin hulle glo en wat die regte, gepaste of goeie manier van doen is.
Minda Pretorius, ’n maatskaplike werker wat met tieners werk, sê dis baie belangrik dat ouers vir hulself en hul gesin ’n waardestelsel moet ontwikkel. “Ouers moet met mekaar deel watter waardes gegeld het in die huis waar hulle grootgeword het. Wat daarvan wil julle behou en van watter wil julle afstand doen? Dan moet hulle hulself afvra: Wat is ons droom vir ons kind? Watter soort kind wil ons/ek grootmaak, met watter waardes? Vir ouers wat kies om kinders groot te maak om selfstandig en met selfvertroue op te tree, kan dit beteken dat hul kinders mag terugpraat en sê wat hulle voel en dink. Met respek, natuurlik,” voeg sy gemoedelik by.
“Ouers moet die waardes wat hulle in hul kinders wil sien, self lééf. Waardes word gewoonlik binne ’n vertrouensverhouding aangeleer. Kinders het oor die algemeen genoeg maats – hulle het nie hul ouers as maats nodig nie. Wat hulle nodig het, is rolmodelle wat hulle kan volg. Wat dit moeilik maak, is as kinders nie soos hul ouers wil wees of lewe nie, want dan verwerp hulle dikwels ook hul waardes. Daarom moet ouers ook hul kinders leer: Mense stel jou teleur, maar Jesus stel nooit teleur nie. Hom kan jy altyd volg.”
Volgens die beroemde sielkundige Jean Piaget se teorie vir morele ontwikkeling “Heteronomie na outonomie”, berus ’n kind se morele oordeel en besluitneming aanvanklik op wat van hom verwag word. Dit gaan nie oor sy eie verstaan of besluit van
Foto: pexels
Hoe leer jy jou kind waardes?
Die lewe gee ouers voortdurend, elke dag en op enige plek, die geleentheid om hul kinders waardes te leer
Praat met hulle daaroor in jul daaglikse interaksie: opstaan, eet, groet, belowe wat ná skool gaan gebeur, partytjies. Dit gebeur nie noodwendig deur vir hulle te preek, reëls te leer of kerk toe te vat nie. Gee hulle die geleentheid om te sê wat hulle dink en hul waardes te formuleer. As sy reeds gedink het watter standpunt sy oor seks of drank het, is sy voorbereid. Dan het sy in haar kop ’n beeld van hoe sy dit gaan hanteer en is die kans groter dat sy daarby gaan hou. Maar as sy nog nooit daaroor gedink het nie en nie ’n standpunt daaroor het nie, is die kans soveel groter dat sy maar deel van die vloei van die gebeure gaan raak, waarheen dit haar ook al neem.
Deur die ouers se voorbeeld: Gooi jy papiere by die motorvenster uit? Praat jy met respek van mense of noem jy hulle “morone”? Hou jy jy by jou belofte aan ’n vriendin al het jy ’n ander lekkerder uitnodiging gekry? Wat jy as ouer doen, maak werklik die groot verskil. Jy kan nie hul maats of die gemeenskap verander nie, maar jy kan dit beïnvloed deur vir jou kind en ander ’n voorbeeld te wees. Gesonde waardes, respek en liefde kan ’n gesin gelukkig maak en so die wêreld aanraak.
Wys jou kinders waarna julle streef, wat jul doel en waardes is, al kry julle dit nie altyd reg nie. So leer kinders wat reg is, al doen julle dit nie perfek nie. Kinders kan aanvoel en verstaan wat ons bedoelings was.
Stel hulle aan die wêreld bloot: boeke, films, maats, televisie … sodat hulle gebeure en ons wêreld kan interpreteer. Vul jy dit met waardes en positiwiteit, of met negatiwiteit waar jy net die slegste verwag?
Leer kinders om situasies met hul waardes en nie hul emosies te hanteer nie. Kinders sien en belewe goed waaroor ouers nie beheer het nie: geweld, onreg en seerkry. Dit kan ouers nie keer nie, maar ons kan wel beïnvloed wat hulle daarmee maak en hoe hulle daaroor dink. Maar dan moet ons ’n verhouding met hulle hê sodat hulle hul ervarings met ons sal deel. Dan kan ons hulle leer dat ander se optrede baie dikwels iets sê oor hul emosionele toestand en waardes, as wat dit iets sê oor my. As iemand met my ongeskik is, gaan dit dikwels nie oor wie ek is of wat ek gedoen het nie, maar eerder oor die ander mens se onvermoë om die situasie te hanteer – hul frustrasie of waardes.
Beloon goeie waardes met erkenning.
Vestig vroeg goeie gewoontes en hanteer probleme voor dit ’n gewoonte word.
Ouers kan nie bepaal wat hul kinders dink of voel nie, maar hulle kan hul dinge gee om oor te dink, ’n rigting en voorbeeld om te volg, wat reg of verkeerd is nie, maar is gekoppel aan die outoriteit van ouers of onderwysers; van wat hulle van hom verwag. Die bron van beheer lê dus buite homself. Sy morele ontwikkeling raak eers volwasse as dit outonoom raak, as sy beheer kom van ’n innerlike oortuiging van wat reg en verkeerd is. Slegs dan kan mense konsekwent reg optree.
Om die oorgang na outonome morele besluitneming te maak, sê Piaget, is in samewerking, in saam-lewe met ander as gelykes. Om agter te kom dat ander gerespekteer en behandel moet word soos ek wil hê hulle my moet behandel. Volgens Piaget het dit belangrike implikasies vir opvoeding: Hoewel morele opvoeding begin deur van kinders morele optrede te verwag, kan dit nie daarby bly nie. Die opvoeder moet wegbeweeg van die outoriteitsposisie na ’n samewerker en fasiliteerder sodat die kind vanuit innerlike oortuigings self die morele besluite kan neem.
Volgens Kohlberg, ghoeroe van morele ontwikkeling, se morele ontwikkelingsteorie doen kinders aanvanklik die regte ding, hou by die reëls slegs uit vrees vir straf. Die volgende fase is die verstaan dat dit vir hulle positiewe gevolge inhou. Eers daarna verstaan hulle die konsep van sosiale reëls: om goed te wees vir ander omdat dit ’n waarde of ’n goeie ding is om te doen. Dan ontwikkel waardes soos vertroue en lojaliteit. Dis belangrik om van kinders ouderdomstoepaslike optrede te verwag. ’n Eenjarige moet optree of ander se speelgoed teruggee omdat jy vir hom sê dis reg. Bietjie later verstaan sy dat as sy dit teruggee, gee sy weer myne terug. Maar iewers moet ’n kind by die punt kom om dit self terug te gee, omdat dit die regte en etiese ding is om te doen. As jy dit nie kleintyd verwag nie, (omdat jy glo sy verstaan nog nie) gaan sy sukkel om by die volgende fases uit te kom.
Lees ook: Die greep van groepsdruk
Foto: pexels
Vrae wat ouers hulself moet vra
Weet jy wat jou waardes is?
Is jy konsekwent in wat jy sê en doen? Of sê jy een ding en doen ’n ander?
Weet jou kinders waarin jy glo, wat jou waardes is? En waarom jy dit glo?
Bespreek jy jou waardes met jou kinders?
Weet hulle wat jou waardes oor seks, drank, rook, persoonlike gesondheid, oefening, die omgewing, optrede teenoor ander mense is?
Gebruik jy geleenthede om met hulle oor waardes te praat? Dinge uit jou lewe waar jy besluite moes neem; dinge wat in die wêreld gebeur; of moraliseer jy hulle net oor wat hulle moet doen?
Gee jy positiewe terugvoer vir die baie dinge wat hulle doen wat van goeie waardes getuig?
Versterk jy goeie waardes?
Om in kinders se waardes te belê, met jou liefde, energie en tyd, betaal op die lang duur: Kinders met gesonde, konsekwente waardes is gewoonlik gelukkiger, kan hulself met grasie handhaaf en gesonde morele besluite neem. En hulle presteer gewoonlik goed. Ouers kan nie bepaal wat hul kinders dink of voel nie, maar hulle kan hul dinge gee om oor te dink, ’n rigting en voorbeeld om te volg. Daarom is dit seker een van die wonderlikste gawes wat ouers hul kinders kan gee – deurleefde waardes om hulle te help om in ’n dikwels korrupte wêreld met grasie te leef en aan te pas deur die regte keuses te maak.
Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark, Pretoria.
Lees ook: Help jou kind dié oorgange baasraak
The post Maak kinders met goeie waardes groot appeared first on rooi rose.
Boekuittreksel: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel
Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pexels
Dié uittreksel kom uit Hettie Brittz se boek, “Kweek kinders met heel harte” (Lux Verbi, 2018), ’n praktiese gids om jou kind in vandag se tye reg groot te kry. Hettie verduidelik hoe ons, terwyl ons ons kinders beskerm teen die dinge waarvoor hulle nog nie gereed is nie, hulle ook weerbaar kan maak teen seerkry en gevare.
Ankers en sinkers vir jou kind se eiewaarde
“Kinders se vermoë om, ongeag hulle omstandighede, die lewe te hanteer en te blom is daarin gewortel dat hulle ten minste ’n veilige plekkie sal hê (’n woonstel; ’n kamer; ’n skoot …) waar hulle in die liefdevolle geselskap van ’n ander persoon kan ontdek dat iemand hulle liefhet en dat hulle self kan liefhê. Wanneer kinders in hulle vroeë jare hierdie skat ontdek, kan hulle in gesonde volwassenes ontwikkel.” – Fred Rogers
Ankers of sinkers beïnvloed ’n kind se eiewaarde geweldig. Kinders met gedragsprobleme het dikwels geen ankers waaraan hulle kan vashou nie. Daar is verskeie sinkers in die lewe wat jou kind en sy of haar eiewaarde negatief kan raak. Ons moet daarom probeer om vir ons kinders ankers in plaas van sinkers te gee. Ankers gee vir ons kinders ’n staanplek in die son, maar nie ’n ereposisie in die heelal nie. Dit bring balans in hulle lewe.
Vyf ankers om jou kind se eiewaarde te bou
Ons wil jou baie graag hê
Die eerste anker wat ons vir ons kinders kan gee, is die versekering dat ons as ouers ons kinders graag wil hê. Ek dink ons sê te maklik vir ons kinders: “Ag, as jy maar ’n seuntjie was,” of: “Ek wens ek het jou gehad toe ek jonger was,” of: “Ons het jou nie eintlik beplan nie.” Ons besef nie dat dit ons kinders se heel belangrikste anker in die lewe kan wegneem nie.
Sê daarom gereeld vir jou kinders: “Ek is bly jy is ’n seuntjie.” “Ek is bly ons het jou gekry.” “Ek kan my nie indink hoe die lewe sonder jou sou gewees het nie.” Sulke boodskappe versterk ons kinders se eiewaarde en laat hulle met die gevoel dat hulle behoort.
Ons is hier vir jou
Die tweede anker is om ons kinders te verseker ons is hier vir hulle. Ankerlose kinders ervaar dat hulle ouers afwesig is en dat hulle nie op hulle ouers kan staatmaak nie. Ons as ouers skep dalk hierdie ervaring by ons kinders deur nie in die nag vir hulle op te staan as hulle ’n nagmerrie gehad het nie, of deur ons kinders te los om ’n krisis waarvoor hulle nie toegerus is nie self te hanteer.
Ons as ouers kan op baie maniere onbetrokke by ons kinders wees. Ons kan hierdie anker terugbring in ons kinders se lewe en dit stewig aan hulle lewensboot vasmaak deur ’n paar gebeure te identifiseer wat ons kinders bang, senuagtig of opgewonde kan maak. Dink dan hoe jy jou ondersteuning en belangstelling op ’n tasbare manier aan jou kind kan oordra. Jy kan saam met jou kind by die tandarts se spreekkamer ingaan in plaas daarvan om in die wagkamer te wag. Jy kan gesonde peuselhappies aandra terwyl jou kind leer en later sy of haar uitslae op ’n spesiale manier vier.
3. Jy is hier om ’n rede
Die derde anker is om aan ons kinders die versekering te gee dat ons in hulle toekoms en potensiaal glo. Ons kan hulle gereeld herinner: Jy is hier om ’n rede. Wanneer slegte nuus ons as ouers onderkry, is dit belangrik dat ons nie ons negatiwiteit oor die toekoms met ons kinders sal bespreek nie. Kinders wil hê dat ons in hulle sal glo én in hulle potensiaal om eendag ’n gelukkige en sinvolle lewe te geniet, selfs al glo ons nie in die toekoms van ’n regering of ’n instansie nie.
Wanneer jy ’n talent in jou kind raaksien, sê dit vir hom. Wanneer jy ’n gawe in jou kind raaksien, maak haar bewus daarvan. Gee ’n naam aan hierdie talent of gawe sodat jou kind sal weet: Hierin lê my toekoms opgesluit. Jy kan byvoorbeeld sê: “Ek sien jy is ’n fantastiese probleemoplosser. Jy maak die beste van ’n slegte saak.” Selfs sulke eenvoudige opmerkings gee vir kinders die anker dat ons in hulle glo.
Kinders se name is ook belangrik. As jy oor jou kinders se name gebid het en glo dat hulle name iets oor hulle toekoms sê, bevestig dit elke nou en dan vir hulle. Dalk het iemand ’n profesie, ’n Skrifgedeelte of ’n gebed oor jou kind geskryf. Julle albei kan dan hieroor nadink wanneer julle aan die toekoms twyfel. As jou kind ’n familienaam het, belig die positiewe eienskappe van die ander mense in die familie wat daardie naam dra. Bid saam met jou kind dat daardie mooi eienskappe  ook in sy of haar lewe sal ontwikkel. Kinders wat deel voel van ’n mooi geskiedenis én toekoms ervaar nie so maklik dat hulle waardeloos is nie.
’n Geankerde kind is ’n kind wat dit goed kan hanteer om nie altyd heel bo-aan ’n lys te wees nie
4. Ons aanvaar jou foute
’n Vierde anker het ons ontdek deur met kinders te gesels. Hulle het vir ons gesê hulle voel die groot rede hoekom hulle ouers hulle verwerp, is dat hulle te veel foute gemaak het. Niks wat hulle gedoen het, was ooit goed genoeg nie. Deur ons kinders se foute te aanvaar en dit gereeld vir hulle te sê, skep ons vir hulle ’n veilige omgewing. Verseker jou kinders “Jy kan maar weer probeer. Dit maak nie saak dat jy dit nie nou reggekry het nie.” Of: “Ek dink jy het jou bes probeer. Kom ek help jou en dan probeer ons weer.” Dit bied aan jou kinders groot sekerheid en laat hulle veilig voel by jou.
5. Die wêreld draai nie om jou nie
Die laaste anker is om nie by ons kinders die vals idee te skep dat die wêreld om hulle draai nie. Baie van ons dink kinders is stewig geanker wanneer hulle in hulleself glo en vir hulle regte opstaan. Die waarheid is egter dat hulle dikwels nie die middelpunt van ’n situasie gaan wees nie. ’n Geankerde kind is ’n kind wat dit goed kan hanteer om nie altyd heel bo-aan ’n lys te wees nie.
Skep vir jou kinders ’n omgewing waarin hierdie behoeftes vervul word, en jy sal gebalanseerde en gelukkige kinders grootmaak.
Sinkers wat jou kinders se eiewaarde vernietig
Daar is ongelukkig ook verskeie manier waarop ons as ouers, sonder dat ons dit bedoel of beplan, ons kinders in hierdie lewe kan laat sink.
1. Ons vergelyk ons kinders met ander
Die eerste sinker is om ons kinders met ander te vergelyk. Dit is ’n fout wat ons maklik maak, want soms is daar broers, susters, niggies of neefs wat beter in iets vaar as ’n spesifieke kind in die gesin. En as ons ons kinders nie met iemand in die familie vergelyk nie, is daar waarskynlik presteerders by die skool soos wie jy heimlik wil hê jou kind moet wees. Elke kind verdien dit om as ’n individu gesien te word. Geen kind verdien dit om met iemand anders as net hulleself vergelyk te word nie. Ons kan sê: “Jy hardloop nou al baie vinniger as verlede jaar,” eerder as om te sê: “Jy hardloop nou al vinniger as jou boetie.” Met hierdie laaste opmerking sê jy daar is ’n kompetisie tussen die twee kinders en hierdie kind moet altyd ’n tree voor die ander een wees voordat julle op hom of haar trots sal wees of tevrede sal wees met sy of haar prestasie. Dit breek enige kind.
Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
2. Ons oorbeskerm ons kinders
’n Tweede sinker is dat ons ons kinders oorbeskerm. Oorbeskermende ouers is ouers wat kinders nie gun om te wys waartoe hulle in staat is nie. Dit ontneem kinders van ’n stukkie identiteit wat uiters belangrik is sodat hulle stewig geanker sal wees en vooruit kan gaan in die lewe. Dit is vir ons as ouers baie moeilik om toe te kyk hoe ons kinders in ’n situasie beland wat vir hulle moeilik is en wat hulle laat swaarkry. Ek dink byvoorbeeld aan die keer toe ek gekyk het hoe my kind sokker speel en duidelik kon sien dat die ander kinders hom nie kans wil gee om die bal te skop nie omdat hy ’n vorige bal wat na hom toe aangestuur is, verkeerd geskop het. Alles in ’n ouer wil jou op daardie veld laat storm en sê: “Gee my kind ’n kans!” Dit is in ons aard, maar om nie aan ons kinders die geleentheid te gee om vir hulleself op te staan en te sê: “Gee my nog ’n kans” nie, is om hulle te laat sink in die lewe.
Ons is ook oorbeskermend wanneer ons ons kinders nie die gevolge van hulle dade laat dra of reëls wat oortree is met dissipline opvolg nie. Die uitkoms van oorbeskermende ouers kan insluit:
Hierdie kinders ken en aanvaar nie gesag nie en het dikwels min respek vir volwassenes.
Hulle wil gerespekteer word, maar respekteer self niemand nie, want hulle is gewoond daaraan dat die lewe om hulle draai.
Hierdie kinders kan die vryheid wat hulle later in hulle lewe kry nie hanteer nie, want hulle ouers het altyd hulle lewe vír hulle bestuur.
Hulle glo hulle is altyd reg.
Hierdie kinders blameer ander vir hulle foute, want hulle het nie geleer om self verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie.
Hulle raak so gewoond aan die uitgebreide ondersteuningstelsel wat hulle ouers se aandag, tyd en geld jaar ná jaar vir hulle bied dat hulle nie daarvan kan loskom nie. Wanneer hulle al lankal onafhanklik moes gewees het, kan hierdie kinders nog nie op hulle eie voete staan nie.
“Red mense wat onwillig is om hulleself te help, en hulle sal soos ’n aansteeklike siekte aan jou klou.” – Mason Cooley
Betrokkenheid se definisie is om te besef dat ouerskap ’n rol is wat ons nooit sal ontgroei nie
Ons is onbetrokke by ons kinders
’n Derde sinker is die omgekeerde van oorbeskerming, en dit is wanneer ons onbetrokke is by ons kinders. Betrokkenheid se definisie is om te besef dat ouerskap ’n rol is wat ons nooit sal ontgroei nie.
Onbetrokkenheid is om met ons lewe aan te gaan asof ons kinders dit nie vir altyd verander het nie. Daar sal nooit ’n tyd aanbreek dat ek en jy na iets in ons kinders se lewe kan kyk, terugtree en sê nie: “Dit het niks met my te doen nie.”
Wanneer ons vir ons kinders sê: “Dit het by die skool gebeur en het niks met my te doen nie,” of: “Jy is nou al ouer as 18 en moet dit self hanteer. Dit het niks met my te doen nie,” laat ons ons kinders so weerloos dat hulle dalk nie die volgende uitdaging in die lewe sal wil aanpak nie. Hulle sal immers weet ons is nie daar om vir hulle hulp en raad te gee nie.
Onbetrokke ouers stel minimale eise en reageer ook weinig op hulle kinders. Die uitkoms van afwesige ouers kan insluit:
Hierdie kinders beleef in die uiterste gevalle verwerping omdat hulle ouers hulle nie genoeg vertroetel en versorg het nie.
Hulle soek aanvaarding in enige oop arms.
Volwassenheid gebeur met rukke en stote, want hierdie kinders moet onafhanklik optree, maar voel nog nie gereed nie.
Hierdie kinders voel hulle kan gesagsfigure nie vertrou nie omdat hulle nie ’n vertrouensverhouding met hulle ouers ontwikkel het nie.
Hulle besef nie dat hulle as mense waarde dra nie omdat hulle ouers se afwesigheid die boodskap oorgedra het dat hulle nie hulle ouers se tyd, moeite of liefde werd is nie.
Hierdie kinders beleef die wêreld as ’n afsydige en eensame plek waarin elkeen na sy eie belange moet omsien – ’n “dog eat dog”-wêreld.
Kinders wat grootword met minder is kinders wat moeiliker ondergekry sal word
4. Ons ly aan die droomkind-sindroom
’n Vierde sinker noem ek die droomkind-sindroom. Dit is wanneer ons as ouers ’n beeld van die ideale kind of droomkind het. Ons glo elke kind móét vyf of ses spesifieke eienskappe besit om sukses in die lewe te kan behaal. As een of twee van ons kinders nie meer as vier uit ses van die eienskappe het nie, is hulle nie ’n droomkind nie. Dit is baie onregverdig om ons kinders in ’n boksie te probeer indwing, en dit laat ’n kind vinnig sink in die lewe.
5. Ons bederf ons kinders
Die laaste sinker waarteen ek ouers wil waarsku – en jy mag my maar outyds noem – is om kinders te bederf. Hoe meer ons aan ons kinders gee, hoe meer verwag hulle van ons en die lewe en hoe moeiliker sal dit vir hulle wees om kop bo water te hou. Kinders wat grootword met minder is kinders wat moeiliker ondergekry sal word. Hulle bagasie is minder. Die skadelikste maniere waarop ons ons kinders kan bederf, sluit in:
Hulle hoef nie te wag nie.
Hulle hoef nie te spaar nie.
Hulle hoef nie hulle speeltyd, TV-tyd of kuiertyd kort te knip nie.
Hulle hoef nie hulleself besig te hou nie.
Hulle hoef nie opdragte te gehoorsaam as hulle nie wil nie.
Hulle mag kla wanneer iets nie is soos hulle dit wou gehad het nie.
Hulle hoef nie sonder iets klaar te kom as hulle ouers dit kan bekostig nie.
Hulle hoef niks met iemand anders te deel nie.
Hulle hoef niemand te dien sonder om vergoed te word nie.
Hulle hoef niks te doen as hulle moeg of siekerig voel nie.
Hulle hoef niks weg te gee waarvan hulle nog baie hou nie.
Hulle hoef nie te sukkel nie.
Hulle hoef nie tweedehandse klere te dra of met tweedehandse speelgoed of fone tevrede te wees nie.
Hulle kry wat hulle maats het net omdat hulle maats dit het, nie omdat hulle dit nodig het nie.
Hulle verlore of gebreekte besittings word outomaties vervang.
Lees ook: Hoekom dit goed vir kinders is om meer te speel
The post Boekuittreksel: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel appeared first on rooi rose.
Stop die instoppery
Deur Ilse Salzwedel
Stop die instoppery
As jy gedink het jy doen jou kind ’n guns deur hom geld in die hand te stop, dink weer.
Wyse woorde inderdaad, en nodiger as ooit. Want ons leef in ’n era waarin tieners en jongmense toenemend die teiken is. Maar ongelukkig ook dikwels die sondaars en skobbejakke. Dis ’n feit, hoe hartseer ook al, dat ons kinders onregeerbaar raak en minder respek het as ooit tevore: vir hulself, vir gesag, vir mekaar, vir ons as ouers, vir reëls en selfs vir die wet.
Baie ouers het die stryd verloor
Gedragsprobleme by kinders kan verskeie oorsake hê, maar Suid-Afrikaanse sielkundiges het deesdae ’n nuwe gonswoord waaraan baie van ons jeug se probleme toegeskryf word: die instopsindroom.
Dr. Phillip du Toit, ’n Kaapse gesinsberader, sê sy ervaring wys dat ’n gebrek aan dissipline en respek vir gesag toenemend onder kinders voorkom, veral in instop-gesinne.
“Baie ouers het reeds die stryd verloor. Omdat daar al minder struktuur, roetine en wedersydse respek vir mekaar in die huis is, word daar maar met geld gekompenseer.”
Sielkundiges en veiligheidskenners is bekommerd oor jeugmisdaad en die toename in gedragsprobleme onder kinders.
Dr. Anneline Nieman, ’n Johannesburgse opvoedkundige sielkundige wat in haar doktorale tesis op jeugoortredings gefokus het, sê daar is ’n sterk korrelasie tussen jeugmisdaad en vroeë gedragsprobleme by kinders.
Volgens haar is jeugmisdaad ’n wesenlike probleem in ons land. “Daar was volgens die laaste amptelike syfer 62 477 jeugdiges in Suid-Afrikaanse tronke. Sowat 24 407 van hulle is nog verhoorafwagtend.”
Die kommerwekkende feit wat ons nie langer kan miskyk nie, is dat jeugdiges toenemend by misdaad betrokke raak omdat hulle verveeld is, nie navolgenswaardige rolmodelle het nie of maats wil beïndruk, veral as hul materiële besittings nie meer op die maats ’n indruk maak nie. Wat ons terugbring na ouers wat instop.
Lees ook: Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?
‘Maar ek kan dit bekostig!’
Ja, maar jou kind kan nie. Geld, meen sielkundiges soos Phillip en Elize Olivier van Northcliff, is nie die hoofprobleem nie, wel die siening wat by kinders ontstaan dat dit enigiets kan regmaak, of enige krisis kan laat verdwyn.
Voeg daarby die vryheid wat baie sakgeld, ’n eie motor en selfs ’n eie kredietkaart en selfoonrekening ’n kind gee, en dit verklaar dat ouers al minder beheer oor hul kinders se doen en late het.
’n Navraag by ’n dwelmrehabilitasie-kliniek in Pretoria wys dat die jeugafdeling propvol is – die jongste pasiënt ’n skrale 12. Die verslawings? Van (goedkoop) dagga en (relatief goedkoop) ecstacy tot heroïen (wat tot R300 per dag kan kos) en alkohol.
’n Traumadokter by ’n hospitaal naby ’n gegoede woonbuurt in Gauteng, wat om verstaanbare redes nie homself of sy hospitaal wil identifiseer nie, vertel dat sy eenheid elke naweek drie of vier tieners met dwelmoordosisse of alkoholvergiftiging opneem.
Die media wemel van skokkende verhale van tieners waarby dwelms, drank, spoed, geweld of misdaad ter sprake is. Tieners val mekaar by skole aan, in nagklubs, op die sportveld. Al meer tieners gebruik dwelms of opkikkers. Drank is vrylik beskikbaar en word mildelik gebruik.
Die gemene deler in baie gevalle? Onbetrokke ouers wat geld gee eerder as liefde en dissipline.
Lees ook: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel op enige ouderdom
Kruipende kindermishandeling
Die simptome van tienerjappie-sindroom is oral om ons: duur handelsmerkklere, uitspattige, peperduur matriekafskeiduitrustings, selfone, rekenaars, iPods en rekenaarspeletjies. Die duur motors of motorfietse wat sommige hoërskoolleerders ry.
Alle rykmanskinders is nie misdadigers nie, en almal word ook nie emosioneel afgeskeep nie. Maar dié wat wel afgeskeep word en sakke vol geld het, se risiko om by misdaad en dwelms betrokke te raak, is baie groter. Phillip waarsku dat kinders wat nie genoeg liefde en dissipline by ouers kry nie, dikwels op ’n negatiewe manier probeer aandag trek.
Dis wanneer kinders hulle tot nuwe “uitdagings” soos dwelms, spoed, geweld en kleiner misdade wend. Voeg daarby nog ’n stewige dosis tienerhormone, ’n vet beursie en rebelsheid, en jy het ’n ramp wat wag om te gebeur.
’n Pretoriase kriminoloog dr. Christiaan Bezuidenhout sê niks kan ouerlike liefde en betrokkenheid vervang nie. “Dis al met navorsing bewys dat kinders eerder ’n huis vol liefde sal kies bo ’n huis waar geld volop, maar wedersydse liefde en tyd min is.”
Die bekende dr. Phil McGraw noem oormatige bederf ’n “kruipende vorm van kindermishandeling”.
“Jou werk as ouer is om jou kind vir die wêreld voor te berei. In die regte wêreld kry ’n mens nie altyd wat jy wil hê nie. Jy sal dit beter kan hanteer as volwassene as jy dit reeds as kind ervaar het.”
Verder maan hy dat as jou verhouding met jou kind op materiële dinge gegrond is, jou kind nooit sal voel hoe dit is om onvoorwaardelik liefgehê te word nie.
Ons voorbeeld as ouers, waarsku Dr. Phil, is van uiterste belang. “Ons is nie die enigste voorbeeld in ons kinders se lewe nie, dus beter ons sorg dat ons die beste voorbeeld is!”
Te veel geld tas ook jou kind se waardestelsel aan. “Hulle het minder empatie vir mense wat nie het wat hulle het nie, en waardeer dit wat hulle het, ook minder,” verduidelik Elize.
Dis ’n bose kringloop. “Ouers wat instop, is gewoonlik ook baie manipuleerbaar, wat beteken dat ’n kind respek vir die ouer verloor,” waarsku Elize. “Die kind het nie respek vir enigiets of iemand nie, en boonop verloor die ouer die gesag wat nodig is om dissipline op te dwing.”
Wat is die oplossing?
Die Australiese kinderopvoeding-ghoeroe, Steve Biddulph, is ’n kampvegter vir die terugkeer na outydse waardes en dissipline. Hy stel dit onomwonde in sy boek The Secrets of Happy Children (Harper Collins Publishers, 2002): “As ouers nie ferm is nie, ontwikkel kinders geen innerlike beheer nie. Hulle hou net aan om soos tweejariges op te tree, selfs as hulle 5, 15 of 25 is.”
Hy sê ’n kind se lewe is ’n gemors sonder innerlike dissipline. Ouers wat kinders laat doen wat hulle wil, veroorsaak ’n lewenslange gestremdheid by die kinders en eindelose probleme wag op hulle as hulle die regte wêreld betree.
Daar’s net een manier om vir jou kind ware vryheid in ’n moeilike wêreld te gee, meen Biddulph, en dis deur hom goeie selfdissipline te leer. “Dan kan hy die wêreld aanvat.”
“Dis belangrik om jou kind van vroeg af te leer om verantwoordelikheid vir homself en sy optrede te aanvaar,” verduidelik Anneline. As ouers onaanvaarbare gedrag ongestraf laat, of intree sodra daar reperkussies is oor ’n kind se optrede (deur byvoorbeeld ’n boete te betaal), kry kinders die boodskap dat daar altyd ’n manier is om verantwoordelikheid te ontduik. “Reëls word dan nie ernstig opgeneem of gerespekteer nie, en gedrag kan vererger en uitloop op misdadige optrede.”
Elize voel baie sterk oor instop. As ma en as sielkundige. “’n Mens ontneem eintlik jou kind van sy kindwees as jy hom te veel bederf. As jou seun in graad 2 al ’n Playstation kry, wat gaan jy gee om hom op 14 te beïndruk? Prostitute en dwelms? Dis tyd dat ouers selfondersoek doen om vas te stel hoekom dit vir hulle so belangrik is om hul kinders te bederf en te beïndruk.”
“Ons as ouers moet besef ons is honderd persent verantwoordelik vir wat met ons kinders gebeur. Hou die leisels kort en die geld min. Al haat jou kind jou nou, gaan hy eendag vir jou dankie sê,” sê Elize.
Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders
The post Stop die instoppery appeared first on rooi rose.
Lig jou kind uit depressie
Soos vir Mieke. Hierdie eens vrolike ekstrovert het op elf skielik nie maats nie. Sy voel “almal is teen haar”, huil maklik, haar skouertjies hang; van ontluik in ’n lewenslustige tiener is daar nie sprake nie. “Ek was so ontsteld toe ek verlede jaar ná die wintervakansie haar kamer regpak en op die boks vol toegevoude folio’s afkom wat sy geskryf het. Op net elf skryf sy oor en oor: Ek haat myself; niemand hou van my nie; my maats is aaklig met my, maar dis al soort maats wat ek werd is; ek is lelik; ek is stupid; hulle het weer vir my weggehardloop. Jy suck, jy SUCK. Dié een was in ’n ander kind se handskrif, met ’n dosyn ander handtekeninge daarby. Daar was nog ’n briefie: Jy kan nie pouse met ons speel nie.
“Ek kon sien dit gaan nie goed nie, maar soveel pyn het ek nie verwag nie,” vertel Emma. Sy het die boks toegemaak en na oplossings begin soek. Daar is, maar dis ’n moeiliker, langer pad as wat jy sou wou hoop.
Kan kinders regtig depressie kry?
“Selfmoord” en “tien jaar oud” is twee konsepte wat jy nie bymekaar bring nie, maar kinderpsigiater Juan Schrönen sê die selfmoordkoers onder kinders van 10 tot 14 het die afgelope dekade verdubbel.
“Selfmoord onder sulke jong kinders ís skaars, maar ons gee te min aandag aan hierdie groeiende probleem. Ouers aanvaar dat hul tienerkind depressief kan wees. Hoërskole let op na depressie; daar is voorlig ligtingonderwysers, jeugwerkers en skole verwys kinders dikwels vir hulp as die ouers dit nie raaksien nie. “Maar as ek vir mense sê ek moes al ’n negejarige met ’n antidepressant behandel vir ernstige depressie, dink hulle ek wil geld uit antidepressante maak.
Die werklikheid is dat laerskoolkinders diep depressief kan word – en so ernstig dat dit nie net hul persoonlike ontwikkeling nie maar ook hul brein permanent skaad.”
Ontken ons die probleem onder laerskoolkinders? Los ons jong kinders – die broosste van almal – om maar alleen met hul siekte te worstel? Dit lyk so. Rentia, ’n laerskoolonderwyseres, sê sy het elke jaar in haar graadsesklas minstens een kind wat sy doodseker is depressief is.
“Meestal sal die ma my kontak en sê die kind is ‘ongelukkig’ en raad vra. Maar daar is werklik min wat ek in die klassituasie kan doen. “Ek betrek die kind waar ek kan, maar gewoonlik is die depressiewe kind nie in staat om uit te reik en van sy kant af takies te doen, soos om die klas se potplante water te gee nie.
Hul klaswerk is swak en ek kan min sterretjies uitdeel en prys. Omdat sy konsentrasie swak is, werk klasdeelname nie; hy gaan vir seker verkeerd antwoord en nog meer na ’n mislukking voel. Ek kan nie oral dophou en die kind beskerm nie. My klasse is groot – meer as veertig leerders – met ander kinders wat ook aandag eis, soos die hiperaktiewes en die stadiges. “Dis ’n moeilike ouderdom. Ek kan kinders nie dwing om maats te wees nie; hulle wil hul maats kies. Ek kan hulle nie dwing om nice met mekaar te wees nie. Dis skrikwekkend om te sien hoe kras hulle mekaar kan afkraak. Party kan dit verwerk, maar ander knak.
“Ander kinders reageer nie goed op depressie nie en stoot hierdie outjies verder uit. Ék kan nie veel doen nie, en as die ma nie die vermoë het nie … Ja, dan is die kind aan homself oorgelaat.”
Emma vertel hoe magteloos en onbeholpe sy voor hierdie situasie is.
“Ek vra raad, maar mense verstaan nie, of help nie. Ek loop my oral vas in ’n houding van dat dit maar normale groeipyne is, of dat ander kinders wat hope maats het ook maar soms met hul maats ’n uitval het. Party impliseer selfs dat Mieke dit oor haarself gebring het. Een het vir my gesê gawe kinders het maats, nare kinders nie. Vir my lyk dit eerder asof die nare, katterige kinders maats het en die sagter kinders makliker uitgestoot word.
“By die skool loop ek my in ’n muur vas. Hulle sê maar net hulle ‘dra elke kind se belange op die hart’ en ‘die kind gee nie moeilikheid nie, so alles is in orde en ek moet my nie bekommer nie’. My indruk is dat hulle dink dit gaan oorwaai. En ja, dit is seker wat in ’n ander sin gaan gebeur: oor ses maande ‘waai’ Mieke uit die laerskool. So word die probleem wat hulle betref, opgelos.”
Sal jy dit raaksien?
Emma verwyt haarself dat dinge so ver gegaan het. “Dit het skielik gebeur. Sy het haar kringetjie maats gehad. Verlede jaar is sy van haar beste maatjie geskei. Daar was van haar ander maats in haar klas, maar sy kon net nie op dreef kom nie. Ons het nuwe maats oorgenooi en ek het aangemoedig dat sy kyk wie ook alleen is en uitreik. Ek het gehoop dit gaan in die tweede kwartaal beter. Maar skielik is dit die derde kwartaal en my kind het binne drie maande – dit voel soos ’n oogwink – in hierdie hartseer, hartseer kind verander. Ek moes dit seker vroeër raakgesien het, voor dit te ver gegaan het.”
Conrad Minnaar, ’n polisie-onderhandelaar wat daarin spesialiseer om selfmoordgevalle uit die poging te probeer praat, sê dis die een ding wat hom keer op keer opval: ouers wat sê hulle het dit nie verwag nie; die kind was dan tot ’n paar weke gelede so tevrede/ sosiaal/besig.
“Jy moet omtrent ’n baasspeurder wees om depressie by hulle raak te sien.”
Gesels met jou kind oor ditjies en datjies net wanneer jy kan. Luister na sy antwoorde, vra uit, sonder om in te vra. As jy nie raad gee nie en nie berispe nie, praat kinders makliker. Luister veral na sy stemtoon, kyk na sy lyftaal en neem in hoe hy dit sê. Dit verklap hoe dit emosioneel met hom gaan. As jou kind een van die stilletjies is – van nature skaam en teruggetrokke – wees ekstra oplettend oor sy lyftaal.” Juan sê die enigste betroubare aanduiding is dat die kind nie meer homself is nie. “Dit sal jou help om te onderskei of jou kind net vandag ’n bietjie ‘af’ voel en of die kind al eintlik in sy lewenshouding geskuif het. Enige kind is soms huilerig of stuurs, maar jou kind met ’n probleem is weke lank oorwegend of dikwels so. So is kinders wat maklik uitgereik het, nou dikwels of merendeels angstig.
Die voorheen lewenslustige kind put nou selde genot uit enigiets. Die kind kan ook baie meer of baie minder slaap, of baie meer of baie minder eet. Nog ’n goeie leidraad is dat die kind al swakker vaar op skool en sukkel om te konsentreer.” Dis bitter moeilik om jou vinger daarop te lê, glo Emma. “Dis nie soos koors wat van gister na vandag duidelik verander nie. Eers as ek dink hoe my kind twee jaar gelede was, kan ek sê sy is nou baie anders. Dis eerder soos ’n geleidelike aftakeling: eers was daar net een voorval en sy kon dit ná ’n tydjie oorkom; toe nog een en nog een. Eers was sy net ’n aks minder vrolik as die vorige week en later elke week of so net ’n aks hartseerder.
Jy word naderhand gewoond daaraan. Mieke is my oudste, en jy hoor oral die tienerfase is mos vol dramas, en dus dink jy dis maar hoe dit nou moet wees.” Daarom glo Juan dat ouers wat “wonder” die diagnose in die hande van ’n professionele buitestander moet plaas. “Ons gebruik vraelyste soos die Kiddie SADS, die Children Depression Rating Scale en die Columbia Suicide Severity Scale om ’n geheelbeeld van die kind se emosionele toestand op te bou. As buitestanders kan ons meer objektief as die ouer oordeel.”
Praat of pille?
Juan glo julle moet heel eerste met gespreksterapie begin.
“Maar ek sal baie versigtig wees in wie se hande ek die vorming van my kind se denkpatrone laat. Kies iemand met die vermoë om jou kind anders én meer positief te laat dink. Iemand wat jou kind vertel depressie is van die duiwel, of dat jy depressie net moet wegbid, doen ontsettend ernstige langtermynskade.
“Die sielkundige behoort jou kind bykomende vaardighede te leer (soos hoe om in ’n groepie op te tree, die waarde van ’n paar vriendelike vrae, groter selfinsig, of wat ook al nodig is) en dit met jou te bespreek sodat julle dit kan inoefen. “Die ideaal is dat jy sélf jou kind emosioneel ondersteun, want jy is daar wanneer hy vashaak, teenoor die sielkundige wat ’n uur per week het om aan ’n probleem te werk wat hom al die hele week kwel … en dalk direk ná skool wanneer die kind oormoeg en gejaag daar aankom en glad nie lus is om saam te werk nie.” Is anti-depressante nie darem net te drasties vir laerskoolkinders nie? Moet jy nie maar net aanvaar dat grootword ’n pynlike proses is en dat kinders deur met die probleme te worstel juis sosiale vaardighede aanleer nie?
“Dit hang af. As jou kind nie beter word nie, is hy biologies depressief, met ander woorde hy het ’n siekte wat buite sy beheer is. Sosiale vaardighede en gesonde persepsies het niks met sy toestand te doen nie: sy breinchemie kelder hom.
Ek is heeltemal gekant daarteen dat ouers en skole kinders maar net los: dis oningelig en ongevoelig, en sonder enige opvoedkundige waarde. Mense onderskat die impak van breinontwikkeling op vatbare kinders. Die frontale lob van die brein waar emosie gesetel is, ontwikkel in die tienerjare meer as in enige ander fase. By party kinders gaan dit met meer skommelings gepaard as by ander, wat hulle baie vatbaar vir depressie maak. “Ons besef ook nou dat depressie in hierdie fase die brein permanent skaad. As jy nié optree nie en die brein maar wanfunksioneel los, word depressie die brein se voorkeur werkswyse, wat jou kind se persoonlikheid vir die res van sy lewe vervorm. Depressie infiltreer permanent sy persoonlikheid – tensy dit behandel word.”
Beteken ’n pilletjie op tien ’n pilletjie tot op honderd? “Nee wat. Vir die meeste kinders is ses tot twaalf maande genoeg.
Dit lyk eintlik asof vroeë ingryping die brein tot by normale funksionering terugbring, waarna die kind baie waarskynlik nie weer ’n antidepressant nodig kry nie. As jy die kind los, sukkel hy juis vir die res van sy lewe met depressie. Die doel van die antidepressant is om die kind se breinchemie te plaas waar ander kinders s’n in elk geval is.”
Wat kan jy doen as jou kind depressief is?
• Wat sê jou intuïsie en die feite?
Sien jy ’n verandering of ’n bui? Die Kiddie SADS-evaluering kan jou help onderskei. Kry ook die klasonderwyseres se indrukke. Kry by jou dokter ’n verwysing na ’n kinderpsigiater. Moenie dat ’n huisdokter sommer ’n antidepressant voorskryf nie; dit is meer kompleks om kinders te behandel.
• Verduidelik aan jou kind depressie is ’n siekte net soos diabetes
Jy word nie vanself gesond nie en moet hulp kry. Daar is twee soorte hulp: vir party mense help dit om daaroor te gesels en te dink; by ander gaan dit oor breinchemie wat met ’n pilletjie reggestel word. Lig die skool in sodat jou kind met begrip benader word.
• Ontlont die stigma
Die skool kan nie jou kind se probleem oplos nie maar ter wille van groter begrip kan ’n organisasie soos SADAG die leerders en onderwysers kom leer omtrent depressie.
• Oppas vir manipulasie
Moenie jou kind oorbeskerm of alles toelaat nie. Hy kan nie te depressief wees om huiswerk te doen, maar vrolik genoeg vir fliek wees nie. ’n Werklik depressiewe kind sien vir die lekker dinge ook nie kans nie.
• Sorg vir ’n gesonde roetine
Veral depressiewe kinders vaar beter as hulle vroeg bed toe gaan, TV en rekenaarspeletjies realisties beperk word, daagliks bad, skoon aantrek, skool toe gaan, ’n bietjie buite kom en aan ’n aktiwiteit deelneem wat hul wêreld verbreed.
Keer vooraf
• Bou positiewe sienings
Ons glo ons persepsies oor gebeure, eerder as feite. As jou kind ’n klasvoorval baie negatief lees – daar is dalk ’n briefie rondgestuur wat sê hy suck – verduidelik dat eintlik net ’n paar ongemanierde kinders die briefie geskryf het en dat die res te bang of dom is om iets te sê. Help jou kind met begeleidende vrae om in te sien dat dit nie “die hele klas” of “almal” is nie; dat dit met almal ’n keer of wat in hul lewe gebeur; dat ander maats (en noem hulle by die naam), familie en jy die diamant in hom raaksien; en dat sulke briefies julle minagting verdien.
• Is jou kind gereed?
Hulle verloor selfvertroue as jy eise stel wat hulle nie suksesvol kan hanteer nie en waarin hulle keer op keer misluk.
• Tel jou kind se druk
In hoeveel van jou kind se aktiwiteite word spanplekke toegeken, pryse uitgedeel, punte getel of vorderingsverslae gegee? Elkeen van hulle is druk om te presteer – dalk nie van jou af nie maar van die aanbieder. Te hoë verwagting breek kinders en skep ’n teelaarde vir depressie.
• Pas die skool by jou kind?
Die naaste skool, of die mees vooraanstaande skool wat jy kan bekostig, is dalk nie die beste vir jou kind nie. Kies een wat by jou kind se vermoëns en persoonlikheid pas – kleiner getalle, gemakliker akademiese standaarde as jou kind nie ’n toppresteerder is nie, ’n skool wat nie op sport fokus as die kind nie sporttalent het nie. l Waarmee is jou kind besig? Depressie sal ’n kind aftrek wat ure aaneen negatiewe dinge lees, soos “fuckmylife” via mixit waar die een storie van mislukking na die ander gepos word. Dieselfde geld party TV-programme, rekenaarspeletjies en donker musiek. Speel doelbewus vrolike musiek in die res van die huis, gesels oor opwindende dinge, skets vir jou kind ’n lewe van optimisme.
• Hou jou kind aan die praat
Jou kind sal makliker gesels as jy nie met elke tweede sin raad uitdeel en teregwys nie. Frases soos “O, regtig?”, “En toe?”, “Ma is so trots op jou” en “Is dit?” is towerwoorde wat kinders aan die praat hou.
• Eet aan tafel
Jy sal verbaas wees hoeveel meer julle gesels as julle om die tafel sit. Kom in die gewoonte dat julle ietsie vertel wat julle vandag laat lag het of gefassineer het.
Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
The post Lig jou kind uit depressie appeared first on rooi rose.
Waarom Android-toestelle veiliger vir kinders is
Die byna universele gebruik van slimfone vir kinders, op toenemend jonger ouderdomme, is ‘n duidelike aanduiding dat vandag se ouers meestal glo dat die voordele van hul kinders wat slimfone besit die risiko’s oorskry.
Dit is moeilik om te argumenteer teen die gerief van ‘n gesin wat altyd vir mekaar beskikbaar is of die baie waardevolle geleenthede vir kinders om by die digitale wêreld betrokke te raak. Maar dit beteken nie dat ouers nie onrustig is oor hul besluit om ‘n slimfoon in hul kind se hande te sit nie. Alhoewel navorsing oor hierdie onderwerp tans beperk is, is dit verstaanbaar dat ouers bekommerd is oor die impak van langdurige skerm blootstelling op hul groeiende kind se kognitiewe en sosiale ontwikkeling. Daarenteen is daar egter baie bewyse dat internet gekoppelde toestelle kinders se kwesbaarheid verhoog om onvanpaste en skadelike inhoud teë te kom, sowel as om blootgestel te word aan aanlyn afknouery, teistering en vreemdeling-gevaar.
Dit bring ons na die meer pertinente groot vraag wanneer dit kom by kinders en hul internet-gekoppelde toestelle – Hoe hou ons hulle veilig in hulle aanlyn wêreld? Gelukkig het ouers nou toegang tot ‘n wye reeks ouer beheer hulpmiddels wat ontwerp is om hierdie probleem op te los. Dit is belangrik om te noem dat aanlyn veiligheid begin met die noukeurige keuse van ‘n slimfoon of tablet. Beide Android slimfone en iPhones bied ‘n paar ingeboude ouer beheer kontroles wat ouers bemagtig met funksies soos beperkings op watter toeps hulle kinders kan gebruik, skerm-tyd beperkings, inhoud-filters, gebruiks-verslae en ligging-opsporing. Alhoewel kenners nie heeltemal saamstem oor hierdie saak nie, is daar ‘n groeiende neiging na Android-toestelle as die veiliger opsie vir kinders omdat dit meer aanpasbaar is, wat ouers in staat stel om ‘n uitgebreide ekosisteem van aanlyn veiligheid op te stel wat baie meer robuus is as om net die toestel se standaard kontroles te gebruik.
Rachelle Best, uitvoerende hoof en stigter van die KI-aangedrewe moniterings toepassing, FYI play it safe, beklemtoon die noodsaaklikheid vir ouers om ‘n kombinasie van strategieë te gebruik om ‘n behoorlike ekosisteem vir aanlyn veiligheid te skep. Sy sê: “Android-slimfone bied meer buigsaamheid, so ouers het meer keuses beskikbaar, en dit is makliker en meer effektief om ‘n omvattende veiligheids oplossing vir hul kinders te implementeer. Wat belangrik is om op te let, is dat óf ‘n Android-foon veiliger vir jou kind is, uiteindelik afhang van hoe dit opgestel en gebruik word. Ingeboude ouer beheer maatreëls bied slegs ‘n basiese vlak van beheer en bevat nie enige gevorderde kontroles nie. Dit beteken dat hulle nie voldoende is as ‘n alleenstaande oplossing nie. Dit is redelik algemeen dat ouers ontdek dat hul kinders maniere vind om standaard skerm tydlimiete en toepassings beperkings te omseil. Om ‘n effektiewe ekosisteem vir jou gesin se aanlyn veiligheid te vestig, moet ouers ouer kontroles aanvul met gevorderde moniterings oplossings soos FYI play it safe. Boonop is dit noodsaaklik om ‘n gesins-kultuur van oop kommunikasie te bevorder wanneer dit by aanlyn risiko’s kom.”
Benewens die groter omvang van buigsaamheid van Android-toestelle, is daar verskeie ander redes waarom baie ouers hierdie toestelle vir hul kinders verkies:
Uitstekende inhoudbeheer: Android-toestelle maak minder integrasie tussen toepassings en boodskap dienste moontlik en het meer kontroles oor inhoud toegang binne individuele toepassings. Dit maak dit makliker vir ouers om te verhoed dat kinders per ongeluk betrokke raak by onvanpaste of skadelike inhoud van binne ‘n ander toepassing.
Uitgebreide toepassing keuse: Android het ‘n groter keuse van toepassings in die Google Play Store wat vir ouers meer opsies bied wanneer dit by ouer kontroles en toestel monitering kom. Dit verseker dat jy toegang het tot die nuutste en mees gevorderde veiligheids- en sekuriteits programme om jou kind veiliger te hou.
Gevarieerde prysklas: Android bied ‘n baie groter reeks toestelle teen ‘n verskeidenheid prys punte. Dit is makliker om ‘n foon of tablet te vind wat by jou gesin se begroting pas.
Gepersonaliseerde gebruikers rekeninge: Ouers kan verskeie gebruikers rekeninge op ‘n Android-foon of -tablet opstel, elk met verskillende beperkings en toestemmings, sodat ouers maklik hul kontroles vir elke kind in die gesin kan pasmaak.
Die FYI play it safe-toepassing, wat nou op Google Play beskikbaar is, maak gebruik van KI en ML om die inhoud van kinders se aanlyn aktiwiteite op verskeie toestelle intyds te monitor en bied vir ouers waarskuwings wanneer hul kinders aan aanlyn risiko’s blootgestel word. Dit monitor al die inhoud waaraan die kind blootgestel word, insluitend sosiale media, in-speletjie en kits boodskappe. Nuwe rekeninge en toepassings word by verstek ingesluit sonder dat ouers hul kind se profiel inligting nodig het.
Best sê: “Om FYI play it safe se plek op Google Play te verseker is ‘n belangrike mylpaal in ons missie om kinders veiliger te hou in die aanlyn wêreld. Die toepassing se teenwoordigheid op die platform verhoog nie net ons sigbaarheid vir miljoene Android-gebruikers nie, maar bied ouers die versekering dat FYI play it safe ‘n betroubare oplossing is om hulle te help om hul gesin se aanlyn veiligheid te verbeter. Die maklike installasie proses vereenvoudig die gebruiker se ervaring, wat dit geriefliker maak vir gesinne om ons tegnologie te gebruik en saam met ons ‘n veiliger digitale omgewing vir kinders wêreldwyd te skep.”
The post Waarom Android-toestelle veiliger vir kinders is appeared first on rooi rose.