kuns & vermaak | rooi rose

Power of Poison Expo by V&A Waterfont
Wat The Power of Poison Expo

Waar Watershed, V & A Waterfront, Kaapstad (Dit is reg langs die Akwarium)

Wanneer 4 April – 24 Junie 2016

Tyd 9.00-19.00

Kaartjies R85-R140 per persoon

Koop dit hier Jy kan jou kaartjies daar kry, of vooraf by Webtickets koop.

Hoe lank Sowat twee uur is voldoende

Naaste parkering Portswood Parkeergarage

Ekspo-webwerf  http://www.exporsa.co.za

Die Power of Poison Expo is soveel meer genotvol as jy jouself van die begin af behoorlik inleef.

As jy instap, spandeer ’n tydjie voor die yslike giftige slang wat jou vanuit sy glaskas kil aanstaar. Dink jou in hoe dit sou wees as ’n Gilla-draak twintig meter hoog was, en nie net twintig sentimeter nie. Verbeel jou jy voel hoe harige spinnekoppe oor jou voorarm wriemel. Voor jy deur die swart gordyne stap, moet jy weet jy is in vir ’n ding!

Elke uitstalling by die Power of Poison Expo is heerlik interaktief en vol kinkels. Soos jy deurstap, skakel jy grootskerm-lesings aan, waar kenners jou met interessanthede inlig. Liggies flikker om jou aandag te trek, en oral waar die mense koek is iets interessant aan die gang.

Ons tien gunstelinge by die Power of Poison Expo

Hierdie paar foto’s kan jou net lus maak!

1. Om al vyf goue miniatuur gifpaddatjies op te spoor wat elkeen in staat is om tien tot twintig mense te dood, of 10 000 muise.

2. Hoekom wurms dood neerval as hulle grenadellas probeer eet terwyl jy niks oorkom nie.

3. ’n Regte towerboek. Jou tegnokind sal gou-gou uitwerk hoe op aarde dit gedoen is, terwyl jou dramakind verwonderd sal wees oor die storie wat verskyn soos jy omblaai en op sekere plekke druk.

4. Hoekom Sneeuwitjie se stiefma self aan die appel kon hap en nie ook dood is nie – en ander taktiek wat gifmoordenaars gebruik om hul slagoffers te oortuig dat die vergifte kos veilig is.

5. Dat daar nikotien in groenrissies is … wat jou weer laat nadink oor die veiligheid van e-sigarette.

6. Watter slang Cleopatra uitgekies het om haar dood te pik en waarom die Britte sê Napoleon het homself vergiftig, nié die Britte wat hom op St Helena gevange gehou het nie.

7. Nero se amptelik ’n vergiftiger wie se taak dit was om sy vyande uit te skakel.

8. Die interaktiewe uitstallings wat jou leidrade gee sodat jy self forensiese speurder kan speel en uitpluis wat het wie vergiftig.

9. Waarom slange nie giftig is nie.

10. En laastens …. daar is ’n bietjie gif in elke blokkie sjokolade …

Wenke vir ’n selfs lekkerder uitstappie

• Vra gerus die gidse om die storie agter elke uitstalling te vertel. (Ons gunstelinggids was Tichina, ’n student wie se droom dit is om in toksikologie tydens swangerskap te spesialiseer.)

• Aan die einde van die uitstalling is daar ’n winkeltjie met allerlei aandenkings vir daardie verpligte ‘Ek was daar’ T-hemp, asook ander interessanthede.

• Onthou die Power of Poison-uitstalling is versprei oor twee vloere. Die einde van die eerste saal is nie die einde nie. Stap by die trappe af en geniet die tweede vertoonlokaal.

• Gaan neem foto’s by ons vier Nobel-pryswenners. Jy is dalk langer as enigeen van hulle!

• As jy oor die kaai leun en na die droogdok in die rigting van die seilboothawe kyk, sal jy waarskynlik ’n paar van die Waterfront se logge ou robbe (en moontlik selfs ’n paar slanke jong robdames) in die son sien baai.

• Eet iets by die mark langsaan. Dit is gerieflik naby en daar is heerlike geregte soos tradisionele sosaties en soesji. Sit buite op die kaai en eet, en kyk hoe die wêreld verbygaan.

The post Power of Poison Expo by V&A Waterfont appeared first on rooi rose.

Nuwe fliek: Hollywood in my huis
“Soms moet jy net aanvaar dat jou familie en almal om jou eintlik jou Hollywood is …” Met hierdie boodskap maak die fliek, Hollywood in my huis, gereed om eersdaags in teaters landswyd te open.

Hierdie romantiese komedie het op 31 Augustus 2014 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai aandag getrek en met drie toekennings weggestap: a) Kenners se keuse b) Gehoor-gunsteling en c) Gehoor-gunsteling aktrise (Christia Visser).

Hollywood in my huis vertel die storie van ’n doodgewone matriek-meisie, Jana van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend en sy ouma, wat aan die verkeerde kant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos en haar ma bedryf ’n skoonheidsalon vanuit ’n karavaan in die voorplaas.

Die volwassenes se drome is verpletter, tog styg Jana se drome vêr bo haar beskeie omstandighede uit. Dit is 2004 en haar matriekafskeid is om die draai. Wanneer sy op televisie sien hoe Charlize Theron die Oscar wen besluit sy daar en dan om haar matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet” glansgeleentheid te omskep.  ’n Besluit wat haar voor moeilike keuses te staan bring en forseer om met die werklikheid van die lewe kennis te maak. Sy is heimlik verlief op Brandon (Viljé Martiz) – die skool se hartebreker en tenniskampioen – en is vasbeslote om hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, selfs al het hy pas met die skool se populêrste meisie, Angelique (Leandie du Randt) uitgemaak. Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eens agter dat haar beste vriend, Frikkie, sy gevoelens vir haar probeer wys nie …

Hollywood in my huis tref die plaaslike silwerdoek op 26 Junie 2015. Kyk hier na die lokprent:

The post Nuwe fliek: Hollywood in my huis appeared first on rooi rose.

Onderhoud: Les Javan
Waaroor gaan die storie?
Die storie speel hom op ’n Karoodorpie af en handel oor die doen en late van die mense wat daar bly. Mense trek om verskillende redes platteland toe en een familie het ’n pynlike geheim wat mettertyd uitkom.

Hoe het jy in die wêreld van musiek beland?
Ek het van kleins af klanke en musiek oral om my gehoor, soos hoe die wind deur bome met blare waai, bome sonder blare, deur die gras … Daar is ’n groot verskil. Ek het gesien ander mense bespeel instrumente en het besluit om die goed uit my kop te kry moet ek ’n instrument leer speel. Bekfluitjie was eerste, toe volg die res.

’n Bietjie persoonlike agtergrond?
Ek is op Kraaifontein gebore en van twee weke oud het ek  tussen families op die Weskus geswerf. Op Oom Chrisjan se plaas, naby Piketberg, het ek van die natuur geleer en ook hoe om ’n skaap te slag. Ek het ook in die Wes-Kaap en Karoo gebly, maar ek beskou myself as ’n “Weskus-klong”.

Wat is jou lewensmotto?
Wanneer ons die manier verander waarop ons na die lewe kyk, verander die lewe waarna ons kyk.

Is daar nog ’n CD op pad? Ek het jou lief was pragtig!
Ons gaan teen die middel van die jaar ’n klankbaan-CD vir Vlug na Egipte uitreik. Ek is ook besig om nog ’n Afrikaanse album op te neem, ’n Engelse album gaan die lig sien, asook ’n meer eklektiese jazz-CD.

The post Onderhoud: Les Javan appeared first on rooi rose.

Unisa Nasionale Klavierkompetisie 2015
Die Vyfde Unisa Nasionale Klavierkompetisie gaan vanjaar ’n nuwe Jazz-kategorie hê wat gelyktydig met die Klassieke kategorie aangebied word.

Dit vind van 11 tot 18 Julie 2015 plaas in die Z K Matthews-Grootsaal op Unisa se Muckleneuk-kampus in Pretoria.

Die kompetisie, geborg deur Unisa, is bekend vir die hoë vlak van tegniek, stamina, musikaliteit en fokus wat dit van die jong pianiste verg. Altesaam R190 000 se pryse dien as aansporing vir die kandidate om in te skryf. Die rondtes is oop vir die publiek en beloof om weereens ’n hoogtepunt op die musikale kalender in Pretoria te wees.

Van die land se mees gerespekteerde pianiste en klavierpedagoë gaan op twee panele dien: Ruth Goveia, Malcolm Nay, Elna van der Merwe en Wessel van Wyk vir die Klassieke kategorie en Neil Gonsalves, Paul Hanmer, Roland Moses en Andre Petersen vir die Jazz kategorie. Prof Karendra Devroop, Adjunkdirekteur van die Unisa Musiekstigting sal op beide panele dien.

Die vorige wenners van die Unisa Nasionale Klavierkompetisie is Mark Nixon (1999), Ben Schoeman (2003), Johan Botes (2007) en Jan Hugo (2011).

Senior klavierstudente, 28 jaar en jonger, word uitgenooi om hulle inskrywings voor of op 27 Februarie na die Unisa Musiekstigting te stuur. Die reëls, regulasies en inskrywingsvorm is beskikbaar op die webtuiste van die Unisa Musiekstigting: www.unisa.ac.za/musicfoundation

The post Unisa Nasionale Klavierkompetisie 2015 appeared first on rooi rose.

SPUD sprei sy vlerke
Terwyl sommige tieners grasieus deur adolessensie stap, steier Spud Milton daardeur. Suid-Afrika se mees geliefde tiener is terug en hierdie keer is daar geen einde aan die waansin waarin hy en sy vriende betrokke raak nie. Die langverwagte Spud 3 Learning To Fly sal van 28 November in teaters draai en beloof weer om kykers ‘n voorry-sitplek te gee in die soms belaglike wêreld van ’n tiener.

Na die wêreldwye sukses van Spud en Spud 2 volg Spud 3 Learning To Fly met ’n blik op die nimmer vervelige lewe van John ‘Spud’ Milton deur sy swewing op die wieke van die liefde, sy pogings om Shakespeare te bemeester, sy worstelinge met sy spanmaats, ‘die Crazy 8’, sy vreemde ouers, God en die krag van negatiewe denke.

Dit is in die hartjie van Kaapstad geskiet en spog met plaaslike en internasionale sterre soos John Gleese. Dit is gebaseer op die top verkoper roman deur die Durbanse skrywer, akteur, dramaturg en regisseur John van de Ruit.

Troye Sivan hervat sy rol as ‘Spud’. Die rol het hom ‘n internasionale ster gemaak met meer as 2,7 miljoen intekenare op sy YouTube-kanaal en net onder twee miljoen Twitter volgelinge. Billboard beskou Troye saam met Justin Bieber as van die warmste sterre onder die ouderdom van 21.

Wêreldbekende Suid-Afrikaanse YouTuber Caspar Lee maak sy debuut in die rol van praatsieke ‘Garlic’ uit Malawi. Aaron McIlroy en Julie Summers speel Spud se pa en ma.

Meer as 200 000 eksemplare is van die roman Spud verkoop en dit het ’n geskatte leserstal van meer as 600 000 in Suid-Afrika alleen. Die opvolger Spud The Madness Continues het reeds verkope na 140 000 eksemplare laat styg in Suid-Afrika. Die derde boek Spud Learning to Fly, het 77 000 eksemplare in die eerste twee weke verkoop. Die vierde en finale boek Spud Exit Pursued By A Bear is in 2012 vrygestel.

Maak nou al ’n aantekening in jou dagboek as jy nie die nuutste Spud rolprenttreffer vanaf 28 November 2014 wil misloop nie.

The post SPUD sprei sy vlerke appeared first on rooi rose.