Korea | rooi rose

Van tee en donker paaie en makgeolli (3 van 3)
Julle sal onthou dat ek en Mrs. Jeong eintlik sou gaan noedels eet het toe ons eers die draai by Eunjeok tempel en die monnik gemaak het.

Wel, op pad terug nadat Mrs. Jeong in die donker in die veld ’n plassie moes maak na ons liters tee by die monnik gedrink het, was dit ek en sy wat aanvanklik met groot gelag moes stoei met haar nuwe motor. Nogal ’n Samsung! ’n Groot motor met baie knoppies. Ek dink as jy weet watter knoppie om te druk, sou hy selfs ’n cappuccino kon maak. As sy die ligte wou domp, het sy dit heeltemal afgeskakel. Dit klink dalk nie vir jou so erg nie, maar glo my, die paadjies is soms so nou tussen die ryslande deur dat een voertuig vir ’n ander moet padgee. Min het ek geweet dat die ergste nog voorlê. Op die grootpad het Mr. Jeong gebel en ek dink van pure opgewondenheid of al die kaffeïne van die tee, het sy die foon tussen die sitplek en die deur laat val. Onthou, in Korea ry die mense aan die verkeerde kant van die pad en al het ek aan die regterkant gesit, het ek nie toegang tot ’n rem of ’n stuurwiel gehad nie.

Een van die baie dinge wat ek in Korea kom leer het, was mos juis om nie so ’n beheervraat te wees nie maar ek het ook nou geleer om maar ’n plassie te maak as ek die kans kry! Om ’n lang storie kort te maak, na vele noue ontkomings het ons wel veilig en ongedeerd in Haenam aangekom. In haar gebroke Engels het sy met groot oë onomwonde verklaar: “My husband must teach me lot”.

Mrs. Jeong se man het laat weet hy is op pad terug van Mokpo af en ons moet vir hom wag by hulle woonstel want hy wil saam met ons gaan eet. Dis nie algemeen in Korea dat vreemdelinge na plaaslike mense se huise genooi word nie en hierdie was maar die derde keer in agt maande dat ek in ’n Koreaan se huis gekom het. Ook, as gevolg van die hemelhoë bevolkingsyfer in die kleine landjie, bly die meeste mense in sulke hoë “apartment buildings”.

Soos ons almal maak as iemand onverwags by jou huis opdaag, hardloop sy toe ook vooruit om seker te maak alles is in redelike orde terwyl ek my skoene by die deur uittrek. Dis nou veral as jy jou dogter se kat geërf het en nie kan onthou of jy die kattoilet skoongemaak het nie… Omdat die Koreane meestal en graag op die vloer sit, was die reuse rusbank handige pakplek en het dit half spontaan veroorsaak dat ons so staan-staan deur die woonstel kuier. Ek het kans gekry om alles te bewonder en uit te vra (my sterk punt) oor enigiets wat my oog gevang het.

Met al die gelag op pad terug in die motor het ons ook ’n baie hartseer oomblik gedeel toe sy vertel het hoe haar broer se vrou hom en sy twee kinders gelos het en agter ’n ander man aangeflerrie het. Koreane wys nie vreeslik emosie nie en daarom was dit vir my so kosbaar dat Mrs. Jeong haar pyn vir die kinders met my gedeel het.

Mr. Jeong is ’n Engels-onderwyser wat bietjie beter Engels as sy vrou praat en ons het gou land en sand aan die gesels geraak oor alles onder die son. Die voordeel van die gebrek aan ’n gemeenskaplike taal is dat mens letterlik deur onderwerpe kan draf omdat jy nie regtig in diepte kan delf in een onderwerp nie. Nadat ons besef het baie restaurante in die dorp is 8nm reeds gesluit, is ons weer dorp-uit na Daehung tempel om ’n oop restaurant te soek. By die vyfde restaurant is die deur nie gesluit nie en toe ons instap, staan ’n vriendelike tannie (ajumma) van die vloer af op en na ’n flink gesprek in Koreaans maak ons ons kruisbeen tuis op die vloer. Al was dit nie noedels nie, het ons heerlik geëet aan die bibimbap.

Bibimpap

Op pad terug na my woonstelletjie, vra Mr. Jeong huiwerig: “Do you like alcohol?” Eers val ek daar weg met ’n ode aan Suid-Afrikaanse wyn maar bedink my gou en sê dat ek wel soju en bier geniet in Korea. Hy vra toe of ek van makgeolli hou. Dis ’n tradisionele Koreaanse gefermenteerde drank wat onder andere van rys en koring gemaak word en ’n melkerige kleur het. Natuurlik hou ek daarvan! Hy vertel my toe dat Masan, ’n dorpie na-aan Eunjeoksa, volgens hom die beste makgeolli maak en dat hy Masan makgeolli met my wil deel. By my woonstel gestop, klim hy en Mrs. Jeong uit die motor en skink terstond vir my ’n leë waterbottel vol makgeolli net daar op die sypaadjie waar al die hoërskoolkinders by ons verbystap. Only in Korea!

Ek stap met ’n waterbottel vol makgeolli en ’n breë glimlag die trap op na my woonstel en is dankbaar vir elke onthou-oomblik van die afgelope vier ure maar ook vir elke onthou-oomblik van die afgelope 8 maande.

In my volgende stukkie vertel ek julle meer van ons opvolgbesoek aan die monnik.

The post Van tee en donker paaie en makgeolli (3 van 3) appeared first on rooi rose.

Die diep en tevrede sug (2 van 3)
Die enigste taal wat ek en die monnik in gemeen gehad het, was die breë glimlag op sy gesig. Toe hy ons deur die groot skuifdeure die klein vertrekkie binnenooi het ek geweet ek is welkom. Soos die gebruik hier is, het ons plat op die grond langs die lae tafeltjie gaan sit nadat ons ons skoene eers voor die houtstoepie buite die deur gelos het.

’n Versameling interessante teepotjies staan agter hom op ’n rakkie. Ek en Mrs. Jeong sit oorkant hom. Hy tap kookwater uit ’n elektriese urn op teeblare en wag ’n klein rukkie voor hy dit in klein oorlose koppietjies skink. Geen melk of suiker word in hierdie tee gegooi nie. Ek tel die koppietjie met een hand op terwyl die ander hand liggies onder stut soos hulle maak. Ek proe dadelik dis nie groentee nie en vra via Mrs. Jeong watse tee dit is. Swart tee. Nie onaardig nie maar ek mis my melk.

Ek kan sien dat die oomblik vir Mrs. Jeong ook baie spesiaal is en dat sy selfs meer beskeie as gewoonlik is. Ek voel weer as ek so ’n geleentheid het moet ek dit gebruik deur soveel moontlik daaruit te leer en te ervaar. Elke keer as die monnik ’n teugie aan sy tee gee, sug hy ook behaaglik. Dit voel kompleet nes ’n meditasie-sessie. Omdat die koppietjies seker skaars meer as 50ml tee kan vat, draf ons vinnig deur so ’n koppietjie maar jy dink nog jy sit hom neer dan is hy weer vol en as die teepotjie leeg is, gooi hy die laaste druppels in ’n beker op die vloer langs sy knie en tap vars kookwater op die blare. Voel soos die weduwee se kruik. Die tee gaan beslis nie opraak hier vanaand nie.

Omdat ander mense se lewens vir my altyd so ongelooflik interessant is, vra ek graag vrae en deur Mrs. Jeong begin ek dus ook my vrae vra. Hoe lank is hy al by Eunjeok tempel? Hoe lank is hy al ’n monnik? Sien hy heelwat mense by die tempel? Lees hy graag – met die dat daar ’n klompie boeke op ’n rak langs ons pryk. Skryf hy?

Hy is al 20 jaar ’n monnik en hy lees bietjie maar skryf niks. Ek vra hoekom hy nie skryf nie want om so in afsondering na aan die natuur te leef moet mens tog ongelooflike insigte kry veral wanneer jy mediteer wat hy tog graag seker met ander sal wil deel? Nee, hy wil nie dink nie. Ek sê maar alle leermeesters soos Boeddha en Jesus en Einstein het tog seker gemaak dat hulle gedagtes opgeteken word sodat ons daaruit kan leer. Hy voel nie daar is nog gedagtes wat neergepen hoef te word nie, en, nee, hy wil nie met gedagtes gevul wees nie.

Ek sê ek kan dit verstaan en ek vertel via Mrs. Jeong van my hele ontsnapping aan die dronk apies in my kop. Dat ek ’n lewe gekies het waar die dronk apies vir ’n slag nugter en rustig kan word en dat dit juis nou is dat hulle stiller is dat ek voel asof my gedagtes die moeite werd raak om op te teken. Ek sien hy luister na my. Ek sê ook vir hom dat ek elke dag by grootmense en kinders leer en dat my eie kind al vir my van die belangrikste lesse in die lewe geleer het. Tussen sy behaaglike uitasem deur weet ek hy hoor my. Ek vertel hom van my “journaling” en hoe dit my help om die dronk apies onder beheer te hou en om net perspektief op die lewe te kry en ek sien dat hy my hoor.

Toe ek vir hom vertel dat ek wens om eendag vir ’n tydjie in ’n ashram te bly sodat ek die hele ding van stilword in my lewenstyl kan ingrein, sê hy: Maar jy lewe reeds die lewe van ’n monnik. En toe is ek diep dankbaar dat ek besluit het om uit die hamster-wiel te klim, my tasse te pak en die wêreld in te vaar op soek na stilte.

Toe ek en Mrs. Jeong weer in die donker vol tee bergaf loop na hy ons gevra het om asseblief weer te kom, wonder ek of hy nou bietjie meer gaan skryf.

Omdat dit donker was kon ek nie foto’s neem nie maar ek belowe as ek vir my opvolgbesoek gaan, neem ek foto’s om vir julle te wys. Ek heg foto’s van ’n paar ander tempels aan wat ek al in Suid-Korea besoek het. Vir interessantheid: Die “sa” aan die einde van die tempels se name beteken “tempel” daarom dus Naksan tempel of Naksansa.

Naksansa by YangYang, Gangwando

The post Die diep en tevrede sug (2 van 3) appeared first on rooi rose.

Onthou-oomblikke (1 van 3)
Ek kies om te glo dat ons elke dag oomblikke kry wat ons kan raaksien of nie, kan onthou of nie. So het ek twee dae gelede onverwags en onbepland sommer ’n mandjievol onthou-oomblikke binne ’n kwessie van 4 ure present gekry en ek wil dit graag met julle deel.

Mrs. Jeong, die onderwyseres wat Koreaans onderrig by my een skool, bied vir my ’n saamrygeleentheid aan terug dorp toe. Haar Koreaans is beslis so goed soos my Afrikaans maar haar Engels is baie beter as my Koreaans. Dit gee dus ’n unieke manier van kommunikeer af en ek sukkel bietjie met al my armgebare in die klein spasie van die motor. Maar op ons rit van ongeveer 20 minute gesels ek en sy kopstukke oor die avontuur wat ek vir aanstaande jaar beplan. Met soveel opgewondenheid en opregtheid sê sy: “Your life is excellent!” Net voor ons die dorp binnery, vra sy: “Do you have promise tonight?” Ek moes bietjie kopkrap maar het tog gou gesnap sy bedoel: “Het jy dalk ’n afspraak vanaand?” In Korea het ek gou geleer om nooit “nee” te sê vir persoonlike uitnodigings van Koreane nie; ek kon dalk net ’n ongelooflike outentieke ervaring mis. Mrs Jeong: “We go to dinner? Me and you? My husband in Mokpo.”

Op haar vraag of daar iets spesifiek is wat ek wil eet, antwoord ek diplomaties dat ek lief is vir samgyeopsal, bibimbap, dakgalbi, bulgogi, samgyetang of selfs iets heeltemal nuut. Omdat sy man-loos was vir die aand, gee ek vir haar die keuse en sy besluit: “We will eat noodles.” So terloops vra sy my toe ook of ek bietjie wil rondry want sy ken ’n klein tempel ’n entjie se ry van ons dorp af. Ek dog toe dit kan ’n wonderlike avontuur wees om noedels by ’n tempel te eet.

Tipiese bergpaadjie in Korea

Ek dink alle tempels in Korea is in die berge gebou en Eunjeoksa tempel is geen uitsondering nie. Ons parkeer die motor en vaar die berg in te voet. In die donker. Want dis winter. Nou moet julle ook net onthou dat die Koreaanse vroue klein en fyn en superfiks is. Ek is ’n gesonde boeremeisie wat nog nooit van waterige sop en gefermenteerde groente hoef te gelewe het nie en dus sleep ek hygend my liggaam teen die berg op terwyl petite Mrs. Jeong flink en geluidloos langs my die (vinnige) pas aangee. As verskoning moet ek net sê dat ek ook my groot sak saamsleep, want ons gaan mos nou noedels eet. Halfpad teen die berg op, in ’n dowwe liggie tussen die bome, kom ons ’n monnik teë wat met sy twee honde gaan stap. Op daardie stadium laat ek egter die hele gesprek aan Mrs. Jeong oor omdat ek (1) nie asem het nie en (2) omdat die monnik nie een woord Engels praat nie.

Lewendig (maar sonder asem) bo aangekom is die hele tempelkompleks in donkerte gehul. Ek sien nêrens enigiets wat naastenby soos ’n restaurant of ’n “eating house” lyk nie. Maar ek vertrou my gids en weet iewers gaan ons ’n knus plekkie met lae tafeltjies kry waar ons (on)gemaklik op die warm vloer kan sit en eet. In die donkerte wys sy vir my ’n paar geboutjies en toe is ons sonder seremonie en sonder noedels weer bergaf. Net voor ons by die motor kom, kry ons weer die monnik en sy twee honde en daar is nog ’n gesprekkie in Koreaans. Ek dog nog sy vra hoekom is daar niemand by die restaurant nie toe vertolk sy: “You want tea with monk?” Soos ek altyd uitnodigings van Koreane aanvaar, aanvaar ek toe summier die tee-uitnodiging van die monnik en besef te laat dit beteken ek sal weer moet berguit. Maar ek hou my in en ek hou my gehyg so geruisloos moontlik. Gelukkig loop ons toe hierdie keer lekker stadig want monnike doen niks vinnig nie.

Julle sal maar moet wag vir aflewering 2 en 3 om te hoor van die res van die mandjie onthou-oomblikke van daardie wonderlike 4 ure. Hierdie deeltjie was vir my een van daardie onthou-oomblikke waar mens heeltyd jouself moet aanpraat om nie aan die giggel te gaan nie. Dit het heeltyd gevoel of ek myself in ’n komedie kan sien: Storm met swaar sak en lam bene asemloos in die donker die berg uit om te gaan noedels eet! En dit saam met ’n flukse vlindertjie van my jare wat stap asof sy al stappende gebore is. En van noedels is daar geen sprake nie!

The post Onthou-oomblikke (1 van 3) appeared first on rooi rose.

Perfekte tydsberekening
Gisteroggend stap ek na die busterminaal, hande so diep as moontlik in my baadjiesakke gedruk en kennebak snoesig toegewikkel in ‘n serp. Lekker vasgevang in my eie knus kokonnetjie. Toe staan hy eensklaps daar reg voor my. ‘n Boom steeds getooi in sy pragtige mantel van geel herfsblare. Dis asof hy my naam uitroep en sê: “Stop! Kyk en waardeer my skoonheid want more is ek kaal en vaal”.

Tydens my busrit dieper die platteland in sien ek vanoggend die eerste ryp op die stoppels van die ryslande, die padlangs-grassies en die groot groen koolkoppe. En ek besef dat my mooie herfsseisoen snel tot ’n einde spoed. En toe dink ek oor tyd en ons belewenis daarvan. In my lewe voor Korea het ek dikwels gaan sit en probeer sommetjies maak oor wat ek met die 24 uur in my dag doen. As ek al die ure van die “moete” in my lewe bymekaar getel het, het daar weinig tyd oorgebly vir die “wille”. Ek onthou hoedat ek dikwels gewens het dat daar meer ure in ‘n dag was en dat ek meer energie oorgehad het om effektief in daardie ure te belê. Nodeloos om te sê, maar die realiteit was dat ek met dieselfde 24 ure in my dag gesit het as waarmee jy vandag sit.

Sur-a Tea House. Ek is die enigste westerling op die foto.

Maar hoe het dinge dan verander sedert ek na Korea toe gekom het? Ek het steeds dieselfde 24 uur in ‘n dag en daar is steeds dinge wat ek wil doen en wonder waar ek tyd daarvoor gaan kry. Maar ek dink die groot ding wat ek hier kom leer het, was dat tyd altyd perfek is. En dat tyd altyd genoeg is. Alles gebeur wanneer dit moet. Hoe anders sou my lewe gewees het as ek hierdie ervaring wat ek nou het op 27 gehad het? Nee, ek wonder nie eens daaroor nie want ek weet ek moet juis nou hier wees en ek moet die ervaring wat ek het juis nou hê. My lewe tot nou toe was my voorbereiding om hier te wees vandag.

Net soos my boom wat elke dag meer en meer van sy geel mantel verloor, het elke seisoen in my lewe ook perfekte tydsbereking. Ek moes deur ‘n tyd in my lewe gaan waar ek gevoel het ek het ‘n gebrek aan tyd om te besef ons kry almal presies genoeg tyd. Ek moes by ‘n punt in my lewe kom om te besef ons lewens is nie bedoel om van jaar tot jaar of mylpaal tot mylpaal gelewe te word nie, maar om in die oomblik te lewe. Om spontaan deel te kon wees van ‘n tradisionele dansgroep by ’n afgeleë Koreaanse Tea House. Die sekondes waar ek my oë kon laat feesvier op die wonderskone herfskleure in Korea. Die oomblikke wat ek my seun se gesig kon dophou terwyl hy sy ma se nuwe leefwêreld ervaar het. Die toneel van die ou tannie wat met haar ruggie, krommer as krom gewerk, in die middel van die straat afskuifel en al die motors vir haar uitdraai. Die ou omie wat vir my ‘n ekstra persimmon in die hand stop. Die busbestuurder wat vir my ‘n papierkoppie met kitskoffie in die bus bring. Die vrou wat haar ryskoekie met my deel. Die oombik toe die bus deur die laaste tonnel ry en ek Seorak Berg in al sy majestieuse glorie sien. Dit is in die oomblikke, die momente dat ons werklik lewe en die enigste momente wat jy het, is dit wat jy nou het.

Osaek in Seoraksan Nasionale Park

The post Perfekte tydsberekening appeared first on rooi rose.

Herfsfantasie in Haenam
Die Koreane is bekend daarvoor dat hulle jaarliks talle feeste regoor die land aanbied. So is daar byvoorbeeld feeste vir kimchi, kersiebloeisels, pruimboombloeisels, lanterns, appels, migrerende voëls, sojabone, ontwerp, kersbome, forelle, ligte, groentee, Koreaanse dramas, bulgevegte, skoenlappers, tulpe, wierook, bamboes, die Paleolitiese era, blomme, tradisionele sang, “slakstap” (my vertaling vir olle walking), onafhanklike films, internasionale films, kortfilms, soet persimmons, winter, bergsneeu, keramiek, bokwiet, maskers, kruiemedisyne, internasionale jazz, gefermenteerde seekos, ensomeer.

Korea is ook breëborstrots op die feit dat hulle vier duidelik onderskeibare seisoene het. Hoewel internasionale weerpatrone besig is om te verander, hou die Koreane steeds vol dat elke seisoen min of meer (presies) drie maande duur. Persoonlik sou ek ’n paar maande by die (lang) somer wou steel en by die herfs wou byvoeg!

Beer van krisante, Haenam

So loop ek een oggend in Oktober oor die gronde van die Kuns- en Kultuursentrum en sien hoedat die gras en betonarea oornag omskep is in ’n wonderwêreld van krisante van alle kleure en groottes. Groot potte en klein potte, krisante in reuseharte, in groter as lewensgrootte beelde van perde, hasies, kuikens, swane, beertjies, osse, ens. Waar ek aan die anderkant van die Sentrum uitstap, loop ek uit onder ’n boog gebou van veelkleurige krisante. Oornag is my prentjiedorp aan die suidelikste punt van Suid-Korea opgetooi vir ’n maandlange krisantefees. As ’n Suid-Afrikaner wat nie gewoond is aan munisipale begrotings wat blomme, musiek, kuns en ander estetiese aanskoulikhede insluit nie, was ek uit die aard van die saak geweldig beïndruk en opgewonde by die vooruitsig dat ek vir ’n volle maand lank elke dag hierdie wonderwêreld gaan aanskou.

Groot was my verbasing toe ek daardie middag weer deur die Sentrum loop en sien dat daar selfs meer blomme en uitstallings bygevoeg is. ’n Kwartet van miere maak vrolik musiek tussen die blomme. Die os het ’n waentjie bygekry om te sleep. ’n Perd op volle galop het bygekom. Nog duisende veelkleurige blomme is ingesteek en bygesit. Ek het self gesien hoe die ou tannies kromrug buk en op hulle hurke sit om blomme oral in te druk terwyl die omies met hul wit handskoentjies water lei. Die volgende oggend was daar selfs meer verrassings en die dag daarna nog meer. Die mierorkes het gegroei tot vyf en nog ’n paar dae later was ’n skilpadskip en twee admirale deel van die orkes om die Slag van Myeongnang (1597) te vier.

Krisante in die gang by Buk Pyeong Middle School, Nam Chang

Toe besef ek dat daar vir ’n hele klomp dae aan die uitstalling gebou word en dat dit nie die eerste dag voltooi was nie. Hoewel ek reeds die eerste dag grensloos beïndruk was, was dit by verre nie die finale produk nie. Ja, dit sou baie mooi en edel wees om te kon sê dat ek met min tevrede is en dat dit vir my genoeg was om te waardeer hoe ’n samelewing geen geld en moeite ontsien om ’n blom en ’n seisoen te vier nie. Maar ek het besef hoe ek my sin vir wonder verloor het in ’n wêreld en lewe wat te vinnig en gejaag en vol spanning was. Hoe ek verleer het om die sprokie en die fantasie elke dag om my raak te sien. Hoe ek gelate aanvaar het dinge kan nie beter of mooier word nie. Om tevrede te wees met die gemiddelde, die gewone. Om te bang te wees om vir meer te wag, te bang om groot te droom en te bang om te glo in oorvloed.

As ek na die eerste dag sou besluit het om nie weer by die Sentrum verby te loop nie omdat ek reeds die uitstalling gesien het, sou ek nooit geweet het dat die beste nog sou kom nie – en nie een dag later nie,  maar etlike dae later. Ek sou gedink het Korea kan ’n krisantefees saamslaan wat baie mooi is, maar ek sou nie geweet het Korea kan ’n asemrowende kleure- en geurespel van blomme en fantasie en wonder optower en vir ’n maand lank in stand hou nie.

Dan wonder ek hoeveel keer het ek al in die verlede omgedraai of opgehou voor die eintlike skouspel, voor die hoogtepunt, en hoeveel keer het ek aanvaar dat die gemiddelde die uiteindelike was. En dan is ek opnuut dankbaar vir my avontuur in Korea.

The post Herfsfantasie in Haenam appeared first on rooi rose.

Om in die stilte te beweeg
Ek lees nou die dag ’n slimmigheid wat Albert Einstein nogal kwyt geraak het: “Life is like riding a bicycle. To keep your balance you must keep moving.”

Dadelik het ek hieroor begin wonder want dit was dan juis omdat ek hierdie ondraaglike begeerte aan die “slow life” gehad het dat ek my wortels vir eers in Suid-Afrika uitgetrek het om hier in die verre en vreemde Suid-Korea onderwys te kom gee. Nie dat ek enige onderwyservaring gehad het nie, inteendeel, dit is vir my ’n totaal nuwe beroep en so in teenstelling met die werk wat ek in die korporatiewe wêreld gehad het.

Ek weet net dat ek ’n punt bereik het waar ek genoeg gehad het van die eindelose gejaag tussen punt A en punt B, die spanning om sperdatums na te kom, die druk om kliënte tevrede te hou, die soms ondraaglike lading van verantwoordelikhede, die begrotings wat moet klop, die winste wat gemaak moet word, die gehardloop-en-nêrens-aankom nie. Ek wou ’n lewe hê waar ek weer tyd sou kry om stil te staan en die blommetjies in die krake op die sypaadjie waardeer, waar ek water sou hoor, die veld sou ruik, die wind teen my vel sou voel, die seisoene sou ervaar, in die berge sou stap.

Spatsels kleur langs die pad

Toe waai die winde my ses maande gelede Suid-Korea toe en ek lewe ’n “slow life”. Die dronk apies in my kop kry kans om stil te raak. Ek neem waar soos ’n blinde wat vir die eerste keer kan sien. Ek hoor soos ’n tiener sonder oorfone en ek voel dinge in my binnekant wat ek nie geweet het bestaan nie.

Fietsry op Jeju-eiland

Toe my seun in Julie-maand vir my kom kuier het, was ons vir ’n paar dae Jeju-eiland toe waar ons onder andere fietse gehuur en vir ’n dag lank om Udo-eiland gefiets het. Nou moet julle darem net weet dat ek ’n meisiekind was wat eens op ’n tyd loshande met my voete op die “handle bars” kon ry. Maar op Udo het dit aanvanklik maar wankelmoedig gegaan. Dit was asof die stuur net nie lekker wou saamwerk nie en ek nie seker was of die remme regtig om ’n draai of teen ’n afdraande sou werk nie. As ek my oë toemaak, het ek steeds hierdie beeld van my seun wat met sy kop in sy hande staan en brom: “Ai, Moeder, ai. Wat het ek gedoen om dit te verdien?” Ek het alle selfvertroue op die fiets verloor maar soos die dag aangegaan het, het ek al meer en meer selfversekerd geraak totdat ek heelwat later met my bene sywaarts uitgestrek teen die afdraandes kon af-“free” – hande wel stewig op die stuur. Watter gevoel van absolute vryheid het ek nie ervaar nie!

Ek het in Korea kom leer dat spoed en beweging aan die buitekant nie vir jou die balans gaan gee as jy daarna soek nie. As dit stil word hier binne en jy kry weer kans om die lewe te waardeer, dan beweeg jy die meeste en kan jy weer jou balans kry.

The post Om in die stilte te beweeg appeared first on rooi rose.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand
Een van die heel lekkerste dinge van vyftig-wees is dat ek geleer het om met humor en grasie saam te leef met al die oumensgoete wat my oënskynlik oornag in ’n vreemdeling in die spieël verander het. Toe ek nog in Suid-Afrika was, het ek vir daardie vreemde vrou in die spieël met die hangboude, hangtieties, wapperende bo-arms, kinnebakhaartjies, pruimpie-mond en kraaines-oë gekyk en gesê: “Jy kom ’n lang pad, ou Girl! Welgedaan!”

Maar toe land ek in Suid-Korea en verander binne ’n kwessie van sestien ure in ’n beeldskone, eksotiese swaan. Om elke hoek en draai is daar mans en vroue van alle ouderdomsgroepe wat nie kan wag om in Koreaans met baie handgebare vir my te verduidelik hoe mooi ek vir hulle is nie. Seuntjies en dogtertjies in my Elementary School (ons graad 3, 4, 5 en 6) sê heeldag: “Teacher berry beautibul!” Tienerdogters in my Middle School (ons graad 7, 8 en 9) bewonder my vel, my hare, my oë, my grimering, my juwele en my klere.

En dan is daar die tienerseuns wat my steeds elke keer uitboul met die onverwagse en onbewaakte kalkoenliefde-kyke in hulle bewonderende oë. Dan wil ek kamma-verras uitroep: “Hierdie pop is vyftig! Ek is horingoud! ’n Fossiel teen jou. Kan jy dit dan nie sien nie?” Maar dan glimlag ek skalks en soos mis voor die son transformeer die vreemdeling met die swaartekragprobleem in die spieël in ’n prinses. My binnegoed wat eens net binnegoed was, word pêrels. My arms, boude en tieties is weer op hulle plekke, my kinnebakhaartjies is skoonveld en my pruimbekkie is weer ’n pruilmondjie.

Graad aggies by Duryun Middle School

Omdat Suid-Korea so ’n homogene samelewing is, is elke liewe vreemdeling vir die Koreane beeldskoon, aantreklik en pragtig. Die blote feit dat ons so anders as hulle lyk, maak ons mooi. Volgens Westerse standaarde kan jy ’n Vaal Fiena wees of dalk selfs heel onaansienlik, maar in Korea word jy ’n filmster. Kinders gaap jou aan. Mans koop vir jou kitskoffie in ’n papierkoppie by die muntoutomaat. Vrouens stop jou ’n vrug of ’n ryskoekie in die hand. Ou tannies gee vir jou afslag as jy ietsie op straat by hulle koop. Ou omies soen jou hand ewe galant.

Menige kere stap ek met ’n glimlag en ’n traan weg van so ’n interaksie. ’n Glimlag omdat dit vir my baie snaaks is dat ek nou op vyftig al hierdie aandag kry waaroor ek so gedroom het toe ek ’n onbeholpe, puisiegesig-tiener was. ’n Traan omdat ’n hele samelewing blind is vir hulle unieke skoonheid, omdat hulle hunker na perfeksie ook in hulle voorkoms, omdat hulle eerder soos iemand anders wil lyk as soos hulleself en omdat die meetsnoer waarmee hulle meet so vreeslik krom is.

Kollegas by Duryn Middle School

The post Spieëltjie, spieëltjie aan die wand appeared first on rooi rose.

Betonboer in Busan
Maandagaand, 29 Julie 2013. Starbucks. Busan. 31 ºC met ‘n humiditeit van 79%. Dis hittig.

Ek’t uiteindelik die moed bymekaar geskraap om weer te beginne skryf. Ja-nee, ek verstaan heeltemal as jy nou jou skouers optrek en ‘n effense frons oor jou voorkop het. Waarom op aarde sal iemand wat so lief vir skryf dan as’t ware moed nodig he om te skryf? Dis mos maklik om gou ‘n paar sinne en spitsvondige woordspelings neer te pen, mag jy dalk dink. Dan is daar diegene wat glo dat jy jou siel moet skoon skryf met ware of fiksionele karakters en plotte en komplotte. Ek onthou hoe my ma en haar jarelange vriendin altyd skerts dat sodra die een vloere beginne vee of die ander kaste beginne uitpak, is hulle besig met ‘n sielswroeging. Ek neem aan dat skryf vir baie mense ‘n uitlating skep om jou hartseer en frustrasies weg te skryf. Dat jy met elke woord en gedagte wat jy neerpen die bitterheid en trane en onsamehangende gedagtes uit jou kan uitwoed.

Die laasgenoemd stryk meer akkoord met my. Sodra ek skryf, konfronteer ek my diepste en kleurrykste gedagtes en dit intensifiseer die emosies en dinge waardeur ek werk. Ek wens soms ek kon daardie skrywersput makliker oopsluit. Want op die oog af lyk die put stil en stemmig, maar soos Laurika Rauch jare terug gesing het: “Onder draai die duiwel rond”.

Nietemin. Hier staan ek nog. Soos my ma en ouma my bly herinner, is ek die vyfde agtereenvolgende Martha en moet ek nes my naamgenote my eie Drakensberg(e) kaalvoet aanpak om sterker bo uit te kom.

Hier by die halfpadmerk is ek soms verstom oor die voorreg wat my te beurt geval het om hierdie land te kan verken.

In Boeddha se verjaarsdagnaweek (17 – 19 Mei 2013) het ek drie ongeëwenaarde tempels besoek. My gunstelling was die Samgwangsa Tempel duskant die Sajik stadion hier in Busan. Elke liewe denkbare oppervlakte was bedek met die kleurrykste laplanterns. Elkeen van die lanterns simboliseer ‘n gesin wat ‘n bedraggie neergesit het in die hoop dat Boeddha hulle in die komende jaar sal seën. Die statige monnike neurie met vorsheid in hul stem lirieke van ouds. Ek’t myself herhaaldelik betrap dat ek myself sommer so op die grond sit gemaak het, en met my oë toe al my sintuie ingespan het om elke reuk en kleur en oomblik vas te vang. Wierook en simbale op die agtergrond het my verbeelding na vervloeë jare teruggeneem waar drake dalk nog werklik oor die blou-blou see kon afpyl.

‘n Ander imponerende hoofstuk in my lewe was my onlangse hospitalisasie en noodprosedure in een van Busan se tophospitale. Praat van lost in translation. Dis hier in my uur (eerder ure) van donkerste nood dat ek aan die goedheid en genade van vreemdelinge oorgelaat is. My boeddhistiese vriendin en haar ouers was male sonder tal langs my hospitaalbed, altyd gereed om my klam voorkop af te vee en my op hoogte te bring van my mediese dokumente. Vriendinne van nabygeleë dorpies het besoek kom aflê. Selfs my boeddhistiese monnik-vriend van Jinhae (oorspronklik van Sri-Lanka) het dan en wan kom inloer om ‘n wakende ogie oor my te hou.

Een staaltjie wat my sal bybly is hoe ek na die operasie ontwaak het, hoog soos ‘n kaait van al die morfien en hoe ek almal (selfs die sjirurg en sy span) beskuldig het dat hulle my swart Haviana plakkies waarmee ek die operasiesaal in is, gesteel het. My ma vertel hoe ek haar erg ontstoke tweeuur die oggend Suid Afrikaanse tyd gebel het om te vertel van hierdie godverlate land waar hulle wragtigwaar die pasiënte se plakkies steel.

In hierdie tydjie was ek geseënd deur mense from all walks of life, ongeag of ons dieselfde geloof deel. God is darem maar so kreatief – lees gerus Romeine 8:28.

As ek eendag ‘n ervare kosmopolitaan is en met ‘n sigaar in die hand en stola om die skouers oor my villa tuur, sal ek dalk die chutzpah hê om aan Martha se Memoirs te werk. En in detail te skryf oor hierdie noue ontkoming. (Nota aan self – daai kan wraggies ‘n goeie titel vir ‘n boek of bundel maak).

Dis darem maar snaaks hoe die lewe werk: hoe meer jy jouself beskikbaar stel vir geleenthede, hoe meer val hierdie rype geleentheidsvruggies in jou voorskoot. Korea het my geleer om nie “nee” te sê vir ‘n uitdaging nie. Met my amateurswemvernuf (‘n verspotte kombinasie van vlinderslag en hondjieswem) het ek by Songdo Strand, Busan, etlike meters ver in die see in geswem net om van ‘n hoë duikplatform af te duik. Herhaaldelik. Want ek kon. Ek lewe. (My baaikostuum het wel gebewe maar die koue water het my vinnig van die ergste vrese laat vergeet.) Net so het ek etlike dae voor my operasie nog in Daegu se HerbHillz soos ‘n wafferse akrobaat oor styfgespande kabels getrippe-trappe-tone en honderde meters ver ge-zipline. Wat nog van die rotsklim wat ek met ‘n erge hoogtevrees aangepak het. Waterponieritte en branderplankrylesse op Dadaepo strand was maar enkele hoogtepunte. Genoeg hieroor.

Korea bied my hierdie groot spoeg-en-plakboek wat ek baie maal inkleur deur my observasies van die mense, die skrefiesoogmense wat nie bang is om ure lank op die grond te sit nie. (Harde gat word nooit sagte gat soos ons as groentjies geleer is nie). As jy sover gekom het om van my skrywes te lees, sal jy agterkom dat ek meer gefassineerd is met die mense agter die maskers as die ruimte waarin die storie afspeel. Dis die mense wat jy so tussen deur die straights ontmoet wat jou herinneringe vleis gee. Dis die liewe lawwe stories wat die boer in beton weer nuwe moed laat sluk om nog ‘n paragraaf te skryf.

Ek travel tans in staail. Mag jy ook, waar jy jouself ookal bevind.

The post Betonboer in Busan appeared first on rooi rose.

Om op die boonste trappie te kan staan…
Om ’n vakansie te beplan verg nie té veel inspanning nie. ’n Besoek aan die plaaslike reisagentskap, ’n paar neongeel stik-it notas in die nuutste Lonely Planet en ’n móét-sien-lysie later, en jy is so te sê reg om te vertrek. Maar om vir ’n geruime (soms onbepaalde) tyd die vreemde in te vaar, is bepaald ’n ander storie.

Jou kop moet reg ingestel wees. Jou sak – slim gepak. Idilliese idees oor eksotiese lande en fassinerende mede-reisigers wat jy om elke hoek en draai gaan ontmoet, word vir eers opsy geskuif. Daar moet plek gemaak word tussen jou ore vir vinnig en prakties dink. Jy word opnuut gedwing om volle verantwoordelikheid vir jou besluite te aanvaar. Daar is niemand om te blameer as jy jouself sielsongelukkig, verlore of onbekwaam bevind nie.

Jy wonder telkemale of jy die regte besluit geneem het. Kyk jy oor jou skouer, is alles bekend. Jou land, jou mense. Hulle wat jou aanvaar en onvoorwaardelik liefhet, maak nie saak wát nie. ’n Plek waar jy vir ewig sal hoort. Dié land van jou wat so ongelooflik divers en snak-na-jou-asem mooi is. Die idee van ’n beroep en standvastigheid fluister tergend in jou oor: draai terug, draai om!

Die vulkaan Bromo in Indonesië

Kyk jy vorentoe, is dit die onbekende waarna jy al so lank hunker. ’n Splinternuwe kontinent, geheimsinnige lande, mense wat die wêreld vanuit ander oë beskou, vreemde tale en eksentrieke disse. Plekke op aarde waar vulkane ontplof en apies in natuurlike sauna’s bad. Lande waar geweld ’n rare gebeurtenis is, maar waar tifone en aardbewings seisoenaal heers. Anderkant die water of “oorsee”, soos ons Afrikaners sê, lewe mense anders, glo hulle anders. In jou geestesoog sien jy jou oorlede oupa se aardbol op sy brons pootjie glinster, en jy besef skielik jou wêreldjie het te klein geword. Dis tyd…

Twee jaar later kyk ek terug, en kan byna nie glo dat ek ooit getwyfel het nie. Sommige mense noem dit “woon-en-werk-oorsee”. Ek verkies die term “slakkepas-toeris”. Om jouself genoeg tyd in ’n land te gun om werklik die mense en hul manier van dinge doen soveel as moontlik te begryp. Op watter beter manier kan ’n reisiger ’n nuwe land ervaar as om met die inwoners vriende te word, om ’n salaris daar te verdien en tydelik ’n lewe daar te probeer maak?

Die besluit om Engels in Korea te onderrig, het meer deure oopgemaak as waarvan ek ooit sou kon droom. Tussen kontrakte deur, is dit moontlik om maande lank te reis na ander lande in Asië wat nou slegs ’n klipgooi ver is.

Die tempel Guinsa in Korea

Thailand, Kambodja, Maleisië, Laos, Vietnam, Indonesië, die Filippyne, China, Japan. Sommige reeds besoek, sommige moes ek nooit verlaat het nie en ander nog op my emmerskop-lysie. Die sogenaamde “reisgogga wat byt”, waarna mense so dikwels verwys, se simptome vererger net hoe meer plekke mens besoek. Hoe verder jy reis, hoe vinniger kom jy agter dat jy eintlik baie minder weet as wat jy gedink het, en hoe meer neem jou nuuskierigheid toe. Nie lank daarna nie bevind jy jouself weer terug by Oupa se aardbol.

Ek reis graag na plekkies waarheen vriende en kennisse nog nie was nie. Op dié manier kan ek my eie opinie vorm oor ’n plek sonder vooropgestelde idees. Of dit nou ’n eenvoudige uitstappie is soos ’n besoek aan ’n versteekte tempeltjie in ’n Koreaanse vallei, of iets meer opwindend soos wilde oerangoetangs soek in Borneo se reënwoude – die idee is om te léwe, en te ontdek. Lewenservaring vereis nie ’n graad nie – dis ’n nimmereindigende persoonlike kursus waarvan jy permanent ’n student is.

’n Paar maande gelede bevind ek myself tussen tweeduisendjaar-oue rysterrasse in die Filippyne. So iewers tussen die groen ryslappies en styl trappies kom ek ’n uitasemde vyf-en-sewentig-jarige Australiese man teë.

“Ek moes”, sê hy, “hierdie uitstappie eintlik dertig jaar terug kom doen het. Miskien kon ek dit dan tot heel bo maak. Maar…dit bly steeds mooi”.

Die wêreld is te groot en kontinente te ver uit mekaar verwyder om alles in een lewe te probeer sien, dink ek by myself. Maar steeds, goed gedoen, Omie! Ek is die grootste aanhanger van mense wat op hul oudag nuwe avonture wil aanpak.

Maar dié moet ek moet tog erken: toe ek bo kom, is ek innig dankbaar dat ek nog die vermoë het om mý foto van die heel boonste trappie af te kan neem.

The post Om op die boonste trappie te kan staan… appeared first on rooi rose.

Plaaskind in Korea
Hierdie plaaskind van Afrika is nou al ‘n volle 49 dae in Suid-Korea. Hierdie was by verre een van die waansinnigste maar tog ook opwindendste dinge wat ek nog gedoen het.

Vir almal wat my nie ken nie: ek is volgens Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake Martha Magdalena Olivier. My naam is eintlik Chantell, my man noem my Krappie, my gesin Ousus, my een ouma noem my soms Martha V (ek is immers die vyfde agtereenvolgende Martha in ‘n rits sterk boervrouens) of Chandelore. Hier in Suid-Korea is ek al alles genoem van Olivier, Chantell Teacher tot sommer net Chantell.

Ek het nog altyd hierdie brandende begeerte in my om oor die volgende randjie te kan sien of om met ‘n ander stel oë na die wereld te kyk. Hierdie onuitblusbare nuuskierigheid het my al menigmaal in warm water laat beland, maar ek is seker hierdie bloginskrywings sal genoeg tyd vir ons gee om daaroor ook te gesels.

Die lang en die kort van die storie is dat ek onder die Tweeling-sterreteken gebore is. Dit maak my meer geneig om met tye onvergenoegd (of kleurryk) oor dinge en situasies te voel, maar op 14 April 2012 het my gesondheid ‘n groot knou gekry. Ek het my lewe as ‘n jong professionele persoon in oënskou geneem en ‘n lang pad gestap om vry te breek van alles wat so spanningsvol in my lewe was.

Ek het eenvoudig geweet dat ek een van my vele liewe, lawwe drome moet beginne volg of ek gaan die korporatiewe leer bly klim en vasgevang word in hierdie maalmeul van ‘n gejaag na geld.

Aanvanklik wou ek net iewers in Tibet, in ‘n abdy, ‘n pos as hooftee-aandraer aanvaar. Maar ongelukkig moet die Tweeling-kind ook kos op die tafel sit en om net tee aan te dra sal dalk voordelig vir die siel wees, maar nie soseer vir die bankbestuurder nie. Ek’t verskeie opsies oorweeg maar een ding was seker, ek wou myself sover in die vreemde inkry as moontlik. Ek wou my eie emosionele en geestelike beperkinge op die proef stel.

Na verskeie Skype-geselsies met byna elke liewe persoon wat ek ken wat tans oorsee is, het ek op Suid-Korea besluit. Ek sou ‘n skaflike salaris verdien, hopelik ‘n paar buffels in my FNB rekening kon spaar, en vreemde disse en aweregse mense en sienswyses teëkom. Buiten vir die knaende verlange huis toe na manlief, my ouers en my oumas, was dit mos ‘n maklike besluit om te maak.

So gesê en so gedaan. Ses maande later en na ure en ure op die internet besig om al wat ‘n blog of artikel oor Suid-Korea is te verslind, was ek uiteindelik op pad na die land van skrefiesoë, Samsung en kimchi.

My koebaais was gesê, alles gepak, my man met instruksies gelos oor wat om saam te bring as hy kom kuier, die nuwe huishulp goed opgelei sodat sy darem na my man kan omsien, lang trane gehuil en net toe my sinusse opgeklaar het, is daar weer gehuil. So is ons toe vort lughawe toe.

Bel so ewe vir oulaas my ma net vir daai ekstra emosionele hupstootjie. Ek en my man neem ‘n sware afskeid en daar gaan hierdie langbeenkind van die Wes-Transvaal deur die doeane. Immigrasie druk die stempel ekstra hard in my paspoort as ‘n finale simbool van afskeid.

Maar dit was nie lank nie, toe dink ek dit mos goed om dalk tog maar ‘n Afrika-kurio en Amarula vir die klomp Koreaanse onderwysers aan te skaf. Met die nuwe kopie stap ek doodluiters voort na die Qatar-wagarea, onbewus daarvan dat beide my identiteitsboekie en paspoort iewers tussen Amarula en bekraalde draaddiertjies uitgeval het. Ek kan nou nie spog dat ek die hele lughawe tot ‘n stilstand geroep het nie, maar ek het wel die Qatar en ACSA-persoon in ‘n “flat spin” gehad soos my ma sal sê. Wat ‘n debakel.

So verpas ek my vlug. My identiteitsboekie het steeds voete – heelwaarskynlik toe reeds onderweg na Nigerië of een of ander godverlate land. My paspoort het sy weg teruggevind en so moes ek met bloedbelope oë weer die pad na Pretoria aandurf. (As jy nou ‘n liedjie van die Briels wil speel, is jy welkom).

Twee dae later en daar vlieg ek weer. Die ACSA sowel as Qatar-personeel onthou my gesiggie en maak seker hulle hou ‘n wakende ogie oor my en my handbagasie.

I kid you not – hierdie goed gebeur werklikwaar met mense. Heel waarskynlik meer met verstrooide, te bedagsame mense soos ek maar nietemin. Ek is een van die min mense wat op dieselfde dag uit Suid-Afrika en toe 2 ure later weer terug in Suid-Afrika gestempel is.

Ek sien geweldig uit daarna om julle deel te maak van my reise en hoop ons kon nog lekker saam gesels. Los gerus ‘n boodskappie hieronder en gesels saam.

The post Plaaskind in Korea appeared first on rooi rose.