krag | rooi rose

Gee ons krag: Ons kyk na alternatiewe kragoplossings
Gee ons krag. Deur Zerelda Esterhuizen.

Foto: Burak the Weekender vir Pexels

Miljarde van ons belastingbetalers se geld word jaarliks in Eskom ingepomp, maar ten spyte van die talle reddingsboeie wat die regering vir ons kragverskaffer gee, is ons van een ding seker en dit is dat beurtkrag nog vir ’n lang ruk met ons gaan wees.

Foto: Eneida Nieves vir Pexels

Eskom se hoof, André de Ruyter, het al herhaaldelike kere vertel watter uitdaging dit is om Suid-Afrika se krag aan te hou. Daar is jare van swak onderhoud en natuurlik die hope skuld … Geld bly ’n probleem en vir nou bly ’n stabiele kragnetwerk ook net ’n droom.

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Services se vooruitsigte vir Eskom bly ook negatief.

Eskom bly by rommelstatus totdat daar ’n wesenlike plan kom om sy massiewe skuldlas te verminder en langtermynstabiliteit te verseker, aldus Business Tech.

Volgens die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, beplan Eskom wel ’n Groen Energie-eenheid en wil in hernubare energie belê.  Dit is nog nie duidelik waar die geld vandaan gaan kom om dit te finansier nie …

Maar Eskom is wel op die regte pad as hulle na hernubare krag kyk, want wêreldwyd beweeg lande na groen energie. Menige Suid-Afrikaner ondersoek ook alternatiewe kragoplossings, want Eskom-krag raak nie net skaars nie, maar ook duur.  Met soveel mense wat vandag vanaf hul huise werk, is stabiele krag nodiger as ooit.

Dis waar dat hernubare krag gewilder raak, sê Heine Herholdt, hoof-uitvoerende beampte van die Herholdt’s Groep, wat onder meer ’n groothandelaar in die hernubare-energie-sektor is.

“Ons verwag dat die huidige groei vir die volgende vyf tot tien jaar sal voortduur. Ons ervaar jaarliks groei van 70% en glo dit sal so aanhou met al die kragonderbrekings en verhogings in elektrisiteitskoste,” sê hy.

Die verhogings van elektrisiteitstariewe dra beslis daartoe by dat meer en meer mense na alternatiewe kragbronne kyk.

Foto: Rodolfo Clix vir Pexels

Alumo Energy se besturende direkteur, Rein Snoeck Henkemans, verwys ook na die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se jongste elektrisiteitsverhoging van 9,61% wat in April in werking getree het. Dan het Eskom ook in sy jongste mediumtermyn-stelseltoereikendheidvooruitsig sy energiebeskikbaarheidsfaktor (EBV) afwaarts hersien van 72% tot 63%. Dit dui op ’n groot waarskynlikheid van meer gereelde beurtkrag vir die afsienbare toekoms.

Gerhard Schoeman, die hoof van bemarking en verkope by Alumo Energy, sê die bedryf is nogal wisselvallig, maar daar is ’n duidelike korrelasie tussen beurtkrag en ’n aanvraag na sonkrag.

“Dis in hierdie stadium nie so bekostigbaar om ’n goeie sonkragstelsel aan te skaf wat aan Suid Afrika se NRS 97-2-1-standaarde voldoen as om krag by die nasionale of munisipale energieverskaffer te verkry nie. Kragstabiliteit is egter die groot dryfveer vir mense om in ’n sonkragstelsel te belê.”

Schoeman sê die sonkragbedryf groei soos mense na volhoubare energiebronne beweeg. “Die spoed van die groei sal van die prysverhogings oor die volgende paar jaar afhang. Die tariewe verhoog al sedert 2007 sowat 12% op ’n jaar-op-jaar-grondslag en as dit volhou, verwag ons verdere sterk groei in die bedryf.”

Foto: Eric Anadavir Pexels

’n Kykie na alternatiewe kragoplossings vir huiseienaars

Sonkrag

’n Sonkragstelsel se komponente het verskillende lewensdure, sê Schoeman. Die komponent met die kortste lewensduur is die kragomsetter (“inverter”). ’n Goeie kragomsetter wat reg geïnstalleer word, het ’n gemiddelde lewensduur van tien jaar. Sonkragstelsels is in staat om bestendige en betroubare krag vir die leeftyd van die stelsel te lewer nadat die eenmalige voorafkoste betaal is, of teen ‘n billike maandelikse fooi. Dit is op die duur ’n baie goeie koste-effektiewe opsie om die ligte aan te hou, en kan die waarde van jou eiendom verhoog, sê Schoeman.

Daarbenewens word die stelselkomponente meer bekostigbaar namate die tegnologie ontwikkel. ’n Gevestigde, professionele verskaffer bied komponente van ’n goeie gehalte wat ’n aansienlik langer lewensduur en behoorlike naverkope-diens bied. “’n Goeie sonkragstelsel moet as ’n langtermynbelegging gesien word, en moet minstens sewe jaar sonder noemenswaardige instandhouding hou,” sê hy.

Waarborge

Daar word op komponente van ’n goeie gehalte gewoonlik die volgende waarborge gegee, volgens Alumo Energy:

Sonpanele: 25 jaar

Batterye: 10 jaar

Kragomsetters: 5-7 jaar

Lees ook: Maak jou kind “groen” groot

Doen jou navorsing

Daar is ’n  toegelate lys van maatskappye wat komponente voorsien en dis ’n huis- of sake-eienaar se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy stelsel se komponente daarop verskyn.

“Die kragomsetter moet op die toegelate NRS 97-2-1-lys verskyn, die battery moet ’n bekende maak met ’n litium-ysterfosfaat-samestelling wees, nie jel of loodsuur nie, en ’n minimum van 5 500-siklusse. Die panele moet ook  ’n vlak 1-gradering hê,” sê Schoeman.

Loop lig vir onbekende sonkraginstalleerders met oënskynlik goedkoop stelsels.

Kragopwekkers

Toe beurtkrag begin het, het talle mense in kragopwekkers belê. Die voordeel is natuurlik dat jy dit kan aansit om krag te hê, maar die nadele is die koste van brandstof wat dit benodig, die geraasfaktor en die gasse wat vrygestel word.

Daar is verskillende tipe kragopwekkers, maar vir huisgebruik, word petrol- en dieselkragopwekkers gewoonlik gekoop. As jy byvoorbeeld die TV’s, yskaste en rekenaars in die huis wil aanhou, werk die kragopwekkers van 5 kW gewoonlik goed, maar as jy toebehore met elemente (soos ketels) ook wil aanhou, is die kragopwekkers van 12 kW ’n beter idee.

Baie mense gebruik ook ’n klein kragopwekker om hul kragomsetter (“inverter”) krag te gee, maar dis nie ’n maklike integrasie nie, volgens Bundu Power. Sekere kragomsetters werk eenvoudig nie saam met die batterye nie, want dis nie op dieselfde frekwensie nie. Weereens is die beste raad om eers jou huiswerk te doen. Gesels eers met kenners voor jy in ’n stelsel belê. Kragopwekkers se pryse hang na gelang van maak en Watt af en of jy dit self kan installeer en of iemand anders dit moet installeer.

UPS (Uninterruptible Power Supply)-stelsels

Hierdie stelsel sluit ’n kragomsetter en batterye sonder sonpanele in. Basies laai die gewone krag (vanaf Eskom, byvoorbeeld) die batterye met behulp van die kragomsetter en as die krag afgaan, word die krag uit die batterye vir die toebehore in die huis gebruik. Hoe groter die batterye, hoe langer kan die krag hou. Hier is nie vreeslike voor- en nadele nie, want daar is nie ’n kragbesparing nie. Die groot voordeel is natuurlik dat daar krag is as beurtkrag inskop. Die aantal kilowatt word nie met die stelsel beperk nie. Daar is baie verskillende UPS-stelsels op die mark en jy kan klein stelsels vir relatief goedkoop koop, maar as ’n mens in ’n goeie UPS-stelsel wil belê, wat deur ’n installeerder ingesit word en wat jou huis in kraglose toestande aan die gang kan hou, is ’n bedrag van R50 000 gewoonlik ’n goeie afskopplek.

Outomatisering

’n Mens kan amper nie meer ’n sonkragstelsel hê sonder outomatisering nie, sê Regardt Schalkwyk van The Data Guru  op Krugersdorp, wat in outomatisering en sonkragstelsels spesialiseer.

“As jou stelsel geoumatiseer word, beteken dit dat die stelsel geprogrammeer word om self sekere dinge aan- en af te sit sodat jy die beste uit die stelsel kan kry. As dit byvoorbeeld ’n sonnige dag is en die batterye gou vol is, dan skuif die stelsel self die lading sodat jou swembad byvoorbeeld verhit word. ’n Mens moet slim met krag te werk gaan en die beste ding van outomatisasie is dat jy self kan besluit watter toebehore die belangrikste in jou huis is en waar krag optimaal benut kan word.”

Op soek na ’n lys van akkrediteerde sonkraginstalleerders?

Besoek www.herholdts.co.za

Besoek www.alumo.co.za vir meer inligting

The Data Guru: Stuur ’n e-pos na regardt@thedataguru.co.za

The post Gee ons krag: Ons kyk na alternatiewe kragoplossings appeared first on rooi rose.

Beurtkrag: Is jy gasveilig?
1 Julle het in elke vertrek, veral die badkamer en slaapkamers, ’n spesifieke plek waar gasligte mag staan. Sulke plekke is gelyk, stewig en uit die pad van algemene gewoel, soos wanneer iemand afdroog, aantrek of bed opmaak.

2 Gastoestelle staan so dat afdroogdoeke, handdoeke, beddegoed en gordyne nie in die vlammetjie kan inwaai nie.

3 Julle het reëlings oor wie gastoestelle mag aansteek en afdraai.

4 Julle het ’n reël oor wie gastoestelle mag ronddra.

5 Jy het ’n brandkombers byderhand om vlamme te blus.

6 Jy ken die tekens van monoksiedvergiftiging.

7 Daar is altyd iewers ’n venster oop, al is dit hoe koud.

8 As jy die vertrek verlaat, skakel jy die gaslig of -stoof af. Jy laat dit nooit sonder toesig aanbly nie.

9 Jy voer nie jou gasstoof se oondvloer met tinfoelie uit nie, want foelie kan ventilasie belemmer, wat kan veroorsaak dat dodelike koolstofmonoksied vorm.

10 Julle gastoerusting (tenks, stoof en kaggel inkluis) word elke jaar versien – en is al vanjaar versien.

The post Beurtkrag: Is jy gasveilig? appeared first on rooi rose.

Kry krag
Met ons nasionale kragreus se kapperjolle so kort voor die koue seisoen aanbreek, let ek op dat kommentaar oor die toestand van ons land op sosiale media en in die regte wêreld maar redelik donker daaruit sien.

Ek moet erken: Die ure wat Eskom deesdae weer my ligte met hernude ywer doof, laat my ook skellend, kragteloos en met ’n donker gemoed.

Dit is deksels aaklig om vryskut-werksure, wasmasjienure, kosmaakure en huiswerkure rondom beurtkrag te rangskik. Want almal weet dit is nie moontlik om daagliks alles af te jaag sodat jy die twee en ’n half beurtkragure romanties by kerslig agteroor kan sit en ontspan nie.

Veral as die week al lank in die tand is en die werk nog baie, foeter dit ’n huisgesin behoorlik rond as die kragreus dit goeddink om die krag stiptelik af te skakel, net om dit na ’n halfuur weer aan te skakel en weer ’n paar ure later van fase te verander en die dorp in duisternis te dompel.

Sulke tye wens ek dat Dawid met sy slingervel dié gemene boelie van ’n kragreus tussen die oë kon kom klits.

Dit help ook nie as die koerante bekend maak dat Eskom beoog om ’n groot aantal van sy bevoegde werknemers af te dank nie. Daar is dan reeds probleme met deskundigheid en om die beskikbare bronne suksesvol te benut en in stand te hou. Wat baat dit daar is net ál minder mense wat oorbly wat weet hoe om dié joppie te doen?

Ons kan in sirkels debatteer en argumenteer en ons frustrasie uitbasuin via sosiale netwerke – mits ons onthou het om ons fone, tablette en rekenaars betyds te laai. Maar, waar bring ’n ingesteldheid van “hierdie land is poer in sy peetjie” ons?

Ons bly bloot morrende, kopskuddende doemprofete – wat kort-kort sonder krag sit.

Hoe dan gemaak om ons kragte te herwin en ons gemoedere ligter te laai?

Elke diertjie het sy of haar plesiertjie, maar ek deel sommer ’n paar dinge wat soms my liggie aan die flikker hou:

• Lees ’n regte boek met regte bladsye by kers- of lamplig. Wanneer laas het jy in jou gunsteling TV-reeks se tyd, die luukse gehad om nié te staan en kosmaak of stryk terwyl jy TV-kyk nie, maar om toetentaal weg te raak in die boeiende storielyn van ’n boek?

• Skryf ’n brief by kerslig. Daar is altyd iemand met wie jy lanklaas gesels het. Skryf ’n regte-egte brief in ink en pos dit die volgende dag.

• Of skryf ’n gedig – al beteken dit niks vir enigiemand anders as jouself nie. Môre, in die ongenaakbare, elektriese lig, kan jy kopskuddend daarna kyk en dit weer uitvee.

• Maak ’n langafstandoproep na iemand wie se stem jy mis. Urelange elektroniese gesprekke het meriete, maar net jou eie stem kan warmte en omgee op die regte toonhoogte oor afstand dra. Al was dit hóé lanklaas wat julle stemmegesels uitgeruil het.

• Sit op jou stoeptrappie en kyk na die sterre. Of, as die herfswind jou binnenshuis hou, kyk na die sterre deur jou ruit. Of tuur in die donkerte. Soms sal die gedagtes wat in die donker ontkiem, jou verbaas. Hou nietemin ’n flitslig byderhand vir in geval jou gedagtes jou hare laat rys of jou laat verdwaal.

• As die bure se kragopwekker nie ’n té groot kabaal opskop nie, gaan word stil. Gaan lúíster na die stilte. Dit is een van die grootste luukshede van ons tyd: stilte. Daarby kan ons miskien ’n slag oorbluf stilstaan; oordink; bid.

• Krap jou bejaarde ou skootkat se wollerige ore by flou lamplig of in die donkerte. Die tevrede gespin sal jou jou ’n oomblik laat verbeel dat jy self ’n kragopwekker op die jaart het.

• Gaan slaap ’n slag vroeg. Die slim mense beweer dat voornagslaap soveel meer beteken vir uitrus, herstel en energie as ’n paar ure se indommel voor sonop. Ek is self skuldig. My dag het té min ure, so ek probeer om snags in te haal op wakkerwees-en-doen-ure. Met kringe-om-die-oë as gevolg en plooie wat nie deur te veel kussingure se kreukels veroorsaak word nie.

Ja, ons betáál vir krag. Ja, ou Eksdom is seker die enigste diensverskaffer op die Blou Planeet wat in rooi TV-flitse en helderverligte hokaaiwoorde mense aanmoedig om nié van sy dienste gebruik te maak nie. Dit is alles erg lagwekkend en frustrerend.

Maar, dalk, net dálk, kan ons in ’n kersligoomblik besef presies hóé afhanklik ons is van ou Edison se gloeilampie en elektrisiteit in die algemeen om ons gemaksratte en tegnologiese katoeters te laat draai.

Die lewe móét tog mos uit meer as volt en ampère en kragbeurte bestaan?

The post Kry krag appeared first on rooi rose.

Kankerbehandeling: Krag vir die dag
Kry krag vir die dag …

As daar een tyd in jou lewe is wanneer jy maar teen Super Woman en Lara Croft mag afsteek, is dit met kankerbehandeling. Rus is nou die beste medisyne. Maar baie van ons moet tog bly werk. Vir ander is selfs kos kook of hare droogblaas uiters uitputtend. OTASA, die Arbeidsterapievereniging van Suid- Afrika, het planne sodat jy die bietjie energie wat jy wel het, baie verder kan rek. Onthou hul ses P’s:

1 PERMISSIE Gee jouself toestemming om te rus en eerder hulp en ondersteuning te vra. Dit is net tydelik. Namate jy sterker word, sal jou uithouvermoë verbeter. Wie kan inkopies gaan doen? Die kinders rondry? Wát put jou uit, en wie doen dit in elk geval sodat hulle jou met min ekstra moeite kan uithelp? Kan jy iemand betaal om vir ’n paar weke met die noodsaaklikste takies te help?

2 PRIORITISEER Trek voorlopig die supervroue se kleefpakkies uit en spaar jou krag vir net die take en pligte wat regtig belangrik en noodsaaklik is – en lekker ook. Wat kan wag tot môre? Of volgende week? Of selfs volgende jaar? Moenie skuldig voel nie. Almal verstaan. Jy sal later weer jou kant kan bring.

3 BEPLAN Dink soos ’n stelselingenieur: hoe kan jy alles met die minste moeite doen? Wat kan jy byderhand hou sodat jy dit nie hoef te gaan haal nie? As jy goed moet bymekaarmaak, hoe kan jy dit alles op een slag doen? Is daar take en stappe wat jy kan uitskakel? Of kombineer? Gestel jy maak kos: hou alles wat jy nodig het so naby moontlik aan jou werksvlak en stoof sodat jy nie onnodig hoef te loop, buk of rek om dit te kry nie. As jy wel moet loop, loop een draai en pak alles in ’n mandjie. En maak dubbel porsies sodat jy kan vries vir ’n volgende moeitevrye ete.

4 TEMPO Markeer die pas. Sit vir jouself rustydjies opsy – soveel en so lank as wat jy nodig het. Moenie slegs ná middagete rus nie. Rus liewer kort-kort. Nog vier ruswenke: Rus vóór jy moeg word; versprei die aktiwiteite wat baie energie verg deur die dag; wissel besige tye deur rustydjies af; en werk uit hoe jy ’n projek kan opbreek sodat jy tussendeur kan rus. Om kos kook as voorbeeld te gebruik: berei die vleis in die oggend, dek die tafel in die middag en maak die groente net voor ete.

5 POSISIE, POSISIE, POSISIE Dit vra meer energie om te staan en te stap. Sit en werk waar jy kan: sit as jy groente skil, sit en stryk, en sit terwyl jy hare blaas. Dit neem minder energie om dinge te stoot as te trek omdat die momentum van jou gewig bydra.

6 PROFESSIONEL HULP Soms het jy spesiale hulp nodig. Die eerste paar maande sukkel baie vroue met handvaardigheid en stywe, seer skouers wat dit moeilik maak om knope vas te maak of wasgoed te doen. Laat ’n arbeidsterapeut jou wys hoe om dit makliker te doen en watter hulpmiddels jou spesifiek kan help. Hulle kan ook versorgers oplei, jou gesin wys hoe om dinge vir almal makliker te maak, jou werksplek evalueer en aanbeveel hoe jy jou dagtake makliker kan uitvoer, en jou selfs ontspanningstegnieke leer om pyn baas te raak.

The post Kankerbehandeling: Krag vir die dag appeared first on rooi rose.