Kaapsehoop | rooi rose

Kaapsehoop: plek van die wilde perde
Kaapsehoop: plek van die wilde perde deur Martie Swanepoel. Foto’s verskaf

Dit is die Faceboek-plasings van mede-joernalis De Wet Potgieter wat my gelok het. Sedert hy die redakteurskap van die Laevelder oorgeneem het, leef hy en sy vrou, joernalis en skrywer Alita Steenkamp daar tussen die wilde perde in hulle ou plaashuis.

Ons het in hul gastehuis tuisgegaan en die uiters ruim kamers het ’n romantiese atmosfeer met antieke meubels en ’n pootjiesbad wat jou help terugreis in tyd.

Die dorpie het lekker snuffelwinkels waar jy tweedehandse klere, antieke ware, kunswerke en handgemaakte glas-kuns kan koop.

As jy jou energie uitgewoed het op die staproetes deur die klipkoppies rondom die dorp, kan jy jou innerlike gaan versterk by een van die talle restaurants en koffiewinkels.

Op ons staptog deur die nostalgiese strate van die dorpie is dit die warm atmosfeer van die talle historiese huise wat jou opval. Die ou kommissariswoning en kommissarisplein was vir my hoogtepunte. Die vervalle geboue verteenwoordig ’n era wat nog in die mistige strate van die bergdorpie weerklink.

Die kommissarisplein

Die dorpie is omring deur denneplantasies en ons het deur een gestap tot by die antieke begraafplaas waar gesinne se geskiedenis uitgestippel word deur rye grafte. So is daar die Graham-gesin wie se eenjarige kind, William, in November 1936 gesterf het. Hul pasgebore Myrtle het in September 1937 gesterf en twee maande later is hul tienjarige kind, nog ’n William, oorlede. Dit vertel die geskiedenis van ’n delwersgemeenskap wat ver verwyder was van behoorlike mediese hulp.

Daar is ook die graf van Evan Davies wat in die geveg van Delville-bos in die Eerste Wêreldoorlog gewond is en op 80-jarige leeftyd op Kaapsehoop gesterf het.

Ons het ontbyt geëet by die lieflike Silver Mist Country Inn. Giel het gesmul aan lewer, eiers en pap terwyl ek die pap, kaiings en eiers verorber het.

Die wilde perde van Kaapsehoop. Foto De Wet Potgieter

*Vir meer inligting oor die ou Plaashuis-gastehuis bel 0836955308

Dinge om in Kaapsehoop te doen

https://www.sa-venues.com › … › Things To Do › Mpumalanga › Lowveld Legogote

https://www.safarinow.com/things-to-do/kaapsehoop/default.aspx

Hoogtepunte

Eskarpment

Stap vir 20 minute deur ‘n doolhof van ongewone rotsformasies. Jy sal jouself op die rand op die rand van die platorand bevind. Hier val die landskap 1000 meter in die Barberton-vallei. Snags kan jy die liggies van Nelspruit en Barberton sien. Met dagbreek kan jy die sonsopkoms oor die Swazi-berge sien.

Spoke en ou stories

Hierdie uurlange toer neem  jou deur die ongelooflike geskiedenis van Kaapsehoop. Dit vertel verhale van die vroeë wilde dae van goudprospekteerders, politieke intriges, moord, misterie en Kruger se miljoene …

Geskiedenis

Gaan op ’n toer wat jou alles van die geologie, Afrika-kultuur, die plaaslike geskiedenis van Kaapsehoop en die geskiedenis van die Boereoorlog vertel. Toere kan van 1 tot 5 uur wees.

Waterval

Die Battery Creek Falls is ’n skouspelagtige 30 meter hoë waterval, net 10 minute se stap van Kaapsehoop. Daar is poele wat diep genoeg is om in te swem, maar die meeste mense hou daarvan om onder die water te staan en ’n goeie massering te kry.

Die wilde perde stap by die ou kommissarisplein

Jy kan Martie Swanepoel se blogplasings, Windswael,  vir rooi rose op ons webblad lees! Hier is ’n keur van haar skryfwerk:

“’n Tiet om te kom en ’n Tiet om te gaan”

Kaptein se kruis: ’n Paasblog

Paaie

Eenvoud van geloof

Alleenvlug

Lees ook die nuutste vervolgverhaal, Vlam, uit die pen van Martie Swanepoel. Klik hier

The post Kaapsehoop: plek van die wilde perde appeared first on rooi rose.