kuns en vermaak | rooi rose

Hierdie is geen geloofsdaad, maar van talent
Deur Maryke Roberts.

As jy die woord “keramiekkuns” hoor, dink jy waarskynlik nie aan towerkrag nie. Maar om met hierdie onvoorspelbare medium te werk, is gelyke dele towery, kunstenaarskap en uiteindelik geloofsdade. ’n Keramiekkunstenaar kan nooit seker wees dat dit wat uit die oond kom, sal lyk soos wat hulle insit of van gedroom het nie. Dis iets waarmee Christian Buchner – een van die kunstenaars wat tans in die “An Act of Faith” uitstalling by Spier uitstal, heelhartig beaam.

Die uitstalling word aangebied deur die Spier Arts Trust. Christian sê voorts: “Terwyl elke medium unieke moontlikhede bied, betower keramiek behoorlik met die geheimsinnige werk wat in die oond gebeur.”

Maar onsekerheid is nie die enigste uitdaging wat kunstenaars wat met keramiek werk, in die gesig staar nie. Die hoofkurator van die Spier Art Trust, Tamlin Blake, het besluit om dié uitstalling op die historiese wynplaas buite Stellenbosch te reël, nadat sy onlangs ’n baie karige uitstalling van die jaarlikse Ceramics South Afrika organisasie in Gqeberha in die Oos-Kaap besoek het.

“Dit was skokkend om te sien hoe min werke uitgestal is,” sê sy. “Dit was natuurlik deels te wyte aan Covid, maar gereelde beurtkrag was ook ’n probleem.”

Om kleiprodukte te bak, moet ’n oond – meestal elektries van aard – tot die nodige temperatuur verhit word en voorglasering kan tot 12 ure neem. Die kragtoevoer moet konstant bly vir die duur van die vuurproses, om die gewenste artistieke resultate te bereik. So deurlopende beurtkrag het bykomende kompleksiteit in hul werksdag gebring.

“Hierdie kunstenaars sukkel net om hul kuns te beoefen,” sê sy. “Die Spier Arts Trust wou hulle ondersteun en ’n geleentheid gee deur ’n opwindende uitstalruimte en ’n geleentheid vir blootstelling aan ’n breër mark binne Suid-Afrika te bied.”

“An Act of Faith” bevat meer as 40 keramiekkunswerke deur kunstenaars van regoor die land. Alhoewel elke kunswerk uniek is, het sekere kerntemas na vore gekom.

“Eie aan die keramiekmaakproses is die idee van transformasie,” sê sy. “Modder, water, aarde en vuur werk almal saam om klei in kuns te omskep. Maar daar is geen waarborg wat die eindresultaat sal wees nie. So daar is beslis ’n gevoel van towerspel.”

Spiritualiteit is ook groot met uitbeeldings van godsdienstige beelde en artefakte, en kunstenaars se eie interpretasies van die hiernamaals. Xirilo Wyne Ngobeni se werk is gegrond op begrafnis-urns en is byvoorbeeld ’n ode aan sy ma wat oorlede is.

Al die keramiekskeppings vertel ’n storie. Kuns as narratief bied aan die kyker ’n kragtige, persoonlike en intieme verbintenis met die kunstenaars en hul werk.

‘n Opwindende komponent wat aanklank vind by Spier se volhoubaarheidsbeginsels, is dat sommige van die kunstenaars met herwonne klei gewerk het, wat van vooraf geliefde skeppings hergebruik is. Ander het riviere, damme en verafgeleë plase deursoek om hul eie te versamel deur hierdie “wilde klei” te grawe, verwerk en te eksperimenteer, soos die kunstenaar Mark Dodd dit noem.

Kuns – soos kos en wyn – is op sy beste as dit gedeel word en juis daarom is Spier so ’n entoesiastiese ondersteuner van Afrika-kunstenaars en hul skeppings. Spier, wat een van die grootste kontemporêre kunsversamelings in die land huisves, glo in die krag van die visuele kunste om te onderrig en te inspireer, wat ons almal aanmoedig om openlik by ons wêreld en mekaar betrokke te raak.

Die uitstalling is daagliks van 09:00 – 17:00 in die ou wynkelder op Spier oop vir die publiek en duur tot 23 Oktober.

Lees ook: Vanjaar se Shiraz-uitblinkers aangewys

The post Hierdie is geen geloofsdaad, maar van talent appeared first on rooi rose.

Intieme kuns-ervaring lok kunsliefhebbers van wyd en syd
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

Die diverse kuns-aanbieding vir die 2023-uitgawe het 17 plaaslike kunstenaars die geleentheid gebied om deel te neem.

Vanjaar kon plaaslike kunstenaars ook met kunstenaars buite die vallei saamwerk om aan die fees deel te neem en saam uitstalruimtes te deel.

Die geleentheid bring kunsliefhebbers van heinde en verre byeen, om nie net kunswerke teen gallerymure te geniet nie, maar kunstenaars in hul eie privaat ateljees te besoek en al die vrae te vra, wat nooit in gallerye moontlik is nie.

Shawn Hewitt, Solo Studios projekbestuurder by kunstenaars Paul Kristafor en Hennie Meyer en Klaus Pipreck, medestigter en direkteur van Solo Studios, by die openingsfunksie Vrydagaand.

Vier kunsroetes – A, B, C en D – het kunstenaars saamgroepeer, wat besoekers die kans gegun het om per voet saam met ’n gids die kunstenaars te gaan besoek. Wyne van die Swartland is op stoepies, voor motorhuise en in agterplase aan besoekers beskikbaar gestel en op ’n sosiale manier is kuns bespreek en ervaar.

Vier gidse, Katja Abbott, Gretha McMahon, Pieter Swart en Jacky Lloyd, het die kunsroetes gelei. Op die A-roete was Antoinette von Saurma, Sharon Bischoff, Tamlin Blake met die Keiskamma Kunsprojek, Ade Kipades met Hennie Meyer en die laaste een op die dié roete was die gemeenskapsprojek, For Life on the Move-sentrum.

Op die B-roete was Andre Francois van Vuuren, Emma Willemse, Kevan Moses saam met Shui-Lyn White en Wiehan de Jager met Clayton Sutherland. Die C-roete het The Hub, Riaan van Zyl, Andries Dirks met Arno Morland, die Spier Arts Trust, 1 Royal Street Guest House, Pictorex, Louis Nel en Lizette Visser met Ros Koch, ingesluit. Die D-roete het aangedoen by RK Contemporary, Dieter Wust, Gallery 7 on Plein, Brett Shuman met Linda Waterkeyn, Gordon Williams met Paul Kristafor, Misha Hillier met Hannelie Strydom, Solly Smook en Q Studio – Impendulo met werke van Carl Collison en Hentie van der Merwe.

Soos Klaus Piprek, medestigter en direkteur van Solo Studios tereg opgemerk het by die openingsfunksie by Marras op Riebeek-Wes: “Ons verkoop nie net kuns by hierdie kunsfees nie. Ons verkoop ’n hele ervaring.”

Klaus sê hierdie ervarings strek veel wyer as die visuele kunste. “Benewens die kunsuitstallings in kunstenaars se huise en ateljees en ook in privaat-gallerye en restaurante, is daar soveel meer om te ontdek. Wyn en kos en samesyn met dié wat ook passievol oor die kunste is, vorm alles deel van kuns.”

Benewens die 17 kunstenaars se ateljees, is groep-uitstallings by verskeie galerye en lokale gehou en twee private kunsversamelings in eksklusiewe gastehuise vir die publiek oopgestel.

Gaste het by The Hub (in die proelokaal van die Riebeek Valley Wineco )geregistreer en daar ’n kykie gekry van wat op hulle wag, met een voorbeeld van elke deelnemende kunstenaar se werk, wat daar uitgestal is. Permitte kon vir die hele fees of vir enkele dae of vir enkele geleenthede gekoop word.

Die fees het ook ’n filmfees, verskeie kunspraatjies en ’n musiek-uitvoering ingesluit.

Danksy die uitstalling van Q Studio – Impendulo met werke van Carl Collison en Hentie van der Merwe, het die Riebeek-Kasteel Museum se ou geskiedenis ook kontemporêre betekenis gekry in die uitstalling “People [Passed]” waar nuwe kunswerke oor die permanente uitstalling uitgestal is.

Lees ook: Gewilde wynfees weer gehou

The post Intieme kuns-ervaring lok kunsliefhebbers van wyd en syd appeared first on rooi rose.

Fiela se Nina oor onvoorwaardelike liefde en jou sê sê
Fiela se Nina oor onvoorwaardelike liefde en jou sê sê – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: verskaf

Melissa Willering, die 21-jarige Suid-Afrikaanse aktrise is veral bekend vir haar rol as Chrissie Bekker in die gewilde kykNET-sepie Getroud met Rugby (GMR). In November 2015 het sy haar matriek voltooi en in Januarie die volgende jaar het sy by die Bekker-gesin op GMR aangesluit, waar sy tot onlangs nog die rol van ’n opstandige tiener vertolk het.

Melissa is in Pretoria gebore en het haar laerskool- en hoërskoolloopbane aan Dirk Postma voltooi. Onder leiding van Esther Bredenkamp kon sy haar kreatiwiteit uitleef deur dramaklasse as ’n buitemuurse aktiwiteit te neem. In 2014 het sy haar deurbraak in die vermaaklikheidsbedryf gemaak nadat sy die ATKV- en Villa Rosa se Sterrejag-kompetisie gewen het. Deur dié kompetisie het sy die tienerrol van Ilse Momberg gekry.

Vanjaar maak sy haar rolprentdebuut in Fiela se Kind. Dié fliek is gegrond op Dalene Matthee se gelyknamige en geliefde roman, en Brett Michael Innes is in die regisseurstoel. Melissa vertolk die rol van die volwasse Nina van Rooyen.

View this post on Instagram

Ek mag uiteindelik hierdie nuus deel! Dit was nog altyd ‘n droom van my om in ‘n Dalene Matthee meesterstuk te speel. En ek kan met dankbaarheid sê dat ek die voorreg het om vir Nina van Rooyen nuwe lewe te gee op 13 September 2019!!?

A post shared by  Melissa Willering (@melissawillering) on May 13, 2019 at 2:05am PDT

Ons het gaan hoor wat sy alles oor dié besonderse rolprent te sê het:

Wanneer het jy besef jy wil graag eendag in die vermaaklikheidsbedryf werk?

Ek kan nie die spesifieke ouderdom onthou nie, maar ek weet dit was al op laerskool. Ek het eers in graad agt met dramaklasse begin, maar was dadelik mal daaroor – dit het my “veilige hawe” geword waarna ek weekliks kon ontsnap!

Toe ek in 2013 die eerste keer op die stel van Villa Rosa (waarin ek in daardie stadium ’n vakansierol gespeel het) gestap het, het ek geweet dat ek dít vir die res van my lewe wou doen.

Wat is vir jou die opwindendste deel van ’n lewe in dié bedryf?

Beslis die oomblik wanneer jy hoor dat jy ‘n rol gekry het! Niks kom by daardie gevoel nie. En dan natuurlik ook om op stel te kom en dít te doen waarvan jy hou. Elke dag is anders, jy het nooit dieselfde dag op stel nie. Ek dink dis waarom ek dié loopbaan bo enige ander werk verkies.

Wat wens jy het jy geweet voordat jy besluit het om ’n beroep in die kunste te volg?

Ek wens ek het werklik besef hoe moeilik dit gaan wees om te vryskut – ek het geweet dit gaan moeilik wees, maar ek het nooit regtig besef wat dit alles vereis nie. Boonop het ek drie jaar lank in ’n sepie gespeel, en ek het nie besef hoe moeilik die “spaar en wag vir werk”-deel gaan wees nie.

View this post on Instagram

Chrissie being Chrissie. ? #kyknetgmr

A post shared by  Melissa Willering (@melissawillering) on Jan 19, 2018 at 7:49am PST

Wat is jou droomrol?

Ek wil baie graag die rol van ’n sterk vrou van my ouderdom vertolk; ’n vrou wat deur verskeie uitdagings in haar lewe worstel, maar sterker aan die ander kant uitkom. ’n Regte emosiebelaaide rol.

Wat beteken dit vir jou om deel te wees van ’n groep kunstenaars wat aan ‘n Dalene Matthee-storie lewe gee?

Alles. Die feit dat dit my eerste fliekrol is, is ’n baie groot voorreg. Ek wou van my skooldae af in ’n Dalene Matthee-storie speel, want sy het my nog altyd geïnspireer. Sy skryf oor sterk karakters wat soveel ontwikkel, en dít is die soort karakter wat ’n mens graag wil vertolk. Hierdie geleentheid is nie een wat elke dag oor ’n mens se pad kom nie. Ek is vreeslik dankbaar.

Watter boodskap neem jý uit Fiela se Kind?

Ek neem die boodskap van onvoorwaardelike liefde saam. Fiela was vir Benjamin nét so lief soos vir haar eie kinders. Dit maak nie saak wat ’n mens se ras of identiteit is nie, ware liefde is onvoorwaardelik.

Watter les het jy by jou karakter, Nina van Rooyen, geleer?

Ek het by haar geleer om sterk te wees en my sê te sê wanneer dit nodig is. Sy is hardkoppig en volg haar eie kop wanneer dit by haar lewe kom, en ek respekteer dit van Nina.

Wat was die moeilikste deel van die hele verfilmingsproses?

Vir my was dit die feit dat ek ’n ikoniese karakter vertolk wat so baie mense reeds ken. Die gehoor gaan in die teater stap met ’n vooropgestelde idee van hoe elkeen van die karakters moet optree. Maar ek het probeer om vir Nina ’n nuwe “baadjie” aan te trek en ’n nuwe lewe te gee – nes die teks van my verwag het. Ek het getrou aan my teks gebly.

View this post on Instagram

A post shared by Melissa Willering (@melissawillering) on Jun 17, 2019 at 2:02am PDT

Hoe lyk ’n tipiese dag op die stel van Fiela se Kind?

Ons staan vroeg op, eet ontbyt saam, gesels oor ons scenes vir die dag, dan word hare en grimering gedoen, ons oefen woorde en skiet tonele. Die hare en grimering het dikwels lank gevat omdat ons elke dag van voor af in “vuil bosmense” moes verander. Ons moes ook gewoonlik ’n hele rukkie wag terwyl hulle die skote opstel, en dan het ons akteurs sommer saam deur ons woorde gelees. Die skiet van tonele kon dikwels ure neem, maar elke dag het verskil. Ons was ook nie elke dag dieselfde tyd on call nie.

Ons het een dag (op ons afdag) saam ’n berg gaan uitklim en sommer net die pragtige natuur van die beeldskone Knysna om ons geniet. Dit was ’n wonderlike ervaring om in die regte Knysnabos te verfilm.

https://www.instagram.com/p/BxZaR1ghnSB/

Waaraan werk jy tans?

Ek vryskut, en tussendeur werk ek baie hard aan my studies. Ek studeer sielkunde deur UNISA en dit neem baie van my tyd in beslag, maar ek maak darem aan die einde van vanjaar klaar.

View this post on Instagram

A post shared by Melissa Willering (@melissawillering) on Nov 17, 2018 at 2:21am PST

Fiela se Kind sal Vrydag, 13 September landswyd in teaters begin draai.

Kyk gerus hier na die amptelike lokprent van Fiela se Kind:

Vir nog lekker onderhoude met plaaslike bekendes, klik hier

The post Fiela se Nina oor onvoorwaardelike liefde en jou sê sê appeared first on rooi rose.

Ballade vir ’n Enkeling
Vanaf 20 Maart 2015 kan Suid-Afrikaners weer die nostalgie agter Ballade vir ’n Enkeling herleef nes in die jare tagtig – dié keer op die grootskerm met ’n nuwe en vars benadering tot hierdie legendariese storie.

Bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger, asook nuwelinge Christia Visser, Edwin van Jaarsveld, Luan Jacobs, Miles Petzer en ander het saam met The Film Factory ’n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek.Hierdie treffer-reeks, wat in 1987 kykrekords laat spat het, se storie word nou weer vertel – dié slag onder leiding van die jong regisseur, Quentin Krog.

Krog was reeds betrokke by baie van Suid-Afrika se voorste film-, televisie- en teater-projekte. Sy onlangse optredes as rolprentakteur sluit in Blitzpatrollie, asook kykNET se dramareekse Donkerland, Vloeksteen en Boland Moorde, asook Swartwater (SABC) en die kykNET-kortfilm Buurtwag. Sy mees onlangse reeks as regisseur was die TV-reeks Sterlopers.

Ballade vir ’n Enkeling word ook onthou vir die treffertemas Voshaarnooi, geskryf deur Louis van Rensburg en Ballade vir ’n Enkeling, geskryf deur Richard van der Westhuizen. Louis en Richard het ook saam gewerk aan die klankbaan vir hierdie reeks wat goue status bereik het.

Nou, in 2015, word hierdie treffers in ’n nuwe gedaante aangebied deur Joshua na die Reën en Die Heuwels Fantasties. Joshua na die Reën, is verantwoordelik vir ’n nuwe weergawe van Voshaarnooi, terwyl Die Heuwels Fantasties hul eie klank aan Ballade vir ’n Enkeling gee. Voshaarnooi se enkelsnit tref radiostasies op 29 Januarie 2015 en sal gevolg word deur die uitreiking van die musiekvideo eksklusief op Jukebox kykNET 146 op 21 Februarie 2015. Ballade vir ’n Enkeling se enkelsnit word ook gedurende Februarie 2015 uitgereik met die opvolg-video wat vroeg in Maart gewys sal word.

Ballade vir ’n Enkeling is ’n romantiese speurverhaal en sal die nostalgie uit die tagtigerjare weer opnuut laat opvlam, maar gaan dié keer ook ’n nuwe geslag betrek. Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat daarna kyk van voor af betower. Niemand sal onaangeraak hier uitstap nie.

Die storie en draaiboek is geskryf deur Leon van Nierop en is vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory met die bekroonde kinematograaf Tom Marais agter die kamera.Die roman, wat ook deur Leon van Nierop geskryf is en deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is, is reeds vanaf Augustus 2014 op die rakke.

Ballade vir ’n Enkeling word plaaslik op 20 Maart 2015 op die groot skerm uitgereik. Ster Kinekor Entertainment is die verspreiders.

Volg Ballade vir ’n Enkeling aanlyn en op Sosiale Media:

Webwerf: www.balladefilm.co.za

Facebook: www.facebook.com/Balladefilm

Twitter: @Balladefilm

#MoenieDinkNiedoenNet

Lokprent

The post Ballade vir ’n Enkeling appeared first on rooi rose.

Top tienflieks vir 9-11 Jan 2015
1.	THE SEVENTH SON (3D en Imax)
2.	TINKERBELL & THE NEVERBEAST
3.	PADDINGTON
4.	BIG HERO 6 (3D)
5.	EXODUS: GODS & KINGS (3D)
6.	NIGHT AT THE MUSEUM 3
7.	THE HOBBIT: THE BATTLE OF THE FIVE ARMIES (3D & Imax)
8.	INTO THE WOODS
9.	ST VINCENT
10.	JOHN WICK

The post Top tienflieks vir 9-11 Jan 2015 appeared first on rooi rose.

Onderhoud: Bottomless Coffee Band
DAAR IS IETS OPWINDENDS AAN DIE ROER aan die Kaapse front. ’n Nuwe jong multi-instrumentele folk-duo, die Bottomless Coffee Band, se eerste CD, Room with a View, het pas die lig gesien. Hulle bestaan miskien net uit twee lede – Lourens en Esté Rabé – maar hulle sorg vir ’n reuse, werklik unieke klank- en verhoogbelewenis.

Hulle het die groep reeds in Augustus 2010 gestig toe hulle nog albei studente was met dieselfde drome vir ’n sekere klank in die musiekbedryf.

Vandag is hulle nie slegs vennote in musiek nie, maar ook getroud. Hul styl is ’n kombinasie van akoestiese folk-rock en afroblues. Esté noem dit “gourmet musiek”. Dit beskryf ook hul visie vir albei se kuns: die skep van ’n organiese klank wat ook getrou aan hulself is.

Lourens en Esté beskou hul plek in die musiekomgewing as hul roeping, soos ’n gawe van Bowe. Hulle wil ook ander inspireer en bly soek. Die oogmerk is goeie tye, hoop, liefde en verandering …

Die twee speel saam agt instrumente, wat beteken hulle kan die klank van ’n volle band skep. Hul eie musieksmaak sluit in The Beatles, The Beach Boys, Johnny Cash, The Lumineers, Mumford and Sons en nog uit dié kader.

Hulle is vars en opwindend, gewis.

Ons het hulle ’n paar lekker vrae gevra.

Gee my asb so ’n klein oorsig oor hoe jul bymekaar gekom het…

Ons het ontmoet as studente in die Stellenbosch Universiteitskoor. Op Stellenbosch het ons onderskeidelik B.Drama (Esté) en B.Comm Regte en Beleggingsbestuur (Lourens) studeer. Vir ses maande was ons net vriende. ’n Week nadat Lourens my uiteindelik uitgevra het, is hy en ’n paar musiek-vriende genader om ’n “once off” optrede by n spoggerige geleentheid op ’n wynplaas te doen. Hy het vir my gevra of ek graag sou wou deel wees van die aand en ek het ingestem om sommer net hier en daar ’n paar note te sing. Na hierdie aand het ons besef dat ons dit baie geniet om saam musiek te maak. Uit die geleentheid het meer navrae gekom en ons het besluit om voort te gaan daarmee! Dit is al vier en n half jaar gelede!

Waarom die spesifieke folk-instrumente? Is jul albei geskool in musiek?

Ons is mal oor die klank van die instrumente, veral in ons spesifieke kombinasie en die aard van ons stemme. Ons geniet dit ook om konstant nuwe instrumente aan te leer om sodoende iets vars na die tafel te bring. Ons wou graag ook ’n klank skep wat nie te algemeen op die publieke oor val nie. Ons wil ook baie graag die “old school” klank en styl van folk en blues musiek bewaar en tot herlewing bring. Ons het ook aanvanklik totaal verskillende aanslae tot musiek gehad en die middeweg was die klank wat ons nou so goed gevorm het! Lourens is self-opgelei en is ’n absolute musiekmeester as gevolg van die ure wat hy al van kleins af met sy instrumente spandeer het. Hy was aanvanklik ’n dromspeler in n metal band en het later by sy broer leer kitaar speel. Ek het klassieke sang en musiek teorie saam met B.Drama studeer, maar is ook self-opgelei wat die instrumente betref. Ons glo daarin om nie musiek te veel in ’n akademiese boks te plaas nie.

Julle is ook lewensmaats – help dit vir die ‘band’?

Mees beslis. Baie mense is van mening dat ’n mens nie saam kan werk as lewensmaats nie. Vir ons is dit juis die teengestelde; ons kan nie sien hoe lewensmaats nie saam kan werk nie. Ons is beste vriende op alle vlakke en ons voel uiters bevoorreg om ons grootste passie met mekaar en die wêreld te kan deel. Dit was nie altyd so maklik nie, ons het aanvanklik baie vasgesit oor ons verskillende aanslae en opinies, snaaks genoeg, veral ons verskillende aanslae tot musiek en die produksie daarvan. Ons moes beslis leer om mekaar se verskillende style van werk te leer ken en te verstaan, maar toe ons dít eers kon doen, het ons besef dat dit ons net nader aan mekaar trek om mense saam te vermaak. Musiek is so persoonlik en intiem. Mense is mal oor die “chemistry” tussen ons as ons speel en ons glo die huwelik skep ’n wonderlike platform vir mense om ons musiek op n ander manier in te neem en te ervaar!

Wat is die groot droom?

Ons glo regtig dat ons geroep is vir die musiek en vermaaklikheidsindustrie en ons altwee, insluitend ons families, weet dit al vandat ons klein is. Ons sal graag nog baie gehore wil vermaak deur ons musiek, maar ook deur ons storie. Ons hoop ook dat ons nog internasionale verhoë sal sien en dat nog ’n paar jaar se harde werk sal sorg dat ons ook ander sub-divisies en projekte onder die Bottomless-sambreel kan begin!

Dra jul musiek ’n ‘boodskap’?

Beslis. Dit dra verskillende boodskappe. Soms is dit net stories oor die lewe waarmee almal kan assosieer en ander kere is dit sosiale kommentaar. Ons wil nie net musiek skryf wat ons geniet om te sing en te speel nie; ons wil ook mense se harte raak deur wat ons sing en speel. Ons glo regtig dat musiek baie meer krag dra om te genees en te rehabiliteer as wat dit soms voor erkenning kry. Die oomblik as n mens kan sien dat jou musiek iemand raak, is al die harde werk die moeite werd!

Het julle al ’n CD? Hoe kan mense jul musiek te hore kry of koop?

Ja, ons debuut album is bekend gestel op 11 November 2014. Die album se naam is Room With a View*. Dit is op iTunes beskikbaar of by verskillende winkels soos gelys op ons webtuiste: bottomlesscoffeeband.com. Gaan luister ook gerus daarna op Soundcloud.

En die naam?

Ek (Esté) is verskriklik lief vir koffie. Toe Lourens my net ontmoet het, was dit vir hom vreeslik fassinerend dat ek so baie koffie drink en so lief is daarvoor. Toe hy dink aan ’n naam vir musiek het hy onmiddelik aan dit gedink; dat koffie en die geselligheid en kuns daarvan so baie ooreenstem met goeie, lekker musiek. Eintlik het ons musiek niks met koffie te doen nie, maar is dit n baie goeie atmosfeer bepaler! Vandag is ons altwee redelike koffie-snobs!

*LW, in die Januarie 2015-uitgawe van rooi rose is die titel van die album verkeerdelik as ‘Little Pink Book’ aangedui, as gevolg van een van die treffer-snitte op die album. Die regte titel is ‘Room with a View’

The post Onderhoud: Bottomless Coffee Band appeared first on rooi rose.

kykNET-Rapport Boekpryse 2014
Die wenners van die nuwe kykNET-Rapport Boekpryse is aangekondig by ’n middagete in die Westin Hotel in Kaapstad op Vrydag 21 November 2014.

Drie kontantpryse met ’n gesamentlike waarde van R500 000 is toegeken aan die volgende boeke wat in 2013 verskyn het:

–	Wolf Wolf, Eben Venter (Tafelberg)
–	Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh en Bill Nasson (Tafelberg)
– ’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

Uit ’n oes van 54 voorleggings het die volgende skrywers die kortlyste gehaal:

FIKSIE
•	Valsrivier, Dominique Botha (Umuzi)
•	Klimtol, Etienne van Heerden (Tafelberg)
•	Wolf Wolf, Eben Venter (Tafelberg)

NIEFIKSIE
•	Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh & Bill Nasson (reds.) (Tafelberg)
•	Here & boere: Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712, Karel Schoeman (Protea Boekhuis)
•	Onder die radar, Dana Snyman (Tafelberg)

FILM
•	Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur 11 gedeel kan word, Jaco Jacobs (Lapa)
•	Score my ’n gwai, Marlize Hobbs, (Human & Rousseau)
•	’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

The post kykNET-Rapport Boekpryse 2014 appeared first on rooi rose.

Vaselinetjie binnekort ’n fliek
Die vervaardiging van ’n rolprent gebaseer op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie (Tafelberg) begin eersdaags. Boonop sal ’n tweede toneelstuk van die boek binnekort op die planke wees.

Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse Kanale, het dié aankondiging onlangs by die bekendstelling van die Nasionale Toneelspelkompetisie 2015 in Kaapstad gemaak. Die fliek se regie sal deur Corné van Rooyen behartig word.

Boonop is altesaam 12 leerders wat aan die 2014-toneelkompetisie deelgeneem het, gekies om saam met vier professionele akteurs in die tweede verhoogproduksie van Vaselinetjie op te tree. Shirley Ellis behartig die regie. Die stuk debuteer volgende jaar by die Stellenbosch Woordfees en sal daarna ook by Kunstekaap opgevoer word. kykNET, RSG en die Woordfees ondersteun hierdie projek.

Vaselinetjie, uitgegee in 2004, het ook in 2009 in Engels as My name is Vaselintjie verskyn en is tans voorgeskryf in Wes-Kaapse skole. Die boek is onder meer met die Rapport/Jan Rabie-prys, die M-Netprys en die ATKV-prys bekroon.

– Anoeschka von Meck –

The post Vaselinetjie binnekort ’n fliek appeared first on rooi rose.

Botox, Barbies en Bietse: Episode 45
Tamatiesop

Vroegoggend lui Liesl se sel. Dis Emily.

“Wanneer kom jy eendag huis toe? Of het jy ’n Argentyn beet?”

Liesl lag deur die slaap. “Natuurlik het ek ’n Argentyn beet, sy naam is Augostin. Lank, smeulend, grys teen die slape. Hy tango soos ’n droom.”

“Jy speel! Tango julle net?” Liesl kan hoor haar vriendin is effe geskok.

“Ek is elke aand in Augostin se arms. Hemels.” Sy noem nie dat sy in die Argentyn se arms net visioene van skuurdanse sien nie.

“Vertel meer? Jy het tog nie … Liesl!”

“Nee, Em, ek het nie … Maar wat keer my?”

Liesl hoor ’n snak na asem wat oor die internasionale lyne eggo. “Siektes! Jy gaan siektes optel!”

“Van tango?”

“Liesbet! Jy gaan nie vir jou laat waks nie gehoor?”

Liesl kan aan die benoudheid en skok in Emily se stem hoor sy het die speletjie te ver geneem.

“Ontspan jong! Augostin is my dansinstrukteur. Hy het neus- en oorhare wat welig groei. Sy asem ruik na ou pyptwak en knoffel, en hy het ’n vrou en ’n spul kinders!”

Emily se fluit van verligting stuur nog eggoseine.

“Is daar geen talent in Suid-Amerika nie? Buiten die wie se neushare mens moet trim voor jy hulle kan soen?”

“Natuurlik is hier, maar jy het seker vergeet hoekom ek hier is. Om van mans te vergeet!”

“Ag, Liesbet, jy neem jou ontsteltenis oor Harry te ver. Hy was seker bietjie jaloers en toe …”

“Ja, en toe spring beledigings uit sy mond!”

Liesl vererg haar oor Emily wat na elke sin in ’n lagbui verval.

“Maar hy het jou darem gesoen om te sê hy is jammer. Jy beter terugkom. Roxy sê daardie Spaanse joernalis hou haar baas besig. Sy skryf glo ’n hele reeks artikels oor renosterstropers. Gaan nog maande in die land wees.”

Liesl sluk aan die knop in haar keel. Harry is nes alle mans. Hardloop agter die eerste sexy vrou aan. Sy het so gehoop hy is anders. Nee wat, besluit sy opnuut, sy gaan nooit weer ’n man vertrou nie.

“Terwyl ons nou van daardie tweegesig jakkals van ’n vriend van jou praat, ek gaan Vrydagaand saam met ’n groep mense wat ek by die tangoklasse ontmoet het by Sin Rumbo, dans. Jy onthou mos die plek waarheen Harry my kamma sou neem om te gaan tango? Laat weet hom ek gaan soontoe. Sonder hom. En, ek gaan myself geniet. Ek hoop hy geniet sy godin.”

“Catalina …”

“Huh?”

“Haar naam is Catalina. Harry se Spaanse godin.”

“Het sy al sy spul honde gesien? Weet sy hulle regeer sy lewe?”

“Die vrou skryf vir natuurtydskrifte. Ek glo sy hou van honde.”

“Ons mors nou onnodige foongeld op Harry en sy flerrie.”

“Flerrie? Ons het geen bewyse dat sy een is nie. Roxy se sy is nogal gaaf.”

Om die aandag van Harry se Spaanse joernalis af te lei, stuur Liesl die gesprek in die koers van haar besoeke aan teaters en museums.

“Ek het vir my die sexste klewende rooi rok gekoop vir ons aand by Sin Rumbo. Die rug is so lag gesny dit wys byna my jis se cleavage. Ek sal vir jou foto’s stuur. Ek moet net plan maak met my hare. Dit groei soos bossies en staan weer in ’n ontembare boskaas, maar ek het die mooiste haarknippe hier gekoop. Vintage voorkoms. Jy sal ook daarvan hou.”

Die volgende dae stap Liesl vir oulaas deur die stad. Sy sit ure en dagdroom in koffiewinkels en dwaal deur kunsgalerye .

’n Sms skok haar tot stilstand.

“Geniet Sin Rumbo.” Net dit. Sy staar na die sender se naam: Harry.

Emily is ’n verraaier! Hoe kan sy agter haar rug met Harry praat! Sy weier om aan haarself te beken dat haar hart bokspring oor die sms. Maar sy vermaan haarself: “Jy het pas jou voete blase gestap op die Inka-roete om die arrogante man uit jou kop te kry! Ruk jouself reg!”

Die immerteenwoordige koggelstemmetjie agter in haar kop herinner haar dat Harry dalk net met haar gevoelens speel. Hy is immers druk besig met daardie Catalina vroumens.

Sy kyk rond in die besige koffiewinkel. Dis asof daar vandag net verliefde paartjies om haar is om haar te teister. Daar is net een ander mens alleen by ’n tafel. Die man lees koerant, maar haar starende blik moes sy aandag getrek het. Hy kyk op en glimlag. Liesl bloos soos ’n koolmeisie. Sy maak of sy vir iemand agter hom waai ’n gooi selfbewus nog twee lepels suiker in haar reeds soet koffie.

Na ’n ruk voel sy weer die man se oë op haar, maar sy hou haar besig met haar sketsboek.

Toe sy seker is sy het hom afgeskrik, betaal sy haar rekening en probeer so ongemerk moontlik by die koffiewinkel uitglip.

By ’n boekwinkel raak sy verlore tussen die kunsboeke. Hoewel sy nie lus is dat haar vakansie ten einde moet loop nie, kan sy nie wag om terug te gaan Suid-Afrika toe om weer te begin skilder nie. Sy koop teen haar beterwete ’n paar boeke en troos haar sy kan dit vir haarself versend. Haar bagasie gaan reeds die gewigslimiet oorskry.

’n Klein bistro trek haar aandag. Hoe meer sy stap hoe meer knaag die honger. Tussen die boeke wat sy gekoop het, is juis ’n paar resepteboeke. Die speserye en kruie wat sy op die bustoer op klein dorpies gekoop het, sal ook saam met die boeke gepos moet word want dit weeg al ’n ton.

Sy soek ’n tafeltjie in ’n hoek waar sy die mense kan dophou. Dis laatmiddag en die aromas en musiek lok hongeriges uit die straat. Sy voel trots op haarself dat sy die kitaarmusiek van Eduardo Falu herken. Sy het dit op aanbeveling van ’n taxibestuurder gekoop.

Die paartjie langs haar smul aan ’n geurige somersop en varsgebakte brood. Dis wat sy nodig het, besluit sy. Koesterkos.

Die kelner sê die sop se naam is Salmorejo, ’n verkilde Spaanse sop.

Terwyl sy die brood in hompe breek en in die dik tamatiesop doop, dink sy oor hoe gesteld Konrad op tafelmaniere was. Hy sou die stuipe gekry het as hy sien hoe lustig sy eet.

“Ek sien jy geniet my Salmorejo?”

Sy sien eers die sjefsvoorskoot en kyk dan op, vas in die oë van die man wat sy in die koffiewinkel probeer afskud het.

“E … dit was heerlik. Watter speserye en geurmiddels gebruik jy?” Sy probeer nie wys sy is ontsenu nie. Die man trek ’n stoel uit en maak homself tuis aan haar tafel. Hy steek sy hand uit.

“Guido Aromo. Baas van die bistro.”

Sy neem sy hand. “Liesl, honger toeris.”

Sy is dankbaar oor al die resepteboeke wat sy gekoop het en al die Argentynse geregte wat sy beproef het. Dit gee haar iets om oor te praat. Guido bestel nog wyn en sy verstom haar hoe gemaklik hy net aangeneem het hy mag maar haar tafel deel.

“Kom ek gaan wys jou hoe om Chimichurri, ons Argentyne se geheime marinade vir braaivleis te maak. Julle Suid-Afrikaners braai mos ook graag?” Hy neem haar hand en sleep haar kombuis toe.

Guido is ’n aantreklike man, korterig, maar lenig. Glad nie die lyf van ’n sjef nie. Hy het sy lewe lank ’n passie vir kos gehad en ’n paar jaar gelede uit sy pos as rekenmeester by ’n top firma bedank om die klein bistro oop te maak. Mevrou Aromo, kan Liesl aflei, was nie lus om na die welvarende lewe van ’n rekenmeestersvrou ’n voorskoot in ’n bistro te dra nie en toe kry sy vir haar ’n ander rekenmeester.

Sy verkyk haar aan die vaardigheid waarmee hy die uie en knoffel opkap en die oorgawe waarmee hy cilantro, tiemie, oreganum en komyn byvoeg en met asyn, olyfolie en suurlemoensap meng.

“Proe.” Hy hou sy een hand sag onder haar ken en die ander een bring ’n lepel nader.

Sy kom gou agter hy is nie geïnteresseerd om haar te verlei nie. Hy is net ’n warm, vriendelike man wat geselskap soek.

“Jou beurt,” kondig hy aan. “Wys my een van jou kookgeheime.”

Al waaraan sy kan dink, is haar ma se mayonnaise-resep wat onfeilbaar is. Sy kan nie glo hoe op haar gemak sy voel terwyl die man haar dophou nie. Sy stuur ’n skietgebed van dankbaarheid op as sy die perfekte mayonnaise na hom uithou.

“Ongelooflik! Ek kon sommer sien jy is ’n vrou wat ’n goeie bord kos kan geniet. Eendag, as ek Suid-Afrika besoek, moet jy vir my egte Suid-Afrikaanse kos maak? Maar môre, neem ek jou op ’n kostoer deur die stad. Ek wil hê jy moet die kos proe wat gewone Argentyne eet. Nie die kos wat toeriste-restaurants aan julle opdis nie.”

Dis al kort voor middernag en dis lang kosgesprekke later voor Guido aanbied om haar na haar hotel te neem. Hy wil niks hoor van ’n taxi nie. ’n Benoudheid pak Liesl as hy haar na sy vervoermiddel neem. ’n Allemintige motorfiets. Sy het nog altyd ’n fobie oor motorfietse en spoed gehad en sien visioene van hoe sterf sy teen ’n hoe spoed hier in die vreemde.

Guido pas die valhelm om haar woeste krulle en sy is skielik baie spyt oor die dun linnerok wat sy aanhet, maar as die Argentynse sjef daarvan bewus is, maak hy hoflik of hy dit nie sien nie. Die rokkie trek tot ver teen haar bobeen op as sy haar been oor die saal swaai asof dit iets is wat sy elke dag doen.

Die fiets brul en dreun onder haar en sy besef die ligte greep om Guido se maag gaan nie die ding doen nie. Hulle is skaars om die eerste draai of sy vat vir hom in ’n staalklem vas want sy weet haar lewe hang letterlik daarvan af.

Die eerste paar minute bid sy vir die vergifnis van al haar sonde, maar dan begin die gedreun haar vreemd genoeg rustig maak. Sy voel die ysige nagwind teen haar kaal bobene en voel hoe die slierte hare wat onder die helm uitsteek wapper. Haar kop rus teen die rug van die man wie sy ure gelede nog nie geken het nie. Sy besef teen haar beterwete dat die oomblik onvergeetlik is. Dat dit iets is wat die ou voorstedelike Liesl nooit sou gedoen het nie.

Teen die tyd wat Guido voor haar hotel stilhou, moet sy haar lippe toeknyp want sy wil hom vra om nog ’n paar draaie te ry. Sy kan skielik nie genoeg kry van die dreuning van die kragtige enjin onder haar nie.

In haar kamer neem sy ’n stort en gaan staan in haar nagrok op die balkon. Sy asem behaaglik in en kyk op na die sterre.

Ek gaan oukei wees, sê sy hardop vir haarself.

The post Botox, Barbies en Bietse: Episode 45 appeared first on rooi rose.