kombuistuin | rooi rose

Bou jou eie vertikale tuin
Laaibordmuur

Jy kan ’n ou laaibordmuur gebruik om tuin te maak waar daar geen (horisontale) spasie is nie.

Kruie is mal daaroor om so te groei. Die blou bottels is die handgedrewe outomatiese besproeiingstelsel. Die bottels (sonder hulle proppe natuurlik) word vol water in die grond gesteek en die water loop net uit as die grond droog raak! Die konstruksie is nogal swaar en moet met boute aan die muur vasgesit word. Jy kan die grond ligter maak deur polistireen met jou grassnyer fyn te maal en dit met die grond te meng – die arm man se vermikuliet.

1. Sit ’n plank aan die onderkant van die laaibordmuur/ palet met skroewe vas sodat dit kan help om die gewig van die grond wat jy binne-in gaan sit, te dra.

2. Vou ’n stuk ou plastiek dubbel dat dit ’n sloop vorm. Gebruik dit om die palet se binnekant uit te voer. Jy gaan die potgrond daarin gooi. Daar is gewoonlik ’n balk in die middel van die pale wat die holte in twee verdeel. Maak ’n sloop vir elke helfte.

3. Sny die bokant sodat jy dit netjies kan omvou en vassit met ’n kramgeweer. Gebruik goeie potgrond om die plastiek sloop binne-in die palet op te vul. Druk dit goed vas en maak goed nat. Steek ’n paar gate in die plastiek sodat die water kan deurloop en die grond kan vassak. Sit nog grond by soos wat dit afsak. Maak dit ’n paar keer nat totdat jy sien die grond sak nie meer nie.

4. Voel waar sit die planke van die palet. Sny gate in die spasies tussen die planke met ’n mes deur die plastiek waarmee jy die palet oorgetrek het. Die gate moenie te groot wees nie anders gaan die grond uitval. Plant jou saailinge deur die gate en druk goed vas. Gee die palet van bo-af water.

5. Jy kan enige raam gebruik om ’n soortgelyke vertikale tuin te bou. Op die foto is ’n ou tenkraam met goeie potgrond opgevul en is daar nou plantplek bo-op en langs die kante van die raam. ’n Spasie van ongeveer 1 m² is omskep in 5 m² plantspasie — die ideale manier van doen as jy min spasie het in jou tuin!

Palet-rak

Gaan soek vir ou palette by ’n wynkelder of winkel se stoorplek waar goedere in groot maat op palette afgelaai word. Die palet kan maar ’n paar gebreekte planke hê. Jy gaan heel waarskynlik meer sukses hê om een te kry as dit gebreek is. Jy gaan in elk geval van die planke uithaal. Maak net seker dat dit min of meer stewig is sodat jy nie die hele struktuur hoef oor te bou nie. Kies verkieslik ’n palet wat aan weerskante dwarsplanke het vir ’n stewiger konstruksie.

1. Verwyder so 2 planke en los die derde een van die dwarsplanke aan die voorkant sodat daar 3 of 4 ‘rakke’ oorbly. Los die heel boonste en heel onderste dwarsplanke ook in plek sodat dit ’n mooi raam vorm rondom jou rak. Los die planke aan die rugkant vir ’n agtergrond vir jou rak. As jy mooi kyk op die foto sal jy sien daar is ’n vloertjie tussen die voorste plank en die rugkant van die rak in wording op die foto. Gebruik van die planke wat jy verwyder het hiervoor. Saag van hulle net in korter stukke sodat dit inpas tussen die regop (dikker) balke. Skroef dit vas aan die onderkant van die dwarsbalke wat jy laat agterbly het om ’n vloertjie te vorm vir elke rak.

2. Skuur nou die hout bietjie af sodat dit nie splinters het nie. Moenie die karakter van die hout wegskuur nie. As daar onegalige kurwes aan sommige planke is is dit heeltemal in orde. Dit gee jou rak meer karakter.

3. Gebruik ou verf om jou rak te verf. Verf wat jy met water kan verdun werk die beste. Dit moet baie loperig wees sodat jy nie die hout se karakter toeverf nie. Toets dit eers op ’n afgeskuurde stukkie oorskietplank.

4. Ons was baie gelukkig om dosyne klein asbespotjies in ’n ou stoorkamer op te spoor. Moet dit glad nie skuur of boor nie. Ons het sommer die stof en grond net so aan ons potjies gelos vir ’n bietjie ekstra karakter en dit beplant met kruie en eetbare blomme.

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

The post Bou jou eie vertikale tuin appeared first on rooi rose.

Tuinmaak in die winter
Wat is Permakultuur?

Dit is ’n praktiese benadering tot volhoubare ontwikkelingsontwerp wat in honderde lande wêreldwyd deur duisende praktisyns toegepas word.

Permakultuur ontwerp menslike ekosisteme waarin menslike behoeftes volhoubaar aangespreek word. In hierdie ekosisteme (ook bekend as gekweekte ekosisteme), word mense en hul kultuur verweef met plante, diere, geboue, energie-sisteme, ekonomiese strukture en dies meer om ’n meer produktiewe en holistiese geheel te bewerkstellig.

Mense wat sal baat by hierdie kursus is beroepsmense in landbou-uitbreidingswerk, landgebruikspraktyke, tuinbou, stedelike ontwerp, omgewingsopvoeding, gemeenskapsontwikkeling en ander wat die vaardighede kan gebruik om volhoubare lewenskragtige samelewings te help ontwikkel.

Met die internasionaal-erkende Permaculture Design Certificate sal ’n deelnemer na afloop van die kursus as ’n professionele volhoubaarheidskonsultant kan werk.

Vir die tuin en kombuistuin

Party mense is wintermense en floreer in koeler weer. Ander is somermense. Dis maar dieselfde met plante met dié dat sekere plante dormant raak en rus, en ander floreer.

Op heerlike sonskyn-wintersdae is dit die ideale geleentheid om uit te kom by daai tuintakies wat nou al te lank uitgestel word, byvoorbeeld om hout-items soos tuinmeubels en dekke af te skuur en te seël. Dis ook ’n goeie tyd om ’n bietjie aandag te gee aan ander tuinkonstruksies soos heinings, stoorkamers en tuinmure. Gepraat van die stoorkamer, dis sommer ook ’n goeie tyd om die tuingereedskap na te gaan en die plek te orden. Maak ook seker jou snoeigereedskap is vlymskerp vir die aankomende snoeityd.

Wag eers met die snoei van die rose al lyk hulle nie meer op hulle stukke nie. In rypvrye areas kan jy reeds in Junie begin snoei, maar waar daar ryp voorkom is die vroegste tyd vir snoei die eerste of tweede week in Julie. Dis egter beter om te kyk na wat die plant jou wys en eerder tot later te wag.

Meer oor ryp

Sensitiewe plante moet liewers na ’n beskutte plek geskuif word of minstens beskerm word met ’n bedekking. Dit help ook om net voor sonop die tuin te besproei sodat die dou nie omsit in ryp op die blare nie.

’n Deklaagkombersie sal sorg dat die grond warm bly en die plante aanhou groei. Bokasji-lasagnebeddings bly altyd ’n treffer as dit kom by verwarming van grond, veral as jy groente wil plant.

Wintermaande is ’n goeie tyd vir nuwe aanplantings van rose en vrugtebome. Teen laatwinter sal die meeste kwekerye nuwe voorraad hê as jy lus voel vir ’n paar nuwe variëteite. Dit sal die rose genoeg tyd gee om te vestig voor die ergste hitte van die somer kom. Maak altyd seker wanneer jy plant dat jy die gat goed voorberei met  goeie kompos by die grond wat uit die gat uit kom en voed dan later met organiese 3:1:5 vir blomplante en vrugtebome en 2:3:4 vir nie blomdraende plante.

Die meeste fynbos hou nie van fosfaat en dus beenmeel nie.

In die eetbare tuin kan geoes word aan preie, brusselspruite (van onder af op), wortels, witwortels en kool. Vir nuwe aanplantings is daar talle goed wat hou van die winterkoelte soos die koolfamilie: brusselspruite, broccoli, kool en blomkool, wortel-/ondergrondse gewasse: beet, rape, wortels, witwortels, radyse, uie, preie sprietuie, blaargewasse: spinasie, blaarslaai, seldery, pietersielie, peulgewasse: ertjies en boerbone (broad beans) en Oosterse groente.

Zonal Pelargonium Turkana

Pelargoniums lyk dikwels goed tydens koeler maande (herfs en vroeglente). Hierdie nuwe Zonal Pelargonium Turkana Dark Red is uitstekend vir potte en kleur in beddings. Dit is ’n kompakte bossie van so 20 -25 cm hoog en wyd met donkergroen blare en groot, treffende bloeiwyses. Plant hulle in volson tot halfskadu. Hulle hou glad nie van te veel water nie. Die grond moet liefs uitdroog voor dit weer water kry. Plante is nou landwyd by tuinsentrums beskikbaar.

Lees ook: 6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

The post Tuinmaak in die winter appeared first on rooi rose.

Kostuin, deel 5
Waar

Soek ’n sonnige plekkie vir jou kombuistuin. Dit hoef nie heeldag son te kry nie en oggendson is beter. Namiddagson kan in die somer nogal baie warm raak en sommige plante dalk brand.

Spasie en styl

As jy nie plek het om beddings te bou nie, kan jy enige houers gebruik. Ou plukkratte of selfs kleiner houers werk goed. Spasie is nie ’n verskoning nie, so moet dit nie as ’n rede gebruik om weg te kom van hierdie manier van tuinmaak nie. Jy kan selfs tuin op die dak maak. Gebruik ’n kompossak wat met potgrond gevul is en sit bottels vol water (sonder proppe) onderstebo daarin vir besproeiing.

Vertikale tuine is deesdae baie gewild. Dit wissel van plantrakke of bakkies wat met rame wat teen ’n muur gemonteer word of panele wat met grond gevul word en teen die muur vasgesit word. Sulke panele is nogal duur, maar redelik vrylik beskikbaar by kwekerye. Jy kan ook jou eie maak, soos op die foto onder. Vir verskillende maniere om jou eie vertikale tuin te maak, klik hier.

Indien jy wel spasie het, is daar ’n hele paar opsies. Dit kan ’n gestruktureerde gevlegde tuin (‘knot garden’) of potager wees, ’n blokkiestuin of bloot informele meer plaaslike styl. Volgende keer kyk ons in meer besonderhede hierna.

The post Kostuin, deel 5 appeared first on rooi rose.