kyknet | rooi rose

Char Carrie oor die ABC van Suidooster se AWZ-liefdesdriehoek
Verskaf deur kykNET

Kykers van kykNET se gewilde sepie Suidooster is al maande lank verdeeld oor een van die reeks se mees emosioneel gelaaide storielyne: die ingewikkelde liefdesdriehoek tussen Angie (Char Carrie), Wade (Dean Smith) en Zoë (Lauren Joseph).

Zoë het onlangs weer haar verhouding met Wade beëindig, ’n stap wat die toekoms van hul romanse onseker laat. Tussendeur is hy onvermydelik verbonde aan Angie wat hul kind verwag.  Die swangerskap is juis die oorsaak van baie spanning. Hulle moet jaloesie, onsekerheid en die werklikheid probeer verwerk dat Angie altyd ’n belangrike deel van Wade se lewe sal wees.

Angie en Wade. Foto: Verskaf

Carrie sê haar karakter se gevoelens vir Wade kan nie sommer net in die niet verdwyn omdat hul romantiese verhouding tot ’n einde gekom het nie.

“Ek dink Angie sal altyd baie lief wees vir Wade. Hulle het soveel saam deurgemaak en hy was ’n belangrike deel van haar lewe,” sê sy. “In hierdie stadium begin sy egter aanvaar dat Wade se geluk dalk nie by haar lê nie. Sy weet hoe sterk hy oor Zoë voel en sy besef ook dat sy hom nie kan dwing om haar lief te hê soos wat sy graag sou wou hê nie.” Hierdie aanvaarding is veral pynlik vir Angie, veral omdat sy Wade se kind verwag. Terwyl die meeste mense ná ’n verhouding afstand van ’n eks kan skep, sal Angie en Wade deur hul ouerskap aan mekaar verbind bly.

Char glo nie Angie het reeds heeltemal aanbeweeg nie. “Sy probeer, maar genesing gebeur nie oornag nie. Sy verwerk steeds die mislukking van hul verhouding, die verwerping en alles wat sedertdien gebeur het.” Die swangerskap beteken ook dat Angie ook nie eenvoudig vir Wade uit haar lewe kan verwyder of vermy nie. Dan moet sy boonop ook sy gevoelens vir Zoë in die oë kyk. “Hy sal deel van haar lewe bly omdat hulle saam ’n kind gaan grootmaak. Dit maak dit vir haar baie moeiliker om haar emosioneel te distansieer en aan te beweeg.”

Char glo Angie se bereidwilligheid om Wade se gevoelens vir Zoë te erken, wys hoeveel haar karakter gegroei het. “Die feit dat sy Wade aangemoedig het om vir Zoë te veg, wys geweldige groei. Sy wil hê haar kind moet ’n gelukkige pa hê en sy verstaan dat Zoë hom gelukkig maak. “Dit beteken nie noodwendig Angie is nie meer lief vir hom nie. Dit beteken bloot sy probeer sy geluk en hul kind se welstand bo haar eie gevoelens stel.”

Angie en Zoe. Foto: Verskaf

’n Storielyn met talle emosionele lae

Vir Char maak die kompleksiteit van die storielyn dit besonder bevredigend om te vertolk.

Angie worstel met hartseer, swangerskap, jaloesie en die vooruitsig om ’n kind groot te maak saam met ’n man wie se hart by iemand anders lê. Soms kom sy sterk en onafhanklik voor, terwyl haar kwesbaarheid op ander tye duidelik na vore kom. “Ek geniet dit dat daar soveel verskillende emosionele lae is om te verken,” sê Char.

“Dit is wonderlik om as akteur materiaal te kry wat jou uitdaag en jou die geleentheid bied om so ’n wye emosionele spektrum te verken.”

Angie neem nie altyd besluite wat kykers sal verstaan of ondersteun nie, maar Char glo dit is belangrik dat sy elke toneel vanuit haar karakter se oogpunt moet benader. “Kykers stem dalk nie altyd met haar gedrag saam nie, maar dit is my verantwoordelikheid om te verstaan waarom sy optree soos wat sy doen. “Selfs wanneer haar optrede onredelik voorkom, spruit dit gewoonlik uit seerkry, vrees of ’n begeerte om haarself en haar baba te beskerm.”

Kykers is sterk verdeeld

Die Angie-Wade-Zoë-storielyn het baie sterk reaksie onder Suidooster-aanhangers ontlok.

“Mense vra my dikwels of Angie en Wade weer bymekaar gaan uitkom, of hulle sê baie beslis vir my saam met wie hulle dink Wade behoort te wees,” sê sy. “Sommige kykers is heeltemal aan Angie se kant, terwyl ander weer vir Wade en Zoë ondersteun. Ek geniet dit om al die verskillende menings te hoor, want dit wys hoe betrokke mense by die karakters en die storielyn is. Hulle voel asof hulle die karakters persoonlik ken.”

Char bly tjoepstil oor die moontlikheid dat Angie en Wade se verhouding dalk eendag weer vlam kan vat. “Ek sou sê kykers sal maar moet aanhou kyk. Ek kan natuurlik nie verklap wat gaan gebeur nie, en in ’n sepie kan dinge baie vinnig verander.”

Wat wel seker is, is dat Angie en Wade se gedeelde geskiedenis – en hul kind – sal toesien dat hulle tot in die verre toekoms aan mekaar verbind gaan bly. “Of daardie verbintenis weer romanties gaan raak, is natuurlik ’n ope vraag,” sê sy. “Persoonlik wil ek hê Angie moet geluk vind. Die maak nie saak of sy daardie geluk by Wade of iemand anders gaan vind nie, ek wil net graag sien dat sy ’n punt bereik waar sy veilig, geliefd en gekose voel.”

Waarom die driehoek by kykers aanklank vind

Char glo die storielyn het so ’n sterk indruk gemaak omdat kykers die verhoudings tussen Angie, Wade en Zoë oor ’n lang tydperk sien ontwikkel het.

Daar is ook nie ’n duidelike skurk in die verhaal of ’n maklike oplossing vir die situasie nie. “Elkeen van die karakters het seergekry, elkeen het foute gemaak en hulle almal glo hulle veg vir iets wat belangrik is. Daar is nie ’n eenvoudige uitkoms waarin almal gelukkig daarvan gaan afkom nie.”

Char is oortuig dat dit juis hierdie emosionele kompleksiteit is wat die storielyn so herkenbaar maak. “Liefde kan ingewikkeld wees. Mense kan gevoelens vir meer as een persoon hê en dit is nie altyd so maklik om aan te beweeg as wat dit van buite lyk nie. “Dit is waarskynlik hierdie emosionele deurmekaarspul wat die storielyn so eg laat voel – en wat kykers aan die praat hou.”

Lees ook: Komplekse verhouding van twee vroue belig in Kortfilm ‘As ek kon kies’

The post Char Carrie oor die ABC van Suidooster se AWZ-liefdesdriehoek appeared first on rooi rose.

Erns deurkruis Viëtnam in nuwe Elders
Verskaf deur kykNET

Is Viëtnam op jou emmerskoplys? Indien nie, mag jy dit dalk vinnig heel bo insluit wanneer die nuwe en agste seisoen van die gewilde reis- en leefstylreeks Elders op Sondag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin uitsaai.

In die splinternuwe Elders: Viëtnam verken die stapper en skrywer Erns Grundling hierdie fassinerende land in Suidoos-Asië tydens ’n epiese reis van noord na suid.

Erns Grundling – Halong Bay. Foto: Willem van den Heever

“Ek het besluit dit is tyd om ’n nuwe, byna wildvreemde land vir die eerste keer te besoek,” vertel Erns. “Viëtnam fassineer my al van kleins af en ek hoop die nuwe seisoen is ’n uitnodiging aan kykers om self die land se natuurskoon, ryk geskiedenis, vriendelike mense en smullekker kos te ervaar.”

Die aksie skop af in die hoofstad, Hanoi, en beweeg dan met ’n wye draai verder noord na plekke soos Sa Pa (naby Fansipan, die hoogste berg in Indochina) en selfs tot by die grens van China. Ikoniese bestemmings soos Ha Long Bay (met letterlik duisende eilandjies) en Ninh Binh (jy het hierdie betowerende landskap dalk al in ’n King Kong-fliek gesien) is volgende aan die beurt. Ander hoogtepunte sluit in Phong Nha se magiese grotte, die Amerikaanse weermagbasis Khe Sanh en natuurlik die bekende en energieke stad Ho Chi Minh City (vroeër bekend as Saigon) in die suide van die land.

Elders: Viëtnam word vervaardig deur Bonanza Productions en is in September en Oktober verlede jaar verfilm. “Ons was veertig dae weg van die huis en ek het my vrou Catharien en tweelingseuntjies André Jakkals en Henry Wolf vreeslik gemis,” sê Erns. “Maar dit bly ’n enorme voorreg om my passie vir reis en stories vertel met Elders te kan uitleef en te kan werk met ’n fantastiese kameraspan.”

Vietnam Spanfoto – Mekong Delta

Erns gee wel toe dit was een van die mees uitdagende projekte nog. “Viëtnam het ’n komplekse en gedugte burokrasie en ons moes bontstaan met filmpermitte en toestemming.”

Nóg ’n groot bate vir die reeks was die toevoeging van Jurgie Schoeman, ’n Suid-Afrikaner wat in Viëtnam woon en werk, tot die span. “Jurgie woon al meer as vyf jaar in Viëtnam, het sy eie toerbesigheid, Navigator Vietnam, en praat basies vlot Viëtnamees. Sy hulp en lekker menswees tydens die lang skietperiode was van onskatbare waarde,” vertel Erns.

Regisseur en mede-veraardiger Frankie Opperman, wat al sedert 2020 by Elders betrokke is, meen dit was ’n groot voorreg om deur Viëtnam te kon reis. “Die mense, kos en kultuur was iets uit ’n ander wêreld uit,” sê hy. “Ons sien geweldig baie uit om hierdie unieke land met kykers te deel en hulle hopelik te inspireer om hulle gemaksone te groet en Viëtnam self te gaan geniet.”

En Erns se (alleen) snor? Daarvoor sal kykers moet wag tot die laaste episode. Wat in ou Saigon gebeur, bly duidelik nie net in ou Saigon nie…

Vietnam Spanfoto – berg Fansipan. Foto: Willem van den Heever

Elders: Viëtnam word vanaf Sondag 19 Julie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: ‘Die Wynmeester’: Tweede seisoen is hier met gesondheid in die rondheid!

The post Erns deurkruis Viëtnam in nuwe Elders appeared first on rooi rose.

Silwerskermfees bied voorsmaak van opwindende nuwe TV-reekse
Verskaf deur kykNET

Die loodsepisodes van ’n opwindende dramareeks gebaseer op Deon Meyer se Blood Safari, in samewerking met MultiChoice, ’n Canal+-maatskappy en ITV Studios, en die eksklusiewe wêreldpremière van die tweede seisoen van Spinners, ’n ko-produksie van MultiChoice in samewerking met StudioCanal, asook drie Afrikaanse dokumentêre reekse bied ’n blik op die uiteenlopende TV-inhoud waarna DStv-intekenare kan uitsien.

M-Net se Invisible, met Jozua Malherbe as regisseur, beloof spanning soos min met ’n verhaal gebaseer op Deon Meyer se Blood Safari, met ’n sterbelaaide rolverdeling gelei deur die Australiese aktrise Abbie Cornish (Limitless, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri) en die Skotse akteur Dougray Scott (The Hack, The Crow Girl), asook plaaslike akteurs soos Tim Theron (Trackers, Heart of the Hunter), Tumisho Masha (Isibaya, Silverton Siege), Frank Rautenbach (Summertide, Beter as Gister), Kim Engelbrecht (Reyka, Dominion), Chi Mhende (Generations: The Legacy, Queen Sono) en Siv Ngesi (The Woman King, Unseen).

Die bekroonde Suid-Afrikaanse reeks Spinners sal ook sy tweede seisoen by die fees bekendstel. Die reeks, ’n ko-produksie van StudioCanal en MultiChoice, is geskep en bestuur deur Benjamin Hoffman, geregisseer deur Jaco Bouwer en geskryf deur Matthew Jankes en Sean Steinberg. Die vervaardigers is Joachim Landau (vir Federation Middle East, Africa and Caribbean) en Ramadan Suleman (vir Natives at Large).

Die Underdogs het intussen groot sterre in die spinning-wêreld geword en geniet ’n nuwe lewe in Johannesburg. Ethan (Cantona James) besef egter gou dat hy nie van sy verlede kan wegkom nie. Wanneer Hercules hom vir een laaste taak nodig het, word hy weer ingetrek. Terselfdertyd bots hy met die grootste misdaadfamilie in Soweto wanneer hul moeilike seun, Sayi, sy grootste teenstander op die spinning-baan word.

Vir kykNET word drie baie uiteenlopende onderwerpe getakel wat belangrike gesprekke gaan aanwakker. Die Bom lig die sluier op Suid-Afrika se destydse kernwapenprogram; vroue se stryd met menopouse kom onder die loep in Meer as warm gloede; en Tweespalt stel ondersoek in na die verdeelde rugbygehore – die ondersteuners van die Springbokke versus die All Blacks.

Invisible

‘Invisible’ se promosie-foto. Foto: Verskaf

Wanneer die Londense skakelwese-konsultant Emma le Roux ’n desperate oproep ontvang van haar broer wat dekades tevore verdwyn het, keer sy terug na Suid-Afrika. Sy word ingetrek in ’n dodelike sameswering rondom wildstropery, politieke korrupsie en die geheimsinnige dood van ’n Mosambiekse presidentskandidaat. Met die hulp van haar lyfwag, Martin Dekker, en polisiespeurder kol. Jack Phatudi begin Emma ’n netwerk van mag, geweld en geheime in die Laeveld ontbloot – geheime wat al meer as twintig jaar begrawe lê.

Dit is geskoei op die spanningsriller Blood Safari van Deon Meyer, ’n meesterstorieverteller wat ook bekend is vir die fyn inkleding van sy karakters.

Regie: Jozua Malherbe

Draaiboek: Deon Meyer, William Schneider, Amy Jephta

Met onder andere: Abbie Cornish, Tim Theron, Tumisho Masha, Dougray Scott, Kim Engelbrecht, Frank Rautenbach, Chi Mhende, Siv Ngesi

Die loodsepisode van Invisible word op Woensdag 19 Augustus by die Silwerskermfees vertoon, en die reeks sal vanaf 14 Oktober op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai word.

Spinners S2

‘Spinners S2’ se promosie-foto. Foto: Verskaf

Die Underdogs het intussen groot sterre in die spinning-wêreld geword en geniet ’n nuwe lewe in Johannesburg. Ethan (Cantona James) besef egter gou dat hy nie van sy verlede kan wegkom nie. Wanneer Hercules hom vir een laaste taak nodig het, word hy weer ingetrek. Terselfdertyd bots hy met die grootste misdaadfamilie in Soweto wanneer hul moeilike seun, Sayi, sy grootste teenstander op die spinning-baan word.

Regie: Jaco Bouwer

Met, onder andere: Cantona James, Braedon Buys, Dillon Windvogel, Nahum Hughes, Chelsea Thomas, Clementine Mosimane, Aphiwe Mkefe, Luyanda Zwane en Mondli Makhoba

Die loodsepisode van Spinners S2 word Vrydag 21 Augustus by die Silwerskermfees vertoon, en die reeks sal vanaf 25 Oktober op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) uitgesaai word.

Die Bom

‘Die Bom’ se promosie-foto. Foto: Verskaf

Die wêreld was nog nooit só naby aan ’n kernoorlog soos nou nie. Die sogenaamde “Doomsday Clock” staan op 85 sekondes voor middernag. Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld wat sy eie kernbomme gebou en toe vrywillig afgetakel het. Die verhaal is een van uiterste geheimhouding, spioenasie, terreur en politieke intrige. Daar word ook gekyk na die land se kernenergie-program die rol van die Koeberg-kernkragsentrale.

Pieter Steyn, ’n joernalis en dokumentêre filmmaker met meer as 20 jaar se ervaring, ondersoek verskeie kwessies in dié reeks. Soos bekommernisse oor Namakwaland, waar Suid-Afrika se kernafval gestort word; vrae rondom radioaktiwiteit wat in Australiese skape opgemerk is en wat van die hoogs verrykte uraan geword het wat in die land se bomme was.

Regie: Pieter Steyn

Met, onder andere: Prof. Jo-Ansie van Wyk, prof. André Buys, prof. Anna-Mart van Wyk, Rodney Wilkinson, Barend du Plessis, Abdul Minty, Mike Kantey, Lydia von Wielligh-Steyn en Riaan Cruywagen

Die loodsepisode van Die Bom word Donderdag 20 Augustus by die Silwerskermfees vertoon, en die reeks sal vanaf Woensdag 23 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Meer as warm gloede

‘Meer as warm gloede’ se promosie-foto. Foto: Verskaf

In die reeks Meer as warm gloede word die stilswye en mites rondom menopouse gebreek. Met Antoinette Louw se persoonlike reis, ontmoet ons Suid-Afrikaanse vroue wat openhartig en eerlik praat oor al die veranderinge: slaappatrone en emosies tot breinfunksie, identiteit, verhoudings en intimiteit. Kenners belig die fisiologiese aspekte van menopouse, en hoewel daar nie een enkele benadering tot of behandeling vir menopouse is nie, bied dit ’n insiggewende blik op die rol van hormone. Daar is raad oor leefstylaanpassings, en met hoop en humor word vroue aangemoedig om hulself te aanvaar.

Regie: Hanneke Schutte

Met, onder andere: Antoinette Louw, Marianne Thamm, Melanie Verwoerd, Elsabé Brits, Lucinda Bosch, Zelda la Grange, dr. Renscha van den Berg, dr. Liana Roodt

Die loodsepisode van Meer as warm gloede word Vrydag 21 Augustus by die Silwerskermfees vertoon, en die reeks sal vanaf Woensdag 9 Desember op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Tweespalt

Tweespalt promosie-foto. Foto: Verskaf

Tweespalt ondersoek een van rugby se grootste wedywerings deur ’n unieke Suid-Afrikaanse lens. Dis ’n verhaal oor die ondersteuners van die Springbokke en die All Blacks, saam op dieselfde bodem, maar nie verenig deur sport nie. Die reeks delf diep in identiteit, lojaliteit, geskiedenis en verdeeldheid. Hoekom ondersteun soveel Suid-Afrikaners die All Blacks met soveel passie? Deur onderhoude met oudspelers, joernaliste en ondersteuners, ontbloot die reeks dekades van spanning gevorm deur apartheid, politiek en persoonlike oortuigings. Deur ikoniese wedstryde en rou persoonlike stories wys dié dokumentêr ’n wedywering wat baie verder strek as wat die telbord weerspieël.

Die reeks is vervaardig deur IdeaCandy.

Regie: Janina Oberholzer

Met, onder andere: Wynand Claassen, Benna October, Breyton Paulse, Victor Matfield, Marco Botha, Heindrich Wyngaard

Die loodsepisode van Tweespalt word Vrydag 21 Augustus by die Silwerskermfees vertoon, en die reeks sal vanaf Woensdag 9 September op kykNET uitgesaai word.

Die 14de kykNET Silwerskermfees word van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Kaartjies vir filmpremières, TV-loodsepisodes, asook die prestigeryke toekenningsgeleentheid op Saterdag 22 Augustus, is beskikbaar by Quicket.

Vir die volledige program, besoek www.silwerskermfees.co.za.

Lees ook: 4 lesse wat ons uit ‘Beter as Gister’ se eerste episode geleer het

The post Silwerskermfees bied voorsmaak van opwindende nuwe TV-reekse appeared first on rooi rose.

4 lesse wat ons uit ‘Beter as Gister’ se eerste episode geleer het
Deur kykNET verskaf

In die eerste episode van Beter as Gister word vier vaders, elk met hul eie uitdagings en bagasie, in die kollig geplaas. Almal staan voor keuses wat nie net hul eie toekoms nie, maar ook dié van hul gesinne kan bepaal.

Ons kyk na vier belangrike lesse uit die eerste episode en bespiegel oor wat moontlik verder in hierdie boeiende dramareeks kan ontvou.

1. Die verlede het ‘n manier om jou weer in te haal

Tariq (Elton Landrew) se lewe neem ‘n dramatiese wending wanneer hy hoor dat sy vervreemde dogter in ‘n tragiese motorongeluk gesterf het. Sy laat haar sewejarige dogter, Katinka (Alexis Newman), agter. Wat begin as verpletterende nuus, skep ook ‘n onverwagte geleentheid vir versoening. Skielik kry Tariq die kans om weer ‘n band te bou met familie wat hy geglo het vir altyd verlore was.

2. Vaderskap vra dikwels opofferings wat niemand raaksien nie

Marco (Neels van Jaarsveld) het sy loopbaan vir ‘n dekade op die agtergrond geplaas om sy kinders groot te maak, terwyl sy vrou, Cecile (Rolanda Marais), haar politieke loopbaan uitgebou het. Noudat die kinders ouer is, probeer hy sy plek in die arbeidsmark herwin, maar die pad terug na professionele sukses is nie sonder uitdagings nie.

3. Vertroue bly die hoeksteen van elke gesin

Eben (Edwin van der Walt) het hard gewerk om vir sy dogter ‘n veilige en stabiele lewe te skep. Sy wêreld word egter omvergewerp wanneer haar biologiese ma na Suid-Afrika terugkeer en weer deel van haar lewe wil wees. Hoewel die moontlikheid van twee betrokke ouers voordelig kan wees, maak ou wonde en onafgehandelde emosies die besluit uiters kompleks.

4. Onopgeloste konflik kan verreikende gevolge hê

Bernard (Frank Rautenbach) lyk asof hy alles het waarvoor ‘n mens kan wens, behalwe vrede by die huis. Sy verhouding met sy tienerseun, Reynard (Sebastian van Niekerk), versleg al hoe meer totdat emosies oorkook. ‘n Gespanne konfrontasie oor Bernard se beweerde verhouding met ‘n kollega lei tot gebeurtenisse wat hul lewens onherroeplik verander. Die episode eindig met ‘n skokkende motorongeluk wat die verloop van hul familie se toekoms kan bepaal.

Wat wag in Episode 2?

Die tweede episode fokus op die emosionele nagevolge van die verwoestende ongeluk. Tariq begin die eerste treë gee om ‘n verhouding met Katinka te bou terwyl Eben worstel met die vraag of hy sy dogter se ma weer in hul lewens moet verwelkom. Marco bly vasberade om sy loopbaan te herbou ondanks teenstand op die tuisfront. Intussen moet Bernard en Reynard die gevolge van hul optrede in die gesig staar.

Kyk Beter as Gister vanaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: Stormagtige tye wag op ‘Suidooster’-kykers

The post 4 lesse wat ons uit ‘Beter as Gister’ se eerste episode geleer het appeared first on rooi rose.

Bennie Fourie en sy broers terug met Die Broer Toer
Deur kykNET verskaf

Drie broers, klassieke motors en die kuns om jouself in die moeilikheid in te bestuur: kykers kan uitsien na Die Broer Toer Dakaroo vanaf Saterdag 4 Julie om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Wat gebeur wanneer drie broers, ’n paar klassieke motors en meer selfvertroue as gesonde verstand bymekaar kom? Jy kry die splinternuwe seisoen van Die Broer Toer. Die Fourie-broers, Bennie, Reynold en Wilbrie, is vasbeslote om die Karoo plat te ry, maar hierdie keer verruil hulle hul motorfietse vir die soort ou motors wat Suid-Afrikaanse kinders van die 70’s en 80’s laat droom het – en wat hul pa’s waarskynlik vandag nog weier om te verkoop.

Oor die loop van 10 opwindende episodes word kykers meegesleur op ’n reis vol onvoorspelbare kinkels, meedoënlose kompetisie en egte Karoo-gasvryheid. Die nuwe roete neem die broers na asemrowende plekke, uitdagende bergpasse en oorstroomde riviere, met die uiteindelike eindbestemming in die magiese Tankwa-Karoo.

Met elke kilometer wag daar nuwe uitdagings, onverwagte karprobleme, twyfelagtige navigasie-besluite en die soort broerlike kompetisie wat gewoonlik eindig met iemand wat sê: ‘Ek het mos vir jou gesê.’  Want ten spyte van al die reise, weet hulle steeds nie wie die beste broer is nie.

Hierdie reis skop af met die broers wat hul klassieke motors op die enigste manier wat hulle ken kies – deur harde kompetisie. Die pad roep, maar onverwagte reën bring gou groot moeilikheid in die gewoonlik droë Karoo. Ná die vloede is die broers gelukkig weer op die pad, waar hulle terugkyk op alles wat sedert die laaste toer gebeur het. Maar nostalgie moet wag wanneer die eerste strawwe van die seisoen uitgedeel word.

Soos die reis dieper die binneland in beweeg, pak die broers een van hul grootste uitdagings nóg aan wanneer hulle met hul klassieke voertuie die Baviaanskloof invaar. Bennie se motor gee egter reeds voor die pas moeilikheid, wat die reis in ’n uiterste kragmeting verander. Ná die Baviaanskloof sit hulle hul reis deur die Oos-Kaap voort, waar nuwe uitdagings opduik soos die kilometers verbyrol, en die kompetisie tussen die broers al hoe meer intens raak.

In Cradock verruil die broers tydelik hul klassieke motors vir perde en trek die veld in vir ’n jagtog om hul vaardighede behoorlik op die proef te stel. Tussen die uitgestrekte landskappe en nuwe uitdagings word hul uithouvermoë behoorlik getoets. Die toer gaan daarna voort na Graaff-Reinet vir ’n unieke Markdag-uitdaging. Met trots en spogregte op die spel, raak die broerlike wedywering gou al hoe warmer.

Die pad lei die broers verder na Elandsrus en die uitgestrekte Fraserburg-vliegveld, waar taai uitdagings hul deursettingsvermoë toets. Op pad na Sutherland begin die einde van die toer uiteindelik in sig kom; herinneringe word gedeel, ou geskille word uitgeklaar en die stryd om die uiteindelike spogregte raak strawwer as ooit. Die laaste deel van die reis neem die broers eindelik die Tankwa in. Omring deur asemrowende landskappe kyk hulle terug op ’n onvergeetlike avontuur.

Tussen asemrowende landskappe, onvergeetlike tonele en baie lag ontdek die broers dat die beste stories nie by die bestemming wag nie – dit gebeur langs die pad. Die Broer Toer is ’n viering van avontuur, komedie, nostalgie en die pure kuns om jouself in die moeilikheid in te bestuur!

Die Broer Toer begin Saterdag 4 Julie 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Koek S2: Frank Opperman, De Klerk Oelofse en Leandie du Randt vertel meer oor hul karakters wat monde laat oophang

The post Bennie Fourie en sy broers terug met Die Broer Toer appeared first on rooi rose.

Lottoland help ’n dorp: Leah gesels oor veerkragtigheid, trane en die vlammetjie van hoop
Deur kykNET verskaf

Deernis, doenmense en groot dinge wat in klein gemeenskappe gebeur – dis die resep wat van Lottoland help ’n dorp so ’n gewilde werklikheidsreeks op kykNET maak. Met die vyfde seisoen wat eersdaags afskop, gaan die minlike aanbieder, Leah van Niekerk, kykers weer op ’n heerlike avontuur na plekke neem waarvan talle dalk nog nooit gehoor het nie.

Maak Google Maps oop of trek jou mooi ou, verweerde staatmaker-padkaart nader om te kyk waar daardie betowerende groen vlag eersdaags jolig gaan wapper. Dié keer gaan toegewyde plaaslike projekspanne inspring in plekke soos Luckhoff, Concordia, Middelburg, Reitz, Uniondale en Wakkerstroom om betekenisvolle veranderinge in hul onderskeie gemeenskappe teweeg te bring.

Natuurlik is daar ook altyd uitdagings, maar oor die afgelope vier seisoene het dit duidelik geword dat gemeenskappe wat saamstaan en glo in wat hulle doen, vir geen enkele van daardie uitdagings stuit nie.

Leah van Niekerk Foto: Verskaf

Wat het die reeks jou geleer oor die dryfkrag en uithouvermoë van klein dorpies in Suid-Afrika?

“Suid-Afrikaners is beslis baie veerkragtig, en hulle bons gou terug ná uitdagings. Ons mense maak ’n plan. Dis rêrig waar as daar gesê word ’n boer maak ’n plan!”

Sy is ook vol lof vir die mense in die gemeenskap wat betrokke is by die projekte – daardie mense wat sonder huiwering hul hand opsteek om te help.

“Daai deursettingsvermoë – dis ongelooflik.”

Watter impak het Help ’n dorp op jou as mens gehad?

“Dit maak nie saak hoe goed of sleg dit met jou dorp gaan nie en of dit selfs oorstroom het nie. Die son gaan altyd weer opkom. Dis hoe ek nou letterlik die lewe begin sien. “Ek het ook geleer dat ons tot baie meer in staat is as waarvoor ons onsself krediet gee. ’n Mens moet wel eerste voor jou eie deur begin vee en nie net staan en kla nie. Staan op vir jou gemeenskap en vir jou mense.

“Dis nie altyd iemand anders se verantwoordelikheid om verandering teweeg te bring nie. Ons moet ook self verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.  “As jy jouself met die regte span omring, kan jy werklik berge versit.”

Lottoland help ’n dorp bring nie net sigbare verbeterings aan nie – dit gaan ook oor om trots in gemeenskappe aan te wakker. Hoekom dink jy is dit belangrik om hierdie stories te vertel?

“Met elke seisoen besef ek net al hoe meer hoe mooi ons land is. Partykeer voel dit of jy op die maan is. Ander dele is mooi gemaak deur die mense self. Ja, daar is baie negatiwiteit en mense wat sê die land val uitmekaar uit, maar ons moet ons dorpies en ons mense mooi oppas en koester.

“Hou op om te baklei en begin saamstaan – dan kan ons baie meer uitrig. “Jy sien regtig die verbeteringe in die gemeenskappe, die mooimaak, die mense wat floreer. As ek hierdie dorpies binnegaan, voel ek die samehorigheid en die onderlinge respek. Dit is so mooi.

“Elke keer wanneer ek uit ’n dorpie ry nadat Lottoland help ’n dorp daar afgehandel is, sê ek dat dit nie die einde van die storie is nie, maar die nuwe begin vir daardie dorpie vir vele dinge wat nog in die toekoms gaan gebeur. Ons verteenwoordig maar net die vlammetjie van hoop wat aangesteek word, en dit versprei deur die land.

“Dis ook baie lekker as ek ’n dorpie binnery wat nie eers deel van Lottoland help ’n dorp was nie, maar waar daar ook verbeteringe aangebring is. Die program het hulle gemotiveer om ook self projekte in hul dorp aan te pak.

“Befondsing is oor die algemeen maar skraps, maar gee van jou tyd. Motiveer mense. Lottoland help ’n dorp is werklik ’n sielsverrykende program, en ek hoop wanneer mense daarna kyk, hulle dit ook voel. “Selfs ek, wanneer ek weer na die programme kyk, tjank lekker laaaang trane oor wat ons alles in die dorpies ervaar het.”

Lottoland help ’n dorp word Dinsdae vanaf 7 Julie om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Rian van Heerden verras kykers deur self in die gasstoel te sit op ‘Laataand by Rian’

The post Lottoland help ’n dorp: Leah gesels oor veerkragtigheid, trane en die vlammetjie van hoop appeared first on rooi rose.

Stormagtige tye wag op ‘Suidooster’-kykers
Deur kykNET verskaf

’n Yskoue front van drama tref Suidooster in Julie met die een storm na die ander wat Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar dié kykNET-sepie afspeel, teister.  Brose verhoudings en gemene spel tot familieskokke, nuwe hoofstukke en verkeerde besluite gaan aan die orde van chaotiese dae wees.

Kykers moet veral uitkyk vir dié ses storielyne in die komende weke:

1.  Wade, Zoe en Angie bereik breekpunt

Wade (Dean Smith) en Zoë (Lauren Joseph) probeer hard om hul verhouding te laat werk, maar weens Angie (Char Carrie) se swangerskap is dit makliker gesê as gedaan. ’n Doktersafspraak ontaard in ’n bron van konflik en ’n sosiale media-storm gooi net nog olie op die vuur.  Wanneer Angie boonop in die hospitaal beland, spat die brose vrede tussen die drietal uitmekaar. Wade worstel met die situasie, want hoe balanseer hy die liefde vir die vrou met wie hy die res van sy lewe wil spandeer teenoor sy kind wat hy wil beskerm.

Zoë begin ook al hoe meer onseker voel oor waar sy presies inpas in Wade se lewe en of dit die moeite werd is om daarvoor te veg.

2. ’n Bitter pil vir Ruiterbosch

Ava (Simone Neethling) is vasbeslote om die nuwe eienaar van die Aalwyn Apteek te word, maar dit begin duidelik blyk dat sy bereid is om enigiets te doen om dié droom te bewaarheid.

Dit dryf haar al dieper in gevaarlike waters – en Nazeem (Irvine van der Merwe) is soos gewoonlik nooit ver van verskuilde agendas af nie. Mymoena (Jill Levenberg) begin sterk vermoed dat daar ’n slang in die gras is en die risiko’s wat opduik, raak net al hoe groter. Dan gebeur daar iets ondenkbaar wat die hele gemeenskap tot in hul diepste skok – en skielik lyk dinge baie anders in Ruiterbosch.

3. Bianca en Rhafiek se vete

Die spanning tussen Bianca (Simone Biscombe) en haar boet, Rhafiek (Irshaad Ally), bou al ’n ruk op, maar in die komende weke bereik die konflik ’n breekpunt. Siya (Gantane Kusch) probeer kliphard om vrede in die familie te bewerkstelling, maar broer en suster is net te hardkoppig, seergemaak én te trots om skuld te erken.

Kan hierdie familie tog wel ’n manier vind om hierdeur te werk, of is die skade dalk reeds te groot?

4. Frankie se toekoms raak ingewikkeld

Frankie (Mienke Ehlers) moet besluite oor haar toekoms neem wanneer ’n nuwe geleentheid by Oos Wes oor haar pad kom. Pa Mike (Anrich Herbst) wil help, maar sy goeie bedoelings word as inmenging gesien – en Frankie speel boonop nie oop kaarte oor wat werklik met haar aan die gang is nie.

Eintlik is sy dalk onwetend op ’n missie van selfondersoek en besig om te herbesin oor haar lewe terwyl sy in die proses probeer om almal rondom haar gelukkig te hou.

5. Die verlede haal Kate is

Kate (Annelisa Weiland) se familiegeskiedenis lei haar na vrae wat sy nooit gedink het sy sou moes vra nie. Wat aanvanklik met bloot doodgewone nuuskierigheid begin het oor waar ’n mens se wortels gesetel is, raak baie gou iets veel dieper.

Ou foto’s, herinneringe en ’n senutergende vermoede stuur haar op ’n uitmergelende reis na die waarheid. Kate vasbeslote om antwoorde te kry – selfs al hou dit verreikende gevolge in vir almal wat sy liefhet.

6. Zahra se koms bring moeilikheid

Zahra (Caitlyn Haywood), ’n familielid van Kaashifa (Jawaahier Petersen) se aankoms in Ruiterbosch veroorsaak sommer van die begin af probleme. Rhafiek (Irshaad Ally) is kort voor lank nie in sy noppies met haar nie en Lee-Ann (Portia Joel) wantrou boonop haar bedoelings met Carlo (Jadon Booysen).

Dit blyk sommer gou dat Zahra dalk nie so onskuldig is soos sy voorgee om te wees nie, en kort voor lank is die gort behoorlik gaar.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DSTv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & Kie (DSTv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream.

Lees ook: 5 redes hoekom jy ‘Beter as Gister’ móét kyk

The post Stormagtige tye wag op ‘Suidooster’-kykers appeared first on rooi rose.

5 redes hoekom jy ‘Beter as Gister’ móét kyk
Deur kykNET verskaf

Hoekom word pa’s aan ’n ander standaard as ma’s gemeet?

Dít was die vraag wat die idee geplant het vir die nuwe kykNET dramareeks, Beter as Gister, wat Dinsdag 30 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. ’n 13-episode dramareeks wat draai om vier families en fokus op die rol van mans in verskillende gesinne plaas.

Hier is vyf redes hoekom jy Beter as Gister moet kyk:

1.  Die kreatiwe span agter die reeks

Die reeks is geskep, geskryf en vervaardig deur die bekroonde filmmakers Corné en René van Rooyen, saam met Tascha van der Westhuizen, wat met al Red Letter Day Pictures se produksies, ook aan boord as vervaardiger is. Die produksiehuis sit agter die sukses van vorige familiedramas soos Alles Malan (2019) op kykNET en Summertide (2024) op M-Net.

2.  ’n Verfrissende blik op moderne vaderskap

Moderne vaderskap word in die kollig geplaas: van ‘n toegewyde tuisbly-pla wat die huishouding bestuur terwyl sy vrou haar ambisie navolg, ’n sakeman wat alles sal doen om sukses te behaal al ly sy verhoudings met sy vrou en kinders daaronder, ’n enkel-pa met ’n dogtertjie op die outisme-spektrum en ’n wewenaar wat onverwags na sy enigste kleinkind moet omsien.

Bernard, Karen, en Reynard.

3.  ’n Sterbelaaide ensemble van gevestige akteurs

‘n Sterbelaaide ensemble–rolverdeling met Neels van Jaarsveld, Frank Rautenbach, Edwin van der Walt en Elton Landrew wat elkeen die hoofkarakters vertolk. Die res sluit in Rolanda Marais, Hanna Grobler, Greteli de Swardt, Mila Guy, Danny Ross, June van Merch, Daneel van der Walt, Charlene Brouwer, André Weideman en Melanie du Bois.

4.  Talentvolle jong akteurs maak hul eerste buiging

Talle jong akteurs in hul eerste rolle op televisie: Sebastian van Niekerk as die 17–jarige probleemkind Reynard; Nina Strydom as ’n voortstrewende Jessica; Gerhard Conradie as agtjarige Coenie; Sebastian La Cock as sesjarige Luca; Eben Kotze as Benji; Luna Coetzer as Lilly en Alexis Newman as sesjarige Katinka.

Katinka, Lily, Eben en Benji.

5.  Persoonlike en herkenbare storielyne

Regte families met regte uitdagings waarmee kykers hulself kan vereenselwig. Beter as Gister sit ‘n vergrootglas op vier uiteenlopende diverse familiedinamika wat terselfdetyd die persoonlike en herkenbare uitlig. Hoekom is pa’s nie in kinders se skool WhatsApp-groepie nie? Wat is ’n pa se regte met co-parenting? Hoe bou ’n oupa ’n verhouding met sy kleinkind? En hoe dink ons aan pa’s wat nie die broodwinner van die huis is nie?

Marco en Cecile.

Beter as Gister begin Dinsdag 30 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Julie-uitgawe móét lees!

The post 5 redes hoekom jy ‘Beter as Gister’ móét kyk  appeared first on rooi rose.

Dokumentêre film ‘Die gees agter die spiere’ spreek tot ’n wye gehoor
Deur kykNET verskaf

’n Mens se jeugdrome kan verander, of jy kan later selfs besef daar is ’n ander aspek aan jou droom wat jy eerder wil uitleef. Pleks om self prestasies op die sportveld na te jaag, het dr. Henning Gericke besef hy wil inderwaarheid ander help om groot hoogtes te bereik en persoonlik te groei.

Die gees agter die spiere vertel die verhaal van ’n sportsielkundige wat op sy dag goed genoeg was om op die wêreldverhoog as naelloper mee te ding, maar uiteindelik ander gehelp het om hul drome te verwesenlik. Of om teleurstellings en terugslae te oorkom, want dit is immers deel van ’n pad na sukses.

Henning het te kampe gehad met ’n persoonlike uitdaging tydens die verfilming van die dokumentêr, wat nog meer diepte verleen aan die boodskap van hoop wat dit oordra. Dit sluit ook eerlike en openhartige onderhoude met sportlui soos Cameron van der Burgh, Marcell Coetzee en Os du Randt in.

Vrae vir Pierre Malan, regisseur

Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede. Vertel meer.

Ek het eintlik van dr. Henning Gericke gehoor deur Natie Ferreira (vervaardiger van die prent), wat ek leer ken het terwyl ek sy program Fanaties verfilm het. Natie het my vertel van Henning se lewensverhaal, en wat my onmiddellik aangegryp het, was dat hy self ’n talentvolle atleet was wat vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer het, maar weens apartheid nooit die geleentheid gekry het om daardie droom uit te leef nie.

Maar dit was nie net sy eie storie wat my nuuskierig gemaak het nie. Natie het ook vertel van Henning se besondere vermoë om die beste in mense na vore te bring. Hier was iemand wat sy eie droom verloor het, maar daarna sy lewe daaraan gewy het om ander mense te help om hulle s’n te bereik.

Ek wou hom ontmoet, en ons het by Loftus Versfeld (bekende rugbystadion in Pretoria) gaan koffie drink. Wat my opgeval het, was hoe maklik hy toegang gehad het tot hierdie wêreld agter die skerms van professionele sport. Oral waar ons gekom het, was daar mense wat hom geken het en stories gehad het om te vertel. Dit het gevoel asof ek skielik toegang kry tot ’n wêreld wat die meeste mense nooit sien nie.

Toe het ek besef hierdie is nie eintlik ’n storie oor sport nie. Dit is ’n storie oor die menslike gees, oor terugslae, oor tweede kanse en oor iemand wat ’n buitengewone invloed op ander mense se lewens gehad het. Dit was vir my die begin van Die gees agter die spiere.

Gedurende die verfilming is dr. Henning Gericke se vrou, Hennelie, met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer. Hoe het dit die dokumentêr verander?

Dit het die dokumentêr op ’n baie diep en persoonlike vlak verander. Aanvanklik het ons gefokus op Henning se werk met top-sportlui en hoe hy mense help om uitdagings te oorkom. Toe Hennelie met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer is, het ons skielik gesien hoe die temas van die dokumentêr in Henning se eie lewe uitspeel.

Hier was iemand wat vir jare ander mense gehelp het om deur moeilike tye te kom, en nou moes hy self een van die grootste uitdagings van sy lewe hanteer. In baie opsigte is die beginsels waaroor hy altyd gepraat het, nou in sy eie lewe getoets. Dit het die dokumentêr meer menslik gemaak en gewys dat niemand vrygestel is van swaarkry nie, selfs nie die mense wat ander help om dit te verwerk nie.

Waar het jy jou reis as dokumentêre filmmaker begin? En wat beteken Die gees agter die spiere vir jou?

Ek dink my reis as dokumentêre filmmaker het eintlik begin lank voordat ek ooit ’n kamera opgetel het. Toe ek nog in ’n boekwinkel gewerk het, het ek besef hoe ongelooflik interessant gewone mense se stories kan wees. Mense het ingestap om boeke te koop, maar agter elkeen was daar ’n lewe vol ervarings, uitdagings en unieke stories.

Later, toe ek aan my eerste reisprogram vir SABC 2 gewerk het, het dit daardie besef net versterk. Oral waar ons gegaan het, het ons mense ontmoet wie se lewens net so interessant was soos enige karakter in ’n rolprent. Dit het my laat besef dat die beste stories dikwels nie uit iemand se verbeelding kom nie, maar uit die werklike lewe.

Dit is wat my na dokumentêre films trek. Ek wil stories vertel van regte mense wat regte dinge beleef het. Vir my is Die gees agter die spiere presies so ’n storie. Op die oppervlak gaan dit oor sport, maar eintlik gaan dit oor mense, oor terugslae, oor hoop en oor die vermoë om aan te hou wanneer die lewe jou toets.

Die gees agter die spiere fokus op die taai wêreld van sport, die betrokkenheid van ’n sogenaamde “kopdokter” by sportmense se voorbereiding. Soms sien mens die trane vlak lê in die mans se oë. Vertel van die aspek van genesing.

Een van die verrassings tydens die verfilming was hoe eerlik die deelnemers was. Ons sien sportsterre dikwels as sterk en onbreekbaar, maar baie van hulle het openlik gepraat oor hul vrese, teleurstellings en uitdagings.

Wat my opgeval het, is dat genesing nie in die dokumentêr as iets dramaties uitgebeeld word nie. Dit gebeur dikwels wanneer mense eerlik raak oor hul seerkry en hul menslikheid aanvaar. Die film wys dat selfs die sterkste mense soms hulp nodig het, en dat daar baie krag daarin lê om dit te erken.

Humor speel ook ’n rol wanneer daar met die mens se gees gewerk word. Hoe pas Leon Schuster by die storie in?

Leon bring ’n unieke perspektief na die dokumentêr. Mense ken hom as iemand wat Suid-Afrikaners al vir dekades laat lag, maar in die film maak hy ook oop oor moeilike tye in sy eie lewe en die rol wat Henning daarin gespeel het. Henning was vir baie jare iemand by wie hy raad en ondersteuning kon kry.

Wat interessant is, is dat die invloed ook in die ander rigting gewerk het. Leon vertel hoe hy en Henning saam gewerk het om humor as hulpmiddel te gebruik toe die Springbok-span deur ’n moeilike tyd gegaan het. Humor het gehelp om spanning te breek, mense nader aan mekaar te bring en weer ’n gevoel van eenheid in die groep te skep. Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe iets so eenvoudig soos lag soms ’n groot verskil kan maak.

Enigiets anders wat jy met die kykers wil deel?

Ek hoop mense besef dat hierdie nie net ’n dokumentêr vir sportliefhebbers is nie. Die temas in die film is universeel. Dit gaan oor drome, terugslae, groei en die mense wat ons help om die beste weergawe van onsself te word.

As kykers wegstap met ’n bietjie meer hoop, of dalk ’n nuwe waardering vir die mense wat hulle deur moeilike tye help dra, dan het die film sy werk gedoen.

Die 14de kykNET Silwerskermfees word van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Kaartjies vir die films, asook die prestigeryke toekenningsgeleentheid op Saterdag 22 Augustus, is beskikbaar by Quicket.

Vir die volledige program, besoek www.silwerskermfees.co.za

Lees ook: Kokkedoor maak ’n Klassieke terugkeer: Wat jy moet weet van hierdie seisoen se beoordelaars

The post Dokumentêre film ‘Die gees agter die spiere’ spreek tot ’n wye gehoor appeared first on rooi rose.

Kokkedoor maak ’n Klassieke terugkeer: Wat jy moet weet van hierdie seisoen se beoordelaars
Het jy al jou voorskoot gestryk en jou messe geslyp en vir Kokkedoor: Klassiek ingeskryf?  Indien nie, moet jy plan maak, want kykNET se gewilde koswerklikheidsreeks trek ’n klassieke baadjie aan in die nuwe seisoen, en dis beslis nie ’n kans wat enige onthoukok óf kinkelkok durf misloop nie.

Kokkedoor: Klassiek bied ’n platform propvol uitdagings, wat deelnemers se vaardighede voor die stoof ongetwyfeld met rasse skrede gaan verbeter en hulle dikwels die geleentheid gaan gee om hulself te oortref.

Onder die bekwame leiding van ervare, bekende kosmense gaan hierdie die kulinêre avontuur van ’n leeftyd wees. Deelnemers gaan nuwe vriende maak, nuwe tegnieke leer en die geleentheid kry om te wys hoe hulle met enige gereg kan toor.

Die beoordelaars: ’n Geliefde bekende

Herman Lensing is so deel van die Suid-Afrikaanse koswêreld soos kaneelsuiker van ’n warm pannekoek op ’n reënerige dag.

Dié kosskrywer, tydskrif-redakteur en TV-persoonlikheid het sy liefde vir kos by sy ma doer in Upington in die Noord-Kaap gekry. Vandag, met talle topverkoperkookboeke, toekennings en erkennings op sy kerfstok, is hy een van die land se invloedrykste en mees geliefde ster-kokke.

Herman, wat as ’n sjef by die Institute of Cullinary Arts in Stellenbosch gekwalifiseer het, was ook ’n beoordelaar vir die onlangse Kokkedoor: Son & see, die tiende seisoen van die reeks wat deur die mense van Aberdeen se Kamdebo Padstal gewen is: Hanna van der Westhuizen en haar seun, Dirk.

Saam met die klassiek, ’n vars nuwe briesie

Kosfoendies raak opgewonde wanneer jy die naam Jess van Dyk noem. Sy is deesdae die hoofsjef en eienaar van Post & Pepper-restaurant, wat in 2022 sy deure in Stellenbosch oopgemaak het. Dit is ’n intieme restaurant wat haar eie kookfilosofie weerspieël: bestanddeelgerigte kos, tegniese presisie en warm, deurdagte gasvryheid.

Sy het ’n diepe waardering vir “klassieke” kosmense soos Nigella Lawson, Rick Stein en Gary Rhodes. Daar moet iets in die Noord-Kaap se water wees, want dis in Kuruman waar Jess met resepte grootgeword het wat van geslag tot geslag oorgedra is en jy maar kan vergeet om in die hande te kry. Hierdie resepte word bewaar asof dit staatsgeheime is.

In haar indrukwekkende loopbaan het sy al by verskeie veelbekroonde restaurante gewerk, soos La Colombe naby Constantia, waar sy in 2012 ná haar studies aan die vooraanstaande Silwood-sjefskool begin werk het. Hier het sy later die sous-sjef en uiteindelik die hoofsjef geword.

Die La Colombe-restaurantgroep het haar in 2019 as hoofsjef by die Protégé-restaurant in Franschhoek aangestel, en sy was deel van die span wat La Colombe na Silvermist geskuif het.

Stilsit is nie in haar gene nie. Jess was ook vir ’n jaar lank ’n privaatsjef op ’n luukse seiljag in die Mediterreense See.

Dís hoekom Herman dink jy moet inskryf

“Ons koserfenis is ’n ryk skatkis van onthouresepte en stories wat jy nêrens anders in die wêreld kry soos hier in Suid-Afrika nie, en met Kokkedoor: Klassiek wil ons daardie stories en resepte van nuuts af vier.

“Dis sonder twyfel dat kos ons saambring en verenig, en met hierdie seisoen wil ons dit wat ons uniek maak, weer met kos vier.

“Vernuwing is immers die sleutelbestanddeel vir die voortbou op en ontwikkeling van ons koserfenis.

Herman Lensing en Jess van Dyk is beoordelaars van “Kokkedoor: Klassiek”. Foto: Verskaf

“Mense moet onthou dat Kokkedoor nie net vir die ervare sjefs is nie, maar ook vir die tannies, ooms en ouer garde wat weet hoe Suid-Afrikaanse kos moet smaak en ook graag hul kosmaak-ervarings en herinneringe met ander deel. Dit is in hul hande waar die DNS van onthoukos skuil.

“Ek is bitter opgewonde oor die nuwe onthou- en kinkelkokke wat ons nog gaan ontmoet, want Suid-Afrikaanse kos is hoe ek asemhaal.

“Ons wil jou unieke persoonlikheid raaksien met jou inskrywing – en natuurlik moet jy ook goeie kos kan maak.”

Wat beteken dit vir Jess om ’n beoordelaar te wees?

“Net soos elke voornemende deelnemer is ek kinderlik opgewonde en op my senuwees, want hierdie is net so ’n ongelooflike geleentheid vir my ook.

“My liefde vir kos het begin by my ouma se kospotte, maar dit het veral vlamgevat toe ek BBC Food se sjefs op die kassie leer ken het.

“Toe begin ek om daagliks ná skool ‘TV-broodjies’ of bloot net tuna melt in ons kombuis te maak. Ek het bakkies met gekerfde uie, mosterd en alles en nog wat uitgesit, nes die TV-sjefs dit gedoen het, en dan het ek stap vir stap die proses voor ’n kammakamera verduidelik.

“Om nou ’n Kokkedoor-beoordelaar te wees, is werklik ’n volsirkel-oomblik vir my. Nog voordat ek geweet het van Michelin-sterre en die wêreld se top-50-restaurante het ek daarvan gedroom om op TV met kos te kan werk. En hier is ons nou!

“Ons het ’n baie ryk geskiedenis van besonderse kosstories in ons land en huise, en as ons dit nie vertel en deel nie, gaan dit verlore raak.”

“Skryf in!” sê Jess

“Daar is niks meer spesiaal as om jou familieresep op nasionale televisie te kan deel nie. Ons wil al die boererate, kitswenke en lekkernye sien en by jou leer – dit is bietjie van die oud gemeng met bietjie van die nuut.”

Prysgeld

Het jy nog aanmoediging nodig om in te skryf? Daar is ’n miljoen redes om in te skryf – in die vorm van R1 miljoen se prysgeld vir die wenspan. En daardie gesogte Goue Haan wat weer ’n nuwe huis soek.

Wat om te weet as jy wil inskryf

Kry die inskrywingsvorm by kyknet.tv of stuur ’n e-pos aan navrae@kokkedoor.tv

Sluitingsdatum vir inskrywings: 12 Julie 2026

Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie

Net Suid-Afrikaanse of Namibiese burgers met ’n geldige ID-dokument kan inskryf

Jy kan nie as deel van ’n span inskryf nie

Oudisies sal in Kaapstad gehou van 13 tot 17 Julie 2026

Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Julie-uitgawe móét lees!

The post Kokkedoor maak ’n Klassieke terugkeer: Wat jy moet weet van hierdie seisoen se beoordelaars appeared first on rooi rose.

Koek S2: Frank Opperman, De Klerk Oelofse en Leandie du Randt vertel meer oor hul karakters wat monde laat oophang
Verskaf deur kykNET

Die tweede seisoen van DStv Stream se Koek-misdaadkomedie is in volle swang met ’n snelle pas en etlike kinkels wat die spanningsdrade al stywer vir kykers span.

Deel van dié resep is die nuwe karakters wat die draaiboekskrywer en mederegisseur Christiaan Olwagen (Die Oord, Poppie Nongena) tot die tweede aflewering van dié bekroonde misdaadkomedie gevoeg het.

Daaronder tel drie karakters wat tot dusver al vir ’n hele paar skokkende oomblikke gesorg het: die veteraanakteur Frank Opperman as moreel-korrupte bendebaas Tjoppie Terreblanche, sy storieseun in die kykNET-reeks Nêrens, Noord-Kaap, De Klerk Oelofse, as Tjoppie se niksnut-seun Tiny, en Donkerbos-aktrise Leandie du Randt as Tjoppie se sesde vrou, Veronika.

Hoewel Frank en De Klerk ook in Koek pa en seun vertolk, is die verhoudingsdinamika dramaties anders as in Nêrens, Noord-Kaap. Juis daarom was De Klerk nie juis bekommerd oor of kykers nie verby hul vorige storie-verhouding sou kon sien nie.

“Ek dink die twee reekse verskil so in styl en aanslag, dat ’n mens eintlik glad nie die karakters in dieselfde lig kan sien nie,” meen De Klerk.

En hoe onbeholpe sy karakter dalk is, dink hy tog kykers kan vir hulself by Tiny skaar.

“Ag, ek is ook self nogal ’n people pleaser, so wat my vir my interessant van Tiny is, is hoe sy hele bestaan wentel rondom sy pa se aanvaarding. Sy begeerte om sy pa se liefde te wen, dompel hom telkens dieper in die moeilikheid. Sy strewe na iemand wat hom liefhet, en die feit dat hy enigiets sal doen om daardie liefde te kry, is iets waarmee meeste mense kan vereenselwig.”

Tiny, voeg De Klerk by, pas nie regtig iewers in nie – juis daarom word hy genoop om vir homself ’n persoonlikheid te skep om “op te maak vir waar hy tekortskiet”.

Maar so hard soos wat Tiny probeer, kan hy nie sy pa se guns wen nie. Nie eens ’n klein bietjie nie. Inteendeel – soos Tjoppie daar in sy rolstoel sit, is hy ryp met minagting vir sy seun.

Tjoppie is ’n slymerige, geslepe skelm – presies die tipe karakter wat Frank so terdeë geniet om in te klim.

“Ek het maar net ingespring en die Tjoppie Terreblanche in myself gaan soek,” vertel Frank oor sy aanslag tot dié rol.

“Daar is altyd iets aan ’n slegte ou wat ek geniet. ’n Sluwe karakter is net soveel meer interessant as ’n vervelige, gewone ou,” meen hy. “En, as jy hom só kan speel dat mense so effe simpatie met hom het, dan dink ek jy het hom reg. Ek hoop dat mense ook darem van hom hou; dat hulle nie net niks vir hom voel nie.”

Dit was nie net ’n reünie vir Frank en De Klerk op stel nie. Frank en Leandie het ook jare terug saam in Paul C. Venter se Vlug na Egipte gespeel.

Leandie vertel laggend hoe Frank destyds vir haar geleer het hoe om dronk te speel.

“Ek het ’n baie sagte plekkie vir Frank. Ons het baie tyd saam spandeer destyds, so ek ken vir Frank al goed. Maar hierdie keer . . . Hierdie keer moes ek met my tong aan die kant van sy gesig lek én ek moes hom soen – en hy is letterlik so oud soos my pa! Ons het so gegiggel elke keer as ons cut, net ná ek my tong in sy oor moes druk of hom moes soen.”

Dit is egter juis omdat hulle mekaar so goed ken, dat hulle dié tonele so goed kon vertolk, deel Leandie.

“Ons kon eerlik vir mekaar vra, ‘Is jy gemaklik daarmee as ek dit doen? Is jy gemaklik as ek dat doen?’ As akteurs is ons opgelei om baie professioneel daaroor te wees. En boonop is daar iets wat gebeur as hulle sê, ‘Aksie!’. Jy gaan so heeltemal in ’n ander wêreld in dat jy vergeet wie Leandie en wie Frank is, en jy fokus net op die toneel.”

Sy voeg by: “Frank is fantasties. Dieselfde met De Klerk – dit was ook ongelooflik om teenoor hom te speel. Hy is so talentvol.”

Oor haar karakter, Veronika, sê Leandie: “Veronika is sterk. Sy is ’n vegter, en soms in die lewe moet ’n mens besluite maak wat nie alle vroue die dapperheid sou hê om te maak nie. Maar Veronika het daardie dapperheid,” vertel sy.

“Sy is ’n besonderse karakter. Jis, ek is so dankbaar vir hierdie geleentheid, ek wou nog altyd, altyd saam met Christiaan Olwagen werk. Wat my opgewonde gemaak het, is om te sien hoe haar karakter ontwikkel. Vir my was dit belangrik om die storie te vertel van maak nie saak waar jy begin of watse kaarte jy gekry het of wie jou oorgeskroef het nie – jy kan uit dit kom en jy kan jou situasie omdraai. Dit is vir my ongelooflik om te sien hoe sterk sy is. Ek dink Christiaan het dit so mooi reggekry in hoe hy dít geskryf het.”

Volgens Leandie is Veronika ’n spieël vir vroue wat vir hulself moet veg. “Wat al goed moes doen wat nie noodwendig lekker is om te doen, of noodwendig moreel korrek is om te doen nie. Maar dit is wat sy móés doen om te oorleef.”

En ja, sommige kykers sal vir Veronika oordeel. Maar, sê Leandie, dís iets wat akteurs nooit met hul karakters mag doen nie.

“Ek dink dit is verskriklik belangrik dat jy voordat jy ’n rol speel, uitpluis wat die karakter se sterkpunte is, wat is die uitdagings wat sy deurgaan? En om dan vir haar op te staan. Ek as Leandie moes eers vir Veronika in my kop opstaan en verstaan hoekom sy doen wat sy doen.

“En ek kon haar geensins oordeel nie. Want as ek haar speel en ek oordeel haar, en ek dink, ‘Jissie, hoekom doen sy dit? Ek sou dit nooit gedoen het nie!’, dan gaan die kykers ook so voel. Maar as ek haar aanvaar en ek gee vir haar ’n veilige ruimte binne-in my om daar te leef, hoop en glo en vertrou ek dat kykers daarmee kan vereenselwig.”

Nuwe episodes van Koek S2 word weekliks op DStv Stream se Premium-, Compact Plus- en Compact-pakkette vrygestel. Alle DStv-intekenare met ’n aktiewe dekodeerder-intekening het gratis toegang tot DStv Stream, maar dis ook as ’n losstaande stroomdiens beskikbaar.

Lees ook: ‘Lamb Champs’ se Vrystaat-wenner boer groot met min en weet van oor begin

The post Koek S2: Frank Opperman, De Klerk Oelofse en Leandie du Randt vertel meer oor hul karakters wat monde laat oophang appeared first on rooi rose.

‘Lamb Champs’ se Vrystaat-wenner boer groot met min en weet van oor begin
Verskaf deur kykNET

In die jongste episode van Lamb Champs: Die kuns van skaapboerdery (Wo. om 20:00 op kykNET) is dit Hennie se Hampshire Downs-skape wat nie net die kykers se harte wen nie, maar ook die algehele prys by die Vrystaat-weergawe van die Lamb Champs-kompetisie in Parys.

“Dié skape het ’n ontsettende vermoë om vinnig te groei; om die kos wat jy vir hulle gee, in vleis om te sit. Dis besonders,” verduidelik Hennie.

“Ek sê altyd: Dit voel of elke Hampshire ’n persoonlikheid het,” lag hy.

Van weer probeer, met jou gesin bankvas agter jou, hoef jy vir Hennie niks te vertel nie. Sedert hy in 2022 vir die eerste keer vir Lamb Champs ingeskryf het, het hy al 3de, 7de en 4de geëindig.

Dié keer was dit egter anders, toe hy en sy gesin eindelik met die louere weggestap het.

In die episode vertel Hennie roerend hoe sy pa alles verloor het toe hy 12 jaar oud was.

“Ons het baie plase gehad in Bethlehem, ons het groot geboer. Maar toe het hy alles verloor toe ’n oneerlike persoon vir hom siek beeste verkoop het,” onthou hy.

“Dit moes vir ons ’n inkomste gegee het, en ons kon toe nie ons rekenings betaal nie.”

Toe hy later weer begin boer, het hy en sy vrou, Liza-Mari, altyd grond gehuur tot hulle uiteindelik sowat sewe jaar terug ’n stuk grond van 6,6 ha. kon koop.

Hoewel dit nie die grootste stuk grond is nie, is dit hier waar hy met passie gedy.

“Vandag het ek meer as 800 skape op daai 6,6 ha. Daar is 500-600 skape in die voerkraal, waar jy min plek nodig het,” verduidelik hy.

“Maar ek is veral trots op die 300 diere wat in die stoet is. Want hulle moet éét. Jy moet vir hulle dekgewasse plant ens.”

Hennie glo werklik dat jy die beste moet maak met dit wat jy het. ’n Mens kan natuurlik groot droom, maar jy moet eers tevrede wees met die dinge wat jy reeds het.

Hennie se Zorro-stoet net buite Kroonstad is een van die grootste Hampshire Downs-boerderye in die land, aangesien nie baie mense in Suid-Afrika met dié skaperas boer nie.

Hennie Jonker en sy gesin. Foto: Verskaf

“Baiekeer is die enigste verskil wat ’n suksesvolle boer van die ander onderskei, die passie wat hy het.”

Dit is ook hierdie passie vir die boerdery en die buitelewe wat hy aan sy twee jong kinders, Liam en Miané, oordra.

“Ons het op ’n tyd so paar jaar in die dorp gebly, toe sê ek vir my vrou: ‘Ons kinders moet buite wees’,” sê hy.

“Dis baie belangrik. Ons het ook so groot geword. Jy het van kleintyd af vir die hanslammers melk gegee, ingeklim om die wol te trap. Wie het nog nie in mielies en koring gespeel nie?”

Hennie lag as hy vertel hoe Liam al op “so 4 of 5” trekker kon bestuur, maar eers ’n hele paar jaar later vir die eerste keer leer fietsry het.

“Ons wil hê ons kinders moet grootword op die platteland, soos ons grootgeword het.”

En dit is juis hierin waar soveel van Hennie se groot hart vir sy gesin en sy boerdery ontbloot word: Hy lewe voluit met ’n aansteeklike passie vir dit wat hy doen en ’n liefde vir die mense naaste aan hom.

Lamb Champs: Die kuns van skaapboerdery wys Woensdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: ‘n Kykgids vir Julie se kykNET-programme

The post ‘Lamb Champs’ se Vrystaat-wenner boer groot met min en weet van oor begin appeared first on rooi rose.

Boer soek ’n vrou: Reandi vertel wat jy van die 18de seisoen kan verwag
Verskaf deur kykNET

Dis sowaar byna tyd vir die 18de seisoen van kykNET se gewildste maatsoekreeks Boer soek ’n vrou, wat op Donderdag 23 Julie begin. Die nuwe deelnemers het rede om hoopvol te wees, want sedert die eerste episode in September 2008 het baie boere wat alleen op moedverloor se vlakte geboer het, ’n ware pasmaat gevind. Boonop is daar op baie van die plase reeds ’n volgende generasie, nog klein maar ewe vasberade, wat oorgehaal is om die fynere kuns en uitdagings van boerdery die stryd aan te sê.

Reandi Grey het in die 17de seisoen vir die eerste keer as aanbieder agter die Boer soek ’n vrou-bakkie se stuur ingeskuif en derduisende kilometers landwyd afgelê om die hoopvolles van naderby te leer ken. Met haar fyn sin vir humor en warmte vir die boere, het sy diep in sowel die boere as die kykers se harte ingeklim, selfs al was haar stewels soms vol modder.

Daarom het dit net sin gemaak om haar weer deel van die nuwe oes boere se soeke na liefde te maak.

Maar hoe het sy die eerste seisoen ervaar, en het sy dalk ’n waardevolle les of twee in die proses geleer?

Lesse geleer

“Die een ding wat ek geleer het, is dat jy rêrig jouself moet vertrou oor waar jy is in jou lewe. Dit maak nie saak wat die situasie is nie, jy gaan altyd iets hê om te gee.”

Wat haar gehelp het om die boere en voornemende pasmaats op hul gemak te stel, was om hulle daarop te wys dat hulle nie alleen hoef te voel nie, want dis ook haar eerste keer in die reeks.

“Ons leer saam,” het sy graag vir hulle gesê.

Readi Grey. Foto: Gys Loubser

“Nou, met die tweede seisoen, kon ek dit nie vir die deelnemers sê nie, maar ek kon vir hulle heelwat ánder dinge sê omdat ek nou weet hoe dit werk.”

Vir haar is dit belangrik dat die deelnemers moet besef dat hulle op die regte tyd op die regte plek is.

“Moenie wens vir meer ervaring of dat jy op ’n ander plek moes wees nie. Elke plek waar jy is, is op ’n spesifieke tyd reg en dit kom met sy eie handige hulpbronne.

“Jy moet die proses vertrou, ongeag of jy die boer of die pasmaat is. Balans is óngelooflik belangrik, en jy moenie dinge té vinnig probeer aanjaag nie. Maar moet ook nie op jou louere rus nie, want daar is net soveel tyd.”

En die tweede seisoen?

“Daar was ’n hele paar verrassings wat niemand sien kom het nie – en ek dink dit gaan vir die kykers ook baie lekker wees om te sien.”

Maar oor wat daardie verrassings is, swyg sy natuurlik soos die graf.

Sy beskryf die tien boere as “besonderse, unieke en andersoortige persoonlikhede” en voeg by: “Wat die program so mooi maak, is dat dit nie saak maak wie jy is, wat jou agtergrond is en hoe jy dink oor die lewe of die liefde of die boerdery nie – die feit van die saak is álmal soek ’n maat, iemand om die lewe mee te deel.”

Readi Grey. Foto: Gys Loubser

Hoekom bly Boer soek ’n vrou so gewild?

“Eerstens omdat ons met boere werk – mense wat die sout van die aarde is. Tweedens werk ons met die liefde wat ’n universele taal is – iets wat almal wil hê en iets wat almal verstaan.

“Veral in vandag se tyd, waar alles meganies word, instant gratification, robotgedrewe, die spoed waarteen mense lewe en voel of hulle nie kan bybly nie – die landbougemeenskap is nie so nie. Dis nog kaalvoet-, plat-op-die-aarde, geduldige, rustige, liefdevolle mense wat nog tyd vir mekaar het en wat tyd maak vir mekaar. Dis die mense wat nog die sonsopkoms, die reuk van vars gesnyde gras, ’n oes en beesmis waardeer.

“Ek dink dis iets waarna so baie mense in 2026 hunker – na die goeie ou dae. En boere en landbou voel vir my soos die goeie ou dae.”

Die boere vir die 18de seisoen is:

Arno (28) van Tzaneen, Limpopo

David (43) van Vierfontein, Vrystaat

Francois (34) van Hoedspruit, Mpumalanga

Jack (30) van Hermanus, Wes-Kaap

Jacques (32) van Nelspruit, Mpumalanga

JD (28) van Reitz, Vrystaat

Junior (35) van Bethlehem, Vrystaat

Leandi (36) van Ventersdorp, Noordwes

Luan (26) van Strydenburg, Noord-Kaap

Willie (37) van Harrismith, Vrystaat

Die reeks word vanaf 23 Julie 2026 oudergewoonte op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees meer: ’n Spitsvondige kykie na die liefde in Sondheim se musiekblyspel

The post Boer soek ’n vrou: Reandi vertel wat jy van die 18de seisoen kan verwag appeared first on rooi rose.

‘n Kykgids vir Julie se kykNET-programme
Maak gereed vir ’n absolute kykfees vol avontuur, nostalgie, inspirasie en hope pret, want kykNET skop die nuwe seisoen af met ’n propvol programskedule wat jou vasgenael voor die kassie sal hou. Van die ongetemde skoonheid van Namibië en die magiese landskappe van Viëtnam en Zimbabwe, tot diep binnelandse reise deur die Karoo en die Bolandse wynlande – jou gunsteling-aanbieders is terug om die wêreld na jou sitkamer te bring.

Of jy nou wil saamkyk hoe die land se top-boere sake uitspook vir die titel van beste lam in Lamb Champs, saam met die Fourie-broers in die Karoo platry in Die Broer Toer of gesondheidsinspirasie in Slank wil vind, hierdie TV-spyskaart het iets vir almal.

Lamb Champs S2

Woensdae 20:00 vanaf 10 Junie

Dié opwindende dokumentêre reeks keer terug na jou kassie en bou op die sukses van die eerste seisoen. Lamb Champs: Die Kuns van Skaapboerdery, bestaan uit vyf episodes wat die kollig plaas op die mense agter Suid-Afrika se skaapboerdery, die families, stories en opofferings wat die bedryf verg. Vir die eerste keer reis Lamb Champs na die Boland, waar die streek se unieke skaapboerdery-erfenis en wynlandskap ’n nuwe dimensie aan die reeks toevoeg. Leer by die land se voorste veeboerkenners en kyk vir die eerste keer hoe die streekwenners in ’n nasionale eindstryd meeding om gekroon te word as die kampioen van Suid-Afrika se beste lam. Die reeks vier die trots van Suid-Afrikaanse familieboerdery en gee kykers ’n eerlike blik op die harde werk, karakter en toewyding wat nodig is om die kuns van skaapboerdery te bemeester.

Safari Roetes S4

Safari Roetes (Foto: Verskaf)

Vrydae 17:30 vanaf 3 Julie

Aanhangers van die buitelewe kan regmaak vir hope aksie en asemrowende landskappe wanneer Petri de Wet en die Safari Roetes-span ’n splinternuwe avontuur aanpak. In hierdie nuwe seisoen pak die span splinternuwe, uitdagende roetes aan wat kykers sal wegvoer na van die mees skouspelagtige en ongerepte bestemmings in Suider-Afrika. Met ’n perfekte kombinasie van rowwe 4×4-aksie, murg-in-die-pyp natuurervarings en die onmisbare kampvuur-kuier, beloof Petri-hulle om die ware gees van Afrika-avontuur na kykers te bring.

Die Safari 4×4-span doen hierdie jaar ‘n emmerlystoer deur die Noord-Kaap. Hulle besoek verskeie bergpasse, duine, strande, skeepswrakke en woenstynareas en beweeg selfs teen die Oranjerivier af.

Hey Skipper S1

Hey Skipper (Foto: Verskaf)

Saterdae 18:00 vanaf 4 Julie

Vir avontuurlustige kykers en natuurliefhebbers is Dewald Visser ’n bekende gesig. In Mal Kamper het hy die land plat gereis en met sy energieke avonture kykers geboei. In die splinternuwe reeks Hey Skipper, seil, roei en duik Dewald by van die mooiste plekke in die wêreld: Van Thailand tot Mosambiek. Kyk hoe Dewald saam met robbe en dolfyne swem, uitspan op ’n luukse huisboot en grotte verken doer anderkant die waters. Leer ook meer oor hoe riviere en oseane teen plastiek beskerm word, hoe swart vullissakke van herwinde plastiek gemaak word en hoe rommel in Durban uit ’n rivier gehaal word. Dewald nooi kykers om saam in sy unieke avonture te deel: Van unieke seester- en seeperdjie-ervarings tot slaap op hout chalets wat op die water dryf.

Die Broer Toer S2

Saterdae 18:30 vanaf 4 Julie

Wat gebeur wanneer drie broers, ’n paar klassieke motors en meer selfvertroue as gesonde verstand bymekaar kom? Jy kry Die Broer Toer DAKAROO, natuurlik! Die Fourie-sibbes – Bennie, Reynold and Wilbrie – is terug vir ’n tweede seisoen waar hulle dié keer probeer om die Karoo plat te ry. Met elke kilometer wag daar nuwe uitdagings, onverwagte karprobleme, twyfelagtige navigasie-besluite en die soort kompetisie tussen broers wat gewoonlik eindig met iemand wat trots spot: “Ek het mos vir jou gesê.” Tussen asemrowende landskappe, onvergeetlike tonele en baie lag, raak hul reis ’n viering van avontuur, komedie en nostalgie soos net die Fourie-drie dit kan vasvang.

Slank S9

Sondae 17:30 vanaf 5 Julie

Slank is terug vir ’n splinternuwe seisoen waar gewigsverlies deur gesonde leefstylveranderinge en ander aanpassings die norm vir mense word. Voorheen sou die doelwit wees om 20 kg af te skud . . . nou is dit slegs die beginpunt! Die gesondheidsplatform RXME en hoofkenner dr. Tommy Smook, wat meer as 25 jaar se ervaring in sportgeneeskunde en gesondheidsorg het, vorm die basis van die hulp wat die deelnemers ontvang. In hierdie seisoen is die fokus om die metaboliese gesondheid van elke persoon te verbeter en volhoubare gewigsverlies te ondersteun. Kyk saam hoe die kilo’s wegsmelt en vind uit hoe jy self beter besluite vir jou eie gesondheid by die huis kan neem.

4×4 met André S5

Maandae 17:30 vanaf 6 Julie

4×4-entoesiaste en natuurliefhebbers luister al vir vier seisoene na die gewilde André de Villiers se raad en stories op 4×4 met André. In die vyfde seisoen durf hy die ruwe en asemrowende landskappe van Namibië aan. Elke roete bring nuwe avonture, tegniese 4×4-wenke en onverwagte ontmoetings met wilde diere en plaaslike mense. Almal is genooi om na André se stories te kom luister, maar dié wat self nuwe terreine in die natuur beproef, sal veral sy praktiese raad oor veldry, voertuie en uitspan in die natuur geniet.

Jan Braai vir Erfenis S16

Jan Braai vir Erfenis (Foto: Verskaf)

Saterdae 19:30 vanaf 11 Julie

Uitstekende vleis, lekker braairesepte en kreatiewe nuwe idees in die heel mooiste natuurskoon . . . dít is nou al ’n gegewe as jy vir ’n splinternuwe reeks van Jan Braai vir Erfenis inskakel. Dié seisoen skop af in Zimbabwe waar Jan en die Ontspan (sy gedugte televisiereisspan) die land se toptoerismebestemmings verken, soos die Hwange-natuurreservaat, Kariba-meer en die Victoria-watervalle. Daarna pak die span ’n massiewe sloertoer deur die Noord-Kaap aan. Hulle besoek klein dorpies, ontmoet interessante karakters en ontdek die unieke geure, geskiedenis en gasvryheid wat elke plek sy identiteit gee. Waar hulle ook al kom, word daar oudergewoonte vuur aangesteek en volgens Jan is dit oor die afgelope 16 jaar die reeks waarin daar die meeste kere gebraai is.

Elders: Viëtnam S8

Elders Viëtnam (Foto: Verskaf)

Sondae 20:00 vanaf 19 Julie

Is Viëtnam op jou emmerskoplys? Indien nie, sal die nuwe en agste seisoen van Elders jou dalk vinnig laat herbesin wanneer dit op Sondag 19 Julie om 20:00 op kykNET begin uitsaai. Die vorige seisoen, Elders: Ligtoringroete, is vroeër vanjaar met sy tweede SAFTA-toekenning bekroon. In hierdie splinternuwe seisoen verlaat die stapper en skrywer Erns Grundling sy gemaksone vir ’n epiese reis van noord na suid om Viëtnam se natuurskoon, ryk geskiedenis, vriendelike mense en smullekker kos met kykers te deel.

Die aksie skop af in Hanoi en beweeg na plekke soos Sa Pa naby die grens van China, gevolg deur ikoniese bestemmings soos Ha Long Bay, Ninh Binh, Phong Nha se grotte en Ho Chi Minh-stad. Die reeks is oor veertig dae deur Bonanza Productions verfilm. Hoewel Erns sy vrou en tweelingseuntjies vreeslik gemis het, beskryf hy dit as ’n enorme voorreg om sy passie vir reis en stories saam met ’n fantastiese kameraspan uit te leef.

Lees ook: Boer soek ’n vrou: Reandi vertel wat jy van die 18de seisoen kan verwag

The post ‘n Kykgids vir Julie se kykNET-programme appeared first on rooi rose.