Knysna | rooi rose

Slyp jou tande (of oefen harder) vir die Knysna Oesterfees
Versorg deur Mariette Snyman. Foto’s: verskaf.

Ná 2017 se vernietigende brande in die Knysna-omgewing is die inwoners gefokus op herstel. En hulle verrig wondere! Tuinroete-besoekers kan met ’n geruste hart na die Knysna Oesterfees toe kom; meer as 100 aktiwiteite is tydens die ten dae beskikbaar.

Hierdie gewilde sport- en leefstylfees is deesdae ’n instelling op die Suid-Afrikaanse winterkalender. Daar is werklik iets vir elkeen: sportentoesiaste kan deelneem aan die land se voorste fietsry- en hardloopgeleenthede; gesinspret is aan die orde van die dag en avontuurlustige siele kan hulle in die dramatiese natuurskoon en adrenalienaktiwiteite verlustig. Om nie te praat van die genot verbonde aan die wêreldberoemde Knysna-oesters wat jy met ’n glasie vonkelwyn kan afsluk nie!

Soos gewoonlik sal daar geen tekort wees aan die beste spys en drank nie – plaaslike restaurante werk hard aan tema-spyskaarte vir die duur van die fees. Daar is ook ’n verskeidenheid konserte, komediante, modeparades en ander geleenthede, plus ’n avontuurryke program om die kleintjies gelukkig te hou. Moenie vergeet van die Momentum Health Kiddies Area nie – spesiaal vir die jonger mensies.

Hierdie jaar se sportprogram sluit bergfietsgeleenthede op Saterdag 30 Junie in, met 80 km-, 50 km-, 30 km- en 15 km-roetes, asook die meer onlangse toevoeging: ’n 30 km E-bike wedren. Die Momentum Knysna fietstoer vind op Sondag 1 Julie plaas en bied ’n 115 km en 50 km-roete.  ’n Opwindende nuwe verwikkeling is nou bevestig. Die Momentum Knysna fietstoer se 115km padwedren, tesame met die 80 km en 50 km bergfietswedrenne, is nou “seeding qualifying events” vir die 2019 Cape Town Cycle Tour.

Die Momentum Knysna Woudmarathon & Halfmarathon is twee van die land se mededingendste wedlope en vind plaas op Saturdag 7 Julie. Deelnemers kan uitsien na die asemrowende uitsigte oor die Knysna Strandmeer in die rigting van die  Knysna Koppe naby die eindpunt. Dit behoort hulle die nodige inspirasie te gee!

Skryf hier in vir die marathons en klik hier vir fietsinskrywings.

Beplan jou wintervakansie rondom die fees, en geniet sommer ook die wonders van die Tuinroete: Uitstappies in die inheemse Knysna bos en die onvergeetlike gesig van die Knysna Koppe. Knysna Toerisme se #Knysnarises veldtog het help verseker dat hierdie baie besonderse dorp vir jou regstaan! Kom ondersteun die Knysna-gemeenskap en ervaar tien dae vol pret en avontuur.

The post Slyp jou tande (of oefen harder) vir die Knysna Oesterfees appeared first on rooi rose.

‘Classics is Groot’ hou ekstra konsert ten bate van Knysna-tragedie
Volgens Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van dié konserte, het alle rolspelers ingestem om hul dienste gratis hiervoor te bewillig.

“Die ekstra konsert se opbrengs word aan organisasies geskenk wat help om verligting in die area te bring. Ons het besluit om alle kaartjies vir die ekstra konsert, by die Moreletapark Ouditorium in Pretoria, teen R250 te verkoop. Dit is ons manier van omgee en om die mense van Knysna te ondersteun,” sê Hargroves.

“Ons nooi alle musiekliefhebbers om hierdie konsert van wêreldgehalte te ondersteun en sodoende ook aan dié liefdadigheidsprojek deel te neem,” sluit Hargroves af.

Brande het die afgelope paar dae geweldige verwoesting in Knysna en omliggende areas gesaai en te midde van lewensverlies, is verskeie besighede en huise in puin gelê, wat talle mense dakloos gelaat het.

Dít is ’n saak wat vir Corlea, wat by Classics is Groot te sien is, baie na aan die hart lê. “In 1995 het ons huis tot op die grond gebrand, ons het net die klere aan ons lywe oorgehad. Ons het so verlore en haweloos gevoel. My hart gaan uit na hierdie arme mense, wie se wêreld totaal omgekeer is. Help my, en my mede-kunstenaars, om net ’n klein bietjie hoop en verligting in dié onsekere tye aan hulle te bring,” vra sy.

Saam met Corlea op die verhoog, kan konsertgangers uitsien na optredes deur Amira Willighagen, Jannie Moolman, Coleske, Touch of Class, Swing City, Monique Steyn, Tarryn Lamb, Charl du Plessis en die Joburg Ballet Company.

Kaartjies vir dié ekstra konsert (Saterdag, 24 Junie om 12:00) is nóú by www.ticketpro.co.za teen R250 per persoon beskikbaar.

The post ‘Classics is Groot’ hou ekstra konsert ten bate van Knysna-tragedie appeared first on rooi rose.

Hunters Country House: huis met ’n warm hart
Toe siviele ingenieur Craig Hunter en sy vrou Jill in 1979 die landgoed ontdek het, was dit liefde met die eerste sienslag. Binne ’n paar maande het hulle hul besige lewens in Johannesburg opgepak en saam met hul vyf kinders die dapper skuif platteland toe gemaak. Elektrisiteit is aangelê, damme gebou en ’n reusagtige tuin is aangeplant. Nadat al vyf kinders die huis vir universiteit en werk verlaat het, het die Hunter-ouerpaar besluit om die pragtige plaas in ’n gesinshotel te omskep. Met hul gesamentlike talente en volop flair, het hulle die droom ’n werklikheid gemaak en Hunters Country House in ’n vyfster verblyfopsie omskep. Hulle het die 21 grasdakrondawels self ontwerp en al die meubels, skilderye, ornamente en eetgerei is met die hand uitgesoek deur Jill – ’n handelaar in antieke dekor. Elkeen van die vyf Hunter-kinders was in ’n stadium betrokke by die hotel: dogter Jacqui was bestuurder, seun Rob was in beheer van die bouwerk, Ian het die bemarking behartig, Cameron het die woudpaadjies uitgelê en dogter Mandy het as opgeleide sjef in die hotel gewerk.

Met dié huislike grondslag in gedagte (Craig Hunter noem dit “built out of love for family and a passion for creating wonderful experiences for our guests”) is dit te verstane dat dit een van die gesinsvriendelikste luukse hotelle denkbaar is. Kinders is ’n gróót woord by Hunters Country House. Vir kinders tussen 0-8 is daar die Cubs Corner: ’n spesiale speelplek met ’n klimraam en sandput en ’n Cubhouse waar hulle onder toesig kan verf en speel. Vir die ouer kinders is daar die Teen Scene met ’n loslit kuierkamer, veerpyltjies, snoekertafel, tafeltennis en ’n groot swembad by die lapa. Die hotel ondersteun beide Masizame– (Kom ons probeer) kinderhuis en Bonholethu– (Ons trots) kleuterskool in Plettenbergbaai.

Hunters Country House is al met die Suid-Afrikaanse toekenning van Hotel van die Jaar bekroon. As deel van die glansryke Relais & Chateaux-vereniging, geniet hulle internasionale erkenning vir uitstekende diens, fantastiese kos en die allerpragtigste tuine wat wemel van vlinders – ’n natuurlike heiligdom wat Jill oor ’n tydperk van drie dekades met baie liefde geskep het.

Die oorspronklike, grasieuse ou grasdak-plaashuis met sy kaggel, knus bibliotekie en muurpapier, laat jou voel asof jy deel is van ’n vorige era. My gunstelinggebou op die landgoed is die versteekte woudkapelletjie wat twintig jaar gelede opgerig is vir troues en aanbidding. Dis gebou op ’n krans met ’n uitsig oor die woud en omring deur blom-skaduplante. ’n Ander konstruksie wat my hart gesteel het, is die enorme glasvertrek in die tuin waar ontbyt bedien word. Dink omelet gevul met sampioen, camembert, gekapte kruie, krakerige spek en tamatie. Dink geroosterde croissant met gerookte salm. Dink mieliebrood, swartwoudham, seisoenvrugte-smoothies, chipolatas, boerewors en sterk koffie. Dink bessies, neute en kaas om van te kies en te keur. Dit alles bedien in ’n styl van gemaklike luuksheid en luukse gemak.

Daar is iets reddeloos romanties aan die grasdak-rondawel waar ons tuisgegaan het. Kaggelvure in die slaapkamers. Goue krane en kristalkandelare. Elegante, ouwêreldse meubels. Linne in dofgroen skakerings. Maar dis veral die warm verwelkoming wat mens bybly. ’n Gevoel van tuiskoms wat jy moeilik kan verklaar in ’n huis met ’n warm hart.

Reisraad

Hunters Country House is slegs 10 km vanaf Plettenbergbaai en 22 km vanaf Knysna langs die N2. Zinzi-restaurant is op dieselfde landgoed en deel van die groep. Moenie die Marokkaanse lamskenkels, gegeur met vyftien speserye, vye en geroosterde amandels by Zinzi misloop nie! Dié gereg is ’n ware weerspieëling van die restaurant se Afrika-sjiek tema. Dink Zanzibar-deure, klipmure, kaggelvuur, wyn en onweerstaanbare vanielje brûlée.

Terwyl jy in die omgewing is, verken die kusdorpe se strande en woude en snuffelwinkeltjies van Plettenbergbaai en Knysna. Binne 5 minute se ry vanaf die hotel, kan jy die volgende interessante plekke besoek:

Harkerville-plaasmark op ’n Saterdagoggend is vol kraakvars plaaslike produkte.

Dagdroom by Bosky Dell Farm & Rose Garden tussen die kleure en geure van 5 500 roosbome en eendedamme vol waterlelies. Dis ’n privaat plaas, maak eers op Facebook seker van besoektye.

Word weer kind tussen die bosreuse en boomvarings van die Tuin van Eden (044 532 7793). Die rolstoelvriendelike wandelroete is ’n woonplek vir veertig voëlspesies, bosbokke, blouape en (as jy tjoepstil wag) selfs ’n woudfeetjie of drie.

Bespreek verblyf vir Hunters Country House by 044 501 1111 of res@hunterhotels.com en besoek die webwerf: www.hunterhotels.com

The post Hunters Country House: huis met ’n warm hart appeared first on rooi rose.

Turbine Hotel & Spa, Knysna: Meer as ’n duisend woorde
En asof die natuurskoon op sy eie nie ’n agtste wonder werd is nie, gaan ons groep joernaliste op ’n besoek aan die Tuinroete toe boonop in ’n ou kragstasie op Thesen-eiland aan die Knysna-waterkant tuis. Ja, regtig! Behalwe dat ’n ton kreatiwiteit intussen in die oorspronklike struktuur ingespit is sodat daardie ongerepte eksterieur van die industriële gebou vandag ’n heeltemal-van-die-bladsy-af- ongewone vyfsterhotel die Turbine Boutique Hotel & Spa huisves.

Die beste van alles is dat die argitek daardie grote, stokoue kragstasietoerusting in helder kleure laat verf en ewe netjies op hul oorspronklike plekke ’n prominente staning in die gebou gegee het. Ek kon moeilik glo dat daardie stukke yster en staal met hul interessante vorms nie eietydse beeldhouwerke is nie. Manjifiek en uit die boks soos alles (insluitende die gemakstoele) by die onvergeetlike “kragstasie”!

Ewe verrassend is die ligging; die interessante spyskaart met geregte waaraan die sjef sy eie kinkel gegee het; die hotel se restaurante – onder meer ’n Col’Cachio-pizzeria aan die waterkant en ’n tapas-kroeg; die liewe vrou in die skoonheidsalon wat jou met haar massering aan die slaap sus; die fietsrit al om die waterkant, die sonsondergang-bootvaart op die meer (skemerdrankies en happies ingesluit), asook die besondere goeie diens én nog baie meer. Klim in jou motor en gaan kyk – en rus en eet – maar self …

Vir dié gebore en getoë Transvaler was die Tuinroete mooier as al die blomtuine wat ek tot nog toe gesien het. Wilde water teen die rotse met liggroen skuim waarop die son prismas verf, babagolfies op die skoon baaitjies doer onder, indrukwekkende vakansiehuise teen die groene hellings. Genoeg om jou in ’n baie ontspanne bui te plaas nog voor jy by jou bestemming aangekom het. O ja, vergeet ek, in hierdie wêreld is die reis mos eintlik die bestemming!

En dan was daar die Bos … Dalene Matthee se bos waar ons nie kringe geloop het nie maar heeltyd gestop het om ons koppe agteroor te gooi en die grootte van die kalanders in die onbeskryflike Tsitsikamma Nasionale Park te bewonder; “lank en eerbiedig” gekyk het, soos jy ook na ’n Boerneef-herfs moet kyk. En kort-kort stilgestaan het by ’n reuse-boom waardeur die son soos die prentjies in die Kinderbybel skuins strale lig aarde toe stuur, of om na die stem van die bos of ’n geskarrel tussen die gras te luister … Op so ’n roete word stap ’n vlug van vreugde en elke boom ’n katedraal, soos iemand eens gesê het …

Dit het vir my gevoel of daar ’n heilige atmosfeer tussen daardie eeue oue bome heers. ’n Voelbare energie van tyd en ewigheid. Die wonder van die skepping waarvan bome so ’n intrinsieke deel is, asook die dankbaarheid dat die pragtige, pragtige bome (die hoogste een, ’n Outenikwa-geelhout, is ’n manjifieke 36 meter hoog met ’n omvang van 8,5 meter) asook die helderkleurige, singende voëlbevolking – en natuurlik ook die klein diertjies wat jy heeltyd hoor skarrel – bewaar gebly het, was net te groot vir die oomblik. Onvergeetlik!

Haas jou om ook te gaan kyk (en nie net na die bome nie, maar ook na alles wat in die Knysna-bos leef en groei – klein en groot). Dis iets wat bo-aan enige bucket list hoort – sê ek so ewe met die hind sight van iemand wat ’n leeftyd gewag het voor ek daardie heilige grond betree het. En nou oneindig dankbaar is dat dit my te beurt geval het …

Baie dankie aan Darréll Lourens vir die gebruik van haar pragtige foto’s – Daréll Lourens | @thegoodholiday (Instagram) | @the_goodholiday (Twitter) | www.thegoodholiday.com

The post Turbine Hotel & Spa, Knysna: Meer as ’n duisend woorde appeared first on rooi rose.

The Moorings in Knysna: iets vir elkeen
Sononder is die lieflikste tyd van die dag om Knysna van die Kaap se kant af binne te ry. Jy verkyk jou aan die jetties se rustig-rimpelende weerkaatsings in die waters van die meer. ’n Paar meeue draai lui in die lug. Drie sit soos lewende standbeeldjies op ’n ry op die jettiepale. Vir amateurfotograwe op vakansie is dit ’n droom van ’n fotokans.

Die fotokanse en visuele plesiere van ons mooiste meredorp eindig net nie: van die oorkant af weerspieël huise in die meer se stil waters. Hadedas wat krassend huis toe vlieg, ets pragtig teen die liggoue hemelruim. Die lang skaduwees en die helder kleure van die dorp se fietsryers, drawwers en stappers wat oorskakel na ’n laer rat na die dag se harde werk kontrasteer pragtig met die geilgroen van die woud en lower om die meer.

En dit is net met die inry in Knysna. Thesen Eiland, die Koppe en lieflike plekkies soos Belvedere kerkie wag nog. Hoekom is party mense so gelukkig dat hulle in Knysna kan woon? Die res van ons kan – dankie tog – hier kom vakansie hou. As jy dit nie jaar op jaar kan doen nie is een keer in jou lewe ’n móét.

Waar om te bly

Hmmm … wat van The Moorings?

Van buite af lyk die mure intimiderend. Maar wat ’n heerlike vierster verrassing wag aan die binnekant. Régtig luuks, want The Moorings is ’n volledige vierster hotelvakansie-oord. Jy kan jou maar reg maak vir knusse spierwit japonne en pantoffeltjies in die kas, ’n ekstragroot bed met ’n halfdosyn kussings en ’n gul duvet waaronder jy jou stres van die jaar gaan vergeet. En vir al die ander luuksetjies en goeie diens van vierster verblyf.

In ons eenheid is daar ’n bad in die hoofslaapkamer reg langs die bed. Hmmm … kerslig, sjampanje en musiek wat jou hartsnare roer.

Lekker vakansieplek vir kinders

As ek die ma is wat met kinders op vakansie gaan, is dít waar ek wil vakansie hou want die jongklomp gaan besig wees. Ons eenheid loop uit op reuse grasperke met digte skadubome waar kinders van sonop tot sononder kan baljaar, bal skop en speel op die klimrame en ander parkspeelgoed terwyl jy in vrede lees, sonbaai en kuier.

Daar is ’n swembad met ’n diep en ’n vlak poel waar van klein tot groot veilig kan swem. Die rits lêstoele en sambrele nooi jou om luilekker uit te strek. Dalk met ’n boek in die hand. Of ’n lang koeler in ’n elegante glas … bedien van die restaurant/kroeg net langsaan die swembad.

Hou iemand van roei? Die gronde het hul eie wateringang na die meer vir roeibootjies en kano’s. The Moorings is regoor Thesen Eiland – naby genoeg dat julle kan oorroei vir inkopies, roomyse, tee, middagete, skemerkelkies en mense kyk. Jy kan ry ook maar om winkels toe te roei, is soveel meer eksoties.

Die beste van als? Skoonmaak is ingesluit en etes is beskikbaar. Jy hoef nie ’n vinger te lig nie. Jou eenheid word gediens en die hotelrestaurant bied ’n ontbytbuffet, ligte etes, gourmet toebroodjies, slaaie, pastas, pizzas en eersteklas aandetes met van salm tot carpaccio en steak. En rus, vrede en al die soorte lekkertes wat vakansie vir jou uitspel.

Wat jy moet weet

Ligging

The Moorings is net drie kilometer van die N2 maar ’n wêreld ver in terme van stilte en natuurskoon. Dit is binne maklike bereik van die George Lughawe.

Wanneer om te kom

Ons was in die hartjie van die winter daar. Dan brand die kaggels hoog en knus in die goed toegeruste leeshoek en in die kroeg en eetplek. Perfek vir akkommodasie tydens die jaarlikse Knysnafees in die wintervakansie, maar dit is ’n ewe heerlike somervakansieplek met lieflike koeltes en hope buitevermaak.

Akkommodasie

Buiten die lieflike een- en tweeslaapkamer eenhede in die hotel is daar ook volledig toegeruste selfsorgvakansiewoonstelle (julle kan steeds by die hotel eet, of kos bestel) met ’n eie braaiplek te huur as jy selfsorg verkies.

Bring saam

Swemgoed, jou kamera, gholfstokke, jou fiets en ’n kano of boot as jy lus is vir roei. En stapskoene, want daar is lieflike stapplekke om die mere – en jy sal ure lank in die winkeltjies wil rondloop, wat net lekkerder in gemaklike skoene is.

Ekstra dienste

Buiten die gewone dienste kenmerkend van topklas hotelle is ’n kinderoppasdiens, internet en konferensiegeriewe beskikbaar.

15 dinge om by The Moorings te doen

1. Besoek The Heads. Die uitkykpunt aan die bokant is lieflik vir foto’s. Wag tot die seiljagte uitkom – someraande en oor die naweke. Of gaan eet by East Head Café Restaurant aan die onderkant.

2. Met meer as 120 eetplekke is Knysna ’n uiteet-mekka met iets vir almal van gesinne tot koskenners. Doen beslis die Featherbed sjampanje-en-oester bootrit. Dit is iets besonders.

3. In die somer: swem, swem, swem. Jy kan in sekere areas in die meer swem maar dit is ook ’n bootgebied. Ry see toe en swem waar daar lewensredders aan diens is, soos by Brenton en Buffelsbaai.

4. As jy lief is vir lees, skaf Dalene Matthee se Moerbeibos aan en gaan verken Simola. Dié gholfbaan is aangelê waar hierdie boek rondom die vestiging van die Italianers om ’n sywurmbedryf in ons land op die been te bring, afspeel. Of stof ’n slag Fiela se Kind af (die boek of DVD) en gaan kyk waar Fiela, Benjamin en Nina geleef het.

5. Moenie net die seiljagte afneem nie – gaan seil sélf. Of bespreek een van Knysna se beroemde huisbote vir ’n dag en verken die meer op eie stoom.

6. Besoek die ou Millwood myn. Dalk vang die glinstering van ’n oorgesiene klontjie goud jou oog.

7. Knysna is bekend vir sy wonderlike snuffel- en kunswinkeltjies. Sit tyd daarvoor opsy.

8. As jy op ’n Saterdag daar is, besoek die Sedgefieldmark. Die verskeidenheid en gehalte van die kos en handwerk is uitstekend. Maar staan vroeg op. Die mark begin om 7.30 in die somer en 8.00 in die winter en sluit stiptelik om 12.00. Na twaalf smeek jy verniet om selfs net een broodjie te koop. Jy is ook gewaarborg om ’n bejaarde hippie of twee raak te loop.

9. Besoek een van die twee dosyn gholfbane van die omgewing soos Pezula en Sparrebosch, om net twee te noem.

10. Ry met die treintjie in die Featherbed Natuurreservaat. Vra die hotel om vir julle te bespreek.

11. Besoek die Belvedere-kerkie. Onthou jou kamera en kyk of jy die besonderse loodglasvensters kan vasvang.

12. As jy nog altyd gedroom het van kastele, is Knoetsie se kasteelstrandhuise onverwags en betowerend.

13. Birds of Eden is fassinerend. Dit is die grootste voëlpark ter wêreld waar voëls vry rondvlieg.

14. ’n Besoek aan ten minste een van Knysna se beroemde houtmeubelfabrieke en houtwerkers is ’n moet.

15. En dan is Knysna bekend vir veral twee feeste: die jaarlikse Oesterfees in die winterskoolvakansie met sy marathon, fietsrenne en die opwindende besoek van die SA Vloot; en die jaarlikse Klassieke Motorfees in Mei. As jy dit nie in Mei kan maak nie, ry gerus na Sedgefield en loop deur die garage met sy 50 stuks antieke motors. Dit is op die hoofpad – jy sal dit maklik raaksien.

Kontak

The Moorings Premier Hotel Knysna is een van die twaalf luukse hotelle van die Premiergroep: webwerf www.premierhotels.co.za en kontaknommer 044 302 7000.

The post The Moorings in Knysna: iets vir elkeen appeared first on rooi rose.